Top Banner
HERVORMINGSONDAG Sondag 28 Oktober om 09:00 Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here Jeremia 31:31-34 Liturg: ds Hendrik Odendaal Deurkollekte aan Bybelverspreiding www.rietvalleigesinskerk.org
37

Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Feb 26, 2019

Download

Documents

doanhuong
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

HERVORMINGSONDAG

Sondag 28 Oktober om 09:00

Ek gaan iets nuuts doen,

sê die HereJeremia 31:31-34

Liturg: ds Hendrik Odendaal

Deurkollekte aan Bybelverspreiding

www.rietvalleigesinskerk.org

Page 2: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34

Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van die Hervorming gehoor het nie. Ons vier dit elke jaar dat Martin Luther op 24 Oktober 1517, die wiele aan die draai gesit het om die proses begin, waar dinge wat in die Kerk verkeerd was, reggestel moes word.Dit is NB om op Hervormingsondag nie te preek oor Hervormingsondag self, of die sake wat Martin Luther teen die kerkdeur gaan vasspyker het nie, of oor Luther self nie…Maar oor die boodskap van die Hervorming. Die boodskap van die tekste wat hulle gebruik het om hulle argumente te ondersteun. In die gedeeltes wat ons gelees het, is daar woorde wat christene baie hoor en gebruik: Geregtigheid, wet, sonde, geloof en genade. ‘n Mens kan baieure spandeer aan woorde verstaan is in die Middeleeue. Ons moet eerder kyk na na die hoofgedagtes van luther en sy Hervorming.Ons kom nie in die regte verhouding met God, deur goeie werkte te doen nie (werke van die wet), alhoewel dit van jou verwag word, en goed en prysenswaardig is om te doen:God het besluit om iets nuuts te doen. Die tekse fokus op wat God doen: (Lees Jeremia 31:31-34)• God vestig ‘n nuwe verbond, waar sy geregtigheid op ‘n ander manier gewys word as deur

die Wet en;• God het besluit om Vryheid te herdefinieer;• God verras ons heeltemaal: Eerder as om dit op die ou bekende manier te benader, waar

ons dink dat ons nog ons eie deeltjie kan bybring, doen God in Christus ‘n nuwe ding;• God wys sy geregtigheid deur ‘genade’, eerder as om te oordeel, en skenk ons dieselfde

Vryheid wat Jesus self voor die Vader het; en

Page 3: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

• Die tekste herinner ons om nie te vertrou op die Ou Verbond, die ou manier om dinge tedoen nie, op jou eie krag en vermoee vertrou om God se wette te gehoorsaam nie. Of joulidmaatskap van die Kerk om jou te red nie, of wat ookal om God oor jou goed te laat voelen jou te red nie, ……wat jou in die regte verhouding met God sal hou nie.

• God laat geen ruimte vir selfgeregtigheid nie. Nee, die tekste herinner ons aan ons sonde, aan ons onvermoë om God se wil te kan doen,

As Johannes sê: “elkeen wat sonde doen , is ‘n slaaf van die sonde”, klink dit vir ons ‘n bietjiehard op die oor. Ons dink ons is vry... en dit is vir ons moeilik om die mag wat die sonde oor onshet te erken. Die boodskap van die Hervorming laat geen optimisme toe dat ons met ‘n bietjiemoeite, die sonde kan oorwin nie, of dat die Wet van God nie meer geldig en van toepassingis op ons nie.Die Hervormingsboodskap, praat van Beide die Wet en Belofte. Ons leef steeds in die ouwerklikheid van Wet en Sonde, maar te midde daar, belowe God, en gee God ‘n nuwewerklikheid. In die nuwe realiteit ken ons God as regverdig en genadig teenoor ons, ons ken die waarheid, en ons is inderdaad vry. God se nuwe manier van dink oor ons het twee gevolge virons Lewens:Vryheid en troos: Vryheid is nie deel van ons ons aardse lewe nie. Dis ‘n Vryheid voor God. ‘n Vryheid van die sonde, van die dood, van die Bose. Vryheid wanneer God jou bevry van jousonde. Hierdie Vryheid beteken nie dat jy nie sal swaarkry, of konflik sal beleef nie. Luther sê dis hier waar ‘n ware en valse dissipel van die Here se paaie skei. Jesus sê, as julle aan My Woordegetrou bly is julle waarlik my dissipels. As jy in moeilike tye aan God se Woord vashou, sal dit jouvrymaak! Dis ‘n bevryding wat ongelowiges nooit beleef nie. As jy aan God se Woord vashou het jy nie kommer of vrees nie. Die Woord van God maak jou vry.Van die troos skryf Luther kragtig in sy beryming van Psalm 46: Lees Lied 46. Amen

Page 4: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Toetredelied

Herhaal x 2

Page 5: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Votum

Ons hulp is in die Naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het, wat troubly tot in ewigheid en wat nooit die werkevan sy hande laat vaar nie.

Page 6: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Seëngroet

Liturg: Genade en vrede vir julle van God die

Vader ...

Gemeente: Aan sy liefde is daar geen einde nie.

L: en van God die Seun ...

G: Hy het ons skuld gedra.

L: ... en van God die Heilige Gees.

G: Hy maak ons nuut.

Page 7: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

God is ons toevlug en ons skut,

al gee die aarde onder mee,

al word die berge rondgeskud,

al skuim die waters van die see.

Lofsang:Staande

Page 8: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Psalm 46:1 (vervolg)

Hy help ons in ons nood;

al is dit ook hoe groot,

tog sal ons veilig wees,

tog bly ons onbevrees.

God sal ons altyd trou beskut.

Page 9: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Psalm 46:2

Die Godstad is onwankelbaar;

daar's blydskap oor sy stil rivier.

Al dreig ook watter groot gevaar,

dis alles onder sy bestier.

Page 10: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Psalm 46:2 (vervolg)

God maak die nasies stom

as daar beroering kom.

Ons toevlug sal Hy wees,

ons bly dus onbevrees.

Die God van Jakob is mos daar

Page 11: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Psalm 46:3

Kom kyk wat bring die Heer tot stand,

die Heerser in die hemel hoog.

Die oorlogswapens word verbrand.

Hy breek die spies, die pyl en boog.

Page 12: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Psalm 46:3 (vervolg)

"Erken dit : Ek is God.

Ek heers met my gebod

oor alles onder My.

Erken my heerskappy."

Die Heer beskut ons met sy hand.

Page 13: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Amen, amen,

amen, amen,

amen, amen.

Page 14: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Verootmoediging (Sittend)Liturg: Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe?Gemeente: Dat ek met liggaam en siel

in lewe en in sterwenie aan myself nie,maar aan my getroue Verlosser,Jesus Christus, behoort.

L: Hoeveel dinge moet jy weet om in hierdie troos salig te kan lewe en sterwe?G: Drie dinge – eerstens, hoe groot my sonde en

ellende is; tweedens, hoe ek van al my sonde en ellendeverlos word en derdens, hoe ek God virso ’n verlossing dankbaar moet wees.

Page 15: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Verootmoediging (vervolg)

L: Waaruit ken jy jou sonde?G: Uit die wet van God.

L: Wat vra die wet van God van ons?G: Jy moet die Here jou God liefhê

met jou hele harten met jou hele sielen met jou hele verstand.En jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

L: Kan jy dit alles ten volle nakom? G: Nee, want ek is van nature geneig om God en my naaste

kwaad aan te doen

Page 16: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Skuldbelydenis

Laat ons dan nou ons skuld bely. (Die gemeente kan dit saggies saamsê)

Genadige God, ons bely dat ons in gedagtes, woorde en dade teen U gesondig het;

deur dit wat ons gedoen hetdit wat ons nagelaat het om te doen.Ons het U nie lief gehad met ons hele hart nie,en ons naaste nie liefgehad soos onsself nie.Wees ons genadig, ter wille van u Seun, Jesus Christus.Vergewe ons, vernuwe ons en lei onssodat ons vreugde kan vind in u Woorden gehoorsaam aan U kan wees,tot eer van u heilige Naam.Amen.

Page 17: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Genadeverkondiging

Noudat ons ons skuld voor God in ons gebed bely het, verseker God ons van sy genade in Efesiërs 2 vers 8: ‘Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawevan God.’

Kom ons bely ons geloof met die sing van Lied 260:11 – Ewig, onbegryplik Wese

Page 18: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

L 260:11

Ewig, onbegryplik' Wese,

U die Vader, Seun en Gees,

Heer, leer my U ken al beter,

u gehoorsaam kind te wees.

Ons wil sing van al u liefde;

in u waarheid wil ons juig.

Amen! Blye evangelie!

Amen, bly my hart getuig!

Geloofsbelydenis

Page 19: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Woordverkondiging

Gebed vir die verstaan van die Woord

Skriflesing Jeremia 31:31-34Johannes 8:31-36 Romeine 3:19-28

Page 20: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Jeremia 31:31-34Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda 'n nuwe verbond sal sluit. 32 Dit sal nie wees soos die verbond wat Ek met hullevoorvaders gesluit het toe Ek hulle aan die hand gevat en uitEgipte laat trek het nie. Hulle het daardie verbond wat Ek met hulle gesluit het, verbreek al was Ek getrou aan hulle, sê die Here. 33 Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel salsluit, sê die Here: Ek sal my woord op hulle harte skryf en ditin hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.34 'n Man sal nie meer vir sy buurman of vir sy broervoorhou: “Jy moet die Here dien” nie, want almal sal My dien, klein en groot, sê die Here. Ek sal hulle oortredings vergeween nie meer aan hulle sondes dink nie.

Page 21: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Psalm 46Vir die koorleier. Van die Koragiete. Op die wysie van “Jong Vroue”. 'n Lied.2 God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming; Hy was nog altydbereid om te help in nood. 3 Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see, 4 al druis en skuim die waters van die see, al skud die berge deur sy onstuimigheid. Sela5 Oor die strome van die rivier is daar blydskap in die Godstad, in die heilige woning van die Allerhoogste. 6 God is daar; die stad sal nie wankel nie. God sal hom help nog voordie môre kom.7 Nasies kan raas en koninkryke wankel, maar as God sy stem laat hoor, smelt die aarde weg.

Page 22: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

8 Die Here, die Almagtige, is by ons, die God van Jakob is virons 'n beskutting. Sela9 Kom kyk wat die Here gedoen het, watter ontsettende dinge Hy op die aarde tot stand bring:10 die oorloë oor die hele aarde laat Hy ophou, pyle en boëverbreek Hy, spiese slaan Hy stukkend, oorlogswaensverbrand Hy met vuur. 11 Bedaar en erken dat Ek God is, hoogbo die nasies, hoog bo die aarde.12 Die Here, die Almagtige, is by ons, die God van Jakob is virons 'n beskutting. Sela

Rom 3:19-28 Dit weet ons: alles wat Moses se wet sê, sê hyvir dié wat die wet het. Niemand sal hom dus kan verweernie, en die hele wêreld is strafwaardig voor God. 20 Daaromsal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie;

Page 23: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

inteendeel, deur die wet leer 'n mens wat sonde is.21 Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet endie profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, 22 maar deurin Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aanalmal wat glo. 23 Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, 24 maar hulle word, sonder dathulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweëdie verlossing deur Jesus Christus. 25-26 Hom het God gegee as offer wat deur sy bloedversoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat blyhet, vergewe. Maar Hy het ook getoon wat sy vryspraak in die teenswoordige tyd behels:

Page 24: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Hy oordeel regverdig deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo. 27 Het ons nou iets uit onsself om op te roem? Nee, dit is uitgesluit. Deur watter wet? Dié van die werke? Nee, deur dié van die geloof. 28 Ons betoog is tog dat 'n mensvrygespreek word omdat hy glo, nie omdat hy die wet onderhou nie.Johanne 8:31-36Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32 en julle saldie waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”33 Hullehet Hom geantwoord: “Ons is die nageslag van Abraham enwas nog nooit iemand se slawe nie. Hoe kan jy sê: ‘Julle salvry word’?” 34 Jesus sê toe vir hulle: “Dít verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen, is 'n slaaf van die sonde. 35 'n Slaafbly nie vir altyd by 'n huisgesin nie; 'n seun bly vir altyd. 36 Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees.

Page 25: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

HERVORMINGSONDAG

Ek gaan iets nuuts doen,

sê die HereJeremia 31:31-34

Page 26: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Slotlied(Staande)

Page 27: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van
Page 28: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van
Page 29: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Ontvang die Here se seën uit Romeine 8

1 Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie

10 Omdat Christus in julle is, gee die Gees aan julledie lewe op grond van God se vryspraak, hoewel die liggaam vir die dood bestem is as gevolg van die sonde.

11 Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wieChristus uit die dood opgewek is, ook julle sterflikeliggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

Amen

Page 30: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Here, hoeveel blye dae

vloei soos strome kalm en rein,

sonder kommer, sonder klae,

vol van vreugde en sonneskyn!

Uitsending

(Staande)

Page 31: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

L 571:1 (vervolg)

Word ek soms gekwel deur lyding,

wil ek kla oor u kastyding,

weet ek dis van korte duur

uit my vreugde, net 'n uur.

Page 32: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

L 571:2

Skenk U nie in u ontferming

meer as wat ek ooit verwag?

Leef ek nie in u beskerming,

in u liefde elke dag?

Gee U my nie duisend kere,

onverdiend u seën, Here?

Selfs al moet ek leed verduur,

bring dit seën op die duur.

Page 33: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

L 571:3

Van die velde, uit die strome,

uit die dieptes van die see,

uit die wolke, van die bome,

deel U milde seën mee.

Jaar en maand en dag en stonde,

elke vlugtige sekonde

het u liefde en u trou

steeds oor my die wag gehou.

Page 34: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

L 571:4

As u guns ons hier benede

sóveel lewensvreugde bied,

watter saligheid en vrede

sal ons eens by U geniet

as ons deur u gees se leiding,

met die diepste hartsverblyding,

van U, Heer, ontvang die kroon,

voor u heil'ge hemeltroon!

Page 35: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Waar daar liefde is,

en deernis,

waar daar liefde is,

daar is God die Heer.

Page 36: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Ubi caritas et amor

Ubi caritas Deus ibi est.

Page 37: Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here · Ek gaan iets nuuts doen, sê die Here - Jeremia 31:31-34 Dit is vandag Hervormingsondag. Miskien is daar iemand onder ons,wat nog nie van

Waar daar liefde is,

en deernis,

waar daar liefde is,

daar is God die Heer.