Top Banner
Julie 2014 Gesondheid uit die grond uit Geen geld vir grondeise Swartvlek in Nederland AARTAPPELS LIMPOPO EUROPA
12

Agribulletin 140801

Apr 02, 2016

Download

Documents

Monthly Agricultural Publication with a main focus on Limpopo in general and the Tzaneen breadbasket in particular.
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Agribulletin 140801

Julie 2014

Gesondheid uit die grond uit

Geen geld vir grondeise

Swartvlekin Nederland

AARTAPPELS

LIMPOPO

EUROPA

Page 2: Agribulletin 140801

Die rooivleisbedryf in Suid-Afrika het genoeg sterk punte om hom te anker in ‘n mededingende internasionale mark, ondanks al die bedreigings wat die bedryf moet verduur, het mnr Hardus van Zyl, voorsitter van die Rooivleis Produsentevereniging (RPO) by hul jaarlikse kongres in Polokwane gesê.

Hy het verwys na verskeie swak punte in die bedryf, soos onvoldoende regeringsondersteuning, veral ten opsigte van veterinêre dienste en uitvoerbeleid, beperkte naspeurbaarheid en die tekort aan infrastruktuur in landelike gebiede vir die opkomende sektor.

Hy het ook verwys na die gebrek aan vermoë om wetgewing te polisieer en departemente se onwilligheid om met die rooivleisbedryf te konsulteer, oor aspekte wat ‘n invloed op rooivleis het, asook porieuse internasionale grense.

Dan ervaar die bedryf ‘n klompie bedreigings soos veediefstal, roofdiere (predasie), die volhoubare monitering van aanmeldbare dieresiektes, droogtes, veldbrande en oorstromings, asook indringerplante. Veediefstal bring verliese van R750 miljoen per jaar en belemmer

mededingendheid, want die meeste verliese kom by opkomende boere voor. Om dit te bekamp, is daar reeds 83 gespesialiseerde veediefstaleenhede in nege provinsies.

Ander bedreigings wat soms misgekyk word, is oorregulering soos die 88 wette wat aan die landbou voorskryf, eensydige handelsreëlings van buurlande, aardverwarming en die uitwerking van mynbou en besoedeling op die rooivleisbedryf. Daarby moet rekening gehou word met stygende insetkoste soos voer, elektrisiteit, brandstof, arbeid en grondpryse.

Die sterk punte in die bedryf is goeie organisatoriese ondersteuning van

bedryfstrukture soos dié van die federasie van rooivleisprodusente en

sterk private ondernemings binne die waardeketting.

Van Zyl het ook beklemtoon dat die RPO nie van staatsubsidies afhanklik is nie en 40% van die lewendehawe

behoort aan ontwikkelende en opkomende produsente. Die RPO is ‘n netto-invoerder van rooivleis en lewendehawe, hy is internasionaal mededingend en beskik oor ‘n groot genepoel wat veeverbeteringskemas voed.

Julie 20142

is ’n publikasie van Bulletin

Uitgewer:Francois Aucamp

[email protected]:Louis Roux

[email protected]:

Thinus van [email protected]

Jacques [email protected]

Uitleg en ontwerp:David Morrison

[email protected] 8, Tzaneen, 0850

015 307 7248015 307 7684

www.bulletin.us.comDrukker/Printer: PaarlColdset

Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin.

Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin.

Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved.

Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.

Thinus van Deventer083 611 6292  

[email protected]

Jacques Smuts071 268 2543

[email protected]

Your agri advertising solution providers

RPO staan sterk, ondanks knelpunte

Land reform works better in NamibiaNamibia’s approach to land reform seems to be more e� cient and e� ective than the South African equivalent, writes Ryk van Niekerk of Moneyweb.

The SA process is delayed and marred by ine� cient administrative processes, and an inherent distrust between the farming community and the state.

According to Mr Sakkie Coetzee of the Namibia Agricultural Union there are two major di� erences between the respective land reform processes. The � rst is that ancestral land rights are not acknowledged in Namibia. This decision was taken away back in 1991 where it was decided that redistribution would be based on the willing seller/willing buyer principle and that there would be no recognition of ancestral land rights. This means that there are no direct land claims on individual farms.

The second is that the Namibian government has the right of � rst refusal on all land sales. If a Namibian farmer wants to sell his land, he needs to � rst o� er it to the state.

According to Coetzee, more that 60% of the � fteen million target has been acquired in terms of this programme. This also equates that 27% of the total agricultural land has been transferred to black Namibians.

South Africa’s target is to transfer 24,5 million ha of agricultural land to black farmers. The initial target was to achieve this in 2014. Of the available land only 8% has been transferred in twenty years. This is less than a third of the 27% Namibia managed in the same period.

One of the main reasons for this slow process is the actual ancestral right principle, where individual farms are being targeted for redistribution following land claims. The � rst window closed in 1998 and approximately 80 000 claims were submitted. To date 8 471 claims have not been settled.

The state has now reopened the process and an additional 400 000 claims are expected before the second window closes in 2019.

Page 3: Agribulletin 140801

Diseases and pests threatening the European Union’s plant health system are controlled by a rapid alert system called Europhyt.

In his latest newsletter, the President of the Citrus Growers Association in South Africa, Mr Justin Chadwick, gave an explanation on the working of the alert system.

The Europhyt website reports on interceptions in the EU on a monthly basis, and in the case of pests and diseases it includes the country of origin, product and pest/disease involved. These website reports are anxiously awaited by exporters in many countries each month.

The website recently released Europhyt’s analysis of the 2013 calendar year, showing that insects were at 92% the worst o� enders in consignments

noti� ed for harmful organisms.A total of 2 234 consignments were noti� ed,

74% of which involved fruit and vegetables (1 834 consignments). Apart from insects, the alert system also

picked up fungi (3,6%), nematodes (2,2%) and bacteria (1,4%).

The fruit � y stays on top of the enemy list. In 2011 it was involved in the noti� cation of 576 consignments

and last year in 751 consignments. Fruit � y infested consignments are followed by thrips (464) and leaf miners (156).

Mango’s were the most a� ected (426 noti� cations), followed by pumpkins (332), basil (163), eggplant (155), citrus (123) and guavas (72). The EU received a total of 1 788 000 tons of citrus last year.

India is the biggest culprit in receiving noti� cations and interceptions on the Europhyt list, while South Africa is second last on a list of � fteen regular exporters to Europe. (See graphic)

Julie 2014 3

Die sitrusseisoen in Limpopo is verby Week 29 en die Europese Unie is nog tjoepstil oor swartvlek. Net een geval is in Nederland opgespoor.

Twee weke gelede is uit Europa berig dat geen besendings lemoene nog met swartvlek betrap of afgekeur is nie. Dit geld nie net Suid-Afrikaanse besendings nie, maar ook van ander lande wat sitrus-produsente is.

Dit is egter nog te vroeg om ‘n ophef daarvan te maak, omdat besendings met swartvlek gewoonlik eers na Week 29 voorkom. Dit is van einde Julie tot in Oktober.

Verlede jaar is meer as dertig besendings uit Suid-Afrika vir swartvlek in Europa onderskep, maar dit was

aan die einde van die uitvoerseisoen.Weens druk van die EU dat strenger maatreëls

weens swartvlek teen SA toegepas sal word en hulle selfs met ‘n algehele verbod op sitrus gedreig het, is koukusvergaderings deur die Sitruskwekersvereniging (CGA) met die Europese invoerders en beheerstrukture oor die Europhyt-stelsel gehou.

Die deurslaggewendste faktore was egter die belangrike huiswerk wat die CGA en plaaslike produsente intussen gedoen het, om swartvlek weg van die uitvoermark te hou.

Mnr André Spykerman, hoo� nspekteur van PPECB in Tzaneen, sê die voorsorgwerk begin by die boord. Dan kom die pakhuis aan die beurt as volgende

beheerpunt. Dit word opgevolg deur inspeksies deur inspekteurs van die PPECB.

Die aanwending van die middel Ethephon word dan aangewend om vroeë verskyning van swartvlek by sitrus te bepaal. Waar die geringste tekens daarvan bespeur word, word die sitrus aan die Europese mark onttrek en na ander bestemmings gestuur.

Die laaste kontrolepunt is by die hawens, waar inspekteurs ‘n � nale ondersoek doen om te keer dat swartvlekbesmette sitrus die land verlaat.

“Sover kry ons baie goeie samewerking van al die produsente. Hier en daar is ‘n paar wat opstandig word, maar dit gebeur net in druk tye en as daar rêrig ‘n probleem is,” sê Spykerman.

Swartvlek duik op in Nederland

Europhyt: rapid pest alert system

Page 4: Agribulletin 140801

Julie 20144

Lucas Bols B.V. is die oudste drankhandelaar in die wêreld wat vandag steeds sake doen.

Dit is in 1575 in Nederland gestig en was gevestig in ‘n klein skuurtjie langs die Rosengracht buite Amsterdam, waar die stroompie tussen groot roostuine deurgevloei het. Dit het bekend gestaan as ‘t Loodsje en is bedryf deur ene Pieter Jacobzoon Bols.

Tydens die 80-jarige oorlog tussen Nederland en Spanje en die Spaanse Inkwisisie het die Bols-familie na Duitsland uitgewyk, maar later weer na Amsterdam teruggekeer.

Lucas Bols is in 1652 in Nederland gebore — dieselfde jaar toe Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het. Die jong Bols het later ‘n groot aandeelhouer in die Hollandse

Oos-Indiese Maatskappy geword en het eksotiese kruie, speserye en vrugte uit die Ooste na Rotterdam gebring, vir die gebruik in nuwe likeurs en jenewers.

Dit het in die Bols-familie gebly tot na die Kontinentale Blokkade van Napoleon laat in die 18de eeu. Die laaste erfgenaam, Herman Bols, is in 1813 dood.

Die maatskappy is in 1815 deur Gabriel Theodorus van’t Wout oorgeneem en dit suksesvol bedryf tot in 1868, toe dit deur die Moltzer-familie gekoop is.

Na die Eerste Wêreldoorlog het hulle ‘n hele reeks distilleerders in verskeie lande gebou. Dit was in Frankryk (1921), Pole (1922), Switserland (1929), Kanada (1932), Suid-Afrika (1933), België (1934), Argentinië (1935), Spanje (1935) en Amerika (1947).

In 1954 het die laaste lid van die Moltzer-familie as direkteur bedank en Bols Distilleries, soos dit toe bekend gestaan het, het ‘n openbare maatskappy geword.

Deesdae is dit weer in private besit en produseer meer as drie miljoen kiste verskillende soorte drank teen ‘n waarde van meer as ‘n miljard rand per jaar.

Aartappelboere het vanjaar reeds 700 ha meer aartappels geplant as verlede jaar, ondanks hoër insetkostes weens ‘n styging in die prys van brandstof, elektrisiteit en arbeid.

Dit het ‘n sterk invloed op dié boere se winsneming, omdat aartappelboerdery arbeidsintensief is.

Vroeë voorspellings van Graan SA se brandstofverslag dui aan dat ‘n verhoging van 60c per liter in petrol en 21c per liter in diesel moontlik in Augustus verwag kan word. Dit hou slegte nuus vir plaaslike produsente in.

Selfs met die verhoogde aanplantings is daar kommer by aartappelboere dat laer opbrengste inderdaad kan lei tot ‘n laer omset as in die verlede.

Dié maand se gemiddelde prys op die vyf groot varsproduktemarkte was R3 343 per ton aan die begin van Julie, met hoër pryse wat eers teen September verwag kan word, namate seisoenale stygings na die einde van die jaar begin posvat.

Hollanders praat al 439 jaar lank Bols

Boere plant baie meer aartappels

Page 5: Agribulletin 140801

Julie 2014 5

Page 6: Agribulletin 140801

Julie 20146

How often have you driven past the massive greenhouses opposite the snake park on the R527 (Hoedspruit area) and wondered what goes on inside them? I wonder every time I go past! Recently Koos Harding took me on a tour of his greenhouses where he grows sweet peppers on a very impressive scale.

Koos has been cultivating sweet peppers for the past twelve years and says that it remains a challenging crop to grow. “Hoedspruit isn’t the easiest place to grow vegetables as the soil is mostly very poor and more suitable for orchards. The wind is also a problem so you really have to pamper vegetables,” he says.

Peppers are very susceptible to diseases and need exactly the right kind of fertilisation. After struggling for years to overcome the nematode (a kind of worm that lives in the soil) problem, Harding decided to go full-on into hydroponics with only the very best seed and growth medium imported from The Netherlands.

“Hydroponics is a system whereby the seedlings are planted directly into plastic bags � lled with growth medium (cocoa peat in this case), the bags are elevated o� the ground and receive their fertilisation through the irrigation system. During

summer, a plant requires up to one and a half litres of water per day.”

Harding grows sweet peppers (red, yellow and green) for Pick ‘n Pay, Shoprite/Checkers and fresh produce markets in Johannesburg and Pretoria. He has six hectares of peppers in greenhouse sand another six under shade net. The hydroponic greenhouses yield up to 180 tonnes of peppers per hectare per harvest, whereas the shade houses yield only about sixty tonnes per hectare per harvest over the course of seven to eight months. He manages to maintain production for twelve months of the year with the peak season being from September to January.

You would think the heat in Hoedspruit would be a major challenge, but he says overcast weather is a bigger problem. “In the greenhouses we don’t mind the heat so much although you don’t really want it to be hotter than 30°C’.

Now here comes the clever part: the greenhouses have computerised cooling systems. All along one side of the structure there is a wet wall that looks a bit like the inside of a cardboard box. When it becomes too hot (e.g. 40°C and up) water runs down the wet wall and the computer decides how many fans to switch on in the

opposite wall to suck air through the wet wall to cool the greenhouse down to an acceptable 30°C.

Are the yellow, red and green peppers all di� erent varieties? No, says Harding, explaining that the red and yellow peppers are di� erent cultivars but that the green peppers are exactly that — green. “Green peppers are an immature red or yellow pepper, that’s why they taste so di� erent.” Sweet peppers are a very rich source of Vitamin C, much more than you would � nd in oranges. They also contain a variety of other valuable vitamins.

Harding says the demand for sweet peppers has de� nitely grown over the past twelve years. But he adds that farmers are increasingly on the short end of the stick. Although food is becoming more expensive in the shops, farmers like him are being paid the same as what they were three years ago for their crops. “Every year I have to farm bigger and smarter in order to make the same kind of pro� t,” Harding says.

The next time you slice up a perfectly healthy red, yellow or green sweet pepper with the number 2503 on the ‘sell by label, you will know that it was grown right here in Hoedspruit!

— Desiré Wright; Kruger2Canyon

Hydroponics yield the best sweet peppers

Koos Harding

Beautiful peppers being sorted.

Page 7: Agribulletin 140801

Julie 2014 7

Page 8: Agribulletin 140801

Julie 20148

WE

& Palisade Fencing

STEEL

RANDOM STEEL LENGTH

Round steel pipes and casings on special

Leon 079 524 3120 | 015 307 77055 Duiker Street, Old Industrial, Tzaneen, 0850

We also stock b-grade steel

WE ALSO DO:• Flat+RoundBar• SquareTubing• Sheeting• Channels• AngleIron• Bolts• Nuts• BoreholeCasing• WeldingAccessories• CorrugatedandIBRroofing

139 x 6.0mm x 6m round tube=R1170.00139 x 3.0mm x 6m round tube =R1100.00152 x 4.0mm x 6m round tube=R960.00152 x 6.0mm x 6m galv round tube=R1760.00165 x 3.0mm x 6.0m round tube=R808.00168 x 7.0mm x 6.0m galv round tube=R1900.00177 x 6.0mm x 6.0m round tube=R1838.00193 x 6.0mm x 6.0m round tube=R3150.00219 x 3.0mm x 6.0m round tube=R1190.00219 x 3.5mm x 7.3m galv round tube=R1970.0076 x 6mm x 5.5m galv round tube=R500.00

Al die pryse sluit BTW in

bulletin©9253wes140627dm

Growth has slowed in the production of milk and in the � rst � ve months of the year,

production was lower than a year ago.This is mainly due to cost

pressure as input costs peaked during March

due to very high maize prices, while

producer prices remained fairly � at despite

increases in retail prices, says ABSA in its market analysis Agri Trends.

On a positive note, there was a recovery in producer prices at the beginning of 2014 which should help producer margins and hopefully translate into increased production in months to come.

The June producer price was just above R4,20 per liter of milk — an increase from R3,75 a year ago.

The crop estimate committee has reported a

good crop outlook which should bring some relief to milk producers as maize prices have already dropped by 43%.

On the international front, dairy prices have eased due to improved milk production in export regions as well as less forward purchasing from China.

The lower international prices are normally passed on to producers and likely to lead to the slow growth in milk production in the next quarter.

Die graad van erns waarmee SA howe renosterslagters benader, is in Nelspruit benadruk toe ‘n horingdief tot 77 jaar tronkstraf gevonnis is.

Mandla Chauke is in 2011 in die Kruger Nasionale Park (KNP) aangekeer toe hy en twee makers die park onwettig binnegekom het om renosters vir hul horings te kom slag. In ‘n skietery is een van sy makers doodgeskiet en die ander een het gevlug.

Na die hofuitspraak het ‘n woordvoerder van die

KNP gesê die howe begin besef watter negatiewe uitwerking renosterstropery op toerisme-ekonomie het. “Ons hoop dit dien as afskrikmiddel.”

Chauke is skuldig bevind aan moord, onwettige jag van ‘n renoster, horingdiefstal, onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en betreding van ‘n nasionale park.

Vroeër in Julie is twee Mosambiekse burgers sestien jaar tronkstraf opgelê, vir die slagting van ‘n renoster in

die KNP, waar 370 van dié diere die afgelope jaar reeds van kant gemaak is.

In nog ‘n geval is vyf vermeende renosterstropers in ‘n natuurreservaat in KwaZulu/Natal suid van die KNP aangekeer. Hulle was in ‘n skermutseling met die polisie en een van hulle is in die proses gewond.

Laat in 2012 is ‘n Thaise burger tot veertig jaar tronkstraf gevonnis, weens die onwettige handel in renosterhorings.

Howe raak nou vies vir horingstropers

Die departement van grondhervorming in Limpopo sal nie sy restitusie-doelwitte

vir die volgende jaar kan bereik nie.Boere in Limpopo is geskok oor die

provinsiale grondeisekommissaris, mnr Thele Maphoto, se onthulling dat die departement van grondhervorming en landelike ontwikkeling in die pro-vinsie platsak is en nie sy  restitusie-doelwitte  vir die volgende jaar gaan bereik nie.

Maphoto het onlangs in die provinsiale wetgewer te kenne gegee dat slegs 1,5% van die 664 uitstaande grondeise in Limpopo oor die verloop van die volgende boekjaar afgehandel sal word. Vir meer is daar nie geld nie.

“Waar gaan die geld heen?” wou mnr. Phlippie de Beer, streekvoorsitter van TLU SA Noord, weet toe hy Woensdag van Maphoto se bekentenis te hore gekom het. “Daar word elke jaar miljoene vir grondhervorming begroot, maar daar is nooit geld om eise af te handel nie,” het hy gesê.

Die begroting vir restitusie in Limpopo beloop R412 miljoen vir vanjaar en Maphoto meen daar is geen kans dat dit vergroot sal word nie.

De Beer sê hy glo daar moes al baie meer vordering met restitusie gewees het, as mens kyk na die bedrae wat elke

jaar begroot en bestee is. “Hoe is dit dat ons so min het om te wys? Bestee hulle dit op salarisse?”

Mnr Willem van Jaarsveld, die hoof- uitvoerende beampte van Agri Limpopo, sê hy is bly om te hoor die departement erken uiteindelik dat daar nie geld is vir hierdie grondeise nie. “Maar ons is diep bekommerd dat politici en amptenare nou eers agterkom dat hulle nie hul restitusie-drome kan bekostig nie.”

Hy het egter sy kommer uitgespreek oor die uitwerking wat dit gaan hê op die mense by wie daar die verwagting van grond geskep is. Boonop meen hy daar word nou nuwe verwagtings geskep, met die heroopstel van die grondeiseproses. “AgriSA wou van die begin af weet hoe hierdie proses ge� nansier gaan word.”

Terwyl hy daarop wys dat boere die gevolge sal moet dra vir die politiekery rondom grond, sê Van Jaarsveld AgriSA gaan daadwerklike pogings aanwend om die situasie op die grond positief te hou.

“Ons weet nie aldag presies hoe nie, maar ons sal alles doen wat ons kan.”

— Jasper Raats; Noordelike Nuus

Limpopo te platsak vir grondeise

Decrease in milk production

Page 9: Agribulletin 140801

Julie 2014 9

Vat Valskodlingmm vas, natuurlik

Nou ook verkrygbaar by:

www.vitalbugs.co.za | 087 751 0279 | [email protected]

Rtri-mX• Trichogramma eier parasiete, ‘n natuurlike vyand van VKM• ‘n Noodsaaklike deel van ‘n geintegreerde (IPM) benadering• Verminder oesverlies met tot 60%

An important breakthrough has been made in Pretoria with the conclusion of the economic partnership agree-ment (EPA) between the SA Development Council and the European Union (EU) after ten years of preparations and negotiations.

The Department of Trade and Industry said that the timing of the agreement is signi� cant because it pre-empts the 1 Oc-tober 2014 deadline imposed by the EU after which Botswana, Namibia and Swazi-land would have lost preferential access to

the EU market for their exports of beef, � sh and sugar on which their economies depend heavily.

South Africa had two central objectives in the EPA negotiations. It sought an outcome that would preserve coher-ence in terms of maintain-ing the common external tari� that is at the core of the SA Customs Union, as

well as improved access for agricultural products.SA has achieved improved market access for 32 agri-

cultural products, with a signi� cant improvement in ac-cess to the EU for wine, sugar and ethanol, as well as for export of � owers, some dairy, fruit and fruit products.

Furthermore, the EPA rules of origin improve on the trade, development and cooperation agreement (TDCA) as they will facilitate intra-regional trade and in-dustrialization across in southern and eastern Africa in particular. It also contain provisions that will encourage SA clothing exports.

SA reaches agreement with EU

Cattle owners and farmers in N’wamitwa, Ritavi and in Bolobedu are reportedly living in fear of an outbreak of lumpy skin, a deadly cattle disease. At least 34 cattle in N’wamitwa are reportedly infected and died from the Neethling virus. The virus has been con� rmed to cause lumpy skin disease. A� ected local farmers in the villages reportedly anticipate compensation of loss of their livestock from the department of agriculture.

Departmental spokesperson Selby Makgotho said that the department will not compensate any farmer.

“However, our focus will be on vaccinating at least hundred cattle daily on all farms with our veterinary mobile ambulances carrying medication”.

Neither reports of a widespread lumpy skin disease nor the name of the deadly insects could be con� rmed. However, Makgotho urged farmers and cattle owners not to slaughter their cattle for meat before vaccination.

A veterinarian from Tzaneen, dr Gert Kruger, said lumpy skin disease is usually active during the � rst two or three months of the year in the Lowveld. He suspects that climate change could be a factor, but the neglect of vaccination could be seen as the main

reason for the outbreak.NTK in Tzaneen said that vaccination material was a

problem at one stage and extra consignments had to be ordered from Onderstepoort in Pretoria.

— Arnold Mabunda, [email protected]

Feared cattle disease outbreak

Page 10: Agribulletin 140801

Net drie eenvoudige stappe is nodig om te volg met suksesvolle besproeiing, maak nie saak waarmee jy boer nie, sê mnr Chris

Barnard (foto bo), boer en agronoom van Rustenburg in Noordwes.

As die grond nat is, hou jy die krane toe. As die grond net klam is, gee jy water; en as dit droog is, gee jy baie water.

Barnard was die gasspreker by ‘n byeenkoms by die Hoërskool Merensky, wat deur Subtrop gereël is en waar boere van die Tzaneen-omgewing ingelig is oor ekonomiese besproeiingsmetodes. Hy het ‘n M-graad in agronomie en het onder meer in Amerika in dié vakgebied navorsing gedoen. Hy is deur Agriplas genooi om oor die onderwerp te kom praat.

Barnard sê ekonomiese besproeiing is die doeltre� ende aanwending van be-sproeiingswater om die oes teen die laagste waterdruk en billikste Eskom-tariewe groot te maak.

Hy reken arbeidskoste is vir die meeste boere die grootste enkele uitgawe. Weens die prys van diesel is elektriesegedrewe waterpompe die mees ekonomiese metode vir besproeiing. Dit maak

Eskom se rekening die tweede grootste uitgawe.Hy het ‘n tabel voorgehou waarop die spitsverbruik,

normale tariewe en laagste tariewe aangegee word. Die spitstye (teen ‘n hoër tarief ) is soggens tussen 07:00 en 10:00 en saans tussen 19:00 en 20:00.

“Mense, besproei in die nag wanneer die bome se wortels rus en daar geen sprake van verdamping is nie. In die suikerplantasies van Mpumalanga en KwaZulu/Natal bestaan ‘n groot vrees vir tokkelossies in die nag, maar hier is net ‘n paar seekoeie wat pla.”

Van Junie tot Augustus is dit blomtyd vir veral avo’s. Nou moet daar besproei word, maar van so ‘n aard dat dit net genoeg is om die boorde nie te laat afspeen nie.

“Glo my, 85% van die vrugte wat geoes word, bestaan

uit water. Besproeiing is nie daar om meer vrugte voort te bring nie, maar eerder groter vrugte.”

Sy raad aan boere is om gereeld grondinspeksies te doen, om vas te stel waar wortelontwikkeling sukkel weens grondlaagverskille. Besproeiingsprogramme moet dan hierby aangepas word.

Barnard het ook verwys na spilpunte as ‘n ekonomiese waterverska� er. “Maar die manne lê paaie na die spilpunte aan om dit makliker te kan besoek. Daardie paaie word ‘n stortterrein vir water en alles langsaan versuip.”

Sy resep vir ekonomiese besproeiing lê in die volgende stelling, wat vir die aanhoorders nogal ‘n bekvol was:

“Doeltre� ende besproeiing is die eenvormige toediening van water op die regte tyd en hoeveelheid in die oes se groeisirkel in ‘n gegewe klimaatstoestand, grondtipe en wortelstelsel.”

Hoewel hy heeltyds naby Rustenburg boer, is Barnard dikwels in die Laeveld en Mpumalanga om raad op agronomiese

gebied uit te deel.

Julie 201410

Rudamans Letsitele gaan nou in vir sy vierde bestaansjaar en het gegroei van ‘n baie klein eenheid by die Junction na ‘n eie gebou in die Industria-gebied in Letsitele. Die maatskappy skryf dit toe aan die lojale ondersteuning van hul klante.

“Ons voorsien nie net in die behoeftes van die boere en pakhuise nie, maar ook in dié van elke inwoner van Letsitele en omgewing. Ons bied ‘n groot verskeiden-

heid produkte aan, teen mededingende pryse en van uitsonderlike gehalte. Ons ondersteun ook gereeld die gemeenskap in die vorm van borgskappe en pryse vir verskeillende aktiwiteit, om ons danbaarheid te betoon vir die ondersteuning wat ons ontvang,” sê mnr Johann Gerber, die bestuurder van die Letsitele-tak.

Hy nooi mense om die onderneming te besoek en self te sien wat alles beskikbaar is. Rudamans se verteenwoor-

digers bedien ‘n wye gebied wat strek van Letsitele tot in Phalaborwa, Orighstad, Ofcolaco en die omliggende streke. Hulle doen weeklikse besoeke in dié gebiede om dit vir klante gerie� ik te maak om bestellings voor die tyd in te bel, of om te reël dat masjiene wat reggemaak moet word, opgetel en weer terug besorg word. Hulle het ook die nodige kennis om behulpsaam te wees met raad en data op die reeks produkte wat verskaf word.

Rudamans Letsitele reeds in vierde jaar

Waterkenner gee raad oor besproeiing

Onder die dertig boere by die bespreking was mnre Mark Taylor, André Lutge, Rich-ard Kok, Neville Pirie en Bun Noel.

Promosie

Page 11: Agribulletin 140801

Julie 2014 11

Kool is oorspronklik ‘n wintergewas wat geplant word gedurende die herfs, deur die winter groei en in die lente geoes word. Met die verloop van tyd is nuwe variëteite geteel, wat geskik is vir verbouing regdeur die jaar — selfs deur die winter.

Die verskeidenheid van kole wat vandag beskikbaar is, wissel in grootte, vorm en kleur. Die verbruiker kan kies tussen koolkoppe van verskeie groottes, vanaf babakool tot koppe van 4 kg en selfs groter. Die vorms van die verskeie koppe kan ook wissel tussen spits, plat, semi-rond en rond. Daar is selfs ook ‘n keuse tussen groen kool en rooi kool.

Vandag se baster variëteite het goeie siekteweerstand wat nodig is vir die produsent om ‘n goeie oes te verkry, en om chemiese bespuiting te verminder. Suid-Afrika en Afrika is uniek in die sin dat ons hou van groot kopkool vanaf 4 kg en selfs groter. Sakata se nuwe variëteit, Optima*, bied presies wat die produsent verlang — goeie gehalte groot kole met uitstekende siektebestandheid:

Optima* beskik oor weerstand teen Swartvrot en is dus hoofsaaklik geskik vir areas waar die Swartvrotdruk baie hoog is. Die sterk groeier neem ongeveer tagtig tot honderd dae om bekwaamheid te bereik, nadat dit verplant is. Die groot raam beskerm die koppe baie goed teen sonbrand enwindskade. Koppe is semi-rond tot rond met ‘n kopgrootte tussen 3 en 5 kg.

SaailingeDit is baie belangrik dat goeie gehalte, sterk saailinge

geplant word. Swak saailinge lewer swak gehalte, klein koppe wat op die ou einde ‘n lae opbrengs te weeg bring. Die produsent moet ook seker maak dat die saailing se groeipunt nie beskadig is nie, aangesien dit daartoe kan lei dat die plant geen kop kan vorm nie, of meer as een kop vorm wat nie bemarkbaar is nie. Die saailinge moet verder ook nie te lank raak in die

saailaai voordat dit uitgeplant word nie, aangesien lang saailinge na uitplant kan verwelk en beskadig kan word deur die son.

Uitplant van saailingeIndien moontlik moet saailinge op beddings of op

walle geplant word. Dit lei tot beter dreinering van water wat minder grondsiektes beteken, asook die beskikbaarheid van meer suurstof in die grond. Die produsent moet verseker dat die saailinge se stam of wortel nie beskadig word tydens uitplant nie, aangesien dit kan lei tot die belemmering van groei en die vorming van klein koppe. Die wortelhuisie moet verder ook nie uitdroog tydens uitplant nie, omdat die saailing se wortels sal sterf en die saailing nie sal groei nie.

BemestingDit is belangrik vir die produsent om ‘n grondmonster

te neem en dit te laat ontleed, sodat ‘n sorgvuldige bemestingsaanbeveling dan gedoen kan word. Die korrekte bemestingsprogram kan lei tot ‘n gesonde oes met ‘n hoë opbrengs gehalte koolkoppe.

Vir meer inligting oor Sakata se koolvariëteite of produkreeks, skakel gerus vir Leon Labuschagne by 083 585 1181 of besoek hul webwerf www.sakata.co.za.

*Eksperimenteel: Hierdie variëteit is steeds eksperimenteel, maar registrasie is reeds ingedien vir Suid-Afrikaanse kultivarlysting.

Sakata se nuwe somerproduksie kool

AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die � siologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.

Optima* die nuwe somervariëteit met ’n baie hoë opbrengspotensiaal.

Groot belangstelling word verwag by vanjaar se navor-singsimposium van die SA Mangokwekersvereniging, wat volgende Woensdag by die Forever Resort by Swa-dini gehou word.

Dit is ‘n gewilde byeenkoms by kwekers — met terug-voer van navorsers oor kernpunte wat die bedryf raak. In die verlede het bydraes tot hierdie simposiums tot suksesse gelei, hoewel daar steeds vraagstukke is waar-mee die bedryf stoei.

Mangoproduksie in die Hoedspruit-gebied verskil iet-wat van dié rondom Tzaneen, weens temperatuurver-skille. Dit sal weer by die simposium ter sprake wees en groter resultate word veral verwag met die werk wat op bloeiselmisvorming gedoen is.

Registrasie moet vooraf gedoen word en sal nie op die dag van die simposium aanvaar word nie. Skakel gerus Christa de la Port by 015 307 3676 vir meer inligting.

Mangosimposium op hande

Page 12: Agribulletin 140801

Julie 201412

Bulletin130712SM