“Lank, Lank Gelede...”
Die 'EVOLUSIE'
Van Die KOMBUISVURK (Culimythecus forcianthropus)
Die kombuisvurk of Culimythecus forcianthropus soos dit gelyk het '11 – 2 miljoen jaar' gelede. Evolusioniste is van mening dat die kombuisvurk verwant is aan die tuinvurk
(Agrimythecus forcianthropus). Daar word ook bespiegel dat die kombuisvurk dalk verwant kan wees aan die stemvurk
(Musimythecus forcianthropus), terwyl die stemvurk ('pitching fork') moontlik 'n gemeenskaplike oer-voorouer
deel met Golfemythecus wedgianthropus ('pitching wedge' ).
Triassic Periode
225 - 190 Miljoen Jaar Gelede Die eerste unisellulêre vurk-selletjie maak sy verskyning in 'n primordiale sopmengsel van oer-seewater, modder en paddaslyk
iewers naby Sterkfontein (in die provinsie Gautengicus transvalenses).
190 – 135 Miljoen Jaar Gelede Tekens van Linkshandige en Regshandige aminosure kan reeds dofweg in die organisme onderskei word. Die organismetjie
verdeel in 'n multisellulêre entiteit en die toekoms van kombuisvurke lyk skielik belowend. Let egter wel daarop dat die organisme nog gladnie soos 'n vurk lyk nie, maar dat dit deur 'n reeks van toevallige, onbeplande, breinlose, lukrake
biológiese 'ongelukkies' uiteindelik die voorkoms van 'n kombuisvurk gaan begin aanneem.
Jurassic Periode
135 – 70 Miljoen Jaar Gelede
Multi-atoom ketting-radikale in die vurksel help aminosure om nader aan mekaar te beweeg om 'n peptiede-kettings te vorm. Die
eerste reekse van vurksel peptiede-kettings begin uitbeweeg na onderaardse riviere in die omgewing. Onthou, 'evolusie' werk
deur die 'natuurlike prosesse' van 'natuurlike seleksie', 'mutasies', die 'oorerwing van verworwe karakter-eienskappe' en
'gepunktueerde ekwilibrium' ... so wees maar deksels geduldig.
Creataceous Periode
70 – 58 Miljoen Jaar Gelede Die nukleotides in DNS-molekules vorm twee paralelle stringe,
aanmekaar gekoppel by die basisse en begin draai soos 'n koeksister ('dubbeheliks'). Dit lyk egter nog nie soos 'n vurk
nie, alhoewel die koeksister-konfigurasie van die DNS-molekules (die dubbel-heliks) eendag heelwat kommentaar gaan
ontlok.
Paleocene Periode
58 – 40 Miljoen Jaar Gelede
Adenien bind aan thymien; en guanien bind aan citosien. Die reeks van nukleotiedes langs elke DNS-string (in die vorm van 'n dubbel-heliks of koeksister) is elk 'n chemiese spiëelbeeld van
sy maat. Omdat die anatomie van die kombuisvurk se hart baie dieselfde begin lyk as dié van die vark, vermoed sommige
evolusioniste dat die vurk dalk verwant kan wees aan die vark (let op hoe die twee slegs i.t.v. van één skakel in die DNS-
ketting van mekaar verskil: Vurk Vark).
Eocene Periode
40 – 25 Miljoen Jaar Gelede
Oordrag-RNS bevattende aminosure nader die ribosoom-areas. Die RNS dryf in die selle se waterige
citoplasma. Die ribosome dekodeer RNS-stringe en stuur seine aan stukkies oordrag-RNS wat die
gespesifiseerde aminosure vervoer. Die organisme se voorkoms is op hierdie kritiese stadium uiters
onseker, maar die 'vurk-evolusie' vorder fluks agter die skerms.
Oliogocene Periode
25 – 11 Miljoen Jaar Gelede
Die oordrag-RNS het sopas met die boodskapper-RNS stringe verbind. Die oordrag-RNS oorhandig die aminosure aan ribosome wat dit aan 'n peptiede-kettings vasmaak. Die peptiede-kettings vou inmekaar en vorm saam met ander soortgelyke ribosome funksionele protein-molekules. Let op hoe die organisme (Culimythecus forcianthropus) aan die boonste ronding begin
perforeer om voorsiening vir vurktande te maak. Omdat die anatomie van die kombuisvurk se tande baie dieselfde lyk as dié van die krimpvarkie,
vermoed sommige evolusioniste dat die vurk dalk verwant kan wees aan die krimpvarkie.
Miocene Periode
11 – 2 Miljoen Jaar Gelede
Die oordrag-RNS dryf terug na die selle se vloeibare binnekante. Die protein kollageen voorsien die
strukturele ondersteuning vir die organisme se vurktande. Vurke dupliseer nou biljoene eksemplare vir
massaverbruik deur die publiek. Die era van die 'industriële evolusie' het aangebreek.
Pilocene Periode
2 Miljoen – 10 000 Jaar Gelede
Die eerste kombuisvurk maak kommersieel sy verskyning by 'n vlooimark in Krugersdorp, die oudste dorp in Gautengicus transvalensis. Kwaadwillige
gerugte in die Pers nl. dat die kombuisvurk deur werkers in 'n fabriek 'vervaardig' kon gewees het, en dat dit nie deur die proses van 'industriële
evolusie' ontstaan het nie, word gelukkig gou deur 'n span paleontoloë verbonde aan 'n Johannesburgse universiteit afgemaak as 'vergesog' en
'wetenskaplik onmoontlik'. Nietemin, Mev. Ples van die plaas 'Sterkfontein' is so beïndruk met hierdie uiters skaars paleontológiese fonds dat sy dan en daar haar skedel bemaak aan die 'Maropeng: Wieg Van Die Mensdom'
museum.
Pleistocene-Holocene Periode
Die doel met hierdie satíre oor die 'evolusie van die kombuisvurk’, natuurlik alles pure bog, was om
die frustrasie te illustreer wat Christene ervaar elke keer
wanneer hulle die evolusie-mites lees wat evolusioniste aan hulle
probeer opdis.
[Sien laaste skyfie: Die evolusionis se Hebreërs 11:1]
Die Evolusionis Se Hebreërs 11:1
Die geloof dan is „n vaste vertroue op die fossiele waarop ons
hoop, „n bewys van die vermiste skakel wat ons
nog nie kan sien nie.