Top Banner
1 WOORDORDE WAT IS: S(v)TOMP(v)I ? S = SUBJECT (v) = (eerste) werkwoord (verb) T = TYD WANNEER? (WHEN?) = vandag, môre, gister ... O = OBJECT M = MANIER/WYSE HOE? (HOW? / MANNER) = per motor, per bus, lekker P = PLEK WAAR? (WHERE?) = by die skool, op die strand, hier ... (v) = tweede werkwoord (verb) I = INFINITIEF (INFINITIVE) = om... te... TEENWOORDIGE TYD (Present Tense) S (v) T O M P I subject (onderw.) wie? (verb) (ww.) time (tyd) wanneer? object (voorw.) wat? manner (wyse) hoe? place (plek) waar? infinitive (om... te...) hy skop vandag die bal ver in die tuin om te oefen VERLEDE TYD (Past Tense) S (v) T O M P I subject (onderw.) wie? (verb) (ww.) time (tyd) wanneer? object (voorw.) wat? manner (wyse) hoe? place (plek) waar? infinitive (om... te...) hy het vandag die bal ver in die tuin geskop om te ... TOEKOMENDE TYD (Future Tense) S (v) T O M P I subject (onderw.) wie? (verb) (ww.) time (tyd) wanneer? object (voorw.) wat? manner (wyse) hoe? place (plek) waar? infinitive (om... te...) hy sal vandag die bal ver in die tuin skop om te ...
15

WOORDORDE WAT IS: S(v)TOMP(v)I - Grey College...Saam met “ ’n mens” gebruik ons “jy” of “jou”. Voorbeeld: a) ’n Mens moet gereeld jou huiswerk doen, anders is jy in

Oct 17, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: WOORDORDE WAT IS: S(v)TOMP(v)I - Grey College...Saam met “ ’n mens” gebruik ons “jy” of “jou”. Voorbeeld: a) ’n Mens moet gereeld jou huiswerk doen, anders is jy in

1

WOORDORDE WAT IS: S(v)TOMP(v)I ? S = SUBJECT

(v) = (eerste) werkwoord (verb)

T = TYD WANNEER? (WHEN?) = vandag, môre, gister ...

O = OBJECT

M = MANIER/WYSE HOE? (HOW? / MANNER) = per motor, per bus, lekker

P = PLEK WAAR? (WHERE?) = by die skool, op die strand, hier ...

(v) = tweede werkwoord (verb)

I = INFINITIEF (INFINITIVE) = om... te...

TEENWOORDIGE TYD (Present Tense)

S (v) T O M P I

subject (onderw.)

wie?

(verb) (ww.)

time (tyd) wanneer?

object (voorw.)

wat?

manner (wyse) hoe?

place (plek) waar?

infinitive (om... te...)

hy skop vandag die bal ver in die tuin om te oefen

VERLEDE TYD (Past Tense)

S (v) T O M P I

subject (onderw.)

wie?

(verb) (ww.)

time (tyd) wanneer?

object (voorw.)

wat?

manner (wyse) hoe?

place (plek) waar?

infinitive (om... te...)

hy het vandag die bal ver in die tuin geskop om te ...

TOEKOMENDE TYD (Future Tense)

S (v) T O M P I

subject (onderw.)

wie?

(verb) (ww.)

time (tyd) wanneer?

object (voorw.)

wat?

manner (wyse) hoe?

place (plek) waar?

infinitive (om... te...)

hy sal vandag die bal ver in die tuin skop om te ...

Page 2: WOORDORDE WAT IS: S(v)TOMP(v)I - Grey College...Saam met “ ’n mens” gebruik ons “jy” of “jou”. Voorbeeld: a) ’n Mens moet gereeld jou huiswerk doen, anders is jy in

2

WOORDORDE

Doen die volgende oefeninge.

1. Die seun (oor die telefoon, met die meisie, vanmiddag, praat)

2. Die kind (mooi blomme, gestuur, vir haar, met haar verjaarsdag, het)

3. Die stout leerling (by die huis, haar boek, vergeet, elke dag)

4. Die man (die vrou, neem, elke dag, na die restaurant, naby die huis)

5. Die bestuurder (gepraat, met die seun, in die bank, het, gister)

Begin met die onderstreepte gedeelte

6. Die rugbyspelers speel vandag ’n baie mooi wedstryd.

7. Die brief het gister eers by die mense aangekom.

8. Die seuns kon nie die vakansie huis toe gaan nie.

9. Hy het die vorige dag hokkie gespeel om die span te haal.

Page 3: WOORDORDE WAT IS: S(v)TOMP(v)I - Grey College...Saam met “ ’n mens” gebruik ons “jy” of “jou”. Voorbeeld: a) ’n Mens moet gereeld jou huiswerk doen, anders is jy in

3

VOEGWOORDE (CONJUCTIONS – JOINING OF SENTENCES) Wenk: Die posisie van die werkwoord(e) en die onderwerp is belangrik.

GROEP 1 GROEP 2 GROEP 3

WAT GEBEUR IN DIE SIN: 1 Geen verandering in die woordorde nie.

2 Eerste sin, voegwoord, dan die werkwoord.

3 Eerste sin, voegwoord, werkwoorde aan die einde.

, maar (M) of (or) (O) , want (W) en (E) , dog (yet) (D) (M.O.W.E.D.-reël)

sowel ... as (as well as) nog ... nog (neither ... nor) of ... of (either ... or) ; inteendeel (on the contrary) ; trouens (in fact)

; dus (therefore) D ; daarom (therefore) D ; derhalwe (therefore) D ; anders (otherwise) A ; daarna (thereafter) D , dan (then) D Intussen (in the meantime) I Nietemin (nevertheless) N Gevolglik (consequently) G , al (although) A , nou (now) N ; nogtans (nevertheless) N ; tog (yet) T , toe (then) T (3Ds ADDING ANNTT)

dat woorde: omdat sodat voordat nadat wat + woorde met wat: waarin waarmee waarvoor waarom toe (when – past tense) of (if) wanneer( when – future tense) as (if) aangesien (because) sodra (as soon as) terwyl (while) hoewel (although) alhoewel (although) hoekom (why) sedert (since) indien (in case)

Werkwoorde (verbs) L E E R E N V E R S T A A N !!

A) sal sou

wil wou

kan

kon

mag ----

moet moes

B) is, was, word, het

C) hoofwerkwoorde: (main verbs, doing words) slaap, loop, eet, gaan, swem, sit, breek, leer, slaan

Page 4: WOORDORDE WAT IS: S(v)TOMP(v)I - Grey College...Saam met “ ’n mens” gebruik ons “jy” of “jou”. Voorbeeld: a) ’n Mens moet gereeld jou huiswerk doen, anders is jy in

4

VOEGWOORDE

Oefeninge

1. Die leerling wil na skool bly. Hy is lief vir atletiek. (want)

2. Hulle het hard gewerk. Hulle het nie baie goed gedoen nie. (dog)

3. Die man se dogter was siek. Hy het die dokter ontbied. (dus)

4. Hy kan nie ry nie. Sy fiets is stukkend. (aangesien)

5. Ons sal vanaand wil kom kuier. Dit is nie baie koud nie. (as)

6. Julle moet gou maak. Julle sal laat vir skool wees. (anders)

7. Josh wil graag met Sandy dans. Hy hou van haar. (omdat)

8. Die seun is te skaam. Santie het hom maar gevra. (dus)

9. Hy kan nie gaan nie. Jy sal die klere vir hom maar moet bring.

(daarom)

10. Sy kennis is te swak. Hy het die toets gedop. (dus)

Page 5: WOORDORDE WAT IS: S(v)TOMP(v)I - Grey College...Saam met “ ’n mens” gebruik ons “jy” of “jou”. Voorbeeld: a) ’n Mens moet gereeld jou huiswerk doen, anders is jy in

5

ONTKENNING / NEGATIEF

A KORT SINNE: (sinne met net ’n onderwerp en ’n werkwoord)

1 Onderwerp en werkwoord: Kry net een negatief.

Ek speel. Ek speel nie.

Die seun speel. Die seun speel nie.

2 Onderwerp, werkwoord + : Kry ’n dubbele (twee) negatiewe.

Ek speel lekker. Ek speel nie lekker nie.

Die seun speel lekker. Die seun speel nie lekker nie. *1

*1 die eerste negatief kom net na die werkwoord; die ander kom aan die einde.

3 Onderwerp, werkwoord, + voornaamwoord (vnw.) (pronoun)

Hy slaan my. Hy slaan my nie. *2

Hy slaan my hard. Hy slaan my nie hard nie. *3

*2 net een negatief ná die voornaamwoord.

*3 langer sin met die vnw. – die negatief

B BEVELE: (commands)

Moenie = moet + nie (do + not = don’t)

(“moet” laat die werkwoord na die einde van die sin gaan.)

Voorbeelde:

Sit op die stoel (!) Moenie op die stoel sit nie (!) (ww. aan die einde)

Was die bak (!) Moenie die bak was nie (!) (ww. aan die einde)

C SINNE MET “ASSEBLIEF”:

Geen sin in Afrikaans begin met “asseblief” nie.

Voorbeeld:

Was asseblief die skottelgoed. Moenie die skottelgoed was nie,

asseblief.

ÓF

Moet asseblief nie die skottelgoed

was nie.

*WENK: Dit is altyd makliker om die “asseblief” aan die einde van die sin te sit.

Page 6: WOORDORDE WAT IS: S(v)TOMP(v)I - Grey College...Saam met “ ’n mens” gebruik ons “jy” of “jou”. Voorbeeld: a) ’n Mens moet gereeld jou huiswerk doen, anders is jy in

6

LEER DIE VOLGENDE NEGATIEWE

WOORD NEGATIEF

al (all)

al (already)

nie al .... nie

nog nie ... nie

al êrens nog nêrens ... nie

al iemand nog niemand ... nie

al iets nog niks ... nie

al iewers nog nêrens/nog iewers ... nie

al ooit (ever) nog nooit ... nie

albei (both) nie albei/geeneen ... nie

almal (everyone) niemand/geeneen ... nie / nie almal ... nie

alreeds (already) nog nie ... nie

altyd (always) nooit ... nie

beide (both) ... en (and) nog ... nog

elkeen (everyone) nie elkeen/geeneen ... nie

enige (any) geen ... nie

êrens (somewhere) nêrens ... nie

heeltemal (totally) glad ... nie

iemand (someone) niemand ... nie

iets (something) niks ... nie

iewers (somewhere) nêrens ... nie

nog altyd nie meer ... nie

nog/nog steeds/steeds nie meer ... nie

óf ... óf nog ... nog

ooit (ever) nooit ... nie

orals (everywhere) nêrens nie

sowel ... as (as well as) nog ... nog

MAAK JOU EIE AANTEKENINGE

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

Page 7: WOORDORDE WAT IS: S(v)TOMP(v)I - Grey College...Saam met “ ’n mens” gebruik ons “jy” of “jou”. Voorbeeld: a) ’n Mens moet gereeld jou huiswerk doen, anders is jy in

7

ONTKENNING / NEGATIEF

Oefeninge

1. Was daar al voorheen mense?

2. Is jou ma nog siek?

3. Het julle al ooit soveel huiswerk gekry?

4. Maak asseblief die deur toe.

5. Dit was ligter toe hy die kers aansteek.

6. Sy het nog appels in die kas.

7. Hy het gevra of hulle hom al ooit probeer help het.

Page 8: WOORDORDE WAT IS: S(v)TOMP(v)I - Grey College...Saam met “ ’n mens” gebruik ons “jy” of “jou”. Voorbeeld: a) ’n Mens moet gereeld jou huiswerk doen, anders is jy in

8

VOORNAAMWOORDE: (PRONOUNS – he, she, us, they)

SOORTE VOORNAAMWOORDE:

1 Persoonlike vnw. Ek, hy/sy, jy, ons, julle

2 Besitlike vnw. (Ek het ’n rok.) Dit is my rok; die rok is myne.

3 Betreklike vnw. Wat / Wie Ook: wat + in = waarin, waaruit, waarmee

(Kyk na die Inhoud van jou Reëlboek – dit word apart behandel.)

4 Vraende vnw. Wie? / Wat? / Vir wie? / Watter?

Onderwerp Voorwerp Besitlike vnw. Besitting

ENKELVOUD (SINGULAR)

Ek slaan hard. Piet slaan my. (me) Dit is my straf. (my) Dit is myne. (mine)

Hy slaan hard. Piet slaan hom. (him) Dit is sy straf. (his) Dit is syne. (his)

Sy slaan hard. Piet slaan haar. (her) Dit is haar straf. (her) Dit is hare. (hers)

Jy slaan hard. Piet slaan jou. (you) Dit is jou straf. (your) Dit is joune. (yours)

MEERVOUD (PLURAL)

Ons slaan hard. Piet slaan ons. (us) Dit is ons straf. (our) Dit is ons s’n. (ours)

Hulle slaan hard. Piet slaan hulle.

(them)

Dit is hulle straf. (their) Dit is hulle s’n.

(theirs)

Julle slaan hard. Piet slaan julle. (you

- plural)

Dit is julle straf. (your -

plural)

Dit is julle s’n. (yours

- plural)

U is welkom. Ons verwelkom u.

(you – formal)

Dit is u straf. (your -

formal)

Dit is u s’n. (yours -

formal)

ONTHOU He looks like me. = Hy lyk soos ek.

Page 9: WOORDORDE WAT IS: S(v)TOMP(v)I - Grey College...Saam met “ ’n mens” gebruik ons “jy” of “jou”. Voorbeeld: a) ’n Mens moet gereeld jou huiswerk doen, anders is jy in

9

WENK 1:

U is ’n formele vorm en word net gebruik as ’n vorm van respek vir iemand wat jy nie

goed ken nie en/of vir iemand wat jy nie op sy naam noem nie.

Voorbeeld: Mevrou, ek is bly u kon die vergadering bywoon.

WENK 2:

Saam met “ ’n mens” gebruik ons “jy” of “jou”.

Voorbeeld:

a) ’n Mens moet gereeld jou huiswerk doen, anders is jy in die moeilikheid.

b) As ’n mens jou gesin waardeer, sal jy gelukkig wees.

Jy en jou:

jy – word gebruik as onderwerp (Jy moet hard werk.)

jou – word gebruik om besitting aan te dui. (... jou boek)

– word as voorwerp gebruik (Ek wil jou iets te vertel)

– word gebruik in uitroepe (exclamations) Jou stouterd!

WENK 3: sy – manlik (his)

sy – vroulik (she)

Voorbeeld: Hy het sy*1 hemp gewas. (manlik: dui besitting aan!)

Sy*2 werk baie hard. (vroulik: vrouens doen al die werk.)

*1 sy + naamwoord (noun) = manlik

*2 sy + werkwoord (verb) = vroulik

WENK 4: In Afrikaans kry lewelose/geslaglose dinge altyd die manlike vorm.

Voorbeeld: Hier is die boek, ek het hom gister verloor.

Kyk na die tafel, sy poot is stukkend.

Tel jou skooltas op, ek gaan oor hom val.

ONTHOU:

He enjoyed himself. Hy het dit/die partytjie/die dag geniet.

Behave yourself. Gedra jou.

He dresses himself. Hy trek homself aan. (nie vir John nie) *

She dresses him. (the baby) Sy trek hom aan. *

He behaves himself. Hy gedra hom.

I’ll do it myself. Ek sal dit self doen. (nie “myself” nie)

*NB: “self” word net gebruik as dit iemand anders ook kan wees en nie net jy

nie.

Page 10: WOORDORDE WAT IS: S(v)TOMP(v)I - Grey College...Saam met “ ’n mens” gebruik ons “jy” of “jou”. Voorbeeld: a) ’n Mens moet gereeld jou huiswerk doen, anders is jy in

10

VOORNAAMWOORDE

Oefeninge

1. Dit is my boek, die boek is ________________.

2. Celine sing ___________ mooiste liedjie vir __________ man

omdat sy __________ baie lief het.

3. ’n Mens moet versigtig wees om nie ________________ vriende te

verloor nie, want dan sal ___________ baie alleen wees.

4. Ma bekommer ___________ oor ____________ kinders, want

___________ is nog klein.

5. Ek skryf nie in ___________ broer se dagboek nie, want dit is

___________.

6. Dit is die man ___________ gister ’n ongeluk gehad het met

__________ motor.

7. Die meisie _________ ________ hy verlief is, is baie mooi.

8. Albert het _________ motor aan _________ vriend verkoop.

9. Die meisie __________ __________ ek skryf, is nie in Durban

nie, maar woon by ___________ ouers in die Kaap.

10. Toe Frank nog jonk was, het _________ daarvan gehou om

________ ma se kos te eet.

Page 11: WOORDORDE WAT IS: S(v)TOMP(v)I - Grey College...Saam met “ ’n mens” gebruik ons “jy” of “jou”. Voorbeeld: a) ’n Mens moet gereeld jou huiswerk doen, anders is jy in

11

ONTHOU!

BY DIE INDIREKTE REDE:

Is daar geen aanhalingstekens (“ ”) of dubbelpunt (:) nie.

MOENIE AAN DIE TYD VERANDER NIE!

VERANDER:

o die woordorde ná DAT – werkwoorde aan die einde.

o verander die voornaamwoorde – hy, sy, julle, ens.

BY BEVELE (commands): gebruik MOET.

BY VRAE/WONDER: gebruik OF ... (groep 3-woordorde)

NOG VOORBEELDE:

1. Jan sê: “Ek gaan gaan môre dorp toe.”

Jan sê hy gaan môre dorp toe. (sonder ’n DAT)

Jan sê dat hy môre dorp toe gaan. (met ’n DAT, gaan die werkwoord na die

einde toe)

2. Pieter het gesê: “Ek wil vandag see toe gaan.”

Pieter het gesê hy wil vandag see toe gaan. (sonder DAT)

Pieter het gesê dat hy vandag see toe wil gaan. (met DAT)

3. Susan vra: “Kan ek die naweek partytjie toe gaan?”

Susan vra of sy die naweek partytjie toe kan gaan.

4. Steven vra: “Wie het die moord gepleeg?” (die vraag het sy eie vraagwoord)

Steven vra wie die moord gepleeg het. (nie of nie; die werkwoorde gaan nog

na die einde van die sin.)

5. Pa beveel: “Sarie, was jou gesig!”

Pa beveel Sarie dat sy haar gesig moet was.

WENK 1 Moenie die TYD of enige ander woorde verander nie, net: hy, sy, ek

(ens.) en die woordorde as jy “dat” gebruik.

WENK 2 Dit maak nie saak watter bywoorde in die sin is nie, hou dit dieselfde.

(Voorbeeld: vandag bly vandag)

Page 12: WOORDORDE WAT IS: S(v)TOMP(v)I - Grey College...Saam met “ ’n mens” gebruik ons “jy” of “jou”. Voorbeeld: a) ’n Mens moet gereeld jou huiswerk doen, anders is jy in

12

DIE VOLGENDE PERSONE VERANDER

Ek / jy hy / sy (Kyk wie sê dit.)

Ons / julle hulle

Myne / joune syne / hare

Ons s’n / julle s’n hulle s’n

SKRYF DIE VOLGENDE IN DIE INDIREKTE REDE

1. Die vrou sê: “Ek eet soggens voor werk ontbyt.”

2. Cathy het gesê: “Ek gaan nou huis toe om te leer.”

3. Die man het gesê: “Ek en my vrou is twintig jaar getroud.”

4. Pa skree: “Ek het dit nie geweet nie!”

5. Die meisie vra: “Wat eet ons vanaand, Ma?”

6. Die onnie vra vir Piet: “Kan jy die werk vir my doen?”

7. Die seun sê: “Ek wil vanmiddag gaan swem.”

Page 13: WOORDORDE WAT IS: S(v)TOMP(v)I - Grey College...Saam met “ ’n mens” gebruik ons “jy” of “jou”. Voorbeeld: a) ’n Mens moet gereeld jou huiswerk doen, anders is jy in

13

LYDENDE VORM (PASSIVE FORM)

Belangrik hier is: die tyd van die sin + die formule

LEER DIE FORMULES:

TEENW. TYD: WORD + (tyd, wyse) DEUR + (plek) GE------- (ww)

VERL. TYD: IS + (tyd, wyse) DEUR + (plek) GE------- (ww)

TOEK. TYD: SAL + (tyd, wyse) DEUR + (plek) GE------- (ww) + WORD

NB: Dit is ook die formule vir: wil/wou, kan/kon, mag, moet/moes, sou.

HOE OM DIT TE DOEN:

A) ’n SIN

Sin 1: Die seun skop vandag die bal op die veld.

Wie skop? die seun (onderwerp) die posisie van die onderwerp

Wat skop hy? die bal (voorwerp) en voorwerp ruil om (“swop

places”)

Tyd van die sin? Teenwoordige tyd (Formule!)

Antwoord 1:

(voorwerp) (tyd) (onderwerp) (plek) ww.

Die bal word vandag deur die seun op die veld geskop.

Sin 2: Hy het gister die hond in die tuin gewas.

Wie het gewas? hy (onderwerp)*

Wat het hy gewas? die hond (voorwerp)* *die 2 ruil posisies om

Tyd van die sin? Verlede tyd (Formule!)

Antwoord 2: (voorwerp) (tyd) (onderwerp) (plek) ww.

Die hond is gister deur hom in die tuin gewas.

Page 14: WOORDORDE WAT IS: S(v)TOMP(v)I - Grey College...Saam met “ ’n mens” gebruik ons “jy” of “jou”. Voorbeeld: a) ’n Mens moet gereeld jou huiswerk doen, anders is jy in

14

Sin 3: Die kinders sal môre die huiswerk deeglik doen.

Wie sal doen? die kinders (onderwerp)*

Wat het hy gewas? die huiswerk (voorwerp)* *die 2 ruil posisies om

Tyd van die sin? Toekomende tyd (Formule!)

Antwoord 3: (voorwerp) (tyd) (wyse) (onderwerp) ww.

Die huiswerk sal môre deeglik deur die kinders gedoen word.

LET WEL:

Die volgende persone (voornaamwoorde) sal verander:

Ek deur my bv. Die hond is deur my gebad.

Jy deur jou bv. Die hond is deur jou gebad.

Hy deur hom bv. Die hond is deur hom gebad.

Sy deur haar bv. Die hond is deur haar gebad.

B) ’n BEVEL (command)

Wenk 1: gebruik moet in jou sin.

Voorbeeld:

Was jou klere! Jou klere moet (deur jou) gewas word.

Pak die kas reg. Die kas moet reggepak word.

Maak kos. Kos moet gemaak word.

C) AS DAAR GEEN VOORWERP IS NIE – gebruik: daar

Voorbeeld: (onderwerp) (geen voorwerp)

Hulle skop op die veld. Daar word deur hulle op die veld geskop.

Die meisie sing mooi. Daar word mooi deur die meisie gesing.

D) ’n VRAAG

Teenwoordige tyd:

Eet hy die appel? Word die appel deur hom geëet?

Verlede tyd:

Het hy die appel geëet? Is die appel deur hom geëet?

Page 15: WOORDORDE WAT IS: S(v)TOMP(v)I - Grey College...Saam met “ ’n mens” gebruik ons “jy” of “jou”. Voorbeeld: a) ’n Mens moet gereeld jou huiswerk doen, anders is jy in

15

SKRYF DIE VOLGENDE IN DIE BEDRYWENDE VORM

1. Die son sal die vakansiegangers baie seer brand.

2. Ek lees elke vakansie ’n lekker boek.

3. Die onderwyser het die seun met die werk gehelp.

4. Jy moet die werk leer.

5. Die hoof maak ’n voorstel aan die onderwysers.

6. Die leerling moet môre die toets skryf.

7. Die diewe het die venster gebreek om in te klim.

8. Jy sal môre die bal in die winkel gaan koop.

9. Die onnie sal die toetse môre nasien.

10. Almal het die toetse geslaag.