-
NOTULE VAN ‘N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOEREND E
BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE MALMESBURY BANKETSAAL OP VRYDAG,
17 JU NIE 2011 OM 11:00 TEENWOORDIG: Uitvoerende Burgemeester, rdh
T van Essen (voorsitter) Uitvoerende Onderburgemeester, rdl M S I
Goliath
Lede van die Burgemeesterskomitee: rdl M van Zyl rdl W Wilskut
Ander raadslede:
Rdh N J A Rust
Beamptes: Die Munisipale Bestuurder, mnr J J Scholtz Direkteur:
Korporatiewe Dienste, me M S Terblanche Direkteur:
Beskermingsdienste, mnr P A C Humphreys Direkteur: Finansiële
Dienste, mnr K C Cooper Direkteur: Ontwikkelingsdienste, mnr J T
Steenkamp Direkteur: Elektriese Ingenieursdienste, mnr R du Toit
Direkteur: Siviele Ingenieursdienste, mnr A J Botha Bestuurder:
Sekretariaat en Rekords, me N Brand
1. OPENING Die voorsitter open die vergadering. 2. VERLOF TOT
AFWESIGHEID Geen 3. VOORLEGGINGS/AFVAARDIGINGS/SPREEKBEURTE
3.1 AANWYS VAN LEDE OP DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOM ITEE
(3/1/1) Die Uitvoerende Burgemeester hou die bedanking van rdl J H
Cleophas as lid van die
Uitvoerende Burgemeesterskomitee met ingang van 15 Junie 2011
aan die komitee voor. Rdl Cleophas se bedanking spruit voort uit sy
verkiesing as Uitvoerende Burgemeester van die Weskus
Distriksmunisipaliteit.
‘n Onlangse regsopinie is ontvang vanaf die Provinsiale Regering
van die Wes-Kaap wat
bepaal dat die Uitvoerende Onderburgemeester uitgesluit is
wanneer die 20% van die aantal raadslede wat op die Uitvoerende
Burgemeesterskomitee mag dien, bereken word. Uit hoofde van die
regsopinie, kwalifiseer Swartland Munisipaliteit om vier lede (die
Uitvoerende Onderburgemeester uitgesluit) op die Uitvoerende
Burgemeesterskomitee aan te wys.
BESLUIT Dat die Uitvoerende Burgemeester – behalwe vir rdle M
van Zyl en W Wilskut wat reeds op
die eerste vergadering op 31 Mei 2011 aangewys is – die volgende
twee raadslede met ingang van 18 Junie 2011 op die Uitvoerende
Burgemeesterskomitee aanwys, naamlik –
-
2 3.1/...
• rdl C H H Hunsinger • rdl A C Sedeman.
3.2 VOORGESTELDE WYSIGING IN DIE VERTEENWOORDIGING VAN RAADSLEDE
OP
INTERNE EN EKSTERNE KOMITEES VAN DIE RAAD (3/1/1) Die
Uitvoerende Burgemeester hou die voorgestelde wysigings voor vir
aanbeveling aan die
munisipale raad op 23 Junie 2011. BESLUIT
(a) Administrasie en Finansies Portefeuljekomitee: rdl C H H
Hunsinger (UBK-lid verantwoordelik vir finansies)
(b) Siviel- en Elektriese Portefeuljekomitee: rdl A C Sedeman,
ondervoorsitter (UBK-lid verantwoordelik vir siviele en elektriese
aangeleenthede) en rdl C H Papers;
(c) Begrotingsbeheerkomitee: rdl C H H Hunsinger as UBK-lid
verantwoordelik vir finansies en slegs een raadslid, naamlik rdl B
W Geel as addisionele lid uit die Administrasie en Finansies
Portefeuljekomitee;
(d) PROVKOM: rdl A C Sedeman as sekunde.
4. NOTULES VIR BEKRAGTIGING
4.1 NOTULE VAN ‘N GEWONE UITVOERENDE BURGEMEESTERSK
OMITEE-VERGADERING GEHOU 11 MEI 2011
BESLUIT Dat die notule van ‘n Gewone Uitvoerende
Burgemeesterskomiteevergadering gehou
11 Mei 2011 goedgekeur en deur die Burgemeester onderteken word,
onderhewig aan die volgende wysiging –
(1) ITEM 8.22: TENDER: UITVOERING VAN ALGEMENE WAAR DASIE
VIR
TYDPERK 1 JULIE 2008 TOT 30 JUNIE 2012, M3 EN MEDEW ERKERS
(8/2/2/1)
BESLUIT (c)(ii) GOP huise met aanbouings – R100,00/eiendom.
5. SAKE VOORTSPRUITEND UIT DIE NOTULES
Geen
6. MAANDVERSLAG TEN OPSIGTE VAN APRIL EN MEI 2011 V AN DIE
ONDERSKEIE DIREKTORATE
6.1 MUNISIPALE BESTUURDER (7/1/2/2-7) BESLUIT Dat kennis geneem
word van die maandverslag van die Munisipale Bestuurder vir April
en
Mei 2011. 6.2 FINANSIËLE DIENSTE (7/1/2/2-2) BESLUIT Dat kennis
geneem word van die maandverslag van die Direktoraat Finansiële
Dienste vir
April en Mei 2011. 6.3/...
-
3 6.3 KORPORATIEWE DIENSTE (7/1/2/2-1) BESLUIT Dat kennis geneem
word van die maandverslag van die Direktoraat Korporatiewe Dienste
vir
April en Mei 2011. 6.4 SIVIELE INGENIEURSDIENSTE (7/1/2/2-4)
BESLUIT
Dat kennis geneem word van die maandverslag van die Direktoraat
Siviele Ingenieursdienste vir April en Mei 2011.
6.5 ELEKTRIESE INGENIEURSDIENSTE (7/1/2/2-6) BESLUIT Dat kennis
geneem word van die maandverslag van die Direktoraat Elektriese
Ingenieursdienste vir April en Mei 2011. 6.6
ONTWIKKELINGSDIENSTE (7/1/2/2-5) BESLUIT
Dat kennis geneem word van die maandverslag van die Direktoraat
Ontwikkelingsdienste vir April en Mei 2011.
6.7 BESKERMINGSDIENSTE (7/1/2/2-3) 6.7.1 MUNISIPALE
POLISIEDIENSTE (7/1/2/2-3) 6.7.2 BRANDWEERDIENSTE (7/1/2/2-3)
BESLUIT
Dat kennis geneem word van die maandverslag van die Direktoraat
Beskermingsdienste, wat insluit die maandverslag van onderskeidelik
die Munisipale Polisiedienste en Brandweerdienste vir April en Mei
2011.
7. NUWE SAKE
7.1 2012-2017 GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN: PROS ESPLAN
(2/1/4/4/1)
Die nuutverkose Raad is verantwoordelik vir die opstel van ‘n
vyf jaar Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) wat finaal
goedgekeur moet word voor die einde van Mei 2012. Vir die voormelde
proses om ‘n aanvang te neem, moet ‘n prosesplan in terme van
artikel 28 van die Munisipale Stelselswet (Wet 32 van 2000) in
oorleg met die plaaslike gemeenskap opgestel word om die
beplanning, opstel, aanneem en hersiening van die GOP te rig.
BESLUIT (a) Dat die konsep Prosesplan ten opsigte van die opstel
van 2012-2017 GOP vir
Swartland in terme van artikel 28 van die Wet op Munisipale
Stelsels (Wet 32 van 2000) goedgekeur word;
(b) Dat die insette en kommentaar van die plaaslike gemeenskap
op die konsep
Prosesplan verkry word; (c) Dat die konsep GOP Prosesplan in
Augustus 2011 voorgelê word vir oorweging deur
die Uitvoerende Burgemeesterskomitee en vir finale goedkeuring
deur die Raad.
7.2/...
-
47.2 NOTULE VAN DIE MUNISIPALE FINANSIËLE- EN PRESTA SIE
OUDITKOMITEE-
VERGADERING GEHOU 1 MAART 2011, ASOOK DIE SESMAANDE LIKSE
VERSLAG VAN DIE KOMITEE VIR DIE TYDPERK GEËINDIG 31 DESEMBE R 2010
(11/1/3/1/7)
Die Munisipale Finansiële- en Prestasie Ouditkomitee dien as ‘n
volwaardige onafhanklike komitee van die Raad en vervul sy funksies
ingevolge die bepalings van artikel 166 van die MFMA, Wet 56 van
2003.
In terme van sy mandaat moet aanbevelings aan die Raad vir
oorweging en besluitneming
voorgelê word, maar is daar nie enige aanbevelings
voortspruitend uit bovermelde vergadering nie en word derhalwe –
BESLUIT Dat kennis geneem word van die notule van die gesamentlike
vergadering van die Munisipaliteit se Finansiële- en Prestasie
Ouditkomitee van 1 Maart 2011, asook van die sesmaandelikse verslag
van die Finansiële- en Prestasie Ouditkomitee vir die tydperk
geëindig 31 Desember 2010.
7.3 GEWYSIGDE DISSIPLINÊRE REGULASIES VAN DIE ARTIK EL 56 EN 57
AANSTELLINGS (4/2/3)
Die gewysigde dissiplinêre regulasie van toepassing op artikel
56 en 57 aanstellings is deur die waarnemende Nasionale Minister
van COGTA op 21 April 2011 afgekondig. Alhoewel daar geen
konsultasie met Wes-Kaapse munisipaliteite hieroor plaasgevind het
nie, is dit belangrik om eenvormige toepassing in plaaslike
regering te bewerkstellig. Verder is die regulasies ingevolge
artikel 120 van die Stelselswet afgekondig en is dit dus bindend en
sal die dienskontrakte dienooreenkomstig aangepas moet word.
BESLUIT (a) Dat daar kennis geneem word van die dissiplinêre
regulasies soos afgekondig in
Staatskoerant 34213 gedateer 21 April 2011; (b) Dat die
Munisipale Bestuurder met volmag beklee word om die
diensooreenkomste
van die onderskeie direkteure, te wete die Direkteur: Finansiële
Dienste, Direkteur: Beskermingsdienste, Direkteur: Elektriese
Ingenieursdienste, Direkteur: Korporatiewe Dienste, Direkteur:
Siviele Ingenieursdienste en Direkteur: Ontwikkelingsdienste aan te
pas deur die voormelde dissiplinêre regulasies van toepassing te
maak, maar ook om die addendums wat sedertdien aangebring is te
integreer;
(c) Dat voormelde aanpassings vir kondonering aan die Munisipale
Raad voorgelê word.
7.4 HERNUWING VAN DIENSKONTRAK VAN DIE MUNISIPALE B ESTUURDER
(4/2/3) [Die Munisipale Bestuurder, sowel as die res van die
Direkteure verlaat die lokaal vir die duur van die
bespreking van die item.]
Die voormalige raad het op 24 November 2010 die dienskontrak van
die Munisipale Bestuurder op ‘n tydelike basis verleng tot 20 April
2012 en verdere hernuwingsvoorwaardes as addendum tot die
diensooreenkoms goedgekeur. Tydens die MINMAY-vergadering op 24
Februarie 2011 is die hernuwing van die dienskontrakte van
Munisipale Bestuurders onder voorsitterskap van Minister Bredell
bespreek en is daar onderneem om ‘n regsopinie in hierdie verband
te bekom. Die regsmening ontvang vanaf Dr Fast word in die verslag
tot die sakelys aangehaal. Die diensooreenkoms van die Munisipale
Bestuurder bepaal verder dat ‘n hernuwing of verlengde aanstelling
voorafgegaan moet word deur ‘n prestasie-evaluasie van die
voorafgaande jaar, wat uitgevoer moet word deur die Uitvoerende
Burgemeester, bygestaan deur UBK-lede en die Eksterne
Ouditkomitee.
-
57.4/...
BESLUIT (a) Dat daar kennis geneem word van die positiewe
aanbeveling van die Eksterne
Ouditkomitee en die Raadslede tydens die Raadsvergaderings van
31 Januarie 2011 en 31 Maart 2011 aangaande die prestasie van die
voorafgaande finansiële jaar (2009/2010);
(b) Dat daar kennis geneem word dat die Munisipale Bestuurder
tans besig is om die
MFMA-kursus van Nasionale Tesourie te deurloop soos statutêr
vereis; (c) Dat die hernuwing van die ooreenkoms van die Munisipale
Bestuurder soos omskryf
in die addendum (klousule 2.3.1) gedateer 7 Maart 2011, by die
Munisipale Raad aanbeveel word, gerugsteun deur die mening van die
Eksterne Ouditkomitee (Voorsitter en lid verantwoordelik vir
Prestasie);
(d) Dat daar verder kennis geneem word dat die Munisipale
Bestuurder tevrede is met
die res van die voorwaardes van die diensooreenkoms en addendums
soos van tyd tot tyd gewysig, en dat hierdie hernuwingsopsie nie
misbruik word om oor ‘n veranderde/verhoogde salarispakket te
onderhandel nie;
(e) Dat die “moeder”-diensooreenkoms met inbegrip van die
addendums, mutatis
mutandis (net so) van toepassing bly ten aansien van alle
diensvoordele, behalwe vir die wysiging van die dissiplinêre
prosedures wat deur middel van wetgewing – Staatskoerant 34213
gedateer 21 April 2011 – gewysig is en wat elders in die sakelys
hanteer word;
(f) Dat na besluitneming deur die Munisipale Raad, die
Provinsiale Minister van
Plaaslike Regering in kennis gestel word van die hernuwing van
die Munisipale Bestuurder se kontrak en die proses van evaluering
wat deurloop is;
(g) Dat die hernuwing van die Munisipale Bestuurder se
ooreenkoms ingevolge die
hernuwingsvoorwaardes van sy dienskontrak – klousule 2.3.1 – by
die Munisipale Raad aanbeveel word;
(h) Dat daar verder aanbeveel word dat die nuwe ooreenkoms van
die Munisipale
Bestuurder ook oor hernuwingsvoorwaardes moet beskik onderhewig
daaraan dat die voorgeskrewe kursus van Nasionale Tesourie
suksesvol deurloop moet word.
7.5 MUNISIPALE BESTUURDER: AANSOEK OM VERLOF (4/8/3 )
Die Munisipale Bestuurder moet by die Uitvoerende
Burgemeesterskomitee aansoek om verlof doen en hou die voorgestelde
dae aan die komitee voor. Die verslag tot die sakelys bevat ook ‘n
skedule wat die verlof van die res van die Direkteure aantoon
gedurende die Junie/Julie-skoolvakansie. BESLUIT (a) Dat die
aansoek om verlof van die Munisipale Bestuurder op 27 Junie 2011 en
vanaf
29 Junie tot en met 8 Julie 2011 (9 werksdae) goedgekeur
word;
(b) Dat goedkeuring verleen word vir die aanwys van ‘n
waarnemende Munisipale Bestuurder na gelang van die beskikbaarheid
van die Direkteure gedurende bogemelde periode.
7.6 VERIMENT BELEID (5/1/B)
Die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (Wet 56 van 2003) plaas
‘n verantwoordelikheid op die Rekenpligte Beampte om beleide en
prosedures in plek te stel om beheer en kontrole oor verskeie
aspekte te kan uitoefen.
-
67.6/...
Ten einde beheer oor die goedgekeurde kapitaal- en
bedryfsbegroting te kan uitoefen is dit nodig om kontroles en
prosedures in plek te stel wat die oorplasing van fondse (veriment)
tussen departemente, funksionele areas en lynitems beheer. BESLUIT
(a) Dat die Veriment Beleid van Munisipaliteit Swartland deur die
Uitvoerende
Burgemeesterskomitee vir implementering met ingang van 1 Julie
2011 goedgekeur word, onderhewig aan die volgende wysiging –
paragraaf 5.1 – “Subject to the ... etcetera of the budget,
provided that the amount does not exceed the amount of R100 000,00
(in respect of an operating item) or the amount of R500 000,00 (in
respect of a capital item). Where the aforementioned amounts are
exceeded, the proposed virement is subject to approval by the
Municipal Manager. The status of the budget of the receiving line
item may not exceed more than 25% when virement is performed.
(b) Dat die delegasies wat verband hou met die “Veriment Beleid”
in die delegasie-
register opgeneem word. 7.7 AFWYKING VAN DIE VOORGESKREWE
VERKRYGINGSPROSED URES: AANSTELLING
VAN MUBESKO AFRICA CC (5/1/B)
Die firma, Mubesko Africa cc is in 2010 aangestel om die
Munisipaliteit by te staan in die opstel van die finansiële state
ooreenkomstig die nuwe “budget reforms/formats” soos voorgestel
deur Nasionale Tesourie. Mubesko Africa cc was verder betrokke by
die opstel van die finansiële stabiliseringsprogram/
volhoubaarheidsplan en sal met hierdie aanstelling die verslag
hieromtrent finaliseer, wat insluit die aanbied van ‘n strategiese
sessie. Ten einde kontinuïteit te verseker en kapasiteit binne die
Begrotingskantoor te skep, is besluit dat vermelde firma weereens
betrokke sal wees in die opstel van die “budget reforms/formats”,
maar sal terselfdertyd opleiding verskaf aan die twee mentors in
die Begrotingskantoor om hulle in staat te stel om hierdie formate
in die toekoms self te kan doen. BESLUIT
(a) Dat kondonering verleen word vir afwyking van die
voorgeskrewe verkrygings-
prosedures met die aanstelling van Mubesko Africa cc vir die
lewering van dienste soos vermeld in die verslag en wel om die
volgende redes: (i) dat Mubesko Africa cc die enigste verskaffer is
wat hierdie tipe diens lewer; (ii) dat Mubesko Africa cc die
enigste organisasie was wat op uiterste kort
kennisgewing die kapasiteit gehad het om onmiddellik by
Swartland Munisipaliteit betrokke te raak met die volvoering van
die aksies soos beskryf;
(b) Dat die Bestuurder: Finansiële State en Beheer, mnr C Gerber
in terme van klousule
36(2) van die Voorsieningskanaalbestuursbeleid opdrag gegee word
om die gemelde redes as nota by die betrokke finansiële state in te
sluit wanneer dit opgestel word.
7.8 UITSTAANDE DEBITEURE – MEI 2011 (5/7/1/1)
’n Volledige verslag aangaande die stand van uitstaande
debiteure is met die sakelys gesirkuleer en ook tydens die
voorlegging van die maandverslag bespreek. BESLUIT Dat kennis
geneem word van die verslag aangaande die stand van uitstaande
debiteure vir die maand van Mei 2011.
-
77.9 UITSTAANDE VERSEKERINGSEISE (5/14/3/5)
Daar moet ingevolge die Batebestuursbeleid van die Raad op ‘n
maandelikse basis verslag gedoen word aangaande die stand van
uitstaande versekeringseise.
BESLUIT
(a) Dat kennis geneem word van die stand van uitstaande
versekeringseise soos met die sakelys gesirkuleer;
(b) Dat, ten opsigte van die eis aangaande die beskadigde
Telkom-kabel op die h/v
Smuts- en Kachelhofferstraat, Riebeek-Wes, die bewoording van
die eis gewysig word om duidelik te meld dat Telkom nagelaat het om
die ondergrondse kabels wat beskadig is, uit te wys. Telkom het wel
aangedui dat daar in hierdie gebied slegs oorhoofse kabels
aangebring is en dat die Munisipaliteit kan voortgaan met die
uitgrawings.
7.10 VOORRAADOPNAME (6/1/1)
Die jaarlikse voorraadopname vind plaas op 28 Junie 2011 by die
hoof magasyn en die skryfbehoeftestoor in Malmesbury, sowel as by
die elektriese stoor in Moorreesburg. BESLUIT Dat rdle W Wilskut en
A C Sedeman (rdl M van Zyl as sekunde vir enige van voormelde
raadslede) aangewys word om die Raad te verteenwoordig tydens die
jaarlikse voorraadopname wat op 28 Junie 2011 om 09:00 by die hoof
magasyn te Malmesbury ‘n aanvang sal neem.
7.11 TOEKOMSTIGE GEBRUIK VAN DIE WESBANK KLINIEKGEB OU TE
MALMESBURY (2/1/1/1)
Die gebou op erf 10620, Malmesbury wat tans as die Wesbank
Kliniek aangewend word, is deur middel van ‘n skenkingsooreenkoms
gratis aan die Departement van Openbare Werke oorgedra. Die oordrag
het voortgespruit uit die oorname van die primêre
gesondheidsdienste deur Provinsie. Die ooreenkoms bevat ‘n klousule
waarvolgens die gebou aan die Munisipaliteit sal terugval indien
dit nie langer vir kliniekdoeleindes aangewend word nie. Die
Munisipaliteit het ondertussen ook erf 7514, Malmesbury teen ‘n
gesubsidieerde verkoopprys aan voormelde departement vervreem vir
die oprigting van ‘n moderne kliniekgebou wat die bestaande kliniek
op erf 10620 sal vervang. Gegewe die behoefte aan geboue
akkommodasie is die Departement van Openbare Werke skriftelik in
kennis gestel dat die Munisipaliteit graag sal eienaarskap neem van
die gebou nadat die nuwe kliniek in bedryf gestel is. BESLUIT (a)
Dat daar volstaan word by die inhoud van die brief aan Departement
van Openbare
Werke gedateer 1 Desember 2010, naamlik dat daar herbesit van
die Wesbank Kliniekgebou op erf 10620, Malmesbury geneem sal word
sodra dit nie langer as kliniek fasiliteit aangewend word nie;
(b) Dat ‘n mandaat aan die Munisipale Bestuurder gegee word om
met die betrokke
departemente te onderhandel aangaande die benutting van die
bestaande Wesbank Kliniekgebou deur die Swartland Munisipale
Polisiedienste, in ruil vir die beskikbaarstelling van die
bestaande Munisipale Polisiedienstekantore, waarin die kliniek
destyds gehuisves was.
7.12/...
-
87.12 HUUROOREENKOMS: MALMESBURY PAINTBALLKLUB (17/9 /2/R)
Die gedeelte meentgrond bekend as die bloekombos agter Swartland
Hoërskool word op ‘n jaar tot jaar basis aan die Malmesbury
Paintballklub verhuur. Die huurtermyn verval op 30 Junie 2011.
BESLUIT (a) Dat ‘n nuwe huurooreenkoms met die Malmesbury
Paintballklub aangegaan word vir
die huur van ‘n gedeelte meentgrond bekend as die bloekombos
agter Hoërskool Swartland te Malmesbury vir doeleindes van ‘n
paintballbaan;
(b) Dat ‘n huurtermyn van een jaar vasgestel word m.i.v. 1 Julie
2011 wat by verstryking
weer hernu kan word; (c) Dat die huurgeld R100,00 per jaar plus
BTW sal beloop.
7.13 VERHUUR VAN GEBOU TE LANGSTRAAT, ABBOTSDALE (1
2/1/3/1-1/1)
Die Raad verhuur ‘n geboutjie geleë op erf 604, Langstraat,
Abbotsdale aan die Hoeksteen van Sion Pinkster Gemeente van SA op
‘n jaar tot jaar basis waarvan die huurooreenkoms op 30 Junie 2011
verval. BESLUIT (a) Dat die gebou geleë op erf 604, Langstraat,
Abbotsdale uit die hand uit vir ‘n verdere
termyn van 12 maande met ingang van 1 Julie 2011 vir
kerkdoeleindes aan die Hoeksteen van Sion Pinkster Gemeente van SA
verhuur word;
(b) Dat ‘n huurtarief van R10,00 per maand plus 14% BTW
gehandhaaf word; (c) Dat die huurvoorwaardes onveranderd bly.
7.14 VOORGESTELDE AANKOOP VAN GROND TE CHATSWORTH ( 12/1/B)
Transnet beskik oor twee gedeeltes grond in Chatsworth ten
opsigte waarvan die Raad al ‘n geruime tyd probleme ondervind met
persone wat onwettig daarop plak. ‘n Skrywe gedateer 20 Januarie
2011 is vanaf Transnet ontvang waarin meegedeel word dat ‘n
verkoopooreenkoms met Servcon Housing Solutions (Pty) Ltd gesluit
is, wat op hul beurt die grond aan die Housing Development Agency
sou oordra vir toekomstige ontwikkelings. Servcon Housing Solutions
(Pty) Ltd wat in die proses is om ontbind te word, het aangedui dat
hulle bereid sal wees om die grond aan die Munisipaliteit te
vervreem. Die Provinsiale Departement van Behuising het aangedui
dat hulle bereid sal wees om die grond te finansier en het
vergaderings in hierdie verband reeds plaasgevind. BESLUIT (a) Dat
kennis geneem word van die status quo betreffende die voorgenome
aankoop
van erf 3800 Greater Chatsworth, asook die restant van Gedeelte
2 van die Plaas Michiel Heyns Kraal 755;
(b) Dat alle aksies wat hieromheen geneem was, asook die
voorgenome aankoop van
die betrokke gedeeltes grond, gekondoneer word, gegewe die
voordele wat uit die transaksies vir die Raad voortspruit;
(c) Dat goedkeuring verleen word dat oorbruggingsfinansiering
van R1,5 miljoen uit
raadsfondse voorsien word indien dit nodig sou blyk weens
vertragings met die verkryging van die provinsiale befondsing.
-
97.15 KONSEP VERORDENING INSAKE VASTE AFVALBESTUUR ( 1/1)
Jan Palm Raadgewende Ingenieurs is aangestel om die
Munisipaliteit se Geïntegreerde Vaste Afvalbestuursplan te hersien,
wat insluit die hersiening van die verordeninge. Daar bestaan nog
verordeninge wat deur die voormalige munisipaliteite voor die
totstandkoming van Swartland Munisipaliteit toegepas is, wat dus
herroep moet word. BESLUIT Dat die Uitvoerende Burgemeesterskomitee
op 23 Junie 2011 by die Raad aanbeveel – (a) dat die konsep
verordening insake Afvalbestuur vir publieke kommentaar
geadverteer word in terme van artikel 12(3)(b) van die
Stelselswet, 2000, in die plaaslike media sowel as op die
munisipale webtuiste;
(b) dat goedkeuring verleen word dat die bestaande verordening
insake die verwydering
en wegdoen van vullis soos afgekondig in PK 26 van 9 Januarie
1998 sowel as in PK 26/1998; PK 068/1998 en PK 1309/1966 soos
gewysig deur PK 0126/1969; PK 066/1975; PK 0104/1977 en PK
0477/1978 asook PK 0201-1991 en PK 5859 herroep word en dat die
herroeping van krag sal wees op datum wanneer die nuwe verordening
in werking tree.
7.16 SOSIALE ONTWIKKELINGSBELEID EN -STRATEGIE (17/ 2/2) In 2008
is die behoefte geïdentifiseer vir die ontwikkeling van ’n beleid
om die gemeenskaps-
ontwikkelingsprogramme van Swartland Munisipaliteit te rig.
Gemeenskapsontwikkeling is ’n baie wye veld en is alle departemente
van die Munisipaliteit op een of ander wyse daarby betrokke.
Die Hoof: Gemeenskapsontwikkeling is tans besig met haar
meestersgraad in Besigheidsadministrasie en is die Sosiale
Ontwikkelingsbeleid en –Strategie as deel hiervan opgestel. Die
Munisipale Bestuurder bevestig dat hierdie beleid van groot waarde,
nie slegs vir Swartland Munisipaliteit gaan wees nie, maar ook vir
die res van die Provinsie.
BESLUIT
Dat die konsep Sosiale Ontwikkelingsbeleid en –Strategie in
beginsel goedgekeur word in afwagting op die finale akademiese
versorgde dokument, waarna dit voorgelê sal word vir finale
goedkeuring en implementering.
7.17 VOORGESTELDE VERGUNNINGSGEBRUIK OP ERF 679, RI EBEEK-WES
(15/3/10-12) (WYK 3)
Die aansoek om vergunningsgebruik om ‘n drankwinkel op ‘n
gedeelte van erf 679 (groot ±80m²) geleë op die h/v Voortrekker- en
Smutsstraat, Riebeek-Wes te bedryf is op 11 Mei 2011 deur die
Uitvoerende Burgemeesterskomitee terugverwys ten einde ‘n ter
plaatse inspeksie uit te voer. Dit is bevind dat daar geen redes
bestaan hoekom die aansoek nie oorweeg kan word nie. BESLUIT Dat
die aansoek vir ‘n vergunningsgebruik op erf 679, Riebeek-Wes
ingevolge paragraaf 4.6 van die Artikel 8 Soneringskemaregulasies
van Ordonnansie 15 van 1985 ten einde ‘n drankwinkel (±80m²) te
bedryf goedgekeur word, onderhewig aan die volgende
voorwaardes:
A1 STADSBEPLANNING EN BOUBEHEER (a) dat die nodige bouplanne aan
die Direkteur: Ontwikkelingsdienste vir oorweging
voorgelê word alvorens met bouwerke ‘n aanvang geneem word; (b)
dat die/...
-
107.17/...
(b) dat die drankwinkel op so ‘n wyse bedryf word dat dit nie ‘n
oorlas vir ander besighede in dieselfde gebou, asook omliggende
eienaars is nie;
(c) dat 15 op-perseel parkeerplekke, asook ‘n laaisone op die
perseel geskep word in
oorleg met die Departement: Siviele Ingenieursdienste; (d) dat
die eienaar/ontwikkelaar hierdie Munisipaliteit skriftelik in
kennis stel wanneer
daar uitvoering gegee is aan alle voorwaardes; (e) dat die
beswaarmakers op hul reg tot appèl gewys word; A2 WATER (a) dat
daar van die bestaande wateraansluiting gebruik gemaak word en dat
geen
addisionele wateraansluitings voorsien sal word nie; A3 RIOOL
(a) dat daar van die bestaande rioolaansluiting gebruik gemaak word
en dat geen
addisionele rioolaansluiting voorsien sal word nie; A4
VULLISVERWYDERING (a) dat daar skriftelik by Swartland
Munisipaliteit aansoek gedoen moet word vir die
gebruik van enige van die stortingsterreine binne die munisipale
area; (b) dat die basiese vullistarief vir elke besigheid gehef
word wat aangepas sal word
namate die hoeveelheid vullis wat verwyder word; (c) dat die
vullis in swartsakke op die naaste munisipale sypaadjie geplaas
word op die
oggend van verwydering; A5 DEPARTEMENT VAN VERVOER EN OPENBARE
WERKE (a) dat ingevolge Artikel 17 van Ordonnansie 19 van 1976, is
daar ‘n 5m statutêre boulyn
van toepassing langs Hoofpad 227; (b) dat geen nuwe toegange
geskep of bestaande toegange verander mag word sonder
die goedkeuring van die Departement van Vervoer en Openbare
Werke nie; (c) dat hierdie goedkeuring slegs betrekking het op die
voorgelegde aansoek en behels
nie vrystelling van enige ander wetlike voorskrifte nie; A6
ESKOM (a) dat indien die voorgestelde ontwikkeling veroorsaak dat
enige Eskom dienste
verskuif moet word sal die koste daaraan verbonde vir die
rekening van die eienaar/ontwikkelaar wees;
(b) dat die oprigting van enige struktuur binne 9m van ‘n Eskom
kraglyn verbode is; (c) dat die eienaar/ontwikkelaar
verantwoordelik is vir die kragtoevoer na die perseel.
7.18 VOORGESTELDE VERGUNNINGSGEBRUIK OP DIE RESTANT VAN DIE
PLAAS
KLEINE RONDEBOSCHJE NO. 532 EN GEDEELTE 2 VAN DIE P LAAS RONDE
VLEY NO. 583, AFDELING MALMESBURY (15/3/10-15) (WYK 4)
‘n Aansoek is ontvang vir ‘n vergunningsgebruik op voormelde
grond vir ‘n intensiewe voerboerdery ten einde ‘n varkboerdery met
verewante infrastruktuur te bedryf. ‘n Omgewingsgoedkeuring en ‘n
afvalbestuurslisensie is reeds uitgereik deur die Departement van
Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning ingevolge die
NEMA-regulasies en NEM: Waste Act vir die voorgestelde
ontwikkeling. Appèlle is by die Minister van Plaaslike Regering
teen die bogenoemde besluite aangeteken, wat na oorweging van die
hand gewys is.
-
117.18/...
BESLUIT Dat die aansoek vir ‘n vergunningsgebruik op die restant
van die plaas Kleine Rondeboschje No. 532 en gedeelte 2 van die
plaas Ronde Vley No. 583, Afdeling Malmesbury vir ‘n
intensiewevoerboerdery ten einde ‘n varkboerdery met verwante
infrastruktuur te bedryf, ingevolge paragraaf 4.6 van die
toepaslike Artikel 8 Soneringskemaregulasies van Ordonnansie 15 van
1985 goedgekeur word, onderhewig aan die volgende voorwaardes:
A1 WATER (a) dat geen munisipale drinkwater beskikbaar is
nie;
(b) dat die onttrekking van water ooreenkomstig die bepalings
van die Departement:
Waterwese en Bosbou geregistreer word;
(c) dat die kommentare van die bogenoemde departement by punt
A1(b) aan die Departement: Siviele Ingenieursdienste voorsien
word;
(d) dat indien die Weskus Distriksmunisipaliteit genader word
vir die voorsiening van
water, laasgenoemde die aansoek aan die Departement: Siviele
Ingenieursdienste voorsien vir kommentaar, alvorens die aansoek
verder oorweeg word;
A2 RIOOL (a) dat slegs huishoudelike riooldienste deur middel
van ‘n suigtenkvragmotor voorsien
word; (b) dat suigtenke aan die volgende minimum vereistes moet
voldoen:
(i) kapasiteit van 8000ℓ per wooneenheid (ii) vroulike
koppelstuk aan suigkant (iii) ondeurlaatbare wande;
(c) dat die goedkeuring vanaf die Departement van Waterwese en
Bosbou verkry word vir die bestuur en wegdoen van vaste afval en
afvalwater;
(d) dat die goedkeuring en kommentare van die departement by
punt A2(c) aan die
Departement: Siviele Ingenieursdienste voorsien word.
A3 VULLISVERWYDERING (a) dat daar skriftelik by Swartland
Munisipaliteit aansoek gedoen moet word vir die
gebruik van enige van die stortingsterreine binne die munisipale
area. A4 ESKOM (a) dat indien die ontwikkeling veroorsaak dat enige
Eskom dienste verskuif moet word,
sal die koste daaraan verbonde vir die rekening van die
eienaar/ontwikkelaar wees;
(b) dat die oprigting van enige struktuur binne 9m van ‘n Eskom
kraglyn verbode is;
(c) dat die eienaar/ontwikkelaar verantwoordelik is vir die
kragtoevoer na die perseel;
A5 DEPARTEMENT VAN WATERWESE EN BOSBOU (a) dat skriftelike
bevestiging van ‘n ooreenkoms met Swartland Munisipaliteit vir
die
verwydering van huishoudelike vullis aan die Departement van
Waterwese en Bosbou voorsien word;
(b) dat ‘n afskrif van die kontrak vir die versameling en
verwydering van gedroogte
soliede afval en slik wat gebruik gaan word vir komposdoeleindes
aan die Departement van Waterwese en Bosbou voorsien word, behalwe
as alles deur die applikant besit word;
(c) dat die aktiwiteite op die perseel ten alle tye voldoen aan
die bepalings van die
omgewingsgoedkeuring en afvalbestuurlisensie gedateer 6 November
2009 van die Departement van Omgewingsake en
Ontwikkelingsbeplanning;
-
127.18/...
(d) dat enige watergebruikaktiwiteite wat nie ‘n Skedule 1
gebruik is nie, geregistreer en goedgekeur moet word deur die
Departement van Waterwese en Bosbou ingevolge Artikel 21 van die
Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998);
(e) dat geen ontwikkeling mag plaasvind binne 100m van ‘n
waterbron of binne die
1:100 jaar vloedlyn. Indien dit nie moontlik is nie moet daar
goedkeuring verkry word van die Departement van Waterwese en Bosbou
voordat die ontwikkeling kan begin;
(f) dat geen bogrondse-, ondergrondse- of stormwater besoedel
mag word as gevolg
van aktiwiteite op die perseel nie;
(g) dat soliede afval bestuur en verwyder moet word na ‘n
goedgekeurde soliede afvalfasiliteit en moet voldoen aan die
toepaslike wetgewing;
(h) dat alle voorskrifte van die Nasionale Waterwet (Wet36 van
1998) te alle tye
nagekom word;
A6 DEPARTEMENT VAN VERVOER EN OPENBARE WERKE (a) dat ingevolge
Artikel 9 van Wet 21 van 1940 is die 95m boubeperkingslyn van
toepassing langs Ondergeskikte Pad 5456;
(b) dat die statutêre 5m boulyn van toepassing is langs
Ondergeskikte Pad 5456 in terme van Artikel 17 van Ordonnansie 19
van 1976;
(c) dat hierdie goedkeuring slegs betrekking het op die
voorgelegde aansoek en behels
nie vrystelling van enige ander wetlike voorskrifte nie;
A7 DEPARTEMENT VAN LANDBOU (a) Dat alle omliggende eienaars
(woonhuise) binne ‘n raduis van 500m in kennis gestel
word van die presiese posisie van die voorgestelde varkhokke en
dat daar rekord gehou word van hierdie korrespondensie en die
toestemming van die omliggende eienaars;
(b) dat afloopwater beheer en gemonitor word ten einde erosie te
voorkom;
(c) dat die naam van die persoon in beheer van die monitering
van afvalwater en vektor
beheer (aansteeklike siektes) aan die plaaslike owerheid gegee
word ten einde inspeksies deur die gesondheidinspekteurs te
vergemaklik;
A8 WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT (a) dat daar ten minste 2
urinale per ablusieblok voorsien word in alle mans toilette;
(b) dat daar voldoende natuurlike verligting en ventilasie in
stortareas van alle ablusie
areas voorsien word;
(c) dat gedetaileerde planne en spesifikasies van die
goedgekeurde afvoerwaterstelsel voorgelê word aan die Weskus
Distriksmunisipaliteit;
(d) dat die finale goedkeuring van die Departement van Waterwese
en Bosbou ten
opsigte van die afvoerwaterstelsel aan die Weskus
Distrikmunisipaliteit voorgelê;
(e) dat ‘n operasionele bestuursplan vir die hantering van mis
en afloopwater asook volledige pesbeheerplan aan die Weskus
Distriksmunisipaliteit voorgelê word;
(f) dat alvorens enige konstruksie of oprigting van enige geboue
‘n aanvang neem, daar
verlang word dat die Omgewingsgoedkeuring van die Departement
van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning aan die Weskus
Distriksmunisipaliteit voorgelê word;
(g) dat ‘n/...
-
137.18/...
(g) dat ‘n gedetailleerde uiteensetting van die bewoning van
arbeiders werksaam tydens die konstruksiefase van die ontwikkeling
aan die Weskus Distrikmunisipaliteit voorsien word. Die
uiteensetting moet die volgende bevat, naamlik: die tipe woning op
die konstruksiearea vir bouers, ablusie en sanitasiegeriewe,
watertoevoer en vullisverwydering;
(h) dat daar aan die toepaslike gesondheidsregulasies soos
gestel deur die Weskus
Distriksmunisipaliteit voldoen word;
A9 ALGEMEEN (a) dat die intensiewevoerboerdery sal beskik oor ‘n
varkplaas met die volgende
produksie eenhede, naamlik: “breeding units”, “gilt development
units”, “finishing units” en “weaner units” en dat die totale
grootte van ’n produksie eenheid per plaas ±16ha is;
(b) dat die nodige bouplanne vir die totale ontwikkeling aan die
Direkteur:
Ontwikkelingsdienste vir oorweging voorgelê word;
(c) dat ‘n skriftelike kontrak tussen Chalala Farms Pty, die
geaffekteerde eienaars en Pioneer Foods (Nulaid) vir die
instandhouding van die ondergeskikte paaie 1157, 227, en 225 (die
paaie 225 en 227 staan nou bekend as paaie 5455 en 5456) as
toegangsroete na die restant van die plaas Rondeboschje No. 532 en
gedeelte 2 van die plaas Ronde Vley No. 583, Afdeling Malmesbury
aan hierdie Munisipaliteit voorsien word vir goedkeuring alvorens
die varkplase in bedryf gaan;
(d) dat die beswaarmakers op hul reg tot appèl gewys word;
(e) dat daar voldoen word aan die goedkeuringsvoorwaardes opgelê
in die
omgewingsgoedkeuring van die Departement van Omgewingsake en
Ontwikkelingsbeplanning soos vervat in die skrywe gedateer 6
November 2009 met verwysing E12/2/3/2-F5/14-0190/07, asook die
Afvalbestuurslisensie gedateer 6 November 2009 met verwysing
E13/2/10/2-F5/14-2002/09, asook die addisionele voorwaardes opgelê
in die besluit van die Minister van Plaaslike Regering op die
appèlle gedateer 11 Maart 2011 met verwysing M3/6/5(779/09).
7.19 HERROEPING VAN ‘N GOEDKEURINGSVOORWAARDE RAKEN DE DIE
GOEDKEURING VAN DIE GRONDWET VAN DIE GROENERIVIER K LEINHOEWE
ONTWIKKELING (15/3/3-11) (WYK 4)
Die grondwet van die Groenerivier Huiseienaarsvereniging is op
18 Augustus 2010 goedgekeur, onderhewig daaraan dat ‘n
argitektoniese ontwerpshandleiding vir goedkeuring voorgelê word.
Die huiseienaarsvereniging is egter van mening dat die meerderheid
eiendomme reeds bebou is en dat daar geen eenvormigheid bestaan met
betrekking tot ‘n argitektoniese styl in die ontwikkeling nie. Dit
is dus nie haalbaar om ‘n argitektoniese ontwerpshandleiding saam
te stel nie. BESLUIT Dat die herroeping van die
goedkeuringsvoorwaardes rakende die versoek dat die Groene-rivier
Huiseienaarsvereniging ‘n argitektoniese ontwerpshandleiding aan
die Munisipaliteit moet voorlê soos vervat in die raadsbesluit
gedateer 18 Augustus 2010, ingevolge artikel 42(3)(a) van
Ordonnansie 15 van 1985 goedgekeur word.
7.20 VOORGESTELDE AFWYKING OP ERF 831, YZERFONTEIN (15/3/4-14)
(WYK 5)
‘n Aansoek is ontvang vir die afwyking op ‘n gedeelte van erf
831 (groot ±80m²) geleë te Parkstraat, Yzerfontein ten einde ‘n
viswinkel te bedryf waarvandaan ‘n verskeidenheid van seekosse
verkoop sal word.
-
147.20/...
BESLUIT Dat die aansoek vir ‘n afwyking op ‘n gedeelte van erf
831 (groot ±80m²) geleë te Parkstraat, Yzerfontein ingevolge
artikel 15(1)(b) van Ordonnansie 15 van 1985 ten einde ‘n viswinkel
te bedryf, goedgekeur word onderhewig aan die volgende
voorwaardes:
A1 STADSBEPLANNING EN BOUBEHEER (a) dat die viswinkel beperk
word tot ±80m² soos voorgehou in hierdie aansoek; (b) dat 'n
bouplanaansoek aan die Direkteur: Ontwikkelingsdienste vir
oorweging
voorgelê word; (c) dat die nodige aansoek om advertensietekens
by die Direkteur: Ontwikkelingsdienste
ingedien word vir goedkeuring; (d) dat ‘n minimum van 3
op-perseel parkeerruimtes voorsien word met ‘n permanente
stofvrye oppervlak (hetsy van teer, beton of plaveisel of ‘n
materiaal vooraf goedgekeur deur Swartland Munisipaliteit) en dat
die parkeerplekke duidelik gemerk word;
(e) dat besigheidsure van die viswinkel beperk word 7:00 tot
18:00 Maandae tot Saterdae; (f) dat hierdie goedkeuring geldig is
slegs vir ‘n tydperk van 2 jaar; (g) dat die eienaar ontwikkelaar
binne die goedkeuringstydperk van hierdie goedkeuring,
die beperkende titel voorwaardes ophef asook permanente
grondgebruiksregte vestig vir die viswinkel;
(h) dat daar aansoek gedoen word by die Weskus
Distrikmunisipaliteit vir ‘n
geskiktheidsertifikaat; (i) dat daar aansoek gedoen word by
Swartland Munisipaliteit vir ‘n handelslisensie; (j) dat Swartland
Munisipaliteit voorsien sal word van afskrifte van alle sertifikate
wat
deur ander instansies/wetgewing vereis word soos dit benodig
word vir die aktiwiteite van die viswinkel;
(k) dat die beswaarmakers op hul reg tot appèl gewys word;
A2 WATER (a) dat die voorgestelde viswinkel van die bestaande
wateraansluiting gebruik maak en
dat geen addisionele aansluitings voorsien word nie;
A3 RIOOL (a) dat daar geen vette en olies in die
riooluitsuigtenk gestort word nie;
A4 VULLISVERWYDERING (a) dat ‘n basiese vullisverwyderingstarief
gehef word soos van toepassing op
besighede;
(b) dat hierdie tarief aangepas sal word volgens die hoeveelheid
vullis wat verwyder word;
(c) dat vullis in swart sakke op die naaste sypaadjie geplaas
word op die oggend van verwydering.
7.21 VOORGESTELDE HERSONERING VAN GEDEELTE 5 VAN PL AAS VIER
FONTEIN NO.
553, AFDELING MALMESBURY (15/3/3-15) (WYK 5)
‘n Aansoek is ontvang vir die hersonering van ‘n gedeelte (groot
±7030m²) van gedeelte 5 van die plaas Vier Fontein No. 553,
Afdeling Malmesbury vanaf landbousone I na oordsone I ten einde ‘n
oord te vestig met 7 selfsorgeenhede (groot ±120m² elk).
-
157.21/...
Die aansoek word nie as wenslik vanuit ‘n grondgebruiksoogpunt
beskou nie, aangesien dit nie aan die beginsels van
vakansie-akkommodasie en die kriteria van ‘n unieke hulpbron in ‘n
oordkonteks soos voorgeskryf deur die “Guidelines for resort
developments in the Western Cape” voldoen nie. BESLUIT Dat die
aansoek terugverwys word na die eienaar in ‘n poging om aan die
riglyne te voldoen, aangesien die ontwikkeling geleë is binne die
R27 toerisme-korridor en toerisme deur die ontwikkeling bevorder
kan word.
7.22 AFWYKING OP ERF 177, YZERFONTEIN (15/4/2-14) (WYK 5)
‘n Bouplanaansoek is ontvang vir die aanbring van ‘n onderdak
stoep en motorhuis op erf 177 geleë te Hoofstraat, Yzerfontein. Die
voorgestelde stoep oorskry die 4m straatboulyn tot op ±0,9m. In
terme van die titelakte is daar ‘n 3,15m straatboulyn van
toepassing op voormelde erf en word voorgestel dat ‘n verslapping
van die 4m straatboulyn na ±3,15m goedgekeur word en dat die
bouplan dienooreenkomstig aangepas word. BESLUIT Dat die item
terugverwys word, aangesien daar ander beboude eiendomme in die
omgewing is wat ook nie aan die straatboulyn voldoen nie en dat die
aangeleentheid verder ondersoek word.
7.23 VOORGESTELDE KONSOLIDASIE, HERSONERING EN ONDE RVERDELING
VAN ‘N GEDEELTE VAN DIE RESTANT VAN ERF 551 EN ERF 4192, D ARLING
(DARLING GAP BEHUISINGSPROJEK) (15/3/6-3, 15/3/3-3) (WYK 6)
Ten einde ‘n aanvang te neem met die prosesse om die Darling GAP
Behuisingsprojek te vestig, is ‘n aansoek deur die Munisipaliteit
ingedien vir die onderverdeling van erf 551 (groot 519,1140ha)
geleë aan die suidekant van Darling in ‘n restant (±515,434ha) en
gedeelte A (±3,68ha). Die nuutgeskepte gedeelte A word aangebied
vir konsolidasie met erf 4192. Aansoek word verder gedoen vir die
hersonering van die gekonsolideerde gedeelte A (residensiële sone
I) en erf 4192 (groot 3,11ha) (institusionele sone I) na
onderverdelingsgebied ten einde verskeie grondgebruike te huisves.
BESLUIT A Dat die aansoek om hersonering van ‘n gedeelte van die
restant van erf 551
(±3.68ha), sowel as erf 4192, Darling ingevolge artikel 16(1)
van Ordonnansie 15 van 1985, vanaf residensiële sone I en
institutionele sone I, onderskeidelik na onderverdelingsgebied
goedgekeur word ten einde voorsiening te maak vir die volgende
grondgebruike: • 75 behuisingserwe (±2.24ha) • 1 skoolperseel
(±1.59ha) • 2 publieke oopruimte persele (±0.083ha) • 1 privaat
oopruimte perseel (±1.61ha) • Publieke Paaie (±0.812ha)
B Dat die aansoek vir die onderverdeling van erf 551
(519.114ha), Darling ingevolge
artikel 25(1) van Ordonnansie 15 van 1985 in twee gedeeltes,
naamlik die restant van erf 551 (±515.43ha) en gedeelte A (±3.68ha)
soos aangedui op die onderverdelingsplan gemerk “B”, goedgekeur
word onderhewig aan die volgende voorwaardes:
-
167.23/…
B1 STADSBEPLANNING/BOUBEHEER (a) dat gedeelte A (groot ±3.68ha)
met erf 4192 gekonsolideer word;
B2 WATER (a) dat die Departement: Siviele Ingenieursdienste
aansoek doen by GLS
Raadgewende Ingenieurs vir die ondersoek ten opsigte van die
beskikbaarheid van netwerk kapasiteit ten opsigte van water. By die
ontvangs van hierdie inligting sal volledige kommentaar gelewer
word ten opsigte van water;
(b) dat die kommentaar van die Weskus Distriksmunisipaliteit
verkry word en
aan die Departement: Siviele Ingenieursdienste voorsien
word;
B3 RIOOL (a) dat die Departement: Siviele Ingenieursdienste
aansoek doen by GLS
Raadgewende Ingenieurs vir die ondersoek ten opsigte van die
beskikbaarheid van netwerk kapasiteit ten opsigte van riool. By
ontvangs van hierdie inligting sal volledige kommentaar gelewer
word ten opsigte van riool;
(b) dat die kommentaar van die Weskus Distriksmunisipaliteit
verkry word en
aan die Departement: Siviele Ingenieursdienste voorsien
word;
B4 VULLISVERWYDERING (a) dat ‘n basiese vullisverwyderingstarief
gehef word vir elke beboude perseel;
B5 STRATE EN STORMWATER (a) dat ‘n minimum van 5,5 m geld vir
padwydtes, 8m vir klokmondings en 20m
vir draaisirkels;
B6 ELEKTRIESE INGENIEURSDIENSTE (a) dat die installering van die
laag-en mediumspanning netwerke ooreenkomstig
die Swartland munisipale meesterplan geskied;
(b) dat die elektriese installasies ondergronds geïnstalleer
word en dat die mediumspanning vir ferm kapasiteit ontwerp
word;
(c) dat vaste kapitaalbydraes sowel as werklike koste
kapitaalbydrae betaalbaar,
van toepassing sal wees vir die opgradering en uitbreiding aan
die munisipale elektriese infrastruktuur;
(d) dat elke erf voorsien word met 'n split voorafbetaal tipe
meter;
(e) dat geen geboue of konstruksie nader as drie meter vanaf die
bestaande
oorhoofse mediumspanning geleiers opgerig sal word nie;
B7 DEPARTEMENT VAN VERVOER EN OPENBARE WERKE (a) dat in terme
van Artikel 17 van Ordonnansie 19 van 1976, ‘n 5m boulyn van
toepassing is langs Munisipale Hoofstraat 228;
(b) dat geen nuwe toegange of straataansluitings tot Hoofpad 228
gebou of bestaande toegange verander mag word sonder die
goedkeuring van die Departement Vervoer en Openbare Werke nie;
(c) dat daar ingevolge die Departement van Vervoer en Openbare
Werke se
padtoegangsriglyne nie genoeg spasie is tussen
straataansluitings langs Hoofpad 228 vir ‘n addisionele toegang
nie. Dus sal die voorgestelde Darling Gesondheids- en Sportsentrum
slegs toegang kan verkry van die straat aan die suidekant van die
voorgestelde gemeenskap- en sportsfasiliteit;
B8/…
-
177.23/…
B8 ERFENIS WES-KAAP (a) dat die ontwikkeling mag voortgaan en
alle ander goedkeurings deur die
plaaslike owerheid hanteer word;
(b) dat indien enige argeologiese materiaal gevind word
gedurende grondverskuiwingsaktiwiteite, alle werke op die perseel
gestaak moet word en dat Erfenis Wes-Kaap dadelik in kennis gestel
word;
B9 ALGEMEEN (a) dat die Departement : Siviele Ingenieursdienste
van hierdie Munisipaliteit
toepaslike eksterne diensteverkaffers aanstel rakende die
ontwerp en konstruksie van beide die interne en eksterne
dienste;
(b) dat uitvoering gegee word aan die voorwaardes van die
omgewingsgoedkeuring van die Departement van Omgewingsake en
Ontwikkelingsbeplanning soos vervat in die skrywe gedateer 13
Oktober 2010 met verwysingsnommer E12/2/3/1-F5/5-0571/09.
7.24 VOORGESTELDE HERSONERING EN ONDERVERDELING VAN ERWE 80, 98,
100, 103,
105, 106, 108, 110, 366, 404, 727, 725, 854 EN 898, ABBOTSDALE
(15/3/3-1, 15/3/6-1) (WYK 7)
Die Raad het die opgradering van Winkelstraat, Abbotsdale na ‘n
permanente oppervlakte goedgekeur. Ten einde die betrokke straat
prakties en sinvol te kan ontwerp en bou, moet gedeeltes van die
aanliggende erwe tot die straat deel vorm van die straatverbreding.
Die administratiewe aksies rakende die vervreemding en vergoeding
van die gedeeltes is reeds met die betrokke eienaars onderhandel.
Daar word dus nou aansoek gedoen vir die hersonering van gedeeltes
van erwe in Abbotsdale vanaf residensiële sone I na vervoersone II.
BESLUIT A Dat die hersonering van gedeeltes van erwe in Abbotsdale
ingevolge artikel 16(1)
van Ordonnansie 15 van 1985 as volg goedgekeur word: erf 98
(groot ±8m²), erf 80 (groot ±58m²), erf 100 (groot ±111m²), erf 735
(groot ±22m²), erf 366 (groot ±56m²), erf 103 (groot ±54m² ), erf
404 (groot ±55m²), erf 105 (groot ±79m²), erf 106 (groot ±66m²),
erf 108 (groot ±76m²), erf 854 (groot ±30m²), erf 898 (groot
±52m²), erf 727 (groot ±11m²) en erf 110 (groot ±34m²);
B Dat die onderverdeling van die betrokke erwe in Abbotsdale
ingevolge artikel 25(1)
van Ordonnansie 15 van 1985 as volg goedgekeur word:
erf 98 in ‘n restant (groot ±2642m²) en gedeelte A (groot ±8m²);
erf 80 in ‘n restant (groot ±3818m²) en gedeelte A (groot ±58m²);
erf 100 in ‘n restant (groot ±4425m²) en gedeelte A (groot ±111m²);
erf 735 in ‘n restant (groot ±696m²) en gedeelte A (groot ±22m²);
erf 727 in ‘n restant (groot ±2767) en gedeelte A (groot ±11m²);
erf 366 in ‘n restant (groot ±1147m²) en gedeelte A (groot ±56m²);
erf 103 in ‘n restant (groot ±2400m²) en gedeelte A (groot ±54m²);
erf 404 in ‘n restant (groot ±981m²) en gedeelte A (groot ±55m²);
erf 105 in ‘n restant (groot ±2343m²) en gedeelte A (groot ±79m²);
erf 106 in ‘n restant (groot ±2195m²) en gedeelte A (groot ±66m²);
erf 108 in ‘n restant (groot ±3758m²) en gedeelte A (groot ±76m²);
erf 854 in ‘n restant (groot ±632m²) en gedeelte A (groot ±30m²);
erf 898 in ‘n restant (groot ±921m²) en gedeelte A (groot ±52m²);
erf 110 in ‘n restant (groot ±2763m²) en gedeelte A (groot
±34m²).
-
187.25 AFWYKING: ERF 3944, MALMESBURY (15/4/2-8) (WYK 8)
‘n Bouplanaansoek is ontvang vir die aanbring van ‘n onderdak
stoep, twee slaapkamers en ‘n badkamer op erf 3944 geleë te
Dennelaan 13, Malmesbury. Die voorgestelde aanboudings oorskry die
5m straatboulyn en die syboulyne, asook die agterboulyn. BESLUIT
Dat die afwykings op erf 3944, Malmesbury ten einde af te wyk van
5m straatboulyn tot ±2m, die 2,5m syboulyn na ±1,49m, die 1,5m
syboulyn tot ±1m en die 3m agterboulyn tot ±1m soos aangedui op die
bouplan gemerk “B”, ingevolge artikel 15(1)(b) van Ordonnansie 15
van 1985 goedgekeur word, onderhewig aan die volgende
voorwaardes:
(a) dat die bestaande houtstrukture gesloop sal word met die
voltooiing van die bouwerk; (b) dat toegang (trappe) na die
voorgestelde stoep verskuif word sodat die stoep
toegang verkry vanaf die oostekant van die stoep. 7.26
VOORGESTELDE HERSONERING VAN ERF 665, MALMESBU RY (15/3/3-8) (WYK
10)
‘n Aansoek is ontvang vir die hersonering van erf 665 (groot
520m²) geleë te Hugenotestraat, Malmesbury vanaf enkelwoningsone na
sakesone ten einde professionele kantore vanuit die bestaande gebou
te kan bedryf. BESLUIT Dat die aansoek om hersonering van erf 665
(groot 520m²) geleë te Hugenotestraat, Malmesbury ingevolge artikel
16(1) van Ordonnansie 15 van 1985 vanaf enkelwoningsone na sakesone
goedgekeur word, onderhewig aan die volgende voorwaardes:
A1 STADSBEPLANNING EN BOUBEHEER (a) dat die aanwending van die
gebou beperk word tot kantoorgebruik;
(b) dat ten minste 6 op-perseel parkeerplekke voorsien word met
‘n permanente stofvrye
oppervlakte (hetsy teer, beton, plaveisel of ‘n materiaal
goedgekeur deur Swartland Munisipaliteit) en dat die parkeerplekke
duidelik gemerk word;
(c) dat die eienaar/ontwikkelaar ‘n finansiële bydrae ten bedrae
van R3 500,00 vir die
nie-voorsiening van 1 op-perseel parkeerplek maak;
(d) dat die nodige aansoek om advertensietekens te vertoon aan
die Direkteur: Ontwikkelingsdienste voorgelê word;
(e) dat bouplanne vir die interne verandering aan die gebou aan
die Direkteur:
Ontwikkelingsdienste vir oorweging voorgelê word;
A2 WATER (a) dat daar van die bestaande wateraansluiting gebruik
maak en dat geen addisionele
aansluitings voorsien sal word nie;
A3 RIOOL (a) dat daar van die bestaande rioolaansluiting gebruik
gemaak word en dat geen
addisionele aansluitings voorsien sal word nie;
A4 ELEKTRISITEIT (a) dat die elektriese tarief verander word
vanaf residensieël na besigheid en dat die
Departement Finansiële Dienste in kennis gestel word;
-
197.26/...
A5 VULLISVERWYDERING (a) dat die basiese
vullisverwyderingstarief gehef word soos van toepassing op
besighede en dat die tarief aangepas sal word namate die
hoeveelheid vullis wat verwyder word;
(b) dat die vullis in swartsakke op die naaste munisipale
sypaadjie geplaas word op die
oggend van verwydering. 7.27 VOORGESTELDE ONDERVERDELING VAN ERF
101, RIEBE EK KASTEEL (15/3/6-11) (WYK 12)
‘n Aansoek is ontvang vir die onderverdeling van erf 101 (groot
1347m²) geleë te Riebeek Kasteel in ‘n restant (±747m²) en gedeelte
A (±600m²). BESLUIT Dat die aansoek vir die onderverdeling van erf
101 (groot 1347m²) geleë te Riebeek Kasteel ingevolge artikel 25(1)
van Ordonnansie 15 van 1985 in die restant (±747m²) en gedeelte A
(±600m²) goedgekeur word, onderhewig aan die volgende voorwardes:
A1 WATER (a) dat elke onderverdeelde gedeelte van ‘n aparte
wateraansluiting en meter op koste
van die eienaar/ontwikkelaar voorsien word. Hierdie voorwaarde
is op bouplanstadium van toepassing;
A2 RIOOL (a) dat elke onderverdeelde gedeelte van ‘n
afsonderlike rioolaansluiting voorsien word.
Hierdie voorwaarde is op bouplanstadium van toepassing; (b) dat
daar vir die huidige nie voldoende kapasiteit by die Riebeek
Kasteel rioolwerke
beskikbaar is om die onderverdeelde gedeelte van riooldienste te
voorsien nie. Op-lossings vir die korttermyn word ondersoek in ‘n
poging om wel kapasiteit te vestig. Die langtermyn oplossing is om
die rioolwerk uit te brei. Hierdie proses is reeds onderweg en word
dit voorsien om die opgegradeerde rioolwerke in bedryf te stel teen
2013. In welke geval die korttermyn oplossings nie haalbaar blyk te
wees nie, kan die onderverdeelde gedeelte eers van riooldienste
voorsien word teen die tyd dat daar suiweringskapasiteit gevestig
is.
A3 VULLISVERWYDERING (a) dat ‘n basiese vullisverwyderingstarief
vir elke beboude perseel gehef word;\ (b) dat die vullis in
swartsakke op die naaste munisipale sypaadjie geplaas word op
die
oggend van verwydering; A4 ESKOM (a) dat indien die voorgestelde
onderverdeling veroorsaak dat enige Eskom dienste
verskuif moet word sal die koste daaraan verbonde vir die
rekening van die eienaar/ontwikkelaar wees;
(b) dat die oprigting van enige struktuur binne 9m van ‘n Eskom
kraglyn verbode is; (c) dat die eienaar/ontwikkelaar
verantwoordelik is vir die kragtoevoer na die
onderverdeelde perseel; A5 KAPITAALBYDRAE (a) dat die
eienaar/ontwikkelaar kennis neem van die kapitaalbydrae vir die
grootmaat
voorsiening van water wat bepaal is deur die Weskus
Distrikmunisipaliteit teen R7 716,66 per kiloliter jaarlikse
gemiddelde daaglikse aanvraag (R7 716,66/kl AADD) per nuutgeskepte
eenheid. Hierdie kapitale bydrae is betaalbaar aan Swartland
Munisipaliteit op uitklaringstadium. Hierdie bedrag is geldig vir
die finansiële jaar van 2010/2011 en kan daarna hersien word en is
betaalbaar teen posnommer 50-80-75-72-7990;
-
207.27/...
(b) dat die vaste koste kapitaalbydrae t.o.v
grootmaatwaterdienste ten bedrae van R7 277,00 gemaak word aan
hierdie Munisipaliteit op uitklaringstadium. Hierdie bedrag is
betaalbaar teen posnommer 77-92-86-00-6200 en is geldig vir die
finansiële jaar van 2010/2011 en kan daarna hersien word;
(c) dat die vaste koste kapitaalbydrae t.o.v
grootmaatriooldienste ten bedrae van
R3 600,00 gemaak word aan hierdie Munisipaliteit op
uitklaringstadium. Hierdie bedrag is betaalbaar teen posnommer
59-76-86-00-6200 en is geldig vir die finansiële jaar van 2010/2011
en kan hierna hersien word;
(d) dat die vaste kapitaalbydrae t.o.v strate en stormwater ten
bedrae van R5 363,00
gemaak word aan hierdie Munisipaliteit op uitklaringstadium.
Hierdie bedrag is betaalbaar teen posnommer 71-82-86-00-6200 en is
geldig vir die finansiële jaar van 2010/2011 en kan daarna hersien
word;
A6 ALGEMEEN (a) dat enige bestaande dienste wat die restant en
die onderverdeelde gedeelte aan
mekaar koppel, verskuif en/of ontkoppel word sodat elke erf se
pypwerk op die betrokke erf geleë is;
(b) dat indien dit nodig sou wees om enige bestaande dienste uit
te brei ten einde die
onderverdeelde gedeeltes van diensaansluitings te kan voorsien,
dit vir die koste van die eienaar/ontwikkelaar sal wees;
(c) dat die beswaarmaker van die besluit in kennis gestel word
en op hul reg tot appèl
gewys word; (d) dat die wetlike sertifikaat wat oordrag van
enige van die onderverdeelde gedeeltes
magtig nie uitgereik sal word alvorens daar aan bogenoemde
voorwaardes voldoen is nie.
7.28 VOORGESTELDE HERSONERING, KONSOLIDASIE EN SLUI TING VAN
OPENBARE
PLEK: ERWE 19, 20, 1766, MALMESBURY (15/3/3-8, 15/3 /6-8) (WYK
8)
Die opheffing van titelbeperkings rakende hierdie aansoek is
onderskeidelik op 17 Februarie 2010 deur die Uitvoerende
Burgemeesterskomitee en 13 Julie 2010 deur die Departement van
Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning goedgekeur. Erwe 19, 20 en
1766, Malmesbury word aangebied vir konsolidasie en aansoek word
gevolglik gedoen deur die Munisipaliteit vir die hersonering van
erwe 19 (groot 800m²), 20 (groot 7534m²) en 1766 (groot 5914m²)
geleë te Wistariastraat, Malmesbury vanaf onderskeidelik publieke
oopruimte, onbepaalde sone en ligte nywerheidsone na
onderverdelingsgebied om woonstelle en groepsbehuisingseenhede te
akkommodeer. BESLUIT A Dat die aansoek om hersonering van erwe 19
(groot 800m²), 20 (groot 7534m²) en
1766 (groot 5914m²) geleë te Wistariastraat, Malmesbury
ingevolge artikel 16(1) van Ordonnansie 15 van 1985 vanaf publieke
oopruimte, onbepaalde sone en ligte nywerheidsone na
onderverdelingsgebied goedgekeur word, ten einde die volgende
grondgebruiksregte te akkommodeer en onderhewig aan die volgende
voorwaardes:
• 12 woonstelle (±70m² per woonstel) ( algemene woonsone van
±5870m² in
grootte) • 38 groepsbehuisingeenhede (enkeltitel)
(groepsbehuisingsone van ±8378m²
in grootte), A1 STADSBEPLANNING EN BOUBEHEER (a) dat erwe 19, 20
en 1766 gekonsolideer word; (b) dat die/…
-
217.28/…
(b) dat die toepaslike kapitaalbydraes ooreenkomstig die beleid
ook op die ontwikkeling van toepassing sal wees;
(c) dat die strukture op erf 1766 gesloop word alvorens die
konstruksiefase ‘n
aanvang neem; A2 WATER (a) dat ‘n raadgewende ingenieur
aangestel word om die waterbehoefte te
bereken, modelleer en analiseer in terme van die bestaande
waternetwerk; (b) dat die betrokke firma ‘n aanbeveling maak
aangaande die bestaande
netwerk se kapasiteit om die voorgestelde ontwikkeling te
akkommodeer en voorstelle maak rakende wyses waarop dit
geakkommodeer kan word;
(c) dat die firma bepaal waar die aansluiting geplaas moet word
om sodoende
die bestaande netwerk optimaal te benut; A3 RIOOL (a) dat ‘n
raadgewende ingenieurs aangestel word om die rioolafloop te
bereken, modelleer en analiseer in terme van die bestaande
rioolnetwerk;
(b) dat die betrokke firma ‘n aanbeveling maak aangaande die
bestaande netwerk se kapasiteit om die voorgestelde ontwikkeling te
akkommodeer en voorstelle maak rakende wyses waarop dit
geakkommodeer kan word;
(c) dat die firma bepaal waar die aansluiting geplaas moet word
om sodoende
die bestaande netwerk optimaal te benut; A4 ELEKTRISITEIT (a)
dat die installering van die laag- en mediumspanning netwerke
ooreenkomstig die Swartland munisipale meesterplan geskied;
(b) dat die elektriese installasies ondergronds geïnstalleer
word en dat die mediumspanning vir ferm kapasiteit ontwerp
word;
(c) dat vaste kapitaalbydraes sowel as werklike koste
kapitaalbydraes
betaalbaar, van toepassing sal wees vir die opgradering en
uitbreiding aan die munisipale elektriese infrastruktuur;
(d) dat elke erf voorsien word met 'n split voorafbetaalde tipe
meter;
(e) dat geen geboue of konstruksie nader as drie meter vanaf die
bestaande
oorhoofse mediumspanning geleiers opgerig sal word nie; A5
ALGEMEEN (a) Dat die Siviele Departement van hierdie Munisipaliteit
toepaslike eksterne
diensteverkaffers aanstel rakende die ontwerp en konstruksie van
beide die interne en eksterne dienste.
B Dat die sluiting van erf 19 (publieke oopruimte van 800m²
groot), ingevolge artikel
137(2) van Ordonnansie 20 van 1970 goedgekeur word.
7.29 HERSIENDE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (15 /1/B) Die
Munisipale Bestuurder noem dat die uitdeelstuk in detail bespreek
sal word tydens ‘n
sessie wat met die konsultant, mnre C K Rumbolle en Vennote
binnekort gereël sal word. VIR KENNISNAME 7.30/...
-
227.30 SWARTLAND MUNISIPALE POLISIEDIENS: JAARLIKSE P
OLISIEPLAN, 2011/2012
(7/1/2/2-3)
Artikel 64C(2)(g) van die Wysigingswet op Suid-Afrikaanse
Polisiediens (Wet 83 van 1998) bepaal dat die Uitvoerende Hoof van
‘n Munisipale Polisiediens (Munisipale Polisiehoof) voor die einde
van elke boekjaar, ‘n plan uitwerk wat die prioriteite en oogmerk
van die Polisiediens vir die daaropvolgende jaar uiteensit. Die
Direkteur: Beskermingsdienste noem dat die plan ook ingevolge
wetgewing na die Provinsiale Kommissaris van Polisie verwys is, en
het laasgenoemde die plan goedgekeur. BESLUIT Dat kennis geneem
word van die oogmerke en prioriteite van die Swartland Munisipale
Polisiediens soos vervat in die Jaarlikse Polisieplan vir die
finansiële jaar wat strek vanaf 1 Julie 2011 tot 30 Junie 2012.
(GET) T VAN ESSEN UITVOERENDE BURGEMEESTER