Reginald Witbooi ’n BOER van die Harrismith-distrik is in die hospi- taal nadat ’n verwoestende weghol-veldbrand die naweek erge skade aan sy plaas aangerig en ’n boom hom skrams getref het. Die brand het Saterdag op ’n buurplaas van Wayne Casey op Platberg uitgebreek en het teen die etensuur na ander plase versprei. “Dit was verskriklik. Die hele berg het gebrand. Ons kon nie al die vee red nie,” sê Casey, eienaar van Nelson’s Hoek. ’n Boom het Casey se rug skrams getref toe hy besig was om twee waterkarre saam met sy trekker te skuif. Hy het ’n werwel in sy rug beseer en sterk in die Mediclinic Hoogland aan. Daar is uiteindelik tot middernag gespook om die vlamme in bedwang te bring. Casey se plaas het die ergste deurgeloop. So- wat 240 skape, 8 beeste en 10 kalwers van Cas- ey het doodgebrand. Van sy vee wat gered is, is na ander plase geskuif en sowat 2 000 hektaar is verwoes. Hul huis het ook byna in die slag gebly, maar Casey sê danksy sy vrou wat vinnig ingegryp het, is die huis gered. Hy is vies vir die mense by wie die brand ont- staan het. “Ek voel alles was onnodig. Die mense by wie die brand begin het, het nie die nodige stappe gedoen om die vuur te keer en te verhinder dat die brand weer uitbreek nie,” sê Casey. Dit is die eerste keer dat Casey so erg deur ’n brand geraak is en hy soveel vee verloor het. “Ons is dankbaar vir die bure wat ons deur dié tyd dra. Vir ons Hemelse Vader wil ek dankie sê dat niemand ernstig beseer is nie.” Casey sê hy vertrou die Liewe Heer vir goeie reën om verligting te bring. Volgens die jongste statistieke het 300 000 ha weiding reeds vanjaar in die Vrystaat afgebrand. ) ’n Boer van nog ’n plaas, Jacques van Nie- kerk, sê hy is op soek na vee van hom wat gedu- rende die brand vermis geraak het. “Ons kan geen karkasse kry nie, omdat die berg onbegaanbaar is,” sê Van Niekerk. Die omvang van die skade op ander plase moet nog bepaal word. TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 16 OKTOBER 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I DIE Oos-Vrystaat op sy mooiste! ’n Silhoeët van die sandsteenberg weerspieël in die dam by Kiara Lodge, naby Golden Gate. Foto: Cené van der Walt Marguerite Vermeulen DIE man wat eergister op Bethlehem doodgery is, was vroeër dieselfde dag ontevrede oor taxi’s wat voor sy onderneming parkeer. Rudi Wolmarans (58), eienaar van die motor- fietswinkel Fun Machines, het aan sy beserings beswyk. Volgens omstanders het hy uit sy mo- tor gestruikel toe ’n voertuig hom getref het. Sy vrou, Elna, wat by die Mediclinic Hoog- land werk, het Maluti gisteroggend gebel. Sy het gepraat oor die taxi’s wat voor haar man se winkel parkeer. Dit het glo ’n gesondheidsri- siko ingehou omdat hulle vullis op die sypaad- jies gelos het. Enkele ure later, omstreeks 14:30, het die noodlottige ongeluk gebeur. Die egpaar het twee seuns. Die polisiewoordvoerder sers. Majang Skal- kie, het gesê die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag. Man doodgery Asemrowende natuurskoon Veldbrand verwoes
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Reginald Witbooi
’nBOERvandieHarrismith-distrik is in diehospi-taal nadat ’n verwoestende weghol-veldbranddie naweek erge skade aan sy plaas aangerigen ’n boom hom skrams getref het.Die brand het Saterdag op ’n buurplaas van
Wayne Casey op Platberg uitgebreek en hetteen die etensuur na ander plase versprei.“Ditwasverskriklik.Dieheleberghet gebrand.
Onskonnieal die vee rednie,” sêCasey, eienaarvan Nelson’s Hoek.’n Boom het Casey se rug skrams getref toe
hy besig was om twee waterkarre saam met sytrekker te skuif. Hy het ’n werwel in sy rug beseeren sterk in die Mediclinic Hoogland aan.
Daar is uiteindelik tot middernag gespook omdie vlamme in bedwang te bring.Casey se plaas het die ergste deurgeloop. So-
wat 240 skape, 8 beeste en 10 kalwers vanCas-ey het doodgebrand. Van sy vee wat gered is,is naander plasegeskuif en sowat 2 000hektaaris verwoes.Hul huis het ook byna in die slag gebly, maar
Casey sê danksy sy vrou wat vinnig ingegryphet, is die huis gered.Hy is vies vir die mense by wie die brand ont-
staan het.“Ek voel alles was onnodig. Die mense by wie
die brand begin het, het nie die nodige stappegedoen om die vuur te keer en te verhinder datdie brand weer uitbreek nie,” sê Casey.
Dit is die eerste keer dat Casey so erg deur’n brand geraak is en hy soveel vee verloor het.“Ons is dankbaar vir die bure wat ons deur dié
tyd dra. Vir ons Hemelse Vader wil ek dankie sêdat niemand ernstig beseer is nie.”Casey sê hy vertrou die Liewe Heer vir goeie
reën om verligting te bring.Volgens die jongste statistieke het 300 000 ha
weiding reeds vanjaar in die Vrystaat afgebrand.) ’n Boer van nog ’n plaas, Jacques van Nie-kerk, sê hy is op soek na vee van homwat gedu-rende die brand vermis geraak het.“Ons kan geen karkasse kry nie, omdat die
berg onbegaanbaar is,” sê Van Niekerk.Die omvang van die skade op ander plase
DIE OosVrystaat op sy mooiste! ’n Silhoeët van die sandsteenberg weerspieël in die dam by Kiara Lodge,naby Golden Gate. Foto: Cené van der Walt
Marguerite Vermeulen
DIEman wat eergister op Bethlehem doodgeryis, was vroeër dieselfde dag ontevrede oortaxi’s wat voor sy onderneming parkeer.RudiWolmarans (58), eienaar van diemotor-
fietswinkel FunMachines, het aan sy beseringsbeswyk. Volgens omstanders het hy uit sy mo-tor gestruikel toe ’n voertuig hom getref het.Sy vrou, Elna, wat by die Mediclinic Hoog-
land werk, het Maluti gisteroggend gebel. Syhet gepraat oor die taxi’s wat voor haar manse winkel parkeer. Dit het glo ’n gesondheidsri-siko ingehou omdat hulle vullis op die sypaad-jies gelos het. Enkele ure later, omstreeks14:30, het die noodlottige ongeluk gebeur.Die egpaar het twee seuns.Die polisiewoordvoerder sers. Majang Skal-
kie, het gesê die polisie ondersoek ’n saak vanstrafbare manslag.
Man doodgery
Asemrowende natuurskoon
Veldbrand verwoes
2 MALUTI, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013
DIE Southern African Associationfor Pastoral Work (SAAP) hou op25 en 26 Oktober sy jaarlikse kon-ferensie in Bloemfontein.
Die oorhoofse tema is Livingwith trauma en word deur tweesprekers aangebied met die vol-gende onderwerpe: How livingwith trauma affects your body andmind – implications for trauma de-briefing en Communities facingtrauma – the need to emphasizea shift from an individual to a com-munity pastoral care paradigm.
Op die Saterdag word drie werk-sessies aangebied om verskillen-de vaardighede vir berading nátrauma te bespreek. Die fasiliteer-ders kom van die departementpraktiese teologie aan die Univer-siteit van die Vrystaat (UV) en diepolisie. Belangstellendes of be-trokkenes by pastorale versorgingof berading is welkom. Vir meer in-ligting kontak Marieke by 082-600-6578 of [email protected]. Be-sonderhede is ook op die SAAP-webblad by www.saap.za.net.
Trauma in kollig opSAAP-konferensie
Marguerite Vermeulen
DIE Maluti-Hoogland-skool op Bethle-hem het Vrydagaand sy 15de Skaap-kopfees aangebied.
Sowat 330 mense het die geleent-heid bygewoon waarvoor sowat 200heel skaapkoppe gebak is.
Gaste wat nie kans gesien het vir dieoog en harsings wat nog uit die kop-been loer nie, het aan ’n afvalkerriepot-jie gesmul.
Vir die gades van die brawes wasdaar ook ’n gewone skaapvleispotjie.
Die dekor en tradisionele bykosse hetbygedra tot die sukses van die aand.
Vetkoeke en soetbolletjiebrood metkonfyt het menige mond laat water enalmal het uit blikborde geëet.
Etekaartjies is vir die verskillendekos-opsies verkoop. Dit is jaarliks alvroeg uitverkoop.
Die It takes four-groep het ook opge-tree. Die sanger, GP van Rheede van
Oudtshoorn, die pianis Louis Drum-mond van Rensburg, die baskitaarspe-ler Charlie O. Johnstone en die trom-speler André Steenkamp het ou gunste-linge gespeel.
Dit was egter nie net Bethlehemietewat die aand bygewoon het nie, gastehet van Gauteng en ander Oos-Vry-staatse dorpe en Bloemfontein gekomom saam te kuier..) Sien nog foto’s en kyk ’n video opwww.maluti.com.
Skaapkopete ’n feesmaalPIET SMIT het heel skaapkoppe vir sy gaste op die fees ingeskep. Foto: Marguerite Vermeulen
’n STOM jong man wat verlede Sondag vermisgeraak het, is steeds soek.
Ntuthuzelo Montshana (21) is op Saterdag5 Oktober die laaste keer op ’n saamtrek vandie Tyrannus- Apostoliese Kerk in Wolhuters-kop gesien.
Die man is gestremd en kan nie praat nie.Hy het daardie dag ’n bruin broek, wit frokkie
met ’n mosterdkleurige hemp bo-oor aange-had. Hy dra ook ’n blou Tyrannus-armband.
Enigeen wat meer inligting het, kan ao. Ed-ward Faba by 083-776-4307 bel.
Vermiste stom man soek
aucor.com
property|
wheels
|m
ovablesaucor.com
BANKVOERTUIG-&TROKVEILING
Voertuie&SNVs- 2013 MG 6 1.8T- 2012 Audi A5 Sportback 2.0T
FSI Multi- 2011 BMW 323i Outo- 2011 Chevrolet Captiva 2.4 LTOuto
- 2011 Toyota Yaris ZEN3 ACS- 2010 Volkswagen Polo Vivo 1.4- 2010 Chevrolet Aveo 1.6 LT- 2009 BMW 320D Outo- 2009 Nissan Qashqai 2.0 DCIAcenta
- 2008 Mercedes Benz C220 CDi- 2008 Nissan Grand Livina 1.6Acenta
- 2008 Volkswagen Polo Classic1.6
- 2007 Cadillac BLS 2.0L Outo- 2006 Mercedes Benz C230Classic
- DAB Waterpomp- 10mx20m MarkiestentNie-Lopend/Onge-luksbeskadigde-
voertuie
VOORWAARDES: ‘n Terugbetaalbare registrasiedeposito van R10 000 is betaalbaar per bank- of bankgewaarborgde tjek, debiet/kredietkaart of EFO. GEEN KONTANT WORD AANVAAR NIE. ‘n Dokumentasiefooi van R2000 (BTW ingesluit) is betaalbaar op elke lot.6% Koperskommissie (BTW uitgesluit) is betaalbaar op elke lot. Alle aanbiedinge sluit BTW uit. Onderhewig aanverandering sondervoorafkennisgewing. Aucor mag bie namens die verkoper tot die reserweprys. Bewys van adres en ID-Dokument vir FICA-registrasieword benodig. Afslaer: Dave Price
Behoorlik gelas deur die Terugname- en Vlootbestuurders van MFC (‘n divisie van Nedbank), Nedbank Ltd, Mercedes-Benz Financial Services SA (Pty) Ltd., Daimler Fleet Management SA (PTY) Ltd., sal Aucor die volgende aanvul en per
publieke veiling verkoop:
MALUTI, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013 3
DIE Golden Gatewayhospice het nog altyd gebruikte boeke in hul winkel verkoop. Soms het hulle baieboeke gehad en somsminder, maar daar was altydboeke. Vrydagoggend ishul nuwe boekwinkel met’n groot verskeidenheidboeke geopen. Die boekwinkel se naam is Die weduwee se kruik, want soosdie personeel sê: Die boeke raak nooit op nie. KarenJordaan knip hier die lint.
REGS: Die Golden Gatewayhospice se nuweboekwinkel het ’n grootverskeidenheid boeke.Sylvia Chabana (links) enAJ Swart van FNB, wat hulbygedrae gelewer het totdie winkel, staan hier byElizeWillis, bestuurder vanGolden Gatewayhospice.
Foto: Lynda Greyling
DAVID BRINK, ’n oud-Bethlehemiet,is die nuwe skoolhoof van die Bethle-hem- Gekombineerde Skool. Brinkhet op Bethlehem grootgeword en aandie Hoërskool Voortrekker gematriku-leer.
Hy het in die 1980’s aan die Laer-skool Truida Kestell skoolgehou.
Hy was vier jaar skoolhoof van dieLaerskool Willem Postma in Bloem-fontein waarna hy sewe jaar die hoofvan ’n taalskool in Taiwan was.
Terug in Suid-Afrika het die Oos-Vrystaat voorkeur gekry en het hy bydie Hoërskole Marquard en Paul Eras-mus op Senekal skoolgehou. Terugop sy geboortedorp beplan Brink omdie Bethlehem- GekombineerdeSkool ’n gerespekteerde skool temaak waarna mense kan opsien.
Oud-inwoner nuwe hoof
DAVID BRINK, nuwe hoof van dieBethlehem Gekombineerde Skool.
LOUISE LIPSHITZ (regs) vanGraaffReinet het Etiennevan Heerden se kortverhaalbundelHaai Karoomet spesifieke verwysing na Van Heerden se verbintenis met dieKaroo op die Bethlehemleeskring se maandeliksevergadering bespreek. In dieverhale is die Karoo meer asdie agtergrond – dit word ’nmeespeler. Van links is Thersia Craven (voorsitter), DawieLipshitz en Louise Lipshitz.
Bespreek‘HaaiKaroo’
G’n einde aan boeke
4 MALUTI, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013
DIE Hoërskool Witteberg het die afge-lope week sy prysuitdeling gehou.
Die junior kultuurseun is Johannesvan Graan en die junior kultuurmeisieJanneke Venter. Lerato Mabuya is assenior kultuurseun vereer en MariskaMuller as senior kultuurmeisie. Sy isook die eerste dux.
Erhard Bubb is die junior sportmanvan die jaar en FP Pelser senior sport-man van die jaar. Die junior sportvrouvan die jaar is Mioné Shields en diesenior sportvrou van die jaar Inili Ey-berg.
Witteberg vereersy presteerders
INSKRYWINGS vir Maluti enMagic Photography se baba-kompetisie sluit Vrydag.Dié fotograwe is elke dag in die
Metropolitan-sentrum voor
Woolworths en belangstellendeskan daar foto’s laat neem.Volgende week nadat die in-
skrywings gesluit het, sal lesersvir hul gunsteling-babas kan
stem.Die kategorieë is van 0 tot 6
maande, van 6 tot 12 maande,van ’n jaar tot 2 jaar oud, 2 tot3 jaar oud en 3 tot 4 jaar oud.
Skryf jou baba in
AMENÉ DE BRUIN. (23 jaar).Foto: Magic Photography
DAMIAN VAN NIEKERK (tienmaande) is een van ’n tweeling.
VINÉ VAN NIEKERK (tien maande), Damian se tweelingsussie.
LESEDI MOKOENA (6 toto 12maande).
NALEDI MOKOENA (6 tot 12maande).
MANOBAYENI RADEBE
WEN twee fliekkaartjies deur net eenmaklike vraag op Maluti se webblad tebeantwoord. Deelname is gratis. Eenwenner sal albei kaartjies kry en dit virenige fliek kan gebruik. Die sluitings-datum is na 21 Oktober verleng.Registreer jou met jou e-pos-
adres1. Besoek malutinews.co.za.2. Regs van die Maluti-logo, kliek op“Login”.3. Onderaan die blad, kliek op “Regis-ter”.4. Vul jou besonderhede in en kliek op“Submit”.5. Maluti sal vir jou ’n e-pos stuur na
die e-posadres wat jy in stap 4 verskafhet om jou besonderhede te bevestig.6. Maak jou e-pos-program oop.7. Maak die e-pos van Maluti oop enkliek op “Click here” om registrasie tevoltooi. (As jy nie ’n e-pos ontvang nie,maak seker dit lê nie in jou gemors-pos-lêer nie, of kontak Nico Gous [email protected].)8. Gaan terug na jou webblaaier.9. Kliek op “Register now” om die pro-ses te voltooi.Registreer jou deur Facebook
1. Meld jou aan op Facebook.2. Besoek malutinews.co.za.3. Regs van Maluti-logo, kliek “Login”.
4. Bo-aan die blad kliek op “Login withFacebook”. Die skakel vat jou naFacebook.5. Kliek op “OK” wanneer Facebookjou toestemming versoek om die regi-strasieproses te voltooi.Skryf jou só in
1. Teken in met jou nuutgeregistreer-de e-posadres en wagwoord.2. Meld jou aan by malutinews.co.za.3. Kliek op “Competitions” bo-aan diewebblad.4. Vind die kompetisie waarvoor jy jouwil inskryf en kliek op “Enter now”.5. Beantwoord die kompetisievraag.6. Kliek op “Enter Now”.
Twee fliekkaartjies op ‘Maluti’ se webblad te wen
NET soos ek is: (Lukas 23: 33–43)“Verder sê hy: ‘Jesus, dink aan my
wanneerU in u koninkryk kom’. Jesusantwoord hom: ‘Ek verseker jou: Van-dag sal jy saammetMy in die paradyswees.’ Dié lied is aan báie van onsbekend: “Net soos ek is, geen hulpnaby; alleen u bloed gestort vir my;getrek tot u deurboorde sy – o Lamvan God, ek kom!”
In sy boek Amazing Grace skryfKenneth W. Osbeck: “The simply-worded text by Charlotte Elliot has in-fluenced more people for Christ than
any hymn ever written or perhaps anysermon ever preached”. As jong mei-sie in Brighton, Engeland, was Elliotbekend as “carefree Charlotte”, skryfOsbeck. Op 30 het sy ernstig siek ge-word en is vir die res van haar lewe
’n invalide – lusteloos en depressief.Die bekende Switserse evangelis, dr.Caesar Malan, het haar besoek. Haargeestelike nood het hom getref. Hyhet uitgeroep: “Charlotte, kom netsoos jy is – ’n sondaar – na die Lamvan God, wat die sonde van die wê-reld wegneem!” Sy het dadelik gerea-geer en haar volkome vertroue inChristus se reddende offerande virhaar geplaas. Sy het 150 liedere ge-durende haar lewe geskryf en wordas een van die beste Engelse liedere-skrywers beskou. ’n Lewe, net soos
dit is, oorgegee aan die Here JesusChristus, word deur Hom skoon, nuuten bruikbaar gemaak. Die Nuwe Tes-tament gee hierdie boodskap soos inEfesiërs 2:13, deur: “Julle wat vroeërver vanGodgelewehet, het nounabygekom deur die bloed van Christus”.Dit is hierdie verlossende kruisdoodvan Christus wat Charlotte Elliot byelkeen van haar lied se 7 verse her-haal: “O Lam van God, ek kom!”
“Here, vandag kom ek net soos ekis.” www.kragvirvandag.co.za; ds.Manie Colyn
God maak ‘n lewe nuut, bruikbaarGeesgenoot
Marguerite Vermeulen
DIE broers het saam gehengel ensaam gekuier. Nou lê hulle langs me-kaar.
Pieter (35) en Louis (28) du Ples-sis, wat verlede Saterdagaand tra-gies saam met Danie Hoffman (50)verongeluk het, is Vrydag uit die NGkerk Efrata op Bethlehem begrawe.
In die begrafnisdiens het hul ma,Driekie, langs haar twee kleindog-ters, Danielle en Elrika, gesit en diédrie het mekaar getroos.
By hulle was Daleen, Driekie sedogter, en haar man, Rudolf. Atel,Pieter se vrou, het ook by hulle gesit.
Ds. Dougy Bubb, wat die diens ge-lei het, was soos die res van die be-grafnisgangers bewoë. Hy het uitPsalm 23 gelees. “Al gaan ek deurdonker dieptes, ek sal nie bang weesnie.”
Pieter Odendaal, ’n NG gemeente-lidmaat, het spesiaal ’n ruiker ge-maak wat in die kerk geplaas is. Dit
was simbolies van die broers wat al-tyd saam was en is op glas, wat hulma se ondersteuning simboliseer,vertoon.
Bubb het ook gesê die familie rou,maar is nie sonder hoop nie.
Die diens is afgesluit toe familie envriende die Onse Vader gesing het:Laat u ryk kom, u wil geskied, soosin die hemel, so ook op die aarde.
Twee van die broers se neefs, Pie-ter Schoeman van Krugersdorp enPieter du Plessis van Bothaville,praat ook met groot waardering vandie broers. “Pieter was die rustigheidvanself. Hy het almal om hom ookrustig gestem.”
Ná die diens is foto’s vertoon. Daarwas meestal foto’s wat by die viswa-ters geneem is, maar ook talle vandie twee gelukkige broers saam methul familie.
Sowat 150 mense het die diens by-gewoon, onder meer die Hoffman-gesin, wat vroeër vir Danie begrawehet.
Hengel-broerssaam begrawe
Blomme op die kis van Louis du Plessis (28). Hy is gister langs sy broer,Pieter (35), op Bethlehem begrawe. Foto: Marguerite Vermeulen
’n KALENDER vir 2014, saamgesteluit die beste foto’s wat in Kontrei-kie-kies, fotokompetisie van Volksblad-Kontrei en sy vennote, Kloppers, Ex-porama en Fotoskool, ontvang is, isnou beskikbaar. Altesaam 75 pragfo-to’s maak dit ’n funksionele, dog aan-skoulike Kersgeskenk. Die kalender isA3-grootte en is op glanspapier vangoeie gehalte gedruk. Elke maand isop ’n aparte bladsy en vakansiedae enskoolkwartale word aangedui. Janua-rie 2015 is ook ingesluit. Slegs 500 ka-lenders teen R70 elk is beskikbaar.Spring dus vinnig om dit in die handete kry.
Die kalender is by Volksblad se kan-tore in Bloemfontein, Welkom en Kim-berley en op Kroonstad, Bethlehem,Kuruman en Upington beskikbaar.
Pragkalender vir2014 nou te kry
DIE Oktoberblaai van Volksblad se2014kalender.
MALUTI, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013 5
6 MALUTI, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013
O’GRADY’S se reeks verwe is be-skikbaar in standaardkleure.
Die verfreeks is by HardwareMecca beskikbaar.
Wit verf bly steeds ’n dekor-nei-ging – wit mure, meubels wat witgeverf is met wit bykomstighede indie vertrek.
Die nuutste mode is om verskil-lende pastelkeure of helder kleurete gebruik met meubels wat in ver-skillende effekleurige pastel- ofhelder kleure geverf word.
Vir diegene wat egter iets heel-temal anders wil doen, is Poldecor’n ander keuse.
Dit bestaan uit ’n katoenmeng-sel en minerale.
Dit kan aan mure en plafonneaangewend word.
Dit word onder meer in kantore,hotelle, restaurante en selfs in hui-se gebruik.
Wanneer ’n huis se mure skeefis, kan dit gebruik word om dit regte maak.
Die Poldecor dien ook as insula-sie.
Poldecor bestaan uit ’n grootverskeidenheid kleure en teksture.
Sommige mense gebruik dit inplaas van muurpapier.
Speel met kleure
POLDECOR, links op die foto.O’GRADY’S se reeks is by Hardware Meccabeskikbaar.
TUINE het die afgelope tyd weens eko-nomiese omstandighede en problememet arbeid kleiner geword.
Ook grasperke is kleiner en tuiniersgebruik deesdae meer potte en hang-mandjies om kleur aan ’n tuin te gee. Dieou “gehekelde-rand”-tuine is uit en reg-uit lyne is die neiging. Elke tuin moet dietuinier se persoonlikheid weerspieël –dit kan formeel of informeel wees.
Só sê Maryna Serfontein, bekendesaailingkweker van Koppies wat diespreker op die Bethlehem-tuinbouklubse maandelikse vergadering was. Ledevan die Lindley-tuinbouklub het ook dievergadering in die Bethlehem GardenWorld bygewoon.
Serfontein het gesê tuine word deur“mode-blomme” bepaal.
Vir kleur in die tuin word meerjarigeplante aanbeveel. Plantteling het al sogevorder dat dit nou korter, kleiner enkompakter is en die plante kan terugge-snoei word. Dié plante word so geteeldat dit meer blomme dra.
Om deurentyd blomme te hê moet diegrond van goeie gehalte wees. Dit moetdus mis en kompos kry, maar te veel miskan die plante se wortels brand. Stadigoplosbare kunsmis wat met ’n SR op diesak gemerk is, kan ook gebruik word.
Die Osteo-blomsoorte (daisy) houvan lenteson, maar moet in die somer’n bietjie skadu kry. In die somer kan dit’n derde teruggesny word om massasblomme te verseker.
Gesiggies hou van ’n bietjie koelte indie somer. ’n Mens kry deesdae selfs ge-siggies wat rank.
Petunias moet nie jaar ná jaar in die-selfde grond geplant word nie. Die grondwaarin dit was, kan oor die grasperk ge-strooi word en nuwe grond kan in diebedding ingewerk word. Deesdae biedpetunias meer weerstand teen aalwurmen wortelsiektes. Dié plante hou nie van“nat voete” nie. ’n Mens kan eerder min-der water gee, en dan liefs nie in die mid-dag nie.
Anders as Impatients word Sunpa-tients, ’n nuwe variëteit, in die son ge-plant, hoewel dit die helfte van die dag
in die skadu moet wees. Dit is ’n kom-pakte plant met pragtige blomme.
Die neiging in tuinmaak is deesdaeom plante wat minder water nodig hette plant. Daarby is organiese groentetui-ne ook hoogmode.
Indien jy nie vir ’n groentetuin plek hetnie, kan groente in potte gekweek word.Van volgende jaar af gaan daar ondermeer komkommers wees wat regopgroei en dus minder ruimte nodig het.Baie blaarslaai-soorte vorm nie meerkoppe nie en dus kan ’n mens blare vanverskillende variëteite pluk om ’n inte-ressante slaai te maak.
Die Bethlehem-tuinbouklub se vol-gende vergadering is op 6 November byNancy Eksteen wat ’n verskeidenheidkruie kweek.
Kleiner tuin met spatsels kleur
LEDE van Lindley se tuinbouklub hetWoensdagoggend saam met Bethlehem se klub na Maryna Serfontein sepraatjie geluister. Serfontein is ’n bekende kweker van Koppies. Van linksis Maureen Oberholzer (Bethlehem),Joan Reyneke (Lindley) en Petro deWet (voorsitter, Lindley).
MARYNA SERFONTEIN (links) van Serfonteinsaailinge, Koppies, was die spreker op die Bethlehemtuinbouklub se vergadering wat in die Bethlehem GardenWorld gehou is. Saam met Serfontein is Ina van Rensburg. Foto: Lynda Greyling
MALUTI, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013 7
DEESDAE is daar ’n groot verskeiden-heid verffabrikate soos Dulux, Plascon,Mica en Earthcote.Dan is daar ook ’n magdom verskillen-
de soorte verwe, elk met besonderse ei-enskappe wat vir spesifieke doeleindesaangewend word.Maluti het met Donovan Williams van
Solomons Mica gepraat oor die verskil-lende soorte verwe en waarvoor dit ge-bruik word.Die verskillende soorte is:Akriliese PVA: Hier kan van verskil-
lende basisse gebruik gemaak word,met die prys wat verskil.Die verf het ’n waterbasis en kan binne
en buite gebruik word.Indien jy die verf op ’n donkerder basis
gaan gebruik, byvoorbeeld ’n bruin, enjy byvoorbeeld die mure wit wil verf, saljy moet begroot om twee lae verf aan tewend.
Die verfoppervlak is semi-wasbaar. Ditkan met ’n lap gewas word.
’n Luxurious silk-verf:Dié verf word net binne gebruik. Dit
kan nie baie vogtigheid hanteer nie enword dus nie vir ’n kombuis of badkameraanbeveel nie. Dit skep ’n oppervlak watten volle wasbaar is.
Eierdop-emalje (eggshell enamel):Die verf het ’n oliebasis. Dit word hoof-saaklik vir deurkosyne, asook in kombui-se en badkamers, gebruik. Dit kan ookop hout gebruik word.Terpentyn moet gebruik word om
kwasse mee skoon te maak.Semiglans-emalje (matt enamel):Hierdie verf het ’nmat of dowweafwer-
kingGlans-emalje:Hierdie verf het ’n oliebasis, het ’n hoë-
glans-afwerking en kan op plekke soosgeute en deurkosyne aangewend word.
Terpentyn moet gebruik word om kwas-se mee skoon te maak.
Satin sheen soos Plascon s’n:Dié verf bestaan uit 40%water en 60%
olie. Die verfoppervlak is ten volle was-baar. ’n Kwas kan gebruik word, maar ’nsponsroller word gebruik om ’n gladdeafwerking op ’n groot, plat oppervlak tebied.
Dakverf:Dakverf is in verskeie standaardkleure
beskikbaar. Dit het ’n waterbasis met ’nakriliese afwerking. Dit is UV- en klimaat-bestand (weather resistent) .Dakverf moet reg aangewend word,
anders kan dit gou afdop en lelik ver-toon.Die dak (sinkdak) moet eers gevee en
afgespoel word. Hiernamoet ’n gegalva-niseerde ysterskoonmaakmiddel aange-wend enmet ’n tuinslang afgespuit word.Wanneer die water in ’n reguit straal
afloop, is die dak skoon. Indien die water’n draai vorm, is die dak nie skoon nie.Wanneer die dak skoon is, kan dit ge-
verf word.Stoep-emalje:Hierdie soort verf is beskikbaar in
standaardkleure. Dit kan binne en buiteop sement en beton gebruik word. Dit is’n hoëglans-verf.
Buitetekstuurverf:Daar is verskeie op die mark beskik-
baar.Sommige is in standaardkleure. Dit is
weer- en UV-bestand.Sommige van die verf het ’n fyn tek-
stuur, ander weer ’n growwe tekstuur.Met laasgenoemde salmeer verf gebruikword.Daar is ook ’n reeks aardse kleure be-
skikbaar (Earthcote).Dit is nou hoogmode om kombinasies
van die kleure te gebruik.
’n Reënboog van veelsydigheid’n VERSKEIDENHEID kleure verf is by hardewarewinkels soos Solomons Mica beskikbaar. Dieregte toebehore en skoonmaakmiddels moet gebruik word om ’n bepaalde verfsoort op sy bestete laat vertoon.
TALLE soorte verf, sommigemet ’n waterbasis en ander met ’n oliebasis– en selfs ’n mengsel van die twee – is te kry.
8 MALUTI, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013
WENA VAN EEDEN sit in die nuwekunsgalery by die Oppiplaas-padstalnabyFouriesburg en skilder. Die vori-ge naweek het sy in ’n ander galerygeskilder. Niks pla haar wanneer symet ’n kwas in die hand sit nie. LyndaGreyling vanMaluti het met haar ge-sels.Het jy enige formele opleiding
gehad?Nee, glad nie. Ek het nog net hier
en daar saammet iemand geverf. Ekis as modeontwerper opgelei.Skilder jy nog altyd?Ek is in Mopane gebore en het
aanvanklik aan die plaasskool op onsplaas skoolgegaan. Vandat ek ont-hou, het ek altyd geteken. Hoewel ek’n paar esels het, gebruik ek nou nogdie ou swartbord-esel wat ek in subA gekry het. Ek was in st. 9 toe ekbegin skilder het.Hoe so?Ons moes werk vir die matriekaf-
skeid en daar moes visse geverfword. Daar was niemand anders watdit kon doen nie en ek het dit toe ge-doen.
Verf jy steeds visse?Ek verkoop steeds visse.Dit is seker nie al wat jy skilder
nie?Ek skilder enigiets – natuurtonele,
diere, portrette van mense en blom-me.Waarmee skilder jy die graag-
ste?Ek gebruik olie- en akrielverf, maar
ek het darem ook waterverf.Beoefen jy enige ander kuns-
vorm?Ek doen beeldhouwerk.Benewens skilder, wat geniet jy
om te doen?Ek hou van ’n mooi tuin en het al
baie tuine uitgelê. Ek hou ook daar-van om “mooi” kos te maak. Ek ont-werp ook staalkunswerke wat myman, Job, maak. Job sê hy is sekeras ek in die woestyn beland, sal ekdie sand neem en iets daaruit opto-wer.Watter wenk lê jou na aan die
hart?My ma het altyd gesê jy kan enig-
iets vroulik doen, al dra jy ’n oorpak.
Kunstenaar skilder alles
WENA VAN EEDEN.
Is jy dalk moeg vir jou badka-mer- of kombuisteëls?Deesdae kan jy teëls verf,
maar omdit te doenmoet jy dieregte stappe volg.Jymoet vooraf eers die teëls
mooi skoonmaak. Jy kan sui-kerseep gebruik of andersins’n skoonmaakmiddel met ’nsponsie op die oppervlak aan-wend.Wanneer die teëls mooi
skoon en droog is, moet ’n ad-vanced tile primer aangewendword. Dié is so sterk dat gewo-ne terpentyn dit nie kan afhaalnie. Die primer is wit van kleur.Hierna kan ’n teëlverf, of an-
dersins ’n waterbestande verfsoos ’n eggshell aangewendword. Gebruik ’n kwas sodat jytussen die gleuwe kan verf. Vir’n gladde oppervlak op die teëlself kan ’n roller wel gebruikword.
Gee kleuraan jouteëls
Reaching out to the Ituseng Disabled Centre
BYPathways Bethlehem het daar’n behoefte ontstaan vir verskeiesoorte toerusting wat kan helpmet die hantering van gestrem-des by die sentrum vir multi-ge-stremde kinders.Bethlehem-Tafelronde het die
nodige toerusting gesoek en ’nelektriese rolstoel, bed en hyserom gestremdes mee te lig in Al-mal se Winkel gesien.Die prys was ’n bietjie hoog en
die lede van Tafelronde het ie-mand gesoek wat tot die projekkon bydra. Die Finansiële Bemid-delaars van Suider-Afrika (Fia) indieMaluti-streek het ’nmaand ge-lede ’n gholfdag op Bloemfonteinaangebied. Dit is die gebruik vanFia om ’n deel van die wins aaninstansies te skenk.Adriaan Cilliers, wat lid van Fia
is, het die aangeleentheid met diebestuur bespreek, waarna ’n deelvan die wins aan Bethlehem-Ta-felronde geskenk is om die toe-rusting mee te koop.Liesl Reyneke van Pathways
sê hulle gaan die “hospitaalbed”vir Ryno Strydom beskikbaar stel.Hulle is ook veral opgewonde oordie elektriese hyser waarmee hul-le die kinders makliker kan han-teer.
THE project leader Chris Karsten (back, right) and other Frontier Inn & Casino staff members Raymond Mahlaba,Lefa Mosia and Anthony Oliver (general manager) visited the Ituseng Disabled Centre to deliver a Wendy houseand put up some shelves. Ituseng did not have a space for their physiotherapist to do therapy sessions with thedisabled children, hence they were using it for a storage space. The project is sponsored by the Frontier Inn DihlabengCommunity Trust.
RAYMOND MAHLABA (left) and Lefa Mosia, Frontier Inn staff busy putting up the shelves in the ItusengDisabled Centre that can be used to create space in the house so the therapysessions can take place more regularly.
Pathways kry nodige skenking
LEDE van BethlehemTafelronde en die Finansiële Bemiddelaars van SuiderAfrika (Fia) het ’n elektriese rolstoel, ’n bed en ander noodsaakliketoerusting aan Bethlehem Pathways geskenk. Van links is, voor: LuckyMputi enMananaMohlabai; middel: AneskaKoen; agter: StefanRedelinghuys, Alwyn Shields, Adriaan Cilliers, Werner Engelbrecht en Muller vanRensburg.
VOLKSPELE is ’n bedrywige kultuuraktiwiteit op Bethlehem. Die Sonskynvolkspelelaer en die Sonbesiessanggroep het verlede Saterdagaand in dieGereformeerde kerk se saal hul passies gewys en laat hoor hoe hulle kansing. Die kultuuraand is in samewerking met die ATKV en BethlehemRapportryers aangebied.
DIE redenaarstak van Bethlehem het vir Erfenisdag drie bome by die Caritaskollege op Bethlehem geplant. Van links is Ben Venter, Suné Labuschagne,Louise Venter, Colleen Viljoen (hoof: Caritaskollege), Chris Viljoen, HannesBakkes, Miné Bakkes en Ritje Nel.
MALUTI, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013 9
10 MALUTI, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013
DIE Hoërskool Witteberg op Bethlehem beleefnou ’n opwindende tyd wat Duits betref. Dievak word van gr. 8 af aangebied en nie net krydie skool nou besoek van ’n vrywilliger uitDuitsland nie, maar Claire Buys, ’n gr. 10-leer-ling, is op pad na Duitsland. Sy is gekies omdie Hoërskool Witteberg in Desember as uit-ruilstudent in Duitsland te gaan verteenwoor-dig. Sy is die sesde gekeurde leerling in dieVrystaat vir die program.
Die vrywilliger, Nele Huntemann, kuier virses maande by Witteberg en staan Marli Ziets-man met die onderrig van Duits by.
Claire op padna Duitsland
CLAIRE BUYS (links) is op pad na Duitslanddanksy ’n uitruilprogram. Hier by haar is NeleHuntemann, ’n vrywilliger van Duitsland wat virsesmaande aan die HoërskoolWitteberg in dieDuitse klas met onderrig help. Foto: Verskaf
DIE leerlinge van die Laerskool Truida Kestell het hul nasionale drama individuele vertolkingseksamen afgelê. Hulle is van links Minke Kriel(83%), Jené van Heerden (93%), Franzet Farrell (87%) en Mia Odendaal (85%).
RATENTJEMANE MOLOI en Lebohang Motloung van die Hoërskool Retief op Kestell het ’n silwermedalje op die negende nasionale Natuur en Skeikundeolimpiade vir die beste projek inhul kategorie ontvang. Foto: Babs Storm
DIE gr. 5leerlinge van die Laerskool Truida Kestell was op ’n opvoedkundige toer na die Kaap.Die leerlinge het elke dag Themde, wat deur verskillende mense en sakeondernemings geborgis, gedra. Die leerlinge met hul verskeidenheid Themde is van links Cameron Collins, Lené duPlessis, Burger Kotze, Petrus Claasen, Kaytlin Lupke, Liölé du Plooy en Chinell Becker.
DIEKangogrotte, ’n volstruisplaas, Robbeneiland, Seinheuwel, die Planetarium en Die Kasteel was onder diebesienswaardighede wat die gr. 5leerlinge van die Laerskool Truida Kestell op hul Kaapse toer gesien het. Hiersit die leerlinge en wag op die busse om hulle te vervoer.
Met bykans 100 jaar ondervinding in begrafnis-versekering en begrafnisdiens, verseker AVBOB datdaar goed na jou en jou geliefdes omgesien sal word.
KRY TOT R4000 KORTING OP ‘NBEGRAFNIS
Alle lewens wat deur ‘n AVBOB-polis verseker is kwalifiseervir gratis vervoer van die oorledene in Suid-Afrika en totR4000 korting op ‘n begrafnis op voorwaarde dat diebegrafnis deur AVBOB Begrafnisdiens uitgevoer word.
Terme en voorwaardes geld.Onderlinge Versekeringsgenootskap AVBOB is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer.
Vir meer inligting kontak ons
MALUTI, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013 11
VierVier saam fsaam feesees
NEIL NACHTREIN, oftewel Corné Weideman en sy orkes, van Fouriesburgwas van die kunstenaars wat die dorp se 120ste bestaansjaar saamgevierhet.
ATHLETES of the South African Police Service (SAPS) in Bethlehem who participated in the City 2 City Marathonfrom Pretoria to Johannesburg are from the left, front: Lazarus Mokoena, Hlohlewe Mohlambe and Mthuthi Mkonza;back: Odwa Bonvana, Lukas Kono, Phillip Mokoena, Abraham Sibeko and Mokete Miya. Photo: Supplied
DIE drie tenore, Sello Gatebe, Sebata Radebe en EliasMosikili, het die sangkompetisie wat ten bate van dieVolksbladKersfonds op Kestell aangebied is, gewen. Byhulle is Johann Ramage, organiseerder van die kompetisie.
PERSONEELLEDE van die Charlotte Theronkinderhuis(CTK) op Bethlehem het eetgoed, asook kaartjies, vir dieVir ons kindersprojek op die sangfees op Kestell verkoop. ’n Motor is in die kompetisie op die spel. Van linksis, voor: Santie Swanepoel en Margaret Bruwer; agter:Vica Oliphant en Castra van Aswegen.
Was vansitkamerstelle,
volvloermatte enmotorsitplekke.
Uitsuig van water.Gratis kwotasies.
Skakel
Ronel 082 788 1483
3-slaapkamer-dupleks-woonstel vanaf 1 November
2013. 1,5 badk, groot sit-/eetkamer, tuin voor, motor-
huis met toesluithek enelektroniese hekke,
Marzandahof 3, Landdros-straat, Bethlehem. Skakel
asseblief Miquel by083 938 1777.
Participated in marathon
Alice soek werk: Maandagtot Vrydag. Huishulp,
kinderoppasser of kombuis(kook). Skakel 083 780 6029.
SportSportKoerant met hart The paper with heartI
KARATEKAS van die BethlehemTenshinkanklub wat aan die Vrystaatse Alle stylekampioenskapsbyeenkomsin Bloemfontein deelgeneem en plekke behaal het, is van links, voor: Monique van der Merwe (brons, kata; goud,kumite), Ntsani Dikotsi (brons, kata; silwer, kumite), Rual Dunster (brons, kata) en Annchen Weihmann (silwer,kata; silwer, kumite); agter:WianViljoen (goud, kumite),GerhardWächter (afrigter) enBradleyMapp (silwer, kumite).
Foto’s: Lynda Greyling
KARATEKAS van die Bethlehemtenshinkanklub wat op die Vrystaatse allestylekampioenskapsbyeenkoms medaljes ontvang het, is van links, voor: Manuel Casal (brons, kumite), Tyron van Staden (silwer, kumite), BenjaminPrinsloo (brons, kumite), JuanPierre Bosman (brons, kata) en Corné du Preez (brons, kata en kumite); agter:RickusWeihmann (brons, kumite), Jac Grobler (brons, kumite), GerhardWächter (afrigter) en ThomasMapp (goud,kumite; brons, kata). Wächter is vroeër vanjaar as hoofskeidsregter van die Vrystaatkaratefederasie gekies.
Presteer as karatekas in Bloemfontein
DIE Hoërskool Witteberg het Saterdag ’n netbalvierefees aangebied.Talle sakeondernemings op die dorp, skole en ouers het netbalspannegevorm. Hier speel die Wittebergouers teen ’n saamgestelde span vanGraanveld. Die prys vir die vlugvoetigste voetfout is aanCassie Pretoriustoegeken, dieSpurspan het diemeeste spangees gehad, dieWittebergouers (Dickie en Sanette Otto (foto), Hannabie Greyling, Reana Bierman, Ina Atkinson en Rové Mittermaier) was die lojaalste span en dieprys vir die bestemanspeler is aan AlwynMyburgh (Marais enCrowther)toegeken.Dalgri was die spanmet diemeestewaagmoedenNadiaMostert (van Graanveld) is as speler van die toernooi aangewys. Kyk na’n video en nog foto’s van die byeenkoms op www.malutinews.co.za ofbesoek Maluti op Facebook. Foto: Marguerite Vermeulen
DIE Bethlehemrolbalklub het die afgelopeweek ’n nasionaleklubbyeenkoms op diedorp aangebied. Spelers van klubs van sover soos die Kaap hetkom deelneem. Hierspeel ’n gekombineerde span van Bethlehem en Paul Rouxteen ’n span van PortShepstone. Die Bethlehemklub het Saterdagaand ’n konsert virdie gaste gehou. Diespan van Port Shepstone het die mansafdeling gewen en dievrouewenners wasvan Klerksdorp. Kykna ’n video en nog foto’s van die byeenkoms op www.malutinews.co.za of besoekMaluti op Facebook.Foto: Marguerite Vermeulen