Top Banner
www.nglynnwood.co.za
8

Stadsretreat II

Mar 23, 2016

Download

Documents

Stadsretreat II
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Stadsretreat II

www.nglynnwood.co.za

Page 2: Stadsretreat II

2 Stadsretreat II | NG Lynnwood

Baie welkom as leier van Stadsretreat II!

Ja, jy het reg gehoor, jy lei die retreat. Die stadsretreat is 'n geleentheid vir jou

om jou oop te stel vir God soos jy die naweek wil inrig. Wees oop om gelei te

word sodat jy die naweek uniek kan inrig om deur God aangeraak te word.

Om in enige sportsoort goed te kan doen, moet 'n mens oefen. Wanneer jy

dan in die wedstryd kom, is jou spiergeheue so goed ontwikkel om amper alles

outomaties te doen sonder om veel daarop te konsentreer.

Geestelike oefeninge is oor eeue heen ontwikkel om ons te help sodat ons in

die normale verloop van die lewe met 'n blywende spirituele bewussyn kan

leef. Ons hoef nie eers spesifiek te konsentreer op die teenwoordigheid van

God nie, maar ons leef met die bewussyn van sy teenwoordigheid. Dis amper

soos twee mense wat vir mekaar lief is en goed ken, en nie eers woorde nodig

het om bewus te wees dat die ander daar is nie.

Soos 'n string pêrels deur die string 'n aanmekaar gebind word, is die

bewussyn van God by my, die kern van al die momente van ons lewe. Elke

moment van die dag is 'n pêrel van vroegoggend af, wanneer ek wakker word,

opstaan, was, ontbyt eet, werk toe ry, werk, gesels; regdeur totdat ek my lig

afsit en aan die slaap raak, word alles deur die string van God se

teenwoordigheid aanmekaar gebind.

Een van die beste oefeninge wat die eeue gebruik is om ons van hierdie

wonderlike eenheid te herinner is ons asemhaling! Dit is hoekom ons regdeur

die retreat gaan fokus om deur asemhaling die bewussyn van God te oefen.

Mag die retreat jou diep verryk!

Immanuel van Tonder, [email protected]

NS Lees ook 2010 se Stadsretreat by www.nglynnwood.co.za by Lewenskuns.

Page 3: Stadsretreat II

3 Stadsretreat II | NG Lynnwood

Beplan jou Retreat

Dit is belangrik dat jy vooraf jou tye vir die naweek beplan. Die Gids werk met

7 geleenthede waar jy gaan oefen. Natuurlik kan jy nog tye inwerk.

Vrydag: Hartsverlange en basiese oefeninge

Saterdagoggend: Stiltetyd om jou dag te begin

Saterdagoggend: Metgeselskap oefening: kuierafspraak

Saterdagmiddag:

Ontspanning as ont-spanning

Saterdagaand: Stilword geleentheid

Sondagoggend: Oggenddiens waar Pinkster afskop

Sondagmiddag: Refleksie, danksegging en ″commitment″.

Vrydag: Die Retreat begin!

* STOP eers met alles van die week en word rustig waar jou aandag nie

afgetrek kan word nie. Geniet net eers die sit.

* Hou jou asem op vir 'n rukkie sodat jy kan voel hoe honger jou liggaam word

vir suurstof. Haal dan asem en ervaar hoe die suurstof jou liggaam vul. Doen

dit net so paar keer...

* Verwoord nou jou diepste hartsverlange oor die teenwoordigheid van God

soos wat jy sopas fisies beleef het oor jou geestelike asemnood.

* Dit is die geheimenis wat eeue en geslagte lank verborge was, maar wat nou

geopenbaar is aan die mense wat aan Hom behoort. God het besluit om aan

hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies

is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.

- Kol 1:26 & 27

Haal nou rustig asem, met elke inasem herhaal jy ″Christus is in my″ en met die

uitasem laat jy gaan (″let go″) wat nodig is om te laat gaan…

Page 4: Stadsretreat II

4 Stadsretreat II | NG Lynnwood

* Hou aan met die oefening en wees bedag op wat jou aandag telkens

weggelei het van die oefening. Verwelkom dit wat jou aandag weggetrek het

sonder om daaroor kwaad te wees. Laat dit dan gaan in jou uitaseming…

* Praat nou met die Here oor die wonderlike waarheid dat Hy in jou is en oor

dit wat jou aandag weggelei het.

* Sit nou vir 'n ruk net in die bewussyn van God wat in jou is sonder om op

woorde te fokus. Geniet en waardeer net die ″wees″ by God.

Opmerking:

Jy het pas ervaar hoe asemhaling mens kan help om:

i bewus te wees van God se nabyheid, op 'n wyse verby woorde

ii bewus te raak van dit wat binne jou gebeur – jouself ontmoet.

So bied asemhalingsoefeninge vir jou 'n pad na jou binneste en 'n poort vir God

om jou aan te raak.

Saterdagoggend Stiltetyd

Hoop jy het lekker geslaap en is reg vir 'n dag vol verrassings. Vandag is oop

voor jou om jou oefening regdeur die dag toe te pas.

* Lees weer die brief aan die begin van die gids.

* Sit nou rustig en let op hoe jy asemhaal. Moenie jou asemhaling beïnvloed

nie, wees net bewus van hoe jy asemhaal: Diep/vlak? Vinnig/stadig? Harde

geluid/sag? Ritmies/a-ritmies? Voel die lug deur jou neus vloei tot in jou longe.

* Wat lei jy af oor jou gesondheid nav jou oefening?

* Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem

in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het. Gen 2:7

(Lees ook vers 8-9!)

Na die opstanding lees ons in Joh 20:22 Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor

hulle en sê: ″Ontvang die Gees!″

Lees die gedeeltes 'n paar keer deur en let op die rykdom wat hier opgesluit is.

Met elke keer wat jy weer die teks lees of 'n woord oordink sal nuwe

perspektiewe na vore kom...

Page 5: Stadsretreat II

5 Stadsretreat II | NG Lynnwood

* Eindig jou oggendstilte met dié gedig as gebed:

Fluit van God

'n Klein, fyn fluit van hout

Leeg, hol, van riet,

stil, rustend in haar hand.

Afwagtend die blaas

in dié amorfe vorm,

van die Asem van die lied.

My veelal leë lewe

rus in die hand van God;

soos die uitgeholde fluit,

verlangend na die melodie

wat alleen U blaas kan uit.

Die klein fluit van hout en ek,

verlang na asem, wagtend op

die Een wat die melodie verwerk.

Die Een, wie se aanraking

te voorskyn bring, wag op my

leë, alledaagse gestalte,

sodat ons lied-verhongerde aarde

gevoed mag word met goue melodieë.

Saterdagoggend metgeselskap kuier

* Nooi iemand vir 'n kuier (uit jou huwelik, gesin, vriende, kollegas).

* Terwyl jy kuier let net op 2 sake: (FOKUS daarop!)

i Luister aandagtig na die ander persoon

ii Let op jou asemhaling en eenheid met God terwyl jy kuier

* Oordink na die tyd wat jy God deur die gesprek hoor sê het.

Page 6: Stadsretreat II

6 Stadsretreat II | NG Lynnwood

Saterdagmiddag Ont – spanning

* Tydens die sport of ontspanning vanmiddag, let op hoe jou asemhaling 'n

storie oor jou emosies vertel:

Spanning laat mens vlak asem haal, Lag laat jou heeltyd meer en meer lug

uitasem, Kwaad laat jou asem ophou, Teleurstelling laat jou sug en lug uitblaas,

Moed skep laat mens asem optrek, Moegheid maak jou uit asem.

* Oefen as jy dalk vanmiddag kwaad of gespanne is, doen die volgende

ontspanningsasemhalingsoefening. (Volgens Dr Adrew Weil van Univ van

Arizona wat medici oplei om hulself en hulle pasiënte te laat ontspan).

Tel vinnig:

4 tellings inasem - 7 tellings hou lug binne - 8 tellings uit asem.

Hierdie oefening kan jy toepas in verkeer as jy kwaad is, as jy gespanne is, of

angstig voel. Dit is oor jare toegepas en medies nagevors. Wanneer jy nog die

geestelike faset van God se teenwoordigheid in gedagte hou is hierdie proses

'n besondere instrument! En dis onder jou neus! ☺ TOETS dit!

Saterdagaand stilword

* Onthou ons fokus vir die naweek is om asemhaling as kanaal te gebruik om

meer teenwoordig te wees vir jouself en God. God is hier, maar die vraag is of

jy oop en bewus leef van die Teenwoordige. Het jy iets daarvan vandag

ervaar?

* Asemhaling is 'n baie besondere funksie in die menslike liggaam want dis die

enigste funksie van die liggaam wat ons beide bewus en onbewus kan doen. 'n

Mens haal outomaties asem maar ons kan dit ook beheer. Hier is 'n besondere

geleentheid om met 'n fisiese proses emosionele of kognitiewe terapie te

doen. Daar is ook talryke fisiese voordele en potensiaal vir genesing.

Die doelwit vir asemhaling is om stadiger, dieper (met jou diafragma), sagter

en meer ritmies asem te haal. Sit nou 'n rukkie rustig en probeer iets van bg

doelwitte bereik. Ervaar die effek op jou ligggaam en emosies.

Page 7: Stadsretreat II

7 Stadsretreat II | NG Lynnwood

* Een van die oefeninge wat mens ook kan doen as jy gaan slaap (lê!) is om

iets van Gen 2:7 (by vanoggend se stiltetyd) deur jou verbeelding te ervaar.

Terwyl jy sit of lê, ervaar jy hoe die lug tydens inaseming deur God in jou in-

geblaas word en die uitasem natuurlik uitvloei. Daardeur sal jy 'n dieper rus

ervaar maar ook besef dat asemhaling iets heiligs is. Lug en suurstof is ook

gawes van God. Vir my persoonlik is hierdie vorm van asemhaling iets baie

besonders. Die noue verbintenis met God word op dié manier gevier.

* Baie mense sukkel met slaaploosheid, selfs al is dit net vir 'n tydperk.

Asemhalingsoefeninge is 'n baie suksesvolle terapie om iets daaraan te doen.

Enige van die 4 oefeninge wat ons gedoen het kan help:

i Let net op hoe jy asem haal

ii Tel 4 in – 7 hou – 8 uit

iii Maak jou asemhaling dieper, stadiger, sagter en meer ritmies

iv Laat lug in jou geadem word.

* Lees Ps 4:7-9 en slaap rustig in God se teenwoordigheid. ″Wees″ net by God.

Sondagoggend Erediens

Die oggenddiens is die begin van Pinkster. In Pinkstertyd word ons weer

herinner daaraan dat die Heilige Gees in ons woon! Ervaar ook in die erediens

vanoggend hoe die string van God se teenwoordigheid ook deur die pêrel van

die erediens loop. Gebruik 'n asemhalingsoefening om op God se

teenwoordigheid te fokus.

Sondagmiddag retreat afsluiting

Maak 'n lekker koppie koffie of tee, en gaan sit waar jy lekker kan ontspan en

dink.

* Volg jou asemhaling. Besef dat God so naby aan jou is soos jou asemhaling.

Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, want deur Hom lewe ons, beweeg

ons en bestaan ons. Of soos party van julle digters ook gesê het: ″Ons stam

ook van Hom af.″ Hand 17:28

Lees die teks 'n paar keer stadig deur en haal bewus-telik asem!

Page 8: Stadsretreat II

8 Stadsretreat II | NG Lynnwood

* Dink na oor jou naweek. Wat was die effek daarvan dat jy meer bewus van

God geleef het?

* Skryf 'n gedig of gebed op gemeente se webblad www.nglynnwood.co.za by

Bedienings, Lewenskuns of http://www.nglynnwood.co.za/group/lewenskuns

of epos dit aan [email protected].

Wat sal jy uit die retreat in die week wil indra? Dink prakties. Skryf dit neer.

* Eindig jou Retreat met die gebed van Joyce Rupp:

Remember the Holy One is with you.

Bring to mind His Loving Presence

within you

and around you:

Touch your fingertips to your forehead, saying:

Open my mind

to remember your presence.

Touch your fingertips to your mouth, saying:

Open my mouth

to speak your wisdom.

Touch your fingertips to your heart, saying:

Open my heart

to extend your love.

Hold both hands out, open, palms up, saying:

Open my hands

to serve you generously.

Holding arms wide open, saying:

Open my whole being to you.

Make a deep bow to God's

loving presence in you.