Top Banner
BLADSY 1 KWAGGAS VIR KWALITEIT HOËRSKOOL OUTENIQUA POSBUS 181, GEORGE 6530 Tel: 044-874 4156 Faks: 086 635 7336 • Web: http://www.outeniqua.co.za/ Junie 2018 Liewe Ouers / Voogde en Leerders Baie dankie aan elke ouer vir die ondersteuning gedurende die kwartaal. Dankie, dat julle kinders by die skool n positiewe verskil maak. Dié kwartaal het ons n beheerliggaamverkiesing gehad en dankie aan elke ouer wat die moeite gedoen het om te kom stem. Baie ouers het die afgelope kwartaal ook baie kilometers gery om leerders op kultuur- en sport- gebied te ondersteun. Mag elke ouer en leerder gedurende die vakansie lekker rus en met nuwe energie die besige derde kwartaal aanpak. Baie dankie aan elke ouer wat aan die Kwagga Bonanza deelgeneem het. Die Bonanza se wins beloop R 142 000,00. In moeilike ekonomiese tye is ons baie dankbaar vir elke bydrae. Die wen- ners van die Bonanza is soos volg: 1ste Prys - Botha & Barnard – Mingle tafel met 2 bankies (R18 000) – Chris Els 2de Prys - Wilderness Village Kwikspar kruiderniersware (R3 000) – Tyra Townshend 3rde Prys - 3 rd Generation SMEG voedselverwerker (R3 400) – Christiaan Jansen van Rensburg 4de Prys - Karoolam (R2 000) – Marie Roux 5de Prys - Vodacom Tablet en selfoon (R1 200) – Jackie Meyers 6de Prys - Tokkie Nel Juweliers – geskenkbewys (R800) – Charmaine Werner 7de Prys - De Jagers – koopbewys (R500) – Kyle Thoresen 8ste Prys - De Jagers – koopbewys (R500) – Jana Vorster 9de Prys - De Jagers – koopbewys (R500) – Dirk Botha 10de Prys - De Jagers – koopbewys (R500) – Sanet Fouché 11de Prys - De Jagers – koopbewys (R500) – Linda Nortje Prestasies van leerders en oudleerders Die week van 4 Junie tot 11 Junie 2018 sal seker in die geskiedenis bekend staan as n tydperk waar leerders en oudleerders op internasionale en nasionale gebied puik presteer het. Baie geluk aan die oudleerders wat die Comradesmaraton voltooi het. Die beste prestasie waar- van ons bewus is, is die van Johan Cronjé (2010) wat met n tyd 08:56:44 n Bill Rowan- medalje verower het. Dit was baie aangenaam om van Christo Lambrecht (gr. 11) se oorwinning in die Ierse Ama- teur kampioenskappe te hoor. Hy is die eerste buitelander en ook die jongste persoon wat nog die gholftoernooi gewen het. Dit is voorwaar n puik prestasie en daar word vir hom n groot toekoms voorspel. NUUSBRIEF 3
27

HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

Jan 25, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 1 KWAGGAS VIR KWALITEIT

HOËRSKOOL OUTENIQUA

POSBUS 181, GEORGE 6530 • Tel: 044-874 4156 • Faks: 086 635 7336 • Web: http://www.outeniqua.co.za/

Junie 2018

Liewe Ouers / Voogde en Leerders Baie dankie aan elke ouer vir die ondersteuning gedurende die kwartaal. Dankie, dat julle kinders by die skool ’n positiewe verskil maak. Dié kwartaal het ons ’n beheerliggaamverkiesing gehad en dankie aan elke ouer wat die moeite gedoen het om te kom stem. Baie ouers het die afgelope kwartaal ook baie kilometers gery om leerders op kultuur- en sport-gebied te ondersteun. Mag elke ouer en leerder gedurende die vakansie lekker rus en met nuwe energie die besige derde kwartaal aanpak. Baie dankie aan elke ouer wat aan die Kwagga Bonanza deelgeneem het. Die Bonanza se wins beloop R 142 000,00. In moeilike ekonomiese tye is ons baie dankbaar vir elke bydrae. Die wen-ners van die Bonanza is soos volg: 1ste Prys - Botha & Barnard – Mingle tafel met 2 bankies (R18 000) – Chris Els 2de Prys - Wilderness Village Kwikspar kruiderniersware (R3 000) – Tyra Townshend 3rde Prys - 3

rdGeneration SMEG voedselverwerker (R3 400) – Christiaan Jansen van Rensburg

4de Prys - Karoolam (R2 000) – Marie Roux 5de Prys - Vodacom Tablet en selfoon (R1 200) – Jackie Meyers 6de Prys - Tokkie Nel Juweliers – geskenkbewys (R800) – Charmaine Werner 7de Prys - De Jagers – koopbewys (R500) – Kyle Thoresen 8ste Prys - De Jagers – koopbewys (R500) – Jana Vorster 9de Prys - De Jagers – koopbewys (R500) – Dirk Botha 10de Prys - De Jagers – koopbewys (R500) – Sanet Fouché 11de Prys - De Jagers – koopbewys (R500) – Linda Nortje Prestasies van leerders en oudleerders Die week van 4 Junie tot 11 Junie 2018 sal seker in die geskiedenis bekend staan as ’n tydperk waar leerders en oudleerders op internasionale en nasionale gebied puik presteer het. Baie geluk aan die oudleerders wat die Comradesmaraton voltooi het. Die beste prestasie waar-van ons bewus is, is die van Johan Cronjé (2010) wat met ’n tyd 08:56:44 ’n Bill Rowan-medalje verower het. Dit was baie aangenaam om van Christo Lambrecht (gr. 11) se oorwinning in die Ierse Ama-teur kampioenskappe te hoor. Hy is die eerste buitelander en ook die jongste persoon wat nog die gholftoernooi gewen het. Dit is voorwaar ’n puik prestasie en daar word vir hom ’n groot toekoms voorspel.

NUUSBRIEF 3

Page 2: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 2 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Kerwin Albertus (gr. 11), wat onder die top 10 junior musikante in Suid-Afrika tel, het ons Sondagaand (10 Junie) ook met sy optrede op Kwêla geïnspireer. Geluk met een van die mooiste programme wat oor ’n leerder van Hoërskool Outeniqua gemaak is. Baie sterkte aan Kerwin met sy optredes by die Grahamstadse Jazz Festival.

Dit was ook baie lekker om te hoor dat Warrick Galant (2013) en Akker van der Merwe (2009) in die Springbokspan opgeneem is. Wat dit nog lekkerder maak, is dat hulle deel was van ‘n span wat met ‘n reuse terugvegpoging Engeland geklop het. Dewald Human (2013) het tydens die Dubai 7’s die Blitzbokke aangevoer. Tydens die Parys 7’s was hy ’n lid van die span. Met die wonderwerk wat Sondag (10Junie) gebeur het, is hy aangewys as die speler van die Parystoernooi en het hy ’n belangrike rol gespeel in die wen van die wêreldtitel. Gedurende die kwartaal was daar ook puik prestasies van ons leerders. Die Vokale Ensemble was een van 105 kore wat aan die Internasionale Tygerberg Eisteddfod deelgeneem het. Hulle het 94,6% vir hulle uitvoering gekry en is na die finale rondte van die kompetisie genooi. Hulle is een van 6 hoërskoolkore wat uitgenooi is. Baie geluk met hierdie puik prestasie.

Meike Strydom (gewigstoot), Simonn Swanevelder (paalspring) en Hanno du Plessis (hamergooi) is vir die SA Junior atletiekspan gekies. Meike gaan reeds Suid-Afrika in die vakansie in Finland verteenwoordig. Hanno en Simonn gaan Suid-Afrika in Desember ver-teenwoordig.

Bernice Bezuidenhout (gr. 12) is vir die Suid-Afrikaanse o/19-skoletennisspan gekies. Sy verteenwoordig ons in die vakansie in Engeland. Chandré Boshof (gr. 8 en o/14) het Suid-Afrika by die Afrika junior kampioenskappe verteenwoordig. Michelle Groves (gr. 12) het Suid-Afrika in Australië by die o/17-wêreldkampioenskappe in netbal verteenwoordig. Baie geluk met die mooi prestasie. Ons is baie trots op dié leerders en oudleerders.

Akademie Daar is baie bedrywighede tydens die derde kwartaal. Die eerste Saterdag (21 Julie) is dit wintersport teen Paarl Gimnasium (weg) en ook vele meer aktiwiteite. Daarom is dit van kardinale belang dat leerders hulle tyd goed sal beplan en nog steeds sal fokus om hulle volle potensiaal te bereik. Leerders ontvang op Vrydag, 20 Julie hulle rapporte. Indien daar enige uitdagings ten opsigte van u kind se akademie is, moet u asseblief dringend met sy/haar betrokke vakonderwyser en/of graadhoof ’n afspraak maak.

Belangrike datums Die derde kwartaal is ’n baie besige kwartaal. Die kalender vir die derde kwartaal is op die webtuiste beskikbaar. Hier is van die belangrike datums : 07 Augustus Personeelkonsert 25 Augustus Matriekafskeid 31 Augustus 95-jarige herdenking tydens ‘n saalbyeenkoms.

Page 3: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 3 KWAGGAS VIR KWALITEIT

TOERNOOIE Baie geluk aan die volgende leerders wat aan nasionale toernooie gaan deelneem tydens die vakansie SWD Rugby tydens vakansie. Grant Khomo o/16 week te Kimberley: 1 tot 7 Julie 2018 Hulpafrigter: Mnr Liaan Scriven

Johan Jordans Francois Breytenbach Henry Tromp Marno de Koker Leonardo Coetzee Schalk Vermeulen Phillip Fouche Chadley Josias Aiden Booysen Tinsley Stuurman Caston Michaels Lyle Jansen Brayden Booysen Lawrence Victor

Cravenweek en Akademieweek o/18 te Paarl: 8 tot 14 Julie 2018 Cravenweek:

Ridge Gaffley Pieter Ferreira Braam van Huysteen Abré Minnie Brian Williams

Waardes, dissipline en voorkoms Baie dankie aan elke leerder wat die afgelope kwartaal die regte waardestelsel gehad het en gehelp het om ‘n positiewe skoolklimaat te skep. Die nuwe gedragskode is vir twee kwartale in werking en die groeipyne van die nuwe stelsel is uitgesorteer. Die een aspek wat die skoolbestuur egter nog graag wil finaliseer is die beloningstelsel. Dit sal in die volgende twee kwartale as ’n prioriteit hanteer word Uit die dissiplinêre verhore is dit duidelik dat die leerders wat verhoor word, in liefde hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek alle ouers om toe te sien dat hulle kinders se voorkoms op 17 Julie in ooreen-stemming met die gedragskode van Hoërskool Outeniqua sal wees.

Page 4: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 4 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Akademie: Herchelle Otto Auburn Bezuidenhout Zinedine Robinson Bennet Nortje André Pretorius Eldon Lotz Jonathan Joseph

Cravenweek o/13 te Kimberley 1 tot 7 Julie 2018 Jaquin Ruiters El-Thiren Meintjies

NETBAL Eden span: Interdistrik toernooi te Wellington 12 tot 14 Julie 2018 Juanette Spannenberg Lise Norman Ruschan Juries Minke Scheun Tonelle Alberts Anuschka Julyan Chevonney Jantjies Heimne Esau Ancois Jordaan

Wes-Kaapspan: All Ages Toernooi te Boksburg 24 tot 28 Junie 2018 Kayley Muller Lanè Coertzer Alecia Hannes Michelle Groves Charnè van der Westhuizen

DOGTERSHOKKIE: o/14-Toernooi: 27 Junie tot 1 Julie te Bloemfontein Mila Barnard Monya Lindeque Carina Leeuwner Talita van Eeden o/16-Toernooi: 5 tot 11 Julie te Pietermaritzburg Cara Bergh Amy Wessels Faronay James o/18-Toernooi: 23 tot 29 Junie te Pietermaritzburg Lune vd Westhuizen

Page 5: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 5 KWAGGAS VIR KWALITEIT

SEUNSHOKKIE o/14A-Toernooi : 1 tot 6 Julie in Bloemfontein Chris Fourie Dante Nortje o/16A-Toernooi : 5 tot 13 Julie in Pietermaritzburg Jaco Hein Louw Crispin Kaizer MUURBAL: INTERPROVINSIALE TOERNOOIE (IPT) 23 tot 27 Junie 2018

o/19 - PAARL Tinus Botes Lloyd Landsberg Hilge Halbich Alouise Campher

o/16 - OOS-LONDON Estian de Kock Chloê Landsberg Carmen Venter

o/14 - JOHANNESBURG Philip Myburg

SKAAK

Twee van ons leerders is opgeneem in die Wes-Kaap Skaakspan wat gaan deelneem aan die “National Winter Games” in Durban vanaf 9 - 13 Julie 2018.

Suné Swart (o/18) en Wikus Jordaan (o/15)

Page 6: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 6 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Kommunikasie met die skool

Kommunikasie tussen die ouers en die skool is baie belangrik. Ouers moet asseblief

nuusbriewe lees, van die Kommunikeerder gebruik maak, die webtuiste

(www.outeniqua.co.za) besoek en ook die webtuiste Kwagga Opvoedkundige Sentrum

(K.O.S.) besoek. Die K.O.S. bevat die akademiese netwerk van die skool.

Indien daar enige probleme met u kind is, is dit baie belangrik dat dit met die graadhoof be-

spreek word. Elke graadgroep word deur hulle bestuur en hulle sal die meeste sake kan

oplos. Indien daar nie ’n oplossing is nie, kan u gerus met een van die adjunkhoofde of die

skoolhoof ’n afspraak maak.

Een van die belangrikste vrae wat ouers het, is met wie skakel ek oor spesifieke sake.

Aangeheg vind u ’n lys. Die belangrikste is egter dat ouers eerste met die kind se regis-

teronderwyser en graadhoof skakel.

Kontakbesonderhede :

Graadhoofde

Gr. 8 (Vanne van P tot Z) Mnr. D. Minnie 044 874 4156 [email protected]

Gr. 8 (Vanne van A tot F) Mev. M. Eygelaar 044 874 4156 [email protected]

Gr. 8 (Vanne van G tot O) Mnr. H. Smit O44 874 4156 [email protected]

Gr. 9 (0903, 0908, 0910) Mev. Taljaard 044 874 4156 [email protected]

Gr. 9 (0913, 0919, 0924) Mev. Olivier O44 874 4156 [email protected]

Gr. 9 (0933, 0934, 0939, 0949)

Mnr. Gerber 044 874 4156 [email protected]

Gr. 10 (1005, 1044, 1063, 1071)

Mnr. J. Els O44 874 4156 [email protected]

Gr. 10 (1015, 1060, 1063, 1071)

Mev. H. Erasmus O44 874 4156 [email protected]

Gr. 10 (1030, 1040, 1066) Mnr. V. Muller 044 874 4156 [email protected]

Gr. 11 (1102, 1136, 1148, 1170)

Mnr. B. Tukker 044 874 4156 [email protected]

Gr. 11 (1106, 1109, 1111) Mev. C. Jordaan 044 874 4156 [email protected]

Gr. 11 (1112, 1153, 1164) Mev. B. Barkhuysen 044 874 4156 [email protected]

Gr. 12 (1216, 1228, 1231) Mnr. J. Wolfaardt O44 874 4156 [email protected]

Gr.12 (1223, 1229, 1246) Mev. M. Kalp O44 874 4156 [email protected]

Gr. 12 (1207, 1226, 1265, 1268)

Mnr. I. Brink O44 874 4156 [email protected]

Page 7: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 7 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Skoolkalender 2018

01 Januarie 2018 Nuwejaarsdag 21 Maart 2018 Menseregte Dag 30 Maart 2018 Goeie Vrydag 02 April 2018 Familie Dag 27 April 2018 Vryheidsdag 30 April 2018 Skolevakansiedag 01 Mei 2018 Werkersdag 16 Junie 2018 Jeugdag 09 Augustus 2018 Vroue Dag 10 Augustus 2018 Skolevakansiedag 24 September 2018 Erfenisdag 16 Desember 2018 Rekonsiliasie 25 Desember 2018 Kersdag 26 Desember 2018 Welwillendheid

Kwartaal Alle Provinsies

Oop Sluit

Eerste 23 Januarie

28 Maart

Tweede 10 April 22 Junie

Derde 17 Julie 28 September

Vierde 09 Oktober 12 Desember

Skoolkwartale en openbare vakansiedae vir 2019 (binnelandse en kusprovinsies)

Die goedgekeurde skoolkalender vir 2019 is soos volg:

Kwartaal Open Sluit

Eerste 07 Januarie (opvoeders) 09 Januarie (leerders)

15 Maart

Tweede 02 April 14 Junie

Derde 09 Julie 20 September

Vierde 01 Oktober 04 Desember (leerders) 06 Desember (personeel)

Page 8: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 8 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Netbal Ons Eerste Netbalspan het deurgedring na die Nasionale Top Skoletoernooi te Boksburg, 20 tot 22 Julie. Dit is 'n elite toernooi waar al die beste skole oor die land meeding. Dit is voorwaar 'n prestasie om daardie toernooi te kan bywoon. Outeniqua se Eerste Netbalspan het tot dusver 'n uitdagende seisoen gehad waar alles nie noodwendig volgens plan geloop het nie. Hierdie span het egter aangehou om hard te werk en werklik karakter getoon om deur te druk. Met harde werk en baie ure se swoeg en sweet het Outeniqua se eerstespan presteer toe dit die meeste tel en kon hul so die wa deur die drif trek. Nie net werk hul hard op die baan nie, maar word hulle ook gekomplimenteer oor hulle gesindheid op die baan. Baie geluk met hierdie pragtige prestasie!! Foto: Agter v.l.n.r.: Tharien Brey-tenbach, Elri Neethling, Anuchka Julyan, Michelle Groves, Adèle Agenbag. Voor: Charnè van der Westhuizen, Chanè Gricius, Nika Wolmerans, Rianli Badenhorst , Alecia Hannes.

Bergfiets Dit was ‘n bedrywige kwartaal vir die fietsryers en ons hartlikste gelukwense aan hulle met die volgehoue goeie prestasies. Ons neem deur die jaar aan drie reekse deel. Eerstens die Maraton reeks, waarvan 4 uit die 8 byeenkomste die afgelope kwartaal plaasgevind het. Tweedens, die Madibaz Cross Country-reeks, waarvan 2 uit die 4 plaasgevind het. Laastens, die SPUR-reeks, waaraan die skool as span deelneem. Die ryers het in die eerste van vier byeenkomste puik presteer en ‘n groot oorwinning behaal deur 84 uit die moontlike 90 punte in te samel. Ons sê baie geluk aan die volgende ryers wat podium- posisies by die SPUR #1 in hul verskeie ouderdomsgroepe behaal het: Eerste: Tristan Nortje, Nelis du Plessis, Sorina Venter en Marlié Blom. Tweede: Christiaan Hattingh, Mia Bester en Alissa Coetzer. Derde: Ruben Henning en Jonatan van Jaarsveldt. Tristan het ook by die WESKAAP XCO-kampioenskappe ‘n puik eerste plek behaal. Ons sien uit na die tweede SPUR-byeenkoms wat op die 28ste Julie plaasvind en wens

ons ryers, wat gedurende die vakansie hard gaan oefen, sterkte toe.

Page 9: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 9 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Redenaars en Debat Baie geluk aan die volgende leerders wat die skool by die finaal van die ATKV se re-denaars- en debatskompetisies gaan verteenwoordig. Dit is ‘n uitstekende prestasie. Redenaars: 1. Craig Bredenkamp (graad 11) Senior Voorbereid 2. Elle Engelbrecht (graad 9) Junior Voorbereid 3. Hanro Müller (graad 10) Senior Onvoorbereid Debat: Senior: Span 1. Hanro Müller (graad 10) Michael Bezuidenhout (graad 12) Span 2. Emma Cronje (graad 10) Rhodé Ferreira (graad 10) Debat: Junior: Carina Duvenhage (graad 9) Joslin Swanepoel (graad 9) Elizna Coetzee (graad 9) Ons leerders reis na Rustenburg waar die ATKV-redenaarsfinaal op 17 Augustus 2018 en die debatsfinaal op 18 Augustus 2018 plaasvind. Ons wens hulle sterkte toe.

Tennis Baie geluk aan Bernice Bezuidenhout van Hoërskool Outeniqua wat gekies is vir die SA Hoërskolespan. Bernice gaan in die O/19- ouderdoms-groep deelneem. Die span vertrek in Junie na die Verenigde Koninkryk waar die toernooi sal plaasvind. Die Kwaggas is baie trots op hul ten-nisster!

Page 10: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 10 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Eden Hokkie Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is om aan die provinsiale toernooie deel te neem wat tydens die vakansie gaan plaasvind. o/14A - Chris Fourie - Dante Nortje - Gerhardt Berndt o/16A - Crispin Kaizer - Jaco-Hein Louw Rene Berndt gaan ook saam met die o/14-dogters as afrigter. Alle voorspoed vir die toernooie! Ons is trots op julle. Ons is halfpad met die hokkieseisoen, met voorbereidings vir kwartaal 3 wat reeds volstoom aan die gang is. Die 1ste Span seuns se uitslae lyk as volg : Wedstryde gespeel : 22 Wedstryde gewen : 18 Wedstryde gelykop : 3 Wedstryde verloof : 1 Doele vir : 72 Doele teen : 11 Ons wens ook vir hulle en die 1ste Dogtershokkiespan baie sterkte toe met die Cape Town International Hockey Festival wat vanaf 17 tot 22 Julie plaasvind. Seunshokkie : Belangrike datums vir Kwartaal 3 20 Julie - o/16B en 2de Span teen Grey PE (Tuis) 21 Julie - Outeniqua teen Paarl Gimnasium (Weg) 28 Julie - Outeniqua teen Framesby en Sentraal (Tuis) 4 Augustus - Outeniqua teen Durbanville (weg) 13-16 Augustus - Outeniqua teen York ( George ) 18 Augustus - Outeniqua teen Waterkloof (tuis) Vir meer inligting oor ons 1ste Hokkiespan volg ons gerus op instagram by : www.instagram.com/outeniqua_hockey/

Page 11: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 11 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Netbal Baie geluk aan die volgende netbalspelers wat verkies is tot die onderskeie Wes-Kaapspanne. Hierdie dogters gaan aan die All Ages toernooi van 24 Julie tot 28 Julie te Boksburg deelneem. Ons beste wense vergesel hulle.

V.l.n.r.: Voor : Kayley Muller, Alecia Hannes, Lanè Coertzer

Agter: Charnè van der Westhuizen , Michelle Groves

Kwagganetbal spog hierdie jaar met 9 spelers in die onderskeie Eden-netbalspanne. Hierdie groep dogters gaan van 12 tot14 Julie deelneem aan die Interdistrik toernooi te Wellington. Ons beste wense vergesel hulle.

Voor v.l.n.r.: Lise Norman, Minke Scheun, Juanette Spannenberg ,

Tonelle Alberts

Agter: Anuschka Julyan, Ruscha Juries, Chevonney Jantjies, Acois Jordaan,

Heimne Esau.

Page 12: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 12 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Afwesighede en uitteken

Die reëling in verband met afwesighede is baie duidelik. ’n Leerder mag slegs by die

huis bly as hy/sy siek is of as daar dood in die familie is. Die persentasie leerders

wat by die huis bly is baie hoog en ons doen ’n beroep op ouers om toe te sien dat

hulle kinders skool bywoon.

Baie leerders word deur die loop van die oggend siek. Die leerders moet by die

graadhoof uitteken, nadat ál die onderwysers wat die dag vir hom/haar skoolhou,

geteken het. Mev. Muller sal daarna die leerders se ouers kontak. Leerders mag

nie self hulle ouers kontak nie. Die skool sal dit doen. Ons doen ’n beroep op die

leerders en die ouers vir hul samewerking in die verband.

Ekstraklasse deur privaat persone

Daar is leerders wat by privaat persone ekstra klasse neem. Dit is gewoonlik in

vakke soos Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Rekeningkunde. Daar is van die

onderwysers wat skitterende werk doen en wat in noue samewerking met die skool

se onderwysers werk. Daar is egter van die persone wat dit suiwer vir die geld doen

en wat nie in die beste belang van ons leerders optree nie. Dit het onder my

aandag gekom dat persone in George van Hoërskool Outeniqua se

onderwysers se vraestelle neem en dit dan verkoop aan van ons leerders.

Ten eerste is dit die eiendom van die spesifieke onderwyser en ten tweede stel die

verskillende vakspanne in Wiskunde en Rekeningkunde altyd nuwe vraestelle op.

Die afrigting van leerders om ‘n spesifieke vraestel te skryf, is dus nie tot voordeel

van die kind nie.

Indien kinders van ekstra klasse gebruik maak, moet ouers asseblief seker maak

dat die persone wat dit aanbied, gekwalifiseerd is om dit te doen en dat hulle ook

die opvoeding van kinders eerste stel.

Plakkers vir motors wat die skool besoek.

Indien u nie elke keer by die sekuriteitswagte wil inteken nie, kan u teen

R100,00 per jaar ‘n plakker koop wat op u voorruit geplak word. Die plakkers

is beskikbaar by die sekuriteitshuisie by die hek by Beyers Tehuis Koshuis.

Page 13: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 13 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Hoërskool Outeniqua bied die 7de Augustus 2018 vir die eerste keer in baie jare ‘n vertoning aan waartydens die vele talente van die personeel vertoon gaan word. Die items vir die vertoning wissel van sang- en instrumentale ensembles, kore, danse en skreeusnaakse ‘lipsync’. Die doel van die aand is om ouers en leerders te vermaak en om die personeel soos ‘n ware bron van lig te laat skitter. Die items word afgerig en gefasiliteer deur drama- en musiekkundiges Karleine Herbst en Lynette Petersen. Outeniqua beskik oor ‘n groot aantal sangers, instrumentaliste en dansers wat gaan sorg vir uitstekende vermaak. Die program beloof ook om vir groot pret te sorg deurdat onderwysers uit hul gemaksone van die klaskamer nou in ‘n heel nuwe rol op die verhoog gaan verskyn. Die vertoning gaan ‘n ware skouspel van lig wees wat tema’s soos sonlig,

maanskyn, vuurwerke, weerligstrale en lasers insluit. Die personeel gaan in

volle sterkte verteenwoordig wees en soos die skoollied van Outeniqua sê die

7de Augustus wys dat hulle ‘n ware bron van lig is. Kom kyk gerus hoe helder

skyn die sterre van die Outeniqua personeel.

Page 14: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 14 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Finansies

Die Beheerliggaam gaan van die veronderstelling uit dat skoolgeld vooruitbetaalbaar is

en volgens die SA Skolewet, is ouers wetlik verantwoordelik vir die betaling van ver-

pligte onderriggeld. 6 paaiemente en/of 2 kwartale se gelde moet voor of op 30 Junie

2018 betaal wees.

Vir betaalwyses besoek ons webblad by www.outeniqua.co.za

Die skool het ook kaartfasiliteite.

Vir enige korrespondensie gebruik asb. u rekening se verwysingsnommer, bv. AKA001 of ge-

bruik u kind se naam, van en graad. Ons het baie leerders in die skool met dieselfde naam en

van.

Geregistreerde briewe wat onopgeëis terugkom, word via die leerders huis toe gestuur. Ouers

wat oorhandig is, moet die uitstaande bedrag by die prokureur betaal.

VAKVERANDERINGE

Liewe ouers en leerders Neem asseblief kennis van die volgende datums en inligting met betrekking tot vakveranderinge vir 2018: Graad 10: Geen leerder wat 45% of minder vir Wiskunde in graad 9 behaal het, sal toegelaat word om Wiskunde in graad 10 te neem nie. Hoogstens twee vakveranderinge word voor 30 Junie 2018 toegelaat.

Graad 11: Hoogstens twee vakveranderinge word voor 31 Maart 2018 toegelaat. In uitsonderlike gevalle kan ’n leerder een addisionele vak in graad 11 verander nadat sy/haar eindeksamenpunt vir graad 11 bekend gemaak is. Hierdie veranderinge moet voor 15 Desember 2018 afgehandel wees. Graad 12: GEEN vakveranderinge word in die graad 12-jaar toegelaat nie.

Die Uitreikportefeulje bedank almal wat items tot die skool se Nood-spens bygedra het. Die projek word kwartaalliks geloods om nie-bederfbare kos en toiletware bymekaar te maak. Behoeftige Kwaggas en hul gesinne word vanuit die Noodspens gehelp. Die projek wys elke keer dat Kwaggas, hul ouers en personeel werklik omgee. Dit word opreg waardeer!

Page 15: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 15 KWAGGAS VIR KWALITEIT

2018 Jong Musikante Kompetisie Hier volg ons pryswenners vir die kompetisie :

Marize Gouws Beste senior fluit Marilize Coetzee Beste senior vokaal Kerwin Albertus Beste saksofoon ASOOK eerste senior presteerder met prysgeld - beste senior musikant Elizma Beyleveld Veelsydigste presteerder Vokale Ensemble Beste senior ensemble

KLANKBROUSEL Die Musiekdepartement het op 23-24 Mei 2018 ‘n baie suksesvolle konsertreeks aange-bied. Al die Graad 10 tot 12 vakleerders het ‘n spesiale uitvoering gedoen van solo- en ensemblewerke wat hulle sedert die begin van hierdie jaar aangeleer het. ‘n Wye verskei-denheid van instrumentasie en style is gedek en die repertorium het aan elke tipe musiekliefhebber se smaak voorsien. Dit is duidelik dat al die uitvoerders deeglik voorberei is, want elke item het getuig van besonderse musikaliteit en uitsonderlike kwaliteit. Die program is verder aangevul met uitvoerings deur die Skoolkoor, Vokale Ensemble, Instrumentale Ensemble en Jazz Band. Die Klankbrousel het ook gasoptredes ingesluit van Magdalena De Vries, ‘n bekroonde Marimba spesialis, Dr Anneke Lamont - ‘n be-gaafde pianis en die rymkletser Hakkiesdraad Hartman wat ook as aanbieder opgetree het. Bravo aan elke leerder wat deel uitgemaak het van hierdie konsertreeks en ook aan die musiekpersoneel vir hul harde werk!

VOKALE ENSEMBLE Die Vokale Ensemble het ‘n baie suksesvolle kwartaal agter die rug, met optredes by ‘n paar plaaslike geleenthede. Hierdie sluit in deelname aan Skemerklanke met gas beoor-delaar Juanita Lamprecht van die Nelson Mandela Universiteit, die Curro Mosselbaai Koorfees en Jong Musikante Kompetisie wat deur die George Musiekvereniging aange-bied is waar hulle ook aangewys is as die Beste Senior Vokale Ensemble. Die ensemble het ook aan die Tygerberg Internasionale Eisteddfod in Kaapstad deelgeneem en is ‘n gemiddeld van 94% toegeken met die voordrag van hul program. Die groep is uitgenooi om aan die Gala rondte van die kompetisie deel te neem en sal op 7 September teen elf ander kore meeding. Ons wens hulle alle voorspoed toe met die voorbereiding vir hierdie optrede.

Page 16: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 16 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Poort–skryfkompetisie Hoërskool Outeniqua spog vanjaar met twee leerders wat besonder goed in die jaar-likse landswye Poort-Skryfkompetisie presteer het, nl. Marizyl Marais (gr.12) en Anni-ka van Santen (gr.10). Marizyl se prosawerk getiteld “ Wanneer stiltes praat” het haar onder die top vyf wen-ners geplaas. Sy is dan ook na ‘n slypskool, wat in die Julie-vakansie gaan plaasvind by die Universiteit van die Vrystaat, uitgenooi Haar werk word ook in Poort 2018 op-geneem en gepubliseer. Annika se gedig met die titel “My Afrika” is een die werke wat in Poort 2018 gaan verskyn. Die Poort-Skryfkompetisie is ‘n projek van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Weten-skap en Kuns, wat ten doel het om skeppende skryftalent in Afrikaans by hoërskool-leerders aan te moedig en sodanige kreatiwiteit uiteindelik te waardeer en aan ‘n groter gehoor bloot te stel. Hierdie kompetisie vind sedert 1971 plaas.

Kwagga Gholfdag : Ouerkomitee en BORGE - BAIE DANKIE! ‘n Baie groot dankie aan die ouers wat die bemarkingskantoor so mooi ondersteun het met die organisasie van 10 Mei se gholfdag te Oubaai. Die dag was ‘n groot sukses as gevolg van jul harde werk! Lehanti Cronje, Maxie Pretorius, Marian Balt, Celesté Best, Johnny Visser, Elsabé Heyns en Marieke Vermaak. Baie dankie aan die volgende borge : De Jagers, GFA Holdings, Lynn Schroeder BMW en SPUR. Aan alle ouers en ondersteuners wat bowwe geborg, pryse geskenk en deelgeneem het : Julle is staatmakers!

Page 17: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 17 KWAGGAS VIR KWALITEIT

MUURBAL

Die muurbalspelers van Outeniqua Hoërskool het onlangs pragtig presteer by die SA Plat-telandtoernooi in Bloemfontein en 'n hele aantal spelers is opgeneem in die SA Platteland-span wat tydens die Junievakansie aan die onderskeie Interprovinsiale Toernooie sal deelneem. Ons wens hulle baie sterkte toe. Voor: Hilge Halbich, Alouise Campher, Chloê Landsberg, Aine Ferreira Agter: Tinus Botes, Lloyd Landsberg, Estian de Kock, Philip Myburgh, en Carmen Venter

Kerwin Albertus maak opnames vir sy eerste album

Gedurende die Aprilvakansie het Kerwin Albertus en sy jazz band, Sole Individuals, na die ateljee gegaan vir hul eerste opnamesessie. Die groep het Sun Studios by die Universiteit van Stellenbosch besoek en het die geleentheid gehad om 6 oorspronklike liedjies, wat deur Kerwin (Gr 11) geskryf is, op te neem onder leiding van Ben Ludik, 'n bekende klankingenieur van Kaapstad en Lynette Petersen wat help met die vervaardiging. Die bekendstelling van die kortspeleralbum sal binnekort bekend gemaak word.

Page 18: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 18 KWAGGAS VIR KWALITEIT

V

Page 19: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 19 KWAGGAS VIR KWALITEIT

SKAAK

Tien van Outeniqua se skaakspelers het hulle Edenklere verwerf en by die Wes-Kaap- proewe deelgeneem. Hierdie leerders is Nicola Putter (bo links), Kyle Beukes, Cornè Fourie, Wikus Jordaan, Jan-Abraham Mostert, Janke Muller (bo regs), Bianca die Villiers (onder links), Grant Campbell, Sune Swart (onder regs) en Nelis Smit (nie op die foto). Ni-cola Putter behaal 'n 1ste plek in die meisies onder 15 afdeling en Janke Muller 'n 5 de plek. Sune Swart is 3 de by die meisies o/18 afdeling. By die seuns o/15 afdeling is Wikus Jordaan, Corne Fourie en Jan-Abrahan Mostert onder die top 20.

Laserrun Die Eden MPA Laserrun Kampioenskappe is op 25 Maart aangebied. Baie geluk aan Elke Echoltz, dogters o/17 en Stef Schoeman, seuns o/15, wat beide goue medaljes verwerf het. Op die foto is Elka Scholtz, Stef Schoeman en AC Kleynhans. Dié drie leerders van Hoërskool Outeniqua is almal in die Eden-Span opgeneem wat op 15 April aan die Wes-Kaap Kampioenskappe in die Paarl deelneem het.

Page 20: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 20 KWAGGAS VIR KWALITEIT

MUSIEK

Jewlin Jonkers, ’n Gr.12 musiekleerder van Hoërskool Outeniqua, het pas die nuus ontvang dat hy einde verlede jaar een van die twee top beste presteerders in Unisa musiekteorie Gr.5 was. Hiermee ontvang hy dan ’n merietebeurs van Unisa as be-loning vir sy uitsonderlike prestasie. Baie geluk!

HOKKIEBORG VIR 2018 Die Dogtershokkie se afrigters van Hoërskool Outeniqua is baie trots op hul nuwe sportdrag wat deur DEMTECH Architectural Service geborg word. Hulle sien uit na ‘n belowende hokkieseisoen wat voorlê vir die Kwaggas. Hier verskyn die afrigters saam met hul trotse borg.

Agter: Andries de Meyer van DEMTECH, Minda-Mari Minnie, Tanea de Swardt, Marietjie Kalp en Gavin Falck.

Voor: Benita Gibson, Cara Russouw, Mia Potgieter, Nesta Olivier, Vanessa du Toit en Mariette Basson.

Page 21: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 21 KWAGGAS VIR KWALITEIT

KWAGGA-TV

Hoërskool Outeniqua het tans 'n opwindende nuwe byvoeging tot die skool bekend as Kwagga-TV. Die TV-stasie op DigiTV.co.za sal aan leerlinge, ouers, oumas en oupas asook oud-leerlinge ‘n blik op die gebeure binne die skool gee. Die kinders van die skool sal die geleentheid kry om die produksie te behartig met die leiding van ons produksie-bestuurder en hulle eie oorspronklike TV-reeks en inhoud te ontwikkel van studente, skole, kurrikulum, kunste, sport en baie meer. Vir meer inligting is u welkom om ons te kontak. Cornelia Gottschalk Produksiebestuurder [email protected] 071 382 2098

Page 22: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 22 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Page 23: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 23 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Page 24: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 24 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Kwagga Wynveiling 2017 se Kariba Huisboot kopers

“Gedurende die April skoolvakansie was ek, Leana Wentzel, een van 22 baie bevoorregte gaste op die P-Ten Huisboot op die Karibameer in Zimbabwe.Die rykdom en skoonheid van die Kariba is onbeskryflik en asemrowend. Ons het nét ontspan en hope pret gehad! Vir my was hierdie ervaring iets wat bo-aan my wenslysie was en wat ek nou kan aftik, veral nadat ek ook nog ‘n 1,9 kg Tiervis uit die water kon trek! Dit was my beste vakansie ooit! Ons kos, soos deur ons twee kranige sjefs voorberei, was uit die boeke! ‘n Baie groot dankie aan George en Olive Pio. George is ‘n oud-Kwagga en Hoofseun van 1955, wat die geleentheid moontlik gemaak het. Die 5-nag bootvakansie is tydens die 2017 Kwagga Wynveiling opgeveil en sal vanjaar weer op die Kwagga Wynveiling beskikbaar wees vir kopers. Moenie hierdie geleentheid misloop nie!”

Page 25: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 25 KWAGGAS VIR KWALITEIT

Page 26: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 26 KWAGGAS VIR KWALITEIT

OHS GIMNASIUM TYE: Publiek Leerders Aansluitingsfooi en oefenprogram: R200 Jaarliks vooruit : R400 Jaarliks vooruit : R1300 6-maandeliks vooruit : R300 6- maandeliks vooruit : R700 3-maandeliks vooruit : R200 3 - maandeliks vooruit : R500 1 maand vooruit : R100 Maandeliks vooruit : R200 1 week vooruit : R50 1 week vooruit : R50 1 dag vooruit : R20 1 dag vooruit : R30 Oefentye Volwassenes Leerders Maandae, Woensdae, Vrydae Maandae – Donderdae 08:00 – 12:00 14:30 – 18:30 Maandae – Donderdae

17:00 – 18:30 Vakansies Leerders en Volwassenes Maandag, Woensdag, Vrydag 08:00 tot 12:00

Fit Klasse aangebied by OHS Gimnasium: Maandae: 05:15 Dinsdae: 07:45 & 18:00

Donderdae: 05:15; 07:45 & 18:00

Vrydae: 07:45

Kontak Walter Lutsch by 082 561 8669 of besoek die webblad,

www.FitKwagga.co.za vir alle verdere inligting.

OHS Leerders & Personeel Fooie: 2x p/week: R270 p/maand

Publiek Fooie: 2x p/week: R510 p/maand 3x p/week: R727 p/maand

KOMMUNIKEERDER Bly op hoogte van die gebeure in en om die skool. U kan die kommunikeerder direk van die webtuiste aflaai. Tik bloot “d6” in die google soekboksie en kies dan “D6 School Communicator”. Kies dan net Hoërskool Outeniqua uit die lys van skole. Die skoolkommunikeerder is ook mobiel! Elke persoon wat ‘n selfoon het, wat op die internet kan gaan, kan nou die kommu-nikeerder op hul selfoon gebruik. Tik bloot “d6” in die google soekboksie en kies dan “D6 School Communicator”. Soek Hoërskool Outeniqua in die lys.

Page 27: HOËRSKOOL OUTENIQUA NUUSBRIEF 3hanteer word. Dit is egter ook so dat leerders wat verhoor word en hulle sanksies ontvang het en dit uitgevoer het, nie weer kan oortree nie. Ons versoek

BLADSY 27 KWAGGAS VIR KWALITEIT