-
PAARL-SKOOL BRACKENFELL
Omsendbrief 10/2014
Beste ouers/voogde 30 September 2014
Nog 3 maande dan lê 2014 op sy rug. Intussen het ons ‘n baie
besige kwartaal agter die blad. Elders gaan u lees oor ons
sportprestasies, Loslitdag en ook een van die hoogtepunte in my
lewe: Mnr en Mej Paarl-skool Ambassadeur. Wie kon hierdie aand
vergeet? Vir al die rolspelers van alles wat oral gebeur het:
“Welgedaan en doen so voort!” (A job well done!) Tog moet ons ook
nie van ons akademie en ander skoolaktiwiteite vergeet nie. Die
derde kwartaal is tans op alle akademiese skoolkalenders die tyd
van die Jaarlikse
Nasionale Assessering of ook genoem “Antie Anna”. Belangrik vir
u as ouer om te weet dat die JNA ‘n sistemiese assessering is, dat
dit eenmalig is en dat leerders nie daarvoor hoef te leer nie. In
hoofsaak is dit ‘n instrument wat die Onderwysdepartement gebruik
om die stand van akademie in skole te bepaal. Dié moet glad nie
verwar word met die skool se interne assessering nie. Hier het ons
met die hele spektrum vakke, deurlopende skoolgebaseerde
assessering te doen wat ‘n spesifieke beeld van ‘n individuele
leerder gee. Ons wag nou vir die JNA uitslae. Dankie aan alle ouers
en personeel wat hiermee betrokke was. Ek is opnuut bewus watter
moeite ons ouers doen om by aktiwiteite van Paarl-skool uit te kom
en te ondersteun. Julle is absoluut fantasties! Baie dankie! Geniet
die paar dae vakansie en waar moontlik ondersteun asseblief ons
Porterville 4x4 (11 Oktober) – Nog ‘n hoogtepunt.
Ons het die afgelope kwartaal aan die Tygerberg Internasionale
Eisteddfod (TIE) sowel as die Paarl Vallei Eisteddfod (PVE)
deelgeneem. Daar was 17 leerders en 1 groep wat aan die TIE
deelgeneem het aan sang, gedigte en spreekkoor. Hier het ons 2
hoogste lof, 11 lof en 7 eervolle vermelding toekennings ontvang.
Vyf en veertig kunsprente is ingestuur na die PVE. Ons het 7 goud
cum laude, 13 goud+, 20 goud en 5 silwer+ gekry. Twee van ons
leerders was ook aangewys as die algehele wenners in hul onderskeie
grade. Kuhle Nofemele 94% gr 8 en Sheldon Rossouw 91% gr 9. Ons is
baie trots op elke leerder. Dankie aan al die ouers vir hul
ondersteuning en tyd.
SKOOLFOTO’S 2014
Paarl-skool se skoolfoto’s word DV op 15 en 16 Oktober
2014 geneem. Die bestel van skoolfoto’s is opsioneel, maar
maak asb. nou reeds finansieel hiervoor voorsiening indien u
graag u kind se foto’s wil koop, aangesien net die leerders
wat reeds betaal het, afgeneem sal word. U het alreeds ‘n
koevert ontvang met die bestelling se prosedures. U
finansiële voorsiening vir fotogeld kan as volg bereken
word:
Voorskoolse fase leerders (Individuele foto-pakket – met
ekstra foto’s): R70 per leerder per pakket
Grondslag-, Praktiese, Intermediêre en Seniorfase leerders
(Individuele foto-pakket – gewone pakket): R60 per
leerder per pakket
Onthou: Klas- en groepfoto’s word eers volgende
kwartaal bestel en betaal.
SKOOLKLERE Soos u reeds weet is ons in die proses om ons nuwe
skoolklere in te faseer.
Daar is egter nog skoolklere van School
and Leisure beskikbaar by die klerebank,
naamlik reënbaadjies, groottes 22 - 26 teen 'n baie spesiale
prys van R135.00 en
langmou T-hemde, alle groottes teen R120.00 elk.
-
Die 4de September 2014 het Paarl-skool sy eerste Mnr. & Mej.
Paarl-skool Ambassadeur aangebied. Dit was ‘n aand van vele vermaak
met Pedro Kruger as die aanbieder. Die finaliste het die aand begin
deur hulleself aan die gehoor bekend te stel in hulle skoolklere en
die skoollied met trots gesing. Daarna het die finaliste gespog met
hulle kreatiewe rommel-uitrustings. Die finaliste het die afgelope
drie maande in pare aan ‘n gemeenskapsprojek gewerk. Dit was een
van die hoogtepunte van die aand om net weer eens te besef dat
Paarl-skool nie hierdie keer aan die ontvangkant was nie, maar dat
dit vir Paarl-skool belangrik is om ook terug te ploeg in die
gemeenskap. Die finaliste het die gehoor betower tydens die laaste
item toe die meisies met pragtige aandrokke en die seuns met
netjiese pakke die verhoog betree het. Die seuns en meisies het
verseker gelyk soos die beskrywing van die toneel: “Night at the
Oscars”. Die TOP 5 meisies: Chané Saayman, Sumarie Jordaan, Sikho
Mngomeni, Zoë Lategan en Celeste Cupido en TOP 5 seuns: Louis
Jacobs, Matthew Brooks, Nathan Marks, Dylan Dettmer en Kuhle
Nofemele het die gehoor en beoordelaars se harte gesteel met hulle
opregte en goedhartige antwoorde op ‘n wenvraag. Die kroning was
die groot oomblik van die aand toe Celeste & Kuhle as 2de
prinses & prins gekroon is, Chané & Matthew as 1ste prinses
& prins en die wenners van hierdie spoggeleentheid, Mnr. &
Mej. Paarl-skool Ambassadeur 2014: Nathan Marks & Sumarie
Jordaan. Paarl-skool wens dié twee Ambassadeurs geluk en ons is
seker dat hulle hulself goed in hul taak sal kwyt.
Die finaliste het ook in die volgende kategorieë pryse gewen:
Mnr. & Mej. Fotogenies: Zoë Lategan & Matthew Brooks Mnr.
& Mej. Persoonlikheid Sunra Mostert en Nathan Marks Mnr. &
Mej. Lekker-lag Shonna Tavares & Adriaan Janse van Rensburg
Mnr. & Mej. Vriendelikheid Sikho Mngomeni & Henco Hanekom
Mr & Miss Enthusiasm Chané Saayman & Louis Jacobs Mr &
Miss Creativity Celeste Cupido & Dylan Dettmer Mr & Miss
Charity Mia van der Merwe & Blade Patrick Mr & Miss
Inspiration Sumarie Jordaan & Kuhle Nofemele
Paarl-skool wil die betrokke opvoeders onder leiding van Hein
van der Merwe bedank vir die groot aandeel wat hulle tot die sukses
van hierdie aand gehad het: Lehandri de Necker, Shane Hodges,
Andriette de la Port, Shelly Wolhuter, Jo Coetzee, Sonika Pienaar,
Corné Swart, Aleska Slater, Helena Rademan, Esmé Tucker en Ronel
van Dijk. Paarl-skool bedank graag die borge asook almal wat
bygedra het tot die aand. By Paarl-skool moedig ons leerders aan om
te leef, te gee en hoër te streef.
One of the judges, Simone de Kock said the following: “Tonight’s
event was about true inner beauty shining so brightly. When I
looked up at the contestants I didn’t see any disabilities, only
beautiful spirits, loving hearts, helpful hands and giving souls.
Thank you for allowing me to be part of this event, hope to work
alongside this school in the future”.
-
Leerders het vir die eerste keer op Donderdag,
11 September 2014, ‘n wedstryd teen Astra-
skool gespeel. Die wedstryd was by Astra op
hul binnenshuise baan. Vir baie van ons
leerders was dit hul eerste ervaring op ‘n
basketbalbaan en die kompetisie was taai.
Reinardt Olivier het vir Paarl-skool punte
aangeteken. Die wedstryd het geëindig met ‘n
telling van 3-14 in Astra se guns. Dankie aan
die span wat Paarl-skool se naam hoog gehou
het. Ons is baie trots op Elverno Rossouw,
Sumarie Jordaan en Reinardt Olivier wat na
baie harde werk en uithouvermoë die o/19 WP
rolstoelbasketbal-span gehaal het.
Mia van der Merwe is in Mei 2014 gekies om die Weskaap te
verteenwoordig by die 2014 Nasionale Special Olympic Games wat
gedurende die Julie vakansie in Pietermaritzburg plaasgevind het.
Mia was in die swemspan en het in twee items deelgeneem. Sy het die
volgende behaal: 50m Vryslag – Goud in die kategorie van 16 jaar+
en verbeter haar persoonlike beste tyd met 7.2 sekondes. 25m
Vlinderslag – Silwer in die kategorie 16 jaar+ en verbeter haar
persoonlike beste tyd met 2.7 sekondes. Sy is intussen gekies vir
die Weskaap Swemspan wat in Desember 2014 in Pretoria by die 2014
SA Skole Sport Nasionale Kampioenskappe gaan deelneem.
Paarl-skool was goed verteenwoordig by die jaarlikse WP
Interskole en –klub Atletiek Proewe wat op 20 September 2014 by die
Coetzenburg Stadion in Stellenbosch plaasgevind het. Al die atlete
het hulle bes gedoen en goeie resultate opgelewer. Nou wag ons net
om te hoor of hulle genooi gaan word om aan die WP Proewe vir die
SA Kampioenskappe in 2015 deel te neem. Dit vind plaas op 18
Oktober 2014 by die Coetzenburg Stadion.
Gedurende die derde kwartaal was daar ‘n hele paar eerstes op
sportgebied vir Paarl-skool. Ons het vir die eerste keer deel
gevorm van die O/14 en O/16 sokkerliga en ons sokkerspanne was vir
die eerste keer saam met die netbalspan op ‘n toer na Riversdal.
Verskeie sokker- en netbalwedstryde is gespeel en ons leerders het
baie goed presteer.
Ons opregte dank aan al die ondersteuners en afrigters. Ons sien
opgewonde uit na die vierde kwartaal waar ons leerders aan krieket,
toutrek, atletiek, swem en fietsry gaan deelneem.
-
EMOSIONELE VERSORGING Die forensiese kenner Pieter van Hansen
en
Erica Crous van die SA polisiediens het die
leerders en ouers kom toespreek oor die
gebruik en gevare van sosiale media. Dit was
deel van die ouerondersteuningsprojek.
“Pedro the Music Man” het die leerders
vermaak met sy musiekinstrumente en
stories.
Wouter Swart het 'n praatjie met ons senior
leerders gehad oor seksualiteit.
As jy oud genoeg is om te droom, is jy oud genoeg om ‘n
entrepreneur te wees.
Die Seniorfase het in die derde kwartaal
“Die Entrepreneur” in Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe
behandel. Ons bied hulle graag die geleentheid om die kennis wat
hulle ingewin het toe te pas.
Die onderskeie grade sal op die volgende datums hul beurt gegun
word. 17 Oktober 2014 – Graad 9 24 Oktober 2014 – Graad 8 31
Oktober 2014 – Graad 7
Ons stel u in kennis dat die snoepie daardie betrokke dae
gesluit sal wees. Leerders word aangemoedig om so gou moontlik by
me. Slater hul handelslisensies
teen R15 aan te koop.
Op 12 September 2014 het Paarl-skool ‘n pretdag vir
alle fietsryers by die Coetzenburg Stadion in
Stellenbosch aangebied. Alta du Toit Skool het ook
by ons aangesluit. Daar was 12 wedrenne waaraan
leerders op fietse en driewiele deelgeneem het. Die
doel van die dag was om te oefen, deel te neem en
pret te hê en was nie ‘n formele kompetisie nie. Ons
was geseën met ‘n pragtige sonskyndag en almal
het dit baie geniet. Baie dankie aan al die ouers en
personeel vir julle hulp op die dag. Ons hoop om in
die toekoms nog sulke geleenthede aan te bied.
Vanaf 6 Oktober 2014 gebruik die
Aqua Sharks Academy (ASA) ons
swembad. Stephen Jones, ‘n
professionele swemafrigter, is bereid
om leerders wat belangstel te help
met afrigting tussen 14:00 en 15:00
op Dinsdae en Donderdae.
Vir enige verdere navrae kontak
hom op 072 0206735.
AQUA SH RKS ACADEMY BELLVILLE/BRACKENFELL/DURBANVILLE
Durbanville Baptiste Kerk bied op 18 Oktober 2014 vanaf
9:00-
12:00 ‘n sportdag vir kinders met spesiale behoeftes tussen
die
ouderdomme van 4-14 jaar aan. Die fokus is op basiese bal-
en
sportvaardighede en dit beloof om baie pret te wees. Kinders
word
in groepe verdeel en daar is ook fasiliteerders wat
individuele
kinders sal help. Sluitingsdatum vir registrasie is 2 Oktober
2014.
Koste: R50/gesin (sluit ligte verversings, koeldrank, tee en
koffie
in)
Kontak Mary Klinkradt (ouer) by 0749346279 vir verdere
inligting.
-
Paarl-skool groete
S. Kruger
HOOF
'n Baie opgewonde groep van 9 netbaldogters en 25 sokkerseuns
het op 1 September na Riversdal vertrek. Groot was die
opgewondenheid - veral vir al die padkos. Ons is op Riversdal
gasvry onthaal deur die personeel van Laerskool Volschenk. Die
spanne was vroeg Saterdagoggend gereed vir AKSIE. 'n Ernstige saak!
Daar was baie toeskouers; vir veral die sokkerwedstryde - iets
onbekends op Riversdal. Al drie spanne het baie goed gespeel en
tellings was soos volg: Netbal: verloor 5-3. Sokker: Juniors wen
1-0. Dylan Dettmer het 'n doel
aangeteken. Die Seniors wen 4-0. Jarred Hendricks het een doel
en
Nathan Marks het drie doele aangeteken. Baie geluk aan al die
leerders vir julle uitstekende sportmangees en baie goeie gedrag.
Ons is trots op julle. Die toer is afgesluit met middagete by
Bird's Paradise. Wat 'n avontuur om so tussen die apies en voëls te
kuier.