Top Banner
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 24 JULIE 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I Lynda Greyling WIE sou kon glo dat ’n mens op ’n Maandagmiddag die Nieu-Seelandse haka op Bethlehem sou hoor? Die Nieu-Seelanders het verskillen- de hakas, maar almal van hulle het dit ten doel om teenstanders die skrik op die lyf te jaag. Nieu-Seelandse sportspanne het Bethlehem as deel van hul sporttoer besoek. ’n Skolerugby-, -netbal- en -hokkiespan van die Northcote Colle- ge in Auckland het Maandagmiddag teen die Hoërskool Witteberg se span- ne uitgedraf. Vir die Wittebergers was dit ’n goeie oefenlopie ter voorbereiding van die jaarlikse derby teen Voortrekker wat Saterdag plaasvind. ’n Rugbyspan van die Northcote College het Witteberg sowat drie jaar gelede ook besoek. Dit was alles te danke aan die skool se aardrykskun- de-onderwyser en die afrigter van Northcote se eerste rugbyspan, Char- les Wallace. Wallace is ’n oud-Witteberger. Hy het in sy gr. 11-jaar saam met sy ouers na Nieu-Seeland geëmigreer. Sy kol- legas en leerlinge weet hy is van Suid- Afrika en vir hom is niks lekkerder as om vir hulle sy grootword-dorp en -skool te wys nie. Die Nieu-Seelanders het by leerlin- ge tuisgegaan en meer van die Suid- Afrikaanse kultuur en gasvryheid leer ken – in so ’n mate dat menige ouer by wie hulle tuisgegaan het, hulle langs die sportveld ondersteun het. Die groep toer vir 18 dae. Hulle was aanvanklik in Johannesburg en het daar teen skole deelgeneem. Van Bethlehem af gaan hulle Kaap- stad toe en van daar weer terug Jo- hannesburg toe vir hul laaste wed- stryd en dan keer hulle na Nieu-See- land terug. Hiert, kyk so ’n haka! DIE rugbyspan van die Northcote College in Auckland, Nieu-Seeland, het Maandagmiddag voor sy wedstryd teen Witteberg ’n weergawe van die alombekende haka uitgevoer. Foto: Lynda Greyling Lynda Greyling BORGTOG van R1 000 elk is aan ses mans toegestaan wat ’n bietjie meer as twee jaar gelede in ’n gewapende rooftog op Bethlehem betrokke was. Dít nadat die staat sy saak teen hul- le al in Desember verlede jaar afge- sluit het. Thabo Thankiso Mokoena (29), Thabang Motaung (31), Joseph Mo- taung, Simon Mbele, Petrus Khanye en Simon Motete word daarvan aan- gekla dat hulle op 5 Maart 2010 ’n pensioenbetaalpunt, All Pay, naby die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se speurtak binnegegaan, die veilig- heidswag oorrompel en sy vuurwa- pen afgeneem het. ’n Vrou is vasge- bind en ’n ander een beveel om geld te oorhandig. ’n Personeellid in ’n ander kantoor het die polisie gebel. Daar was alte- saam ses personeellede in die gebou. ’n Skietery het ontstaan toe die rowers by die gebou uitgekom het. Motors se ruite is stukkend geskiet. Die ruite by die pensioenbetaalpunt, asook ruite in die sentrum, is raakgeskiet. Een van die rowers is skrams aan sy voorarm gewond waarna hy die sak met bykans R2,9 miljoen laat val het. Dié man en een van sy makkers is in hegtenis geneem. Die ander mans is ’n paar dae later in hegtenis geneem. Die mans het op 15 Maart 2010 die eerste keer in die hof verskyn. Op 5 Julie 2010 het hulle in die streekhof verskyn op aanklag van gewapende roof, asook die besit van ’n ongelisen- sieerde B&P aanvalsgeweer, ’n .38- rewolwer en 9 mm-pistool en ammu- nisie, en ook die roekelose ingevaar- stelling van ’n persoon of eiendom. Sedert die ses die eerste keer in die streekhof voorgekom het, is die saak om verskeie redes uitgestel. Die saak het met tye voortgegaan sodat die verdediging sy saak teen die ses mans kon afsluit. Die saak het in Maart voortgegaan waartydens die verdediging om uitstel gevra het tot 11 April. Die saak is verlede week hervat. Hiertydens het landdros B.B. Mahlat- si, volgens afdeling 49G van Wet 111/98, borgtog van R1 000 aan elk van die aangeklaagdes toegestaan. Hulle moet op 16 September vir verdere verhoor verskyn. Borgtog aan ses All Pay-rowers toegestaan
8

Maluti 24 07 2013

Mar 11, 2016

Download

Documents

Maluti News

Maluti 24 07 2013
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Maluti 24 07 2013

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 24 JULIE 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

Lynda Greyling

WIE sou kon glo dat ’n mens op ’nMaandagmiddag die Nieu-Seelandsehaka op Bethlehem sou hoor?

Die Nieu-Seelanders het verskillen-de hakas, maar almal van hulle het ditten doel om teenstanders die skrik opdie lyf te jaag.

Nieu-Seelandse sportspanne hetBethlehem as deel van hul sporttoerbesoek. ’n Skolerugby-, -netbal- en

-hokkiespan van die Northcote Colle-ge in Auckland het Maandagmiddagteen die Hoërskool Witteberg se span-ne uitgedraf.

Vir die Wittebergers was dit ’n goeieoefenlopie ter voorbereiding van diejaarlikse derby teen Voortrekker watSaterdag plaasvind.

’n Rugbyspan van die NorthcoteCollege het Witteberg sowat drie jaargelede ook besoek. Dit was alles tedanke aan die skool se aardrykskun-

de-onderwyser en die afrigter vanNorthcote se eerste rugbyspan, Char-les Wallace.

Wallace is ’n oud-Witteberger. Hyhet in sy gr. 11-jaar saam met sy ouersna Nieu-Seeland geëmigreer. Sy kol-legas en leerlinge weet hy is van Suid-Afrika en vir hom is niks lekkerder asom vir hulle sy grootword-dorp en-skool te wys nie.

Die Nieu-Seelanders het by leerlin-ge tuisgegaan en meer van die Suid-

Afrikaanse kultuur en gasvryheid leerken – in so ’n mate dat menige ouerby wie hulle tuisgegaan het, hullelangs die sportveld ondersteun het.

Die groep toer vir 18 dae. Hulle wasaanvanklik in Johannesburg en hetdaar teen skole deelgeneem.

Van Bethlehem af gaan hulle Kaap-stad toe en van daar weer terug Jo-hannesburg toe vir hul laaste wed-stryd en dan keer hulle na Nieu-See-land terug.

Hiert, kyk so ’n haka!DIE rugbyspan van dieNorthcoteCollege inAuckland,Nieu­Seeland, hetMaandagmiddag voor sywedstryd teenWitteberg ’nweergawe vandie alombekendehaka uitgevoer. Foto: Lynda Greyling

Lynda Greyling

BORGTOG van R1 000 elk is aan sesmans toegestaan wat ’n bietjie meeras twee jaar gelede in ’n gewapenderooftog op Bethlehem betrokke was.

Dít nadat die staat sy saak teen hul-le al in Desember verlede jaar afge-sluit het.

Thabo Thankiso Mokoena (29),Thabang Motaung (31), Joseph Mo-taung, Simon Mbele, Petrus Khanyeen Simon Motete word daarvan aan-gekla dat hulle op 5 Maart 2010 ’npensioenbetaalpunt, All Pay, naby dieSuid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD)se speurtak binnegegaan, die veilig-heidswag oorrompel en sy vuurwa-pen afgeneem het. ’n Vrou is vasge-bind en ’n ander een beveel om geldte oorhandig.

’n Personeellid in ’n ander kantoorhet die polisie gebel. Daar was alte-saam ses personeellede in die gebou.’n Skietery het ontstaan toe die rowersby die gebou uitgekom het. Motors seruite is stukkend geskiet. Die ruite bydie pensioenbetaalpunt, asook ruite indie sentrum, is raakgeskiet.

Een van die rowers is skrams aansy voorarm gewond waarna hy die sakmet bykans R2,9 miljoen laat val het.Dié man en een van sy makkers is inhegtenis geneem. Die ander mans is’n paar dae later in hegtenis geneem.

Die mans het op 15 Maart 2010 dieeerste keer in die hof verskyn. Op 5Julie 2010 het hulle in die streekhofverskyn op aanklag van gewapenderoof, asook die besit van ’n ongelisen-sieerde B&P aanvalsgeweer, ’n .38-rewolwer en 9 mm-pistool en ammu-nisie, en ook die roekelose ingevaar-stelling van ’n persoon of eiendom.

Sedert die ses die eerste keer in diestreekhof voorgekom het, is die saakom verskeie redes uitgestel.

Die saak het met tye voortgegaansodat die verdediging sy saak teen dieses mans kon afsluit. Die saak het inMaart voortgegaan waartydens dieverdediging om uitstel gevra het tot 11April. Die saak is verlede week hervat.Hiertydens het landdros B.B. Mahlat-si, volgens afdeling 49G van Wet111/98, borgtog van R1 000 aan elkvan die aangeklaagdes toegestaan.

Hulle moet op 16 September virverdere verhoor verskyn.

Borgtog aan sesAll Pay-rowerstoegestaan

Page 2: Maluti 24 07 2013

2 MALUTI, WOENSDAG 24 JULIE 2013

25 Julie: Sektor 10 en sektor 11 se sektorpoli-siëringsvergadering in die Sederhofgebou om17:00.31 Julie: PwC en die Masechaba-stigting se

groenteprojek in samewerking met die AHIBethlehem bied om 08:00 vir 08:30 ’n sakeont-byt in The Loft aan.Die tema is Integrasie vantegnologie in die plattelandse ekonomie, asookdie opheffing van ’n gemeenskap.Navrae: AltaHerbst, 058-303-2398, e-pos: [email protected] Augustus: Bethlehem-lugskou . Bel De-

rek O’Connor by 083-629-5242 vir inligting.3 Augustus: Martelle’s-gastehuis (Oxford-

straat 38) bied van 10:00 tot 15:00 ’n tuismarkin sy tuin aan. ’n Groot verskeidenheid stalle-tjies en produkte word verwag.

DIE Flinkdink-studiesentrum se gebou is nienet opgeknap nie, maar spog ook met nuwetoerusting. Dit alles danksy die Bethlehem-Rotariërs.

Die sentrum, onder die beskerming vanBets du Toit en bestuur deur Nancy Breyten-bach, bied aan kinders ’n veilige hawe waarhulle elke middag onder toesig van ChantelleDames hul huiswerk kan doen. Die belangrik-ste van alles is dat die kinders elke middag’n gekookte ete kry – dikwels die enigste koswat hulle daagliks kry.

Die kos word deur die Bethlehem-voedings-projek verskaf en deur Christina Mkhosanavoorberei.

Twee Rotariërs, Pieter Coetzee en Carel deBruin, het ’n behoeftelys saamgestel, waarnalede hul moue opgerol en met ywer die her-stelwerk gedoen het.

Plaveisel is tussen die geboue aangebringen die badkamers is netjies gemaak. Die kom-buis en studeervertrek het die grootste veran-dering ondergaan.

Die ou nywerheidstoof wat verskriklik baiekrag gebruik het, is met ’n groot gasstoof ver-vang. Dit danksy ’n skenking van drs. BruceStaples en Juan McAlpine.

Daar is ’n mikrogolfoond, 10F-kookpot (urn)en geiser.

Waar kinders eers hul maaltyd in die stu-deervertrek genuttig het, is die kombuis nouas eetplek ingerig.

Hendrik Hattingh het die elektriese bedra-ding nagegaan en herstel. Chris Cronjé het’n yskas geskenk, terwyl Tess en HannesHeymans nuwe gordyne verskaf het.

André Pieterse het ’n televisie en LeonRoos ’n televisiekas verskaf.

Die amptelike opening van die nuwe gebouis Donderdag op Mandeladag met pizzas ge-vier.

Die Rotariërs en kinders het saamgekuier,grappies gemaak waarna weer met erns huis-werk gedoen is.

Rotariërsknapsentrum op

DIE lede van die Bethlehem­Rotaryklub het die Flinkdink­studiesentrum opgeknap en verskeie nuwe toerusting aangekoop. Die amptelike openingvan die gebou is op Mandeladag gevier. Van links is dr. Juan McAlpine, Brian Jardine, drs. Herman van Schalkwyk, Bruce Staples, Bets duToit (beskermvrou: Flinkdink), Hannes Heymans, Chantelle Dames (toesig), Pieter Meyer, Nancy Breytenbach (bestuurder), Willie Pretorius enHerman Wessels.

VAN die Flinkdink­studiesentrum se meisieswat in die middagsonnetjie hul middagete nut­tig, is van links Chaney Viljoen, Christina Eloffen Cindy Kruger.

Page 3: Maluti 24 07 2013

MALUTI, WOENSDAG 24 JULIE 2013 3

’n MALUTI-LESER staan diekans om ’n prys tewen!Maluti hetnou sy eie mobi site. Nou kanenigiemandMaluti aanlyn met syselfoon besoek.

’n Gelukkige leser kan tweenagte severblyf enontbyt vir tweemense en twee kinders jonger as12 jaar in die Protea-hotel op Cla-rens wen. Die prys is geldig tot 31Desember. Om dit te doen moetjy jou deur Maluti se mobi site in-skryf. As jy nog nie op www.malu-tinews.co.za of Maluti se mobi,maluti.mobi site, geregistreer isnie, moet jy jou eers registreer.Volg die stappevan registrasie envul die bevestigingskode in watna jou selfoonnommer gestuurword. Meld jou dan aan. Kliek opdie kompetisielynwat op diemobisite verskyn. Antwoord die kom-petisievraag.

Kliek op “skryf in”.Jou inskrywing vir die kompeti-

sie is gedoen.Die kompetisie sluitMaandag om 09:00.

Wen prys

“EK het nie woorde nie . . . dis so sad . . .” hetJoggie Prinsloo, bekende vlieginstrukteur, aanMaluti gesê nadat een van die vlieëniers wathy opgelei het en wat self al ’n vlieginstrukteurwas, Donderdagoggend in ’n vliegongelukdood is.

Odette Prinsloo (24) en Juan Claassen (19)is dood nadat die Cirrus SR22-viersitplekvlieg-tuig neergestort het kort nadat dit op die Lanse-ria-lughawe opgestyg en probeer terugdraaihet in ’n oop stuk veld sowat 3 km noord vandie lughawe naby die Jukskeirivier. Die tuig hetin stukke gebreek.

’nMeganiese fout met die enjin wasmoontlikdie oorsaak van die vliegongeluk en word deurdie Burgerlike Lugvaart ondersoek.

Vir Joggie Prinsloo, wat nie familie vanOdet-te is nie, was Odette soos sy kind.

“Ek het al vir ’n hele paar pa's en kinders op-leiding gegee. Odette het in haar pa, Marius,se voetspore gevolg en op 17 jaar haar vliegli-sensie gekry.

Sy was die eerste vroulike student wat haaras handelsvlieënier gekwalifiseer het.

Odette het reeds haar teoretiese eksamensgeslaag om ’n senior handelsvluglisensie tekan kry. Daarvoor benodig ’n vlieënier sowat

1 500 vlieguur.“Maar sy het reeds meer gehad,” het Joggie

gesê.Odette was tot onlangs lid van die Bethle-

hem-vliegklub.“Sy was ’n besonderse mens en goeie, ver-

antwoordelike vlieënier,” sê dr. Clem Harring-ton, voorsitter van die Bethlehem-lugskouko-mitee.

Sy het net ’n paar maande gelede na Johan-nesburg verhuis waar sy ’n instrukteur was.

Sy was net ’n paar uur lank op Bethlehemomdat sy vir ’n student nagvlugopleiding gegeehet. Sy het by haar ma, Maryn, en ouma Klein-tjie gekuier en hulle het haar nog by die lugha-we gegroet. Joggie sê sy het haar ouma ’n paarkeer styf vasgedruk.

Odette het op die plaas Camorhi, deesdaebekend as Lionsrock, grootgeword waar ondermeer met wit leeus geteel is. Sy het in 2006aan die Hoërskool Voortrekker gematrikuleer.

’n Gedenkdiens word Saterdag om 12:00 bydie Bethlehem-lughawe gehou. Die diens saldeur Kobus Sevenster van die Jehova-kerk ge-lei word. Odette word oorleef deur haar pa, Ma-rius, vanHoopstad,ma,Maryn, van Bethlehemen jonger suster, Chantelle.

Bhm treur oor Odette

ODETTE PRINSLOO

TWEE brandweermanne, S.D. Maha-motsa en N.C. Otto, van die Dihla-beng-munisipaliteit is vir uitputting be-handel nadat hulle en mede-brand-weermanne ’n brand by ’n stoorplekmet huishoudelike ware wat kon ont-plof, probeer blus het.

Volgens sers. Mmako Mopiring,woordvoerder van die polisie, het diebrand vroeg Donderdagoggend in ’nstoor met huishoudelike toebehoresoos yskaste, stowe, beddens, enso-meer, van ’n bekende elektriese han-delaar op die dorp ontstaan.

Weens die gas wat in yskaste voor-kom, was dit uiters gevaarlik. Om ’n

ontploffing te voorkom moes die vuurso gou moontlik geblus word. Al dietoerusting is uitgehaal om seker temaak die brand is heeltemal geblus.

Karien Collett, woordvoerder vandie Mediclinic Hoogland, het bevestigdat ’n brandweerman Donderdagog-gend by ongevalle behandel is. Eenvan die mans is opgeneem vir obser-vasie en is Vrydagoggend ontslaan.Toerusting van derduisende rande isin die brand verwoes.

’nWerknemer vandie onderneminghet aanMalutigesêdie skade is sowatR2 miljoen. Die polisie stel ondersoekna die oorsaak van die brand in.

Brand rig R2 miljoen se skade aan

UITGEBRANDE yskaste, stowe en matrasse lê op die sypaadjie en langs die stoor wat in ’n brand verwoes is.

Page 4: Maluti 24 07 2013

4 MALUTI, WOENSDAG 24 JULIE 2013

GLORIA TSBABALA was die eersteom die bingo te wen tydens die Fron­tier Inn & Casino se Mandeladag­projek by die Sonskyn­dienssen­trum.

AS deel van die Mandeladagviering het dieleerlinge van dieMaluti­Hooglandskool ’n nuweliedjie geleer. Matthew Cherry, hoofseun, watbekend is vir sy pragtige stem, het gesing.

67 minute vir Madiba

THERESA VILJOEN (middel) van die Sonskyn­dienssentrum was een vandie bingo­wenners op dieMandeladagvieringwat deur die Frontier Inn&Casi­no se personeel aangebied is. Van links is Bianca van Schalkwyk (Fron­tierInn), Viljoen en Jolandi van den Heever (Frontier Inn).’n FOTO van Nelson Mandela is Donderdagoggend op sy 95ste verjaardag in die Dihlabeng Mall uitgestal waar

Oos­Vrystaters blommekonneersit. Kinders het ook verjaardagkaartjies daar neergesit. Van links is LinaMakhalanya,Jakkie Maritz (pastoor), Dicky Maritz en Lizelle Louw (Dihlabeng Mall).

BAKENPARK se bejaardes het ook die Mandeladag­viering wat deur dieFrontier Inn &Casino by die Sonskyn­dienssentrum gehou is, bygewoon. Hul­le is onder meer met sop en toebroodjies bederf. Van links is, voor: CatharinaNkomo, LenaMaartin en Caroline Anderson; agter: Yvonne Afrika (voorsitter)en Marieta Thiele (bestuurder: Sonskyn­dienssentrum).

SPANNE vanWorking on Fire en 2Veldgenieregiment het selfs die sypaadjieom die Tsepong ya Rona­skuiling skoongemaak.

LEDE van 2 Veldgenieregiment het die Vereniging van Kinder­ en Gesinsorgse skuiling, die Tsepong Ya Rona­skuiling, op Mandeladag besoek om hulgemeenskapswerk van 67 minute te doen. Hulle het in groepe verdeel. Som­mige lede het ’n paadjie tussen die groentetonnels gepak, ander het die ter­rein netjies gemaak en nog ander het kos gemaak. Hier pak lede ’n paadjie.

’n PAAR bejaarde vroue van die Phaphanang Luncheon Club in Bohlokong,wat deel is van Vrystaat­versorging in Aksie (VVA), het hul tradisionele Sotho­drag gedra vir die Mandeladag­viering wat by die Sonskyn­dienssentrum ge­hou is. Die personeel van die Frontier Inn en ­casino het vir elke bejaarde’n pakkie lekkers gegee. Van links is Paulina Metwa (versorger), Sanna Pha­kathi, Alina Setamiri en Lucy Mofokeng (versorger).

PERSONEEL van korrektiewe dien­ste opBethlehemhetMandeladag bydie Bohlokong­hospice gevier. Hullehet gereeld die hospice besoek entoe gereeld braaigesellighede gehouen met die wins hout gekoop. Eenvan die personeellede het toe rakkevir die spens gemaak wat opMandeladag oorhandig is. Daarbyhet Spartan Spar ’n koek geskenk enkon Mandela se verjaardag gevierword. Hier is Marietjie Viviers, hoofvan korrektiewe dienste op Bethle­hem.

Page 5: Maluti 24 07 2013

MALUTI, WOENSDAG 24 JULIE 2013 5

JULIA KARSTEN het haar ma, Bertha, op Mandeladag met strykwerk gehelp. Julia is ’n leerlingaan die Pre­primêre Skool Tingeling.

THE 67 Minutes Project as part of the MandelaDay celebrations was done differently at theBethlehem branch of the South African Natio-nal Blood Service (SANBS) on 18 July.Staff shared six to seven minutes in silence,

thinking and praying for people in need,Madibaand celebrating the lives that were saved by do-nors through blood donation. After that Happybirthday was sung in English and Sesotho for

Madiba and everyone enjoyed a cupcake te ce-lebrate his birthday.A special part of the day was when people

stood up for the cause of saving lives throughblood donation and took part in this special ce-lebration. Individuals and groups, like Eskomand the municipality’s Finance Department, vi-sited and contributed 67 minutes by donatingblood. The SANBS got 35 units on this day.

Lives saved through 67 minutes

NOT only did the staff of the South African National Blood Service (SANBS) celebrate, but donorsalso had a moment of 67 minutes on Madiba’s birthday. Eskom staff decided to dedicate theirminutes to patients in need of blood. From the left are, front: Sumari van Tonder, Rudi Mostertand Ilana van den Heever; middle: David Helfrich and Chris Kemp; back: Erik Britz, Chris vander Merwe and Schoeman Blignaut.

THE Bethlehem staffof the South AfricanNational Blood Servi­ce enjoyed a cupcakeas a small gesture ofcelebration andthanksgiving on Man­dela Day. Here areEdith Miya (left) andAlta Xaba enjoyingtheir moment ofsweetness.

JALIZE UYS­PIETERS het die babahondjies op Mandeladag gevoer. Sy is ’n leerling aan diePre­primêre Skool Tingeling.

MIGNON THOMAS het as deel van Mandela­dag ou klere aan die Japsnoet­versorgingsoordgeskenk. By haar is Annemie Bosman (hoof).

JURIENEL van die Pre­primêreSkool Tingelinghet dié hanslam kos gegee as deel van sy 67minute op Mandeladag.

COMMUNITYmembers, aswell as councillors from theDihlabengMunicipality, attended a specialprayer meeting for Nelson Mandela in the new community hall in Bohlokong on Friday.

RAADSLEDE van Dihlabeng het Vrydagoggend oorpakke aangetrek, die moue opgerol en ge­meenskapslede in hul onderskeie wyke gehelp om hul woonbuurte netjies te maak. Ná die skoon­maak­aksie het elkeen wat ’n bydrae gelewer het, ’n ete ontvang. Hier is van die raadslede saammet Thabiso Tsoaeli (middel, voor), die munisipale bestuurder.

Page 6: Maluti 24 07 2013

6 MALUTI, WOENSDAG 24 JULIE 2013

DIE afgelope drie jaar het die Vereniging virKinder- en Gesinsorg op Bethlehem 64 straat-kinders met hul families herenig.

Die kinders het by die Tsepong Ya Rona-skuiling tuisgegaan en het ook skoolgegaan.

Tans is daar 12 straatkinders wat by die skui-ling bly en ook skoolgaan.

Uitreikwerk word deur Ester Mokoena, ’nmaatskaplike werker, onder straatkinders ge-doen wat nie by die skuiling is nie. Tans is daaragt straatkinders. Hoewel die kinders nie in dieskuiling bly nie, kom maak hulle van die badka-mergeriewe gebruik.

Deon Erwee, hoof van die Vereniging vir Kin-der- en Gesinsorg, sê ’n 11-jarige straatkind hetpas besluit om in die skuiling te kom bly en bydie skoolprogram ingesluit te word.

Families herenig

A PRIVATE firm has been appointed to manage,upgrade and materially improve the electricaldistribution network in the Maluti-a-Phofung mu-nicipal area.

The firm, Rural Maintenance, will commencewith the expansion of the electrical service deli-very by 1 September. The continuity of supplythrough proper system upgrades and mainte-nance will be ensured, as well as the eliminationof the threat of Eskom disconnections due tonon-payment. The aim is to increase service de-livery and the continuity of supply without the lossof jobs, whilst still maintaining affordable tariffs.

Rural Maintenance has been successfully ma-naging, upgrading, improving and operating theelectrical networks of the Mafube Municipalitysince 2011 in the towns of Villiers, Frankfort,Tweeling and Cornelia, consisting of 12 000electricity users with the material growth in thecustomer numbers imminent.

Eskom’s senior advisor of key sales and cus-tomer service, Edgar Louw, is of the opinion thatmany improvements have been made by RuralMaintenance over the past year.

To create awareness, about 30 vehicles of Ru-ral Maintenance drove through Harrismith andQwaqwa on Saturday.

Power networkimproved

VEILINGS

Page 7: Maluti 24 07 2013

MALUTI, WOENSDAG 24 JULIE 2013 7

NÁ die o.19-VKB-rugbyweekwat op Reitz beslis is, is diespelers bekend gemaakwat indie September-vakansie ’ntoer na Frankryk onderneemwaar hulle wedstryde sal

speel.Die spelers is: Ryan Sim

(Suid-Natal), Willy Tarpley(Luiperds), Steven Brown(Noord-Natal), JP Pienaar(Valke), Pierre Buitendach

(Valke), Gideon Fourie (Val-ke), Christo Laubscher (Lui-perds), De Wet Dirksen (Suid-Natal), Louis van Zyl (Valke)en Nakkie Naudé (OVK-Suid-Vrystaat).

Dié spelers deel van toerspan na Frankryk

DIE 16de VKB-rugbyweek virhoërskole is in die eersteweek van die skoolvakansiedeur die Hoërskool Reitz opReitz aangebied.De Wet Dirksen van Suid-

Natal het die trofee vir die bes-te voorspeler ontvang, terwylArnold Kruger, ook van Suid-Natal, as die beste agterspe-ler aangewys is.Die Valke het die trofee ont-

vang vir die wenspan, terwylSuid-Natal as die spanaange-wys is wat die aanskouliksterugby speel. Die voortreflikstespan was Sandveld.Die uitslae lyk soos volg:

(Maandag)Sandveld wen Cobras met

26-7Speler van die wedstryd:

Siegie van Wyk (Sandveld)Luiperds wen Lynx-Noord

met 17-10Speler van die wedstryd:

Christo Laubscher (Luiperds)Valke wen Colts met 48-3Speler van die wedstryd:

Sharl Koen (Valke)Suid-Natal wen Vrystaat-

Kiewiete met 35-32Speler van die wedstryd:

De Wet Dirkson (Suid-Natal)

OVK-Suid-Vrystaat wenNoord-Natal met 57-17Speler van die wedstryd:

Nakkie Naude (OVK-Suid-Vrystaat)Lynx-Noord wen Oos-Vry-

staat met 26-24Speler van die wedstryd:

Thinus Schoeman (Oos-Vry-staat)Dinsdag:Cobras wen Colts met 22-

16Speler van die wedstryd:

Bobby Minnie (Colts)Noord-Natal wen Oos-Vry-

staat met 24-3Speler van die wedstryd:

Nkosenhle Kwutswayo(Noord-Natal)Vrystaat-Kiewiete wen

Lynx-Suid met 23-10Speler van die wedstryd:

Janus Stander (Vrystaat-Kie-wiete)Lynx-Noord wen Sandveld

met 37-24Speler van die wedstryd:

Michael Chumbaria (Lynx-Noord)Luiperds wen OVK-Suid-

Vrystaat met 17-12Speler van die wedstryd:

Hendri Roodt (OVK-Suid-Vry-

staat)Valke wen Suid-Natal met

19-16Speler van die wedstryd:

Arnoldt Kruger (Suid-Natal)Donderdag:Oos-Vrystaat wen Colts

met 51-12Speler van diewedstryd: JP

Burger (Oos-Vrystaat)Noord-Natal wen Cobras

met 52-12Speler van die wedstryd:

Lerato Khytswayo (Noord-Natal)Vrystaat-Kiewiete wen

Sandveld met 35-10Speler van die wedstryd:

Khosi Molapo (Vrystaat-Kie-wiete)Suid-Natal wen Lynx-Suid

met 64-24Speler van die wedstryd:

Jacques Petzer Moore (Suid-Natal)OVK-Suid-Vrystaat wen

Lynx-Noord met 36-27Speler van die wedstryd:

Tumi Slabbert (OVK-Suid-Vrystaat)Valke wen Luiperdsmet 39-

17Speler van die wedstryd:

Louis van Zyl (Valke)

VKB-week se sterre

WITH the eisteddfod justaround the corner and theexcitement building, the ei-steddfod committee wouldlike to introduce its last adju-dicator for arts and photo-graphy: Elizabeth Tweedie.Elizabeth studied Com-

mercial Art at the Johannes-burg Technicon. She alsocompleted her PrimarySchool Diploma in Durban.Her life took an interestingturn after she studied flowerarranging.She was commissioned

to a one-year contract withYour Family for doing step-by-step flower arranging.Togetherwith a friend, Eli-

zabeth started a flower ar-ranging business called Flo-wers for Functions. They doarrangements mainly forweddings.She enjoys it tremen-

dously to work with flowerson a permanent basis and isgrateful that her life turnedinto this direction.Elizabeth loves painting

and sees herself as an artist

of primarily oil painting.A student’s creativity is

most important and the em-phasis should be on their ini-tiative.The eisteddfod received a

feast of 240 art and photo-graphy entries this year andlook forward to the exhibiti-on at the Ou Huis, Harri-smith Primary School. It willbe open to the public fromMonday, 12 August, untilWednesday, 14 August. Allartwork should be submittedto Vicky Trezona (art andphotography convenor) atTransformations by 1 Au-gust.Visit the Harrismith ei-

steddfod website for infor-mation on all the other adju-dicators, as well as the pro-gramme for the week:www.harrismitheistedd-fod.co.za.

Arranging flowers a big love

ELIZABETH TWEEDIE

ALTESAAM ses weke ná diegeskiedkundige samevoe-ging van Afgri en Senwes sekleinhandelsbesighede is dienaam en handelsmerk vandie maatskappy ook nouamptelik gefinaliseer. Dit salvoortaan bekend staan asHinterland en verwys na diesoliede en gevestigde han-delsreus wat in die binnelandvanaf ’n nuwe platform insetteen dienste aan die landbou-sektor sal voorsien.Hinterland sal via die Afgri

Town- en Country- en Sen-wes-Village-takke steedslandbouprodusente en anderklante deur die goed geves-tigde infrastruktuur, direktebemarkers, kundigheid opverskeie vlakke, asook toe-gang tot ’n omvattendereeks produkte en dienste,bedien.Die nuwe handelsnaam

wat vir klante die gerusstel-ling sal gee van ’n gevestigde,geloofwaardige vennoot virdie boer en landbousektorbinne reikafstand, sal voort-bou op die eeue oue reputa-sie van sy twee aandeelhou-ers, Afgri en Senwes.

“Ek en my personeel is be-sonder opgewonde om hier-die besigheid in die binnelandsuksesvol te posisioneer.“Die samesmelting word

baie positief ervaar by al onsbelanghebbendes. Ons doel-wit is om ons gewaardeerde

klante saam met ons trots temaak op hierdie mylpaal watin landbou behaal is, en sal ditmettertyd gestalte vind in onswaardeproposisie aan onsklantebasis,” het Frans duPlessis, besturende direk-teur, gesê.

Nuwe handelsnaam bekend

FRANS DU PLESSIS, besturende direkteur van Hinterland,’n nuwe landbou­insette­en­dienste­ondernemingwaarin Af­gri en Senwes ’n gelyke belang het.

HUNTER HETWEGGERAAK IN DIEOMGEWING VANSPARTAN SPAR.

AS U HOM SIEN, SALU ASSEBLIEF DIE

VOLGENDE NOMMERSKAKEL. BAIE DANKIE

ELIZE 072 606 4839

BELONING.

DR KAMALI INTERNA-TIONAL HERBALISTThe powerful and strongestdoctor who never fails tosolve problems. Brings backlost lover in hours time nomatter how far the personis. She/he comes back toapologise the same day.Sexual problems usingpowder to love you morethan before and listen toyou, whatever you say. Toclear your account and allfinancial problems, throughyour spirit, fix brokenfamily issues, boostbusiness, win lotto, casinoand any gambling, evenhorses. See your enemythrough water, remove yourenemies and see sometremedous results. Call076°200°4578.

DR KIMPowerful Psychic Healer100% Herbal Master

(Never fails). Bring back lost lover. Penis enlargement

. Marriage and divorce. Win court case

. Lotto and casino (Tabish). Financial problems. Unfinished job

100% guaranteedCall Kim on079°312°5999.

Vrugtebome: Perskes,appelkose, pruime,

amandels, granate, kwepers.R30 stuk. Clarens-omgewing.

Plant nou. Florette083 320 5077.

Almal Se Winkel: Onskoop enige antieke en gewo-ne meubels aan. Skakel ge-

rus vir pryse. Johan082 312 0855.

SANDSTONE: Blocks,bricks, cladding, rivens,tiles, etc.Tel. 058 303 4840.12 Archbell Street, Bethle-

hem.

TAFELDOEKEKandelareEetgereiPeto OdendaalLombardstr. 7. 058 303 2392.

NEED A LOAN?071°446°7284

FOR SALE: STAND at Ro-sendal. 2 793 sq m. R450 000.Phone 072 552 2061 Charles.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Page 8: Maluti 24 07 2013

8 MALUTI, WOENSDAG 24 JULIE 2013

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

STERK kompetisie het Saterdag tussen veld-motorfietsryers wat aan die Vrystaat-veldren-klub se veldren op die Lukisabaan buite Bethle-hem deelgeneem het, geheers.

Altesaam 69 ryers het deelgeneem om ’nplek in die Vrystaatspan wat op 9 en 10 Sep-tember aan die Noord-Suid-veldren in Bloem-fontein gaan deelneem.

’n Hele paar Bethlehemiete is ná die ren virdie Vrystaatspan gekies. Hulle is Johan Smith(65cc), AJ Visagie (85cc), Jan-Willem Schee-

pers en James van Sandwyk (pro-mini), Anto-nia Marante (hoërskool-klas), Johan Vogele-sang (junior, MX2) en Jean-Pierre Pietersen(MX1).

Altesaam 240 van die topryers in die land salaan die Noord-Suid-veldren deelneem. Elkeensal die geleentheid kry om op die oggend van9 September te oefen en te kwalifiseer. Diemiddag sal deelnemers die eerste ronde pak.

Op 10September sal hulle aan nog twee ron-des deelneem.

Ry ’n plek in VS-span losDIE Vrystaat­veldrenklub se veldren is Saterdag op die Lukisabaan naby Bethlehem gehou. Hier is van die motorfietsryers net nadat hulle met hul rondte begin het.

EEN van die deelnemers aan die Vrystaat­veldrenklub se veldren op die Lukisabaan in aksie.Foto: Lynda Greyling