Top Banner
1 WOUWTJIENUUS Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Vrydag, 12 April 2019 N SKOOL OM OP TROTS TE WEES! By Laerskool Anton van Wouw streef ons daarna om ons leerders van die beste moontlike fasiliteite en geleenthede te voorsien... in die klaskamer én op die sportveld. Ons is daarom baié trots om n foto van ons nuutste ontwikkeling met u te deel. Ons is opgewonde om ons vierde veeldoelige sport- veld eersdaags in gebruik te neem! Links: n Lugfoto van ons veeldoelige sportvelde. PAASNAWEEK Die skool sluit op Donderdag, 18 April om 12:00 vir die Paasnaweek. Laerskool Anton van Wouw Vakature: Intersenfase-pos vanaf 9 Julie 2019 Belangstellende persone word genooi om aansoek te doen vir die betrokke pos. Die pos kan n Departementele- óf Beheerliggaampos wees. Indien die suksesvolle kandidaat tans n Departementele pos beklee, sal die roete van n inter-departementele oorplasing gevolg word. Vereistes: Kwalifikasie in Wiskunde, Natuurwetenskap of EBW sal dien as aanbeveling. Die geskikte kandidaat moet bereid wees om by buite-kurrikulêre aktiwiteite betrokke te raak. Meld asb. prestasies en ervaring. CVS kan ingehandig word by Ontvangs (me. Simoné Wallace), of gestuur word na [email protected] Sluitingsdatum : Vrydag, 26 April 2019
14

Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...2019/04/12  · Jaco van Heerden (082 415 9916) ‘n Paar voorbeelde: Enigiets vir die mans : jagmes, jagbaadjie, 4x4- bykomstighede; Enigiets

Jul 26, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...2019/04/12  · Jaco van Heerden (082 415 9916) ‘n Paar voorbeelde: Enigiets vir die mans : jagmes, jagbaadjie, 4x4- bykomstighede; Enigiets

1

WOUWTJIENUUS Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Vrydag, 12 April 2019

‘N SKOOL OM OP TROTS TE WEES! By Laerskool Anton van Wouw

streef ons daarna om ons

leerders van die beste moontlike

fasiliteite en geleenthede te

voorsien... in die klaskamer én

op die sportveld.

Ons is daarom baié trots om ‘n foto van ons nuutste ontwikkeling met u te deel. Ons is opgewonde om ons vierde veeldoelige sport-veld eersdaags in gebruik te neem! Links: ‘n Lugfoto van ons veeldoelige sportvelde.

PAASNAWEEK Die skool sluit op

Donderdag, 18 April om 12:00

vir die Paasnaweek.

Laerskool Anton van Wouw

Vakature: Intersenfase-pos vanaf 9 Julie 2019

Belangstellende persone word genooi om aansoek te doen vir die

betrokke pos. Die pos kan ’n Departementele- óf Beheerliggaampos

wees. Indien die suksesvolle kandidaat tans ’n Departementele pos

beklee, sal die roete van ’n inter-departementele oorplasing gevolg

word.

Vereistes:

Kwalifikasie in Wiskunde, Natuurwetenskap of EBW sal dien as

aanbeveling.

Die geskikte kandidaat moet bereid wees om by buite-kurrikulêre

aktiwiteite betrokke te raak. Meld asb. prestasies en ervaring.

CV’S kan ingehandig word by Ontvangs (me. Simoné Wallace), of

gestuur word na [email protected]

Sluitingsdatum : Vrydag, 26 April 2019

Page 2: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...2019/04/12  · Jaco van Heerden (082 415 9916) ‘n Paar voorbeelde: Enigiets vir die mans : jagmes, jagbaadjie, 4x4- bykomstighede; Enigiets

2

SATERDAG, 11 Mei 2019 Beste Ouer(s)

Ons nooi u graag uit na ons Verefees, op Saterdag,

11 Mei 2019.

Dié heerlike Verefees word jaarliks aangebied met die

doel om ‘n gesellige saamkuiergeleentheid vir al ons

Wouwtjie-gesinne te skep, maar ook om die

skooltrust se fondse aan te vul. Dié fondse word

vanjaar aangewend om AvW Pre-primêr se nuwe

uitbreiding te betaal (wat ‘n onmisbare voedingsbron vir die Laerskool is.)

Die hele ouergemeenskap word betrek by hierdie besonderse aand, wat bekend is vir héérlike kos en

kuier, opwindende kinderaktiwiteite en uitstallers.

Daar word ‘n graadhok vir elke graad op die rugbyveld gespan waarbinne die grade kuier, terwyl daar

lekker kos voorberei word. Die hok is onder beheer van ‘n gasvrou en hulp-gasvrouens.

U sal binnekort ‘n inligtingsbrief van u graad se gasvrou ontvang waarin ons skenkings en hulp vra

vir die hok. U hoef nie ‘n geldelike bydrae te maak nie!

Kinderaktiwiteite:

Verskeie pretrit-aktiwiteite van 14:00 tot 22:00.

Kosstalletjies:

Met allerhande lekker eet- en drinkgoed.

Uitstallers:

Verskeie stalletjies om die krieketblad.

Veiling:

Daar gaan ‘n opwindende veiling om 20:30 plaasvind. Indien u enigiets kan skenk, kontak asb. vir

Jaco van Heerden (082 415 9916)

‘n Paar voorbeelde:

Enigiets vir die mans : jagmes, jagbaadjie, 4x4- bykomstighede;

Enigiets vir die dames : spa, handsak, mooi-maak-goedjies;

Opgesaagde skaap, bok wat geskiet kan word;

Jagnaweek of vakansiehuis;

‘n Diens wat u kan lewer…

Verefees-kaartjies

Volwassekaartjie / Hoërskoolkind R160

Die kaartjie sluit ’n ete in.

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Page 3: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...2019/04/12  · Jaco van Heerden (082 415 9916) ‘n Paar voorbeelde: Enigiets vir die mans : jagmes, jagbaadjie, 4x4- bykomstighede; Enigiets

3

SATERDAG, 11 Mei 2019

Program: Voorgereg word om 17:00 bedien.

Hoofgereg (Hoender op die spit met bykosse)

om 18:30

Nagereg om 20:00

Veiling om 20:30

Kinderkaartjie mét aktiwiteite R130

Aktiwiteite is van 14:00 tot 22:00

Kinders ontvang ‘n polsbandjie agter die Rekreasiesentrum.

Kinderkaartjie sónder aktiwiteite R50

Daar kan per rit kaartjies by die kaartjiekantoor gekoop word teen R10 elk.

Kinders onder 4 jaar: Gratis

Onthou om die volgende in te pak vir ’n lekker aand:

Opvoustoel

Eetgerei

Verversings

Warm baadjie

Kombersie vir die kinders wat vroeg moeg raak

Jou sprankelende persoonlikheid

Geldjie vir die veiling

Die Verefeeskaartjies word deur middel van die nuwe d6-toep gekoop. Volg asb.

die stappe soos op die ander bladsy uiteengesit is.

Onthou om almal in jou gesin se kaartjies saam te bring vir

toegang tot die feesterrein. Geen kaartjie, geen toegang.

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Page 4: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...2019/04/12  · Jaco van Heerden (082 415 9916) ‘n Paar voorbeelde: Enigiets vir die mans : jagmes, jagbaadjie, 4x4- bykomstighede; Enigiets

4

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Page 5: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...2019/04/12  · Jaco van Heerden (082 415 9916) ‘n Paar voorbeelde: Enigiets vir die mans : jagmes, jagbaadjie, 4x4- bykomstighede; Enigiets

5

Verefeeskaartjies in ‘n koevert wat Donderdag, 9 Mei, huis toe sal gaan.

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Page 6: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...2019/04/12  · Jaco van Heerden (082 415 9916) ‘n Paar voorbeelde: Enigiets vir die mans : jagmes, jagbaadjie, 4x4- bykomstighede; Enigiets

6

Ons maak tyd vir jou kind

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

ENVIROUW EN HERWINNING

E-waste

Herwinning van elektroniese toerusting is afgehandel vir hierdie kwartaal.

22 April: Aarde-dag

Aarde-dag word op 22 April herdenk. Die doel van dié dag is om mense bewus te maak van ons

omgewing en van die impak van bv. klimaatverandering en ontbossing op die natuur.

Kompetisietyd!

Ter bewusmaking van Aarde-dag, loods ons ‘n kompetisie waar leerders ‘n voorstelling uit herwinbare

materiaal kan maak. Raak kreatief, Wouwtjies! Gebruik herwinbare materiaal om natuurbewaring of

omgewingsbewustheid uit te beeld. (Bv. Die belangrike rol van bye in die natuur; renosters wat kritiek

bedreig word.) Maak ‘n plakkaat of uitbeelding.

Pryse sal gegee word aan die mees kreatiewe uitbeeldings.

Sluitingsdatum : Vrydag 24 April.

Envirouwgroete

Juffrou Anѐ Friedrich

082 561 9389

[email protected]

OUERKOMITEE (Gemeenskapsbetrekkinge)

Ons stel graag die skoolkomitee vir gemeenskapsbetrekkinge bekend. Hierdie ouers sal saam met me.

Carien Vorster (Beheerliggaamlid) betrokke wees by die welstand van ons behoeftige leerders en

ander gemeenskapsake.

Hierdie komitee sal ook ons klasverteenwoordigers koördineer

rakende gemeenskapsake. Maak gerus met hulle kontak.

SAAMRY-GELEENTHEID BENODIG

Ons is dringend opsoek na 'n saamry-geleentheid soggens op

pad skooltoe, vir 'n Gr. 1-leerder. Hy woon in Die Randstraat,

Menlopark.

Hy kan ook saam met sy ouma by Atterburyweg wag om

opgelaai te word. Kontak asseblief A. Prinsloo (0832914197)

indien u enigsins kan help.

Gr. Naam Kontaknr:

1 A. Prinsloo 0832914197

2 Anlia van Staden 0722257914

2 Karin Fitzroy 0824765048

3 Janica Boshoff

3 Renee Matthysen 0792561710

4 Celia Lourens 0728401433

4 Chané van Aardt 0825758623

5 Allinda Taute 0828518910

5 Ursula Steyn 0727520779

5 Annelize McDonald 0827856750

6 Charmaine Kruger 0826313664

7 Helmien vd Berg 0832604436

Page 7: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...2019/04/12  · Jaco van Heerden (082 415 9916) ‘n Paar voorbeelde: Enigiets vir die mans : jagmes, jagbaadjie, 4x4- bykomstighede; Enigiets

7

Ons maak tyd vir jou kind

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

PROGRAM: 2DE KWARTAAL GGA Gebied-georganiseerde-aksie (dag),

GGN Gebied-georganiseerde-naweek

26 tot 28 April - GGN Garsvallei Singkamp

(Gr. 1-7)

4 Mei - GGA-dag Genl Hertzogh (Gr. 1-7)

11-13 Mei - GGN Rietvallei (Gr. 1-7)

24-25 Mei - GGA/N Noordpos - Gr. 1 tot 7 (Gr. 1-3 net Saterdag)

17-19 Mei - GGN Oord Goudrand (Gr. 4 - Ruimtewaarneming;

Gr. 6-Sterrekunde). Bespreek betyds hierdie is baie gewild!

Ons oord se liggieloop sal weer plaasvind op Hemelvaartdag, 30 Mei. Hou solank die datum oop.

Voriegroete

Pieter van der Zwaard

082 556 3596

Page 8: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...2019/04/12  · Jaco van Heerden (082 415 9916) ‘n Paar voorbeelde: Enigiets vir die mans : jagmes, jagbaadjie, 4x4- bykomstighede; Enigiets

8

Ons maak tyd vir jou kind

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

ASSESSERINGSPROGRAM

(GR. 1-3)

Die Assesseringsprogram vir die tweede

kwartaal (Gr. 1-3) is op ons webwerf en

die toep beskikbaar.

Alle voorbereiding vir assessering vind in

die klas plaas. Geen voorbereiding is

tuis nodig nie. Beperk asseblief afwesig-

hede, sodat leerders in die klas is

wanneer nuwe werk behandel word.

Page 9: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...2019/04/12  · Jaco van Heerden (082 415 9916) ‘n Paar voorbeelde: Enigiets vir die mans : jagmes, jagbaadjie, 4x4- bykomstighede; Enigiets

9

Ons maak tyd vir jou kind

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Doelwagter-sessies: Elke Woensdag by die

skool om 14:30-15:30 teen R100 ’n

sessie.

Page 10: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...2019/04/12  · Jaco van Heerden (082 415 9916) ‘n Paar voorbeelde: Enigiets vir die mans : jagmes, jagbaadjie, 4x4- bykomstighede; Enigiets

10

Ons maak tyd vir jou kind

Koelkamers, vrieskamers, houerbakke vir verkoelingstrokke en ander geïsoleerde

ruimtes. Piet Pretoriusstraat 1, Rosslyn, Pta.

Tel (012) 541 1797/8

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Page 11: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...2019/04/12  · Jaco van Heerden (082 415 9916) ‘n Paar voorbeelde: Enigiets vir die mans : jagmes, jagbaadjie, 4x4- bykomstighede; Enigiets

11

Ons maak tyd vir jou kind

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

NETBAL Hartlik geluk aan Izelle Grabe, wat verkies is tot Gauteng-

Noord Aksie-netbal se B-span. Izelle is ook tot kaptein van

haar span verkies. Dié span het die afgelope vakansie na

Brackenfell, Wes-Kaap, getoer vir nasionale deelname. Izelle

en haar span verower ‘n brons medalje. Welgedaan!

Bo: (onder, heel regs) Izelle en haar spanmaats.

SPORT-TOERE 2019 24-27 Junie Midstream Ridge Primary (o.9 & o.10 Krieket) 1-4 Julie Camp Discovery (o.12-o.13 Hokkie)

DANKIE AAN ONS

BORGE!

‘n Hartlike woord van dank aan die

volgende borge van ons o.10

rugbyspelers:

Mulberry Restaurant

Dr. Hermann Klüge

Dr. Zachie Fourie

HOKKIE Vier van ons o.12-spelers is verkies tot die Northerns

Hokkiegroep. Hartlik geluk aan die volgende leerders met

hierdie uitstekende prestasie:

Heinke Meyer

Daniel de Villiers

Minke van Heerden

Anouk du Plessis

Wouwtjies is

fluks!

Page 12: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...2019/04/12  · Jaco van Heerden (082 415 9916) ‘n Paar voorbeelde: Enigiets vir die mans : jagmes, jagbaadjie, 4x4- bykomstighede; Enigiets

12

Ons maak tyd vir jou kind

AKTUEEL Wat ouers moet weet oor buitemuurse aktiwiteite Bron: https://maroelamedia.co.za/2017/06/06

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Page 13: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...2019/04/12  · Jaco van Heerden (082 415 9916) ‘n Paar voorbeelde: Enigiets vir die mans : jagmes, jagbaadjie, 4x4- bykomstighede; Enigiets

13

Ons maak tyd vir jou kind

at wou jy adverteer? Jy kan ook in die Wouwtjienuus adverteer! Kontak: [email protected]

LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Ultimate Upholstery Meubels herstoffering

Maak van kussings

Ottomans/headboards

Pelmits

Gordyne en blindings

Binnehuisversiering

CHRISTA: 082 376 7605

CUPCAKES & KOEK

Mooiste cupcakes/koek

op bestelling gebak.

Enige ontwerp/styl

Kontak: 082 442 8099

Ekstra klasse:

Eng/Afr/Wisk Op die terrein van L/s AvW

(Gr. 1-7)

Lynette Pretorius

0824456781

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

TUINWERKER Adam is ‘n baie betroubare en

hardwerkende tuinwerker. Soek werk vir weeksdae, verkieslik in die ooste van Pta. Kontak: 0829282410

VOERTUIG-

LISENSIES

EK KAN HELP!! Hernuwing /

Registrasies

De-registrasie /

Nommerplate

Verander van ander

provinsie na Gauteng

Cas: 082 431 5073 /

012 807 5162

Ultimate Kitchens Kombuise

Ingeboude kaste

Studeerkamers

Dry-walling en Plafonne

Teëlwerk en Verfwerk

3D-program.

GRATIS KWOTASIES

Glen Lord: 0827882772

ADMINPOS

BESKIKBAAR Halfdagpos beskikbaar in

Groenkloof. Opsoek na ‘n

eerlike, opregte persoon

vir administratiewe pos.

Moet rekenaarvaardig

wees en eie vervoer hê.

Salaris onderhandelbaar.

Epos vir meer inligting:

[email protected]

HUISHULP SOEK WERK Lettie soek werk vir Ma, Di, Wo en Vry. Verkieslik inslaap - maar uitslaap is ook reg. Baie betroubaar, vriendelik en bedagsaam. Skakel my gerus vir meer inligting. Esté: 0817080610

TUINWOONSTEL TE HUUR (GROENKLOOF) 2 slpk. ten volle gemeubileerd, plus DSTV en Wifi. R7000 pm (water en elek. ingesluit). Vir volledige inligting, kontak: Me. A Hogewind 0829091619 / 012 678 0750 [email protected] of [email protected]

DOMESTIC WORKER Winnie is seeking employ-ment as domestic worker. Previous employer has moved away. References available. Winnie: 071 594 9343

HUISHULP SOEK WERK Martha is opsoek na werk as huishulp, 3 dae per week. Hardwerkend, vriendelike geaardheid. Praat Afr. Martha: 0797296196 of Michelle (vir verwysing): 0833041712

Heerlike Yskastert @R30; R60 of R150 Suurlemoen Meringue Marshmallow & pynappel Peppermint Kontak: Melinda 0822149254

Page 14: Laerskool Anton Van Wouw - WOUWTJIENUUS...2019/04/12  · Jaco van Heerden (082 415 9916) ‘n Paar voorbeelde: Enigiets vir die mans : jagmes, jagbaadjie, 4x4- bykomstighede; Enigiets

14

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Ons maak tyd vir jou kind

Kontak ons L/s Anton van Wouw

Deystraat

Nieuw Muckleneuk Pta.

Tel: 012 460 6181/3024

Bemarking:

Marica Botha

[email protected]

Wouwtjienuus:

Navrae & Advertensies:

Lisa Potgieter

[email protected]

Verhuring van fasiliteite:

Simone Wallace

[email protected]

Sportbestuurders:

Yolanda Meiring

076 960 6390 [email protected]

Armandt Nortje

082 410 9070 [email protected]

Volg ons op:

PROJEKTE 2019 Opedag : Gr.1-7: 17 April

Verefees : 11 Mei

Opedag Pre-primêr : 17 Augustus

Wouwtjieklop : 14 September

Lentefees Pre-primêr : 25 Oktober

Indien u by ‘n projek betrokke wil raak of u hulp

wil aanbied, epos Marica gerus.

[email protected]

Wouwtjiegroete

MNR. CR HENNING

HOOF

NB! KLASFOTO’S Aanlyn-fotobestellings sluit vandag

(Vrydag, 12 April).

Kontantbestellings het reeds op 15 Maart

gesluit.

Alle bestellings word volgende week

gedruk.

Ons hou u op hoogte van die

afleweringsdatum.