Top Banner
Studietema: Die tematiek in Griet skryf ‘n sprokie Afrikaanse Prosa 2012 © A. Lourens
28

Griet skryf 'n sprokie

Oct 26, 2014

Download

Documents

suzypienaar

Afrikaans document for university students
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Griet skryf 'n sprokie

Studietema: Die tematiek in Griet skryf ‘n sprokie

Afrikaanse Prosa 2012© A. Lourens

Page 2: Griet skryf 'n sprokie

Tuiswerk Klastoets oor die roman in die week van 26

Maart Bring die teks saam 15-20 punte (kortvrae) Lees die resensie deur Chris van der

Merwe op LitNet oor Griet skryf ‘n sprokie: www.oulitnet.co.za/leeskring/05griet.asp

Lees oor Van der Vyver in Kannemeyer (Die Afrikaanse Literatuur, 2004:662-666)

Page 3: Griet skryf 'n sprokie

Algemeen: Marita van der Vyver en Griet Publikasie in 1992 – konteks

“Ou” bedeling op die rand van ineenstorting

Samelewing besig om te transformeer – minder patriargaal, vryer vloei van gedagtes

“Struggle”-jare sigbaar in Griet (vgl. Jans-karakter – tipies van hierdie generasie - skuldgevoelens)

Page 4: Griet skryf 'n sprokie

Algemeen: Marita van der Vyver en Griet Geweldige sukses van die roman –

redes daarvoor? Vorige romans meer oor manlike

karakters en hulle ervarings (vgl. “gensliteratuur” van die Tagtigerjare)

Vroue se behoefte aan literatuur waarmee hulle kon vereenselwig (teenoor boeke deur Ena Murray [p.78] en ander – stereotiperend; patriargie se “ideale” vrou as heldinne – vrou wag / man jag – MvdV in mees resente roman)

Page 5: Griet skryf 'n sprokie

Algemeen: Marita van der Vyver en Griet

Generasie vroue (30 plus) van 1990’s?

Generasie bewus van moontlikheid van bevryding

Beroepsvroue sterker op voorgrond (bv. Hillary Clinton as rolmodel)

Tog steeds in ‘n ouer tradisie geanker - vgl. beeld van Ouma Lina, Griet as skoolmeisie (pp.51-52)

Page 6: Griet skryf 'n sprokie

Algemeen: Marita van der Vyver en Griet Vrou kon identifiseer – bv. egskeiding,

kinderloosheid Dink aan funksies van literatuur – ook

om ons te help met die verwerking van bepaalde gebeurtenisse, soos trauma Skrywende Griet én haar lesers hier

Ons ontvangs van die roman in 2010 – 20 jaar later

NB: ‘n Wetenskaplike blik op die roman – analise ons hooftaak

Page 7: Griet skryf 'n sprokie

Die rol van humor en lighartigheid Deel van Griet se suksesresep? Vgl. p. 78 “Snaakse Afrikaanse

Roman?” Kyk na die Kundera-aanhaling voorin

“… frivolous form and a serious subject …”

Dus die skakeling van ernstige materiaal met ‘n lighartige aanbieding

Beteken nie dat skrywer menslike trauma geringskat nie

Page 8: Griet skryf 'n sprokie

Die basiese tema in die roman Vrou wat verskillende traumatiese

ervarings beleef het en haar poging om dit alles te verwerk Aborsie Miskrame Dood van ‘n kind Egskeiding = Eg vroulike traumas

Page 9: Griet skryf 'n sprokie

Titel van die roman

Gaan oor skryfproses Rhonda (sielkundige) raai Griet aan

om oor haar ervarings te skryf om dit te kan verwerk

Skryf dus as terapie gesien Genesing soos skryfproses vorder

(kyk ook hier na Rhonda se skrywes)

Page 10: Griet skryf 'n sprokie

Die struktuur van die roman

Deel I: “Grieselsprokies” Trauma sentraal

Deel II: “Raaiselsprokies” Nuwe minnaar sentraal

Deel III: “Duiselsprokies” Haar nuwe lewe

Page 11: Griet skryf 'n sprokie

Deel I (“Grieselsprokies”) “Griesel” – betekenis? Motto: rol van die magiese Gekoppel aan die sprokiesmotief: “omtoor” van

die werklikheid alreeds in die vooruitsig gestel Ook Griet se geloof in ‘n wonder hierdeur

beklemtoon (NB tema) Vgl. die sprokie van Hansie en Grietjie – NB in

die verhaal – op meer as een manier gelees (sien bv. pp.16-17)

Feministiese ondertoon ook later na aanleiding van hierdie sprokie (p. 172 – Tienie se vraag)

Page 12: Griet skryf 'n sprokie

Die tema van genderverhoudings

“Sneeuwitjie skil ‘n appeltjie” Betekenis hiervan? Argument besleg; iets onaangenaams

met iemand afhandel p.5: Appel tradisioneel simbool van

vroulike lis. Simbool van vroulike vergelding?

Anders gestel: Vrou wat haar laat geld?

Page 13: Griet skryf 'n sprokie

Die tema van genderverhoudings

Vroulike teenoor manlike maniere van selfmoord pleeg

Sterk feministiese onderbou hier Vroue gestraf vir Eva se skuld;

gered deur “manlike deug” (p.6) Vrou kan haar nie meer op man

verlaat nie (p.13) – onafhanklikheid is nodig

Page 14: Griet skryf 'n sprokie

Die tema van genderverhoudings Griet se groeiende insig in rede vir

mislukking van haar huwelik: sy het op stereotipes staatgemaak (p.20) – wou skeppende man se muse wees – besef dit is ‘n cliché

Man op sy beurt het na ‘n ma-figuur gesoek

Teenstelling: “dark lady” (verleidster) en “lady with the lamp” (versorger) – 2 patriargale beelde van vroue (p.21)

Page 15: Griet skryf 'n sprokie

Die tema van genderverhoudings P.23 – Griet se veranderende

verwagting – soek na haar “Pegasus” Let op die dubbele betekenis hiervan –

bevryding deur skryf (“ek gaan ‘n gedig skryf”) maar ook seksuele konnotasie

Dus bevryding deur seks, maar dan ‘n verhouding sonder intellektuele pretensie; een waarin sy kan leer lag (“… die domkop met die goue voël”)

Omkeer van rolle hier?

Page 16: Griet skryf 'n sprokie

Die tema van selfmoord Eerste paragraaf: Sylvia Plath, Virginia

Woolf Oond = baarmoeder (p.5)

Vergelyk met slot van verhaal Mislukking van haar poging – kakkerlak se

rol as “redder” (teenoor die prins in Sneeuwitjie)

Hierdeur ook kontras aangedui: Sprokiesheldin teenoor gewone, moderne vrou

Page 17: Griet skryf 'n sprokie

Die tema van terapie en skryf as terapie p. 6: Lesers aan Rhonda voorgestel Rhonda as optekenaar van Griet se verhaal

van trauma en verlies – pen as simbool hiervan (“girts … ondraaglik hard”)

Rhonda op die oog af emosieloos, tog verbeel Griet haar dat sy R sien glimlag (p.7)

Spreekkamer: kleurvolle, byna speelse ruimte Rhonda se karakter? Implisiet gekarakteriseer

Page 18: Griet skryf 'n sprokie

Die tema van terapie en skryf as terapie Griet ‘n bietjie agterdogtig oor Rhonda

(p.7) – rede(s) hiervoor? Kontras tussen Griet en Rhonda

R. dalk op die oog af die perfekte patriargale vrou, maar … slim, sien baie raak, begelei Griet

R. nie baie spraaksaam nie – laat Griet self praat

R. stel voor dat Griet oor haar ervarings skryf (p.14) – vir haarself, as terapie

Page 19: Griet skryf 'n sprokie

Die tema van wonderwerke (“omtoor”) en verlossing Geloof in sprokies, die magiese –

verwysing na magiese realisme op p.15 Beteken dat werklikheid nie net uit

die konkreet waarneembare bestaan nie, maar dat daar ook ‘n magiese (toweragtige) dimensie is

Grense van ons reële (regte) werklikheid word oorskry

Page 20: Griet skryf 'n sprokie

Die tema van wonderwerke (“omtoor”) en verlossing Sprokies = “people’s culture” – gaan oor

oeroue waarhede, basiese aspekte van menswees (p.17) – dus steeds relevant, al dink almal nie so nie (Struggle / sprokies – oënskynlik onversoenbaar maar in werklikheid verwant)

Griet se wens om weg te vlieg (p.17) – samekoms van “hekse” – waarskynlik haar wens om bevryding van alledaagse en van trauma

Page 21: Griet skryf 'n sprokie

Die tema van wonderwerke (“omtoor”) en verlossing Griet se geloof in die goddelike

teenoor George se ongeloof (p.33) Haar God: liefde George se ongeloof ook ‘n

aanduiding van sy onsekerheid in homself

Magiese kwaliteit van geboorte van haar kind (p.35), teenoor ervaring toe sy verneem haar kind is dood

Page 22: Griet skryf 'n sprokie

Die tema van wonderwerke (“omtoor”) en verlossing Magiese ervaring in die supermark

nadat sy die kleuter in die trollie sien – “vry soos ‘n heks, lig soos ‘n engel” (p.36) Interpretasie hier? Bevry haarself van

pyn van kinderloosheid? Karakters genoem – kunstenaars en

ander beroemdes wat selfmoord gepleeg het (interteks = Dante se Goddelike komedie)

Skakel ook met die slottoneel

Page 23: Griet skryf 'n sprokie

Deel II (“Raaiselsprokies”)

Motto: Raaisel = bestaan van engele en demone?

Titels van die onderskeie hoofstukke Impliseer herstel, bevryding (teenoor

titels van eerste afdeling – bedreiging, vrees, verlies)

Page 24: Griet skryf 'n sprokie

Die tema van genderverhoudings Gretha se keuses (p.68)

Verbeelding – wou skryf – besef sy is ‘n vrou

Haar huwelik Onvervulde drome Voortsetting in haar dogter Griet –

gedagte van ‘n vroulike linie p. 69 – Ideale man – waarskuwing aan

haar dogters

Page 25: Griet skryf 'n sprokie

Die tema van selfmoord

Griet se verwysing na haar selfmoordgedagtes: p.72 Haar ma en suster se reaksie Griet hier gekarakteriseer deur hulle

opmerkings?

Page 26: Griet skryf 'n sprokie

Vraag 1

Skryf ’n opstel waarin u die posisie van die skrywende vrou binne ’n patriargale bestel – soos aangebied in die roman Griet skryf ’n sprokie – bespreek. Verwys in u antwoord na die sprokie-motief soos dit in die roman gevind word.

(25)

Page 27: Griet skryf 'n sprokie

Vraag 2 Skryf ‘n opstel waarin u die

aanbieding en ontwikkeling van enige drie van die volgende temas in Griet skryf ‘n sprokie ontleed: Die tema van selfmoord Die tema van terapie en skryf as terapie Die tema van genderverhoudings Die tema van wonderwerke (“omtoor”)

en verlossing (25)

Page 28: Griet skryf 'n sprokie

Vraag 3

Bespreek die rol wat die sprokieselement in die roman Griet skryf ‘n sprokie speel. Verwys in u antwoord na enkele van die sprokies wat in die romanteks geïntegreer word.

(25)