Top Banner
Jou gids tot die Alexander Forbes Aftreefonds Hierdie boekie vertel jou hoe jou aftreefonds werk en op watter voordele jy as lid geregtig is. SKEP JOU TOEKOMS ALEXANDER FORBES RETIREMENT FUND
12

LEDEBOEKIE SKEP JOU - Alexander Forbes · Voor 1 Maart 2016 kon jy jou bydraes tot pensioenfondse van belasting aftrek, tot en met 7,5% van jou fondssalaris. Jy kon nie jou bydraes

Jul 31, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: LEDEBOEKIE SKEP JOU - Alexander Forbes · Voor 1 Maart 2016 kon jy jou bydraes tot pensioenfondse van belasting aftrek, tot en met 7,5% van jou fondssalaris. Jy kon nie jou bydraes

LEDEBOEKIE

Jou gids tot die Alexander Forbes Aftreefonds

Hierdie boekie vertel jou hoe jou aftreefonds werk en op watter voordele jy as lid geregtig is.

SKEP JOU TOEKOMS

ALEXANDER FORBES RETIREMENT FUND

Page 2: LEDEBOEKIE SKEP JOU - Alexander Forbes · Voor 1 Maart 2016 kon jy jou bydraes tot pensioenfondse van belasting aftrek, tot en met 7,5% van jou fondssalaris. Jy kon nie jou bydraes

32

ALEXANDER FORBES RETIREMENT FUND

Jou werkgewer het by die Alexander Forbes Aftreefonds aangesluit om spaargeld en beleggingsvoordele vir hul werknemers vir hul aftreejare te voorsien. Ingevolge die wet moet jy aan die Alexander Forbes Aftreefonds behoort terwyl jy by jou werkgewer in diens is. Die hoofrede waarom jy aan die Alexander Forbes Aftreefonds behoort, is sodat jy uiteindelik genoeg geld sal kan verdien om gemaklik te kan lewe wanneer jy aftree-ouderdom bereik en ophou werk het. Hierdie geld sal van jou beleggings kom wat deur die fonds gemaak is.

Daar word egter nie gewaarborg dat jy genoeg geld sal hê om van te lewe nadat jy afgetree het nie. Die fonds het jou ’n voorsprong gegee, maar ’n deel van die verantwoordelikheid om seker te maak dat jy genoeg geld het wanneer jy aftree, berus by jou. Hierdie boekie verduidelik dit in meer besonderhede.

Indien jy aan hierdie fonds behoort, beteken dit dat daar elke maand ’n sekere bedrag geld van jou salaris afgetrek word en dat finansiële deskundiges dit in die beleggingsmarkte vir jou belê. Hierdie geld word jou fondskrediet genoem. Wanneer die beleggingsmarkte groei, groei die waarde van jou fondskrediet. Wanneer die beleggingsmarkte daal, daal die waarde van jou fondskrediet ook. Die manier waarop jy genoeg geld vir jou aftrede kan maak, is om seker te maak dat jy die belegging vir baie jare lank hou en dat jy jou geld op die regte manier oor die lang termyn belê.

Jou hoofvoordeel deur die fonds is jou fondskrediet. Wanneer jy aftree-ouderdom bereik en hierdie geld neem, word dit jou aftreevoordeel genoem. Indien jy jou werkgewer – en gevolglik die fonds – verlaat voordat jy aftree-ouderdom bereik, behoort jou fondskrediet nog steeds aan jou en word dit jou onttrekkingsvoordeel genoem.

Een van die opsies wat aan jou beskikbaar is indien jy van werk verander, is om jou geld in die fonds te hou. Jou geld sal in die portefeulje en strategie bly waarin dit belê was terwyl jy gewerk het, en jy sal dieselfde beleggingsopsies as voorheen hê.

Die fonds kan ook ’n lewende annuïteitspensioen betaal. Hierdie is ’n aanpasbare pensioen waar jy besluit hoeveel van jou geld jy elke jaar as inkomste trek, maar jou geld kan opraak indien jy te veel geld te vroeg trek. Dit is net geskik indien jy genoeg geld het om te belê.

Jy kry ook ’n doodsvoordeel deur die fonds. Dit is geld wat jou familielede sal kry indien jy sterf terwyl jy nog ’n lid van die fonds is.

Afhangende van die reëls van jou afdeling van die Alexander Forbes Aftreefonds kan jou voordele ook die volgende insluit:§ ’n ongeskiktheidsvoordeel, wat geld is wat jy sal kry indien

jy ongeskik raak terwyl jy nog ’n lid van die fonds is en nie meer kan werk nie

§ ’n begrafnisvoordeel, wat geld is wat uitbetaal sal word om met begrafniskostes te help indien jy sterf terwyl jy nog ’n lid van die fonds is, of indien jou eggenoot of ’n kind sterf.

Hierdie boekie verduidelik in meer besonderhede hoe jou aftreefonds werk en op watter voordele jy as lid geregtig is. Dit sê vir jou wat jy sal kry wanneer jy aftree, wat gebeur indien jy van werk verander, wat jou gesin sal kry indien jy sterf, hoe jou fonds bestuur word, hoe jy jou spaargeld vir aftrede kan laat groei en wie jy moet kontak indien jy enige hulp nodig het.

Oorsig

Inhoudsopgawe

Hoe die fonds werkLaat jou spaargeld vir aftrede groei Wat jy kry wanneer jy aftree Wat gebeur indien jy van werk verander Wat jou gesin sal kry indien jy sterf Hoe jou fonds bestuur word Elke lid kry gereelde kommunikasie Wie om te kontak

Page 3: LEDEBOEKIE SKEP JOU - Alexander Forbes · Voor 1 Maart 2016 kon jy jou bydraes tot pensioenfondse van belasting aftrek, tot en met 7,5% van jou fondssalaris. Jy kon nie jou bydraes

LEDEBOEKIE

32

Hoe die fonds werk al die lede kan baat by die groot aantal lede. Een raad van trustees bestuur die fonds. Al die deelnemende werkgewers deel die onkostes om die fonds te bestuur en die voordele te voorsien. Hierdie besparings beteken dat meer van die bydraes vir jou spaargeld vir aftrede gebruik kan word.

Bydraes tot die fonds

Voor 1 Maart 2016 kon jy jou bydraes tot pensioenfondse van belasting aftrek, tot en met 7,5% van jou fondssalaris.Jy kon nie jou bydraes tot voorsorgfondse van belasting aftrek nie. Die werkgewer se bydrae kon van belasting afgetrek word, tot en met 20% van die fondssalaris (insluitende die voordele van die mediese fonds, vir elke lid).

Vanaf 1 Maart 2016 word bydraes tot pensioenfondse, voorsorgfondse en aftreeannuïteitsfondse vir belastingdoeleindes op dieselfde manier hanteer.

Jou werkgewer se bydraes sal as ’n byvoordeel by jou belasbare inkomste ingesluit word. Jy kan ’n belastingaftrekking eis op bydraes tot en met 27,5% van die grootste bedrag van vergoeding of belasbare inkomste, tot en met ’n jaarlikse limiet van R350 000. Hierdie limiet is van toepassing op alle pensioenfondse, voorsorgfondse en aftreeannuïteitsfondse waartoe jy bydra. Die lid se bydraes sowel as die werkgewer se bydraes vorm deel van hierdie belastingaftrekbare limiet.

Indien jy meer as R350 000 in ’n jaar bydra, sal die deel van die bydrae wat nie aftrekbaar is nie, by bydraes in toekomstige jare gevoeg word en dit sal in toekomstige jare aftrekbaar wees indien dit binne die limiete vir daardie jaar is. Indien daar by jou aftrede enige bydraes is waarvoor jy nie ’n aftrekking verkry het nie, sal dit van jou aftreevoordeel afgetrek word en by die belastingvrye bedrag getel word wat jy neem wanneer jy aftree of by die bedrag wat as ’n pensioen geneem word.

Die opsomming van voordele wat jy saam met hierdie boekie ontvang het, sal vir jou sê watter persentasie van jou salaris elke maand tot die fonds bygedra word.

Hoe om hierdie boekie te lees

Die opsomming van voordele wat jy saam met hierdie boekie ontvang, wys jou presies wat jy van die fonds sal kry wanneer jy aftree, indien jy uit jou werk bedank of afgedank word, indien jy ongeskik raak of indien jy sterf.

Lees asseblief hierdie boekie en die opsomming van voordele deur sodat jy en jou gesin weet watter voordele die fonds jou bied. Hou hierdie boekie op ’n veilige plek sodat jy of jou gesin spesifieke besonderhede oor jou fondsvoordele kan opsoek indien dit nodig sou wees.

Jy is ’n lid van die Alexander Forbes Aftreefonds

Jou werkgewer het óf by die pensioen- óf by die voorsorgafdeling van die Alexander Forbes Aftreefonds aangesluit.

Indien jou spaargeld in die fonds goed bestuur word, kan dit mettertyd een van jou grootste finansiële bates word. Dit is hoekom jy die tyd moet neem om te verstaan hoe jou fonds werk.

Jou fonds is ’n vastebydraefonds

Die reëls van ’n vastebydraefonds sê vir jou of jy en jou werkgewer albei tot die fonds bydra en of jy of jou werkgewer tot die fonds bydra. Dit sê ook vir jou watter persentasie van jou salaris jou werkgewer, of jy en jou werkgewer, elke maand tot die fonds moet bydra. Dit beteken dat ’n gewaarborgde bedrag geld elke maand namens jou in die fonds inbetaal word. Hierdie geld word belê sodat dit kan groei.

Jou fonds is ’n sambreelfonds

’n Sambreelfonds is ’n fonds wat baie verskillende, onverwante werkgewers toelaat om daarby aan te sluit sodat

Page 4: LEDEBOEKIE SKEP JOU - Alexander Forbes · Voor 1 Maart 2016 kon jy jou bydraes tot pensioenfondse van belasting aftrek, tot en met 7,5% van jou fondssalaris. Jy kon nie jou bydraes

ALEXANDER FORBES RETIREMENT FUND

54

Bydraes word op jou fondssalaris gebaseer

Jou werkgewer baseer jou maandelikse bydraes op jou fondssalaris. Dit word ook soms jou pensioendraende salaris genoem. Gaan asseblief hierdie salaris by jou werkgewer na omdat dit ’n direkte uitwerking op die bedrag het wat elke maand vir jou belê word. Jou doods- en ongeskiktheidsvoordele word ook op jou fondssalaris gebaseer.

Annuïteit: Word ook ’n pensioen genoem en is ’n voordeel wat in gereelde paaiemente, byvoorbeeld maandeliks, uitbetaal word. Jy kan ’n pensioen kry wanneer jy aftree sodat jy vir die res van jou lewe ’n gereelde inkomste het. Jy kan moontlik ’n pensioen by die fonds kry of ’n pensioen by ’n versekeringsmaatskappy koop. Sodra jy ’n pensioen met jou fondskrediet gekoop het, sal jy nie meer enige voordele van die fonds kry nie.

Elke lid het ’n fondskrediet

Jou fondskrediet is die bedrag geld wat in die fonds vir jou gehou word. Dit bestaan uit:

§jou en jou werkgewer se maandelikse bydraes, minus administrasiefooie en premies vir versekerde voordele soos doodsvoordele, ongeskiktheidsvoordele en begrafnisvoordele (soos uiteengesit in die reëls van die fonds)

§enige bedrae wat jy uit ’n vorige werkgewer se fonds na die fonds oorgedra het

§die beleggingsopbrengste (minus beleggingsfooie) wat gelewer is deur die geld te belê.

Elke lid kan bykomende vrywillige bydraes maak

Bykomende vrywillige bydraes is ekstra bydraes wat jy kan maak bo en behalwe die maandelikse bydraes wat jy en jou werkgewer reeds tot die fonds maak. Die doel hiervan is om jou te help om meer geld vir jou aftrede te spaar.

Hierdie bydraes is opsioneel en jou bestuurskomitee moet die fasiliteit aktiveer.

Kontak asseblief die Alexander Forbes Individuele Adviessentrum by 0860 100 444 vir finansiële advies oor ekstra bydraes. Praat met jou salarisafdeling om hierdie bykomende bydraes te begin maak.

Die administrasiefooi is die fooi wat aan die administrateurs van die fonds betaal word vir hul dienste. Alexander Forbes Financial Services is die administrateur van die Alexander Forbes Aftreefonds. Verwys asseblief na die Opsomming van voordele vir die fooie van jou belegging.

Page 5: LEDEBOEKIE SKEP JOU - Alexander Forbes · Voor 1 Maart 2016 kon jy jou bydraes tot pensioenfondse van belasting aftrek, tot en met 7,5% van jou fondssalaris. Jy kon nie jou bydraes

LEDEBOEKIE

54

Laat jou spaargeld vir aftrede groei

Die groei van die portefeuljes waarin jou fondskrediet belê is, speel ’n belangrike rol in hoeveel geld jy sal kry wanneer jy aftree of die fonds verlaat.

Die lede dra die beleggingsrisiko in die Alexander Forbes Aftreefonds. Dit beteken dat wanneer jou fonds se beleggingsportefeuljes groei toon, jou fondskrediet sal toeneem en wanneer die beleggingsportefeuljes ’n verlies toon, die waarde van jou fondskrediet sal afneem. Die groei van die portefeuljes waarin jou fondskrediet belê is, speel ’n belangrike rol in hoeveel geld jy sal kry wanneer jy aftree of die fonds verlaat.

Jou fondskrediet groei deur versigtige belegging

Dit is baie belangrik dat elke fonds ’n weldeurdagte beleggingsplan het sodat jou fondskrediet in die Alexander Forbes Aftreefonds met verloop van tyd sal groei. Die trustees bied ’n groot verskeidenheid beleggingsportefeuljes vir die verskillende behoeftes van al die lede. Die opsomming van voordele wat jy saam met hierdie boekie gekry het, sal jou vertel watter beleggingstrategie jou bestuurskomitee gekies het.

Registreer by www.alexanderforbes.co.za onder Online Services om te sien hoe jou beleggings vaar. Alle beleggingsbesluite dra ’n sekere mate van risiko. Daar is gewoonlik ’n direkte verband tussen die risiko wat jy loop en die opbrengs wat jy kry. Hoe hoër die risiko, hoe hoër kan die opbrengs met verloop van tyd wees. Indien jy ’n weldeurdagte beleggingsbesluit geneem het, kan jy die risiko verminder en nog steeds ’n goeie opbrengs kry. Vir meer inligting, raadpleeg die Beleggingsportefeuljes in besonderhede-boekie.

Aandele het gewoonlik oor die lang termyn (meer as vyf jaar) die hoogste opbrengs en klop inflasie maklik. Oor die kort termyn (een jaar of minder) bestaan daar egter die risiko dat die waarde van jou belegging kan afneem. Kontantbeleggings het oor die lang termyn ’n laer verwagte opbrengs.

Jou fondskrediet sal moontlik nie oor die kort termyn waarde verloor nie, maar dit is hoogs waarskynlik dat die opbrengs oor die lang termyn nie hoër as inflasie sal wees nie. Indien jy vir jou aftrede belê, sal jy oor die algemeen vir ’n lang tyd in aandele moet belê om jou genoeg opbrengs te gee om ’n redelike inkomste te hê wanneer jy afgetree het. Hoe meer konserwatief jy met jou beleggings is wanneer jy jonger is (byvoorbeeld, indien jy besluit om hoofsaaklik in kontant te belê, met te min aandele in jou belegging), hoe minder waarskynlik is dit dat jy genoeg geld sal spaar om gemaklik te lewe wanneer jy afgetree het.

Belangrik: Die beste manier om seker te wees dat jy genoeg spaargeld het wanneer jy aftree, is om te probeer om nie jou onttrekkingsvoordeel in kontant te neem nie. Die beste raad is om dit vir jou aftreejare belê te hou, soos verduidelik word in die afdeling ‘Wat gebeur indien jy van werk verander’.

Wat jy kry wanneer jy aftree

Jou aftreevoordele is daar om jou te help om van dag tot dag te lewe wanneer jy aftree en nie meer elke maand ’n salaris kry nie.

Aftrede uit die fonds: normale aftrede

Indien jy aan die pensioenafdeling van die Alexander Aftreefonds behoort, kan jy tot ’n derde van jou fondskrediet as kontant neem wanneer jy aftree. Jy moet die res gebruik om ’n pensioen te kry. Jy kan moontlik ’n pensioen van die fonds kry of ’n pensioen by ’n versekeringsmaatskappy koop. Onthou dat jy moontlik belasting sal moet betaal op enige kontantbedrag wat jy besluit om te neem. Vir meer inligting oor die verstek-beleggingstrategie en verstek-beleggingsportefeuljes, raadpleeg die Beleggingsgids vir lede.

Indien jy aan die voorsorgafdeling van die Alexander Forbes Aftreefonds behoort, kan jy jou hele fondskrediet, of ’n gedeelte daarvan, gebruik om ’n pensioen te kry. Jy kan dalk ’n pensioen by die fonds kry of ’n pensioen by ’n versekeringsmaatskappy koop. Daar is geen limiet op hoeveel kontant jy kan kies om te neem nie.

!

Page 6: LEDEBOEKIE SKEP JOU - Alexander Forbes · Voor 1 Maart 2016 kon jy jou bydraes tot pensioenfondse van belasting aftrek, tot en met 7,5% van jou fondssalaris. Jy kon nie jou bydraes

76

Die trustees en die werkgewer kan daartoe instem om jou vroeg te laat aftree indien jy weens gesondheidsredes nie meer kan werk nie, maar nie vir ’n ongeskiktheidsvoordeel kwalifiseer nie. Jy kan op enige ouderdom weens swak gesondheid aftree. Indien jy vir ’n enkelbedrag-ongeskiktheidsvoordeel kwalifiseer, kwalifiseer jy outomaties vir vroeë aftrede weens swak gesondheid.

Jy moet ten minste twee derdes van jou fondskrediet gebruik om ’n pensioen te kry.

Jy kan jou hele fondskrediet, of ’n gedeelte daarvan, as kontant neem.

ALEXANDER FORBES RETIREMENT FUND

Jy kan slegs na jou normale aftree-ouderdom werk indien jou werkgewer daartoe instem. In hierdie geval sal jy of jou werkgewer, of jy en jou werkgewer aanhou om tot die fonds by te dra totdat jy aftree.

Jy moet ten minste twee derdes van jou fondskrediet gebruik om ’n pensioen te kry.

Jy kan jou hele fondskrediet, of ’n gedeelte daarvan, as kontant neem.

Onthou dat jy heel waarskynlik belasting sal moet betaal op enige bedrag wat jy as kontant neem.

AFTREDE WEENS SWAK GESONDHEID

LAAT AFTREDE

Jy kan vroeg aftree. Jy kan vroeg aftree tot op die ouderdom van 55 jaar of 10 jaar voor die normale aftree-ouderdom, onderhewig aan ’n minimum van 50-jarige ouderdom. Jy moet ten minste twee derdes van jou fondskrediet gebruik om ’n pensioen te kry.

Jy kan vroeg aftree vanaf die ouderdom van 55 jaar of 10 jaar voor die normale aftree-ou-derdom, onderhewig aan ’n minimum ouder-dom van 50 jaar. Jy kan jou hele fondskredi-et, of ’n gedeelte daarvan, gebruik om ’n pensioen te kry of kan dit in kontant neem.

Die fonds sal geen premies vir voordele aftrek wat lede slegs tot normale aftree-ouderdom dek nie. Dit beteken dat jy moontlik nie deur die fonds ’n ongeskiktheidsvoordeel of begrafnisvoordeel sal hê nie, maar jy sal moontlik doodsdekking hê indien jy jou normale aftree-ouderdom bereik het, maar nog nie afgetree het nie. Jou normale aftree-ouderdom is die ouderdom wat jou werkgewer vasgestel het as die ouderdom waarop jy moet aftree. Hierdie ouderdom word in die spesiale reëls en in die bepalings van jou dienskontrak uiteengesit.

Jy kan jou aftreevoordeel later neemJy kan die datum kies waarop jy uit jou aftreefonds tree. Dit beteken dat jy op jou gewone aftree-ouderdom uit jou werkgewer se diens tree, maar jy kan jy spaargeld vir aftrede in die fonds belê hou tot op ’n datum waarop jy besluit om die fonds te verlaat. Dit word jou uitsteldatum genoem.

Wat beteken dit? Indien jy aan die pensioenafdeling behoort Indien jy aan die voorsorgafdeling behoort

VROEË AFTREDE

Kry ’n pensioen by die fonds

Jy kan kies om ’n pensioen te kry wat uit die fonds betaal word. Dit is ’n lewende annuïteit en nie ’n gewaarborgde pensioen nie. Daar is baie ander maniere om ’n pensioen buite die fonds te kry.

Jy mag besluit hoeveel van jou geld jy elke jaar as inkomste sal trek, maar jou geld kan opraak indien jy te veel geld te vroeg trek. Die wet laat jou toe om elke jaar tussen 2,5% en 17,5% van jou geld te trek. Die fonds het interne limiete vasgestel op die inkomstebedrag wat jy kan ontvang. Jy kan die bedrag van jou inkomste een keer per jaar op dieselfde dag as wat jy afgetree het, verander.

Hierdie soort pensioen laat jou toe om geld aan jou begunstigdes soos gesinslede te bemaak indien jy sterf.

Dit is net geskik indien jy genoeg geld het om te belê. Jy moet ten minste R600 000 van jou geld in die fonds hê om vir jou pensioen te gebruik, nadat jy enige geld in kontant geneem het en belasting afgetrek is.

Jy sal jou pensioen later in ’n gewaarborgde pensioen buite die fonds kan omskep indien jy sou verkies om dit te doen.

Soorte aftrede

Kry finansiële advies

Dit is uiters belangrik om verstandig vir jou aftrede te beplan terwyl jy nog werk. Kry advies by ’n geregistreerde finansiële adviseur om jou te help met al jou beleggings- en spaarbesluite sodat jy seker kan maak dat jy genoeg geld vir jou aftrede het. Onthou, wanneer jy afgetree het, sal dit baie moeilik wees om die situasie reg te stel indien jy nie genoeg gespaar het nie – dit sal waarskynlik te laat wees, tensy jy op die een of ander manier kan aanhou werk. Beplan vooruit en kry deskundige raad.

Skakel die Alexander Forbes Individuele Adviessentrum by 0860 100 444 vir finansiële advies.

Belasting by aftredeDie fonds se Opsies wanneer jy die fonds verlaat-brosjure bevat die jongste inligting oor die belasting wat jy sal betaal wanneer jy die fonds verlaat. Jy kan ’n afskrif van hierdie boekie by jou Departement Menslike Hulpbronne of jou salarisafdeling kry sowel as op die fonds se webwerf https://www.alexanderforbes.co.za/umbrella-funds/retirement-fund. Die boekie is in Engels, Afrikaans en isiZulu beskikbaar.

Page 7: LEDEBOEKIE SKEP JOU - Alexander Forbes · Voor 1 Maart 2016 kon jy jou bydraes tot pensioenfondse van belasting aftrek, tot en met 7,5% van jou fondssalaris. Jy kon nie jou bydraes

76

MEMBER BOOKLET

Wat gebeur indien jy van werk verander

Indien jy bedank of afgedank of afgelê word, sal jou volle fondskrediet uitbetaal word.

Opsies wanneer jy die fonds verlaat

Indien jy die fonds verlaat voordat jy aftree, kan jy:

§jou geld in die fonds hou §jou geld na jou nuwe werkgewer se fonds oordra §jou geld na ’n bewaarfonds oordra §jou geld na ’n aftreeannuïteit oordra§jou geld na belasting as kontant neem

Opsies wanneer jy die Alexander Forbes Aftreefonds verlaat-brosjure

Jy kan in ons Opsies wanneer jy die fonds verlaat-brosjure meer uitvind oor wat jy met jou spaargeld vir aftrede kan doen wanneer jy die fonds verlaat. Jy kan ’n afskrif van die brosjure by jou Departement Menslike Hulpbronne of op die fonds se webwerf kry, naamlik: https://www.alexanderforbes.co.za/umbrella-funds/retirement-fund.

Finansiële adviseurs stem almal saam dat dit die beste opsie is om aan te hou geld spaar vir jou aftrede elke keer wanneer jy van werk verander. Op daardie manier sal jy dit uitstel om belasting te betaal en sal jy seker maak dat jou geld vir jou aftrede gehou word. ’n Finansiële adviseur kan jou help om aan te hou spaar vir jou aftrede.

Stel belasting uit

Jy kan dit uitstel om belasting op jou fondskrediet te betaal indien jy:§jou geld in die fonds hou §jou geld na jou nuwe werkgewer se fonds oorplaas

(behalwe as jy dit van die pensioenafdeling na ’n voorsorgfonds oordra – dit is omdat pensioen- en voorsorgfondse op verskillende maniere belas word)

§jou geld na ’n bewaarfonds oordra §jou geld na ’n aftreeannuïteit oordra

Indien jy kontant uit jou fondskrediet neem, sal jy onmiddellik belasting daarop moet betaal teen die belastingkoers wat op jou omstandighede van toepassing is wanneer jy dit onttrek. Dit is ook belangrik dat jy besef dat jy van voor af vir jou aftrede sal moet begin spaar indien jy ’n deel van of jou hele fondskrediet as kontant neem wanneer jy van werk verander.

Ongeskiktheidsvoordeel: ’n Voordeel wat uitbetaal word indien jy ongeskik raak. Dit kan gegee word deur ’n afsonderlike versekeringspolis wat deur die maatskappy besit word. In daardie geval sal dit nie uit die Alexander Forbes Aftreefonds betaal word nie. Die premie sal egter gebruik word om die bydrae tot jou spaargeld vir aftrede te bereken.

Begrafnisvoordeel: Geld wat uitbetaal word om te help met begrafnisuitgawes indien jy sterf, of indien jou eggenoot of een van jou kinders sterf. Dit word voorsien deur ’n afsonderlike versekeringspolis wat deur die werkgewer besit word en word nie uit die Alexander Forbes Aftreefonds betaal nie. Die premie kan egter gebruik word om die bydrae tot jou spaargeld vir aftrede te bereken.

Hou jou geld in die fonds

Jy kan kies om jou geld in die fonds belê te hou wanneer jy bedank, of indien jy afgelê of afgedank word. Daar is geen minimum bedrag wat jy in die fonds moet hê om van hierdie opsie gebruik te maak nie.

Jou geld sal steeds in die beleggingsportefeulje belê bly asook in die beleggingstrategie waarin jy belê was toe jy gewerk het, tensy jy in ’n geslote portefeulje belê is, wat nie in die Infonds-bewaaroplossing beskikbaar sal wees nie.

Indien jy jou geld in die fonds belê hou, kan jy nie aanhou om tot die fonds by te dra nie. Jy kan later geld uit ’n ander werkgewer se fonds of uit ’n bewaarfonds na die fonds oordra.

Indien jy jou geld in die fonds gelos het toe jy van werk verander het, kan jy nog steeds kies dat jou geld later aan jou uitbetaal word, maar teen daardie latere stadium sal jy al jou geld uit die fonds moet neem. Jy kan ook kies dat ’n gedeelte van die geld op daardie latere stadium aan jou uitbetaal word, en die res (of die volle voordeel) kan ook na ’n ander fonds of bewaarfonds oorgedra word, maar jy kan egter daarna nie weer by die fonds aansluit nie.

Hoe om jou geld in die fonds te hou

Jy sal die toepaslike afdeling van die Alexander Forbes-onttrekkingsvorm moet invul.

Sê vir jou werkgewer wat jy met jou spaargeld vir aftrede wil doen

Dit is jou verantwoordelikheid om betyds vir jou werkgewer te sê wat jy met jou fondskrediet wil doen. Dit is belangrik om onafhanklike, deskundige advies te kry om die opsie te kies wat die doeltreffendste ten opsigte van belasting sal wees. Indien jy hulp nodig het, kan jy met die Alexander Forbes Individuele Adviessentrum praat by 0860 100 444.

Page 8: LEDEBOEKIE SKEP JOU - Alexander Forbes · Voor 1 Maart 2016 kon jy jou bydraes tot pensioenfondse van belasting aftrek, tot en met 7,5% van jou fondssalaris. Jy kon nie jou bydraes

ALEXANDER FORBES RETIREMENT FUND

8

Fill out your nomination of beneficiaries form. The nomination of beneficiaries form is not a will or a testament, but an expression of wish. The trustees use the details on the form as a guide to share out your death benefit payment. It’s their legal duty to share out your death benefit fairly with the focus on providing for your dependants.

Keeping your nomination of beneficiaries form updated makes it easier for the management committee and trustees to find out who your dependants and nominees are.

If your nomination of beneficiaries form is outdated or incomplete, the trustees’ decision could be different from what you would have wanted to happen with your death benefit. This is what makes it ‘an expression of your wishes’ and not a legally binding will. That’s why it’s so important to update this form every time there’s a major change in your life (like when marry, divorce or have a child).

You can get these forms from your human resources department or register online at www.alexanderforbes.co.za under Online Services. When you’ve updated it, return it to your human resources department to keep in your employee file or complete it online at www.alexanderforbes.co.za.

Wat jou gesin sal kry indien jy sterf

Jou gesin sal ’n voordeel uit die fonds kry indien jy sterf.

Indien jy sterf terwyl jy vir jou werkgewer werk, sal jou begunstigdes ’n bedrag kry wat bestaan uit:§jou fondskrediet§die versekerde voordeel soos uiteengesit in die opsomming

van voordele wat jy saam met hierdie boekie gekry het (indien van toepassing).

Hierdie geld word die doodsvoordeel genoem.

Die doodsvoordeel sal belas word voordat dit uitbetaal word. Die bedrag van die belasting en die manier waarop die voordeel uitbetaal word, sal afhang van die belastingwette wat geld wanneer jy sterf. Die belastingkoers vir doodsvoordele is dieselfde as vir kontantonttrekkings by aftrede. Vir meer inligting, sien asseblief die Opsies wanneer jy die fonds verlaat-brosjure wat by jou Departement Menslike Hulpbronne of aanlyn by www.alexanderforbes.co.za onder Online Services of by die fonds se webwerf https://www.alexanderforbes.co.za/umbrella-funds/retirement-fund beskikbaar is.

Hoe jou doodsvoordeel verdeel word

Die wet sê dat die trustees van die fonds moet besluit hoe om jou doodsvoordeel tussen jou afhanklikes en genomineerdes te verdeel. Hulle moet meer oor al jou afhanklikes uitvind en besluit hoe om jou voordeeluitbetaling regverdig te verdeel. Hulle sal jou vorm vir die nominasie van begunstigdes in ag neem, en die bestuurskomitee van jou fonds kan hulle met inligting help, maar die trustees het die laaste sê.

Die verskil tussen ’n afhanklike en ’n genomineerde

Afhanklike: Enigiemand vir wie jy ingevolge die wet verantwoordelik is vir finansiële ondersteuning of enigiemand vir wie jy nie ingevolge die wet vir finansiële ondersteuning verantwoordelik is nie, maar wat in werklikheid finansieel van jou afhanklik is. Dit sluit jou eggenoot sowel as alle biologiese en aangenome kinders in.

Genomineerdes: Mense of organisasies wat jy in jou vorm vir die nominasie van begunstigdes benoem (skriftelik kies) om jou doodsvoordeel te deel – hulle is nie wettige of feitelike afhanklikes nie.

Eggenoot: Jou eggenoot is die persoon met wie jy getroud is ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing, ingevolge die wette van jou godsdiens of met wie in ’n gewoonteverbintenis is of saam met wie jy in ’n langtermynverhouding woon.

Page 9: LEDEBOEKIE SKEP JOU - Alexander Forbes · Voor 1 Maart 2016 kon jy jou bydraes tot pensioenfondse van belasting aftrek, tot en met 7,5% van jou fondssalaris. Jy kon nie jou bydraes

LEDEBOEKIE

9

Hoe jou fonds bestuur word

Die raad van trustees bestuur die sambreelfonds. Elke deelnemende werkgewer het sy eie bestuurskomitee. Die raad van trustees sowel as die bestuurskomitee moet die lede se belange beskerm.

Die raad van trustees

Die trustees bestuur die fonds ingevolge die wet en die algemene reëls van die fonds. Die raad van trustees bestaan uit:§drie interne trustees wat deur Alexander Forbes

aangestel word§drie eksterne beroepstrustees wat onafhanklik van Alexander

Forbes is en wat vaardigheid, kennis en ondervinding in verskillende aspekte van die aftreefondsbedryf het.

Die trustees besluit ook oor die reeks beleggingsopsies wat aan die verskillende behoeftes van die fonds se lede sal voldoen. Uit hierdie groot verskeidenheid kies jou bestuurskomitee dan die mees gepaste opsies vir jou lidmaatskap. Jy kan meer besonderhede oor die beleggingsportefeulje of -portefeuljes wat jou bestuurskomitee vir jou lidmaatskap gekies het, vind in die opsomming van voordele wat jy saam met hierdie boekie gekry het.

Die bestuurskomitee

Jou bestuurskomitee bestaan uit verteenwoordigers van jou werkgewer wat deur jou werkgewer aangestel is asook verteenwoordigers wat deur die lede verkies is. Hierdie verteenwoordigers staan aan die stuur van die dag-tot-dag bestuur van die werkgewer se afdeling van die Alexander Forbes Aftreefonds.

Die raad van trustees gee leiding aan die bestuurskomitee, en die bestuurskomitee help die trustees met hul pligte. Die bestuurskomitee neem byvoorbeeld besluite oor hoe u bydraes belê moet word, kies die versekeraar vir u doodsvoordele, ongeskiktheidsvoordele en begrafnisvoordele (indien van toepassing) en help met die ondersoeke vir verdeling van die doodsvoordele. Die bestuurskomitee maak ook seker dat die fondskommunikasie jou bereik.

Die fonds se konsultante en administrateurs

Die trustees het Alexander Forbes Financial Services aangestel om advies te voorsien, die fonds te bestuur, rekords te hou, die fonds se bates te belê en uitbetalings aan lede te doen.

Die reëls van die fonds

Daar is ’n stel algemene reëls wat op alle lede van die Alexander Forbes Aftreefonds van toepassing is. Die trustees besluit oor die reëls, wat sê hoe die fonds moet werk en ook ’n raamwerk vir al die aktiwiteite van die fonds verskaf. Die voordele wat op jou van toepassing is, word in die spesiale reëls vir jou deelnemende werkgewer uiteengesit. Die bestuurskomitee vir elke deelnemende werkgewer se afdeling besluit oor die spesiale reëls vir daardie deel van die fonds.

Die spesiale reëls sit uiteen wie by die fonds kan aansluit, die bydraekoers, die versekerde voordele, die normale aftree-ouderdom en ander kwessies wat spesifiek van toepassing is op jou werkgewer se deelname aan die fonds.

Bestudeer die fonds se reëls

Ons kan nie in hierdie boekie vir jou al die besonderhede gee van hoe die fonds in elke situasie werk nie. Ons het probeer om hierdie gids so akkuraat en so maklik verstaanbaar as moontlik te maak.Indien daar enige verskille is tussen die inligting in hierdie boekie of die opsomming van voordele en die amptelike reëls of beleid van die fonds, sal die reëls en beleid altyd korrek wees.

Jy het die reg om ’n afspraak te maak om die fonds se reëls te sien. Jy kan dit by jou werkgewer se kantoor of by die geregistreerde adres van die fonds kry. Jy sal die geregistreerde adres aan die einde van hierdie boekie kry.

Indien daar ’n dispuut is, sal die dispuutoplossingsmetode wat in die reëls van die fonds verduidelik word, van toepassing wees.

Page 10: LEDEBOEKIE SKEP JOU - Alexander Forbes · Voor 1 Maart 2016 kon jy jou bydraes tot pensioenfondse van belasting aftrek, tot en met 7,5% van jou fondssalaris. Jy kon nie jou bydraes

ALEXANDER FORBES RETIREMENT FUND

1110

Wie om te kontak

Indien jy enige vrae oor jou fondsvoordele het, kontak asseblief jou Departement Menslike Hulpbronne of:

§skakel die Alexander Forbes-kliëntekontaksentrum by 0860 100 333 Maandag tot Vrydag tussen 08:30 en 17:30

Stuur ’n e-pos aan AFRF by:•Comprehensive & Customised [email protected]•Core: [email protected]•Base: [email protected]

§stuur ’n faks aan 011 263 2260

Fondsnaam: Alexander Forbes Retirement Fund

Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor- (FSCA) registrasienommer:

12/8/34768 (Pensioenafdeling) 12/8/34766 (Voorsorgfondsafdeling)

Geregistreerde adres: Alexander Forbes, Wesstraat 115, Sandton

Let wel: Alhoewel ons versigtig was om korrekte inligting te verskaf, aanvaar Alexander Forbes en sy direkteure, beamptes en werknemers geen verantwoordelikheid vir enige optrede op grond van hierdie inligting nie, wat alles finansiële advies vereis.

1

2

3

4

5

Elke lid kry gereelde kommunikasie

Dit is belangrik om alles oor jou fondskrediet in die Alexander Forbes Aftreefonds te weet en op hoogte te bly van veranderinge in die aftreefondsbedryf wat jou beplanning vir aftrede kan beïnvloed. Jy kan dit doen deur die gereelde nuusbriewe en state te lees wat jy as lid van die fonds sal ontvang.

AF Online – inligting byderhand

Jy kan ook by Alexander Forbes registreer vir aanlyn toegang tot jou rekords in die fonds deur te registreer by www.alexanderforbes.co.za onder Online Services. Met AF Online kan jy die jongste inligting kry net wanneer jy dit wil hê. Jy kan registrasiebesonderhede by die Alexander Forbes-inbelsentrum by 0860 100 333 kry.

’n Lys van die kommunikasie wat jy as ’n lid van die fonds sal kry

Voordelestaat Een keer per jaar ontvang jy hierdie staat met jou

lidbesonderhede en hoe jou voordeel bereken word indien jy bedank, aftree of ongeskik sou word, sowel as die bedrag wat jou gesin sal kry indien jy sterf terwyl jy nog ’n lid van die fonds is.

Projeksiestaat Die projeksiestaat gee verskillende geskatte bedrae

van hoeveel geld jy waarskynlik gespaar het om jou met jou finansiële beplanning te help – dit wys nie gewaarborgde bedrae nie. Dit is ook elektronies beskikbaar indien jy vir AF Online registreer.

Beleggingstate (indien jou bestuurskomitee dit kies)

Jy sal dit kwartaalliks ontvang, gebaseer op jou werkgewer se verjaringsdatum. Dit wys vir jou elke drie maande hoe jou beleggings presteer het en hoeveel geld jy in jou fondskrediet het. Jy sal die verjaringsdatum vind in die opsomming van voordele wat jy saam met hierdie boekie kry.

Trusteeverslag Hierdie verslag gee ’n oorsig van wat gedurende die

vorige jaar in die fonds gebeur het, wie die trustees is sowel as inligting oor enige veranderinge in aftreefondswetgewing wat die fonds moontlik kan raak.

Nuusbrief (AFRFinfo) Jy sal elke drie maande hierdie nuusbrief vol nuttige

artikels oor persoonlike finansies en nuus oor die fonds ontvang.

Page 11: LEDEBOEKIE SKEP JOU - Alexander Forbes · Voor 1 Maart 2016 kon jy jou bydraes tot pensioenfondse van belasting aftrek, tot en met 7,5% van jou fondssalaris. Jy kon nie jou bydraes

LEDEBOEKIE

1110

Page 12: LEDEBOEKIE SKEP JOU - Alexander Forbes · Voor 1 Maart 2016 kon jy jou bydraes tot pensioenfondse van belasting aftrek, tot en met 7,5% van jou fondssalaris. Jy kon nie jou bydraes

Krediete: Alexander Forbes Kommunikasie (produksie) | Getty Images (beelde)

17845-MB-2019-10-30

HoofkantoorWesstraat 115, Sandton Posbus 787240Sandton, 2146Tel: +27 (0)11 269 0000

BloemfonteinReidstraat 8–10 WestdenePosbus 12731Brandhof, 9324Tel: +27 (0)51 403 6500

KaapstadSearlestraat, WoodstockPosbus 253 Kaapstad, 8000Blok A The BoulevardTel: +27 (0)21 401 9300

DurbanAlexander Forbes Place Torsvalesingel 10Torsvalepark, La Lucia Ridge Kantoorpark La LuciaPosbus 782Umhlanga Rocks, 4320Tel: +27 (0)31 573 8000

Oos-LondenEerste vloer Short Mill House Quarry KantoorparkQuartziterylaan, BereaPosbus 19367Tecoma, 5214Tel: +27 (0)43 701 4800

GeorgeBeacon PlaceMeadestraat 125, GeorgePosbus 280George, 6530Tel: +27 (0)44 801 9500

NelspruitBlok 4A Vlak 3 Crossings Kantoorparkh.v. Samora Machel en Madibarylaan, NelspruitPosbus 2387Nelspruit, 1200Tel: +27 (0)13 756 8300

PietermaritzburgAlexander Forbes-gebouHighgaterylaan, Redlands EstateGeorge McFarlanelaan 1, WembleyPosbus 11105Dorpspruit, 3206Tel: +27 (0)33 341 9000

Port ElizabethKaapweg 256 NewtonparkPosbus 27972Greenacres, 6057Tel: +27 (0)41 392 8300

PretoriaAlexander Forbes House Clarkstraat 189, BrooklynPosbus 2435 Menlopark 0102Tel: +27 (0)12 452 7000

StellenboschDorpstraat 40 StellenboschPosbus 501Stellenbosch, 7599Tel: +27 (0)21 809 3600