Page 1
Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls
April 2014 – Hersien 01
1 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek
Posbus 5560 Maherrystraat 10
Kockspark Miederpark
2523 Potchefstroom
Webwerf : www.sonskynhoekiekleuterskool.co.za
Spreuke 16:9 – “n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.”
Page 2
Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls
April 2014 – Hersien 01
2 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek
Beste ouer en kleutermaatjie,
Ons wil julle hartlik verwelkom by Sonskynhoekie Kleuterskool. Baie dankie dat u as ouer en kind deel
is van ons skool. Dit is werklik ons strewe om u kind toe te rus vir die wonder van die lewe.
Ons wil vir u kind ‘n Leerplek, Speelplek, Lekkerplek skep met baie mooi herinneringe,om te koester
vir die res van sy / haar lewe.
Belangrike Kontakbesonderhede:
Bestuurder : René Bekker
Verantwoordelik vir die administrasie van die Kleuterskool
082 921 6585 (Sel)
018 294 4634 (Kleuterskool)
018 294 6007 - Faks
Epos adres: [email protected]
Skoolhoof : Annetjie Oberholzer
Verantwoordelik vir alle personeelsake en skoolopleiding. Kontak haar gerus
om u kind se vordering of enige probleme te bespreek.
Epos adres: [email protected]
084 693 4153 (Sel)
018 294 4634 (Kleuterskool)
Hou hierdie inligtingsdokument byderhand vir maklike verwysing. Dankie dat ons op u samewerking
kan staatmaak sodat Sonskynhoekie Kleuterskool ‘n “Lekkerplek” vir almal kan wees.
Vriendelike Groete
Annetjie Oberholzer (Hoof)
Spreuke 16:9 – “n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.”
Page 3
Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls
April 2014 – Hersien 01
3 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek
1. Visie
Ons strewe is om u kind toe te rus vir die wonder van die lewe
2. Missie
Sonskynhoekie Kleuterskool se maatstaf is die Bybel. Ons wil waarde tot u kind se lewe
toevoeg deur gebruik te maak van ‘n Christelike geïntigreerde Onderwysprogram, wat deur
bekwame, passievolle onderwysers aangebied word.
3. Waardes
3.1 Christenskap - Die Woord van God is die riglyn vir al ons aanbiedinge. Ons wil ‘n
vroeë Christelike fondasie by u kind vestig, te einde hom / haar toe te rus vir die
uitdagings van die lewe.
3.2 Respek - elke Kind, Ouer en Personeellid sal met die nodige agting en respek
behandel word.
3.3 Eenheid in diversiteit - ongeag die verskille in geslag, kultuur, ras en taal, sal almal
wat deel is van ons skool altyd met die hoogste agting hanteer word. Ons wil hande
vat oor al die grense heen en elkeen toelaat om ‘n unieke bydrae lewer.
3.4 Verantwoordelikheid - Ons is verantwoordelik in ons optrede en sien om na die
welstand en veiligheid van u kind.
Spreuke 16:9 – “n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.”
Page 4
Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls
April 2014 – Hersien 01
4 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek
1. Assesseringsverslae
U kind se ouderdom bepaal die hoeveelheid assesseringsversale wat hy/ sy per jaar ontvang.
‘n Individuele onderhoud met ouers, ten op sigte van die kind se vordering word met ouers
gevoer tydens die uitdeel van verslae.
Getekende Graad R verslae moet terug gestuur word.
Ten opsigte van Graad R leerders sal rapporte en diplomas slegs uitgereik word indien alle
betalings tot en met November op datum is en u kind die volle leerplan (jaar) voltooi het.
Ten einde maksimum voordeel uit die leerprogram te ontvang, moet u kind die skool gereeld
besoek.
2. Temas
Ons leerprogram is op spesifieke temas gebasseer.
Weeklikse tema tafels / uitstallings word gehou.
Ons moedig u aan om gereelde artikels saam te stuur, wat sal aanpas by die tema wat
aangebied word.
3. Immunisering- en Geboortesertifikate
Ons benodig ‘n afskrif van die immunisering- en geboortesertifikaat vir u kind se leer.
Sodra ‘n volgende immunisering toegedien is, moet u ‘n opgedateerde afskrif van die
sertifikaat voorsien.
4. Kommunikasie / Briewe
Alle kommunikasie sal deur middel van omsendskrywes / briewe gevoer en in die kind se tas
geplaas word.
Daar sal ‘n afskeurstrokie aan elke brief wees, wat na ontvangs terug gestuur moet word.
Indien kommunikasie per epos verkies word kan u dit vir ons so aandui. Ons sal aanvaar dat
u dus die skrywe gelees het.
Vergewis uself met die inhoud van die skool se skrywes.
Liasseer die briewe vir toekomstige verwysing.
Alle briewe sal ook op ons webwerf geplaas word.
5. Verandering van kontakbesonderhede
Page 5
Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls
April 2014 – Hersien 01
5 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek
‘n Ernstige beroep word op ouers gedoen om woonadres en telefoonnommers wat verander
het, onmiddelik aan te meld.
Ons moet u ten alle tye kan kontak - veral in geval van nood.
6. Kleredrag
Beste klere moet nie vir kinders aangetrek word nie.
‘n Ekstra stel klere moet ten alle tye in die skooltas van Peuters en die Junior groep (3 tot 4
jaar) beskikbaar wees. Gebruik ‘n lap inkopiesak vir hierdie doel en plaas dit in u kind se tas.
Merk alle kledingstukke en skoene duidelik.
Doen navraag by die kantoor oor verlore kledingstukke en plaas enige vreemde items (wat
by u kind gevind mag word) in die gemerkte houer op die stoep.
7. Skooltasse
Dit is belangrik vir ’n kind om sy eie skooltas te hê.
Die ideale tas kan ‘n A4 grootte bladsy vat (ongeveer 30cm x 40cm).
Die tas moet elke dag saamgebring word en sy / haar kosblik en koeldrank vir die dag moet
hierin geplaas word.
Kosblikke en plastiese koeldrankhouers (250ml – tuitbottel soos Oros: dit lek nie) moet
duidelik gemerk word.
‘n Ekstra stel klere moet ten alle tye in die skooltas van Peuters en die Junior groep (3 tot 4
jaar) beskikbaar wees. Gebruik ‘n lap inkopiesak vir hierdie doel en sit dit in u kind se tas.
Merk die tas en lap inkopiesak duidelik met u kind se naam en van.
Alle omsendskrywes / briewe asook sy / haar trotse werk, sal in die kind se tas geplaas word.
8. Speelgoed
Kinders mag geen speelgoed skool toe bring nie. Dit sal weg geneem word.
Vakansietye is die enigste uitsondering.
Indien vreemde speelgoed by u kind ogemerk word moet dit by die kantoor ingehandig
word.
9. Uitstappies
Ons poog om ten minste twee uitstappies per jaar te hou.
Die aangehegte vrywaringsvorm moet voltooi en terugstuur word indien u kind die
uitstappie mag meemaak. Dit sal vir die jaar geldig wees.
Kospakkies en drinkgoed moet deur ouers voorsien word. Dit moet in weggooibare
materiaal verpak word.
10. Bank Besonderhede
In geval van elektroniese oorbetalings (voorkeur metode van betaling) - gebruik u kind se
naam as verwysing (in geval van twee kinders gebruik die oudste kind se naam).
Page 6
Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls
April 2014 – Hersien 01
6 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek
Rekening : ABSA
Rekeninghouer : Sonskynhoekie Kleuterskool
Tipe : Tjekrekening
Rekeningnommer : 680770409
Stuur bewys van betaling na:
Faks : 018 294 6007
Epos : [email protected]
In geval van kontantbetalings (vermy asb sover moontlik) doen u betalings direk by die
sekretaresse van 08:00 tot 14:00. (Die koevert sal op die 28ste van die maand beskikbaar
gestel word). Ongeag u metode van betaling, sal daar maandeliks ‘n kwitansie uitgereik
word.
Skoolgelde vir Januarie van die volgende jaar is vooruitbetaalbaar aan die einde van
November. Ingeval van ‘n laat inskrywing (na Januarie van ‘n betroke jaar) sal ‘n prorata
bedrag vir Desember gehef word.
Geen gelde is terugbetaalbaar ingeval u sou verhuis of u kind by ‘n ander Kleuterskool
ingeskryf word nie.
Geen krediet kan toegestaan word in geval van afwesighede as gevolg van vakansie, siekte
of enige ander rede nie.
Herhaaldelike laat betalings, kan daar toe lei dat toelating deur die Bestuur geweier word.
Volgens ‘n ooreenkoms met ander kleuterskole moet hulle dienooreenkomstig verwittig
word.
EEN MAAND (VANAF DIE EERSTE VAN DIE MAAND) SKRIFTELIKE KENNISGEWING WORD
VEREIS, IN GEVAL VAN KORTER KENNIS SAL DAAR VIR DIE VOLGENDE MAAND BETAAL
MOET WORD, ONGEAG OF U KIND DIE SKOOL BYWOON OF NIE.
R100 Registrasiefooi per kind word gehef ten opsigte van alle nuwe inskrywings.
Ten opsigte van Graad R leerders sal rapporte en diplomas slegs uitgereik word indien alle
betalings tot en met November op datum is.
11. Maandelikse Ondderiggelde
Skoolgelde word gehef oor 11 maande en die volle maandelikse bedrag is streng vooruit
betaalbaar binne die eerste 5 dae van die betrokke maand.
Verhoging van tariewe vind 1 April van elke jaar plaas en vroegtydige kennis sal hiervan
gegee word.
Fooie tot einde Maart 2015:
Kleuters
Voldag - R870 per maand
Halfdag - R650 per maand
Tweede kind ontvang ‘n korting van R20 per maand
Babas
Voldag - R 920 per maand
Halfdag - R 670 per maand
Tweede kind ontvang ‘n korting van R20 per maand
Page 7
Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls
April 2014 – Hersien 01
7 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek
12. Noodplan / Veiligheid
Ons skool beskik oor ‘n noodplan wat van tyd tot tyd prakties geoefen word. U kleuter se
veiligheid is ons eerste prioriteit.
U as ouer is verantwoordelik om u kind by die skool te besorg en af te haal.
Ouers moet kinders vergesel tot by sy/haar klas en aan die Onderwyser of personeellid aan
diens (7:00 tot 7:30) besorg. (Studiesentrum sal as ontvangslokaal dien). Die hek sluit om 08:00 waarna die amptelike program begin.
U kind moet in sy / haar klas agfehaal word. Hou sy / haar hand vas totdat hy / sy veilig in die
motor is.
Indien u kind deur enige ander persoon (as oorspronklik op u aansoekvorm aangedui) by die
skool afgehaal word, moet die skool skriftelik daarvan in kennis gestel word.
Indien u kind weens onvoorsiene omstandighede buite amptelike vertrektye van die skool
afgehaal moet word, moet reelings vroegtydig getref word.
13. Skoolure, Skoolbesoek en Vakansies
’n Beroep word op u gedoen om by die ondervermelde tye te hou. Dit vergemaklik roetine
en dissipline in die skool.
Ten einde maksimum voordeel uit die leerprogram te ontvang, moet u kind die skool gereeld
besoek.
Aankomstye vir alle groepe: 07:00 - 08:00
Vetrektyd vir Halfdag Kleuters en Babas: 12:45 - 13:15
Vertrektyd vir Voldag Kleuters en Babas: 16:00 - 17:00
Ouers moet kinders vergesel tot by sy/haar klas en aan die Oonderwyser of personeellid
aan diens (7:00- 7:30) besorg (aangehegte wenke om afskeid te vergemaklik verwys).
Persoonlike kontak met die klasonderwyser vergemaklik kommmunikasie.
Die hek sluit om 08:00 waarna ons amptelike program begin.
Etenstye / Pouses:
Gesamentelike etenstyd: 10:00
Tweede pouse: 12:00
Voldag kinders eet weer nadat hulle in die middag gerus het. Teen 15:30 word ‘n ligte
versnappering bedien.
Vetrektyd vir Halfdag Kleuters en Babas: 12:45 - 13:15
Vertrektyd vir Voldag Kleuters en Babas: 16:00 - 17:00
Sonskynhoekie is oop gedurende skoolvakansies (behalwe oor Desember). Die skool sluit op
dieselfde dag as die skole se amptelike kalenderdatum en heropen ‘n week voor die skool.
Die skool is gesluit op openbare vakansiedae
Indien ‘n openbare vakansiedag op ‘n Dinsdag of Donderdag val, sal die skool die dag voor
/na die vakansiedag gesluit wees. Genoegsame kennis sal van sodanige langnaweke gegee
word.
Page 8
Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls
April 2014 – Hersien 01
8 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek
Slegs huidige Nasorg kinders kan teen ‘n addisionele tarief geakkomodeer word.
Skoolvakansies (voldag): addisioneel R17 en R15 per dag - tweede kind.
‘n Spesiale vakansieprogram sal aangebied word.
14. Gesondheid en Welsyn
In geval van siekte van u kind en wanneer hy/sy ‘n aansteeklike siekte onder lede het, moet
die skool onmiddelik in kennis gestel word.
Wanneer ‘n kind siek word by die skool, sal ouers onverwyld verwittig word en tydelik in die
siekekamer geplaas word.
Ons moet oor opgedateerde kontakbesonderhede beskik, ten einde u ten alle tye te kan
kontak.
Sodra u kind ‘n volgende immunisering toegedien is, moet ‘n opgedateerde afskrif van die
immuniseringsertifikaat voorsien word.
Medikasie sal slegs op voorskrif van ‘n dokter (afskrif moet voorsien word) toegedien word.
Geen vitamiene-, hoes of simptomatiese stroop sal deur die kantoor ontvang word nie.
‘n Register met die naam van die kind, medikasie, dosis en tyd van toediening sal deur die
kantoor bygehou word.
Medisyne moet waneer die kind huis toe gaan by die kantoor afgehaal word,
Kinders met kopluise mag nie die skool vir 3 dae besoek nie en moet behandeling ontvang.
Alle kos- en ander allergiee moet skriftelik onder die Onderwyser se aandag gebring word.
15. Verversings en Etes
Pap word soggens 8:00 aan Babas vanaf ses maande en Peuters (tot 3 jarige ouderdom)
bedien.
Dit is noodsaaklik dat kinders by die huis ‘n gebalanseerde ontbyt moet kry.
Gesonde kosblikke (2de ete vir die dag) moet vir vol - en halfdag kinders voorsien word.
Geen opwarming of berging / verkoeling van voedsel en drankies kan by die skool
gedoen word nie.
Geen koek of lekkernye (veroorsaak probleme) mag ingepak word nie.
Kosblikke en plastiese koeldrankhouers (250ml – tuitbottel soos Oros: dit lek nie) moet
duidelik gemerk word.
Die skool voorsien koeldrank tydens elke ete. U is welkom om bykomende koeldrank in te
pak vir pouse.
Vrydae is snoepiedag en is R5 (per week) betaalbaar by die klasonderwyser.
Alle kos- en ander allergiee moet skriftelik onder die Onderwyser se aandag gebring word.
Etenstye / Pouses:
Gesamentelike etenstyd: 10:30
Tweede pouse: 12:00
Voldag kinders eet weer nadat hulle in die middag gerus het. Teen 15:30 word ‘n ligte
versnappering (beskuitjie en stukkie vrugte) voorsien.
Page 9
Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls
April 2014 – Hersien 01
9 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek
Verjaarsdae
Indien ‘n kind verjaar moet reelings vooraf met die Onderwyser getref word.
Ouers is welkom om die kind se verjaardagkring by te woon.
Tydens verjaarsdae mag lekkernye aan klasmaats voorsien word.
Hoeveelhede moet beperk word per kind en kan iets wees soos ‘n gesnyde groot koek , “cup
cake” of ‘n blokkie pizza.
RIGLYNE VIR KOSBLIKKE:
Vloeistof (250 ml) Vleis/ Proteïne Suiwel Graan/Stysel Vrugte / Groente
- Vrugtesap - Water - Koeldrank
(Geen gas of blikkies nie)
Gebruik ‘n tuitbottel (soos Oros) - dit lek nie!
- Neute - Worsies - Koue vleis - Droë wors - Biltong (fyn
gesny - kinders stik maklik)
- Koue frikkadel - Gekookte eier
(uitgedop)
- Visvingers - Koue
hoenderboudjie
- Jogurt - Kaas - Kaaswiggi
es
- Brood - Pasta - Muffins - Provitas - Plaatkoekies - Pannekoek - Graanstafies - Botterbroodjie - Creamcrackers - Blokkies pizza
- Wortelstokkies - Vars vrugte -
geskil
- Komkommer -stukkies
- Klein tamaties - Rosyne - Gedroogde
vrugte
Geen opwarming of berging/ verkoeling van voedsel en drankies kan by die skool gedoen
word nie.
16. Addisionele Dienste
Page 10
Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls
April 2014 – Hersien 01
10 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek
Die volgende addisionele dienste word deur privaat persone aangebied en alle gelde is direk aan die betrokkenes betaalbaar. Die partye sal verdere besonderhede aan die begin van elke jaar aan u beskikbaar stel.
Spraakterapie
‘n Spraakterapeut besoek die skool gereeld om die kinders te help met taaluitbreiding en ouditiewe persepsie. Marianna Geel: 018 290 6658
Rekenaarklasse / Stimulus Maksima Dinsdag oggende - 30 minute klasse Letitia Els: 082 377 7728
Trompoppies Slegs vir Graad R dogters - word deur ‘n personeellid van die skool aangebied.
Monkeynastix Maandae 11:00 tot 11:30 Maryke Olivier: 072 618 2438
Page 11
Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls
April 2014 – Hersien 01
11 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek
Wenke aan ouers met betrekking tot aanpassing aan die begin van die jaar:
Ons weet dat afskeid in die oggende ‘n baie emosionele ervaring kan wees. Hier volg ‘n paar wenke
vir u as ouer:
U moet u kind so gou moontlik inlig oor sy nuwe begin. Praat positief oor sy skool,
Onderwysers en maatjies. Moenie u kind bang maak met skool nie!
As u kind elke dag skool toe kom sal die aanpassing soveel makliker wees. Kinders kan baie
maklik manipuleer.
Ondersteun die Onderwyser deur u kind aan te moedig om sy / haar samewerking te gee.
Skool moet vir hom / haar ‘n lekkerplek wees!
Moenie u kind indra by die hek nie, hou sy / haar hand vas en laat hom / haar self loop. Die
afskeid is dan makliker.
Vergesel u kind tot by die klas waar hy / sy hulle tassies moet bêre op die spesifieke plek
waar sy / haar simbool aangedui is.
Tref spesifieke reelings met u kind en sy / haar Onderwyser, wanneer u hom / haar kom haal.
Dit skep sekuriteit vir die kind en maak hom / haar vertroud met die hele dagprogram (veral
aan die begin van die jaar).
Afskeid is nie altyd maklik nie - groet en loop. Moenie vertoef indien u kind huil nie - dit gaan
net sake kompliseer.
Die Onderwyser is die gesagsfiguur in die klas. U kind moenie die situasie misbruik omdat u
as ouer hom / haar vergesel nie.
U kind moet in sy / haar klas agfehaal word. Hou sy / haar hand vas totdat hy / sy veilig in die
motor is.
Moenie beloftes aan u kind maak en dit nie nakom nie.
U kind moet in ‘n vaste roetine kom van spesifieke slaap- en opstaantye - dit vergemaklik
almal se taak.
Page 12
Sonskynhoekie Kleuterskool Inligtingsbrosjure en Algemene reëls
April 2014 – Hersien 01
12 Hierdie is ons Leerplek – Speelplek - Lekkerplek
Spreuke 16:9 – “n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.”
Ontvangserkening van Inligtigingsdokument
Dit is noodsaaklik dat elke ouer op hoogte is met die inligting en algemene reëls van die skool. Indien
daar enige onduidelikhede bestaan, kontak ons onmiddelik.
Voltooi en stuur asseblief die onderstaande vormpie terug vir plasing op u kind se leer. U
samewerking word hoog op prys gestel.
Annetjie Oberholzer (Hoof)
René Bekker (Algemene Bestuurder)
Ek ___________________________ die ouer / voog van ___________________________ (Naam
en Van (kind) in drukskrif) het die inligtingsbrosjure en algemene reels noukeurig deurgelees, is op
hoogte met die inhoud daarvan en onderneem om dit na te kom.
_________________________________
Handtekening (Ouer / Voog)
__________________________
Datum