Ronde 10 April 2016 Henry Stopforth 09:00 18:30 Wat is ware geluk nou eintlik en waar kan ek dit koop? Sou dit nie wonderlik gewees het as ons geluk sommer om elke hoek en draai by 'n kafee kon koop nie? Iets soos 'n herlaai-bewys…“Kom koop geluk, herlaai, en jy's reg vir die volgende paar ure”. Maar hoe sou jou alledaagse lewe verloop het as ons afhanklik was van geluk wat slegs te koop was by 'n kiosk of kafee? Hoe sou ons daagliks funksioneer as ons kort-kort 'n “recharge voucher” moes koop omrede ons geluk gekoppel is aan 'n herlaaibewys? Almal is op soek na ware geluk. Geluk wat hou. 'n Sukses resep agter standvastige onfeilbare geluk. Maar wat maak 'n mens dan werklik gelukkig? Is dit geld, status, prestasies? Of is dit dalk 'n foutlose, kommervrye, vreeslose, geen uitdagende lewe? Wat is die geheim agter ware geluk? Dit is bewys dat dinge soos materialisme, geld en aardse dinge slegs vir tydelike geluk instaan. Die gat wat daar is word nooit permanent gevul nie en so bly ons voortdurende soekers na ware geluk. CS Lewis het geskryf: “God het die menslike masjien so ontwerp dat Hy alleen dit kan laat “loop”. Hy self is die brandstof vir ons gees. Hy is die voedsel vir ons siel. Van niks anders kan ons lewe nie. Daarom is dit nutteloos om God vir geluk te vra solank ons nie 'n lewe saam met Hom kies nie. Dus is tydelike geluk wel te koop, maar ware geluk is te vinde by God se voete. So bêre jou beursie, hou op rond skarrel met wilde oë opsoek na die naaste kafee waar jy dalk geluk kan koop, gaan word stil vir 'n slag, en besef dat God die sleutel is tot ware geluk, en dat God alleenlik oor die vermoë beskik om daardie deur tot permanente geluk binne in jou te kan oopsluit. Kom deel in die reeks van 10 April – 6 Mei en kom ervaar so hoe God geluk in jou lewe wil saai! REEKS: JESUS SE GEHEIME tot GELUK Wanneer ons bid begin verhouding met God! Nader tot My en Ek sal tot jou nader. – Jak 4:8 Wat 'n voorreg is dit nie om by God se voete te kan gaan sit en saam met Hom te kuier nie. Jou hart uit te stort voor Hom, die almagtige Koning van ons lewens. Dan ook stil te word en te luister wanneer Hy praat! Die gebed van 'n gelowige het kragtige uitwerking – Jak 5:16 Hierdie skrif bring my altyd tot stilstand! Stilstand omdat ek onmiddelik wil stilword en bid. Daarom is daar nou geleentheid vir ons as gemeente om hier by die kerk te bid. Die gebedskapel is deur die week in kantoorure oop vir jou om hier te kom stilword en saam te bid vir die gemeente, gemeenskap, als wat Heilige Gees op jou hart druk. 1. Daar is 'n bord waarop jy kan skryf en ook riglyne kry waarvoor om te bid. 2. Daar is 'n gebedsjoernaal wat in 2004 ingestel is saam met die gebedskapel. Gaan skryf jou gebed daar in neer. 3. Dan is daar ook baie lekker toerustingblaadjies wat jou gaan leer bid, of riglyne gee in ander aspekte van jou geloofslewe. Maak gerus 'n draai. Kom ons word 'n biddende gemeente waar gebed in elke aspek van ons lewe en kerk eerste prioriteit kry. Gebed
2
Embed
Gebed - Rondekerk 10.pdf10 April 2016 Henry Stopforth 09:00 18:30 ... Afkondigings 10 13 House of Mercy uitreik. 08:00-10:00 vertrek vanaf Rondekerk. Almal welkom! 16 6 Mei Bydraes.
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Ronde10 April 2016
Henry Stopforth
09:0018:30
Wat is ware geluk nou eintlik en waar kan ek dit koop? Sou dit nie wonderlik gewees het as ons geluk sommer om elke hoek en draai by 'n kafee kon koop nie? Iets soos 'n herlaai-bewys…“Kom koop geluk, herlaai, en jy's reg vir die volgende paar ure”. Maar hoe sou jou alledaagse lewe verloop het as ons afhanklik was van geluk wat slegs te koop was by 'n kiosk of kafee? Hoe sou ons daagliks funksioneer as ons kort-kort 'n “recharge voucher” moes koop omrede ons geluk gekoppel is aan 'n herlaaibewys? Almal is op soek na ware geluk. Geluk wat hou. 'n Sukses resep agter standvastige onfeilbare geluk. Maar wat maak 'n mens dan werklik gelukkig? Is dit geld, status, prestasies? Of is dit dalk 'n foutlose, kommervrye, vreeslose, geen uitdagende lewe? Wat is die geheim agter ware geluk? Dit is bewys dat dinge soos materialisme, geld en aardse dinge slegs vir tydelike geluk instaan. Die gat wat daar is word nooit permanent gevul nie en so bly ons voortdurende soekers na ware geluk. CS Lewis het geskryf: “God het die menslike masjien so ontwerp dat Hy alleen dit kan laat “loop”. Hy self is die brandstof vir ons gees. Hy is die voedsel vir ons siel. Van niks anders kan ons lewe nie. Daarom is dit nutteloos om God vir geluk te vra solank ons nie 'n lewe saam met Hom kies nie. Dus is tydelike geluk wel te koop, maar ware geluk is te vinde by God se voete. So bêre jou beursie, hou op rond skarrel met wilde oë opsoek na die naaste kafee waar jy dalk geluk kan koop, gaan word stil vir 'n slag, en besef dat God die sleutel is tot ware geluk, en dat God alleenlik oor die vermoë beskik om daardie deur tot permanente geluk binne in jou te kan oopsluit. Kom deel in die reeks van 10 April – 6 Mei en kom ervaar so hoe God geluk in jou lewe wil saai!
REEKS: JESUS SE GEHEIME tot GELUK
Wanneer ons bid begin verhouding met God!
Nader tot My en Ek sal tot jou nader. – Jak 4:8
Wat 'n voorreg is dit nie om by God se voete te kan gaan sit en saam met Hom te
kuier nie. Jou hart uit te stort voor Hom, die almagtige Koning van ons lewens. Dan
ook stil te word en te luister wanneer Hy praat!
Die gebed van 'n gelowige het kragtige uitwerking – Jak 5:16
Hierdie skrif bring my altyd tot stilstand! Stilstand omdat ek onmiddelik wil stilword
en bid. Daarom is daar nou geleentheid vir ons as gemeente om hier by die kerk te
bid. Die gebedskapel is deur die week in kantoorure oop vir jou om hier te kom
stilword en saam te bid vir die gemeente, gemeenskap, als wat Heilige Gees op
jou hart druk.
1. Daar is 'n bord waarop jy kan skryf en ook riglyne kry waarvoor om te bid.
2. Daar is 'n gebedsjoernaal wat in 2004 ingestel is saam met die
gebedskapel. Gaan skryf jou gebed daar in neer.
3. Dan is daar ook baie lekker toerustingblaadjies wat jou gaan leer bid, of
riglyne gee in ander aspekte van jou geloofslewe. Maak gerus 'n draai.
Kom ons word 'n biddende gemeente waar gebed in elke aspek van ons lewe en
kerk eerste prioriteit kry.
Gebed
Herfsdans18:30 vir 19:00. Tema: WesternKostes: R 150 pp, sluit ete in
Bring eie drinkgoedKoop jou kaartjie by INFO toonbank of kerkkantoor. Beperkte plek, vermy teleurstelling en koop jou kaartjie NOU!
Gelukkige verjaarsdagRondekerk Dagboek
AprilGemeentereeksJesus se geheime tot geluk!10 April - 6 MeiTYD
- Elke Sondag- Woensdag 09:00 OF- Donderdagaande 18:30 in ARKBestaande selgroepe is natuurlik ook baie welkom om by die reeks in te skakel en dit te behandel wanneer julle bymekaar kom.KOSTE: By INFO toonbankHandleiding (R40 per individu) DVD (R60 – 1 per selgroep) Leiersgids (R40 – 1 per selgroep)Huisgodsdiensboekie (R20 – 1 per gesin)
Kinderkrans.14:30-15:30Woensdag in die kerkhuis.Almal welkom
Gebed:Die gebedskapel word nou so ingerig om tydens kantoorure te BID. Ons nooi die hele gemeente uit en vra ook dat julle sal moeite doen om in die week tyd te maak om te kom bid. Daar is ‘n bord met riglyne waarvoor jy kan bid. Dit wat God op jou hart druk kan jy ook daarop neerskryf en saam bid. “Nader tot God en Hy sal tot julle nader” - Jak 4:8
Gebedsversoeke
Afkondigings
10
13
House of Mercy uitreik.08:00-10:00 vertrek vanaf Rondekerk. Almal welkom!
Gemeente-Dolly Marais mediese behandeling-Salomie Paulsen algemene gesondheid, tans in hospitaal-Clark vd Walt vir herstel proses-Sari Thomson het geval en haar skouer gebreek bid vir herstel proses-Skool, vir die nuwe kwartaal en almal wat daar betrokke is. SendingJan en Marie CoetzerBid vir Jan, wat nou, na die dokters altesaam 5 stente moes insit, besig is om te herstel. Hy moet dinge kalm neem vir ̀ n maand of so, maar dokters is tevrede. Bid vir sy volle herstel.Arrie Preller-Komatipoort en Suid-SoedanBid vir Arrie se Nuba-vriende by wie hy tuisgegaan het met sy onlangse besoek aan Suid-Soedan, wat gevra het vir voorbidding, aangesien die vyande begin het om die huidige oorlog in Soedan ook tot daar in hul direkte omgewing uit te brei. Bid vir die Christene daar, wat op ons Hemelse Vader vertrou vir beskerming, vir bemoediging, en vaste vertroue.Gerrie en Arlene Coetzee-PortugalBid dat die aansoeke vir vernuwing van verblyfpermitte/visums op 20 April (afspraak met amptenare) `n sukses sal wees. Bid ook vir die mense daar, dat hulle regtig sal besef dat God se genade ook vir hulle genoeg is, en vir die uitbreiding van Sy koninkryk en Kerk daar.