8 Jip, Beeld Maandag 24 Junie 2013 Lees meer by www.jip.co.za; www.facebook.com/JIP; www.twitter.com/JIPcoza Die IK van Neha Ramu, ’n 13-jarige wat in Londen woon, is hoër as dié van Albert Einstein! Sy het ’n IK van 162 (die gemiddelde mens s’n is 100), berig The Huffington Post. Mensa, ’n organisasie vir su- perslimmes, het haar getoets en bevind sy is selfs slimmer as Stephen Hawking! Sy wil ná skool neu- rologie aan Harvard se mediese skool gaan studeer. Redakteur: Riëtte Grobler; 0 011 713 9333; [email protected] Tyler Hadzicki (17) het meer as $46 000 (sowat R460 000) op die finansieringswebwerf Kickstarter ingesamel om ’n fiets te vervaardig wat hy ontwerp het. Dié tiener van Kalifornië het aan ABC 10 News ge- sê sy fiets, die Onda Cycle (regs), is iets tussen ’n fiets en ’n “big wheel”. Dit laat jou toe om in gemak fiets te ry en presiese wielbeheer uit te oefen. Penna se praatjies PETER PENTZ Koshuis-broers Toe ek daardie eerste keer by my hoërskool se gr. 8-koshuis instap, kon ek nie verstaan hoe my ma vir my sê die kos- huislewe is eintlik vreeslik lekker en dat sy nog vir my sal moet sê “Kom ’n slag ’n bietjie huis toe” nie. Noudat ek in gr. 11 is en besef ek sal aan die einde van vol- gende jaar my koshuis- kamer moet leeg maak en uit- trek, raak ek sommer hart- seer. Van die baie dinge wat ek die afgelope 3½ jaar op ho- erskool geleer het, is die lesse wat ek danksy my verblyf in die koshuis geleer het, seker die grootste. As jy in die kos- huis is, leer jy in die eerste plek om op jou eie voete te staan, want nou is Mamma en Pappa nie meer daar om voltyds na jou om te sien nie. Hulle is nie daar om seker te maak jy leer wel vir daardie toets, dat jy jou huiswerk doen of ’n taak betyds afhan- del nie. Selfdissipline is een van die belangrikste koshuislesse wat daar is. Behalwe dat jy begin verstaan waarom dit help om nié jou handdoek op die vloer te gooi nie (wie gaan dit op- tel?), is die beste deel van die kos- huislewe die vrien- de wat jy kry. Dít is nou pelle vir ’n leef- tyd. Die dinge wat ’n mens saam met jou koshuispelle aan- vang, is van daardie stories wat jy oor ’n paar jaar om ’n braaivleisvuur sal kan vertel. Soos die keer toe my vriend Kyle my die aand voor ’n haar-inspeksie gevra het om sy hare sny. Sien, ons skool het ’n streng beleid oor lang hare en syne was alles behalwe kort. Toe gryp ek maar die skêr en sny. Dit was ’n gesukkel, want die skêr het vasgehaak en ek het ’n gat in sy hare gesny. Ek glo darem hy’t my verge- we, want in die koshuis is al- mal broers. . . Een moewiese familie. As daar Saterdag tuis rugby gespeel word, bly al die koshuise in, braai Vrydag- aande ’n vleisie en kuier lek- ker saam. Saterdag is almal langs die rugbyveld om die manne in blou te ondersteun. Ek het lang trane gehuil toe ek daardie eerste keer by die koshuis ingestap het, maar het al dubbel soveel gelag en pret gehad. En my ma was rég. Sy moes al ’n paar keer vanjaar in haar kwaaiste stem sê: “Nou kom jy ’n slag huis toe!” – Peter is ’n JJ. Hy is in gr. 11 aan die Hoër Jongenskool Paarl oftewel Bois- haai. <’n Man> (hier ge- bruik in die plek van ’n voornaam- woord) Def. Neem die plek in van die woord “ek” in ’n sin; kan deur albei geslagte gebruik word. Voorbeeld: “ ’n Man kan darem nie so koud kry nie!”; “Hoe kan ’n man kies wat om vir middagete te eet?” * Die JIPtionary is ’n miniwoor- deboek vir tienertaal. Dink jy dié woorde is in of uit? Laat weet ons op Twitter (#JIPtionary). – Annemie Nieuwoudt, JJ JIPtionary* watter liedjie is jul gunste- ling? “Op die oomblik is dit ‘Le- nie Blou’. Almal in die band het maar ’n gunste- ling. In die algemeen is ‘So- merset-Wes’ die lekkerste om live te speel.” ding wat in ’n show met julle gebeur het. “Beslis die keer toe ons in ’n Engelse nagklub uitge- roep het en ge- vra het of al die Afri- kaanse mense da- rem nog veilig voel en dit nog geniet. Dit het baie stil geword.” Beskryf die le- de van Spoeg- wolf elkeen in drie woorde of minder. Danie: Verlief op Ka- thryn. Moskou: Verlief op Bella. Albert: Verlief op Izelle. Chris: Verlief op Lari. Wat is Spoegwolf se toe- komsplanne? “ ’n Groot huis waarin ons almal kan bly en braai. Kersfeesliggies om ’n groot akkerboom en lang aande van ou port, jong wyn en harde sagte musiek.” Watter liedjie op Swaarte- krag kry die meeste twiets en Facebook-kommentaar van jul aanhangers, en siek, en hoe sal julle jul mu- siekstyl beskryf? “Valiant Swart, The Natio- nal, Bob Dylan, Dire Straits, Pink Floyd, Van Wyk Louw, Marais, David Kramer, Jacques Brel, Koos Kombuis en al die an- der wat nog nie moed opge- gee het nie. Ons wil graag glo ons musiek is soos die waterblommetjiebredie- weergawe van al hierdie mense.” Vertel ons van die snaaksste “Ons het gehou van die klank daarvan. Dis hard, maar dit vloek nie. Ons het ge- dink dit is ’n sterk en her- kenbare naam. Daar was beslis baie keuses! Die topdrie was die vol- gende: Spoegwolf, Kosblik en Wolf en die Swart Hon- de.” Is julle vriende wat ’n band gestig het, of ’n band wat vriende ge- raak het? “Broers en pelle wat ’n band gestig het. Ons was al- mal saam op skool en het saam ge-bunk op Paarlberg, waar baie van ons planne ook gemaak is. Wat doen julle wanneer julle nie Spoegwolf is nie? “Danie en Chris swot op Stellenbosch. Albert is by die Red and Yellow-skool vir grafiese ontwerp in Kaapstad en Moskou by die kookskool naby Pniël. Da- nie skryf graag, Chris en Albert is visuele kunste- naars, en Moskou maak rof kos.” Op jul webwerf praat julle van jul musiek as “regte Afrikaans”, in teenstelling met . . .? “ ‘Afrikaanse Regte’ of liewer Afrikaanse musiek wat geskryf word sonder eerlikheid, of Afrikaanse musiek wat nie stam uit die waterbron van Piet Bo- tha, David Kramer, Valiant Swart of selfs Herman van Veen en Stef Bos nie.” Wie of wat inspireer jul mu- groep self sy tweede musiekvideo geskiet, en dit beloof om net so ’n groot sukses te wees soos die video vir die liedjie “Lenie Blou”, wat op MK gesien kan word. Spoegwolf se eerste vol- lengte-album, Swaartekrag, kan beslis in sy eie woorde beskryf word: “Dit was nie te sag nie, en nie te hard nie. Dit was die hartklop van ’n dier.” Só praat die lede: Julle kry dié vraag seker baie: Hoekom “Spoegwolf”, en wat was jul topdrie keu- ses vir jul band se naam? D it tref jou êrens tussen “Loerie” en “Lenie Blou” X hier- die is nie sommer net nog ’n groep vriende wat saam in ’n buitekamer geraas maak nie. Dié wolf trek jou in en spoeg jou anderkant uit met die gevoel dat Afri- kaanse musiek anders, uit- dagend en rof kan wees. Die groep het al op Oppikoppi, Hart van Windhoek en die Klein Ka- roo Nasionale Kunstefees opgetree. Hy het ook by vanjaar se MK-toekennings die gehoor op sy voete ge- had. Verlede maand het die Spoegwolf is Chris von Wielligh, Moskou du Toit, Danie du Toit en Albertus van der Merwe. Spoegwolf . . . Spoegwolf . . . Uitdagend, vars en beslis trots Afrikaans. Mart-Marié van den Berg het by die vier manne van Spoeg- wolf gaan inloer om meer te hoor oor hul vreemde naam, hul eerste album en die Spoegwolf-lewe. JIP en Spoegwolf het drie eksemplare van Swaartekrag om weg te gee. SMS die woord “Wolf”, gevolg deur jou naam, van en ouder- dom, na 33844. Jou SMS moet teen Woens- dag 12:00 by ons wees. Wen! Wen! Wen! Moskou du Toit (trom- me, perkussie en sang) sorg vir die ritme en help baie om gear te bou. Chris von Wielligh (ki- taar en sang) is die teg- niese man en ontwerp al die toestelle wat die band gebruik. Albert van der Merwe (baskitaar, samesweerder en sang) is verantwoor- delik vir Facebook, Twit- ter en al die ander goed op die internet. Danie du Toit (sang en kitaar) skryf die musiek en die lirieke. Wie is die manne? Simone Mo- nique Nel (@simOne_nel4): @spoegwolf-musiek moet onwettig wees. Dis hoogs verslawend. Ek. Kan. Nie. Ophou. Luister. Nie. Wian Esterhuizen (@wianesterhuizen): @spoeg- wolf se “Somerset-Wes” gaan op my troue, egskeiding, begrafnis en reincarnation speel. #hemelsemusiek Wilne van Rooyen (@Wilne_ballerina): Kan mens verlief raak op musiek? Want ek is doodseker dat ek ver- lief is op @spoegwolf se musiek . . . Ansumi de Bruin (@ansumi9): @spoegwolf is maklik die beste band van alle tye. Elkeen van my vyf, miskien ses, sintuie rumoer van hul goeie klank #swaartekrag Theune Nel (@Theune_o1): Ek sal “Lenie Blou” luister tot die dag wat ek my kop neerlê. So mooi! @spoegwolf Mandy Binoir (@MandyBinoir): Ek het gis- ter vir die eerste keer na @spoegwolf geluister. Afrikaans is nog lank nie dood nie. -praatjies V www.spoegwolf. com V Facebook: www.facebook.com/ spoegwolf V Twitter: www.twitter.com/ spoegwolf V Soundcloud: www.soundcloud. com/spoegwolf V YouTube: www.youtube.com/ spoegwolf Daar is ’n beperkte aantal getekende Swaartekrag-albums wat direk by Spoeg- wolf gekoop kan word. Vir meer in- ligting hieroor kan www.spoegwolf. com/bestel- swaartekrag besoek word. Op die web V “Jy bly op my oë soos ’n sonvlek.’’ (uit “Sambreeltjie”) V ‘‘aangetrek soos ’n z blinkertjie, jy gooi my hart soos ’n sinkertjie’’ (uit “Kort Donner”) V ‘‘Red my nou, en dan hou ons ons twee blind. Wees jy die laaste ding in my sig. Dan loop ons tien keer om dieselfde blok, tot die mense saam ons sing. Ons hoef dan nooit weer te praat nie.’’ (uit “Drietyd op die Dak- ke”) V ‘‘Daar is ’n dier in jou kyk wat ’n skaduwee kan eet en die ruite van my skedel steel. So bleik jou lig my brein met jou ly- fie gestein, watermerke in my keel.” (uit “Loerie”) Hul gunsteling-lirieke Riëtte Grobler Toe die Britse jeugboekskrywer Chris Bradford op skool was, is hy dikwels geboelie. Daarom staan die hoofkarakters in sy boeke hul man teen boelies. Bradford het Suid-Afrika ’n paar weke gelede as deel van ’n skoletoer besoek, waar hy ge- praat het oor sy geesdrif vir boe- ke, sy belangstelling in lyfwagte en gevegskuns. Sy Young Samurai-reeks is al met ’n rits pryse beloon en sy jongste boek, Bodyguard: Hos- tage (ook die eerste in ’n reeks) het wêreldwyd baie aanhangers. “My boeke is ’n teenvoeter vir die gewilde distopiese boeke waarin kinders ander kinders doodmaak. In my boeke be- skerm kinders mekaar,” sê hy. “Al het ek idees vir stories oor iets soos vampiere, het ek besluit om eerder onderwerpe te kies waaroor niemand anders al geskryf het nie, soos lyfwagte of gevegskuns.” Die idee vir Young Samurai (daar is agt boeke in dié reeks) het ontstaan omdat hy self ’n liefde het vir verskeie gevegs- kunsvorme het. “Ek het op agt met judo begin omdat ek geboelie is. Ek het dit nie gedoen om myself te verde- dig nie, maar eerder vir selfver- troue en innerlike krag,” sê hy. Om die Young Samurai-reeks te skryf het hy iaido (samoerai- swaardkuns), karate en ninjoet- soe aangeleer. Voorheen het hy ook judo, muay thai en skop- boks gedoen. Op sy skoolbesoeke wys hy al dié tegnieke. “Jack, die hoofkarakter in Young Samurai, is gegrond op my eie lewe en ervarings van boelies,” sê hy. “Connor in Bodyguard is eerder die tipe vriend wat almal sou wou hê.” Voordat hy aan Bodyguard be- gin skryf het, is hy as lyfwag op- gelei. Deesdae behoort hy tot die Britse lyfwagte-vereniging en be- teken sy kwalifikasie dat hy vol- tyds ’n lyfwag sou kon wees. Vir die aksietonele in sy boe- ke, wat vir hom die lekkerste is om te skryf, choreografeer hy boonop eers stap vir stap elke skop, duik of tree wat sy karak- ter moet gee, sodat hy wéét dit kan werk. “Ek wil hê lesers moet in my boeke praktiese wenke kry oor hoe om hulself te beskerm, maar daar is ook filosofiese aspekte en lewenslesse wat die karakters moet leer.” Voordat Chris ’n heeltydse skrywer geword het, was hy ’n musiekonderwyser en die sanger in ’n rockgroep. Deesdae gebruik hy sy liefde vir verhoogoptredes om swaarde rond te swaai, skoppe uit te deel en op dié manier ’n nuwe geslag lesers lus te maak vir boeke. ) Besoek chrisbradford.co.za. Die boeke word deur Penguin uit- gegee en is by die meeste boek- winkels beskikbaar. Boeke besweer boelies met skop, skiet en selfvertroue Die jeugboekskrywer Chris Bradford. Foto: RUNE HALLESTAD