AFRIKAANS HT COVID 19 DCAPS Y1 Me de Witt Instruksies: Probeer die instruksies op die werkkaart lees. Daarna vra jy iemand by die huis om die instruksies op die bladsy vir jou te lees. Maak seker dat jy die instruksie verstaan. Druk die werkkaart uit as jy kan of skryf jou antwoorde op papier of in jou huiswerkboek. Onthou om jou naam en van en die datum op elke los papier te skryf.
19
Embed
Roodepark School · Web viewToe dit donker word, was hy baie ver van die huis af. Dit het begin sneeu en toe kry hy nie weer die pad terug huis toe nie. Hoe meer hy soek, hoe meer
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
AFRIKAANS HT COVID 19 DCAPS Y1 Me de Witt
Instruksies:
Probeer die instruksies op die werkkaart lees. Daarna vra jy iemand by die huis om die instruksies op die bladsy vir jou te
lees. Maak seker dat jy die instruksie verstaan. Druk die werkkaart uit as jy kan of skryf jou antwoorde op papier of in jou
huiswerkboek. Onthou om jou naam en van en die datum op elke los papier te skryf.
Begripstoets
Thembi en Khensani gaan skool toe.
Thembi en Khensani is beste maats. Hulle is in Graad 4. Hulle klasonderwyseres is Juffrou Botha. Sy is ‘n lang vrou met blonde hare.
Daar is een – en – twintig kinders in Khensanie se klas. Daar is elf seuns en tien dogters. Dit is agtuur in die oggend. Die klok lui en die kinders gaan staan in ‘n ry op die blokke. Dit is baie koud vandag en almal bibber van die koue. Hulle stap stil die klas in. Die mure van die klas is blou en wit geverf. Die deur is rooi. Thembi sit langs Benjamin in die klas.
Die eerste periode is wiskunde. Almal maak somme. Thembi kan tot by honderd tel.
Sy hou van optel somme. Wiskunde is haar gunsteling vak.
Na wiskunde het die leerders kuns. Khensani is baie opgewonde, want kuns is vir haar baie lekker. Sy teken die mooiste prentjies. Haar pers potlood is vir haar baie spesiaal. Sy het hom by Bettie gekry. Sy kleur ‘n blom pers in. Themba se blom is geel net geel.
Om tienuur is dit pouse. Thembi en Khensani haal hulle kosblikke uit. Thembi het ‘n kaastoebroodjie en deel dit met Khensani. Khensani deel haar kolwyntjie met Thembi.
Die twee maats eet onder die groot boom op die koel gras.
Beantwoord die vrae:
1. Wie is Thembi se beste maatjie?
______________________________________________
2. In watter graad is hulle?
______________________________________________
3. Wie is hulle klasonderwyseres?
______________________________________________
4 Hoeveel kinders is in die klas?
_______________________________________________
5. Hoeveel seuns is in die klas?
_________________________________________________
6. Waar tree die leerders aan nadat die klok gelui het?
_________________________________________________
7. Wat is die weersomstandighede vir die dag?
_________________________________________________
8. Watter kleur is die deur geverf?
_________________________________________________
9. Hoe laat is dit pouse?
_________________________________________________
10. Wat het Khensani in haar kosblik?
_________________________________________________
Totaal : _______________
10
Leestekens
Uitroepteken !!!!
Pas op!
Foei tog!
O, maar dis pragtig!
Vraagteken ????
Wanneer verjaar jy?
Hoe laat is dit?
Waar is die winkel?
Komma ,,,
Ek hou baie van appels, pere, druiwe en piesangs
My vriend, Sarie, is vandag siek.
Punt …..
My pa het ‘n nuwe motor.
Ons is lief vir Mev. Nel.
Aanhalingstekens “ “Pieter sê: “Kom, Tim.”
“Nee, my seun, ek ken hom nie,” sê Pa.
Skryf hoofletter en leestekens waar nodig:
Pas op skreeu die man
_____________________________________________
Wil jy saam kom johan vra mnr loods
_____________________________________________
Ek sny die vleis met ‘n mens
______________________________________________
Waar was jou klaskamer verlede jaar vrae nico
______________________________________________
Waar bêre jy jou speelgoed
______________________________________________
Ek is so honger wanneer eet ons dan vra hester
______________________________________________
Eina jy byt seer
______________________________________________
Kom on gaan koop druime pruime en appels
_______________________________________________
Hoekom is jy weer laat vandag
________________________________________________
Pieter waar is jy
________________________________________________
Voornaamwoorde:
Jy ek my hy haar dit ons syne hulle julle ons s’n jou hulle s’n sy
Hulle het ‘n motor. Die motor is ……………………………….
Sy borsel ………………………….. tande.
Toe die potlood val, het Mdu ……………… opgetel.
Ons hou baie van …………………… eie huis.
Piet en Frik wou graag by …………………… vriende gaan speel.