SOILL NUUSBRIEF 1 SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF Desember 2016 INHOUD Oes 2016 Lesse geleer uit afgelope seisoen 2017 seisoen Canola Fokus – Canola Kultivar evaluasie OES 2016 So het die seisoen gekom en gegaan en die meeste produsente kan terugkyk na ‘n goeie canola seisoen, ‘n seisoen waar ons die doelpale verskuif het met wat vermag is. Die hektare was heelwat minder vir die 2016 seisoen in vergelyking met die 2014 en 2015 seisoen, maar die opbrengs het gelukkig opgemaak daarvoor en die oes wat afgehaal is, is baie beter as vir die vorige seisoen. Figuur 1: Canola oppervlakte en opbrengs sedert 1992 Die totale oppervlakte onder canola was ongeveer 58 000 Ha met ‘n totale oes van 1.8 ton/Ha, dit is die beste gemiddelde opbrengs nog. As ons ‘n tendens lyn deur die opbrengs grafiek trek is dit duidelik hoe opbrengs toeneem oor tyd, en sekerlik sal toeneem verder in die toekoms. Onder is ‘n opsomming per streek en gebied van die opbrengste wat behaal is. - 0,20 0,40 0,60 0,80 1,00 1,20 1,40 1,60 1,80 2,00 - 10 000 20 000 30 000 40 000 50 000 60 000 70 000 80 000 90 000 100 000 1992 1993 1994 1995 1996 1997 1998 1999 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014 2015 2016 Hektare en Opbrengs Hektaar Opbrengs Linear (Opbrengs)
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
SOILL NUUSBRIEF 1
SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF Desember 2016
INHOUD
Oes 2016
Lesse geleer uit afgelope seisoen
2017 seisoen
Canola Fokus – Canola Kultivar evaluasie
OES 2016
So het die seisoen gekom en gegaan en die meeste produsente kan terugkyk na ‘n goeie canola seisoen, ‘n seisoen
waar ons die doelpale verskuif het met wat vermag is.
Die hektare was heelwat minder vir die 2016 seisoen in vergelyking met die 2014 en 2015 seisoen, maar die opbrengs
het gelukkig opgemaak daarvoor en die oes wat afgehaal is, is baie beter as vir die vorige seisoen.
Figuur 1: Canola oppervlakte en opbrengs sedert 1992
Die totale oppervlakte onder canola was ongeveer 58 000 Ha met ‘n totale oes van 1.8 ton/Ha, dit is die beste
gemiddelde opbrengs nog. As ons ‘n tendens lyn deur die opbrengs grafiek trek is dit duidelik hoe opbrengs toeneem
oor tyd, en sekerlik sal toeneem verder in die toekoms. Onder is ‘n opsomming per streek en gebied van die opbrengste
wat behaal is.
-
0,20
0,40
0,60
0,80
1,00
1,20
1,40
1,60
1,80
2,00
-
10 000
20 000
30 000
40 000
50 000
60 000
70 000
80 000
90 000
100 000
19
92
19
93
19
94
19
95
19
96
19
97
19
98
19
99
20
00
20
01
20
02
20
03
20
04
20
05
20
06
20
07
20
08
20
09
20
10
20
11
20
12
20
13
20
14
20
15
20
16
Hektare en Opbrengs
Hektaar Opbrengs Linear (Opbrengs)
SOILL NUUSBRIEF 2
Tabel 1: Opbrengs per verbouingsgebied
Figuur 2: Opbrengs per area
Onder is ‘n uiteensetting van die kultivargroepe wat in die verskillende areas aangeplant word, dit is duidelik dat
onkruidbeheer in sekere areas die hoofdoel van canola aanplanting is en die atrasien kultivars word baie suksesvol
daarvoor gebruik.
Figuur 3: Kultivar groep aangeplant in verskillende areas
Streek Ton/Ha
OVA 1,81
SSK 1,83
Swartland 1,71
Totaal 1,80
44%
70%
16%
21%
28%
19%
35%
65%
0%
10%
20%
30%
40%
50%
60%
70%
80%
90%
100%
OVA SSK Swartland
Kultivar groepe
Clearfield Konvensioneel TT
SOILL NUUSBRIEF 3
Die oes het baie egalig ingekom met baie min oponthoude by leweringspunte oor die algemeen. Dit het
oor die algemeen ook baie droog in gekom wat sake baie vergemaklik het. Daar was aanvanklik
probleme met chlorofil in sekere areas, maar soos wat die canola langer gelê het, het die probleem vinnig verdwyn.
Figuur 4: Gemiddelde canola gradering vir alle lewerings
LESSE GELEER UIT 2016
Dit voel vir my hoe meer mens leer van canola hoe minder weet ‘n mens…dit wat vanjaar voorgekom het en ervaar is
was natuurlik weer geen uitsondering nie.
PLANTESTAND EN VESTIGING Vanjaar was die vestiging van die canola in alle areas egalig, of dit nou ‘n dun of ‘n dik stand was is irrelevant, maar die
canola was gelyk. Dit vergemaklik die bestuur van dag een af tot en met oes geweldig baie en verklaar baie van die
goeie opbrengste wat behaal is. Onder is foto’s van baie goeie stande wat ondervind is, selfs in erge klipperige
toestande en swaar materiaal omgewings wat die goeie vestiging uitwys.
8,05
2,66
1,50
-
1,00
2,00
3,00
4,00
5,00
6,00
7,00
8,00
9,00
Vog Vreemde materiaal Chlorofil
%
Gemiddelde gradering 2016
Figuur 5 en 6: Goeie canola vestiging
SOILL NUUSBRIEF 4
KULTIVARKEUSE Die dae is verby om te sê dat jy nie weet watter kultivar daar geplant is nie, elke kultivar het sy voordele maar ook
risiko’s en beperkings. Ons het baie goeie kultivars beskikbaar en produsente sal moet poog om die beste kultivar te
plant vir hulle omstandighede en behoeftes. Onder is ‘n foto in die kultivar proewe geneem waar die verskille in bv
groeikragtigheid duidelik gesien kan word. Departement Landbou Wes-Kaap doen baie moeite om vir ons uitstekende
kultivar proewe te doen, gebruik hierdie inligting om jou by te staan in jou besluit. Sien onder die dokument die canola
fokus met die nuutste kultivar resultate.
SCLEROTINIA Een belangrike praktyk wat ons weet werk is om voorkomend vir Sclerotinia te spuit. Die siekte druk was geweldig
hoog in alle areas en as die benadering van die produsente was om nie te spuit nie is ek vas oortuig dat ons weer ‘n
teleurstellende canola oes sou gehad het. Onder is foto’s van sclerotinia besmetting.
Figuur 6: Goeie vestiging in klipperige toestande Figuur 7: Goeie saadplasing en egalige opkoms
Figuur 8: Groot verskille tussen kultivars tov groeikragtigheid
SOILL NUUSBRIEF 5
Sekere produsente het heelwat proewe gedoen om selfs twee keer in blomtyd te spuit, dit is iets wat aanhou
ondersoek moet word om die optimum opbrengs op belegging te verkry. ‘n Klein % besmetting is in sommige gevalle
aanvaarbaar aangesien ‘n ekstra bespuiting se koste nie daardeur regverdig word nie.
In die toekoms sal ‘n scleortinia bespuiting deel wees van ‘n koste begroting op canola.
OESVERLIESE Daar is steeds baie canola wat op die grond beland agv te groen doodspuit of platsny. Hier is nog baie ruimte vir
verbetering en die boodskap sal aanhou uitgedra moet word, daar was verskeie gevalle vanjaar waar tot 300Kg verskil
opgemerk is tussen canola wat groen platgesny is en wat ryper geword het (let wel nie kraakryp nie). Hierdie verliese
sou skoonwins gewees het en teen 200kg/Ha beteken dit ten minste R1150 per Ha.
2017 SEISOEN
Die eerste voornemens om te plant lyk baie goed en ons sal ‘n defnitiewe groei in hektare sien in die komende seisoen.
Die uitdaging is nou om dieselfde opbrengste (of beter) af te haal op die verhoogde aantal hektaar. Saadbeskikbaarheid
kan problematies wees, so bestel betyds by u verskaffer van saad om te verseker jy kry waarna jy soek. Die
beskikbaarheid van sekere kultivars is ‘n probleem vanjaar weens faktore buite almal betrokke se beheer. Kyk na die
kultivar proefdata en kies die beste alternatief indien daar nie genoeg van jou eerste keuse beskikbaar is nie.
Ons wil vir elke produsent asook rolspeler in die bedryf dankie sê vir die jaar wat verby is en die rol wat hulle daarin
gespeel het. SOILL het ‘n unieke verbintenis met die canola produsente en stap saam met u as produsente om u canola
vertakking ‘n volhoubare sukses te maak, in 2017 sal dit sekerlik ook nie anders wees nie en ons sien uit na die nuwe