Professore, dokters, akademici, rektors, filmsterre, sportsterre. Dalk mense wat binnekort Mars toe kan
gaan! Die wêreld is konstant aan die verander. Dit is ons realiteit. Die aanhoudende vooruitgang laat „n
normale skoolseun soos ek wonder: Is daar plek in die wêreld vir nóg kampioene? Elke Jan Rap en sy
maat sal natuurlik, sonder om twee keer te dink, dadelik ja sê, want daar lê in elkeen van ons „n gawe
en talent, maar hoe gedaan wanneer hoë standaarde en doelwitte „n norm geword het? Ons kan die
vraag ook opvolg met: Wat sien ek as „n kampioen? In meeste se oë is „n kampioen, rolmodel of held
iemand met massiewe sukses, roem en rykdom. In dieselfde asem het geld sinoniem met hierdie beeld
geword, maar vir „n blik op die groter prentjie …
Ek is seker baie van julle het al „n wedloop beleef, die atmosfeer is elektries. Ek was nog nooit „n
naelloper nie, my moed sal my begewe nog voordat ek die wegspringblok gehaal het, wat nog te sê
van die eindstreep. Die skoot klap! Dit lyk asof die atlete op kole hardloop! Die omroeper se asem jaag.
Derde … tweede … dis goud! Die vlag om sy skouers wat saggies in die ligte windjie waai. Hierdie is
beslis een vir die geskiedenisboeke. Is dit vir jou „n kampioen?
Verbeel jou jy sit in „n volgepakte teater, rooi stoele, kunswerke teen die mure, „n musikant wat
verskyn op die verhoog. Met die eerste trilling van die kitaar voel jy die rillings by jou rug opkruip, die
pouses in haar lirieke word met „n doodse stilte ontvang. Is dit vir jou „n held?
Is ‟n held ‟n enkelma wat spartel om kop bo water te hou, rekeninge wat opstapel en koskaste wat leer
word. Ongeag finansiële en emosionele druk, is sy altyd daar, daar vir haar gr.1–seuntjie as hy sy
huiswerk moet doen. Wat is hierdie vir jou? „n Held? Of net bloot „n voorbeeld van “Ag, shame.” Net
nog een van die miljoene soos sy ...
Die Amerikaanse voetballegende en uitgesproke christen, Tom Brady, is herhaaldelik gevra oor hoe
hy, wat meer soos „n langafstandatleet in plaas van „n voetbalspeler lyk, sulke oomblikke van
briljantheid kon vermag wanneer sy spanne dit die meeste nodig gehad het. Soveel so dat hy die
bynaam, “The Comeback Kid” gekry het. “The biggest games, the biggest stage, it‟s all about
performing under pressure.” Dit was sy goue reël. Let wel, sy antwoord geld egter nie net vir een faset
in ons lewens nie, dit geld vir alle uitdagings in die lewe, fisies en emosioneel. Om onder druk te kan
presteer, glo ek, is „n deurslaggewende eienskap vir nie net helde, rolmodelle en kampioene nie, maar
menswees, dis wat „n sogenaamde “normale” mens kan verander.
Dit bring my terug tot die groot vraag: Is daar plek in die wêreld vir nog helde? Uitstekend het dan nou
„n norm geword, almal werk hard, almal wil soos die of daai een wees, maar waarnatoe mik ons van
hier? As jy op die boonste trappie van die leer is, wat dan? My antwoord op hierdie vraag is makliker
gesê as gedaan, maar as ons heelbo is, is dit ons plig as medemens om ander op te help. Leef jouself in
ander se deurgetrapte skoene in. Dit is hoekom daar altyd plek vir nog rolmodelle is. Dit is „n tree in
die regte rigting, een wat ons as „n Oakdale-familie nodig het om te oorleef. Om te bou op die fondasies
wat gelê is deur ons voorgangers. Dink net daaraan, van 1928 bou ons al aan ons plaas, ons
Oakdalerskap, vir my is dit bietjie “scary”.
Bob Laduceur, „n voetbalafrigter het die volgende te sê gehad oor druk. Sy span wat al 151 wedstryde
onoorwonne, die rekord in Amerika, was het in daardie jaar hulle eerste wedstryd verloor.
“The Streak” was uiteindelik gebreek. Na hierdie groot terugslag vir sy span het hy die volgende
gesê:“ They say it‟s a curse to be in De La Salle, but I say that‟s the blessing of it. Because you have to
go out there and prove it every week.” Om druk te vat en dit in „n geleentheid te omskep.
Dìt is „n kampioen.
Op die pad van hoop
D E U R J O H A N G E Y S E R
Meyer Bosman is „n gebore en getoë Oakdaler. Sy vriendelikheid
en die waardes waarvolgens hy leef, gee vir hom „n spogplek op
Oakdale se uitstalrakke. Een wat diep spore hier op die plaas
getrap het.
Vertel ons ’n storie van Meyer op skool.
Daar is nie veel interessante stories om te vertel nie, of ten minste nie wat ek kan
onthou nie. Ek was ‟n doodgewone leerder wat my tyd op Oakdale baie geniet het
en vandag is ek baie dankbaar vir die feit dat ek daar kon skoolgaan.
Wat voel jy is die belangrikste aspekte van 'n jong man se vorming?
Om groot te word met waardes en woorde soos respek, verantwoordelikheid, dissipline, nederigheid (om
net ‟n paar te noem) te leer, verstaan en uit te leef.
Wat is ware sukses?
Sukses is vir elke persoon verskillend. Ek glo dat jy sukses sal behaal
indien jy iets tot die beste van jou vermoë doen.
Jy het tydens jou loopbaan as professionele rugbyspeler vir seker
met verskeie baanbrekers te doen gehad. Wie het die grootste
indruk op jou gemaak? Vertel vir ons hoekom.
Daar is ‟n hele paar name wat onmiddellik in my kop spring, maar as ek
een moet kies, is dit John Smit. Hy was kaptein van die Springbokke toe ek
as 20-jarige die eerste keer saam met hulle getoer het asook kaptein van
die Sharks toe ek later jare van die Cheetahs na die Sharks geskuif het. Die
manier waarop hy my by al twee geleenthede hanteer en by die span
betrek het, sal my altyd bybly. Ten spyte van tye in sy loopbaan waar hy
geweldig onder druk, was sou hy nog steeds uit sy pad uit gegaan het om
ander nuwe outjies te motiveer en gemaklik te laat voel. Hy is ‟n skitterende
kaptein en ‟n besonderse mens wat te alle tye die span se belange eerste
gestel het.
Wat het jou laat besluit om finaal jou stewels op te hang?
Ek het in Julie 2017 tydens die voorseisoen ‟n ligte hartaanval gehad en moes weens mediese redes die
stewels ophang. Ongelukkig was dit nie die manier hoe ek graag sou wou eindig nie, maar ek is bitter
dankbaar dat dit nie ernstiger was nie en dat my hart geen permanente skade opgedoen het nie.
Meyer Bosman: ‘n Nederige Oakdaler
Meyer sê: “Sukses is
vir elke persoon
verskillend. Ek glo
dat jy sukses sal
behaal indien jy iets
tot die beste van jou
vermoë doen.
Hoe verskil die Franse denkwyse van Suid-Afrikaners s’n?
Geweldig baie. Ek het die vyf jaar wat ek daar was in Parys gewoon, wat beteken dat my ervaring van
die mense nie noodwendig ‟n ware weergawe van die Franse as geheel is nie, maar eerder
“Parisians”, maar die Franse kultuur is totaal en al verskillend van ons s‟n met die gevolg dat hulle
manier van dink en doen ook baie verskil.
Die grootste les wat die lewe jou tot dusver geleer het?
Dinge kan in ‟n oogwink verander. Maak die beste van die tyd en geleenthede wat jy het.
Grootste invloede?
Weereens spring daar baie name in my kop. Van onderwysers/afrigters gedurende my skooljare tot af-
rigters, bestuurslede en spanmaats tydens my professionele loopbaan. Uit vrees dat ek iemand uitlaat
gaan ek nie name noem nie. Die grootste invloed egter was my familie. My ouers, broer en suster en lat-
er my vrou en kinders wat deur al die goeie en slegte tye my ondersteun het en altyd daar was vir my.
Wat was die klein Meyer Bosman se grootste droom gewees?
Sportsgewys was dit altyd om vir die Springbokke te speel en dit was vir my ‟n reusevoorreg om dit te
kon doen.
In 2003 is jy verkies tot die SA-skolespan, enige raad vir al die jong Bulle daarbuite wat
ook in jou voetspore wil volg?
Werk hard en gryp elke geleentheid met beide hande
aan. En indien jy nie verkies word tot die Cravenweek
of SA skolespan nie, is dit nie die einde van die
wêreld nie. Daar is baie suksesvolle professionele
rugbyspelers wat nie provinsiale kleure op skool
behaal het nie, maar eers later deur bv. universiteits-
of klubrugby ‟n geleentheid gekry het.
Die lewe na rugby. Wat is volgende?
Ons is permanent terug in SA en woon sedert Julie in
Mosselbaai. Ek gaan hier by Old Mutual werk as fi-
nansiële adviseur.
Meyer Bosman: ‘n Nederige Oakdaler
Traumaverligtende oefening Deur: Kyle Grundlingh
Terapie vir slagoffers het al van kleinsaf my belangstelling geprikkel. Dis een van
die klinklare bewyse dat wat jou brein dink, op jou lyf wys. Dit werk weerskante.
Goed of sleg. Party glo in opbouende stories lees. My ondersoek het egter oor
traumaverligtende oefening gehandel. Dis „n algemene feit dat depressielyers se
fisieke toestand drasties verswak. Rooiligte, soos hoë bloeddruk en hoofpyne, kom
voor wanneer mense aan „n abnormale hoeveelheid stres blootgestel word. Die
menslike liggaam is net nie gemaak vir stres nie.
Die volgende vraag kan dan gevra word: Kan die im-
pak van enige trauma op die liggaam deur fisieke
oefening verminder word? Soos die skool-
spreekwoord lui: “Google is your friend.”
Groot was my verbasing toe ek uitvind dis nie „n
“nuwe” terapie nie. Boekrakke is al vol geskryf oor
traumaverligtende oefening.
Die gevoel van oorweldiging wat aangewakker kan
word deur `n ondraagbare lewenservaring wat jy
beleef het - dis hoe trauma beskryf word. Jy kry drie
verskillende tipes traumas wat as ligte-, gemiddelde-,
en erge trauma geklassifiseer word.
Dit is waar die traumaverligtende oefeninge/strekke
inkom. In al die spiere in jou liggaam is daar verskeie meganismes en tydens gevaar-
like ervarings trek die meganismes saam om jou te beskerm. Jou spiere is veronder-
stel om daarna weer te ontspan, maar soos die mens die evolusieleer trappies
geklim het, het ons dit afgeleer. Gevolglik ontwikkel chroniese pyn. Meeste oe-
feninge laat net die oppervlakkige spiere ontspan. Dis waar David Berceli, ‟n kenner
op die gebied, `n gaping gesien het vir navorsing in oefeninge wat dieper en meer
gekonsentreerd op die Psoas Major-spier werk. Hierdie spiergroep, beter bekend as
jou “fight or flight” spier, is die hoofspier van “beskerming” in jou liggaam.
Geagte leser, bewys jouself „n guns en lees meer op oor hierdie onderwerp. Die in-
sig en kennis kan jou eendag help om „n gesonder leefstyl te volg.
‘n Gesonder jy.
Die doodse stilte van die bosveld is iets spesiaals. Mens voel heeltemal onafhanklik
van ander mense, so afgeslote van die samelewing, maar tog gerus.
Maar rustigheid hou nie lank nie. Die klap van die geweer wat afgevuur word, laat my
dwalende gedagtes tot stilstand kom.
“Bo-oor,” sê Kwagga afwysend. Hy tel die koeëldop op en sit dit in sy sak.
“Wat gaan aan met jou vandag? Daai is nou al die derde skoot wat jy na mekaar mis,”
vra ek versigtig. Ek weet hoe vinnig raak Kwagga woedend as jy hom slegsê oor sy
akkuuraatheid as dit kom by jag en die laaste ding wat ek wil doen is om hom nou nog
meer kwaad te maak.
“Net lanklaas geskiet, dis al,” antwoord hy. “Jy kan maar die volgende skoot vat, ek
dink nie ek gaan vandag iets raakskiet nie.”
“Nonsens man, die volgende een gaan dadelik val.” Die positiwiteit het nie veel van „n
invloed op hom nie, en hy trek net sy skouers op en staar na die vlaktes. Na wat soos „n
ewigheid se stap voel, kry ons uiteindelik nog „n trop.
“Just what the doctor ordered,” sê Kwagga tevrede. “Gemsbokke,” sê hy en beduie na
my geweer. “Dit beteken dis jou skoot. Ek sal range.”
Ek sak af en lê op my maag – ek kon nog nooit soos Kwagga uit die skouer uit skiet nie
– en posisioneer die geweer reg.
“Dis so 180m,” sê hy terwyl hy die trop deur die verkyker bestudeer. “Easy stuff,” sê hy
en glimlag verspot soos altyd.
VERVOLGVERHAAL: DEEL 3
BELOWE JOU, BELOWE MY
Eugene Marais
“Sê die een wat al 3 skote gemis het vandag," sê ek terwyl ek korrel. “Wind?” Hy lek
sy vinger en hou dit dan in die lug.
“Next to nothing,” sê hy. Ek mik na „n groot bul aan die agterkant van die trop en hou
my asem op vir meer stabiliteit. Versigtig om nie te ruk nie, trek ek die sneller.
“Links verby hom dink ek,” sê Kwagga. My kop sak in teleurstelling. Stadig kom ek
op my voete en hang die geweer oor my skouer. Ek moet bieg, die Holland & Holland
skiet lekker. Ek kan nie dink hoe ek die skoot gemis het nie.
“Lyk my dis net nie ons dag nie,” sê Kwagga soos ons stap.
“Ja, ons skiet soos ons gatte,” antwoord ek.
“Hulle sê mos jag is die ding wat jou die nederigste hou. Een dag is elke skoot per-
fek en die volgende dag kan jy niks raakskiet nie.” Ek stem heeltemal saam. Dis ook
een van die frustrerendste dinge, want al voel dit vir jou of jy presies dieselfde ding
doen, kry jy nie dieselfde resultate nie.
Kwagga haal sy bottel water uit en drink die laaste paar druppeltjies daarvan. Myne
is lankal leeggemaak.
“Kom ons gaan na die plaasdam toe en kry nog bietjie water,” stel Kwagga voor. Ek
knik net my kop en besef hoe droog my keel geword het. Ons draai skerp regs en
stap aan. Hoe Kwagga net weet presies waar als sit op die plaas is bo my verstand. Hy
kan al heeldag lank rondgeloop het en as jy hom vra waar die huis is, kan hy jou pre-
sies sê.
Die briesie tel darem op toe ons die plaasdam benader, so, nie een van ons hoef op
te klim en die windpomp self te draai nie. Na ons ons bottels hervul het, begin ons
weer stap.
“Jou opinie oor die zippline nou al verander?” vra Kwagga so half nuuskierig.
“Ek dink nogsteeds nie dis „n goeie idee nie, maar ons kan dit seker doen as jy wil.”
Kwagga knik tevrede sy kop, maar sê niks verder nie.
Ons hoor die klank van bokke wat hardloop, en sien hoe „n ander trop gemsbokke
aangehardloop kom. Sonder om te dink haal ek die geweer van my skouer af en laai „n
koeël.
“Skiet sommer uit die skouer uit, anders is hulle verby,” sê Kwagga.
Ek korrel, maar dis moeilik om by te hou met die hardlopende trop. Ek skat maar die
afstand, mik net effens bo die merk waar ek wil skiet en trek die sneller. Die skoot
klap en die gemsbokbul val dadelik neer. Jy kan sien hoe die trop nog vinniger begin
hardloop om weg van die skoot te probeer kom.
“Shot, Liam!” sê Kwagga trots. “Moet nou net nie laat jou kop swel nie, ek dink jy het
meer as „n bietjie luck nodig gehad vir daai een.”
Ons stap na die bok se lêplek, maar voor ons daar kom spring die ding op en probeer
weghardloop. Voor hy ver kon kom, val hy weer kop eerste in die grond.
“Jy‟t albei sy knieë afgeskiet,” sê Kwagga met groot verbasing. “Wat‟s die kanse?” vra
hy so half vir homself. Ek rig weer my geweer op die bok en skiet hom deur die kop.
“Wel, daai is die gelukkigste skoot wat ek in my lewe nog gesien het,” sê Kwagga na
hy die dop in sy sak gesit het.
“Dit was nogals „n gelukkige skoot, né?” vra ek ongeïnteresseerd.
“Ek meen, jy het hom in die hardloop te laag geskiet en op – wat was dit, 250 m? –
daai klein knie van hom perfek getref sodat al sy ligamente skeur, en dan moes die
koeël nog deurgaan en sy ander knie ook tref op dieselfde plek.” Kwagga is totaal en
al verstom daardeur, maar kan jy hom regtig blameer? Dit is by verre die gelukkigste
skoot wat jy kan kry, als moes presies reg uitdraai.
“Presies wat ek wou doen, ja,” sê ek terwyl ek my bes probeer om my glimlag te
onderdruk.
“Ag, bok man,” antwoord hy voor hy sy foon uithaal.
Nadat ons gehelp het om die bok op die bakkie te laai, vat Steyn hom na die slaghuis
toe en ons keer terug huis toe saam met oom Kobus. Hy was net so verstom soos
Kwagga oor die skoot, en vir lank praat hulle daaroor terwyl ons by die vuur sit.
“Deur altwee knieë, dis darem „n wonderwerk. En as ek dit nie met my eie oë gesien
het nie, sou ek dit nooit glo nie.” Hy staar weer na die vuur vir „n ruk, diep in gedagte.
“Elma!” roep hy sonder dat sy oë die vuur verlaat. Tannie Elma kom uit die kombuis uit
en loer om die hoek van die skuifdeur.
“Ja Kobus?” vra sy sag.
“Hoe vêr is jou kos al? Ek wil begin braai,” sê hy.
“Nog so halfuur, jy kan maar begin,” antwoord sy en draai om om in die huis in
te loop.
“Laaste ding,” sê hy en tannie Elma draai om en lig haar wenkbroue. “Sal jy so gaaf
wees om vir my nog „n bier te bring asseblief?” vra hy met „n glimlag.
“Enige tyd,” antwoord sy en verdwyn nogmaals in die kombuis in.
Vir aandete kry hulle elkeen „n steak met kaassous, slaai, en gebakte aartappels. Dit
voel nie meer so gespanne by die etenstafel nie, en hy voel of hy met hierdie vier
mense oor enige iets kan praat.
“Nou toe Liam,” begin oom Kobus. “Vandag het jy seker die grootste gelukskoot gehad
waarvan jy kan droom.” Ek glimlag vir hom, onseker waarnatoe hy op pad is met die
stelling. Hy tel sy glas op, en so ook tannie Elma en Kwagga. Ek volg dan hulle voor-
beeld en lug myne ook op.
“Mag jy nog baie gelukskote in jou lewe ervaar, en mag jy nog baie hier op die plaas
kom kuier,” sê hy met „n glimlag. Tannie Elma vat my hand en druk dit.
“Dis lekker om jou hier te hê,” sê sy in haar sagte stem.
“Op gelukskote,” sluit oom Kobus af en klink ons almal ons glase teen mekaar.
In die twee weke wat ek op die plaas was, het ons als gedoen wat ons aan kon dink,
van quad ry tot jag tot swem tot heelaand lank fliek kyk.
“Maar mens los altyd die beste vir laaste,” sê Kwagga. Op een of ander manier het
hy my oortuig om saam hom te gaan met „n blinddoek op my kop, maar hy moes
verskeie kere belowe dat hy op geen manier my gaan seermaak of beseer nie. Hy
vat my met net die quad en „n blindoek op die pad. Na omtrent 20 minute se ry, kom
ons tot stilstand.
“Oukei, haal af,” sê hy nadat hy van die quad afgeklim het. Ek haal die blinddoek
van my kop af en besef dat ons langs die dam is, en net regs van ons, is die boom
met die zippline. Ek‟t al heeltemal daarvan vergeet, maar ek weet dat Kwagga nie
nee vir „n antwoord gaan vat nie.
“Ek gaan eerste,” sê ek tot Kwagga se verbasing. Ons klim tot heel bo met net ons
swemklere aan. Ek hou styf aan die handvatsels vas en spring. Vir „n oomblik dink
ek dat ek af gaan val, maar ek hou vas tot ek omtrent 2 m bo die water is. Dan los ek
en val voete eerste in die water.
“Jou beurt,” skree ek vir Kwagga toe my kop weer bo kom. Kwagga skree eers asof
hy Tarzan is en spring van die platform af, maar van daar af het dit begin suid gaan.
Sy een hand het van die handvatsel afgegly, maar vir „n oomblik het dit gelyk of hy
homself met net die een arm gaan kan hou. Hy het egter net daarna geval en soos
hy onbeheerde bommelakiesies in die lug doen, tref hy die water met „n slag. Ek
kan myself nie keer nie en bars uit van die lag. Sy kop pop bo die water uit en met „n
kreun swem hy na my toe. Soos ons uitklim en terug na die quad toe stap, tart ek
hom heeltyd oor sy bellyflop.
“Ek kan nie glo jy praat my in hierdie tipe goed in nie,” sê hy voor ons huis toe ry.
Met Tiaan Viljoen
Deesdae is koerante ou nuus. Die jonger generasie luister nie meer radio nie en die tyd vir die
seweuur-nuus is verby. Tog stop die wêreld daarbuite nie en daar gebeur elke dag interessante
dinge of jy dit nou inneem of nie. Ons geliefde taal Afrikaans, is nog baie jonk, maar baie
beskrywend, is ’n taal wat daaglikse dinge baie interessante of selfs vreemde verklarings gee.
WAAR STAAN DIE OUDSTE AKKERBOOM OP DIE PLAAS?
(Groot debat heers steeds)
Henco Beukes : Terras, waar ons braai.
Charl du Plessis : Die boom heel regs by De Tuine
Henry Labuschagne : Dit sal die boom reg voor die skool se ingang wees.
Rayno Grundlingh : By die koue kraan.
Jaco van der Berg : Dit is die boom voor die tegnologiewerkskamer.
HOEVEEL TRAPPE HET DIE HOOFPAWILJOEN (10)?
Sybrand M. van Dyk : 3+4+3 = 10 trappe
Charl du Plessis : Genoeg om 450 seuns te vat.
Dewald le Grange : 12 met die baksteentrappe uitgesluit.
Daniël du Toit : 15
FC Kriel : Dit sal net 10 wees.
VERKLAAR DIE VOLGENDE :”SO SKAARS SOOS ‘N
TWEEDEHANDSE DOODSKIS” (IETS BAIE SKAARS)
Sybrand M. van Dyk : Daar bestaan glad nie so iets nie.
Charl du Plesis : Kan nie regtig die ding weer gebruik nie.
Henco Beukes : Jy kry nie „n tweedehandse doodskis nie.
Daniël du Toit : Baie skaars, onmoontlik.
Rayno Grundlingh : Dit is baie moeilik om te vind.
VERDUIDELIK DIE IDIOOM :’ ‘N KOEI KAN MOONTLIK ‘N
HAAS VANG” (AS IETS AMPER ONMOONTLIK IS).
Rayno Grundlingh : „n Ou wat dom is, kan „n slimmer mens wen.
Dewald le Grange : Moontlik,maar onwaarskynlik.
Henco Beukes : Al hoe dit moontlik is, is as die haas dood is.
FC Kriel : „n Koei kan nie „n haas vang nie.
Henri Labuschagne : Dis onmoontlik.
PRAAT SAAM
Henco Beukes
Sybrand M van Dyk
Charl Du Plessis
MET HOEVEEL KINDERS HET OAKDALE IN 1928 GEOPEN ? (6)
Daniël du Toit : 4 kinders
Henco Beukes : 26 leerders
Sybrand M. van Dyk : 6
Dayan Saayman : 6
Rayno Grundlingh : 32
WAT BETEKEN :”HOE KALER JAKKALS HOE GROTER
PRONKER” (IEMAND WAT MIN BESIT SPOG GEWOONLIK DIE
MEESTE).
Rayno Grundlingh : Hoe meer jy sondig hoe groter word jou las.
Estian Steyn : Hoe minder geld hoe groter bek.
Henco Beukes : As jy sy geld wegvat, sien jy sy ware kleure.
Charl du Plesis : Hoe meer jy die problem wegskuif, hoe groter word dit.
Sybrand M. van Dyk : Hoe armer mense is, hoe meer spog hulle.
WAT NOEM JY ‘N BAIE STOMP MES? (PADDASLAGTER)
Dewald le Grange : Bottermes
Henri Labuschagne : „n Stuk staal.
Sybrand M. van Dyk : Oakdale se kombuismesse
Daniël du Toit : Bottermes
FC Kriel : Mes
WAT WAS DIE SKOOL SE VORIGE LEUSE VOOR HAND EN HOOF ?
(HAND EN VERSTAND)
Charl du Plessis : Trekkers en implemente
Rayno Grundlingh : Geloof en nederigheid
Sybrand M. van Dyk : Saam boer ons vooruit
Henco Beukes : Hand en verstand
Henri Labuschagne : Ons slaan jou net met die rooi pen.
Welgedaan manne! Julle is bewus van wat rondom julle gebeur. Ons geliefde taal sal beslis nie
uitsterf as ons jonger generasie Afrikaners die bal aan die rol hou nie !
PRAAT SAAM
FC Kriel
Dewald le Grange
Henry Labuscagne
Daar is mense wat tussen pessimisme en optimisme
pendel. Party is oorwegend “positief” ingestel - “Ruk jou
reg, môre gaan dit weer beter.” Dit help soms.
Ander is geneig om die donker kant van die lewe raak te
sien - die bobbejaan is gedurig duskant die berg. Dit help
meestal nie. Op die keper beskou, werk optimiste en
pessimiste met dieselfde skema. Hulle bereken hulle kanse
in die lig van hul omstandighede of die skakering van
hulle bril.
Hoop is anders. Oppervlakkig beskou, is dit onrealisties.
Lyk meestal na malligheid. Soos Noag wat hoop op God se
woord en dan „n boot op droë grond bou. Soos Abraham wat
die niet intrek en - oud, sonder land en sonder kind - hoop
op „n eie land en „n groot nageslag.
Tog “werk” hoop. Nie oor dit goedkoop ontvlugting in
godsdiens is nie. Dit kyk na die realiteite in die lig van die
Realiteit. Dit reken nie met my ingesteldheid of kans nie.
Dit reken met God. Daarom kan ek hoop - teen alle hoop in.
Hoop … Deur Günther von Below
Die Kneusfees het gekom, en die Kneusfees het gegaan. Maar wat na hierdie eerste amptelike oudskoliere-wedstryd tussen Oakdale en Boland Landbou agterbly – benewens ’n magdom skete en kneusplekke – is ’n volgende hoofstuk herinneringe in die lewe van 26 oud -Oakdalers tussen die ouderdomme van 24 en 40 jaar. Ons as spelers van die Coco Theron XV-tal is so byna oorweldig deur die entoesiasme, belangstelling, omgee, en ondersteunersgetalle waarmee ons in die Agter-Paarl ontvang is.
Toe hierdie wedstryd so ’n paar maande gelede begin gestalte kry het, het ons verwag dat ons vroue en kinders die wedstryd sal bywoon – waarskynlik niks meer as 200 mense nie. Maar daar staan julle toe die veld en ons harte vol. Daardie tonneltjie was ’n hoendervleis-oomblik wat nie een van ons gedink het ons weer sal beleef nie. Baie van ons het meer as ’n dekade laas kontakrugby gespeel, en in ’n wedstryd soos hierdie, waarteen baie mense ons gewaarsku het, wag jy net vir daardie eerste “hit” om jouself te oortuig dat ons nie totaal sotlik is om onsself weer aan hierdie soort rugby bloot te stel nie. Jy wil jouself oortuig dat jou lyf dit nog kan vat, selfs al vat dit na dese langer om te herstel. En die werklikheid is dat die kragmeting toe aansienlik meer fisiek was as wat enige van ons verwag het – maar die Bolanders sal presies dieselfde se ; vernaam die wat met Boetie Britz te doen gekry het.
Ons is teleurgesteld dat ons nie die wedstryd gewen het nie, maar daarvoor kan ons vol-gende jaar op ons eie plaas vergoed. Wen en verloor is egter nie waaroor hierdie wedstryd gegaan het nie – dit was ’n geleentheid vir ’n klompie Oakdalers wat tussen 1996 en 2012 in
matriek was om onder een embleem ’n liefde en waardering vir ons gedeelde herkoms te vier. Van die spelers het mekaar so ’n uur voor die afskop vir die heel eerste keer ontmoet, maar ons Whatsapp-groepie is selfs ’n paar dae na die wedstryd nog behoorlik aan die gang. Ons deel tans foto’s van blou kolle, kniee wat geswel is, en skouers wat een helse hou pyn – maar ons sal dit mo re weer doen; of dalk eerder volgende jaar – maar die kat kom weer!
Dit is heel menslik om op ons uitslag asook na die van die eerstespan terug te kyk en te se dit was maar ’n gestotter van ’n interskole-naweek vir Oakdale. Dis heel menslik.
Maar dit sal verkeerd wees om jou Oakdale-ervaring, of interskole, aan een telling te meet; selfs aan so ’n belangrike wedstryd s’n.
Die Kneusfees
Toe mnr. Philip Hattingh na die interskole geluk gewens word met sy o.15 A-span se telling en seisoen, was sy reaksie: “Dankie. Maar weet julle wat? Dis ’n klomp goeie laaities daardie. Baie. Goeie. Laaities!” Dí t dra beduidend meer gewig as die uitslag van een wedstryd. Van die 25 spelers en een spanbestuurder wat Vrydag vir die Coco Theron XV-tal diens gedoen het, het een nooit die voorreg gehad om in sy matriekjaar (2009) interskole te speel nie, en nog agt van ons het in ons vyf jaar op Oakdale nooit ’n o.19 A-sege oor Boland Landbou beleef nie. Daar is daarna as die “7 maer jare” verwys. En tog het ons steeds Vrydag weer ’n Oakdale-trui oor ons kop getrek, want Oakdale is en was vir ons almal baie meer as ’n telbord – ongeag of ons gewen of verloor het, en Oakdalers wen oor die algemeen baie meer as wat hulle verloor. Daar is belangriker vrae as “wat as” na Vrydag en Saterdag se wedstryd:
1. Wat kan ons hieruit leer? Dat ons elkeen se waarde as mens aan baie meer gekoppel is as die skrale 70 minute waarin en waarna ons vreugde of teleurstelling ervaar het. Hoewel verloor nie aangenaam is nie, kyk ’n mens mettertyd terug op daardie seldsame nederlae in ’n Oakdale-trui en wees dankbaar dat ons kon grootword op ’n plek wat verloor as ’n leer- en opvoedingsgeleentheid eerder as ’n skande beskou.
2. Het hierdie uitslag enigsins ’n invloed op die vormingsrol wat Oakdale in
my lewe gespeel het? Die antwoord is waarskynlik ja, maar dis ’n klein ja; ’n druppel in ’n emmer vol oomblikke wat maak dat ’n mens selfs ’n paar dekades na jou matriekjaar wil terugkom om vir oulaas weer in ’n Oakdale-trui rugby te speel om geen ander rede nie as dat dit verskriklik lekker is om weer saam met dieselfde en ’n klompie nuwe ouens in ’n tokkamer Deep Heat te ruik terwyl Coco Theron die spanpraatjie lei. Dit weeg baie meer as ’n telling. As oud-skoliere en die baanbrekerspan van die Coco Theron XV-tal wil ons die skool bedank vir die wyse waarop hierdie inisiatief ontvang is. Maar belangriker nog hoop ons as spelers dat dit vir julle as huidige Oakdalers gelyk het na die soort span waarvoor julle ook oor so 10 of wat jaar sal wil uitdraf. As ons wen, is dit ’n groot bonus. Maar as ons net weer as alumni saam in ’n kringetjie kan staan en die kreet kan sing, het ons reeds gewen. Dit beteken daar het in elkeen van ons se lewe minstens een ding gebeur wat maak dat ons nie noodwendig terughunker Oakdale toe nie, maar dat ons op ’n eiesoortige manier iets probeer teruggee aan die plek en mense wat ons gehelp maak het wie en wat ons vandag is.
Tot volgende jaar, maar ook vir ba ie jare daarna.
Groetnis, Die Coco Theron XV-tal