Ronde 6 Maart 2016 Etienne Pheiffer 09:00 en 18:30 Ontmoet vir: Johannie Ras Kleuterkerk Sondae 09:00- 10:00 vir 3-6 jariges Ons is Jesus-volgelinge en daarom ook Koninkryksvennote wat as Rondekerkfamilie ʼn geloofsreis onderneem om meer en meer ons identiteit in Jesus Christus te ontdek en te vier. Ons maandtema fokus daarop dat God al ons lof en eer sal ontvang. Daar is soveel fasette waarom ons dit wil doen! Kom deel saam in die voorreg om voor Hom te mag buig. Gedurende Maart vier ons as gemeente saam met die kerk dwarsoor die wêreld die hoogtepunt van ons christelike feesjaar naamlik Jesus se lyding en opstanding. Binne die verstaan van God se ingrype in die geskiedenis van die wêreld kan ons net met totale afhanklikheid en met groot dankbaarheid op Sy liefdesdaad reageer. Hy is Koning! en wil oor ons lewens regeer. In gehoorsaamheid gee ons mee aan Sy heerskappy en laat toe dat die Heilige Gees ons daagliks op hierdie reis omvorm om meer en meer soos Jesus te wees. Kom ons deel in hierdie seën. Mooi wense. - Etienne Om fees te vier! Lydenstyd as Feesseisoen Dit is ʼn tydperk van 46 dae waarin die kerk met vreugde, erns en pyn die versoenende sterwe van Jesus verkondig deur Sy lyding in herinnering te roep en daarop te reageer in voorbereiding op die Paasfees. Ÿ Die kruis is die sentrale simbool in Lydenstyd. Die kruis herinner ons aan die kruisiging van Jesus, 'n teken van sy lyding en sterwe; Ÿ 'n Doringkroon of spyker as ander simbool kan saam met die kruis gebruik word; Ÿ Lydenstyd is 'n tyd van hertoewyding; Ÿ Lydenstyd is 'n gereedmaak om vernuwing in ons lewens te ontvang. Die pynlikheid van die erkenning van ons eie sonde is hiervoor noodsaaklik. Verootmoediging, skuldbelydenis en boetedoening is in hierdie tyd prominent, maar dit staan alles in die teken van die lewe wat ons simbolies op Paassondag ontvang. Praktiese wenk: Neem deel aan hierdie seisoen deur êrens in jou huis 'n visuele voorstelling op te stel. Gebruik 'n houtkruis en drapeer dit met 'n lap van donker aardse kleure. 'n Dieprooi lap kan ook gebruik word om die bloed van Christus te simboliseer. Laat dit ons daagliks herinner aan die voorreg om Sy kind te mag wees. 1.Wie is Johannie Ek is gebore in Evander, ek was 3 maande oud toe verhuis ons na die Laeveld, daar het grootgeword in Malelane, matriek gemaak by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier in 2001. Toe my ma my vra wat ek wil gaan swat na skool, was my antwoord “ek wil prente teken vir 'n lewe” So het ek opge-eindig om Grafiese Ontwerp te gaan swat… Ek was baie bevoorreg om te gaan swat en die afgelope 12 jaar in my beroep nog net sukses gehad. My beroep het in 2005 begin in Nelspruit, einde 2014 het ek na Secunda verhuis om nader aan my familie te wees. Vandag is ek 'n ma van 'n pragtig vierjarige dogtertjie, Ivy. Ek is ook die peet-ma van 2 seuns, Torian (11jr) en Leith (6jr). Ek werk tans by Euro Bath & Tile in Trichardt as Bemarker en Grafiese Ontwerper. 2.Vertel iets oor jou geloofsreis. Christenskap was nog altyd in ons huis. Alhoewel die pad wat ek gestap het nie altyd God se pad was nie. Ivy was 1jaar en 8maande toe sy deur 'n pofadder gepik was. Teen die tyd wat ons by die hospitaal gekom het was haar voet blou en die gif was al hoog in haar been op. Die dokters het gesê daar is nie 'n antidote in die hospital nie en al wat hulle kan doen om die gif te keer om verder te versprei en die weefsels wat die gif beskadig het moet weg gesny word. Toevallig het 'n vriend/kollega wat vir God werk by Geanker in Christus by die hospital opgedaag en gehoor wat die dokters sê. Hy het dadelik vir haar begin bid en God gevra dat niemand aan haar mag sny nie dat sy volkome moet genees. Ek het gesien met my eie oë hoe die swelling in haar been sak, die kleur in haar voet begin terugkom, asof iemand die gif uit haar lyf uittrek, sy was binne minute wakker (sy was onder verdowing want sy het geskree van pyn) en met 'n glimlag het sy na Wessel gestaar wat besig was om vir haar te bid. Daar was geen skade aan haar weefsels nie, haar voet het tenvolle genees. Ek het daai dag besef dat ek my lewe moet verander en pad saam met God moet begin loop. En dat ek nie mag toelaat dat my kind sonder God grootword nie. Soos Wessel altyd sê: Toevallig beteken: Toe-val- God-se-lig 3.Hoe en wanneer het jy betrokke geraak by die Rondekerk? My ma is in die Rondekerk, so vanaf ek in Secunda bly het ek saam met haar dienste toe gekom. 4.Jy is betrokke by die kleuterkerk, wat is jou wens vir hierdie bediening? Dat die Kleuterkerk en kinderkerk uit sy nate sal bars, en ons al die kinders kan leer van God en sy liefde vir ons. 5.Wat doen jy in jou vrye tyd? Ek doen freelance werk, my beroep is my passie. Ek hou ook daarvan om die omgewing te verken en om tyd saam met my kind te spandeer. 6.Wat maak jou lag? 'n Goeie komiese fliek 7.As jy kon kies om enige iets vir een dag te doen, wat sou dit wees? Rond ry en verken Kleuterbediening