Top Banner
Nuusbrief 35 Vrydag, 28 Oktober 2016 www.wouwtjies.co.za Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 ADVERTEER GERUS OP ONS VOORBLAD! Kontak: [email protected] SWEM Laerskool Anton van Wouw het vir die 13e agtervolgende jaar die A-liga Interlaer swemkampioenskappe gewen. Ons dogterspan verbeter vir die afgelope 3 jaar elke Interlaer- aflosrekord. Baie geluk aan al ons swemmers met hierdie puik prestasie... een wat nie maklik geëwenaar sal word nie! Baie dankie aan me. Daleen De Villiers vir haar leiding en puik organisasie. Hieronder volg die uitslae. Soos u kan sien het ons die skool naaste aan ons met 105 punte gewen. 1 Laerskool Anton van Wouw 875 2 Laerskool Monumentpark 765 3 Laerskool Garsfontein 760 4 Laerskool Hennopspark 724. 50 5 Laerskool Lynnwood 544. 50 Wouwtjies het voorwaar die rekords laat spat: Suné Liebenberg Individuele Wisselslag 200m 2:31.88 Dogters o.11 Vryslagaflos verbeter die rekord van 2:22.05 na 2:17.69 Dogters o.11 Wisselslagaflos verbeter die rekord van 2:44.19 na 2:39.67
20

Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

Jul 13, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

Nuusbrief 35 Vrydag, 28 Oktober 2016 www.wouwtjies.co.za

Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847

AD

VE

RT

EE

R G

ER

US

OP

ON

S V

OO

RB

LA

D!

K

on

tak:

lisa

@w

ou

wtj

ies.

co.z

a

SWEM

Laerskool Anton van Wouw het vir die 13e agtervolgende jaar

die A-liga Interlaer swemkampioenskappe gewen.

Ons dogterspan verbeter vir die afgelope 3 jaar elke Interlaer-

aflosrekord.

Baie geluk aan al ons swemmers met hierdie puik prestasie...

een wat nie maklik geëwenaar sal word nie!

Baie dankie aan me. Daleen De Villiers vir haar leiding en puik

organisasie.

Hieronder volg die uitslae. Soos u kan sien het ons die

skool naaste aan ons met 105 punte gewen.

• 1 Laerskool Anton van Wouw 875

• 2 Laerskool Monumentpark 765

• 3 Laerskool Garsfontein 760

• 4 Laerskool Hennopspark 724. 50

• 5 Laerskool Lynnwood 544. 50

Wouwtjies het voorwaar die rekords laat spat:

• Suné Liebenberg Individuele Wisselslag 200m 2:31.88

• Dogters o.11 Vryslagaflos verbeter die rekord van 2:22.05 na

2:17.69

• Dogters o.11 Wisselslagaflos verbeter die rekord van 2:44.19

na 2:39.67

Page 2: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

2

2

ALGEMENE OUERAAND: BEGROTING

Die Algemene Oueraand waartydens die skoolbegroting bespreek word,

vind plaas op Dinsdag, 8 November om 18:30 in die Skoolsaal.

Elke ouer word hartlik uitgenooi om bogenoemde vergadering by te woon.

Alternatiewe datum indien 'n kworum nié bereik word nie :

Dinsdag, 15 November.

AKADEMIESE MERIETETROFEES

Alle trofees wat aan die einde van verlede jaar aan die leerders toegeken is,

moet so gou moontlik terugbesorg word aan die skool. Plaas asb. elke trofee

in ʼn sakkie, met die leerder se naam en van duidelik daarop. Handig asb.

persoonlik by me. Anne-Marie Lubbe (Mediasentrum) in. Laaste datum vir

inhandiging: Vrydag, 4 November.

BELANGRIKE DATUMS VIR 2017

Stuur asb. dringend alle belangrike datums vir 2017 waarvan u bewus is,

aan me. Yvonne Neethling ([email protected]) met die oog op

volgende jaar se skooldagboek.

BELANGRIK: KULTUURMERIETE-AAND

Neem asb. kennis dat die Kultuurmeriete-aand se datum verander na

Woensdag, 23 November, in plaas van 24 November.

Page 3: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

3

3

VAKATURE: SPORTAFRIGTERS

Laerskool Anton van Wouw

Poste vir Sportafrigters is beskikbaar by Laerskool Anton van Wouw vir

2017 vir die volgende sportsoorte: Rugby, netbal en krieket.

Die poste is geskik vir gekwalifiseerde persone of studente wat deeltyds kan

afrig.

Vereistes:

• Vertroud wees met skole-sport.

• Gepaste kwalifikasie hê of sport self beoefen het op hoë vlak.

• Entoesiasties wees en goeie menseverhoudinge hê.

• Werkstye kan aanpas by skool en behoeftes.

Pligte:

• Verantwoordelikheid kan neem vir afrigting van ʼn span vir hele seisoen.

• Om spelers te motiveer om betrokke te raak en bly.

• Inskakel by die skool se Sportbeleid en Afrigtingskorps.

• Spanspeler wees.

• Salaris onderhandelbaar.

Sluitingsdatum vir aansoeke:

• Donderdag, 3 November 2016

• Aansoeke moet vergesel word van ʼn kort CV asook bewys van

sportkwalifikasies.

Rig alle navrae en aansoeke aan:

[email protected]

Page 4: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

4

4

SKOOLTYE:

11 NOVEMBER TOT 7 DESEMBER

• Die skool sal vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Desember om 12:00 vir alle

leerders (Gr. 1 tot 7) sluit.

• Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot

17:30.

• Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die Naskool ontvang met

studie-reëlings tydens die eksamen.

• ‘n Aparte wagklas sal vir alle nie-naskoolleerders in die Grondslag- en

Intersenfase vir die tydperk van 11 November tot 6 Desember vanaf 12:00 tot

13:40 beskikbaar wees. Voltooi asb. onderstaande skeurbriefie in dié verband.

• Die skool sal op Woensdag, 7 Desember om 09:45 vir alle leerders sluit. Die

Naskool sluit op Dinsdag, 6 Desember om 17:30 vir die duur van die

Desembervakansie en heropen weer op Maandag, 9 Januarie 2017 om 07:15.

• Maak asseblief seker dat u kind vanaf skoolsluitingstye, tuis onder toesig is.

..........................................................SKEURBRIEFIE..............................................

Ek, ouer van

Gr.

Gee toestemming en bevestig dat my kind(ers) vanaf Vrydag, 11 Nov.

tot Dinsdag, 6 Desember om 12:00 by die skool afgehaal sal word en tuis

onder behoorlike toesig sal wees.

Reël asb. dat my kind(ers) die wagklas bywoon vanaf 11 November tot

6 Desember.

My kind(ers) gaan die Naskool bywoon.

Ouerhandtekening Kontaknommer

Page 5: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

5

5

EKSAMENROOSTER: NOVEMBER 2016

GR 4 GR 5 GR 6 GR 7

Donderdag 10 November

Gr. 7 Kuns (Teken)

Vrydag 11 November

Afrikaans Afrikaans Afrikaans Afrikaans

Maandag 14 November

Sosiale Wetenskap

Sosiale Wetenskap

Kuns en Kultuur

Kuns en Kultuur

Dinsdag 15 November

Engels Engels LV Engels

Woensdag 16 November

Kuns en Kultuur

Kuns en Kultuur

NW en Teg. Sosiale Wetenskap

Donderdag 17 November

EBW

Vrydag 18 November

Wiskunde Wiskunde WISKUNDE Wiskunde

Maandag 21 November

LV LV ENGELS LO

Dinsdag 22 November

NW en Teg. NW en Teg. Sosiale Wetenskap

Wetenskap

Woensdag 23 November

Tegnologie

Page 6: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

6

6

EKSAMEN: NOVEMBER 2016

Alle Gr. 4-7 leerders het reeds hierdie week die vakafbakening ontvang. Die vakafbakening is ook op die Kommunikeerder beskikbaar.

Die eksamentye vanaf Vry. 11 Nov. tot Wo. 23 Nov. is soos volg:

07:25 - 07:40 Amfi

07:40 - 08:30 Leersessie

08:30 - 08:45 Pouse

08:45 - 11:00 Eksamensessie

11:00 - 11:20 Pouse

11:20 - 12:00 Leersessie

NB! Handig alle boeke in! Bring ALLE handboeke en leesboeke saam

op die dag van die eksamen. Dit word ingeneem en gekontroleer.

• Vanaf Donderdag, 24 November, sal daar ‘n spesiale rooster gevolg

word, waartydens alle vraestelle uitgedeel, behandel en gekontroleer sal

word. Dit is baie opvoedkundig om nasorg te doen... en ons finale

kontrole dat alle punte reg is. Ons versoek u dus vriendelik, dog

dringend, dat u kind wél teenwoordig sal wees.

• Alle vraestelle sal tydens die eksamensessie geskryf word.

• Leerders skryf in geallokeerde eksamenlokale - Gr. 4 en 6 en Gr. 5 en

7-leerders tesame.

• Géén storieboeke, rekenaarspeletjies of iPods word toegelaat nie!

• Leerders moet konstruktief besig wees met eksamenvoorbereiding.

• Sien asseblief toe dat leerders die nodige skoolboeke saambring sodat

hulle in die eerste sessie vir die dag se vraestel kan voorberei, en die

laaste sessie vir die volgende dag se eksamen.

• ‘n Wagklas is vanaf 12:00 tot 13:40 beskikbaar vir leerders wat nié

vroeër afgehaal kan word nie.

Page 7: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

7

7

JAARAFSLUITINGSFUNKSIE

Ons nooi graag al ons Dirkie Uys-ouers na ons kommando se jaarafsluitingsfunksie uit:

Datum : 4 November 2016

Tyd : 18:00 vir 18:30

Plek : Fort Schanskop, Voortrekkermonument

Drag : Formele Voortrekkerdrag vir die kinders & offisiere/ Informeel vir ouers

RSVP : By jou spanoffisier teen 28 Oktober

Ná die geleentheid gaan ons almal heerlik saamkuier. Pak ‘n piekniekmandjie, stoele en kombers en kom sluit die jaar saam met ons af.

Ons hoop om u almal op 4 November te sien!

LAASTE SPANBYEENKOMS

Maandag, 31 Oktober 2016 sal ons laaste spanbyeenkoms vir die PD’s wees.

Daar sal ‘n koel verrassing vir al die kinders wees. Ons sluit die middag af met ‘n vlagparade en seremoniële oorhandiging van PD leierskap vanaf die Gr. 7’s na die Gr. 6’e.

Ons wens al ons PD’s sterkte toe met die finale eksamen van die jaar. Mag julle die vrugte pluk van jul harde werk deur die jaar.

Hou Koers!

Page 8: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

8

8

Page 9: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

9

9

VAKANTE BETREKKING

Anton van Wouw Pre-primêr het 'n vakante pos vir 'n Administratiewe dame vanaf Januarie 2017 beskikbaar.

Pligte: • Vorige ondervinding sal voorkeur geniet • Ontvangs van ouers en publiek

• Goeie tik- en rekenaarvaardigheid in MS Office

• Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

• Goeie menseverhoudings

Werksure 7:00 - 13:30

CV's kan gestuur word na [email protected]

Meld asb. ervaring.

Sluitingsdatum vir CV’s: Vrydag, 4 November 2016

Page 10: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

10

10

ENVIROUW & HERWINNING

Wastegroup-groensakke

Baie dankie vir elke Wouwtjie wat so getrou herwin! Ons het van Januarie

tot September 61 018kg gemengde artikels herwin. Voorwaar iets om op

trots te wees! Onthou... wit papier en karton word apart herwin. Daar sal

binnekort ook asblikke in die klasse beskikbaar wees vir wit papier

herwinning.

E-waste

Ons laaste e-waste dag vir 2016 sal voorlopig op Vrydag, 25 Nov.

plaasvind. Bêre dus asseblief alle e-waste tot 25 Nov.

Sluitingsdatum vir beloningstelsel

Die laaste datum waarop groenmuntstukke verdien kan word, is Vrydag,

25 Nov. Leerders is daarna steeds welkom om herwinning by die skool af

te laai, tot en met die dag waarop die skool sluit.

Envirouwgroete

Juffrou Anè Friedrich ([email protected])

Page 11: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

11

11

BOEKKLUB 2016

Ons is baie trots op al die Wouwtjies wat so fluks gelees het tydens die derde kwartaal. Leerders het altesaam 13 994 boeke in 8 weke gelees! Dit is ‘n ongelooflike prestasie. Ons wil elke Wouwtjie wat ‘n boek gelees het van harte gelukwens. Ons wil ook my dank uitspreek teenoor die personeel wat hard gewerk het aan die administrasie rondom die boekklub en die leerders aangemoedig het. Sonder julle sou ons boekklub nie suksesvol kon wees nie. Hier volg die wenners vir 2016: Graad 1: • Geel groep – Liam Dames en Sebastian Swanepoel • Groen groep – Hermann Kluge en Francois Joubert • Oranje groep – Christiaan Kromhout Graad 2: • Geel groep – Anje van Tonder • Groen groep – Nina Nel • Oranje groep – Mieke Schulenburg

Graad 3: • Geel groep – Ethan Wallace

• Groen groep – Zander van Niekerk

• Oranje groep – Christiaan de Bruyn

Graad 4: • Geel groep – Esteé Prinsloo

• Groen groep – Nicholas Smith

• Oranje groep – Johan Els

Graad 5: • Geel groep – Kay-Lynn Pavier • Groen groep – Joey de Witt • Oranje groep – Milandri Schutte

Graad 6: • Geel groep – Aidan du Plooy

• Groen groep – Erin Wallace

• Oranje groep – Dané Smit Graad 7: • Wenner: (geen groepe) – Ané Roos

• Meeste boeke gelees in die grondslagfase : Mieke Schulenburg

• Meeste boeke gelees in die intersenfase: Milandri Schutte

• Klas wat die meeste boeke gelees het in die grondslagfase: Graad 2 Z

• Klas wat die meeste boeke gelees het in die intersenfase : Graad 4Y

Baie dankie aan al die ouers vir hul hulp en ondersteuning!!

Page 12: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

12

12

SWEM

Let wel: Ons het verlede week vir Minke van Heerden gelukgewens met

haar swemprestasie. Neem asb. kennis dat Minke aan ‘n swemtoernooi

buite-skoolverband deelgeneem het.

KRIEKET

Hartlik geluk aan Heinecke Grobelaar wat tot die Gauteng-Noord

Binnehuise Krieket Assosiasie se o.12B span (2017) verkies is.

Ons is baie trots op ons o.12A-krieketspelers. Hierdie span het

onlangs die semi-finaal in die Titans Kampioenskap gewen. Hulle het op

Do. 27 Oktober in die eindstryd meegeding om die Titans-trofee.

Hou asb. volgende week se Wouwtjienuus dop vir die uitslae!

Page 13: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

13

13

FOTODAG: WOENSDAG, 9 November 2016

Op Woensdag, 9 November 2016, word die volgende foto’s geneem. Let asseblief op die korrekte kleredrag wat leerders moet saambring skool toe.

LW: SA-kleure en Nasionale kleure word op 'n latere stadium

afgeneem.

FOTO KLEREDRAG

Ruiterspan Gauteng Ruiterdrag

Ruiterspan Gauteng Noord Ruiterdrag

Gholf A-span

Gholf B-span

Radikale Redenaars Gauteng Finaal

Radikale Redenaars Nasionaal Finaal

Op die tong af

Swem Juniorspan

Swem Senior: A-span

Swem Senior: B-span

Muurbal gemengdespan

Wouwtjiekunstefees: Seniors

Wouwtjiekunstefees: Juniors

Leerderraad 2016

Graad 7 2016

Wiskunde in Aksie

Krieket o.12 A Krieketdrag

Netjiese somersdrag.

Geen naambalkies, vir foto’s!

Page 14: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

14

14

Ultimate Kitchens Kombuise & ingeboude kaste

Studeerkamers

Dry walling & plafonne

Teëlwerk & verfwerk

3D program. GRATIS KWOTASIES

Glen Lord : 082 788 2772

Jy kan ook hier adverteer! Kontak: [email protected] LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Ultimate Upholstery Herstoffering van meubels

Maak van kussings

Ottomans en headboards

‘Pelmits’

Gordyne & Blindings

Binnehuisversiering

Christa : 082 376 7605

VOERTUIGLISENSIES

Hernuwings – Registrasies

Nommerplate

Verander van ander provinsies na Gauteng

CAS: 082 431 5073

1/2 grootte viool te koop @ R1 600 en krieketsak. WhatsApp 082 707 8297

(geen oproepe asb.)

Desember vakansie – gaan u met vakansie? Ek sal na u diere omsien / R150 per

besoek

Cas : 082 431 5073

WATERPROOFING / PAINTING

Painting: Interior / Exterior /

Roof / Floor / Wood / Metal / Tree

felling / Site cleaning / almost any-

thing you can think of...

Contact Simplisio 072 631 8327

Sun City Vacation Club Luukse 2 slaapkamer, 2 badkamer

eenheid beskikbaar vir middelweek

vanaf

28/11/2016 - 2/12/2016. Slaap 6 en

GRATIS Valley of Waves vir al 4 dae!

R8500 vir 4 nagte

Joseph is opsoek na tuinwerk vir Dinsdae

en Vrydae. Kontak: 084 985 3887

Page 15: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

15

15

Ruk jou lyf reg vir Desember! Spesiale aanbod op bekende Mediese

Gewigsverliesprogram. 8 Weke program wat alle supplemente, eet-, oefenplan en meer insluit. Begin nou!

Fore Fitness & Health, Sport & Wellness practice

Dr. Merchen Naude - (012) 753 1257

Page 16: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

16

16

Page 17: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

17

17

KOS VIR ONS SKOOLKATTE

Ons benodig dringend kos-skenkings vir ons skoolkatte.

Enige katkos is welkom - indien u moontlik kan help, handig asb. by die Naskoolsentrum in.

Byvoorbaat baie dankie!

Page 18: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

18

18

Wouwtjie Tasse

Die skool is in die proses om alle wieletjietasse uit te faseer.

Leerders wat tans ‘n wieletjietas het, kan dit behou. Indien so ‘n tas

vervang moet word, versoek ons asb. dat u nie ‘n wieletjietas sal

aankoop nie.

‘n Alternatiewe en veel goedkoper “Wouwtjietas” is by Castle Walk

Skryfbehoeftewinkel beskikbaar, tesame met die Gr. 1

Skryfbehoeftepakket van 2017.

Hierdie nuwe tas is geskik vir leerders van Gr.1-3. Dit is ‘n Blue Juice

rugsak-tipe tas (portrait), met 5 rakkies en sal in die omgewing van

R300 wees.

Vir die Gr. 4-7 leerders is daar ook ‘n Blue Juice “landscape” tipe tas

met 7 rakkies. Die prys van hierdie tas sal effens meer wees.

Hou ons Wouwtjie Facebook blad dop. Daar sal binnekort foto’s van

die tasse geplaas word.

Vir bestellings, skakel asb. direk met Castle Walk skryfbehoefte-

winkel: tel. 012 347 1676 / [email protected]

Page 19: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

19

19

Page 20: Nuusbrief 35 - 2016 - Laerskool Anton Van Wouw · • Ontvangs van ouers en publiek • Goeie tik - en rekenaarvaardigheid in MS Office • Tweetaligheid (Eng./Afr.) • Noodhulpkennis

20

20