6 Desember 2012 BOOTS TOMMIE! BOOTS! … Deur Ronel Theart Die Boere was die meeste van die tyd afhanklik van die Kakies vir hul oorlogsuitrusting. Hulle moes dit van hulle afneem. Die boere het altyd genoeg Kakies met perde gevang, dat hulle daarna ‘n volledige uitset gehad het. So het hulle ook van hul waens en selfs treine gebuit en kon in sommige gevalle ook kieskeurig raak. Die “voorraad” wat nie benodig is nie, is verbrand. Die Kakies het al so gewoond geraak aan die gebruik dat hulle soort van outomaties gaan sit en skoene uittrek het. Soms het dit ook gebeur dat die burger ontevrede was indien die Kakie, wat hy gevang het nie by hom, of aan hom het wat hy verlang nie. Oom Andries dam eendag ‘n Kakie by om nuwe stewels te kry. Die soldaat sit reeds en begin losmaak. “Boots, Tommie, boots!”, beveel oom Andries. Die soldaat spook om die stywe goed los en uit te kry. Oom Andries buk om te help en merk meteens dat dit nie die soort is wat hy kan gebruik nie. Teleurgesteld en kwaad snou hy die soldaat toe: “Keep dit, jou ou duiwel, dis no boots, dis newwies! Waarom dra jy sulke goed? I don’t want dit. Go!” Nadenkend voeg hy daarby: “Next time, you bring better boots. Hoor jy?” Die soldaat verstaan dat sy stewels afgekeur is en verstaan ook die rede. Self hou die Tommie ook nie van die stewels met die swaar ysterbeslag nie. Hy verduidelik toe vir oom Andries in sy taal oor die uitreiking van die stewels. “Yes,yes,” stem oom Andries saam “you must say to ou Kwien she must give you better boots. Newwies, no, dis no good!” Die soldaat gee oom Andries toe ‘n stukkie tamaryntabak. Maar, net in geval die soldaat die bestelling vergeet, wys oom Andries hom na die twee gate onder sy twee ou skoene: “Look, my boots is finish.” Die soldaat loer onder oom Andries se voetsole in en sê: “Yes, sure, ér need ém new ones.” Bron: Smith, J.A., Ek Rebelleer Links: Rebel JA Smith. (Foto:uit Bron) Middel en regs: Britse troepe is in die begin van oorlog as krygsgevangenis te Watervalkamp, noord van Pretoria aangehou. Na die val van Pretoria en later Waterval-Onder in die Oos Transvaal, het die Boere nie meer plek gehad om die Britse gevangenis aan te hou nie en is hulle van die nodige gestroop as buit en weer vrygelaat ( Foto’s Nasionale Argief) Indien jy nie hierdie nuusbrief wil ontvang nie stuur ‘n epos aan [email protected]– stop brief Stuur alle korrespondensie, berigte, navrae, ens. aan [email protected]. Die ander e-pos adresse waarop u Bloem Snippets ontvang is slegs vir uitgaande e-pos doeleindes.
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
6 Desember 2012
BOOTS TOMMIE! BOOTS! …
Deur Ronel Theart
Die Boere was die meeste van die tyd afhanklik van die Kakies vir hul oorlogsuitrusting. Hulle moes dit van hulle afneem. Die boere het altyd genoeg Kakies met perde gevang, dat hulle daarna ‘n volledige uitset gehad het. So het hulle ook van hul waens en selfs treine gebuit en kon in sommige gevalle ook kieskeurig raak. Die “voorraad” wat nie benodig is nie, is verbrand. Die Kakies het al so gewoond geraak aan die gebruik dat hulle soort van outomaties gaan sit en skoene uittrek het. Soms het dit ook gebeur dat die burger ontevrede was indien die Kakie, wat hy gevang het nie by hom, of aan hom het wat hy verlang nie. Oom Andries dam eendag ‘n Kakie by om nuwe stewels te kry. Die soldaat sit reeds en begin losmaak. “Boots, Tommie, boots!”, beveel oom Andries. Die soldaat spook om die stywe goed los en uit te kry. Oom Andries buk om te help en merk meteens dat dit nie die soort is wat hy kan gebruik nie. Teleurgesteld en kwaad snou hy die soldaat toe: “Keep dit, jou ou duiwel, dis no boots, dis newwies! Waarom dra jy sulke goed? I don’t want dit. Go!” Nadenkend voeg hy daarby: “Next time, you bring better boots. Hoor jy?” Die soldaat verstaan dat sy stewels afgekeur is en verstaan ook die rede. Self hou die Tommie ook nie van die stewels met die swaar ysterbeslag nie. Hy verduidelik toe vir oom Andries in sy taal oor die uitreiking van die stewels. “Yes,yes,” stem oom Andries saam “you must say to ou Kwien she must give you better boots. Newwies, no, dis no good!” Die soldaat gee oom Andries toe ‘n stukkie tamaryntabak. Maar, net in geval die soldaat die bestelling vergeet, wys oom Andries hom na die twee gate onder sy twee ou skoene: “Look, my boots is finish.” Die soldaat loer onder oom Andries se voetsole in en sê: “Yes, sure, ér need ém new ones.”
Bron: Smith, J.A., Ek Rebelleer
Links: Rebel JA Smith. (Foto:uit Bron) Middel en regs:
Britse troepe is in die begin van oorlog as krygsgevangenis te Watervalkamp, noord van Pretoria aangehou. Na die val van Pretoria en later Waterval-Onder in die Oos Transvaal, het die Boere nie meer plek gehad om die Britse gevangenis aan te hou nie en is hulle van die nodige gestroop as buit en weer vrygelaat ( Foto’s Nasionale Argief)
Indien jy nie hierdie nuusbrief wil ontvang nie stuur ‘n epos aan [email protected] – stop brief
Stuur alle korrespondensie, berigte, navrae, ens. aan [email protected].
Die ander e-pos adresse waarop u Bloem Snippets ontvang is slegs vir uitgaande e-pos doeleindes.
Die bakboord van ‘n skip is die linkerkant as ‘n mens in die rigting van die voorstewe kyk: dit is die kant van die skip wat agter die rug van die stuurman is as hy met sy regterhand die roer beheer. Daardie bak is ‘n eg Germaanse woord wat “rug” beteken, soos in Engelse back. Dit is dus die “rugboord”.
Die bak-familie met die betekenis “kaak, wang” het ‘n ander herkoms, naamlik die woord backe. ‘n Bakebaard is dus ‘n baard wat op die wang groei. Die kinne- van kinnebak het ook “kaak” beteken, en as jy dus een op jou toutologiese kinnebak gekry het, was dit êrens tussen jou kaak en jou wang, of op albei. In albei gevalle is die aansig van jou bakkies verander. Die woord het ons uit Nederlands bakes gekry, en bestaan uit backe en huis.
Dit was ‘n grappie – die back- van backluis is speels verwissel met die werkwoord ‘om te bak”, en jou gesig is dus gesien as die bakuis waarin die brood weggesteek word.
7 Des- Armand Hofmeyer en Anais R35 Izami en R50 by die deur. 12 Des - Jan Blohme Nuwe CD vrystelling R95 Izami R110 by die deur.
(RIP Martin Basvanger, jou vlieënde baskitaar en singende 'goeie mores' sal 'n welkome verandering bied vir die engeltjies met hulle harp musiek as julle saam op julle "marshmallow" wolke met 'n Black Lable in die hand kuier-jy)
13 Des - Shadow Club R40 Izami / student R50 at door-Vampire friendly, but
vegetarian Bloody Mary's only. Sparberry also available 14 Des - Juba R35 Izami en R45 by die deur 17 Des - Christoff Beukes en David Delaney (al die pad van Ierland) "Irish
Boere Blues", R35 Izami R45 by deur
18 Des - Pieter Smith R75 Izami R85 by die deur 19 Des - DJ Ossewa R95 Izami R110 by die deur 20 Des - Dewald Wasserfall R55 Izami R65 by die deur 21 Des - "Die einde van die wêreld Partytjie" met Bahlzak en 'n DJ R45
Izami R55 by die deur 31 Des - Oujaars “Party” met Top Deck en Bahlzak
KOOS KOMBUIS Eksklusief en intiem!
Plek: Aasvoëlklub Datum: 23 Febr’ 13
Kaartjies R120 / R150 by die deure en IZAMI BLOEMISTE
Hydrangeas is van Suid Afrika se gewildste blomstruike, juis omdat dit so wonderlike vertoning’mop head’ blomme dra. Kleure wissel van spierwit, skrakerings van pienk, blou en amper rooi. Die kuns om hulle beter te laat blom is opgesluit in drie punte:
Plant op regte plek
Oggend son en middag skadu of heeldag halfskadu
Onthou die “Endless Summer “reeks het baie langer blomtyd as die
“outydse” krismisrose.
Voeding elke vier weke
Gee meer alkalise voiding vir dieper pienk kleure (Shake and Grow Pink
of landboukalk)
Meer suur (aluminium sulfaat) sal dieper blou kleur tot gevolg (Shake
and Grow Blue of eierdoppe)
Wit blomme kan nie kleur verander nie.
Snoei
Somersnoei net die blomme af
Snoei deeglik—llanger stamme in middel en korter stamme aan kante vir
bolvorm—laat Julie vir blomme met kerstyd.
Special for school
holidays:
Rides on battery cars
for FREE “ Available on weekends and when
you eat at the restaurant.
Roses for U Do you want to spoil someone special with a bouquet