Kuns & HandwerkJaar 3Week 6
Muurskildery as ‘n vorm van Kuns:
Onsderwerp: Muurskilderye is skilderye op grootskaal, direk op
mure, plafonne en baie ander oppervlaktes geverf.
‘n Kort geskiedenis van ‘n muurskildery:
Die woord muurskildery kom van die Latynse woord “murus”, wat
“muur” beteken. Vandag kan ons muurskilderye definieer as enige
kunswerk wat direk op 'n muur, plafon of ander groter permanente
oppervlaktes geverf of aangebring is.
Die vroegste kuns muurskilderye was grotskilderye. Muurskilderye
is geskep uit verhale, waardes en drome van verskillende groepe
mense en dit vloei uit hul siel uit. Muurskilderye is gebruik om
die ongeletterde mense te verdrink. Uitbeeldings is teen die mure
van kerke geskilder en in klip of hout gegraveer.
Muurskilderye is ook gebruik om mense in moeilike tye te
inspireer. Hierdie tradisie word vandag nog beoefen.
Voorbeelde van Muurskilderye:
Mural On The Tower Records Building, Berlin Wall Mural East
Side
Austin’s University Area, Austin, TexasGallery Berlin
Germany
Pixel Pancho and Vhils, 2013 – LisbonPastel – Mural for
Milestone Project, Girona, Spain, 2015
Voordele van muurskilderye:
1. Muurskilderye trek die oog. Dit dwing die aandag
van almal af.
2. Muurskilderye maak ‘n standpunt. Omdat muurskilderye
uniek is, maak dit ‘n
duidelike, persoonlike standpunt.
3. Muurskilderye kan die gemoed lug. Studies het
herhaaldelik getoon dat kleure ‘n
invloed het op ons emosies.
4. Muurskilderye kan op enige plek werk. Dit is nie slegs
beperk tot ‘n buitemuur nie.
Jy kan ook jou klaskamer, of ‘n vaal gang omskep in ‘n nuwe
landskap.
Hoe om ‘n muurskildery te skep:
Om ‘n muurskildery te skep neem tyd, talent en navorsing. Maar
hierdie hele proses word in 5 basiese stappe voltooi:
1. Kry ‘n ontwerp / prent:
2. Kies die regte muur en berei die muur voor:
3. Verf die onderlaag op die muur:
4. Teken die prente op die muur:
5. Verf die muur:
Toerusting en metode van elke stap:
Stap 1: Kry ‘n ontwerp / prent:
Die ontwerp / prent wat jy kies, sal afhang van waar jy die
muurskildery wil maak en vir watter doel dit is. Byvoorbeeld: as
dit vir ‘n Kleuterskool is, sal jy iets soos Disney karakters wil
gebruik, ens.
· ‘n Goeie plek om te begin met die soeke na die regte ontwerp
of prent, is om deur tydskrifte te blaai of om op die internet te
kyk.
· Kry jou eie idees, of kombineer idees en laat die kreatiwiteit
vloei.
· Teken jou ontwerp op papier.
· Beplan watter kleure jy gaan gebruik.
Toerusting:
TydskrifteInternet Potlood & Papier Kies jou kleure
vir teken
Stap 2: Kies die regte muur en berei die muur voor:
(Opvul van gate en krake en om die oppervlakte glad te maak)
Jy wil hê dat jou kunswerk sigbaar moet wees vir ander mense,
omdat jy nie jou kosbare tyd wil mors deur ‘n monumentale kunswerk
te skep wat niemand gaan sien nie. Maak seker dat die oppervlakte
glad is.
· Bestudeer die muur vir gate en krake.
· Vul elke gat en kraak met vuller deur die vuller op die
troffel te sit en dan in die gat of kraak af te smeer.
· Versprei die vuller in die gat of kraak.
· Skraap met die troffel oor die vuller om dit gelyk te maak met
die muur.
· Skraap die oortollige vuller af..
· Laat dit droog word.
· Maak die growwe gedeeltes glad deur dit met skuurpapier te
skuur.
Toerusting:
Troffel Vuller Skuurpapier
Stap 3: Verf die onderlaag op die muur:
Gebruik ‘n onderlaag om ‘n skoon en blanko oppervlak te skep
waarop jou kuswerk moet kom.
· Sit plastiek of koerantpapier op die vloer waar jy gaan verf.
Dit moet reg teen die muur wees om sodoende die vloer te beskerm
teen verfspatsels.
· Plak maskeerband op die vloer reg teen die muur om die vloer
te beskerm teen verfspatsels. .
· Meng die verf goed deur dit met ‘n skoon stok te roer.
· Gooi nou verf in die verfpan.
· Rol die roller versigtig in die pan en skraap oortollige verf
af teen die plat kant van die pan.
· Rol die roller eweredig op rn af teen die muur.
· Gebruik ‘n klein plat kwas om die kante en die hoeke meet e
verf.
· Gebruik ‘n leer om by die hoë plekke by te kom.
· Wanneer jy klaar geverf het, moet jy die oortollige verf in
die blik teruggooi.
· Maak seker die blik is behoorlik toe.
· Was die kwas, roller en die verfpan dadelik na elke
gebruik.,.
· Bêre die plastiek en gooi die gebruikte koerantpapier weg.
· Maak seker dat alle verfspatsels met ‘n nat lap skoongemaak
is.
Toerusting:
Hierdie verf word “Universele Onderlaag” genome. Dit is ‘n wit
verf en het ‘n waterbasis wat beteken dat jy die kwaste met water
kan skoonmaak.
verfpan roller onderlaagleer
klein plat kwas maskeerbandplastiek
Stap 4: Teken die prente op die muur:
· Kies die prente wat jy op die muur wil hê.
· Indien jy ‘n oorhoofse projekter het, moet jy die volgende
doen:
· Sit die plastiek/lêersakkie op die prent wat jy geteken
het.
· Teken dit nou versigtig oor op die plastiek/lêersakkie met ‘n
permanente merkpen. .
· Plaas nou die plastiek/lêersakkie waarop die prent geteken is,
op die oorhoofse projekter sodat dit teen die muur skyn.
· Trek nou die lyne op die muur met ‘n potlood af.
· Indien jy nie ‘n oorhoofse projekter het nie, is die beste
ander manier om jou ontwerp op die muur oor te plaas, om dit deur
middel van blokkies te doen.
· Deel jou skets op in klein blokkies in proporsie met die
muur.
· Deel jou muur op in groter blokke in proporsie met die
skets.
· Teken nou blokkie vir blokkie op die ooreenstemmende blokke op
die muur.
· Na die skets klaar is, kan jy die blokke uitvee.
Toerusting:
oorhoofse projekterplastiek/lêersakkiepermanente merkpen
potlood blokke prent
Stap 5: Verf die prente op die muur:
Die beste verf om te gebruik, is die normale muurverf - “Akriel
PVA”. Hierdie verf het ‘n waterbasis wat beteken dat jy die kwaste
met water kan skoonmaak
· Gooi plastiek of koerantpaier op die vloer tot teenaan die
muur waar geverf gaan word sodat die vloer beskerm kan word teen
verfspatsels.
· Roer die verf met ‘n skoon stok sodat dit goed meng.
· Gooi van die kleure van die verf wat jy gaan gebruik in ‘n
palet.
· Gebruik skilderkwassies om die getekende prente te verf.
· Gebruik die leer om by die hoë plekke by te kom.
· Wanneer daar klaar geverf is, word die verf weer teruggegooi
in die verfblikke.
· Maak seker die blikke is behoorlik toe.
· Was die kwaste en palette elke keer na dit gebruik is met
water af.
· Bêre die plastiek en gooi die gebruikte koerantpapier weg.
· Maak seker dat alle verfspatsels wat gemors het, skoongemaak
is met ‘n nat lap.
Toerusting:
Akriel PVA verfpallet en verfkwaste leer
Aktiwiteit Datum:___________________
Beantwoord die volgende vrae:
VRAAG 1:
Gee ‘n kort beskrywing van wat ‘n MUURSKILDERY is:
______________________________________________________________________________________________________________________________________
(2)
VRAAG 2: WAAR OF ONWAAR
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.
Maak ‘n KRUISIE(X) in die korrekte kolom langs die stelling:
STELLING
WAAR
ONWAAR
1.1 Die vroegste muurskildery was op ‘n plafon in ‘n kerk.
1.2 Muurskilderye is gebruik om mense in moeilike tye te
inspireer.
1.3 Muurskilderye kan mens se gemoed beter maak.
1.4 Muurskilderye kan slegs op die buitemure geverf word.
1.5 Muurskilderye trek almal se aandag.
(5)
VRAAG 3:
Noem die VYF (5) basiese stappe om ‘n muurskildery te maak:
1.
______________________________________________________________
2.
______________________________________________________________
3.
______________________________________________________________
4.
______________________________________________________________
5.
______________________________________________________________
(5)
VRAAG 4:
Dui aan watter van die volgende toerusting word gebruik wanneer
jy ‘n muurskildery maak. Trek ‘n sirkel om die korrekte prente:
(5)
VRAAG 5:
Jy het die opdrag gekry om 'n muurskildery vir ‘n babakamer te
maak. Maak 'n tekening in die ruimte hieronder om jou voorstel vir
die muur aan te toon. Gebruik volkleur. (7)
Reflect on the difference between Art & Crafts (Year 2)
Mixed Media
The term “mixed media art” is a broad definition that covers
many arts and crafts, including collage, assemblage (both 2D and
3D), altered objects, including books and boxes, handmade greeting
cards, artist trading cards (ATCs) and tags, art journaling and
book making.
The “mixed media” used includes paints, papers and board of all
descriptions, glues, buttons, fabrics, found objects, photos, metal
bits, fibres, things from nature, inks, pencils, crayons, markers,
pastels and polymer clays, to name a few.
Kunsstyle