WOUWTJIENUUS Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Donderdag, 18 April 2019 PAASNAWEEK Die skool sluit vandag, Donderdag, 18 April om 12:00 vir die Paasnaweek. Die Naskool is vandag oop vanaf 12:00 tot 17:30. Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie. Laerskool Anton van Wouw Vakature: Intersenfase-pos vanaf 9 Julie 2019 Belangstellende persone word genooi om aansoek te doen vir die betrokke pos. Die pos kan ’n Departementele- óf Beheerliggaampos wees. Indien die suksesvolle kandidaat tans ’n Departementele pos beklee, sal die roete van ’n inter-departementele oorplasing gevolg word. Vereistes: Kwalifikasie in Wiskunde, Natuurwetenskap of EBW sal dien as aanbeveling. Die geskikte kandidaat moet bereid wees om by buite-kurrikulêre aktiwiteite betrokke te raak. Meld asb. prestasies en ervaring. CV’S kan ingehandig word by Ontvangs (me. Simoné Wallace), of gestuur word na [email protected]Sluitingsdatum : Vrydag, 26 April 2019 VERKEER RONDOM SKOOL Die gedeelte van Langestraat wat om die rugbyveld loop, is ‘n een- rigtingstraat. Ons doen wééreens ‘n beroep op alle motor- bestuurders om NIE teen die verkeer te beweeg nie en ook nie in die pad stil te hou om kinders op– of af te laai nie. Dit veroorsaak onnodi- ge verkeersopeenhopings en stel die veiligheid van ander motoriste en voetgangers in gevaar. Ons versoek ook asseblief dat géén motors voor die skool se ingangs- hekke parkeer word nie. Die motorhek in Deystraat word deur ons personeel en kontrakteurs as in– en uitgang gebruik. Moet asb. nie hierdie ingang blokkeer nie (ook nie gedeeltelik nie). Géén parkering voor die ingangshekke word toegelaat nie - ook nie wanneer ‘n leerder net vinnig op– of afgelaai word nie. Die veiligheid van ons kinders is vir ons van kardinale belang. Bestuur asb. ekstra versigtig rondom die skool. Ons sal hierdie situasie moni- tor en streng optree teen enige persoon wat nié die padreëls gehoor- saam nie. VOORNEMENDE GR. 1-LEERDERS VIR 2020 Gr 1-aanlyninskrywings open op Ma. 13 Mei 2019 om 08:00. Verdere inligting sal binnekort aan u deurgegee word. OPEDAG Ons Opedag was ‘n gróót sukses! Baie dankie aan élke voor- nemende ouer wat dié dag bygewoon het. ‘n Woord van opregte dank aan elke personeellid vir hul harde werk, tyd en insette. ‘n Spesiale woord van dank aan me. Marica Botha en Mnr. Leon Wilden... sonder u hulp en organisasie sou dié dag nie moontlik gewees het nie.
10
Embed
Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...CV’S kan ingehandig word by Ontvangs (me. Simoné Wallace), of gestuur word na [email protected] Sluitingsdatum : Vrydag, 26 April 2019
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
1
WOUWTJIENUUS Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Donderdag, 18 April 2019
PAASNAWEEK Die skool sluit vandag,
Donderdag, 18 April om 12:00
vir die Paasnaweek.
Die Naskool is vandag oop
vanaf 12:00 tot 17:30.
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
Laerskool Anton van Wouw
Vakature: Intersenfase-pos vanaf 9 Julie 2019
Belangstellende persone word genooi om aansoek te doen vir die
betrokke pos. Die pos kan ’n Departementele- óf Beheerliggaampos
wees. Indien die suksesvolle kandidaat tans ’n Departementele pos
beklee, sal die roete van ’n inter-departementele oorplasing gevolg
word.
Vereistes:
Kwalifikasie in Wiskunde, Natuurwetenskap of EBW sal dien as
aanbeveling.
Die geskikte kandidaat moet bereid wees om by buite-kurrikulêre
aktiwiteite betrokke te raak. Meld asb. prestasies en ervaring.
CV’S kan ingehandig word by Ontvangs (me. Simoné Wallace), of
VERKEER RONDOM SKOOL Die gedeelte van Langestraat wat om die rugbyveld loop, is ‘n een-
rigtingstraat. Ons doen wééreens ‘n beroep op alle motor-
bestuurders om NIE teen die verkeer te beweeg nie en ook nie in die
pad stil te hou om kinders op– of af te laai nie. Dit veroorsaak onnodi-
ge verkeersopeenhopings en stel die veiligheid van ander motoriste en
voetgangers in gevaar.
Ons versoek ook asseblief dat géén motors voor die skool se ingangs-
hekke parkeer word nie. Die motorhek in Deystraat word deur ons
personeel en kontrakteurs as in– en uitgang gebruik. Moet asb. nie
hierdie ingang blokkeer nie (ook nie gedeeltelik nie). Géén parkering
voor die ingangshekke word toegelaat nie - ook nie wanneer ‘n leerder
net vinnig op– of afgelaai word nie.
Die veiligheid van ons kinders is vir ons van kardinale belang. Bestuur
asb. ekstra versigtig rondom die skool. Ons sal hierdie situasie moni-
tor en streng optree teen enige persoon wat nié die padreëls gehoor-
saam nie.
VOORNEMENDE
GR. 1-LEERDERS VIR 2020
Gr 1-aanlyninskrywings open op
Ma. 13 Mei 2019 om 08:00.
Verdere inligting sal binnekort aan u
deurgegee word.
OPEDAG Ons Opedag was ‘n gróót sukses!
Baie dankie aan élke voor-
nemende ouer wat dié dag
bygewoon het.
‘n Woord van opregte dank aan
elke personeellid vir hul harde
werk, tyd en insette.
‘n Spesiale woord van dank aan
me. Marica Botha en Mnr. Leon
Wilden... sonder u hulp en
organisasie sou dié dag nie
moontlik gewees het nie.
2
SATERDAG, 11 Mei 2019 Beste Ouer(s)
Ons nooi u graag uit na ons Verefees, op Saterdag,
11 Mei 2019.
Dié heerlike Verefees word jaarliks aangebied met die
doel om ‘n gesellige saamkuiergeleentheid vir al ons
Wouwtjie-gesinne te skep, maar ook om die
skooltrust se fondse aan te vul. Dié fondse word
vanjaar aangewend om AvW Pre-primêr se nuwe
uitbreiding te betaal (wat ‘n onmisbare voedingsbron vir die Laerskool is.)
Die hele ouergemeenskap word betrek by hierdie besonderse aand, wat bekend is vir héérlike kos en
kuier, opwindende kinderaktiwiteite en uitstallers.
Daar word ‘n graadhok vir elke graad op die rugbyveld gespan waarbinne die grade kuier, terwyl daar
lekker kos voorberei word. Die hok is onder beheer van ‘n gasvrou en hulp-gasvrouens.
U sal binnekort ‘n inligtingsbrief van u graad se gasvrou ontvang waarin ons skenkings en hulp vra
vir die hok. U hoef nie ‘n geldelike bydrae te maak nie!
Kinderaktiwiteite:
Verskeie pretrit-aktiwiteite van 14:00 tot 22:00.
Kosstalletjies:
Met allerhande lekker eet- en drinkgoed.
Uitstallers:
Verskeie stalletjies om die krieketblad.
Veiling:
Daar gaan ‘n opwindende veiling om 20:30 plaasvind. Indien u enigiets kan skenk, kontak asb. vir
Jaco van Heerden (082 415 9916)
‘n Paar voorbeelde:
Enigiets vir die mans : jagmes, jagbaadjie, 4x4- bykomstighede;
Enigiets vir die dames : spa, handsak, mooi-maak-goedjies;
Opgesaagde skaap, bok wat geskiet kan word;
Jagnaweek of vakansiehuis;
‘n Diens wat u kan lewer…
Verefees-kaartjies
Volwassekaartjie / Hoërskoolkind R160
Die kaartjie sluit ’n ete in.
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
Ons maak tyd vir jou kind
3
Ons maak tyd vir jou kind
SATERDAG, 11 Mei 2019
Program: Voorgereg word om 17:00 bedien.
Hoofgereg (Hoender op die spit met bykosse)
om 18:30
Nagereg om 20:00
Veiling om 20:30
Kinderkaartjie mét aktiwiteite R130
Aktiwiteite is van 14:00 tot 22:00
Kinders ontvang ‘n polsbandjie agter die Rekreasiesentrum.
Kinderkaartjie sónder aktiwiteite R50
Daar kan per rit kaartjies by die kaartjiekantoor gekoop word teen R10 elk.
Kinders onder 4 jaar: Gratis
Onthou om die volgende in te pak vir ’n lekker aand:
Opvoustoel
Eetgerei
Verversings
Warm baadjie
Kombersie vir die kinders wat vroeg moeg raak
Jou sprankelende persoonlikheid
Geldjie vir die veiling
Die Verefeeskaartjies word deur middel van die nuwe d6-toep gekoop. Volg asb.
die stappe soos op die ander bladsy uiteengesit is.
Onthou om almal in jou gesin se kaartjies saam te bring vir
toegang tot die feesterrein. Geen kaartjie, geen toegang.
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
4
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
5
Verefeeskaartjies in ‘n koevert wat Donderdag, 9 Mei, huis toe sal gaan.
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
6
Ons maak tyd vir jou kind
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
ENVIROUW EN HERWINNING
22 April: Aarde-dag
Aarde-dag word op 22 April herdenk. Die doel van dié dag is om mense bewus te maak van ons
omgewing en van die impak van bv. klimaatverandering en ontbossing op die natuur.
Kompetisietyd!
Ter bewusmaking van Aarde-dag, loods ons ‘n kompetisie waar leerders ‘n voorstelling uit herwinbare
materiaal kan maak. Raak kreatief, Wouwtjies! Gebruik herwinbare materiaal om natuurbewaring of
omgewingsbewustheid uit te beeld. (Bv. Die belangrike rol van bye in die natuur; renosters wat kritiek
bedreig word.) Maak ‘n plakkaat of uitbeelding.
Pryse sal gegee word aan die mees kreatiewe uitbeeldings.
24-25 Mei - GGA/N Noordpos - Gr. 1 tot 7 (Gr. 1-3 net Saterdag)
17-19 Mei - GGN Oord Goudrand (Gr. 4 - Ruimtewaarneming;
Gr. 6-Sterrekunde). Bespreek betyds hierdie is baie gewild!
Ons oord se liggieloop sal weer op Hemelvaartdag, 30 Mei, plaasvind. Hou solank die
datum oop.
Voriegroete
Pieter van der Zwaard
082 556 3596
Eco-Schools het Laerskool
Anton van Wouw met ‘n
Platinum Dekade-
toekenning vereer vir ons
strewe na ‘n gesonde
omgewing en
geheelskoolontwikkeling!
7
Ons maak tyd vir jou kind
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
Baie geluk aan die volgende leerders met hul pragtige kultuurprestasies!
Naam Instansie Kategorie Prestasie
Nina Broschk ISTD Moderne dans Gr.1 80% onderskeiding
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
RUGBY o.12 en o.13 streekspanne
Hartlik geluk aan die volgende seuns wat vir die volgende
WOUWTJIES WAT WOEKER! Hartlik geluk aan die volgende twee atlete met hul puik prestasies:
Megan Nieman:
Biathles: Megan behaal ‘n eerste plek tydens die Noord-Gauteng distrikskampioenskappe. Sy behaal
ook ‘n 3de plek tydens die Gauteng-kampioenskappe. Sy dring deur na die Suid-Afrikaanse byeen-
koms waar sy Gauteng gaan verteenwoordig gedurende Junie, in Durban.
Ruan Nieman:
Biathles: Ruan behaal ‘n 3de plek tydens die Noord-Gauteng distrikskampioenskappe, en ‘n 8ste plek
tydens die Gauteng Kampioenskappe.
Swem: Ruan het onlangs die volgende puik prestasies as lid van die Diadora Swemklub behaal:
Aquatics Gauteng Vlak 1 kampioenskappe: 3de plek 100m borsslag en 3de plek 50m borsslag
Welgedaan, Megan en Ruan!
Op Vry. 10 Mei speel
ons Eerstespan ‘n
voorwedstryd op Loftus
Versfeld, waarna die Bulls
en die Crusaders mekaar
die stryd aansê!
9
Ons maak tyd vir jou kind
at wou jy adverteer? Jy kan ook in die Wouwtjienuus adverteer! Kontak: [email protected]
LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
Ultimate Upholstery Meubels herstoffering
Maak van kussings
Ottomans/headboards
Pelmits
Gordyne en blindings
Binnehuisversiering
CHRISTA: 082 376 7605
CUPCAKES & KOEK
Mooiste cupcakes/koek
op bestelling gebak.
Enige ontwerp/styl
Kontak: 082 442 8099
Ekstra klasse:
Eng/Afr/Wisk Op die terrein van L/s AvW
(Gr. 1-7)
Lynette Pretorius
0824456781
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
VOERTUIG-
LISENSIES
EK KAN HELP!! Hernuwing /
Registrasies
De-registrasie /
Nommerplate
Verander van ander
provinsie na Gauteng
Cas: 082 431 5073 /
012 807 5162
Ultimate Kitchens Kombuise
Ingeboude kaste
Studeerkamers
Dry-walling en Plafonne
Teëlwerk en Verfwerk
3D-program.
GRATIS KWOTASIES
Glen Lord: 0827882772
TUINWOONSTEL TE HUUR (GROENKLOOF) 2 slpk. ten volle gemeubileerd, plus DSTV en Wifi. R7000 pm (water en elek. ingesluit). Vir volledige inligting, kontak: Me. A Hogewind 0829091619 / 012 678 0750 [email protected] of [email protected]
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.