1 Pretoria – 1 September 2013 Skriflesing Job 42 Teks: Job 42:3 Nederlandse Geloofsbelydenis: Arts 1-2 Sing- Ps. 19:1,2; Ps. 119:22; Ps. 148:5 Job 42:1-6 Job 42:1 Toe het Job die HERE geantwoord en gesê: Job 42:2 Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie. Job 42:3 Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie. Job 42:4 Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my! Job 42:5 Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien. Job 42:6 Daarom herroep ek en het berou in stof en as. Artikel 1: Die Enige God Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar 'n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God noem. Hy is ewig, onbegryplik, onsienlik, onveranderlik, oneindig, almagtig, volkome wys, regverdig, goed en die allersorvloedigste fontein van alles wat goed is. 2 Kor. 3:17; Joh. 4:24; Jes. 40:14. Artikel 2: Die middele waardeur ons God ken Ons ken Hom deur twee middele: Ten eerste deur middel van die skepping, onderhouding en regering van die hele wêreld. Dit is immers voor ons oë soos 'n mooi boek waarin alle skepsels, groot en klein, die letters is wat ons die onsigbare dinge van God, naamlik sy ewige krag en goddelikheid,duidelik laat sien, soos die apostel Paulus sê (Rom. 1:20). Al die dinge is genoegsaam om die mense te oortuig en hulle alle verontskuldiging te ontneem. Ten tweede maak Hy Hom deur sy heilige en Goddelike Woord nog duideliker en meer volkome aan ons bekend, en wel so veel as wat vir ons in hierdie lewe nodig is tot sy eer en tot die saligheid van hulle wat aan Hom behoort. Ps. 19:2; Ef. 4:6; 1 Tim. 2:5; Deut. 6:4; Mal. 2:10; 1 Kor. 8:4, 6; 1 Kor. 12; 1 Kor. 1. Skriflesing Job 42:1-6 Teks: Job 42:3 Nederlandse Geloofsbelydenis: Arts 1-2 Sing- Ps. 19:1,2; Ps. 119:22; Ps. 148:5 Broeder en suster, ons asem is in die Here se hande, staan in Daniël 5:24. Elke dag kan ons met die Here meeleef. Hy die Enige en ware God. Daarom soos ons by die eerste preek rondom die Nederlandse Geloofsbelydenis by Guido de Bres, die opsteller van die Nederlandse Geloofsbelydenis stilgestaan het, was dit duidelik dat hy begin hierdie belydenis met geen fanfare rondom hoe kan ek bewys dat God bestaan nie. Ons kan die bestaan van God nie bewys nie. Daar word eenvoudig van die standpunt uitgegaan dat God bestaan. Wanneer God met ons praat dan sê God Self Wie Hy is, wat Hy vir ons doen. God se dade staan in die verlede, hede
8
Embed
Skriflesing Job 42 Teks: Job 42:3 Nederlandse ...gk-pretoria.weebly.com/uploads/2/7/7/1/2771236/art_2_en_3.pdf · Hoe kan ek God ken. Hoe weet ek die dinge wat God van Homself bekend
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
1 Pretoria – 1 September 2013
Skriflesing Job 42
Teks: Job 42:3
Nederlandse Geloofsbelydenis: Arts 1-2
Sing- Ps. 19:1,2; Ps. 119:22; Ps. 148:5 Job 42:1-6 Job 42:1 Toe het Job die HERE geantwoord en gesê: Job 42:2 Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie. Job 42:3 Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie.
Job 42:4 Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my! Job 42:5 Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien. Job 42:6 Daarom herroep ek en het berou in stof en as.
Artikel 1: Die Enige God
Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar 'n enige en enkelvoudige
geestelike Wese is wat ons God noem. Hy is ewig, onbegryplik, onsienlik, onveranderlik,
oneindig, almagtig, volkome wys, regverdig, goed en die allersorvloedigste fontein van
alles wat goed is.
2 Kor. 3:17; Joh. 4:24; Jes. 40:14. Artikel 2: Die middele waardeur ons God ken
Ons ken Hom deur twee middele:
Ten eerste deur middel van die skepping, onderhouding en regering van die hele wêreld.
Dit is immers voor ons oë soos 'n mooi boek waarin alle skepsels, groot en klein, die
letters is wat ons die onsigbare dinge van God, naamlik sy ewige krag en
goddelikheid,duidelik laat sien, soos die apostel Paulus sê (Rom. 1:20). Al die dinge is
genoegsaam om die mense te oortuig en hulle alle verontskuldiging te ontneem.
Ten tweede maak Hy Hom deur sy heilige en Goddelike Woord nog duideliker en meer
volkome aan ons bekend, en wel so veel as wat vir ons in hierdie lewe nodig is tot sy eer
en tot die saligheid van hulle wat aan Hom behoort.