HOËRSKOOL OUTENIQUA

Post on 02-Jan-2017

363 Views

Category:

Documents

27 Downloads

Preview:

Click to see full reader

Transcript

BLADSY 1 KWAGGAS VIR KWALITEIT

HOËRSKOOL OUTENIQUA

Die vierde kwartaal is reeds vêr gevorder en graag wil ek die ouers oor sake by die skool inlig. Mag die kwartaal vir elkeen ’n geseënde kwartaal wees. Baie sterkte aan elke leerder met die laaste kwar-taal se werk. ‘n Spesiale woord aan die matrieks: Dit is die laaste eksamen van jou skoolloopbaan, maak dit jou beste eksamen.

PRYSUITDELING Die prysuitdeling is vanjaar ver-ander en ons het net een prysuit-delingsfunksie gehad waarby net aan die top presteerders pryse toegeken is. Al die klein beursies is saamgevoeg en die gr.12-leerders moes aansoek doen vir hierdie beurse. Daar is kontantpryse ter waarde van R37,150.00 en beurse vir verdere studies ter waarde van R66,000.00 aan leerders toegeken. Baie dankie aan die Kwagga Trust en ander donateurs vir hierdie pryse.

Die beleid van die skool ten opsigte van die toekenning van pryse is dat ’n leerder vir die skool moet deel-neem om vir pryse te kwalifiseer. Baie geluk aan die leerders wat pryse ontvang het. ‘n Lys die prys-wenners verskyn op die webtuiste.

POSBUS 181, GEORGE, 6530 • Tel: 044-874 4156 • Faks: 086 635 7336 • Web: http://www.outeniqua.co.za/

16 OKTOBER 2013

AKADEMIE

Die matrieks het reeds sekere praktiese eksamens vir die eindeksamen afgelê. Hulle is eg-ter nog verplig om elke dag in die skool te wees. Hulle laaste dag van skool bywoon is Vrydag, 18 Oktober. Die matrieks se afsluiting in die saal is Donderdag, 17 Okto-ber om 13:00. Die matrieks ont-vang hulle eksamenbriewe op Vrydag, 18 Oktober . Die res van die skool se eksamen begin Vry-dag, 8 November 2013. Dit is belangrike dat leerders elke dag by die skool is.

ALGEMENE REËLINGS Somersdrag word vanaf Woensdag, 9 Oktober 2013 gedra. Leerders moet onthou dat baadjies verpligtend tydens saalbyeenkomste is. Reënbaadjies mag slegs gedra word as dit reën en mag glad nie binne die skool gedra word nie. Ouers moet asseblief toesien dat leerders se voorkoms volgens die voor-skrifte van die skool is. Daar is baie seuns wie se hare te lank is. Ons doen ’n beroep op die ouers om dit reg te stel.

Ons hartlike dank aan George Munisipaliteit vir die aanbring van die pyltjie by die verkeerslig by die kruising van Mitchell– en

Courtenaystrate.

BLADSY 2 KWAGGAS VIR KWALITEIT

FINANSIES Begroting 2014: Baie dankie aan al die hoofde, mev. Rita Biljon en die finan-siële komitee vir die harde werk om die begroting op te stel. Die nuwe sillabus wat van volgende jaar in gr. 8, 9 en 12 geïmplementeer word vereis meer tyd aan Afrikaans, Engels en Wiskunde. Dit beteken dat daar meer onderwysers in hierdie vakke benodig word. Die LO-periodes is verminder, maar ongelukkig kan ons nie van hierdie personeel gebruik om Wiskunde of tale aan te bied nie. Van hulle bied wel van volgende jaar af ander vakke aan. Die kontaktyd tussen onderwyser en leerders moet 27, 5 uur per week wees. Daarom moes daar in die begroting vir addisionele personeel voorsiening gemaak word. Met hierdie omsendbrief word alle ouers van Hoërskool Outeniqua amp-telik in kennis gestel dat die ouer- begrotingsvergadering op Dinsdag, 5 November om 18:30 in die personeelkamer sal plaasvind. KONSEPBEGROTING VIR 2014

Die skoolgeld is dus bereken op R13,600.00 per jaar per leerder, onderhewig aan ouers se goedkeuring.

BTH se losiesgeld is bereken op R15,960.00 per jaar. OMK se losiesgeld is bereken op R15,080.00 per jaar.

BEGROTE INKOMSTE BEGROTE UITGAWES

Donasies 76,000.00 Sportbedrywighede 377,580.00

Onderriggeld 22,168,000.00 Kultuurbedrywighede 176,728.00

Departementele toelae 294,264.00 Akademie 776,900.60

Rente en dividende 6,000.00 Geboue 2,235,449.84

Skool- & sportterrein 842,250.00

Swembad 6,500.00

Voertuie 449,870.00

Meublement 136,000.00

Administrasiekoste 1,458,537.69

Salarisse 9,609,304.37

Rekenaars (Administratief) 23,400.00

Gebeurlikheidsreken-ing 67,500.00

Bedryfsitems 2,122,927.50

Toekennings 34,500.00

Dupliseer en Kopieer 854,616.00

Portefeuljes 95,000.00

Vrystelling onderrig-geld 3,277,200.00

22,544,264.00 22,544,264.00

BLADSY 3 KWAGGAS VIR KWALITEIT

BEPLANNING 2014 Na die strategiese beplanningsvergaderings van die skoolbestuur en nadat die be-heerliggaam ingelig is en hulle dit goedgekeur het , wil ek graag die volgende aan die ouers gee: Die tema van ons beplanning vir die volgende tien jaar is: “Outeniqua 100”. Dit vervat die basiese beginsels , stelsels en strukture sodat ons sal uitvoering gee aan die droom om ‘n kwaliteit opvoedkundige instelling vir George en die gemeenskap sal wees. “Ons moet die waarde in die skool sien as ons waarde tot die skool wil to-evoeg.” Die twee kernbeginsels van “Kwaggas vir kwaliteit” en “Die skool vir elke kind” bly nog die twee kernwaardes waarmee ons die skool wil bestuur. Daar is besluit om groter klem op deelnemende bestuur te plaas. Daar word dus meer kontrolemeganismes ingebou om te verseker dat alle aktiwiteite en sake by die skool glad sal verloop. Die rol van die beheerliggaam is om beleid te maak en dan is daar ook die WKOD wat regulasies aan die skool voorskryf. Skoolbestuur Die skoolbestuur lyk soos volg:

Topbestuur (C. Vorster, C. Hattingh en C. Brink).

Senior skoolbestuur (C. Vorster, C. Hattingh, C. Brink, A. van Schalkwyk, M. Smith, P. Cloete, F. De Swardt en R. Biljon).

Middelvlakbestuur bestaan uit senior skoolbestuur, departments-hoofde, senior vakhoofde, graadhoofde, skakelonderwyser van die Kwaggaraad, dissipline hoofde, sporthoofde, kultuurhoofde en voorligter.

By die middelvlakbestuur word alle aspekte van die skool verteenwoordig. Alle beleidsake en nuwe stelsels word hier bespreek.

Die verskillende groepe (leerders, ouers, onderwysers en beheerliggaam) moet by die strukture hou.

Opvoeding Die volgende aspekte is vir ons belangrik:

Kwaggas Kweek Karakter!

Waardestelsel te vestig en uit te bou. Akademie Die nuwe sillabus KABV (Kurrikulum en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) of CAPS soos dit algemeen bekend is, is van 2014 in alle grade geïmplementeer. Dit het die volgende veranderinge teweeggebring:

Nuwe roostermodel 9- dag siklusrooster 54 periodes Meer periodes vir die Tale / Wiskunde 27½ uur kontaktyd Langer periodes (54 minute) Korter en minder administratiewe periodes

Begin Dinsdae en Donderdae met periode 1 (vervolg)

BLADSY 4 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Kwagga Akademiese Netwerk [KAN] Vir R50-00 per jaar kan ouers en leerders dit gebruik vir huiswerk , take en toetse. Werkafbakening vir eksamens, ou vraestelle en akademiese skakels sal per vak beskikbaar wees en word geloods in 2014. Netwerkbestuurder reeds aangestel (Neels Blom) Netwerk moet na alle lokale uitgebrei word 7-PUNT-PLAN VIR DIE VERBETERING VAN AKADEMIE Beter vertolking van sillabus en assesseringsriglyne Beter voorbereiding, beplanning en aanbieding van lesse Beter foutanalises en vakverbeteringsplanne Beter voorligting en toetsing Beter kommunikasie met ouers en leerders Beter skakeling met voederskole Beter leerders vir beter prestasie STRUKTUUR Skoolhoof Top bestuur Adjunkhoof: Akademie (CAH) Senior vakhoofde (6) Vakhoofde (26) Groepleiers Vakspan Gedragskode Hersiening van gedragskode en die dissiplinêre stelsel. Deel daarvan is dat die SAPD onmiddellik die saak by die skool sal oorneem as leerders by kriminele dade betrokke is,. Geen toleransie by leerders wie laat kom en se voorkoms nie reg is nie. Die fokus ten opsigte van die dissiplinêre stelsel in 2014 sal soos volg wees:

Stelsel met tande word ge-implementeer.

Mnr. Brink is aan die hoof van dissipline, bygestaan deur mnr. M. Oost-huizen (seuns) en mev. R. Heunis (dogters).

Elke leerder en onderwyser moet eienaarskap vir beter dissipline neem.

Daar gaan van die leerders ’n beter werksetiek ten opsigte van huiswerk verwag word.

Vakonderwysers moet ’n gevalleboek aanhou en met ouers kommunikeer indien daar probleme is.

Leerders moet doelgerig tussen klasse wissel.

Laatkommery, uitteken, voorkoms en kleredrag moet dramaties verbeter.

(vervolg)

BLADSY 5 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Skooltye vir 2014: 07:30 tot 14:10 Maandag, Dinsdag, Donderdag en Vry-dag. Op Woensdae kom die skool om 14:15 uit. VSCV sal dus vanaf 13:45 tot 14:45 wees. Saalperiodes sal elke tweede Maandag plaasvind en sal slegs 27 minute duur. Die alternatiewe Maandag sal daar graadsaal wees. Daar sal Dinsdae en Donderdae met die eerste periode begin word. Daar sal by die eerste ouervergaderings van 2014 die hele visie van die Outeniqua 100 voor -gelê word. Kyk gerus na die aanbieding van die “Outeniqua 100” op die skool se web-tuiste www.outeniqua.co.za .

NASIONALE KOMPETISIE VAN EKSPO VIR JONG WETENSKAPLIKES

Baie geluk aan Juvan Nel en Alitia Grey. Hulle het tydens bogenoemde kompetisie ’n goue medalje verwerf en ook die spesiale CBI Meganiese In-genieurswese-prys verower. Wat die prestasie nog meer merkwaardig maak, is dat dit die eerste keer was dat die twee aan ’n ekspo vir weten-skaplikes deelgeneem het. Dankie aan mnr. Jacques Marais en die Univer-siteit van Stellenbosch wat die twee leerders met die projek gehelp het.

MATRIEKAFSKEID Baie geluk aan die matrieks met hulle pragtige optrede by die matriekafskeid. Hulle het nie net baie mooi gelyk nie, maar hulle gedrag was ook voortreflik. Baie dankie aan mnr. Tersius Nel, mej. Adele Lubbe, mev. Yolandi Pienaar en die gr. 10- en 11- Gasvryheidstudie-leerders vir hulle harde werk om die aand vir die matrieks baie spesiaal te maak. Ongelukkig is dit so dat van die leerders en ouers ook partytjies ná die ma-triekafskeid reël en dat by die partytjies waar daar nie ouertoesig is nie, daar vrylik drank beskikbaar is en nie net leerders van ons skool betrokke is nie. Dit is die beleid van die skool dat ons ons van enige partytjies wat ná die ma-triekafskeid plaasvind, distansieer. Hoërskool Outeniqua poog elke jaar om die matrieks tot so laat as moontlik by die skool te hou en kan nie verantwoordelik-heid vir partytjies ná die matriekafskeid neem nie. Ons wil graag die beste vir elke leerder hê. Die leerders is vooraf ontmoedig om nie by sulke partytjies be-

trokke te raak nie. Indien ’n leerder of ’n ouer enige be-spreking onder die naam van die skool gemaak het, is dit

Baie dankie aan elkeen wat ‘n aandeel gehad het

aan die sukses van die Kwagga Derby. Die

organiseerders, die donateurs sowel as die

ondersteuners. DANKIE!!

BLADSY 6 KWAGGAS VIR KWALITEIT

SPORT Atletiek Ons atletiekspan, bestaande uit 56 atlete, het aan die atletiekbyeenkoms van Grey Kollege in Bloemfontein deelgeneem. Dit is een van die grootste atletiekbyeenkomste in Suid-Afrika en ons atlete het puik presteer. Hulle het drie rekords gebreek, nege eerste plekke behaal, twee tweede plekke en tien derde plekke. Borge vir wintersport Mr. Price borg die skool se eerste rugbyspan al van 1996 af. Hulle het hulle borgskap vir ’n verdere drie jaar verleng, maar hulle gaan in 2014 ook die eerste netbal, eerste hokkiespanne vir die seuns en dogters borg. Ons is baie dankbaar vir hierdie borgskap van Mr. Price. Sewes rugby Hoërskool Outeniqua het gedurende die Septembervakansie aan ‘n internasionale 7’s toernooi in Mauritius gaan deelneem. Spanne van Suid-Afrika, Mauritius, Reunion en Madagaskar het deelgeneem. Een van die spanne was die nasionale 7’s span van Mauritius. Hierdie span het uit Franse, Engelse en Suid-Afrikaanse spelers bestaan en word afgerig deur ‘n Fransman wat op internasionale 7’s vlak afrig. Hoërskool Outeniqua is deur die volgende span verteenwoordig: Dirk Barnard, Stephan Terblanche (O/Kaptein), Daniël Vosloo, Schalk Burger, Niven Langdown, Reon Bester, Corné de Klerk, Le Roux Baard, Christopher Roelofse (Kaptein), Dundré Maritz, Niel Otto, Lance Ikida, Afrigters : M. Prodehl/ D. Minnie, Spanbestuurder: E. Roelofse. Tien spanne het deelgeneem. Die spanne is in 2 afdelings van 5 elk verdeel. Op die eerste dag het ons in Afdeling B vier wedstryde gespeel en al vier gewen. Ons het dus eerste in Afdeling B geëindig. Op die tweede dag het ons in die kwarteindstryd van die uitklopfase teen die Rams gespeel en 45 – 0 gewen. Dit is ‘n span wat uit 3 skole van Gauteng saamgestel is. In die halfeindstryd het ons teen Spif gespeel wat ook uit 2 skole van Gauteng saamgestel is. Ons het die wedstryd 17 – 7 gewen. In die eindstryd moes ons toe teen die nasionale o/18-span van Mauritius speel. Die rustydtelling was 7- 5 in Mauritius se guns. In die tweede helfte het ons die krane oopgedraai en met ‘n telling van 38 – 7 as die amptelike kampioene van die veld gestap. Paul Treu het die toernooi as ‘n eregas bygewoon. Ons het die aand voor die wedstryde vir Paul gevra om met die seuns te praat en hul truie aan hulle te oorhandig. Die seuns het dit baie waardeer. Na afloop van die toernooi het hy vir Niven Langdown as die speler van die toernooi aangewys. Al die spelers was dit eens dat dit ‘n groot spanpoging was. Dit was vir almal ‘n onbeskryflike ervaring om op so ‘n pragtige plek met ander kulture op die rugbyveld te kon kragte meet. Hierdie wedstryde het almal op die Northen Pirates se velde plaasgevind; tussen suikerrietplantasies.Die seuns het onder andere Port Louis se China Town en mark besoek wat ‘n ongelooflike belewenis was. Hulle het ook een van die bote met ‘n glasbodem na die koraalriwwe geneem waar hulle kon duik.

BLADSY 7 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Die hoogtepunt was egter die besoek aan ‘n klein eiland met ‘n seiljag waar hulle met ‘n heerlike visbraai getrakteer is. Hier kon hulle toe ook in die kristalhelder water snorkel. Die seuns het hulle lywe hier model gehou. Daar word met groot afwagting gewag op die kalender wat hieruit gaan ontwikkel. Hierdie span is uit drie verskillende grade saamgestel. Dit was daarom baie merkwaardig dat hulle in ‘n baie kort tydjie soos broers geraak het met een groot gemeenskaplike missie: Outeniqua, Roem van Skole. Op en van die veld was hulle uitstekende ambassadeurs vir Outeniqua. Die toernooi gaan ook binnekort op DSTV uitgesaai word. Om so ‘n toer te laat realiseer, gebeur nie sommer oornag nie. Daarom wil ons as afrigters die volgende persone/ instansies bedank: die ouers wat al die kostes moes dra, Delta-T Airconditioning in Johannesburg, Mnr E. Roelofse van South Cape Poles, Junior Dirk Transport, Ters Giolliomee van Top Gear Sport, ETA en Sportscentre. ‘n Baie groot dankie aan ons Hemelse Vader wat ons gedurende hierdie toer in die holte van Sy Hand bewaar het.

Rugby SA o/16-elitegroep Baie geluk aan Andrew Kuhn wat ingesluit is by die SA o/16-elitegroep. Baie sterkte met die addisionele oefeninge. Lyfplankry Gedurende die vakansie ( 22 tot 27 September) het Jaco Calitz aan die 27ste jaarlikse Suid-Afrikaanse “ Bodyboarding” kampioenskappe te Mosselbaai deel-geneem . Dit is die grootste “bodyboarding” kompetisie in die land en al die top “bodyboarders” neem daaraan deel. Jaco het die afdeling vir seuns gewen en dra vanjaar die titel van die Suid-Afrikaanse Bodyboarding Seuns-kampioen. Baie geluk!

OPPONENTE UITSLAG TELLING

WEDSTRYDE IN “POOL” B

1. Western Wolves wen 43 - 12

2. Eagles wen 41 - 0

3. Mauritius A wen 32 - 0

4. Spif wen 38 - 7

UITKLOPFASE

¼ Rams wen 45 - 0

½ Spif wen 17 - 7

EINDSTRYD

Mauritius A wen 38 - 7

Jaarverslae is op besteling by mev. C. Botha by ontvangs

beskikbaar. U kan dit in boekvorm of op CD bestel.

BLADSY 8 KWAGGAS VIR KWALITEIT

SKAAK

Kwagga skaak uitstekend by Wes-Kaap Topskole!

Baie geluk aan die Kwagga skaakspanne met jul briljante spel by die Wes-Kaap Top-skole toernooi in Kuilsrivier gedurende die naweek van 21 Sept 2013! Ons is BAIE trots op julle!!! Daar was geweldige sterk teenstanders - veral in die vorm van Paul Roos, Pinelands, Settlers, Bellville, Stellenberg, Paarl Boys High en Albertinia, maar die o/18A span het moedig aanhou baklei. Alhoewel 'n paar van hul ou staatmakers nie daar kon wees om die span op volsterkte te bring nie, het die o/15A span 'n onver-geetlike vertoning gelewer, om slegs reg teen die einde van die toernooi met 2 spelpunte uit te mis op goud! Ons o/15's het elke rondte gewen - selfs teen die uitein-delike topspan, Paul Roos. Ons was die enigste span daar wat vir hulle geklop het, en dit verdien beslis applous (slegs een ander span - Gerrit du Plessis - kon enigsins punte aanteken teen hulle)! Drie van ons spelers was onoorwonne reg deur die toer-nooi, nl. Retief Scholtz (7 uit 7 wedstryde gewen), Stiaan Wolfaardt (7/7) en Pieter Dyzel (3/3) - voorwaar ook 'n uitstaande prestasie!!!

Die Kwaggaspanne het bestaan uit::

o/18 - Bitzer Havenga (kaptein), Stefan Fouché, Anneke Jordaan, Jandré Barnard, Mitchel Jonker, Anrich Schrade, Pieter Dyzel (reserwe), Spanbestuurder: George Swart Snr

o/15 - George Swart (kaptein), Retief Scholtz, Stiaan Wolfaardt, Christian Jordaan, Jacobus Jacobs, Nicklas Redelinghuys, Spanbestuurder: Neels Blom Wel gedaan Kwaggas - met jul puik vertoning en uitmuntende gedrag daar in die Kaap!!!

JONG MUSIKANTE KOMPETISIE By Vrydagaand se Jong Musikante Kompetisie pryswenners-konsert het die leerders van Hoërskool Outeniqua puik gevaar. · Beste hoërskool ensemble: Hoërskool Outeniqua se Instrumentale ensemble · Beste fluitspeler: Anya Coetzee · Beste vioolspeler: Stefan Conradie · Beste trio: Johan Potgieter, Melinda Jansen van Nieuwenhuizen en Ylandi Jansen van Vuuren · Senior pryswenner: Brighitte Deister · Beste senior: Johan Potgieter

BLADSY 9 KWAGGAS VIR KWALITEIT

LEERDERRAAD 2014: Hoofseun: Gerrit Botha Hoofdogter: Anri Holzhausen O/hoofseun: Christopher Roelofse O/hoofdogter: Marianne Breytenbach Bruwer Ackermann Lize Coetzee Levin Muller Le Roux Baard Marli Droomer Leandri Dekker Eugene Collins May du Plessis Thomas Fouché Wouter Jordaan Karla Ferreira Inge Conradie Jeandré Joubert Mari Fölscher Tiffany-Amber Phillips Riaan Kleyn Esmarie Harmse Ilse-Marié Holzhausen Marnus Loubser Jeani Kruger Adri Uys Gabriël Louw Jade Mooi Emma Engelbrecht Curtley Prins Suané van As Kayla Lombard Werner Venter OMK: Hoofdogter: Marli Droomer O/hoofdogter: Melissa Maritz BTH: Hoofseun: Christopher Roelofse O/hoofseun: Martin Jordaan Baie geluk en sterkte met julle groot en verantwoordelike taak.

Belê in jou kind se toekoms met Bio-link! Konsentrasie Sentrum Leer vaardighede aan om beter te kan konsentreer en dus beter

te presteer Konsentrasie-oefeninge vir ADD / ADHD

Beter Konsentrasie = Beter Prestasie Beter prestasie:

Akademie In Kuns en Musiek In Sport

Alle ouderdomme

20% afslag vir inskrywings vir Januarie en Februarie 2014. Moet in 2013 inskryf!!!

T&C Madré van Zyl (BComm Ekonomie) Sel: 072 207 9289

BLADSY 10 KWAGGAS VIR KWALITEIT

SKOOLKLERE: PRYSLYS 2014 De Jagers Reënbaadjie: 10 -11-5XL: R345 Shemp Gholf (dogters & seuns): 2XS - 3XL: R165 Shemp Krieket: 2XS - 3XL: R170 Shemp Tennis: 2XS - 3XL: R170 Shemp T-hemp (wit) Kwagga 2XS - 3XL: R99 Sportbroek (L.O.): 3XS - 5XL: R125 Sportbroek Atletiek: 2XS - 4XL: R139 Langbroek Chino (seuns) 72-74-76: R265 79-81-87-89: R275 92-97: R275 102-107-112: R299 117-122-127: R325 Langbroek Chino (dogters): 66-84: R215 88-92: R235 96-108: R249 Romp (dogters): 62-66: R149 68-74: R159 76-84: R169 88-108: R179 Sweetpakbroek 3XS - 3XL: R209 Sportsak: Klein: R180 Medium: R190 Groot: R235 Rugbytrui: 87: R375 92-107: R389 112-122: R395 Rugbykouse: S-2XL: R49 Jurke: 68-72: R225 76-80: R235 84-88: R249 92-96: R259 100-108: R269 116-124: R289 Langmoutruie: 81-87: R179 92-97: R195 102-107: R215 112-117: R229 122-127: R249 Moulose truie: 81-87: R149 92-97: R165 102-107: R179 112-117: R195 122: R205 (vervolg)

BLADSY 11 KWAGGAS VIR KWALITEIT

SKOOLKLERE: PRYSLYS 2014 (vervolg) De Jagers Kortmouhemp met wapen: 35-38: R89 39-42: R95 43-47: R105 Kleurbaadjie (OHS): 80-86:: R635 87L-112L: R675 117R-132R: R775 Gryskous met strepe: 04/07-07/10: R33 11-12: R37 Das: 136: R53 46: R53 Ere: R69 Anne-Marie Stander Clothing CC: Skoolrokke: 26-30: R210 32-38: R240 40: R260 Outsize: R400 Netbal- / hokkiehempie: R135 Netbal- / hokkierompie: R105 Hokkiebroekie: R105 Sportsklere: Lycra Croptop Dogters: R175 JT Top Dogters: R230 JT Vest Seuns: R230 Shupants Dogters: R175 Jammer Pants: R195 Ski Pants Vollengte: R255 Secondskin Langmou Top: R185 Hotpants: R110 Swemklere: Lycra Swembroek: R195 Swempet: R60 Rugbytrui-gewoon: R230 Rugbytrui Sublimation: Kids: R400 Rugbytrui Sublimation Adults: R450 PT Shorts: Kids: R120 Adults: R140 Matriektops: V-neck Sweater: R250 Top R290 Padded R450 Plus borduur soos verkies

BLADSY 12 KWAGGAS VIR KWALITEIT

FINANSIES

Skoolgeld is betaalbaar vanaf Januarie tot Oktober. Alle skool- en koshuisgeld moet nou reeds betaal wees. Indien u nie reëlings met die skool getref het nie, sal alle uitstaande gelde aan die skool

se invorderaars oorhandig word.

Hou asseblief by die bedrag volgens u onderneming. Die skool het ‘n maandelikse begroting — dankie vir u begrip. Baie dankie aan die getroue betalers.

Ouers wat oorhandig is, moet by die prokureurs betaal. Geld wat na oorhandigingsdatum ontvang word, sal vir volgende jaar aangewend word.

Koshuisgelde is streng aan die b e g i n v a n e l k e k w a r t a a l vooruitbetaalbaar. Uitstaande l o s i e s g e l d k a n l e i t o t

uitsetting uit die koshuis.

Wanneer u ‘n direkte deposito in die skool se bankrekening maak, moet u asseblief u skool-rekeningnommer (bv. VDW007) as verwysing

gebruik.

FNB Tjekrek: 62093763673, takkode 210114. Faks bewys van betaling aan 086 635 8377.

Kontak mev J Venter by die skool (tel. 044 874 4156) vir enige besonderhede rakende direkte deposito’s, elektroniese oorplasings of besondere behoeftes.

Kassiere kantoorure: 7:20 - 13:50.

BESOEK ONS WEBWERF: http://www.outeniqua.co.za/

Kwaggagroete,

CP VORSTER

Skoolhoof

KWAGGAS VIR KWALITEIT - DIE SKOOL VIR ELKE KIND

KOMMUNIKEERDER Bly op hoogte van die gebeure in en om die skool. U kan die CD van die kommunikeerder by Ontvangs kry. U kan ook die kommunikeerder direk van die webtuiste aflaai by http://www.school-communicator.com/downloads. Kies dan net Hoërskool Outeniqua uit die lys van skole. Die skoolkommunikeerder is ook mobiel! Elke persoon wat ‘n selfoon het wat op die internet kan gaan, kan nou die kommunikeerder op hul selfoon gebruik. Volg die volgende stappe: 1. Gaan na Web: URL adres: http://

mobi.d6communicator.com 2. Soek Hoërskool Outeniqua in die

lys. 3. Gaan na News of Calender.

AANSOEKE OM VRYSTELLING VAN S K O O L G E L D E N N U W E INSKRYWINGS Ouers moet asseblief daarop let dat slegs onverkorte (“unabridged”) geboortesertifikate vanaf 2014 saam met die aansoeke aanvaar sal word. U moet asseblief so spoedig moontlik by Binnelandse Sake vir hierdie formaat aansoek doen. Ons maak staat op elke ouer se samewerking in dié verband.

TEL NO : 044 884 0966 FAX NO : 044 884 0977 E-MAIL : outeniquaref@telkomsa.net

top related