Top Banner
VANOGGEND SE DIENS (DR CLIFFORD HEYS) Dit is Paassondag en Clifford maak die Woord oop by Joh. 20v11-18. Hy sal ons kan help om Jesus se opstanding nóg beter te verstaan. Jesus se opstanding maak ons opstandig teen tot niet making in ons wêreld. Jesus se opwekking maak ons opgewek oor die tot nuut making in ons wêreld. John Donne (1631) skryf van die dood as ‘n vertalingsproses: “When one man dies, a chapter is not torn out of the book, but translated into a better lan- guage.” My ouderdom, my siekte, my ongeluk (wat ookal) is slegs die vertaler wat God gebruik om my lewe te vertaal in ‘n hemelse taal (dws ‘n hemelse bestaanswyse). Kyk weer nuut na Jesus. Jy is een en in Jesus. ... Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles SONDAGMIDDAE SAAMKUIER *** DAAR IS GEEN SAAMKUIER HIERDIE PAASNAWEEK NIE, MAAR ONS SIEN JULLE WEER VOLGENDE SONDAG 12 APRIL. Vir enige navrae: Hannie Koch 028 316 1595 / 081 271 2290 DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll: Huis Lettie Theron Baie dankie vir almal se volgehoue ondersteuning aan hierdie huis vir bejaardes. Dit word opreg waardeer. By die deure is daar ook wit houers vir donasies. Wees Lig! HARTLIK WELKOM Wat was die eerste woorde wat u vanoggend gehoor het ...? Waarskynlik: ‘Christus het opgestaan!’ en u sou geantwoord het met: ‘Die Heer het waarlik opgestaan!’ Oral in die wêreld groet gelowiges mekaar vanoggend op soortgelyke wyse: In Nederland: Christus is opgestaan! / Hij is waarlijk opgestaan! In Engeland: Alleluia! Christ is Risen! / He is risen indeed! Alleluia! In Jerusalem: הללויה! המשיחקם! / הוא עלהבאמת! הללויהIn Rusland: Хрістос воскрес! / Воістину воскрес! In Suid-Korea:그리스도께서 부활하셨네! / 참으로 부활하셨네! En in Latyn: Christus resurrexit! / Resurrexit vere! Kan ons dit (werklik) glo ...? Is Jesus se liggaam nie gesteel nie? Was Jesus werklik dood? Is dit nie maar ‘n mislei- dende storie wat Jesus se volgelinge verkondig en dramaties uitgeleef het nie? Wie weet....? Ek weet .... Christus het nie Sy lewe verloor nie. Hy het dit aan Sy Vader gegee (Luk. 23v46). En Vader het dit op hierdie dag, aan Hom teruggegee om vir ons te demonstreer dat ons nooit sal sterf nie. Ons sal slegs ontslaap, wakker word (1 Tess. 4v14). Ek weet dat martelare nie hulle lewens vir ‘n leuen sal verloor nie (1 Kor. 15v5-8). Ek weet dat miljoene gelowiges (van hoogs geleerdes tot ons kinders) nie sonder rede op- gewek kan wees en hul mooiste liedere opgewek sal kan sing nie (Lied #409, 411, 417 e.a.). Ek weet Sondag word nie sonder die opstanding, ‘n Feesdag waarop ons weekliks Jesus se opstanding vier nie (Hand 20v7). Ek weet dat ‘n saad (soos ‘n koringkorrel) wat dood gaan en in die grond begrawe word, weer op Goddelike wyse ontkiem en groei (1 Kor. 15v36-38). Ek weet dat die Woord die waarheid is (Joh. 17v17). Ek weet, want ek ken Jesus en ek het ‘n lewende verhouding (Joh. 20v28). Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 5 APRIL 2015 TEKS VIR DIE WEEK VIR SONDAG 12 APRIL (DR CLIFFORD HEYS) Tema: Dis herfs, die kerk verloor sy blare 1. Lees Johannes 20v24-31– Wat hoor en sien jy by Thomas? 2. Is daar nog Thomasse in die wêreld? Ken jy dalk een ....? 3. As ‘n belydende ateïs vir ons sê: Die kerk verloor sy blare?” - Wat hoor jy? En as die Woord sê: “Bome, soos wingerde, moet gesnoei word om juis meer vrug te dra” (Joh. 15v1-8) - Wat hoor jy nou? ‘God die lente kom na die winter! Clifford sal ons meer vertel van die kerk wat blare verloor. (En: Moet tog nie dink die kerk sterf nie, inteen- deel ....!)
6

5 APRIL 2015 Hartklop - Fire Feed08:00 Voete– & hande versorging. Maak 10h00 –13h00 DIENSSENTRUM: Kunsklasse aangebied deur Wilma Burger. Koste is R100 per maand. Wilma begin met

Oct 23, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
  • VANOGGEND SE DIENS (DR CLIFFORD HEYS)

    Dit is Paassondag en Clifford maak die Woord oop by Joh. 20v11-18. Hy sal ons kan help om Jesus

    se opstanding nóg beter te verstaan.

    Jesus se opstanding maak ons opstandig teen tot niet making in ons wêreld.

    Jesus se opwekking maak ons opgewek oor die tot nuut making in ons wêreld.

    John Donne (1631) skryf van die dood as ‘n vertalingsproses: “When one man dies, a chapter is not torn out of the book, but translated into a better lan-guage.” My ouderdom, my siekte, my ongeluk (wat ookal) is slegs die vertaler

    wat God gebruik om my lewe te vertaal

    in ‘n hemelse taal (dws ‘n hemelse

    bestaanswyse). Kyk weer nuut na Jesus.

    Jy is een en in Jesus. ...

    Ons almal saam in diens van

    JESUS CHRISTUS

    oral, altyd en in alles

    SONDAGMIDDAE SAAMKUIER

    *** DAAR IS GEEN

    SAAMKUIER HIERDIE

    PAASNAWEEK NIE, MAAR

    ONS SIEN JULLE WEER

    VOLGENDE SONDAG

    12 APRIL.

    Vir enige navrae: Hannie Koch

    028 316 1595 / 081 271 2290

    DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll: Huis Lettie Theron

    Baie dankie vir almal se volgehoue

    ondersteuning aan hierdie huis vir

    bejaardes. Dit word opreg

    waardeer. By die deure is daar

    ook wit houers vir donasies.

    Wees Lig!

    HARTLIK WELKOM

    Wat was die eerste woorde wat u vanoggend gehoor het ...? Waarskynlik: ‘Christus het opgestaan!’ en u sou geantwoord het met: ‘Die Heer het waarlik opgestaan!’

    Oral in die wêreld groet gelowiges mekaar vanoggend op

    soortgelyke wyse:

    In Nederland: Christus is opgestaan! / Hij is waarlijk opgestaan! In Engeland: Alleluia! Christ is Risen! / He is risen indeed! Alleluia! In Jerusalem: הללויה !באמת עלה הוא / !קם המשיח !הללויה

    In Rusland: Хрістос воскрес! / Воістину воскрес!

    In Suid-Korea:그리스도께서 부활하셨네! / 참으로 부활하셨네!

    En in Latyn: Christus resurrexit! / Resurrexit vere!

    Kan ons dit (werklik) glo ...?

    Is Jesus se liggaam nie gesteel nie? Was Jesus werklik dood? Is dit nie maar ‘n mislei-

    dende storie wat Jesus se volgelinge verkondig en dramaties uitgeleef het nie?

    Wie weet....?

    Ek weet ....

    Christus het nie Sy lewe verloor nie. Hy het dit aan Sy Vader gegee (Luk. 23v46). En Vader het dit op hierdie dag, aan Hom teruggegee om vir ons te demonstreer dat ons nooit sal

    sterf nie. Ons sal slegs ontslaap, wakker word (1 Tess. 4v14). Ek weet dat martelare nie hulle lewens vir ‘n leuen sal verloor nie (1 Kor. 15v5-8). Ek weet dat miljoene gelowiges (van hoogs geleerdes tot ons kinders) nie sonder rede op-

    gewek kan wees en hul mooiste liedere opgewek sal kan sing nie (Lied #409, 411, 417 e.a.). Ek weet Sondag word nie sonder die opstanding, ‘n Feesdag waarop ons weekliks Jesus se

    opstanding vier nie (Hand 20v7).

    Ek weet dat ‘n saad (soos ‘n koringkorrel) wat dood gaan en in die grond begrawe word, weer op Goddelike wyse ontkiem en groei (1 Kor. 15v36-38).

    Ek weet dat die Woord die waarheid is (Joh. 17v17). Ek weet, want ek ken Jesus en ek het ‘n lewende verhouding (Joh. 20v28).

    Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier

    5 APRIL 2015

    TEKS VIR DIE WEEK

    VIR SONDAG 12 APRIL

    (DR CLIFFORD HEYS)

    Tema: Dis herfs, die kerk verloor sy blare

    1. Lees Johannes 20v24-31– Wat hoor en sien jy by Thomas? 2. Is daar nog Thomasse in die wêreld? Ken jy dalk een ....? 3. As ‘n belydende ateïs vir ons sê: “Die kerk verloor sy blare?” - Wat hoor jy? En as die Woord sê: “Bome, soos wingerde, moet gesnoei word om juis meer vrug te dra” (Joh. 15v1-8) - Wat hoor jy nou? ‘God die lente kom na die winter! Clifford sal ons meer vertel van die kerk wat blare verloor. (En: Moet tog nie dink die kerk sterf nie, inteen-deel ....!)

  • ONS BID VIR ... Sarie van Staden Louis van Brakel

    Martha Swart

    Francois Snyders

    Paul Bezuidenhout

    Hettie van Wyk

    Willie Smit

    Rina vd Westhuizen

    André van Vuuren

    Fritz de Jager

    Gideon Botha

    Okkie van Tonder

    Sunsunet Gombert

    Ons bid ook vir alle persone in ‘n

    versorgingseenheid. Ons bid ook

    vir die wonderlike personeel wat

    hul versorg.

    SPESIALE GEBED:

    Vader, vandag wil ons spesiaal

    bid vir persone wat alleen is en

    alleen voel. Ons bid ook vir men-

    se wat aan depressie ly. Vader,

    wil U ‘n LIG kom skyn in elkeen

    van hul se lewens - ‘n LIG wat net

    U kan bring. Ons dank U reeds

    daarvoor.

    VERSOEKE Annette 072 903 9189

    NOODKETTING Sheila 084 800 0947

    MA. 6 APRIL DI. 7 APRIL WO. 8 APRIL

    GESINSDAG DIENSSENTRUM: Geen haarsny of masserings

    weens vakansiedag.

    SOPKOMBUIS

    10:00 DIENSSENTRUM: Kom wees saam kreatief met alle soorte kunswerke. Kontak

    Joan (028 316 2127/082 710 2787) indien jy nie

    oor vervoer beskik nie. Ons sal jou kom oplaai.

    DIENSSENTRUM: Naaldwerk (klere her-stel / versteldiens beskikbaar). Bring gerus.

    DIENSSENTRUM:

    08:00 Voete– & hande versorging. Maak asb afspraak by Marilyn (082 532 6931).

    10h00 – 13h00 DIENSSENTRUM:

    Kunsklasse aangebied deur Wilma Burger.

    Koste is R100 per maand. Wilma begin met

    waterverf en nooi veral ook mans uit om van

    hierdie geleentheid gebruik te maak.

    10:00 TRIMGIM in die sysaal.

    14:30 Fliek in OnsTeater – The hundred

    foot Journey!

    DO. 9 APRIL VR. 10 APRIL SA. 11 APRIL

    10:15 DIENSSENTRUM: Brei oggend in die

    sitkamer. Kom kuier, kom gesels en kom

    drink koffie saam!

    09:30 - 11:30 KOLWYNTJIE-TEETUIN

    Al gehoor van 'n MARMERSJOKOLADE-EN

    VANILLA-KAASKOEK?

    Kom proe vir net R30, koffie/tee ingesluit.

    Altyd 'n winskopie!

    10:00 GEBED in die

    Gebedskamer.

    WAT GEBEUR ALLES SONDAG 12 APRIL?

    09:00 EREDIENS: Dr Clifford Heys

    gaan voor.

    WYKE DIENSBEURTE Gebed (Gebedskamer) (Wyk 23)

    Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 12)

    GEEN KATEGESE

    (VAKANSIE)

    Vader en Seun en Heilige Gees, U is ons Hemelkoning. Ons loof en prys U grote Naam. Dankie vir hierdie Paasfees wat ons weer kon herdenk, weer kon stilword by U kruis. Weer kan glo dat U

    het waarlik opgestaan het.

    Almagtige Hemelheer, ons buig nou in aanbidding, nederig voor U neer. Waar ons in U Naam vergader daar sal U wees. Maak ons harte ontvanklik vir U Here, help ons ook om ons harte vir ons mede-

    mens oop te maak.

    Liewe Jesus, ons sê ons kies U. Ons gee ons hart vir U. Maar besef ons hierdie keuse is eintlik net die helfte van die saak. Want as ons U regtig lief het sal ons dit in ons dade sigbaar maak.

    Here, baie dankie dat ons nie net deur ons woorde, maar ook ons dade waarlik U kinders is. Here, wat ons ookal doen, moet ons U Naam eer, prys en altyd

    dankbaar wees vir U genade en liefde.

    Maria het Jesus weer gesien. Sy graf was leeg. En ‘n Engel het gesê Jesus lewe weer. Hy het opgestaan vir ons. Dankie Jesus, vir hierdie anker van geloof waaraan ons kan vashou.

    DIE OPGESTANE HEER Jesus, ons wil U vandag net

    loof en eer en prys! U het vir

    ons die oorwinning behaal. Ons

    harte juig, ons voete dans en

    ons monde sing! Dankie vir die lydenspad

    wat U vir ons gestap het. Dankie dat ons

    nou kan leef as vrygekooptes! Aan U al

    die eer!

  • BASAAR 2015

    Die Basaar is om die draai en ons sien reeds met groot opgewondenheid uit na ‘n heerlike

    familiefees! Baie dankie aan elkeen van u wat reeds produk skenkings gegee het asook

    kontak bydraes. U kan verseker weet dat u elkeen ‘n aanddeel het aan die uitbreiding van

    God se koninkryk!

    Ons benodig tans asb die volgende:

    WIT OLIFANTE - pak gerus u kaste bietjie reg en sorteer bietjie uit. Ons sal graag eni-

    ge “oorbodige” items van jou hande afneem.

    BOEKE, CD’s en DVD’s asb. Ons waardeer elke item!

    PLANTE - enige steggies of klein plantjies is ook welkom, ons het houers. Groot plante natuurlike ook welkom.

    Kontak Icky by 072 245 3191. Sy kan dit ook by u kom haal.

    DIE TEETUIN soek asb soutterte en groot koeke om te bedien daar. Kontak asb vir Muriel by 083 335 5195

    vooraf om enige skenkings te bevestig. Baie dankie!

    TUISTESKEPPINGS - ons nooi alle kunstenaars om van hul kunswerke te skenk vir die tuisteskepping tafel. Ons

    vra ook asb décor goed, mooigoed, handgemaakte goed. Kontak asb vir Brenda by 071 895 1070.

    HEERLIKE SKAAPVLEIS van die Overberg distrik beskikbaar om te bestel (aflewering ’n week voor die Basaar).

    Bestel by Hans Herbst by 082 568 9845.

    BASAAR LYSTE: Indien daar nog nie ‘n lys by u ‘n draai gemaak het nie, is u welkom om ‘n bydrae te skenk by die

    kerkkantoor. Baie dankie!

    HANDEHULP: Heelwat stalletjies het u hulp nodig. Kontak die kerkkantoor of Hans om u naam te gee.

    Vir enige navrae of hulp wat u kan aanbied, kontak asb vir Hans Herbst by 082 568 9845.

    KOM ONS DOEN OOK VOORBIDDING VIR DIE BASAAR EN DAT VADER DIT SAL SEËN.

    BASAAR AFSKOP

    VRYDAGAAND 24 APRIL @ 19:00

    (BASAARTENT)

    TEMA:

    SO SAL JULLE MY NOOIT WEER SIEN NIE

    Ons nooi u na ‘n heerlike saamkuier en afskop van die

    Basaar. Ons word hierdie jaar bederf met ‘n skaap

    spitbraai!

    Ons nooi u ook om enigiets aan te trek wat jy gewoonlik

    nie sal. RAAK KREATIEF! Ons daag julle uit.

    Koste: R80pp (Sluit in die skaap spitbraai, vars

    gebakte brood en konfyt, heerlike slaaie,

    smullekker poeding en koffie/tee)

    Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor en

    daar is slegs 120 beskikbaar - so kom kry een so

    gou moontlik!

  • ONS NOOI ALLE MANNE

    Ons hou weer Daniel Konferensie

    op Stanford 17 - 19 April.

    Die koste is R50 vir die hele naweek - die

    aksie is van Vrydag 18h00 tot Saterdag

    16h00, met erediens Sondag om die na-

    week af te sluit. Vir navrae en bespre-

    kings, kontak asb vir Nico Roos by

    083 230 1325 of [email protected]

    PAASFEESREEKS

    BESKIKBAAR

    OP DVD

    Was u aangeraak deur die

    boodskap van Sondag 29 Maart?

    Wil u graag weer die Lydensweek

    meditasie oordink of kon u dit nie bywoon nie?

    Was Goeie Vrydag se diens dalk ‘n boodskap

    wat u weer wil hoor of selfs vir u vriende of

    familie wil stuur?

    Die hele reeks is nou beskikbaar op DVD’s -

    bestel gerus by die kerkkantoor.

    (29 Mrt & 3 Apr apart, Ma - Do op 1 DVD)

    'n Bybelstudiegroep verkeer gesellig saam nadat hulle deur die KOLWYNTJIE-kelnerinne bederf is met heerlike eet- en drink-goed.

    DIE SPOELKLIPPE KUIER SAAM Baie dankie aan almal wat gesorg het vir'n heerlike oggend by Art Café, Kleinmond. Ons het getee. geskon, gedans en heerlik gelag!

  • Die volgende blaadjie sal beskikbaar wees op SONDAG 3 MEI 2015. Inligting moet asb vroegtydig by

    Karin wees. Epos: [email protected] / 028 316-2116 of bring dit na die kerkkantoor.

    ** Onthou asb dat hierdie diens tans vir lidmate van die NG Gemeente Onrusrivier is. Dankie! **

    SKOONMAAKDIENSTE BESKIKBAAR: Ons maak huise en kantore skoon onder voltydse persoon-like toesig. Goed opgeleide, vriendelike en eerlike werkers. Verhuis u? Ons sal kom opruim. Waarde vir geld en uitstaande diens! Ma - Sa. Kontak Hannelie Visser by 076 115 7382.

    VARSGEBAKTE BESKUIT BESKIKBAAR: U is welkom om die heerlikste en groot verskeidenheid beskuit by my te bestel teen billike pryse. (Beskuit is ook beskikbaar by die NG Onrus se kerkkantoor). Kontak Sylvia du Toit, by 028 315 2985 / Sel. 084 606 56 11.

    THE FRAMERY: Alle tipes raamwerk van skilderkuns, fotos, tapiserieë, truie, medaljes ens..Professionele, vriendelike diens teen bekostigbare pryse. Skakel Marlene by 028 316 1374 Hoofweg 36, Onrusrivier.

    HERMANUS SELF-IMPROVEMENT CENTRE bied op 15 & 16 April ‘n Noodhulp Vlak 1 kursus aan. Daar is ook ‘n “Basic Firefighting” kursus en verskeie ander beskikbaar die volgende twee maande. Vir meer inligting, kontak asb vir Karin op 084 305 2086 of epos na [email protected]

    SH'ZEN - A MORE BEAUTIFUL YOU NATURALLY! Verdien 'n ekstra inkomste met Sh'zen skoonheidsprodukte. Kontak Berenice Auret 083 578 3237 of [email protected] vir meer inligting. Skoonheidsalonne welkom.

    MANSHAARKAPPER BESKIKBAAR by 127A Paradise Park. (Ma, Do, Vr). Tel: (028) 316-1751 vir afspraak.

    FIL 4:13 MAINTENANCE: Vir verwerf, plaveisel, sweiswerk, waterdigting, loodgieterswerk en enige ‘handyman’ werke, kontak Inus du Toit by 076 752 4776 of 072 965 273. JY NOEM DIT, EK DOEN DIT.

    HET U NOG SKYFIE FOTO’S of enige ander foto’s ? Ek plaas dit vir u op ‘n CD. Kontak Hennie Kruger by 0823143063

    NUWE NUUS!!!! OOM MANIE SE HOUTWERF IS VOL HOUT!!!!!! Geleë te Viljoenstraat 5, Onrusrivier. Verskeie soorte braaihout, potjiekoshout en kaggelhout. Myrtle, rooikrans, kameeldoring, bloekom/blue gum en black wattle!!! Kom loer in of kontak gerus vir alle bestellings !!!! Ons doen ook aflewerings op aanvraag. Maak seker dat u genoeg braaihout het vir die vakansie en belê solank in kaggelhout vir die volgende Winter!!!!! TELEFOON: 060 9667 433

    ‘N NUWE DÉCOR EN CRAFT WINKEL in Hermanus nooi kunstenaars om hul kunswerke op ‘consignment’ daar te plaas. Kontak asb vir Annette by 082 877 6337 of Rosemary by 082 508 4115.

    DIENSTE BESKIKBAAR

    ONTVANGSDAME - Badisa: Huis Lettie Theron (Hermanus). Pligte: Ontvangs, skakel-bord,hantering van kontant en algemene kantoorwerk. Vereistes: Ten volle tweetalig (Afr & Eng), rekenaargeletterd, goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede asook ‘n passie vir

    bejaardes. Rig u volledige CV voor of op 18 April 2015 aan: Die Bestuurder, Huis Lettie Theron, Privaatsak X03, HERMANUS, 7200 of per e-pos aan: [email protected] Faks: (028) 312-3722

    POSTE BESKIKBAAR

    JESUS, DANKIE DAT U ONS KOM VRYMAAK

    HET. ONS EER U AS DIE OPGESTANE HEER!

    mailto:[email protected]::mailto:[email protected]

  • SPOELKLIPPE-UITSTAPPIE NA MONTAGU 16 & 17 SEPT. DRINGEND! Persone wat met eie vervoer 'n dagreis wil onderneem moet Joep skakel 028 316 4018 of 083 297 9230. Kostes beloop ongeveer R200, vervoer uitgesluit. AFSNYDATUM is Wo.8 APRIL! ONSTEATER WO. 8 APRIL 14:30 The HUNDRED-FOOT JOURNEY 'n Spoggerige Franse restaurant kry die wind van voor as 'n Indiese restaurant slegs 100 voet oorkant die straat open! MOET DIT NIE MIS NIE! Slegs donasie vir Dienssentrum. DR WILHELM BURGER is met verlof vanaf 30 Maart tot 22 April Ons bid hulle ’n geseënde rustyd toe. BASAAR AFSKOP SPITBRAAI Vrydagaand 24 April @ 19:00. Kom kry jou kaartjie so gou moontlik - slegs 120 beskikbaar. R80pp (sluit in skaap spitbraai, brood, slaai, nag-ereg, koffie/tee). Kerkkantoor.

    SPOELKLIPPE DO. 16 APRIL DV Sjampanje-ontbyt in Fernkloof 10:30 Gee name op by Kerkkantoor asb. Bring eie ontbyt, stoel en dalk 'n tafeltjie. Bring ook EIE DRINKGLAS. Ons voorsien sjampanje met lemoensap. Praatjie deur Elna Roux :"'n Gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees". Kom geniet 'n heerlike og-gend in God se pragtige tuin! WELKOM! GEMEENTEKAMP 1-3 MEI 2015 te Montagu karavaanpark. Bespreek asb direk by die kampterrein. Nog enkele huisies ook beskikbaar. Gou spring! Die plekke raak vinnig vol. Hul kontak besonderhede: Tel: 023 614 3034 / [email protected] www.montagucaravanpark.co.za Hierdie is heerlike “luxury self-catering ac-commodation” en daar is kampplekke ook beskikbaar. Daar is drie swembaddens waar-van een onderdak en warm is. Dan is daar ‘n trampolien en wat die kinders noem ‘n “water wurm”. Daar is ook ‘n dam waar mense kan visvang en met bootjies kan ry. Honde word toegelaat by die kampplekke maar nie in die huise nie (dis nou vierbeen honde)! DIE BYBELSKOOL is gesluit tot 29/30 April.

    DIENSSENTRUM: Alle navrae oor die dienssentrum, alle inbetalings en gelde van die dienssentrum word nou by die dienssentrum self hanteer LET WEL vanaf Maandae tot Vrydae van 09h30 – 12h30. DIENSSENTRUM LEDEGELD: Dit is die begin van ‘n nuwe finansiële jaar. Ons nooi u uit om ledegeld vir 2015 te betaal by die dienssentrum. U sal ook sien dat ons vir die eerste keer in twee jaar van die fooie opgestoot het. Ons moet ongelukkig ons uitgawes dek en dit raak ook stelselmatig meer. BEHUISING: ‘n Dame van 47 jaar (met ‘n klein hond-jie) benodig dringend behuising. Sy kan R2 000—R3000 per maand betaal vir losies. Indien u kan help, kontak asb vir Erika Oosthuysen by 079 322 0998.

    NUWE KUNSKLASSE BY DIE

    DIENSSENTRUM

    AANGEBIED DEUR WILLMA BURGER

    Ons het nog ‘n bediening wat by die Dienssentrum

    gaan begin. Bekende kunstenaar Willma Burger is

    bereid om kunsklasse elke Woensdagoggend vanaf

    10h00 – 13h00 by die Dienssentrum aan te bied

    teen R100pp per maand. Die geld gaan vir die

    Dienssentrum. Willma daag veral mans uit om met

    hierdie klasse te begin. Sy gaan begin met teken

    en waterverf. Indien daar persone is wat belang-

    stel moet hulle hulle name asseblief gee by Joan

    of Hannie by 028 316 1745. Begin Woe 8 April.

    KOSPAKKIES 20 APRIL DV Baie dankie vir HAWERMOUT,KOFFIE en SUIKER alreeds ontvang. Word baie waardeer! DIE PRINSES PROJEK open ‘n nuwe perseel en be-nodig asb ‘n mat (5m x 3m). Dit sal baie waardeer word. Kontak asb vir Helen by 083 650 7131.

    DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

    083 468 8194 [email protected]

    DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

    083 448 1651 [email protected]

    DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

    [email protected]

    VOORSITTER KERKRAAD

    Piet van Zyl 082 339 9871

    [email protected]

    EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

    [email protected]

    MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

    028 316 3115 (K) 079 322 0998

    [email protected]

    KOMMUNIKASIE BEAMPTE

    Karin de Bruin 084 305 2086

    [email protected]

    ONTVANGS

    Mervian van der Merwe 084 875 7875

    [email protected]

    REK BEAMPTE

    Rika Eveleigh 082 679 1312

    [email protected]

    ADMIN BEAMPTE

    Hanna de Jager 082 441 9759

    [email protected]

    KOSTER

    Hennie Davies 061 300 4577

    Vir navrae en kommentaar

    op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

    KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00

    Tel (028) 316-2116 [email protected]

    www.ngkonrusrivier.co.za

    DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

    Bank: ABSA

    Rek. 406 215 2718

    SENDING Geloof Belofte Offer

    Bank: ABSA

    Rek. 916 9799 886

    boek

    wees

    Baie dankie aan ons borg wat die druk van hierdie Hartklop moontlik gemaak het. Ons bid Vader God se seën op jul besigheid en gesinne.

    Hermanus Dental Lab Tel: 028 312 1820