VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke 4 Akademie 5-6 Kultuur 6-7 Sport 8-15 Sosiaal 16-18 Durbie-ondersteunersdrag 19 Ander: Advertensies, skenkings, borgskappe 20-24 Kwartaalprogram en kontakbesonderhede 25 In hierdie uitgawe ... Ons stel bekend: NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand is! www.durbanvillehs.co.za TEL: 021 976 3188 / FAKS: 021 976 3189 [email protected]Belangrik: Moet asseblief nie “reply” op sms’e wat u van die skool ontvang nie. Kontak die persoon wat betrokke is vir die spesifieke kode. Dankie!
25
Embed
VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Hierdie was akademies gesproke ’n baie moeilike kwartaal met die talle
onderbrekings wat deur vakansiesdae, verkiesings en wat nog veroorsaak is.
Ons personeel moes regtig hard swoeg en fyn beplan om by al die vak-
voorskrifte uit te kom. Ons weet dat die leerders self ook baie ekstra moes
insit om hulle doelwitte te bereik. Ons hoop regtig dat die beplanners by die
verskillende nasionale departemente in die toekoms hierdie soort ding sal
ondervang.
Dit sal dalk nodig wees dat leerders in die vakansie tyd opsy sal sit om aandag te gee aan vakke
waarin dit dalk nie so goed gegaan het nie.
Ons herinner u ook aan die oueraande aan die begin van die derde kwartaal. Besprekingsbriefies sal
oudergewoonte by die rapporte ingesluit word en u is baie welkom om met u kind se onderwyser(s)
in gesprek te tree. U is ook welkom om op die betrokke aand met u kind se graadhoof ‘n afspraak te
maak. Die betrokke aande is: graad 8 en 12 op 30 Julie en grade 9, 10 en 11 op 6 Augustus.
Ek noem net gou weer die graadhoofde vir u gerief :
Graad 8: Me Adams en Mnr Van Deventer
Graad 9: Me Joubert
Graad 10: Me Steenkamp
Graad 11: Me Van Wyk
Graad 12: Me Mantel-Böhr en Me Minnie.
Baie geluk aan al ons sportspelers wat provinsiale kleure verwerf het. Ons hoop dat julle goeie
toernooie sal hê en elke oomblik sal geniet en terugkom met waardevolle ondervinding om met julle
spanmaats te deel.
Ons toneelspelers is ook hard aan die werk en hulle seisoen begin in die derde kwartaal in alle erns
met ’n klomp kompetisies waaraan hulle gaan deelneem. By voorbaat voorspoed aan dié groepie –
ons sien weer uit na julle optredes.
Die koor en die orkes het die kwartaal ook besonders presteer en gewys dat daar nie
plaasvervangers is vir harde werk en entoesiasme nie. Baie geluk – julle het ons trots gemaak.
Ons sportspanne het die laaste paar Saterdae met wisselende sukses deelgeneem. Partykeer was die
verlore naelskraap en kon die skoen net sowel aan die ander voet gewees het. Ons spelers het egter
deur die bank veggees en goeie sportmanskap geopenbaar.
Baie dankie aan almal wat so getrou langs die sportvelde en in die skoolsale is om ons leerders aan
te moedig. Ek dink dat indien daar ’n kompetisie vir getroue en entoesiastiese ondersteuners was,
Durbanville beslis sou gewen het.
Onthou dat die rapporte op Vrydag 25 Julie beskikbaar sal wees. (Die skool begin weer op Maandag
21 Julie.)
Geniet die vakansie. Indien u op reis gaan: ry veilig.
Groete
George Germishuys
ONS STEL BEKEND: Die CWC Durbie Dash
Hoërskool Durbanville se prettrap is elke jaar ’n groot gebeurtenis op die skoolkalender. Verlede jaar
s’n was weer ’n reuse sukses, soos bewys deur die feit dat ons sopas die Pedal Power Association se
“Most Consistent Funride”-toekenning vir die afgelope vyf jaar gewen het. (Sien foto van toekenning
regs onder.)
Vanjaar trek ons boonop ’n nuwe baadjie aan met Chris Willemse Cycles wat as naamborg optree en
die naam wat verander is om lekker op die tong te val, daarom dus die Chris Willemse Cycles Durbie
Dash! Dit plaas ons in ’n heel nuwe klas, aangesien Chris Willemse Cycles se webwerf die grootste
aanlynfietswinkel in SA is.
Die CWC Durbie Dash vind plaas op Saterdag 25 Oktober 2014. Deelnemers kan kies tussen 2
padwedrenne (90 km en 46 km) en 3 bergfietswedrenne (54 km, 36 km en 12 km). Boonop is daar
ook ’n pretloop/-draf wat in samewerking met Run/Walk for Life aangebied word.
Een van die groot trekpleisters van die dag is die fantastiese pryse wat op die spel is: ’n padfiets én ’n
bergfiets (geborg deur CWC), ’n familienaweek op ’n privaat wildplaas en Girokopter-vlugte om net
’n paar te noem. Vir die fietsryers sal die CWC Durbie Dash ’n unieke ervaring wees met innoverende
ervarings en besondere gees en opgewondenheid.
Boonop wil ons die deelnemers se familie en vriende ook betrek. Daar sal dus deurentyd
opwindende gebeure op die skoolterrein wees: ’n “Battle of the bands”-skoolkompetisie, stalletjies
(arts&crafts), ’n “dog agility”-kompetisie, ’n pretpark, buitelugaktiwiteite, kos, koeldrank en vele
meer!
’n Bykomende nuwe element is die sogenaamde
“Eliminator Race” wat op die Vrydagmiddag tydens
registrasie by Chris Willemse Cycles gehou word.
U kan dus aflei dat daar op alle vlakke verskeie
innoverende aktiwiteite gaan wees om ’n atmosfeer
te skep waardeur die prettrap daadwerklik sal groei
om die mees gesogte prettrap in die Wes-Kaap te word.
Ouers wat op enige manier betrokke wil raak,
kan gerus die bemarkingskantoor kontak.
ALGEMEEN: Departementele handboeke
BELEID TEN OPSIGTE VAN DEPARTEMENTELE HANDBOEKE (WKOD):
GRADE 8 - 12
Die Wes-Kaapse Onderwys Departement (WKOD) voorsien jaarliks handboeke aan leerders in Grade
10 – 12. Vanaf 2014 word WKOD-boeke vanaf grade 8-12 voorsien.
Hierdie boeke bly die eiendom van die WKOD en die Skool. Alle WKOD-handboeke moet aan die
einde van die jaar aan die skool terugbesorg word.
Elke leerder het die verantwoordelikheid om aan die einde van elke jaar hierdie boeke aan die skool terug te gee. Indien ‘n leerder nalaat om dit te doen of indien die boeke in ‘n baie swak toestand is, sal ouers verantwoordelik gehou word vir die betaling van die vervanging van die boeke.
Indien ‘n leerder op enige stadium die skool verlaat, MOET hierdie boeke aan die skool terugbesorg word. Indien ‘n leerder nie die boeke terugbesorg nie, sal ouers ‘n rekening ontvang vir die vervangingsbedrag van die boeke. Terselfdertyd sal ‘n leerder ook nie ‘n oorplasingsvorm ontvang indien die WKOD-boeke uitstaande is nie.
Indien enige WKOD-boeke uitstaande is aan die begin van ‘n nuwe jaar, sal ‘n leerder nie WKOD-handboeke ontvang voordat die uitstaande boeke nie terugbesorg is en/of die vervangingswaarde aan die skool betaal is nie.
Wanneer graad 12-leerders aan die einde van hul skoolloopbaan die eindeksamen voltooi het, moet alle WKOD-boeke aan die skool terugbesorg word. Indien nagelaat word om hierdie ooreenkoms na te kom, sal die skool nie die matrieksertifikate voorsien aan die leerders wie se boeke nie volledig terugbesorg is nie.
Wanneer ‘n leerder sy/haar boek(e) verloor, moet die boek(e) op eie onkoste vervang word. Boeke sal dan deur die boekekamer bestel en aangekoop word. Die skool kan in geen stadium verantwoordelik gehou word vir die voorsiening van addisionele boeke nie; die skool kan ook nie die risiko neem of voorraad dra as gevolg van gebeurlikhede buite die beheer van die skool nie. Indien ‘n verlore boek op enige stadium terug besorg word aan die skool, is daar geen terugbetaling van die uitgawes wat deur die skool aangegaan moes word nie.
Dr M Roos Mnr G L Germishuys
Boekekamer Skoolhoof
AKADEMIE: Debat
Durbies weet hoe om te debateer! HSD se leerders het baie goed gevaar tydens Hoërskool DF Malan
se Dink of Sink-debatkompetisie: Ons senior span het as naaswenners uit die stryd getree (daar was
20 skole wat deelgeneem het) en een van ons seniors, Inge Odendaal, is as beste spreker aangewys.
Op die foto, van links na regs: Elmien Viljoen, Inge Odendaal en Estée van Tonder
AKADEMIE: Gesprekvoering op Bevonk
Tien van ons leerders het op Maandag 23 Junie deelgeneem aan ‘n opname vir die jeugprogram
Bevonk op RSG. Hier is hulle saam met die omroeper, Kailin Daniels. Die opnames word in twee
sarsies uitgesaai – een op Donderdag 26 Junie en die ander ongeveer twee weke daarna. Die
leerders is: Carla Smith, Elmien Viljoen, Jumaine Hansen, Inge Odendaal, Nel Ehlers, Estée van
Tonder, Janke Tolmay, Amber Aucamp, Nienke Geldenhuys en Cinae Swart.
AKADEMIE: Graad 8’s se hoede
Kyk hoe kreatief is ons Graad 8’s! Vir hul praktiese eksamen moes hulle interessante hoede ontwerp
en maak. Hier pronk ‘n hele klompie van hulle met hul meesterstukke.
AKADEMIE: UK Wiskundekompetisie
Baie geluk aan Phillip Swart (links) in Graad 9 wat goud verwerf het in die Universiteit van Kaapstad
se Wiskundekompetisie! Hy beklee boonop die vyfde algehele posisie van alle Graad 9’s wat
deelgeneem het.
Geluk ook aan Tayla Nel (middel) en Nicole Snyman (regs) wat in die pare-afdeling deelgeneem het
en ook die vyfde algehele posisie van alle Graad 9-pare beklee.
KULTUUR: Orkes wen Flashmob-kompetisie
In die vorige nuusbrief het ons berig dat ons blaasorkes aan Willowbridge Winkelsentrum se Flash Mob-kompetisie deelgeneem het. Die publiek kon op Facebook en Youtube stem en HSD het as wenner uit die stryd getree! Daarmee het die orkes dus die poegie van MotoMia gewen wat hulle nou vir fondsinsameling kan gebruik. Op die foto: Heinrich Annandale van Word4Word Marketing oorhandig die poegie van MotoMia namens Willowbridge Winkelsentrum aan HSD. Vlnr: Me Suretha Theron, Juan Barnard, Heinrich Annandale, Niel Theron en Kara Brink. Die leerders is almal lede van die blaasorkes.
KULTUUR: Koorprestasies
Ons koor het vanjaar vir die eerste keer aan die Tygerberg Eisteddfod, die Stellenbosch
Kunswedstryd en die ATKV Applouskompetisie deelgeneem en in ál drie goud behaal – wat ‘n
wonderlike prestasie! Ons het reeds in die vorige nuusbrief berig dat hulle 88,3% by die Tygerberg
Eisteddfod behaal het. By die Stellenbosch Kunswedstryd het hulle 89% (goud) behaal en by die
ATKV Applouskompetisie ook goud. Wel gedaan aan me Maria Rademan en haar leerders!
KULTUUR: Tygerberg Kinderkoor
Megan Myburg (Graad 8) is tans die enigste leerder in die skool wat in die Tygerberg Kinderkoor
sing. Sy toer gedurende die vakansie saam met hulle na Riga in Litaue toe om aan die
Wêreldkorespele te gaan deelneem. Dit is die grootste koorfees in die wêreld en slegs die beste
internasionale kore word genooi om daaraan deel te neem. In 2010 is die koor in Shaoxing, China
bekroon in beide die Volks- en Geestelike musiekafdelings. Dit was destyds die eerste keer in die
koor se 38-jarige bestaan dat hy twee afdelings in dieselfde kompetisie gewen het. Die feit dat die
koorlede almal tussen 10 en 14 jaar oud is,
en dat hierdie prestasie teen soveel ouer
kore behaal is, maak dit soveel meer
merkwaardig. Hierdie jaar neem 460
kore uit 73 lande vanuit 5 kontinente
daaraan deel.
Baie voorspoed vir julle, Megan,
en geniet hierdie ondervinding
van ’n leeftyd!
SPORT: Fietsry
HSD het op 7 Junie vir die eerste maal as skool aan die 2014 SPUR MTB-liga deelgeneem. ‘n Hele
paar leerders het goeie plekke behaal, soos hier onder gesien kan word.
Steven Olderwagen (Sub Junior Boys Team) 40ste
Ruhan Grobler (Youth Men A Team) 5de
Morné Greeff (Youth Men A Team) 17de
Miré Herbst (Junior Women Team) 2de
Wian Botma (Junior Men Team) 12de
Mihan Grobler (Junior Men Team) 38ste
Die volledige uitslae is beskikbaar op www.trailtag.co.za en inligting oor die SPUR reeks is beskikbaar
by http://www.spur.co.za/about-us/event/spur-mtb-league . Daar is 4 SPUR-byeenkomste in die
Wes-Kaap en ons posisie na die eerste rondte lyk as volg:
1 Montana Hoërskool - W-Cape 347
2 D F Malan High School 347
3 Parel Vallei High School 338
4 Paul Roos Gimnasium 335
5 Drostdy Hoër Tegniese Skool 108
6 Durbanville High School 74
7 Stellenberg High School 73
8 Springfield Covent School 51
9 Paarl Boys High School 45
10 S A C S 38
Die volgende drie byeenkomste vind op hierdie datums plaas:
19 Julie in die Paarl
9 Augustus in Somerset Wes
30 Augustus in Stellenbosch
Moedig gerus u kinders aan om ook aan die ander 3 byeenkomste deel te neem. Die eerste 5 spanne word na die nasionale byeenkoms op Magaliesburg toe opgevlieg.
Hiermee dan ook ‘n paar foto’s van 4 van die leerders wat aan die eerste SPUR-byeenkoms
deelgeneem het.
Mihan Grobler Miré Herbst
Ruhan Grobler Wian Botma
SPORT: Perdry
Genna van der Merwe (Graad 9) is opgeneem in die
SA Nasionale Perderuiters Skolevereniging se WP-span.
Hulle neem van 7 tot 10 Augustus aan die
Wes-Kaap-Finale in Stellenbosch deel.
Haar perd se naam is Seeis Baron
en sy is in die Hoërskoolvlak 1 (Prelim)
Dressering Klas 1 A- en Klas 2 A-span.
Baie geluk, Genna, en voorspoed!
SPORT: Hokkie
Op 7 Mei het HSD se hokkiespanne ’n paar vriendskaplike wedstryde asook ’n bring-en-braai gehou. Die hoogtepunt van hierdie gesinsdag was die Old Boys en Old Girls wat teen die huidige O/19-seuns en -dogters gespeel het. Verder het HSD se O/14’s teen Laerskool Durbanville se O/14's gespeel – alles ’n goeie aanduiding van volgende jaar se inname, aangesien dit die dag ná die ope dag geskied het wat baie goed bygewoon is. Dit is weer eens ’n bewys dat die astrobaan ’n groot pluspunt vir die skool is. Die O/16’s het in gemengde spanne (seuns en dogters) teen mekaar gekompeteer. Dit was ’n jolige dag vol lag en gesels. Dit was veral spesiaal om die Old Boys en Girls daar te hê en hulle het dit duidelik baie geniet om op die skool se astro te kon speel. Almal was dit eens dat ons gou weer so moet maak!
Foto 1: Selfs afrigters hou van poeding – Ewan glo 2 is beter as 1! Dié dat die onder 16 seuns so
lekker speel! Hulle speel so lekker, want hulle eet so lekker! Hulle volg die voorbeeld van hul COACH!
Foto 2: Die bekommerde gesiggies op hierdie foto wonder of daar nog genoeg poeding is.
Foto 3: Kinders moenie in die water mors nie, die ou mense moet dit nog drink! Die spreekwoord
word omgedraai: A-nee-a, Mamma, sit neer die poeding, die kinders moet nog eet! Juffrou van Wyk
moet die spreekwoord maar regmerk in die hokkiespelers se Afrikaanse vraestelle!
Foto 4: Die Old Boys en die O/19-seuns. Die telling? Vra maar die manne, ons praat nie uit nie! Dit
was vet pret – gaan kyk gerus op Hokkie se Facebookblad vir nog foto’s.
Foto 5: Goeie gees – 'n Durbie bly 'n Durbie!
Foto 6: Die laerskool se O/14-seuns warm op. Reg vir die vriendskaplike stryd teen HSD se O/14-seuns!
SPORT: Hokkie (vervolg)
Foto 7: Old Boys-oorwinningsvreugde? Foto 8: Vreugde! Ons is dankbaar vir ons eie astrobaan en spelers wat hul sport geniet! Al was die Old Girls bekommerd hulle het dalk hul oemf verloor, het hulle vir seker nie hul Durbie-gees verloor nie!
Foto 9: Die Old Boys and Girls se logo agter op hul T-hemde.
SPORT: Hokkie (vervolg)
UITSLAE
DOGTERSHOKKIE: Vrydag 16 en Saterdag 17 Mei 2014
o.19 A vs Bergvliet wen 2 – 0
o.19 B vs Elkanah ‘A’ verloor 0 – 4
o.19 C vs Bergvliet wen 1 – 0
o.16 A vs Bergvliet wen 2 – 0
o.16 B vs Bergvliet wen 3 – 1
o.16 C vs Bergvliet wen 1 – 0
o.14 A vs Bergvliet wen 3 – 0
o.14 B vs Bergvliet wen 3 – 0
SEUNSHOKKIE: Vrydag 16 en Saterdag 17 Mei 2014
o.19 A vs Reddam House gelykop 0 – 0
o.19 B vs Chesterhouse verloor 0 – 2
o.16 A vs Reddam House verloor 0 – 1
o.16 B vs Cannons Creek verloor 1 – 2
o.14 A vs Reddam House verloor 0 – 3
DOGTERSHOKKIE: vs Brackenfell – Vrydag 23 en Saterdag 24 Mei 2014
o.19 A verloor 0 – 2
o.19 A vs Tygerberg (14 Mei) verloor 0 - 3
o.19 B gelykop 1 – 1
o.19 D vs Muizenberg wen 1 – 0
o.16 A wen 2 – 0
o.16 B verloor 0 – 1
o.16 C gelykop 1 – 1
o.14 A wen 3 – 0
SEUNSHOKKIE: Vrydag 23 en Saterdag 24 Mei 2014
o.19 A vs Kampsbaai wen 9 – 0
o.19 B vs Jan van Riebeeck wen 6 – 0
o.16 A vs Kampsbaai wen 11 – 0
o.14 A vs Bergvliet verloor 1 – 2
SPORT: Netbal
HSD is baie trots op die volgende dogters wat WP- of Wes-Kaapkleure in netbal verwerf het:
Agter, vlnr: Anri van Niekerk WP O/17, Nicola Smith WP O/14, Kay Baron Wes-Kaap-afrigter O/14
(sy is HSD se O16A- en B-afrigter:), Lara Mostert WP O/16, Cara van der Westhuizen Wes-Kaap O/14