Top Banner
Spore Voetslaanklub Kap ‘n toon. Die gids na alles omtrent jou voete op ‘n staptoer. ‘n Woord van die skrywer................................................................................................... 2 Wat gebeur as jy stap. ......................................................................................................... 2 Voet sorg ......................................................................................................................... 2 Gerhard se 2 groot sokkie treffers ....................................................................................... 3 Oorsig.............................................................................................................................. 3 Tipes................................................................................................................................ 3 Die sokkie resep .............................................................................................................. 4 These boots are made for walking ...................................................................................... 4 Vereistes van ‘n stap stewel ............................................................................................ 4 Materiaal ................................................................................................................. 6 HEEEEEEEEElp hoe kies ek ‘n skoen? ......................................................................... 6 Skoene volgens jou roete. ............................................................................................... 6 Met dank ….. ...................................................................................................................... 8 Bronne Lys .......................................................................................................................... 8
8

Kap ‘n toon. Die gids na alles omtrent jou voete op ‘n ... · Een van die eerste stukkies raad wat ek gekry het oor stap was om my toonnaels ... Eelte is bekend om ... Daar is

May 29, 2018

Download

Documents

doxuyen
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Kap ‘n toon. Die gids na alles omtrent jou voete op ‘n ... · Een van die eerste stukkies raad wat ek gekry het oor stap was om my toonnaels ... Eelte is bekend om ... Daar is

Spore Voetslaanklub

Kap ‘n toon. Die gids na alles omtrent jou voete op ‘n staptoer. ‘n Woord van die skrywer................................................................................................... 2

Wat gebeur as jy stap. ......................................................................................................... 2

Voet sorg......................................................................................................................... 2

Gerhard se 2 groot sokkie treffers....................................................................................... 3

Oorsig.............................................................................................................................. 3

Tipes................................................................................................................................ 3

Die sokkie resep.............................................................................................................. 4

These boots are made for walking ...................................................................................... 4

Vereistes van ‘n stap stewel............................................................................................ 4

Materiaal ................................................................................................................. 6

HEEEEEEEEElp hoe kies ek ‘n skoen? ......................................................................... 6

Skoene volgens jou roete. ............................................................................................... 6

Met dank ….. ...................................................................................................................... 8

Bronne Lys.......................................................................................................................... 8

Page 2: Kap ‘n toon. Die gids na alles omtrent jou voete op ‘n ... · Een van die eerste stukkies raad wat ek gekry het oor stap was om my toonnaels ... Eelte is bekend om ... Daar is

‘n Woord van die skrywer

In ‘n geselskap met vriende onlangs is ek gevra na my opinie, oor wat die belangrikste

item van ‘n staptoer is.

My antwoord was eenvoudig, jou voete! Kom ons wees eerlik, voete sit die STAP in

staptoer, en min dinge kan ‘n lekker staptoer so gou omkrap soos blaserige, seer voete.

Die gids help om die keuse van skoene en sokkies te maak wat beste by jou en jou roete

pas.

“….. , and on any trail, comfert begins at the ground level, with your feet. ….” Willie en Sandra Olivier

– Hiking trails of South Africa.

Wat gebeur as jy stap.

Een van die eerste dinge wat mense uitvind op ‘n staptoer, is dat jou voete nie hulle

normale groote bly nie. Kyk bietjie na jou hande terwyl ju stap. Hulle raak effense

poffering en dik. Dit is a.g.v. die ekstra bloedvloei na dele van jou ligaam, en dit is

normaal. Meeste van jou senu-eindpunte eindig ook in jou voete, wat hulle onder sekere

omstandighede meer gevoelig maak, soos as jy 15 km met ‘n swaar rugsak gestap het.

Daarom is voetsorg kritiek op enige staptoer.

Voet sorg

Een van die eerste stukkies raad wat ek gekry het oor stap was om my toonnaels(en

vingernaels) te sny. Niks irriteer mens meer as lang toon-naels wat breek, skeur en hak

nie. Dit is ook seer na ‘n strawwe afdreande wanner jou tone konstant teen die voorpunt

van jou skoen druk.

Ge-barste en droe hakke kan na ‘n dag se stap baie seer raak.As jy ‘n leier is, begin ‘n

goeie paar weke voor die stap met behandling en vat genoeg roome saam op die toer.

Eelte is bekend om (soos SARS) lank dormant te wees net om hulle kop uit te steek

waneer jy dit die minste verwag. En gewoonlik op ‘n staptoer. Eelte vorm as verharde vel

wat vorm van of langdurige en aanhoudende blootstellings aan uiterste kondiesies (soos

‘n slegte skoen wat jou skaaf op een plek) of as ‘n tekort aan sekere hormone en

vitamienes. Laasgenoemde kom gewoonlik voor in ouer mense. Ondersoek jou voete

Page 3: Kap ‘n toon. Die gids na alles omtrent jou voete op ‘n ... · Een van die eerste stukkies raad wat ek gekry het oor stap was om my toonnaels ... Eelte is bekend om ... Daar is

gereeld en let op harde plekkies vel wat vorm veral aan die kant van jou voete (gewoonlik

agter die groot-toon, of klein toon).

Gerhard se 2 groot sokkie treffers

Oorsig

Daar is soveel maniere om sokkies te kies vir stap, as wat daar Afrikaanse sokkie treffers

is wat al tot ruste gele moes word.Ongelukkig het die een-sokkie-vir-almal resep (net

soos die Macarena) ‘n stille dood gesterf.

Mense se voete verskil, party se voete is altyd, koud of warm en droog of klam. Party het

sagte voetjies, ander het klippertjies. Dit is dus noodsaaklik om jou kouse net so goed te

kies soos skoene.

Tipes

Daar bestaan drie tipes kouse. Poliester, katoen en wol. Elkeen het sekere einskappe, wat

as hulle reg gebruik word, jou voete gelukkig sal hou.

Katoen is wonderlik om hitte binne te hou en is sag. Meeste termiese baadjies,

onderklere en slaapsakke maak gebruik van die stof. Ongelukkig hou hierdie stof water

vas in sy vesels. Baie goed vir koue weers toestande maar nie aanbevole vir nat en warm

toestande nie.

Poliester, ‘n ruimte eeuse materiaal, is gemaak van sintetiese vesels. Die voordeel van die

vesels is dat vervaardigers ‘n weef kan kies, en dit dan maak. Poliester kan nie vog

vashou nie en laat lug geredelik deur. Altyd ‘n goeie keuse waneer dit by die kies van

sokkies kom.

Wol is al jare met die mensdom en die toepassings van die verwerte materiaal is eindloos.

Wol het die hitte houdende einskappe van katoen, en die asemhalings vermoe van

poliester. Wol het ook klein waterwerende einskap. Maar oo-wee, as dit nat word dan vat

dit ‘n hele ruk om droog te word! Wol sokkies is ook kraperig en kan somtyds jou voete

sleg skaaf.

Vervaardigers meng die stowwe as hulle sokkies maak deels om ‘n sekere stel einskappe

te kry en/of om kostes te besnoei. LET ALTYD op die vesel inhoud van sokkies. Kyk na

die vermengins persentasie wat op die pakkie gedruk is.

Page 4: Kap ‘n toon. Die gids na alles omtrent jou voete op ‘n ... · Een van die eerste stukkies raad wat ek gekry het oor stap was om my toonnaels ... Eelte is bekend om ... Daar is

Die sokkie resep

Die beste “sokkie resep” is dun sagte sokkies onder dikker wol stap sokkies. Die dun

sokkie laat die lug en vog deur terwyl die dikker sokkie jou beskerm van skaaf teen die

skoen.

Die dun sokkie kan enigiets van ‘n afgesnyde sykous (die voet deel) tot “secret sox” of

“no-sox” wees. Kies katoen vir baie koue weers omstandighede.

Dikker sokkies sluit in wol sokkies, en sport sokkies.

Die kombinasie is ook bekend om stof en sand weg van jou voete te hou.

Waarlik, ‘n sokkie resep waroor selfs Worsie Visser bly sou weess……

These boots are made for walking Laastens maar nie die minste nie, kom ons by jou stewels. Dit is een van die mees

belangriskte itmes (naas die twee b’s … bybel en biltong) op jou staptoer lys.

Vereistes van ‘n stap stewel

Wat is die verskil tussen ‘n stewel en enige ande tipe skoen?

Stewels is gemaak om jou voete te beskerm en te ondersteun waneer jy lang afstande

loop en swaer items dra. Stapstewels moet van die gemaklikste skoene wees wat jy besit

en jy moet in staat kan wees om hulle heel dag te dra en in te loop.

Page 5: Kap ‘n toon. Die gids na alles omtrent jou voete op ‘n ... · Een van die eerste stukkies raad wat ek gekry het oor stap was om my toonnaels ... Eelte is bekend om ... Daar is

Die standaard vereistes van ‘n stap stewel:

• ‘n Ferm hak

• Kussinkies wat om die enkels gaan

• ‘n goeie Buigbare toon gedeelte (op die bal van jou voet)

• ‘n Sool wat sal keer dat jy gly.

• ‘n Vasgestikte tong.

Hak.

Een van die ooglopende veriestes van ‘n stapskoen is ‘n ferm hak. ‘n Hak gedeelte wat

inmekaar vou, of sag is kan nie jou enkel verstewig nie

Kussingkies om die enkels.

Die deel loop hand in hand met die hak, en help om te keer dat jy jou enkel maklik kan

swik

Toon gedeelte.

Kyk mooi terwyl jy stap na hoe die bal van jou voet buig (net agter die tone). Jy sal

omerk dat dit deur ‘n goeie buiging gaan. Daarom as jou stap stewel se bal gedeelte hard

is werk jou voet harder om die ekstra weerstand te oorkom, en raak uiteindlik gouer seer.

Dit is van uiterste belang dat die toon van ‘n stewel baie goed kan buig.

On-Glybare Sool.

Dit sou idilies wees as die terrein waaroor jy loop leeker glad is, maar sal ook vervelige

staptoere maak! Afgeslyte sole is een van die groot bydraers tot seer voete en geswikte

enkels. Maak seker dat die sool nie maklik sal gly nie.

Vaskestikte tong.

En van die kleiste vereistes van ‘n skoen, en een wat maklik weggelaat kan word. ‘n

Vasgestikte tong keer dat grond en water maklik in jou skoen kan kom. Dit keer ook dat

die tong wegskuif (soos met sekere voet vorme) en die veters direk op jou voet se brug

vastrek.

Binne Sole

Baie (indien nie alle) stap stewels kom uit met gekontoerde binne sole nie. Dit ondersteun

die brug van die voet wat keer dat dit gouer seer word.

Staal/Plastiese “Shank”

Dit word tussen die sool van die skoen en die skoen self ingestik, en help om die stewel

sterk te hou en vir ondersteuning vir die binne sole wat die brug van jou voet ondersteun.

Veters

Gewoonlik het skoene een of ander vorm van gaaitjies waardeur veters gedruk word.

Goeie stapstewels het eerder hakkies, wat maak dat die stewel makliker los en vas

gemaak kan word. Dit help ook noodhulp werkers waneer hulle jou moet verbind(hulle

kan dan nie jou duur stewel in vlarde te sny nie……(/:->)

Page 6: Kap ‘n toon. Die gids na alles omtrent jou voete op ‘n ... · Een van die eerste stukkies raad wat ek gekry het oor stap was om my toonnaels ... Eelte is bekend om ... Daar is

Moenie die item vergeet nie. ‘n Gebreekte veter het al menigmaal ‘n stapper se moed

gebreek. Kry altyd ‘n spaar stel veters as jy jou skoen koop.

Materiaal

Daar bestaan baie materiale en dit is raadsaam om die voor en nadele van elk te verstaan.

Meeste stewels word vandag gemaak van Gerotex, dit is ‘n sintetiese materiaal wat water

uithou en lug laat uitvloei. Dit is water werend tot 15 meter! ‘n Ander materiaal is Du-

Pont wat op die-selfde prinsiep as Gerotex werk, maar net goedkoper is.

Leer is nog altyd ‘n gewilde keuse omdat dit natuurlik is en stewig bly. Onthou wel dat

leer baie sorg nodig het. Ken ook die verskil tussen die verskillende tipes.

Moet onder geen omstandighede jou stewels voor die vuur droogmaak nie, die materiaal

word hard en verweer vinniger. Leer stewels veral!

HEEEEEEEEElp hoe kies ek ‘n skoen?

Kry EERS ‘n paar goeie sokkies, (die dubbel laag tegniek, dun en dik sokkies). Vat dit

dan saam na jou verkose handelaar.

Trek die skoene aan (albei) en loop ‘n ent deur die winkel. Mens sal voel as die skoene

nie gemaklik is nie. Moenie om die bos gelei word deur opmerkings soos “ Dit sal wel

uitloop en dan beter sit nie”. Meeste nuwe stewels (behalwe leer stewels) hoed nie

ingeloop te word nie. Kanse is, as dit jou nou seermaak, dat dit sal aanhou. Gebruik

nogsteeds diskresie waneer jy koop.

Druk jou voete tot heel voor in die stewel. Kan jy jou wys vinger tussen jou hak en die

skoen indruk? Onthou daai sterk afdreandes en die tone wat heeltyd teen die voorkant

gaan druk? As jou tone opgebondel voor in die skoen is as jy jou voete indruk is die

kanse goed, dat jy blase op jou tone gaan kry van die anhoudende drukking, kies dan ‘n

groter nommer skoen.

Skoene volgens jou roete.

Pas die tipe skoen wat jy dra aan by die roete wat jy gaan stap. Plakkies of tekkies is dalk

meer as goed genoeg vir ‘n natuur wandeling of ‘n maklike naweek roete, maar kan dalk

gou begin kort skiet op ‘n moeilike rotsagtige roete.

Hou die terein in gedagte waneer jy jou skoeisel kies. Onthou dat stewels meer as net

help om rotsagtige terrein te klim, dit beskerm ook jou voet!

Page 7: Kap ‘n toon. Die gids na alles omtrent jou voete op ‘n ... · Een van die eerste stukkies raad wat ek gekry het oor stap was om my toonnaels ... Eelte is bekend om ... Daar is

Die Hi-tec V-Lite Reeks

La Sporiva Storm

Trailbuster

Page 8: Kap ‘n toon. Die gids na alles omtrent jou voete op ‘n ... · Een van die eerste stukkies raad wat ek gekry het oor stap was om my toonnaels ... Eelte is bekend om ... Daar is

Met dank …..

Ek wil graag dankie se vir al die mense wat my gehelp het om die artikel voor te bery:

Mark van Drifters Outdoor Sandton

Bronne Lys

1. Hiking trails of South Africa - Sandra Olivier; Willie Olivier

2. Voetslaan Gids van Suid Afrika - Jaynee Levee

3. Don’t die in the bush - Trevor Burgess

4. Drifters Outdoor Adventure warehouse - Nelson Mandela Sqaure