Kontak / Contact Judy Bovey 083 325 2102 Dienssentrum vir Pretoria-Oos Maandae/Mondays 11:00 – 12:00 by Valleisig The Service Centre for Pretoria East Woensdae/ Wednesdays 10:00 – 11:00 @ Garsfontein Welkom aan diegene bo 60! We welcome those over 60! Maart / april 2013 Valentynsdag Stoomtreinrit na Cullinan
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Verversings om 09h30. Vergadering begin stiptelik om 10h00.
Gasspreker: ds Ferdie Classens
14 MEI - 09.30 DAGUITSTAPPIE NA OLYF PLAAS.
Vertrek van Valleisig om 9h00. Koste R150 p.p.
Vervoer en heerlike verversings ingesluit. Bring ‘n
botteltjie saam vir gratis olyfolie.
26 JUN - GAUTREIN NA ROSEBANK Bespreek vroegtydig. Meer
besonderhede later ! !
Marétha Nortjé is lid van Garsfontein NG Gemeente, waar sy dien as voorsitter van Elengos Ondersteuningsbediening. Nie net is Marétha ‘n stigterslid van El-pidá Dienssentrum nie, sy is die Onder-voorsitter. Marétha het groot geword op ‘n plaas naby Lydenburg waar sy ook matrikuleer. Hierna doen sy haar BA (PolWet) aan die Uni-versiteit van Pretoria, en behaal later ‘n diploma in Openbare Skakelwerk. In 2011 behaal sy ‘n diploma in Narratiewe Pas-torale Berading deur Coram Deo (UP). Sy is getroud met Louis en hulle het tweeling dogters, Helene en Annette, tans 11jaar oud. Op die oomblik dien Marétha as raadslid op CMR Gauteng Oos, en as CMR Faerie Glen se voorsitter.
‘n Teksvers wat haar lewe beïnvloed is Efesiers 1 ver 18-20
1. Mediese dienste soos bloeddruklesings en bloedsuikermetings, word
Maandae by Valleisig en Woensdae by Garsfontein kerke gedoen.
2. Voetsorg word ook Maandae by Valleisig en Woensdae by Garsfontein kerke aangebied.
3. Haarkappery word elke Maandag vanaf Valleisig bedryf.
4. Tuisversorging word op aanvraag gedoen, veral na operasies. Kontak Amanda by 082 785 7005.
5. Wondsorg is op aanvraag beskikbaar.
6. Gratis Pilatus oefeninge elke Maandag by Valleisig gemeente.
7. Gratis trauma berading is beskikbaar by Tygerpoort Gemeente.
8. Gratis vervoer in tye van nood kan op aanvraag gereël word.
9. Uitstappies word gereeld onderneem.
10. Fliek oggende met gratis springmielies en sap word gereeld gehou. Bekostigbare ligte ete word daarna te koop aangebied.
11. Nutsmandiens teen bekostigbare fooie is op aanvraag beskikbaar.
12.Borde gekookte kos (1 stysel, 3 groentes en ‘n keuse vanuit 2 vleisdisse) word elke Maandag by Valleisig kerk verskaf. Disse word so gekook dat kos gevries kan word.
BAIE BELANGRIK ! ! 1. Skryf jou mediesefonds se naam en jou
lidmaatskapnommer netjies op ‘n stewige papier wat u in u beursie bêre. Plak dit ook op jou yskas vas. 2. Skryf hierby jou kroniese medikasie se name, dosis en die
milligram sterkte by elke medisyne neer.
SOU JY IETS OORKOM OF IN ‘N MOTORONGELUK BETROKKE IS, SAL DIE PARAMEDICI GOUER
Often while people are away at work would-be criminals try to gain access
to your house by simply knocking on the door. They may pose as police-
men, Armed Response officers or similar, all just to gain access to your
house. The best way to avoid being caught out is to be on the lookout for
possible signs.
Here are some signs that you have a poser on your hands:
They say your current alarm service company has closed down
They have no identification like a company or police force identity card
They are not in a marked vehicle
Even if you don't currently have a security system, there are other ways
these con-artists try to catch you out:
NEVER give out any personal information regarding yourself or your
home
NEVER give out confidential information such as your ID or credit card
numbers
DON'T OPEN - Through a locked door, always tell them you are not in-
terested
GRATIS
Pilatus Oefeninge vir EL-PIDÁ LEDE Word fiks en bly gesond.
Kom oefen elke Maandagoggend van 10h00 tot 10h45 saam met An-
elenie, by Valleisig Gemeente, h/v Tipperary en Mayostraat.
Trek gemaklike klere aan en bring sokkies vir die voete.
Het jy ‘n storie om te vertel? Ons wil dit graag
hoor. Stuur dit asb vir Judy,sodat almal dit kan
geniet! !
Waarheen sal 2013 ons neem?
Volgens statistiek is daar ongeveer 23,000 tot 28,000 persone bo die ouderdom van 65jaar in die Ooste van Pretoria. Die gemiddelde aftree ouderdom het in die laaste jare verhoog van 55jaar tot 70jaar. ‘n Groep predikante het bymekaar gekom en El-pidá Dienssentrum vir Pretoria Oos, gestig. El-pidá is nie gekoppel aan enige kerklike instansie, ras of spesifieke groep nie – alle persone bo die ouderdom van 60jaar is welkom om aan te sluit. Kerke word egter huidiglik gebruik as ‘n platform om die ouer persone binne die gemeenskap te bereik. El-pidá benodig nou ‘n perseel vanwaar die dienssentrum voltyds bedryf kan word. So ‘n perseel sal meebring dat mediese dienste, sosiale aktiwiteite en maaltyd daagliks verskaf kan word. Finansies is egter ‘n groot struikelblok. Sosiale aktiwiteite speel ‘n strategiese rol om die ouer persoon aktief besig te hou, en skep ‘n gesonde gemoed en liggaam. Hier kom die behoefte aan vervoer na vore. ‘n Eie bussie kan die ouergarde meer dikwels uitgeneem om sake te doen en ook meer kulturele byeenkomste bywoon. Uitstappies en funksies is dikwels te duur vir pensioenarisse om gereeld by te woon vanwee die busvoervoer - borgskap kan hier ‘n belangrike rol speel. Om dienste te lewer word mediese toerusting en apparaat benodig, bv bloeddrukmeters, bloedsuikermeters, voetspa’s en handdoeke. Huidiglik gebruik die vrywilligers die kastrolle en stowe van die kerke om die kos te kook. ‘n Groot gastoof moet aangekoop word met ‘n groot oond om voedsel meer ekonomies te kan voorsien. ‘n Groot yskas om groente in te berg word benodig. ‘n Voedselverwerker, bakplate en stoompotte word ook benodig.
Atterbury Teater bied El-pidá lede spesiale afslag pryse.
Besprekings moet gemaak word by Anneke 086 111 6122
REKENAAR OPLEIDING Basiese beginsels vir die gebruik van rekenaarklasse gaan in Junie aangebied word. Indien u belangstel gee sommer nou u naam op by Judy.
SKYPE MET FAMILIE Ons gaan op ‘n Saterdagoggend in Junie die geleentheid gee vir persone om met hul ver familie te skype…………….stel jy belang, gee vandag nog jou naam op!