EREDIENSTE
09:00 Oggenddiens Retief Botha Teks: Mat 15: 21-28 Tema: “Die dag toe Jesus uitoorlê is.” Bestuursraadvergadering na die oggenddiens
11:00 English Service Renaldo Meyer
18:00 Aanddiens Henco Venter Teks: Gal 6:1-10 Tema: Sagmoedige dienaar
Deurkollekte: Gemeenteprojekte (kyk ook die koevertjies in die bank)
_________________________
Volgende Sondag:
09:00 Bertie Haasbroek
18:00 Retief Botha
15
Ok
to
be
r 2
01
7
Groeigoggas 1 (2-5 jaar) in die Grot by Renché. Groeigoggas 2 (Gr. R en Gr. 1) in die Grot by Amanda.
JEUGBEDIENINGS
Unikids Gr. 2-5 in die Oppersaal tydens die erediens.
Senior Kategese (Gr. 8-10) in die Oppersaal by Annel na die erediens.
Finalejaars: by die kerk, Sondagaand 16:45 – 17:45 by Rikus.
Gr. 6 - in die oppersaal na die erediens.
Gr. 7 - in die komiteekamer na die erediens.
Stel ons asb. in kennis, indien daar enige lidmate siek, of in die hospitaal is. Die hospitale stuur nie meer vir ons die naamlyste nie, omdat hulle kragtens die wetgewing op die beskerming van persoonlike inligting, dit nie mag beskikbaar stel nie.
Siekes en Meelewing:
Maureen Grobbelaar, Humphrey Symes 19A, Pentagonpark
Cobus Fourie, Stellenryk 45, Tel 0798736930.
Abrie Visagie, Stellenryk 83, Tel 0833037933
Baie geluk aan Eric en Sanel Stoneman (YWAM) wat ’n seuntjie ryker
geword het. Geluk ook aan Wessel en Hester Nolte (Sanel se ouers)
Baie geluk aan die Haasbroek-gesin! Clarise is gister in Hanover met
ds. Pieter Cockeran getroud.
(En pa Bertie se gebed om sy bruidsdogter in die kerk in te loop is be-
waarheid!)
Die beeldmateriaal van die preke is ook op Youtube onder
Geloofsentrum Universitas Centre of Faith te sien.
Nuwe gebedsgeleentheid:
Dinsdae tussen 13:00 en 14:00 by die kerk.
Tiendemaand-insameling.
“Ons vertrou die Here om die kruike te vul tot by die 600-merkie.”
Die Tiendemaand staan nou op R 164 183
Huisbesoek:
Die leraars doen graag huisbesoek op versoek.
Skakel hulle gerus!
Word deel van ‘n span wat in die geloofsvorming van ons kinders
belê!
Ons benodig kategete vir die laerskool sowel as hulp by die kleuterbe-
diening (2-5 jariges) om tydens die oggend erediens ‘n gestruktureerde
program met ‘n jaargroepie te volg. As die Here dit op jou hart druk om
hierby betrokke te raak skakel asb vir ds. André of die kantoor.
Seniorklub-byeenkoms:
Donderdag 2 November 2017 om 10:00 in die kerksaal van die Geloofsen-
trum Universitas.
U word uitgenooi na ’n heerlike oggend. Du Preez Stoltz kom bederf ons
met pragtige sang en musiek. Ligte ete. Koste: R50 p.p.
Annie Cronjé sal vooraf kaartjies verkoop na die oggenddiens op 15 en 22
Oktober. Antwoord asseblief voor 25 Oktober by Annie
0515228096/0835567230 of Lettie by 0515223276/0726109381.
Die belydeniskamp is die naweek by Tri-Hunt gehou. Baie
dankie aan Rikus, Renaldo en die leraars asook die ouers
vir hul bydraes daarvoor.
Centre of Faith het op 22 Okt ‘n lekker
Getuienisstap.
Ons kom dan 11:00 bymekaar, bid vir die
gemeenskap en stap dan vir ‘n rukkie met
geskenkies en inligting om almal op straat in
te nooi na Jesus en uit te nooi na die volgende
Sondag se eredienste.
www.universitasng.co.za
Preke is op die webwerf beskikbaar.
KANTOORINLIGTING
Tel: 051 522 4911 E-pos [email protected]
Web www.universitasng.co.za
Telefoonnommers Leraars Retief Botha 082 564 0830
André Oosthuizen 082 378 3081
Bertie Haasbroek 083 440 4955
Japie Marais 082 782 8834
Jeugwerkers
Elandré Swartz 079 023 9872
Renaldo Meyer 072 033 6782
Rikus Botha 073 106 9776
Gesels ook saam
op Facebook. NG
Universitas.
E-pos-adresse: As jy nie ’n weeklikse e-
pos van die gemeentewebwerf ontvang
ten opsigte van die jongste nuus en af-
kondigings nie, en graag op hoogte wil
bly, kontak die kerkkantoor of skryf jou
e-pos-adres op ‘n geel kaartjie. Jy kan
ook op die webwerf daarvoor registreer.
Dankoffers Bankbesonderhede vir Internetbetalings:
Absa Brandwag. Rek no.1570580066.
Tak 632005
Verwysing: Naam/ Dankoffer/ Feesbydrae
Bejaardebediening:
Indien jy weet van bejaardes wat meer hulp en bemoediging nodig het, raak op die volgende wyses betrokke:
1. Gaan besoek die persoon/e en deel die liefde van die sorgende God (al is dit net met jou teenwoordigheid en belangstelling).
2. Indien die behoeftes te veel is, kan jy die kerkkantoor skakel sodat die Be-jaardebediening van Heling hul ook kan gaan ondersteun. Skakel Elmien by die kerkkantoor, 0515224911.
Hou die datum oop!
Op 26 November, na afloop van die oggend-erediens gaan
ons feesvier!
Inligting sal volgende Sondag deurgegee word.