VERERWING MUTASIES CURRICULUM VITAE Louis Bothma Gebore 24/03/1947 – Coligny in die ou Wes–Transvaal. Matriek 1964 Lichtenburg Hoërskool, Landboudiploma Potchefstroom Landboukollege. Terwyl nog in die laerskool al vinkies gevang en in hokke aangehou. Vestig homself in 1970 op die plaas Kleinbos naby Setlagoli waar hy vandag nog boer. Begin ook hier met voëls boer in 30 Hokke. Hierdie voëlboerdery het stadig uitgebrei tot die meer as 600 hokke wat daar nou is. Toe die eerste mutasies in Lovebirds en Ringnekke beskikbaar geraak het, hy belangstelling in mutasies begin en is tot vandag nog die hoofrede waarom hy in voëls is. Louis is ʼn stigterslid van die destydse Voëlraad [26 November 1980] wat ons vandag as die PVSA ken. Dien van 1984 op die UK en word in 1989 as voorsitter verkies. ___________________________________ VERERWING MUTASIES 1. Inleiding 1.1. Mutasies teenoor Basters Om mee te begin wil ek die verskil tussen BASTERS en MUTASIES duidelik stel. Basters [kruisings tussen spesies] sal nooit tot ʼn nuwe mutasie lei nie. Wanneer ʼn mutasie van ʼn naverwante spesie gekruis word met die doel om die mutasie na hierdie spesie oor te dra is die uitkoms gewoonlik katastrofies. Teoreties behoort die nageslag suiwer te lyk wanneer hulle 31/32 suiwer is [5geslagte]. In die praktyk werk dit egter selde so. Kyk maar na die pogings om Lutino Alexandrines van Ringnekke te teel, of die sogenaamde transmutasies by die witoogring Lovebirds. Die probleem is dat ʼn mens uiteindelik sit met ʼn klomp basters en dat daar ʼn kans is dat die suiwer spesies uit ons hokke kan verdwyn, kyk veral na die Masker Lovebird waar daar byna nie meer suiwer voëls oor is nie. 1.2. Definisies 1.2.1. Wat is ʼn mutasie? In die natuur is daar slegs een kleur [Met beperkte geografiese kleurverskille] vir elke spesie, wat ek hierna sal verwys as die WILDKLEUR. Hierdie eienskappe is deur die eeue vasgelê in die gene en word van generasie tot generasie oorgedra. Die kleurmutasies wat vir ons van belang is, is in werklikheid genetiese foute of defekte. Wanneer sulke
12
Embed
P5 Louis aanbieding - pretoriapapegaaiklub.co.za MUTASIES.pdf · hokke kan verdwyn, kyk veral na die Masker Lovebird waar daar byna nie meer suiwer voëls oor is nie. 1.2. Definisies
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
VERERWING MUTASIES
CURRICULUM VITAE Louis Bothma
Gebore 24/03/1947 – Coligny in die ou Wes–Transvaal.