Top Banner
Swartland LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT Year 12 • 8 July 2014 | Tel. 022 482 3817 [email protected] bolandgazette.co.za | bolandgazette.mobi Pret in die sneeu Kuierplek in Hoogstraat moet ná 17 jaar sluit LIZETTE SMIT MALMESBURY – ’n Gewilde kuierplek is gesluit omdat die eiendom nie oor die kor- rekte grondgebruiksreg beskik het nie, en gevolglik nie aan die beginsel van wetlik- heid voldoen het nie. Die sosiale gedrag van hul klante was die tweede rede. Só het Alwyn Zaayman, die waarnemende direkteur van ontwikkelingsdienste en direk betrokke by stadsbeplanning en boubeheer by die Swartland-munisipaliteit, verlede week verduidelik ná ’n hofbevel verkry is om Shoo- ters op 1 Julie te sluit. Die eienaar van die gebou, Chris Lam- brechts, en die eienaar van Shooters, Wihan Lubbe, het by navraag gesê hulle gaan geen kommentaar lewer nie. Zaayman het vertel dat die kuierplek al vir 17 jaar by dié adres in Hoogstraat bestaan, hoewel die munisipaliteit oor geen oor- spronklike aansoek waar magtiging verkry is, beskik nie. In 2004 het die eienaars van Shooters goed- keuring gekry om vir ’n jaar hul onderneming te bedryf waarna die aansoek heroorweeg sou word. Zaayman sê ná die jaar verby was, het nie- mand die munisipaliteit genader nie, maar die kuierplek was nog relatief binne beheer bestuur en daar was destyds nog nie besighe- de aan die oorkant van Shooters gebou nie. Ná verskeie sakeondernemings in 2005 en 2006 gebou is, het die gebruikers van die kui- erplek en besigheidseienaars begin haaks raak. Zaayman spesifiseer dat die onaanvaarbare gedrag nie binne die kuierplek was nie, maar buite, waar mense glo in die openbaar ge- drink, urineer, graffiti op die mure van besig- hede aangebring het, voor die deure van be- sighede parkeer het en die personeel van dié besighede, wat na-ure by die werk was, geïnti- mideer het. Besigheidseienaars het gekla oor leë drank- blikkies en -bottels wat voor werk moes opge- ruim word. Die onaanvaarbare gedrag was ook nie net tot voor Shooters beperk nie. Bandmerke op die pad was stille getuie van drag races wat na bewering in Hoogstraat gehou is. Zaayman sê die munisipaliteit het in 2010 ’n brief van die eienaars van ondernemings in Hoogstraat, asook van huiseienaars ont- vang waarin hulle hul ontevredenheid met die sosiale gedrag van Shooters-klante uit- spreek. ’n Geregistreerde, amptelike kennisgewing is op Lambrechts beteken waarop hy teen 2011 nog nie reageer het nie. In Oktober 2011 is ’n aansoek vir hersone- ring van die eienaars van Shooters ontvang wat later, ná deeglike oorweging deur die raad, afgekeur is omdat dit teenstrydig is met die ruimtelike beplanningsbeginsels van die area. Die eienaars van die gebou en Shooters het volgens Zaayman appèl oor die besluit van die raad na die provinsiale departement aangete- ken wat ook onsuksesvol was. Die minister van plaaslike regering het met die besluit vol- staan. Die Swartland-munisipaliteit het met reg- stappe begin en die saak is 2 Junie vanjaar in die hooggeregshof aangehoor, wat later in die guns van die munisipaliteit beslis het. Gevolglik moes Shooters se deure sluit en moet hulle vir die regskoste betaal. “Die eienaars van grond moet seker maak dat hulle hul eiendom ooreenkomstig die grondgebruiksreg aanwend ,” het Zaayman ten slotte gemaan. Die bekende Shooters-kuierplek in Hoogstraat op Mal- mesbury moes op 1 Julie sy deure toemaak ná die Swartland-munisipaliteit ’n hofbevel vir die sluiting van dié kuierplek verkry het. FOTO: LIZETTE SMIT Klein Kristian Hewitt- Smook van Riebeek- Kasteel (links) spog met sy eerste sneeu- man wat hy aan mekaar kon slaan met die sneeu tot sy beskik- king. Onder geniet Kristian hom gate uit in die sneeu op pad na die Matroosberge vir ’n uitstappie. Die afgelo- pe naweek is geken- merk deur swaar reën en ysige koue wat die hele provinsie in sy greep gehad het.
8

Swartland gazette 8 jul 2014

Apr 01, 2016

Download

Documents

Boland Gazette

Swartland gazette 8 jul 2014
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Swartland gazette 8 jul 2014

Swartland

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT Year 12 • 8 July 2014 | Tel. 022 482 [email protected]

bolandgazette.co.za | bolandgazette.mobi

Pret indiesneeu

Kuierplek in Hoogstraatmoet ná 17 jaar sluitLIZETTE SMIT

MALMESBURY – ’n Gewilde kuierplek isgesluit omdat die eiendomnie oor die kor-rekte grondgebruiksreg beskikhet nie, engevolglik nie aan die beginsel van wetlik-heid voldoen het nie. Die sosiale gedragvan hul klante was die tweede rede.

Só het Alwyn Zaayman, die waarnemendedirekteur van ontwikkelingsdienste en direkbetrokkebystadsbeplanningenboubeheerbydie Swartland-munisipaliteit, verlede weekverduidelik ná ’n hofbevel verkry is omShoo-ters op 1 Julie te sluit.Die eienaar van die gebou, Chris Lam-

brechts, en die eienaar van Shooters, WihanLubbe, het by navraag gesê hulle gaan geenkommentaar lewer nie.Zaayman het vertel dat die kuierplek al vir

17 jaar by dié adres in Hoogstraat bestaan,hoewel die munisipaliteit oor geen oor-spronklike aansoek waar magtiging verkryis, beskik nie.In 2004 het die eienaars van Shooters goed-

keuringgekryomvir ’n jaarhul ondernemingte bedryfwaarna die aansoek heroorweeg souword.Zaayman sê ná die jaar verby was, het nie-

mand die munisipaliteit genader nie, maardie kuierplek was nog relatief binne beheerbestuur en daar was destyds nog nie besighe-de aan die oorkant van Shooters gebou nie.Ná verskeie sakeondernemings in 2005 en

2006 gebou is, het die gebruikers van die kui-erplek en besigheidseienaars begin haaksraak.Zaaymanspesifiseerdatdieonaanvaarbare

gedrag nie binne die kuierplek was nie, maarbuite, waar mense glo in die openbaar ge-drink, urineer, graffiti op diemure van besig-hede aangebring het, voor die deure van be-sighede parkeer het en die personeel van diébesighede,wat na-ure bydiewerkwas, geïnti-mideer het.Besigheidseienaars het gekla oor leë drank-

blikkies en -bottels wat voor werkmoes opge-ruim word.Die onaanvaarbare gedrag was ook nie net

tot voor Shooters beperk nie. Bandmerke opdie pad was stille getuie van drag races watna bewering in Hoogstraat gehou is.Zaayman sê die munisipaliteit het in 2010

’n brief van die eienaars van ondernemings

in Hoogstraat, asook van huiseienaars ont-vang waarin hulle hul ontevredenheid metdie sosiale gedrag van Shooters-klante uit-spreek.’nGeregistreerde, amptelike kennisgewing

is opLambrechts betekenwaarophy teen 2011nog nie reageer het nie.In Oktober 2011 is ’n aansoek vir hersone-

ring van die eienaars van Shooters ontvangwat later, ná deeglike oorweging deur dieraad, afgekeur is omdat dit teenstrydig ismetdie ruimtelike beplanningsbeginsels van diearea.Die eienaars van die gebou en Shooters het

volgensZaaymanappèl oordie besluit vandieraad na die provinsiale departement aangete-ken wat ook onsuksesvol was. Die ministervan plaaslike regering hetmet die besluit vol-staan.Die Swartland-munisipaliteit het met reg-

stappe begin en die saak is 2 Junie vanjaarin die hooggeregshof aangehoor, wat later indie guns van die munisipaliteit beslis het.

Gevolglik moes Shooters se deure sluit enmoet hulle vir die regskoste betaal.“Die eienaars van grond moet seker maak

dat hulle hul eiendom ooreenkomstig diegrondgebruiksreg aanwend ,” het Zaaymanten slotte gemaan.

Die bekende Shooters-kuierplek in Hoogstraat opMal-mesbury moes op 1 Julie sy deure toemaak ná dieSwartland-munisipaliteit ’n hofbevel vir die sluiting vandié kuierplek verkry het. FOTO: LIZETTE SMIT

Klein Kristian Hewitt-Smook van Riebeek-Kasteel (links) spogmet sy eerste sneeu-manwathyaanmekaarkon slaan met diesneeu tot sy beskik-king. Onder genietKristian hom gate uit indie sneeu op pad nadie Matroosberge vir ’nuitstappie. Die afgelo-pe naweek is geken-merk deur swaar reënen ysige koue wat diehele provinsie in sygreep gehad het.

Page 2: Swartland gazette 8 jul 2014

Swartland Gazette News - Nuus Tuesday 8 July 20142

Police and securityfirms pool resourcesA Memorandum of Agreement has beensigned to seal a partnership betweensecurity companies and the SA PoliceService in the prevention of crime in thePaarl Cluster area.

The cluster are includes Paarl, Paarl East,Mbekweni, Wellington, Malmesbury, Rie-beek West and Philadelphia.BrigAneeqahJordaan,PaarlCluster com-

mander, said the partnership involvesheightened communication between the po-lice and the security companies when seri-ous crimesare committed somore resources

are available to assist in the search of sus-pects. The security companies were alsoasked to instruct their members to contactthe police’s operations room when theycome across suspicious people while on pa-trol. The public are also welcome to phonethe police.Joint operationswill be held once amonth

between the station commander and the dif-ferent security companies to address prop-erty crime in thebroaderPaarlCluster area.Jordaan said that she is looking forward

to the joint venture to assist in combatingproperty crime in the Paarl Cluster area.

From left: Brigadier Vusi Ncata (Paarl station commander), Dennis Dalon (Specialized Security ServicesMalmesbury), Brigadier Aneeqah Jordaan, Allan Carollisen (AC Rotweiler Security) and Nicol Carstens (Securi-sense Security Paarl).

‘Wenkgewers’ dalk kwaaddoenersDie mans wat saans na bewering aan Swart-land-inwoners se deureklop omkastigwenkeoor die besparing van elektrisiteit te gee, sebedoelinge is dalk nie so eerlik nie.Twee inwoners, een van Malmesbury en

eenvanMoorreesburg, het onlangs opdieGa-zette se sosiale netwerkblad navraag gedoenoor hierdie “knape” wat glo saans in ’n swartToyota Quantum, hul rondes doen.

By navraag het nie die polisie, Swartland-munisipaliteit of Eskom se hoofkantoor ge-weet van hierdie “projek” nie.Kol. Niels Nillson, bevelvoerder by Mal-

mesbury-polisiekantoor, het inwoners ge-maan om nie hul deure vir hierdie mans oopte maak nie en eerder die polisie in kenniste stel wanneer hierdie “agente” gewaarword.

Sindikaat steel bakkiesMALMESBURY-Diepolisiemaandieeienaarsvan veral ouer model Toyota en Isuzu bakkiesom bykomende maatreëls te tref om hul voer-tuie te beveilig.Kol.NielsNillson, bevelvoerderbydieplaas-

likepolisiekantoor, het verledeweekgesêdaaris ’n sindikaat wat vir die diefstal van bakkiesverantwoordelik is.Hulle laathuloënskynlikniedeuralarmstel-

sels of ratkasslotte (gearlocks) afskrik nie.

Ontmoet ’n SwartlanderABBOTSDALE –Ursula Griffithshetbaiehooiophaarvurk,vanbe-sturende direkteur van haar eienieregeringsorganisasie (NRO),president van ’n rugbyforum totbestuurder van ’n vroue rugby-span.Hierdiedinamiesevrouhetver-

lede week ’n uur uit haar besigedag opsy gesit ommet dieGazettete gesels oor haar NRO en inge-stem om ’n paar persoonlike vraeook te beantwoord.DieNationalAgri-SchoolsCom-

munityFoundationisin2004deurhaar gestig en geregistreer ná syin2003 – by ’nvergaderinginGan-zekraal – van die geweldige be-hoefte in skole in landelike streke bewus ge-word het.“Diegeweldigearmoedeenafsonderingvan

landelike skole en skole op die platteland, ver-oorsaak dat kindersmet baie talent enwerkli-ke slim kinders nie hul volle potensiaal kanontwikkel nie,” verduidelik sy.Ursula se stigting speel ’n fasiliterende rol

waar sy met behulp van borge en belangstel-lendesallerhandedromevanplaaskinderslaatwaar word, van ’n beurs om verder te studeer

tot ’n matriekafskeidrok.Hoe sou jy jouself be-

skryf?Doelgerig.Wat is jou gunsteling-

restaurant?Ongetwyfeld Ocean Bas-

ket.As jy nie op Abbotsdale

gebly het nie, waar sou jygraag wou bly?Iewers in Duitsland.As jy drie mense vir ete

konnooi,wiesalditwees?Nelson Mandela, Anton

Rupert en prof. Jakes Ger-well.Watisdiebesteraadwat

jy al ooit ontvang het?Wees voorbereid!Wat lees jy op die oomblik?Reflections in Prison deur Mac Maharaj.Waarsonder sal jy nie kan leef nie?My selfoon.Wat laat jou rooi sien?Koek-en-tee-vergaderings en niks gebeur

nie!Watter talent sou jy graag wou hê?Om kitaar te kan speel.

Ursula Griffiths.FOTO: LIZETTE SMIT

Onthou julle roomysbakkeDie Gazette/Elkana Roomysbakprojek hetverlede week afgeskop.Moenie vergeet om jul twee-liter roomys-

bakke met óf skoolbenodighede óf klere ófnie-bederfbare kos óf toiletware te vul en

by ons kantoor in Voortrekkerweg af telewer nie.Maak ’n kind se hart warm hierdie

winter. Navrae by 022 482 3817 of [email protected].

Page 3: Swartland gazette 8 jul 2014

Swartland GazetteNews - NuusDinsdag 8 Julie 2014 3

Kinders weesgelaat ná ongelukLIZETTE SMIT

MALMESBU-RY – Die skoknádienuusvantwee gewildeen geliefde in-woners wat Sa-terdag 28 Juniein’nongelukopdie N7 gesterfhet, was verle-de week in se-kere kringeomtrent tas-baar.

Talle mensehetvertelhoebe-sorg hulle is dattwee pragtigekindersnouweesgelaat isennavraagoorhul welstand gedoen.JerryMukudu (34), sy vrou, Annah Sa-

re(30), ’nbesoekendevriend,TawndaMu-takura (39), en tweeonbekendemensehetgrusaamverongeluk nadat hulle volgensdie Moorreesburg-polisie waarskynlikbeheer oor die motor verloor en teen ’naankomende vragmotor gebots het.Albei voertuie het met die impak aan

die brand geslaan.Dievermoedebestaandat die onbeken-

de passasiersmoontlik ’n geleentheid ge-gee is.Mukuduwas vir meer as ’n jaar ’n lek-

tor verbonde aan die Weskus-kollegewaarhy rekenaarvaardigheid en lewens-oriëntering gegee het.Mediaverteenwoordiger by Weskus-

kollege, Hein-rich Robertson,het gesê die stu-dente is gewel-dig geskok endat Mukudu sedood ’n grootverlies vir diekollege is.Die kampus-

bestuurder Col-leen Kneght enpersoneel, hethul medelyemetdie familiesvan die oorlede-nes en die stu-dente uitge-spreek.Dit was egter

nie net by diekollege wat Mukudu en sy vrou geliefdwasnie.Uit gesprekkemetverskeiemen-se was dit ooglopend hoe hierdie paartjie’nblywendepositieweindrukopalmalge-maak het met wie hulle in aanraking ge-kom het. Mense het met lof van hulle ge-praat en vertel hoe hulle werklik die be-langevanhulmedemensopdiehartgedrahet en geenmoeite ontsien het om te helpnie.SóhetSarevoortdurendopbouendege-

sprekkemet vroue – jonk én oud – gehaden hulle aangemoedig om hul skoolloop-bane te voltooi en hul in ’n rigting te be-kwaam.Die kinders, Mike (13) en Lindsey (8),

sal na verwagting by familielede tuis-gaan.Teendruktydwasdie begrafnisreë-lings nog nie bekend nie.

Die gelukkige familie, Annah Sare, Lindsey, Mike enJerry Mukudu voor die tragiese ongeluk waarna Mikeen Lindsey wees gelaat is.

Hierdie Samsung- enNokia-selfone en Pa-nasonic-televisie is opverskillende plekke inWesbank op Malmes-bury verlate gevind enkan by die Malmesbu-ry-polisiekantoor afge-haal word indien u ditherken. Bel vir ao. Martin van Heerden by022 482 7500 vir meer inligting. FOTO: LIZETTE SMIT

Tandheelkunde-afdeling nou oopMALMESBURY - Die nuwe, moderne tandheel-kunde-afdelingbydiekliniekopdiegrensvanWes-bank en Illingelethu, het onlangs oopgemaak.Die senior tandarts, dr. Melvin Hornimann, het

gesê dié afdeling funksioneer nog nie tot die vollekapasiteit nie omdatdie personeel nognievolledigis nie.Die huidige personeel bestaan uit ’nmondhigië-

nis, twee tandartse en ’n stoelassistent. Horni-mann sê die proses vir die aanstel van nog ’n stoel-assistenthetreedsbeginenhyhoopdieaanstellingsal binne die volgende paar maande gefinaliseerword.Ope dae vir ekstraksies word Maandae en Don-

derdae slegs die voormiddag gehou terwyl die na-middaevir bespreektepasiëntemet ekstraksies enander tandheelkundige probleme is.Hornimann erken dat dit tans ’n lang wag is om

’n tandarts te sienomdatdiepersoneelnievoltalligis nie en vra pasiënte om begrip vir die situasiete hê.

Die huidige personeel by die tandheelkunde-afdeling vandie kliniek in Wesbank is van links, Natalie Adams, diemondhigiënis, dr. Fahaam Ganie, tandarts, Ghilda Dani-els, stoelassistent en dr. Melvin Hornimann, senior tand-arts. Op die stoel is pasiënt, Marcia April.

FOTO: LIZETTE SMIT

Die Wesbank-rugbyklub het Saterdag hul harte oop gemaak vir die gemeenskap van Wesbank. Verskeieorganisasies het donasies ontvang en was almal baie dankbaar. Die betrokke organisasies wat items ontvanghet was die nagskuiling, die Wesbank-buurtwag, Dahliahuis en die ouetehuis . Hier van links agter: AlfredCelie, en Samuel Jantjies van die Wesbank-buurtwag. Voor links: Brian September (ondervoorsitter van dieWesbank-rugbyklub), mev C.Slingers (GFP-voorsitter), ds John Slingers, Cathy Solomons (Nagskuiling- voorsit-ter),Martin Bocks (president van Wesbank-rugbyklub),Chantal Leng (Swartland Nagskuiling-bestuurder), JDvan Wyk, Ewald Liedeman (Kassier van Wesbank-rugbyklub) en Hennie Lategan. FOTO: NICOLE CLOETE

Page 4: Swartland gazette 8 jul 2014

Swartland Gazette Leader - Hoofartikel Tuesday 8 July 20144

Kom onsgee terugWesbank-rugbyklub het Saterdag komberseaan die Swartland Nagskuiling geskenk.Dit is tans winter in die Swartland en ons

almal kla oor die koue en nat weer maar onsvergeet van die mense wat op straat bly watniks het nie.Ons dink nie hoe dit moet voel om nag na

nag in die koue te slaap nie.Ons vergeet so dik-wels om dankbaar te wees vir ons warm kom-berse, die dak oor ons kop, klere aan ons lyfen kos wat ons warm hou.Wesbank-rugbyklub het Saterdag gewys dat

dieminwat ons vir onsmedemensdoen, vrees-lik baie kan beteken.Dalk het jy ou komberse wat jy nie meer ge-

bruik nie, of winterklerewat stof opgaar in diekas, skenk dit aan die nagskuiling of as jy ie-mand op straat sien, gee dit vir hulle.Laat ons ons hande in ons eie sakke steek

en iets doen wat die winter bietjie meer draag-lik gaan maak vir jou medemens.As ons almal net elkeen een komberse kan

skenk of een warm trui, sal ons baie mensemeer gelukkig maak.Kom ons volg inWesbank-rugbyklub se spo-

re en help waar ons kan en maak ’n verskil inons gemeenskappe.

HOE KYK EK NAHOE KYK EK NAMENSE?MENSE?PASTOOR PIET SMITH

Mark. 8:24 – “ek sien hulle soos bome rond-loop.”Vir baie is ander mense sommer net bome.

Mense bestaan bloot vir hulle om gebruik teword. Mensemoet vir hulle presteer en produ-seer anders is die mens vir hulle waardeloos.Soos gevoellose base wat mense sien as ge-bruiksartikels wat maksimaal gebruik, geëk-sploiteer en ontgin moet word tot hulle eievoordeel.Dis asof hulle nie besef:Ander het ook ’n gevoel;Ander kry ook seer;Voel ook vernederd;Hulle het ook begeertes en aspirasies;

Mark. 6:34 – “En toe Jesus uitklim, sien Hy’n grootmenigte, enHyhet vir hulle innig jam-mergevoel, omdathulle soos skape sonderher-der was.” Jesus kyk in die eerste plek na diehart van die mens (1 Sam. 16:7). Jesus het dienood van mense raakgesien. As Jesus vandagna my en jou kyk, sien Hy die potensiaal. Hykyk na elkeenwat gered is as diegenewat deurSy bloed gewas is – op grond van sy bloed staanons voor Hom; volmaak, blaamloos en gereg-verdig (2 Kor. 5:21)!Magonsophouommetvleeslikeoënamense

te kyk en soos God na mense te kyk.

Nilene Truter van Malmesbury sê Jason Darries en Sparky, die perd, is ewe erg oor mekaar. Sy hetdié foto tydens een van hul gereelde naweekritte op die Truters se plaas geneem.FOTO: NILENE TRUTER

KONTAK ONS

AdvertensiesAdvertensies

TT: 022 482 3817 / F: 022 482 3817 / F: 022 482 3818: 022 482 3818E: carol.dejager@media24E: [email protected]

Carol de Jager

Swartland Gazette is een van sewe Gazette-titelswat deur Boland Media uitgegee word en is ‘n lid

van Media24. Altesaam 15 850 kopieë word weekliksin Darling, Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg,

Porterville, Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes enYzerfontein versprei.

Lizette SmitTT: 022 482 3817 / F: 022 482 3817 / F: 022 482 3818: 022 482 3818E: lizetE: [email protected]@media24.com

Geklassifiseerd en adminGeklassifiseerd en admin

TT: 022 482 3817 / F: 022 482 3817 / F: 022 482 3818: 022 482 3818E: natalie@swartlandgazE: [email protected]

Natalie Tenn

RedaksieRedaksie

TT: 022 482 3817 / F: 022 482 3817 / F: 022 482 3818: 022 482 3818E: charlotte.lesch@mediaE: [email protected]

Charlotte Lesch

29 Julie) St. Francis De Los Sale Katolieke Kerk sal’n potjiekosverkope hê by die kerk se gronde.Die verrigtinge begin om 12:00. Die potjiekos-verkope is deel vandie kerk se 150ste bestaans-jaarvieringe. Bel Pastoor Kizito: 072 832 1013.

19 July) Moorreesburg Fun Run for Quad Bikes / 2Wheeler (Off-Road) / Side-by-sides. Kiddiestrack also available. For more info: Hanette022 433 2712 or 082 326 7134 or email [email protected] briefing: 09:30 – 09:50Start of outride: 10:00Start: Coffee and snacks available for owncost.Halfway stop: Refreshments at halfway point(included in price) and refuelling, which willbe at the start as well.Remember to mark your fuel container.Cost: R150 and R70 for kiddiesNo helmet, no ride.

18 Julie) Darling se I’ve got talent-kompetisie sal opMandela-dag gehou word.Belangstellendes kan Waseema kontak by022 492 2857 of Omnia by 082 658 467.

19 Julie) Moorreesburg Gholfklub hou ’n geldsinsa-meling-gholfdag. Kostes beloop R250 per per-soon en R1 000 per span. Die dag sal om 12:00begin.Vir meer inligting kontak Yolanda by022 433 1845 of epos [email protected]

Spanpoging om kindersbesig te houDARLING - Die Darling-polisie in samewer-king met die Nessie nieregeringsorganisasie,maatskaplikedienste, dieDarlingTrust, kerkeen talle borge en bydraes vanuit die gemeen-skap, het verledeweek ’nvakansieprogramvirplaaslike kinders aangebied.Polisiewoordvoerder, konst. Johnatan Fi-

lander, sê daar is daagliks sowat 250 kindersbereik wat met verskeie aktiwiteite besig ge-

hou is en ook elke dag gevoed is.Hyvoegbydaar is vir diéweekgeenmisdade

aangemeld waarby kinders betrokke was nie.“Daar is baie kinders wat nie iets het om bydie huis te eet nie en dus voor winkels bedelof iets steel om hul magies te vul. Die doel vandie vakansieprogram is om kinders van diestrate af te hou en die afgelope program was’n groot sukses,” vertel Filander.

Sowat 250 kinders van Darling is daagliks besig gehoumet programme soos sport, dansies, drama en omiets kreatiefs met afvalmateriaal te skep.

Dit was ’n groot werk om elke dag 250 honger magieste vul, maar die vrywillige kokke het hul goed vanhul taak gekwyt.

Rikus van Dyk (gr. 2) van Laerskool Dirkie Uysop Moorreesburg het 26 Junie deelgeneemaan die Kringkompetisie van die jaarlikseWOW Spelfees wat op Wittewater gehou is.Rikusmoes 150woorde leer, asook algemenekennis woorde wat hy hardop moes klank enskryf! Rikus het met ’n goue medalje huistoegegaan.

Page 5: Swartland gazette 8 jul 2014

Swartland GazetteNews - NuusTuesday 8 July 2014 5

8 piece9690

StreetwiseFeast8 pieces of chicken3 mini loaves and2 brown gravies

Malmesbury(022) 487 1271Valid at KFCMalmesburyonly while stocks last.

FREEbeanie with eve

ry

Streetwise Feast

8 piece purchased.

FREEbeanie with eve

ry

Streetwise Feast

8 piece purchased.

FREEbeanie with eve

ry

JOB OPPORTUNITY

Human Communications C110498

LIBRARY & INFORMATION SERVICESLIBRARIAN

Basic Salary: R250 516 p.a. • Ref. No. LIB 33/14 • Contract until 30 June 2015 • Mamre Library

Requirements: • A B.Bibl/B.LIS or PG Dipl.LIS or B.Tech in Library and Information Science or B.Inf (Hons) • Experience withinpublic library services • A high level of literacy and general subject knowledge, as well as knowledge of literature in general• Proven computer skills • The successful candidate will be required to work evenings and on Saturdays on a roster basisKey Performance Areas: • Assist the public with reading and reference enquiries • Contribute to collection development• Manage information and participate in book discussions • Make resources available to students/learners • Plan outreachactivities/programmes to promote reading and library use • Perform the necessary administrative tasks • Assist in liaising withcommunity organisations and education institutionsPlease Note: Applications may be considered for further vacancies in the Library Department that may arise in the near future.Please forward your application to [email protected] Date: 18 July 2014

• Please quote the reference number of the vacancy in all communications.• Certified copies of qualifications must be available on request.• Visit our website at www.capetown.gov.za/careers• No late applications will be considered.• If no notification of appointment is received within 3 months of the closing date, please accept that your application was

unsuccessful.

The City of Cape Town promotes and applies the principles of employment equity.People with disabilities are encouraged to apply.

Master Chef 2013 joinsHeart 104.9FM line-upWell-known 2013Master Chef Win-ner, Kamini Patherjoined Heart104.9FM on 1 July.

Sheguestpresentsafeature called My Fa-vourite Things withKim Cloete at 10:40every Tuesday.

Kim and Kaminiwill chat about thevery latest in lifestyle,fashion, food andtrends. Kamini onlystarted cooking when she was 18andstudyingtowardsaBachelorofCommerce degree.

She felt that this qualificationdidn’t leave enough room to be cre-ative, which left her feeling ratherfrustrated. It was then that sheturned to the stove.

Herjourneywithcookingstartedbymakingeggsforherself.Shetest-ed out what happened when sheadded milk or cream and thencooked the lightly whipped batteron high heat and then on low.

She experimented with the styl-ing of her plate by incorporatingfresh Rosa tomatoes, blanched as-paragus, crispy rashers of streakybacon, warm English muffinsslathered in hot butter or Panini-press-toasted slices of sourdoughwith dollops of crème fraiche.

Playing with food allowed her tohone in on the visceral intuitionabout the produce and plating.

Itwasonlythenthatshe realised what hergrandmother hadbeen talking aboutwhen she couldn’tgive her an exactmeasurement for saltin a dish. Those mo-ments with the eggsset off Kamini’s un-derstanding of what itmeant to cook fromthe heart and not therecipe book. She start-ed her own food blogin 2010.

“Somehowbeingabletocook – tocreate something from nothing –made me feel powerful and in con-trol of some, seemingly important,part of my life. It was then that I be-ganstalkingchefsateverypossiblefood show,” says Kamini.

“I hounded editors and wangledmy way into food conferences. Be-lieve me, I was a nuisance,” shequips.

It all paid off in 2013 when shewontherealitycookingshow,Mas-ter Chef SA. This title has madesome of her dreams come true be-cause these days, she gets to makea living by doing the things thatmake her heart sing.

Gary Petersen, managing direc-tor at Heart 104.9FM says: “Our lis-teners are hungry for on-trend life-style features and Kamini’s back-ground is perfectly suited toenhance our on-air product evenmore”.

Kamini Pather.

Dié leerders van Bloemendal Primêr buiteMalmesbury gaan vanaf 13-18 Julie die Wes-Kaapverteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Skoolkoor Ei-steddfod in Durban. Die leerders het baie goed ge-vaar tot dusver en het die Distrik-afdeling gewen so-wel as die provinsiale afdeling. Die sangvoëls is (vanlinks): Jo-anne Herman, Dimitri Pekeur, DenneleneWillemse, Jaco Galant, Marika Cupido en Chrislynnvan Rooi.

Gimnastiekklub presteer goedMalmesbury en Darling gimnas-tiekklub het Saterdag 21 Julie aanhul tweede gimnastiek-kompetisiete Moorreesburg deelgeneem. In dieindividuele kategorie het die span19 goue, 12 silwer, 10 brons, 6 4deplekke, 4 5de plekke, 3 6de plekke en1 7de plek gekry. Op die Akro-vloerhet die span 24 goue, 10 silwer endrie brons plekke behaal.

Malmesbury vlak 4-11: Voor links : Rum-adre Lawrence, Sagren Papier, JohaneSteyn, Lee-ron September en Chloe Lotte-ring. Middel ry links: Albert Bester, AnkeHorn, Martinette Hanekom, AntoinetteMalherbe, Sanri Cloete, Yvonne Bester enJacques Olivier. Agter links: Marno Craf-ford, Jana Nel, Rico Swanepoel, Carla vanZyl, Carla Joubert, Hanno Swanepoel,Paula-mari Gerber, Jolene Louw, Jana duPlessis en Wouter Bester.

Malmesbury vlak 1-4: Voor : Jani Borman, Middel rylinks: Pierre Rocher, Nerise JV Rensburg, Jeandre Louw,Teneal Jobert, Terteus Smit, Jannike Rocher. Agter links:Riane Ligthart, Martine Versfeld, Jannes Olivier, DanielleThompson, Talita Engelbrecht en Hanli Hancke.

Darling vlak 1-7: (Voor): Marjani Jerling. Tweede ry van links: Charlottevan der Westhuizen, Jannika Jerling, Loche Mong, Chloe Pieterse, LeaneKristen, Anel Koegelenberg. derde ry van links: Matylda Ferreira, HannesKristen, Inge Mond. vierde ry van links: Danel Visser, Micheal Williams,Cassidy Kruger, Marita Rossouw en Mane Visser.

Page 6: Swartland gazette 8 jul 2014

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

IN MEMORIAM

1015

MAARMAN ZELNA27/3/1974 - 08/07/2013Vandag is jou 1ste ver-jaarsdag weg van ons. Onsmis jou nog baie, maarberus ons in die mooiherinneringe. Van dieAbrahams, Maarman's enThomas Familie.

MULLER MARSHALL24/3/1999 - 30/6/2008Ses jaar van ons af weg.Jou ster skitter. Mis jou.Liefde Muller familie.

PIET WILLIAMS15/01/1959 - 08/07/2013Vandag n jaar weg van onsaf dit voel nog soos gisteren nog so onwerklik.Maar wel weet ons pa isop n beter plek. Mis jounog baie. Van: Doreen,Patricia,Louise en Lowell.

Rosenberg Johannes6/7/1992 - 11/6/2011Jou 4de verjaarsdag wegvan ons. Mis jou baie. Van:Pa, Ma, Broers (Gurt),suster, familie& Vriende.

DANKBETUIGINGS

1020

Bergzicht Dierehospi-taal Baie dankie aan diedokters, personeel enalmal wat gehelp het omBrandy se lewe te red. Syis gesond en haar oulewendige self. Spesialedankie aan Dr. RhinesLamprecht. You guys rock!Neville en ColleenHartney-Woolward.

GELUKWENSINGS

1030

Congratsulations onyour birthday 13 July 2014.May it be a loving andblessing day. With lots oflove. Mommy, Daddy,sisters, Mamma & Pappa.

ALGEMENE

KENNISGEWINGS

DIERE VIR

AANNEMING

1201

Gratis: 10 weke oue pup-pie soek goeie huis! Jackrussel gebasterd met 'nKollie. Skakel 0729287145.

PERSOONLIKE

DIENSTE

KINDERVERMAAK

1405

ASPATAT PARTYTJIES:Springkastele, watergly-bane, kindertafeltjies & -stoeltjies te huur. Kontak:084 607 5658.

BOETIE EN SUSSIESPRINGKASTELE -Waterglybane en verskei-denheid springkastele tehuur. Skakel Nelia073 6102 810.

SAAMRY-

GELEENTHEDE

1441

Soek saamryge-leentheid vanaf Malmes-bury na Stellenbosch.Ma - Vry, 08:00 - 17:00.Skakel 083 440 5158.

LENINGS

1445

Lenings en of Konsoli-dasies R1 000 - R120 000!5 Min pre approval!Sameday Payout!Fiona 082 422 2271.

TE KOOP

ALLERLEI

1655

BRAAI-KAGGELHOUTPortjackson hout, 1 000stukke @ R600. Gratisaflewering. 072 800 9963.

Pak van 50 ou Koerante@ R25 en Ongedruktekoerantpapier rolle @ R30per rol te koop bySwartland Gazette kantoorof skakel Natalie by022 482 3817.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

SKOONMAAK-

DIENSTE

1805

MATTE & GestoffeerdeMeubels. Deeglik skoon-maak & Ontsmetting vanmatte en bekleedsel.Droog ± 30 min. SkakelPaula 073 393 2373 /022 487 1615.

TUIN &

BESPROEIING

1825

ROLL-ON LAWNGratis Aflewering!Gratis Kwotasie!SNY van bome en stryke.Gratis Verwydering!BOUROMMEL, tuinvullisverwydering! Skakel072 800 9963.

HUISVERBETERINGS

BINNE

1835

BLINDINGS/BLINDS.JUST BLINDS - Vir kwali-teit en diens! Vervaardig &herstelwerk van blindings.Vir gratis kwotasies skakelTokkie Bredenhand083 265 5161.

CEGE SMIT BLINDSTrading as JS BLINDS -Vervaardigers van allesoorte blindings,asookenige herstelwerk &veranderings. Derick &Nelia 082 788 7210 /022 487 2394.

CK BLINDS - Verskaffersvan blindings, sonkappiesen Pergolas. Doen herstel-werk. Elsabé 022 487 3948072 126 2394.

ALLERLEI

1845

Sunshine Flooring -Sanding and sealing ofwooden and parquetflooring. Window flames,doors and door flames aswell as repairs to Parquetfloors. For quotation con-tact Nathan 082 592 1694.

LOODGIETERS

1855

HANS DIE LOOD-GIETER!!! Ek doen alles.Werk self. Gratis kwota-sies. Skakel 074 192 9804.

VERVOER &

BERGING

1870

Daaglikse Vervoertussen Malmesbury enKaapstad. Verkieslik werksmense (Staff). Skakel074 379 1569(Maarman).

LANDBOU

BYE &

BYEBOERDERY

2201

WEIDING TE HUUR VIRBEESTE REG DEUR DIEJAAR. ± 2 Hektaar tekikoejoe gras. Skakel 078085 1572 /027 482 1539.

ANDER DIERE

2220

HASIMO BOARDINGCATTERY - ExclusiveHoliday accomodation forcats. Quality care and per-sonal attention. Individualruns. To book, phoneDaléne @ 072 525 0725.

SAKE

GELEENTHEDE

2415

Wil u exstra geld ver-dien word n SDL agentvandag en kry R50 vir elkenuwe klient of R2500 permaand. Skakel my gerusop/whatsapp:073 057 2329

VOERTUIE

VOERTUIE GESOEK

OM TE KOOP

3075

AANDAG Alle KlienteVOERTUIE dringendgesoek. Ek koop enigegebruikte voertuie vir kon-tant. Skakel 083 464 6960.Doen Bank flosse.

EIENDOMME

WOONSTELLE

TE HUUR

3250

1 Slpkamer Tuinwoon-stel. Eie ingang. Enkelpersoon, R2 200 p/m +Krag + Deposito. Skakel022 482 2676 k/u.

KAMERS TE HUUR

3315

Kamer te deel in woon-huis. Wesbank. Skakel 022486 5125 / 083 617 2928.

BETREKKINGS

3600

GESOEK

3601

Domestic Worker loo-king 5 days cha. Hardwor-king, Honest. 0781560764.

Domestic worker lookingfor a 3 days cha. She har-working.Call 071 575 0528.

KerkdiensteAGSCorpusChristiMalmesbury seSondagog-genddiens op 13 Julie om 09:30.Prediker: Roderick Onverwacht, geen aand-

diens tydens vakansie.Navrae: 073 447 2902.) Methodist Church of SA – St. Thomas

Street, Malmesbury.09:15 Sunday Worship Service – All are wel-

come.08:30 Sunday school (except during School

holidays).Midweek Activities:19:00 Tuesday prayer meeting at the Church

in St Thomas Str.19:00 Wednesday Bible Study – Wesbank

022 486 6087.19:30 Wednesday Bible Study – Malmesbury

082 890 5433.For any further inquiries contact Rev John

Beck at 022 482 3623.

Page 7: Swartland gazette 8 jul 2014

Swartland GazetteNews - NuusDinsdag 8 Julie 2014 7

www.ayandambanga.co.za 118995

Opportunities to joinSwartland Municipality

To view the full advertisement, job requirements and response details,please visit www.swartland.org.za or call Mr. D. Carolus on 022 487 9400

Community Development Officer(Youth Focus)

Swartland AreaDepartment of the Director: Development Services

• Ref: V8/14 • Salary Scale: R189 588 – R246 096 per annumClosing date: 18 July 2014 at 12:00

Building InspectorSwartland Area

Department of the Director: Development Services• Ref: V9/14 • Salary Scale: R189 588 – R246 096 per annum

Closing date: 18 July 2014 at 12:00

Municipality • Munisipaliteit • Umasipala

AGS Wesbank het Saterdag ’n country dans by die Wesbank-gemeen-skapsaal gehou. Almal het baie mooi in hul denim klere gelyk. Vanlinks: Adrian September, Tayme Philander, SuneathaDyason, Catharinevan den Horst en Jody Mc Quire het as deel van die kombuispersoneelvir die geleentheid gedien.

Elsie Kastoor en haar seuntjie AnwellKastoor het hulle vreeslik geniet by diedans en nie eers die koue kon hulle keernie.

Van links agter:Winnité Wal-deck, ChrisWaldeck enMeagan Smith.Voor: MoniqueWilliams, Matt-Damon Smithen ChesnaWilliams hetbaie spoggerigmet hul hoedegelyk en wasreg om heel-aand te dans.

Betty van der Westhuizenwas ook by die geleentheiden het baie spoggerig methaar rooi hoed gelyk.

FOTO’S: NICOLE CLOETE

MalmesburyLeeu Gamka Jaaroud-uitslag1. WC Bester 1178.71062. C Basson 1172.48533. M Hill 1171.55434. F Meintjes & seuns 1155.16375. E Kotze 1121.28576. E Kotze 1104.83507. F Meintjes & seuns 1103.91238. WC Bester 1099.64459. WC Bester 1099.580410. WC Bester 1093.5899Leeu Gamka Ope uitslag1. C Basson 1185.07202. F Meintjes & seuns 1179.52663. C Basson 1165.35024. M Hill 1151.57075. J Steenkamp 1097.93506. G Horn 1096.37807. C Basson 1089.95248. F Meintjes & seuns 1089.78609. C Basson 1089.636010. F Meintjes & seuns 1088.0771

PiketbergLeeu Gamka jaaroud 21. Lankwag hokke2. Leon van Rooyen3. Lankwag hokke4. Lankwag hokke5. Gert van der Vyver6. Gert van der Vyver7. Leon van Rooyen8. Leon van Rooyen9. Lankwag hokke10. Gert van der VyferLeeu Gamka ope 21. Leon van Rooyen2. Gert van der Vyfer3. Leon van Rooyen4. Lankwag hokke5. Leon van Rooyen6. Gert van der Vyver7. Lankwag hokke8. Gert van der Vyver9. Lankwag hokke10. Lankwag hokke

MoorreesburgLeeu Gamka jaaroud 21. HMO Smit en seun 13:47:382. Frans Jooste 13:47:483. Frans Jooste 13:57:08

Abbotsdale1.Cupido Siebritz2.Paulus Familie3.Paulus Familie4.Paulus Familie5.Paulus Familie6.Persence Lofts7.W&W Arendse8.Persence Lofts

Posduif-uitslae4. HMO Smit en seun 14:11:125. HMO Smit en seun 14:11:156. Frans Jooste 14:10:567. Frans Jooste 14:12:598. HMO Smit en seun 14:12:599. Frikkie Bester 14:16:1110. Yt & Tuis 14:16:50Leeu Gamka Ope 21. Hennie Bester & Johan 14:03:362. Frans Jooste 14:05:583. Yt & Tuis 14:08:014. Frikkie Bester 14:17:575. Hennie Bester & Johan 14:20:496. Frikkie Bester 14:20:497. Frans Jooste 14:26:118. HMO Smit en seun 14:34:159. HMO Smit en seun 14:34:2710. Frans Jooste 14:34:15

Page 8: Swartland gazette 8 jul 2014

Swartland

LEES DIT, BELEEF DIT | READ IT LIVE IT Year 12 • 8 Julie 2014 | Tel. 022 482 3817 SPORT

Wesbank het Saterdag teen Roses United in ’n Premierliga-wedstrydop hul tuisveld gespeel. Die twee spanne was vol modder van in diereën speel, maar dit was ’n goeie wedstryd en Wesbank het die wedstrydgewen met ’n eindtelling van 17 en Roses United 8. Hier gaan TheoMarinus van Wesbank vir die bal. FOTO: NICOLE CLOETE

Moorreesburg behaal ’nwegholsege oor NewtonsAUBREY ENGELBRECHT

MOORREESBRUG - ’n BegeesterdeMoorreesburg-rugbyspan het Sa-terdag hier vol punte behaal en sygoeie spel van die afgelope paarwe-ke voortgesit toe hy Newtons vanWellington afgeransel het met 40(12) – 16 (9).

In omstandighede wat net eende ge-lukkigsouhou,hetdietuisspanvanNo-el Gous (hoofafrigter) gou sy planneduidelikgemaak;ommaksimumpuntete behaal in die kragmeting en om syposisie op die punteleer te verbeter.Die swaar voorspelers van Samoa

het die nat, modderige omstandighedetot hul voordeel benut. Hulle het deur-entydgesorgdatdieagterspelersskoonbalbesit kry om daarvandaan hul aan-valle van stapel te stuur.Elrico Isaacs (vleuel), het die tuis-

span se rekening geopen met sy eerstevan twee drieë. Julian Gous (senter)verdoel. Newtons is beloon met driestrafskoppe wat hom heeltyd binnetrefafstand gehou het. Die rustyd tel-ling was 12-9.

Ná rustyd het Newtons se verdedi-ging hom heeltemal in die steek gelaatenSamoahet die geleentheiduitgebuitom die broodnodige punte op te stapel.Hiervan spreek Quinton Farmer(plaasvervanger-vleuel) se solo lopienadat hyvyf verdedigers in die lug laatgryp het en 60 m ver nael vir sy drie.Die bonus drie is deur Gous self ge-

drukenverdoel asookdiedrievanFar-mer. Om verder sout in Newtons sewonde tevryfhetRuanvanRooy (vleu-el) en Elmarco September (plaasver-vanger-heelagter) elkeen weer agterNewtons se doellyn gaan kuier. Gouswat sy skopskoen saamgebring het indie nat weer, het albei verdoel.In die laaste paar minute het New-

tons teruggeslaan en is in die regter-kantse hoek oor vir ’n drie om ’n matevan respek aan die eindtelling te ver-skaf.Hierdie week vat die manne ’n wel-

verdienderuskansenreishulle19Juliena Piketberg vir hulle jaarlikse derbyteen Rhinos.Ander uitslae:Moorreesburg B 22 – 15 Newtons BMoorreesburg C 20 – 0 Newtons C

Hier rank Ashwin Adonis hoog vir die balin die lynstaan wat die aanloop was virElrico Isaacs se eerste drie.

Darling het Saterdag tuis teen die Eagles in ’n Superliga-wedstryd op hultuisveld gespeel. Die twee spanne het die koue aangedurf en Darling hetweg gestap as die wenners van die wedstryd. Hier maak Earl Lewis, Darlingse losskakel, ’n breek met die bal. Die eindtelling was 22-21.

FOTO: NICOLE CLOETE

UrsulaGriffiths (middel, voor) is die spanbestuurder vandieo.16Boland-meisieswat vandeesweekaan die o.16 nasionale rugbyweek in Durban deel neem. Die toernooi word deur die Suid-Afrikaan-se Rugbyunie aangebied. Griffiths is ook die Swartlandstreek se verteenwoordiger vir die Boland-rugbyunie.

Bloues seB-spantops in syafdelingDie voorsitter vandie Bloues-rugby-klub op Malmesbu-ry, Henfre Brand,het verlede week, naaanleiding van ’n be-rig (wat verskaf is)oor die puntestandvanDieDorings-rug-byklub, die aandagdaarop gevestig datDie Dorings seA-span tans welnommer een op diepunteleer is, maardie Bloues se B-spannommer een in sy af-deling van die Bo-land-rugbyunie sepunteleer is.

Rugbyunieuitslae

Superliga-Wes: Darling22 vsEagles 21;Moorrees-burg 40 vs Newtons 16;Hopefield 24 vsAbbotsda-le 21; Evergreen Paarl 28vsMamre24;Piketberg16vs Hillcrest 13.Premierliga: Wesbank

17 vs Roses United 8; Ne-ver Despair 34 vs Ceres30;VillagersWorcester 37vs Delicious 23; Vreden-burg 27 vs Hawston 20;Saldanha 24 vs Welling-ton 7.Ander uitslae:White Spirits 18 vs

Mighty Spears 18.