Top Banner
Ek kry seer as ek so maak, dokter.Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal Groepopdrag 1. Gebruik die spraakborrels van ‘n strokiesprent en skryf die name van die karakters neer. Skryf hul woorde in dialoogvorm neer. 2. Sê nou in pare vir mekaar wat hulle vir mekaar gesê het. (let op die woordjie “dat”). Opdrag Bestudeer die volgende grappie. 1. Wie is hier aan die woord? Watter leestekens is hier belangrik? 2. Lees die volgende grappies. Vertel aan iemand wat in die prentjies gesê word, maar jy mag nie die direkte woorde van die persone gebruik nie (indirekte rede). 15
13

Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal - Christelike Media...“Ek kry seer as ek so maak, dokter.” Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal Groepopdrag 1. Gebruik die spraakborrels

Oct 29, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal - Christelike Media...“Ek kry seer as ek so maak, dokter.” Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal Groepopdrag 1. Gebruik die spraakborrels

“Ek kry seer as ek so maak, dokter.”

Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal

Groepopdrag

1. Gebruik die spraakborrels van ‘n strokiesprent en skryf die name van die karakters neer. Skryf hul woorde in dialoogvorm neer.

2. Sê nou in pare vir mekaar wat hulle vir mekaar gesê het.(let op die woordjie “dat”).

Opdrag

Bestudeer die volgende grappie.

1. Wie is hier aan die woord? Watter leestekens is hier belangrik?

2. Lees die volgende grappies. Vertel aan iemand wat in die prentjies gesê word, maar jy mag nie die direkte woorde van die persone gebruik nie (indirekte rede).

15

Page 2: Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal - Christelike Media...“Ek kry seer as ek so maak, dokter.” Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal Groepopdrag 1. Gebruik die spraakborrels

• ‘n Sin soos: “Ek kry seer as ek so maak, dokter.” waarin die persoon se eie woorde direk aangehaal word en in aanhalingstekens verskyn, is in die direkterede geskryf.

• Wanneer iemand vertel wat iemand anders gesê het, sonder om sy eie woorde net so te gebruik, praat ons van indirekte rede.Byvoorbeeld: Die man sê dat hy seer kry as hy dit doen.

Hierdie sin is in die indirekte rede geskryf, want iemand anders vertel vir ons wat die man gesê het.

WIE MAAK DIE REëLS?

“EK SAL GRAAG WIL WEET WAAROM

DOMINEE SO MAER IS, TERWYL DOMINEE SE

PERD SO VET IS?”

“DIS MAKLIK OM TE VERDUIDELIK, BROER.

EK SORG VIR DIE PERD; DIE GEMEENTE

SORG VIR MY.”

MA, EK HET GELEER EN GELEER VIR DIE TOETS,

MAAR GEDOP!

16

Page 3: Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal - Christelike Media...“Ek kry seer as ek so maak, dokter.” Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal Groepopdrag 1. Gebruik die spraakborrels

Aktiwiteit 10: Ek ken my taal

Opdrag

Lees die onderstaande fabel aandagtig deur en beantwoord dan die vrae.

Opdrag

1. Skryf uit die fabel vyf sinne wat in die karaktertjies se eie woorde geskryf is neer(onthou die leestekens).

2. Skryf hierdie sinne nou oor, maar jy vertel hierdie keer vir iemand wat die karakters gesê het, sonder om hulle direkte woorde net so te gebruik (indirekte rede).

3. Wat is ‘n fabel?4. Die sin: Skilpad sê: “Ek gaan môre weg.” is in die _____________________ rede

geskryf.5. Die sin: Skilpad sê dat sy môre weggaan. is in die _____________________ rede

geskryf.6. Watter les leer ons uit hierdie fabel?

Die skilpad en die haas

Op ‘n dag het ‘n lawwe haas met sy maats gesit en gesels. Hy was soos gewoonlik aan die grootpraat. “Ek kan vinniger hardloop as enige een van julle,” het hy gesê. “Niemand kan my in resies klop nie.” Hy het na die ou skilpad gedraai. “Jy loop so stadig, ek weet nie waarom jy nog sukkel nie.”

“Ek mag wel stadig wees,” sê die skilpad ”maar ek wed jou ek kan voor jou by die einde van hierdie veld kom.”

“Die skilpad wil resies jaag!” het die haas gelag. Al sy vriende het bymekaar gekom om te kyk. “Ek sal maklik wen,” het die haas gegiggel, terwyl hulle gereed maak om weg te spring.

“Op julle merke, gereed, weg!” het die ratel geskree. Almal het die haas toegejuig toe hy wegspring. Die skilpad het stadig weggetrek. Sy het stilweg aangestrompel in die rigting van die einde van die veld. Die haas het halfpad gestop. “Daardie ou skilpad sal die hele dag neem,” het hy gedink. “Ek sal solank ‘n bietjie rus.”

Vinnig was hy vas aan die slaap en het ure later eers wakker geword. Hy het die skilpad by die einde van die veld gewaar en so vinnig genael as wat hy kon. Maar dit was klaar te laat.

“Ek het jou gesê ek sal voor jou daar wees,” het die skilpad gesê.

17

Page 4: Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal - Christelike Media...“Ek kry seer as ek so maak, dokter.” Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal Groepopdrag 1. Gebruik die spraakborrels

Aktiwiteit 11: Ek skryf gepaste taal

Opdrag

Beantwoord die volgende vrae:

1. Watter van die woorde hieronder pas die beste in die sin?

Die gaste het ‘n _______________ontvangs by die troue gekry.gul hartlike vriendelike gaweAl die woorde kan gebruik word, maar een of twee van hulle sê duideliker wat ons bedoel.

2. Kies die woord uit díe tussen hakies wat telkens die beste in die volgende sinne pas. Maak daarna ‘n gepaste sin met die woord wat jy nie gekies het nie.

2.1 Hou op om so te (tjank, huil)!2.2 Gaan was eers jou (gesig, bakkies).2.3 Die kindjie het ‘n mooi (gesiggie, gevreetjie).2.4 Haar seun het in die see (versuip, verdrink).2.5 Onderwysers hou nie daarvan dat kinders moet (lieg, jok) nie.2.6 Die man het in die (inrigting, malhuis) beland.2.7 Die winkelier het die kind (bedrieg, gekul).2.8 Sies, die piesang is al (sleg, vrot).2.9 Die nagereg (proe, smaak) heerlik.

3. Watter van die volgende woorde tussen hakies is die beskrywendste?

3.1 Die moeë reisiger (loop/strompel) voort.3.2 Die klas lag (hartlik/hard) vir die grap.3.3 Na die ongeluk het hy (gehawend/slordig) voorgekom.3.4 Die kwaai verkeerskonstabel (kyk/gluur) die verkeersoortreder aan.3.5 Hy het amper versmoor in die (bedompige/verstikkende) rookdampe.

4. Kies die gepaste woord uit dié tussen hakies en gebruik dit in jou eie sin:4.1 Ek (herken, erken) hom aan sy stap.4.2 Die spioen moes die vyandelike stellings (uitken, verken).4.3 Die misdadiger (herken, beken) skuld as hy sê dat hy skuldig is.4.4 Die misdadiger (ontken, beken) skuld as hy sê dat hy onskuldig is.4.5 Ek het my werk goed (geken, verken).

Wat beteken die woordjie “pas”? Dink bietjie wat kan ek en jy elke dag pas.• Om goed te vertel of te beskryf, moet ons duidelik, verstaanbaar, presies en

interessant vertel of skryf. Die woorde wat ons gebruik om sinne te maak, moet daardie wees wat die beste pas of die duidelikste sê wat jy wil sê.

18

Page 5: Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal - Christelike Media...“Ek kry seer as ek so maak, dokter.” Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal Groepopdrag 1. Gebruik die spraakborrels

Aktiwiteit 12: Ons lees met begrip

Opdrag

Lees die onderstaande leesstuk met aandag en beantwoord daarna die vrae.

Kan jy jouself indink in ’n wêreld sonder klank? Dit sou vreeslik wees as jy nooit die reën op die dak kon hoor of na die rustige gekoer van duiwe kon luister nie. Hoe saai sou die lewe nie sonder musiek of gesels wees nie. Daar is egter geluide wat ongewens is,

soos die getoet van motors, harde musiek, ‘n getimmer en ’n gekap. Hierdie klanke staan bekend as geraasbesoedeling. Die Romeine het eeue gelede al gekla oor die lawaai van die verkeer. Al verskil is dat die geraas nie deur busse en karre nie, maar deur strydwaens en perdekarre veroorsaak was. Geraas kan ongesond of nadelig wees vir ’n mens.

Behalwe vir tydelike of permanente gehoorprobleme, kan geraas ‘n mens geïrriteerd, gespanne en angstig laat voel. Werkers in raserige werkplekke is geneig om bakleierig te wees en om hulle nukke op ander mense uit te haal.

‘n Ysteremmer wat per ongeluk in ‘n kamer vergeet is waar straalmotore getoets word, het uiteindelik gebars. Die krag van die trillings van klank het dit veroorsaak. Dink net wat harde musiek aan jou ore kan doen! Draai die musiek dus so effens sagter.

Stede veral is berug vir geraasbesoedeling. Daar is swaar verkeer, nywerhede met hul vragmotors en masjinerie en dikwels ook groot lughawens waar lugverkeer baie lawaai. Maar geraasbesoedeling kom nie net in besige stede voor nie. Selfs in ons huise maak ons onsself skuldig aan geraas.

Jy en jou gesin lawaai elke dag met al julle huishoudelike bedrywighede, van wasgoed was tot partytjies wat julle hou. Al die elektriese toestelle maak geraas. Die ketel sis

Alhoewel al die geluide so alledaags is dat jy dit amper nie meer hoor nie, kan dit ininsekere situasies irriterend raak. As jy moet leer vir ‘n toets, sal die gekap

Verskillende klankgolwe.

19

Page 6: Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal - Christelike Media...“Ek kry seer as ek so maak, dokter.” Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal Groepopdrag 1. Gebruik die spraakborrels

Vrae (onthou om in vol sinne te antwoord).

1. Watter geluide sal jy as geraasbesoedeling beskryf?2. Hoe reageer werkers wat in raserige werkplekke werk?3. Waarom dink jy is dit nodig om harde musiek so effens sagter te draai?4. Noem vier maniere van geraasbesoedeling in die huis waaraan ek en jy skuldig is.5. Watter uitwerking het harde musiek op jou as jy wil slaap?6. Hoe demp die natuur geraas?7. Noem twee dinge wat klankgolwe absorbeer.8. Waarom moet ek en jy ‘n boom plant?9. Wie het eeue gelede al gekla oor die lawaai van verkeer?10. Hoe absorbeer bome klankgolwe?11. Noem drie dinge wat jou konsentrasie sal verbreek as jy moet leer vir ‘n toets.

Aktiwiteit 13: Ons skryf ons taal

Daar is verskillende maniere om ‘n boodskap vinnig van een plek na ‘n ander te kry. Dit hang net af watter kommunikasiemedia ons tot ons beskikking het. Ons weet dat “e-pos” of “sms’e” baie vinnig gestuur kan word. ‘n Mens het egter daarvoor ‘n rekenaar òf ‘n selfoon nodig. In die ou dae het mense in so ‘n geval ‘n telegram gestuur. Dit is ook waar “telegramstyl” vandaan kom. In vandag se tyd het die meeste mense ‘n telefoon tot hulle beskikking. Daarmee kan ‘n mens bel. Indien ‘n mens oor ‘n faksmasjien beskik, kan jy ook baie vinnig boodskappe stuur. Die woord wat ons sommer kortweg ken as “faks”, kom van die woord “faksimilee.”

by die buurman se aanbouings jou konsentrasie verbreek. Harde musiek as jy wil slaap, gaan jou beslis ongelukkig laat voel.

Daar is wel regulasies wat deur die owerhede toegepas word om geraas te beheer. Maar jy kan ook iets doen om die besoedeling hok te slaan. As jy geraas wil uitsluit, druk jy jou ore toe of jy trek ‘n kombers oor jou kop. Die natuur het ook ‘n kombers wat geraas kan demp - bome. Bome en sommige strukture, soos hoë mure, absorbeer klankgolwe. Hulle tree as buffers op en verhoed dat klankgolwe teruggekaats word. Hoe meer bome geplant word, hoe meer “klankdig” sal ‘n omgewing wees. Plant dus ‘n boom sodat ons in ‘n klankgesonde omgewing kan groot word en dink aan die Here se opdrag in Genesis 1.

• Telegramme het verdwyn omdat die faksmasjien vinniger is en meer inligting goedkoper kan versend.

• ‘n Faks moet altyd ‘n faks-dekkingsblad hê.

die dekblad verskyn:1. naam en nommer van ontvan- ger en instansie2. naam en nommer van afsen- der en instansie3. kort boodskap4. aantal bladsye

20

Page 7: Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal - Christelike Media...“Ek kry seer as ek so maak, dokter.” Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal Groepopdrag 1. Gebruik die spraakborrels

Opdrag

1. Kyk na voorbeelde van faksimilee-boodskappe.2. Boodskappe wat per faks deurgestuur word, is byvoorbeeld dringende inligting in

verband met ‘n vergadering wat gehou word (waar, wanneer, hoe laat). Dit kan dalk ook ‘n inskrywingsvorm wees.

3. Ontwerp in julle groep ‘n faksimilee-dekkingsblad vir julle eie besigheid. Onthou die blad moet duidelik sê wie die boodskap moet kry, wie dit gestuur het en wat die boodskap is. Die boodskap self sal meestal kort en bondig wees.

Aktiwiteit 14: Ons praat ons taal

Opdrag

Gaan doen ‘n bietjie navorsing oor enige boom wat in julle tuin groei. Berei dan ‘n praatjie daaroor voor en kom vertel jou klasmaats daarvan. Ons sal graag wil weet wat die boom se naam is; hoe sy stam en sy blare lyk; of hy bladhoudend of bladwisselend is; hoeveel water hy nodig het; in watter landstreek hy die beste aard en waarvoor hy dalk nuttig kan wees.

Of

Kom vertel van ‘n interessante land wat jy ontdek het. Ons wil weet van sy ligging, klimaat, plantegroei, inwoners en hul gewoontes en hul bronne van inkomste.

Aktiwiteit 15: Ons oefen ons spelling

Meerlettergrepige woorde

Maandag

In die leesstuk is die meerlettergrepige woorde onderstreep. Verdeel die woorde in lettergrepe.

Ons gaan na die volgende oplet wanneer jy praat: • Of jy navorsing gedoen het.

• Of jy inligting gemaklik kan oordra.• Of jy jou taal korrek gebruik om jouself uit te druk.• Of jy gepaste liggaamstaal en aanbiedingsvaardighede gebruik soos dat jy:

• oogkontak maak en nie vroetel nie;• gepaste gebare en gesigsuitdrukkings gebruik;• hoorbaar praat teen die korrekte tempo.

21

Page 8: Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal - Christelike Media...“Ek kry seer as ek so maak, dokter.” Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal Groepopdrag 1. Gebruik die spraakborrels

Dinsdag

Jy kan ‘n woord byna altyd breek waar ons rus as ons die woord stadig uitspreek. Verdeel nou die volgende woorde in lettergrepe.1. nasorgsentrum 2. laboratorium

3. familie 7. kat

4. babasussie 8. ringvinger

5. lammervanger 9. kategeseklasse

6. aardrykskunde 10. boekwurms

Woensdag

Ag nee! Kyk wat het nou gebeur! Al die lettergrepe het deurmekaar geraak. Rangskik nou die lettergrepe weer reg sodat ons die woorde kan lees.

Dinsdag

Jy kan ‘n woord byna altyd breek waar ons rus as ons die woord stadig uitspreek. Verdeel nou die volgende woorde in lettergrepe.1. nasorgsentrum2. laboratorium

3. familie 7. kat 4. babasussie 8. ringvinger5. lammervanger 9. kategeseklasse6. aardrykskunde 10. boekwurms

Die bobbejane pla

Oom Faan vee die sweet af soos die warm bos-veldson op hom brand. Hy stap terug huis toe van die land af waar hy na die skade gaan kyk het wat die bobbejane in sy mielieland aangerig het. Oom Faan dink so diep dat hy nie die kwêvoël

wielewaal hoor nie. Meteens loop hy vinniger, want hy het ‘n plan gekry om die bobbejane uit die omgewingte verwilder. By die huis het hy sy velkom-bers en sambok geneem en daarmee afgesit lande toe. Hy sluip die mielieland in en gaan sit tussen die mielies met die velkombers styf om hom. Die bobbejane word honger en wei stadig lande se kant toe. Die leier merk die snaaksste bobbejaan in die mielies en gaan kyk wie dit is. Versigtiggaan hy nader. Kort-kort aarsel hy, maar hy is nuuskierig om die bobbejaan te sien, want die velkombers oor oom Faan lyk net soos ‘n bobbejaan. Toe die bobbejaan naby is, gryp oom Faan sy sambok en storm hom. Hy gryp met sy sterk arm en slaan hom so al wat hy kan. Eindelik los oom Faan hom en die bobbejaan lê rieme neer terug na die trop. Hulle het toe wegge-trek uit daardie omgewing, want Kees kon daardie pak slae nie lig vergeet nie.

Bobbejane rig daagliks groot skade aan landerye.

Let-ter-gre-pe

Kom ons leer woor-de breeksoos kin-der-huis of lang-na-week.As jy trek aan bil-tong-re-pe,ze-bra-stre-pe of ge-sle-pebreek el-ke woord in let-ter-gre-pe.

Pasop vir vangplekke, want nie almal deel nie.

22

Page 9: Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal - Christelike Media...“Ek kry seer as ek so maak, dokter.” Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal Groepopdrag 1. Gebruik die spraakborrels

Woensdag

Ag nee! Kyk wat het nou gebeur! Al die lettergrepe het deurmekaar geraak. Rang-skik nou die lettergrepe weer reg sodat ons die woorde kan lees.

1. le-wie-waal2. ger-hon3. bers-vel-kom4. wing-om-ge5. ja-bob-ne-be

Donderdag

Teken elke woordwurm in jou boek en vul die lettergrepe van die meerlettergrepige woorde op elkeen in.

Vrydag

Trek drie kolomme vir die drie klinkergroepe in jou boek. Plaas die volgende meerlettergrepige woorde onder die regte klinkergroep en onderstreep die klinkers. mielie planne wielewaal leier sambok bobbejaan troppe rieme

Kom nou al julle slim graad viers. Help my tog gou uit-soek!

bobbejane Velkombers

Mieliegeregte

Bosveldson Mielielande

Waterberge

23

Page 10: Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal - Christelike Media...“Ek kry seer as ek so maak, dokter.” Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal Groepopdrag 1. Gebruik die spraakborrels

24

Maandag

BMX-resies is die sport wat die vinnigste veld wen in Suid-Afrika.

Die afsitter laat die hek sak en die bondel jaers in hul skelkleurige uitrustings bars oor

die lyn - met die spiere styf gespan en die bene wat pomp soos suiers van ‘n motor. ‘n Jaer skiet vorentoe na die leiersposisie net toe hulle in dolle vaart op die eerste draai afpyl...Dit is BMX, vel-

sonder enjin, die sportsoort wat die vinnigste veld wen in Suid-Afrika en die wêreld.Daardie toneel speel hom duisende kere elke

naweek af by meer as 40 geregistreerde BMX-bane oral in die land - en nuwes word omtrent weekliks geopen.Daar is meer as 4 000 geregistreerde jaers in

Wêreldwydis daar sowat 500 000 geregistreerde BMX-jaers

Die BMX-gier het vroeg in die sewentigerjare op ‘n asbaan in Suid-Kalifornië in Amerika ontstaan. Die idee was ‘n nuwe soort resies vir dié wat te jonk is om aan deel te neem. Die sportsoort het dadelik ingeslaan en na die res van die wêreld versprei. Fietse wat soos ‘n BMX lyk, verkoop vir ‘n

paar honderd rand stuk, maar die werklike McCoys kos duisende. Watter bedrag jy ook al

en as jy ‘n puik jaer wil word, sal jy die regte prosedures moet ken. Bestudeer dus die volgen-de noukeurig.

Wedrendagprosedure

Wanneer jy by die baan aankom, gaan skryf jou naam onmiddellik in en voltooi die inskrywings-

Oefen eers ‘n rukkie voordat die resies begin.

Fietsinspeksie

steel-, handvatsel- en raamwerkkussings. Hand-vatsels mag nie 721 mm in wydte oorskry nie en albei wiele moet 20 duim of minder in deursnee wees (van die binnekant van die naaf tot die bui-tekant van die naaf), die buiteband uitgesluit. Boonop sal die volgende nagegaan word: vurke,

trappe, bande, speke en remme. Onthou, alle parkeervurkies, modderskerms, kettingskutteen alle ander gevaarlike aanhegtings moet ver-wyder word.

Beskermende klere

Jy sal net toegelaat word om in die volgende te jaag: langmoubostuk, langbroek, toerygskoene(geen aanglipskoene of kaalvoet nie), besker-mende helm met permanente band (geen knippe nie en die helm moet van goeie gehalte wees en goed gekussing wees). Verder is dit raadsaam om ryhandskoene, ‘n gesigbeskermer en knie- en elmboogkussings te dra.

GEREED - EN GAAN

BMX

Page 11: Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal - Christelike Media...“Ek kry seer as ek so maak, dokter.” Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal Groepopdrag 1. Gebruik die spraakborrels

Skryf die meervoude van die volgende woorde neer:

skoen sportsoort asbaankaalvoet langmou toneel

Dinsdag

Verdeel die woorde in lettergrepe nadat jy hulle almal eers in hul meervoudsvorm geskryf het.pad buiteband pedaalweerkaatser driewiel ongeluksportsoort koplig veldren

Woensdag

Trek ‘n tabel met drie klinkergroepe in jou boek.

Donderdag

Beantwoord die volgende deur van die artikel oor BMX gebruik te maak.

1. Skryf vyf meervoudwoorde neer wat elk twee lettergrepe het, byvoorbeeldrem - me.

2. Skryf drie meervoudwoorde neer wat elk drie lettergrepe het, byvoorbeeld hand - vat - sels.

3. Skryf drie meervoudwoorde neer wat elk vier lettergrepe het, byvoorbeeldry - er - nom - mers.

klokkie

sitplekrem

koplig

weerkaatser

wiel

spekepedaal

modderskerm

25

Page 12: Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal - Christelike Media...“Ek kry seer as ek so maak, dokter.” Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal Groepopdrag 1. Gebruik die spraakborrels

Vrydag

Skryf tien sleutelwoorde van die ongelukstoneel neer. Maak dan meervoude van die woorde.

Sleutelwoord Meervoudteerpad teerpaaie

Taalvasvat

1. Direkte en indirekte rede

Direkte rede

• Dit is wanneer iemand se eie woorde neergeskryf word soos dit direk uit sy of haar mond kom.

• Hierdie sinne kry ‘n dubbelpunt (: ) en aanhalingstekens(“) om te wys waar die persoon se direkte woorde begin en eindig.

• Let wel: waar die persoon se eie woorde begin, kom daar ‘n dubbelpunt en

• Die leesteken wat aandui dat dit die einde van die persoon se sin is (byvoorbeeld punt, uitroepteken, vraagteken), word voor die laaste aanhalingsteken geskryf.

26

Page 13: Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal - Christelike Media...“Ek kry seer as ek so maak, dokter.” Aktiwiteit 9: Ek praat en skryf my taal Groepopdrag 1. Gebruik die spraakborrels

Byvoorbeeld:Suzette sê: “Ek wil ook aan die toneelstuk deelneem.”Peter vra: “Sal Pa my kom oplaai?”Anneke skree: “Jy trap op my seer toon, Gerrit!”

Indirekte rede

• Dit is wanneer iemand oorvertel wat iemand anders gesê of gevra of geskree het.• Hier kom geen dubbelpunt of aanhalingsteken nie.• Ons gebruik meestal die woordjie “dat” in hierdie sinne.

Byvoorbeeld:Suzette sê dat sy ook aan die toneelstuk wil deelneem.Peter vra of sy pa hom sal kom haal.Anneke skree op Gerrit dat hy op haar seer toon trap.

Kyk mooi na die voornaamwoorde:In die indirekte rede verander: • ek, na...sy, of hy. Suzette sê....sy..... • my, na...haar. • my, na...sy, of hom. Peter vra...sy pa...hom... • jy, na...hy of sy. Anneke skree....hy.....haar toon

Kyk mooi

Wanneer die direkte rede na indirekte rede verander, begin die sinne met woorde soos:

• Sonnette sê dat• Johan vra of• Theo vra wanneer• Melanie skree dat

2. Vraagstelling

Byvoorbeeld:Wie? > persoonWaar? > plekWaarheen? > plekWanneer? > tydWaarmee? > voorwerpHoe? > manier / wyseHoeveel? > getal / hoeveelheid

Anders kan ‘n vraag gevra word deur net die sin met die werkwoord (doenwoord) te begin.Byvoorbeeld:Hy slaap graag buite. > Slaap hy graag buite?

27