Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 7 Maart 2016 Kortpad na advertensies Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik) Kleinadvertensies (Besigheid) Geestelike Pitkos Werksgeleenthede Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders Kanselleer intekening / Unsubscribe 7 Maart 2016 1/4 1/4 Redakteursbrief Daar is ‘n manier hoe ‘n mens regstreeks aan die demokratiese proses in Nieu-Seeland kan deelneem, en dit is om jou stem uit te bring om die volgende landsvlag te help kies. Die veelbesproke vlagreferendum is reeds aan die gang en die meeste stemgeregdigdes kan nou hul keuse per pos instuur. Ek moedig lesers aan om deel van hierdie proses te word. STEM DAN SOMMER OOK OP BROKKIES SE WEBWERF IN ONS PRETPEILING, by www.brokkies.net! Lees die artikel hieroor, en kyk ook na die vlagontwerpe wat GELUKKIG NIE vir die nasionale span gekies is nie! Ek wil graag ook ons lesers vra om asseblief die groot poging rondom Manne wat Glo 2 te ondersteun. Kom ons maak dit die moeite werd vir die organiseerders wat in geloof hierdie groot projek op mense se versoek aangepak het. Lees ook van die Nieu-Seelandse regering se onlangse verandering in die land se immigrasiereëls. As jy nog beplan om hier te kom woon, moet jy hiervan kennis neem. Daar is ‘n nuwe werkgeleentheid onder ‘Werkgeleenthede’ - die vinnige skakel sit hier bo links. Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my by brokkies.net/kontak.) ________________________________________________________________________________________ Ysbreker: Belofte maak skuld Twee vriende loop laatnag die straat af toe ‘n rower met ‘n pistool voor hulle verskyn en hul geld eis. Albei haal hul beursies half nukkerig uit en begin om hul geldnote uit te haal. Net daar draai die een ou na sy vriend, oorhandig hy ‘n geldnoot aan sy vriend en sê: “Hier’s daardie $20 wat ek jou skuld.” Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my oor enigiets by brokkies.net/kontak.)
20
Embed
Redakteursbrief - Brokkies - 7 Maart... · Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 7 Maart 2016 Superrugby ontbloot ou en nuwe lojaliteite Ons roer bietjie die pot…
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 7 Maart 2016
Kortpad na advertensies Algemene nuusbrokkies
Gemeenskapsadvertensies
Kleinadvertensies (Persoonlik)
Kleinadvertensies (Besigheid)
Geestelike Pitkos
Werksgeleenthede
Afrikaanse kerkdienste
Landswye dagboek
Riglyne vir adverteerders
Kanselleer intekening / Unsubscribe
7 Maart 2016
1/4
1/4
Redakteursbrief
Daar is ‘n manier hoe ‘n mens regstreeks aan die demokratiese proses in Nieu-Seeland kan deelneem, en dit is om jou
stem uit te bring om die volgende landsvlag te help kies. Die veelbesproke vlagreferendum is reeds aan die gang en die
meeste stemgeregdigdes kan nou hul keuse per pos instuur. Ek moedig lesers aan om deel van hierdie proses te word.
STEM DAN SOMMER OOK OP BROKKIES SE WEBWERF IN ONS PRETPEILING, by www.brokkies.net!
Lees die artikel hieroor, en kyk ook na die vlagontwerpe wat GELUKKIG NIE vir die nasionale span gekies is nie!
Ek wil graag ook ons lesers vra om asseblief die groot poging rondom Manne wat Glo 2 te ondersteun. Kom ons maak
dit die moeite werd vir die organiseerders wat in geloof hierdie groot projek op mense se versoek aangepak het.
Lees ook van die Nieu-Seelandse regering se onlangse verandering in die land se immigrasiereëls. As jy nog beplan om
hier te kom woon, moet jy hiervan kennis neem.
Daar is ‘n nuwe werkgeleentheid onder ‘Werkgeleenthede’ - die vinnige skakel sit hier bo links.
Philip Langenhoven
Redakteur (Skryf gerus aan my by brokkies.net/kontak.)
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 7 Maart 2016
Algemene nuusbrokkies
Terug na bo...
Manne wat Glo 2 begin hierdie week in NZ!
Kom ons ondersteun hierdie groot en mooi poging!
Tot dusver was hul Aussie-toer ongelooflik goed ontvang (kyk maar op Facebook), en die Kiwi-deel van hul toer begin op 9 Maart in Christchurch! Kry jou kaartjies en kom ons ondersteun hierdie grootse projek om Manne wat Glo 2 al die pad na Nieu-Seeland te bring met hul nuwe produksie.
Wellington volg 10 Maart, Hamilton op 11 Maart, Suid-
Auckland op 12 Maart en Noord-Auckland op 13 Maart.
Hennie Botha van Musiek Fabriek sê die logistiek van so
‘n toer is uiters gekompliseerd en dat hy “soms wil
weghardloop”. So ‘n toer is baie veeleisend “maar die
groep is energiek, hulle leef op professionele adrenalien en
word gedra deur toewyding aan Koninkrykswerk”.
Hennie sê “die Christen Afrikaner is besig om saam te trek
en Gospel Fees moet ‘n jaarlikse instelling word”.
Hy sê al meer borge begin aan boord kom en hulle wil al
meer stede bereik. Die droom is om die Gospel Fees ook
na Engeland, Amerika, Kanada, Europa, en orals waar
Suid-Afrikaners in die buiteland is, te neem.
So, is jy en jou gesin reg om die viertal Manne wat Glo wat
verlede jaar so ‘n suksesvolle toer deur Nieu-Seeland en
Australië onderneem het, weer te ondersteun? Mense het
gevra dat hulle moet terugkom, en dit is wat hulle van
volgende week af doen met hul nuwe produksie, Manne
wat Glo 2. Hulle tree van 4 tot 20 Maart op.
Hierdie is die grootste toer wat sover bekend nog deur
Suid-Afrikaanse kunstenaars in die buiteland onderneem
sal word.
Kom ons ondersteun hierdie belangrike saak!
Besoek http://musiekfabriek.global/ vir meer inligting.
Laat hierdie Lydenstyd ons help om meer uit die LEWE te kry.
Ds Jaco Reyneke Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland (Tauranga-gemeente)
Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 7 Maart 2016
Vertel ons van mense se prestasies of belangstellings
Ken jy ‘n mede-immigrant vanuit SA of Namibië wat ‘n prestasie behaal het of ‘n interessante
werk, belangstelling of stokperdjie het? Of dalk het hulle iets baie interessant beleef. Onthou,
Brokkies soek altyd sulke stories om gereeld sy Afrikaanse lekker met almal te deel.
Jy kan help deur stories self te skryf; ek sal dit redigeer indien nodig. Of, jy kan net die
agtergrond deurgee met die persoon se kontakinligting sodat ek dit met hulle kan opneem. Kyk
by www.brokkies.net hoe dit werk by 'Bydraes'.
Gee jy jou Brokkies aan vir iemand?
Hier’s ‘n spesiale versoek aan alle intekenaars...
Talle lesers stuur hul kopie van die e-pos wat Brokkies se jongste uitgawe bekend stel, aan familie en vriende elders.
Dankie dat julle hierdie proesel Kiwi-Afrikaans so versprei. Help my egter om ‘n beter gevoel te kry vir die werklike aantal
lesers wat Brokkies het.
Daar is derduisende gesinne ingeteken. Daar is egter talle ander, selfs buite Nieu-Seeland, wat dit onregstreeks ontvang.
Hiermee ‘n versoek dat jy liewer hierdie skakel aan hulle stuur sodat hulle self kan inskryf.
Kom gesels saam op Facebook in Afrikaans
Het jy al op Facebook die groep ‘Afrikaans in Nieu-Seeland/New Zealand’ raakgeloop? Indien nie, maak gerus daar ‘n
draai en gesels lekker met ander lede. Vertel jou Aussie-vriende ook van die ‘Afrikaans in Australië’-groep.
Besoek ‘Afrikaans in Nieu-Seeland’ op Facebook
Die Brokkies-webwerf bied alles wat jy nodig het
Of jy wil inteken op Kiwi-Brokkies of op Aus-Brokkies, vir die redakteur wil skryf, stories wil aanbied,‘n advertensie wil
bestel of hernu, of jou adres wil verander - alles word nou deur die Brokkies-webwerf gedoen. Alle uitgawes van
Brokkies word op die webwerf gehuisves vir mense wat iets soek wat in ‘n vorige uitgawe verskyn het.
Besoek Brokkies se Facebook-bladsy Brokkies het nou sy eie Facebook-bladsy. Die adres is https://www.facebook.com/Brokkies.Net Help ons asseblief deur die nuwe webwerf se skakel (brokkies.net) aan vriende en familie te stuur. Onthou om te ‘like’ as jy ‘like’!
Kommunikeer so met Kiwi-Brokkies Vir Advertensie-riglyne, om 'n brief of ander bydrae in te stuur, om iemand in te teken of jou adres te verander, besoek brokkies.net. Die webwerf bevat skakels waardeur al bogenoemde funksies verrig kan word. Om op te hou om Kiwi-Brokkies te ontvang, besoek http://brokkies.net/skryf-in en versoek dat jou e-posadres verwyder word.
Aanspreeklikheid en Regte (Lees volledige Gebruiksvoorwaardes en Privaatheidsbeleid by brokkies.net - heel onder aan tuisblad) Die redakteur van Brokkies aanvaar nie aanspreeklikheid vir die korrektheid, wettigheid of algemeen aanvaarbaarheid van enige nuus-of
algemene item nie. Dieselfde geld ook vir enige geplaasde advertensie of advertensie-artikel se inhoud of die belofte van ‘n produk of diens se gehalte wat in advertensies vermeld word. Enige probleme met advertensies se inhoud, dienslewering of produkgehalte moet regstreeks met die adverteerder opgeneem word, en die redakteur raak nie by daardie proses betrokke nie.
Die redakteur behou die reg voor om enige voorgelegde bydrae (nuus of advertensie) van die hand te wys en nie te publiseer nie, sonder verstrekking van redes. Dit sluit in die reg om te enige tyd korrespondensie oor diesulke situasies eensydig te beeïndig.
Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 7 Maart 2016
Gemeenskapsadvertensies
Terug na bo...
1. 9-13 MAART 2016 – Manne wat Glo 2 kom na ‘n stad naby jou
Gedurende Maart kom die nou reeds bekende Manne wat Glo weer na Nieu-Seeland, en hulle bring ‘n splinternuwe prdoduksie Manne wat Glo 2. Hulle het vier optredes in Nieu-Seeland. Hulle tree by kerke op.
The Entertainment Factor (TEF), ook bekend as die Musiekfabriek, in samewerking met die Afrikaanse Klub van Australië Inc. bring vir Willie Joubert, Leon Ferreira, Dewald Gouws en Jan de Wet weer na die twee Doeronder-lande en Brokkies is weer ‘n mede-borg.
Die program verskyn hier onder. Besoek gerus ook https://www.facebook.com/groups/GospelFees/
‘Manne wat Glo’ se CHRISTCHURCH-optrede Datum: Woensdag 9 Maart 2016
Plek: Te Hope Presbyterian Church, 27 Amyes Road, Christchurch
Tyd: 6.30 – 9.30 nm
Toegang: Volw $30, kind (onder 15) $20, kind (onder 5) gratis, gesin van 4 – $80, gesin van 5 of 6 – $100 Kaartjies: https://www.dashtickets.co.nz/event/1q8gzfk09
‘Manne wat Glo’ se HAMILTON-optrede Datum: Vrydag 11 Maart 2016
Tyd: 6.30 nm
Plek: Methodist Church Auditorium, 62 London Street, Hamilton.
Toegang: Selfde as vir Wellington hierbo. Eet en drink: Koffie, tee en koeldranke sal te koop wees. Kaartjies: https://www.dashtickets.co.nz/event/r0479ycgb
Inligting: Andre Schaefer by (07) 823 0213 / 021 232 8927 of e-pos: [email protected]
‘Manne wat Glo’ se Suid-AUCKLAND-optrede Datum: Saterdag, 12 Maart 2016
‘Manne wat Glo’ se NOORD-AUCKLAND-optrede Datum: Sondag 13 Maart 2016
Tyd: 6.30 nm
Plek: North Harbour Seventh-day Adventist Church, 40 Bronzewing Terrace, Unsworth Heights, North Shore Kaartjies: https://www.dashtickets.co.nz/event/6r53n9vh4
Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 7 Maart 2016
2. Botany se Afrikaanse Boekklub nooi jou uit
Die Afrikaanse Boekklub in die Botany-biblioteek in Auckland kom maandeliks bymekaar
om die lekkerte te vier van Afrikaans praat en lees.. Mense kan ‘n boek bespreek wat
hulle die vorige maand gelees het, of hulle kan hul gunsteling Afrikaanse boek saambring
en daaruit voorlees. Dit word baie informeel gedoen.
Datum: Die volgende datum is 19 Maart 2016
Tyd: 4nm tot 5nm
Plek: Botany-biblioteek, Botany, Auckland
Navrae: Magda van Rooyen tel (09) 2745228 of e-pos [email protected]
3. ‘Lekker Luister’ - Afrikaanse Radio in die Waikato Lekker Luister saai elke Woensdag 6nm uit op die Waikato se 89.0 Free FM. Dit kan reg oor die wêreld geluister word
op www.freefm.org.nz . Kuier saam met Karisma vir lekker geselse, Afrikaanse musiek, ligte humor, so nou en dan 'n
resep, en onderhoude met kunstenaars wat in Nieu-Seeland optree. As jy dalk ‘n program misgeloop het, kan jy na die podcast luister op die Lekker Luister Facebook blad. Vir meer inligting e-pos Karisma: [email protected]
4. Kiwi-skool bied aanlyn klasse in basiese Afrikaans vir kinders in Nieu-Seeland Die VLN Primary School bied Afrikaanse internetklasse vir kinders aan. Klasse behels 15 weeklikse sessies, waartydens leerlinge en
onderwysers mekaar in ‘n internet-konferensiekamer ontmoet. Leerlinge ontvang dan ‘n les wat 30 minute duur, en hulle oefen deur die
week aan tuiswerk. Die klas word hanteer deur mevrou Annatjie Fourie, die skoolhoof van Ohura Valley Primary School.
Om jou belangstelling te registreer, skryf asseblief in Engels aan Ginette Van Praag by [email protected]
Vir meer inligting, skryf gerus ook aan Rachel Roberts by [email protected]. Besoek ook die skool se webwerf.
5. Radio Dukes – Radioklanke wat die Klopsekultuur in Kiwiland uitbou Radio Dukes saai elke Saterdagaand om 9:40nm vanuit Auckland uit in Afrikaans en Engels op PlanetFM 104.6. Mense van regoor
die wêreld kan inskakel. Hierdie Klopse-program met ‘n groot hart vir Afrikaans word lewendig aangebied. Hulle bespreek nuus vanuit
die Klopse-gemeenskap in Auckland en die Kaap, Klopse en Afrikaanse musiek, taal, kultuur en ‘huis en haard’, oor kos, soms oor die
geskiedenis en van alles en nog wat hier in Nieu-Seeland. Riedewaan Waggie is die produksieman en omroeper, Marlene Smith is
mede-omroeper en Willem Tait (ou-d-SAUK/Radio Oranje) is klankingenieur. Die week se program is altyd beskikbaar vir die wat die
lewendige uitsending op ‘n Saterdagaand misgeloop het, by http://www.planetaudio.org.nz/radiodukes. Bekyk ook hul Facebookbladsy.
6. TunaRadio saai wêreldwyd uit in Afrikaans – vanuit Wellington TunaRadio se leuse is “Vir Ons Mense, Met Ons Mense” en daarom kan ons lekker saamkuier met Pieter en sy span wat ons
heeldag vermaak met SA-musiek en Afrikaanse geselsies. Retha Kruger gesels in Kos&Kerjater oor eet, drink en gesond leef, terwyl
Pieter en Deon oor alles kuier, van Sport&Plesier en Taal&Kultuur tot Kort-Kort Stories en JeugJolle. Alana Bailey van AfriForum
kuier ook saam met Pieter in ‘SA in ‘n Minuut’ waar hulle hoogtepunte van die SA-week bespreek. Kuier gerus by
http://www.tunaradio.net en luister vanaf hulle Luisterblad. Volg TunaRadio op Twitter @tunaradio, skryf aan hulle by
7. Govt.nz webwerf vir al jou inligtingsbehoeftes Die Nieu-Seelandse regering het onlangs 'n nuwe inligtingswebwerf genaamd Govt.nz gekend gestel. Dit vat verskeie
staatsdepartemente se inligting vir die publiek saam in een webwerf, en vervang die ou newzealand.govt.nz. Hoewel jy 'n soektog
deur die soekfunksie kan doen, word die volgende temas aangebied waaronder 'n mens na inligting kan soek:
Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 7 Maart 2016
Kleinadvertensies (Persoonlik)
Terug na bo...
1. Vraghouerspasie om te deel na Suid-Afrika gesoek (1/4) Vraghouer (container) spasie gesoek om te deel vanaf Auckland na Suid-Afrika – Soek so 1.5 x 1.5 meter vir merendeels
bokse. Vir meer besonderhede kontak John Bensch 021 121 7793 of by [email protected]
2. Inligting vir voornemende Immigrante na NS (1/5/10)~P Besoek www.fritzswart.co.nz en kliek op die skakel “Tips on Moving to NZ” vir waardevolle inligting en advies oor
verhuising na Nieu-Seeland. Vir meer navrae gebruik die “enquiry”-skakel of e-pos Fritz Swart: [email protected]
3. Het jy goeie selfvertroue en oorredingsvermoë? Ek is op soek na 'n entoesiastiese deeltydse persoon om te help met skoonmaak van huise op die North Shore van
Auckland. Die posisie is 2 dae per week met die moontlikheid om na 25-30 ure per week te verander. Volle opleiding
sal voorsien word. Kontak Barbara asseblief op 022 079 5728.
4. Gasvryheidbedryf – Tauranga (3/4) Gevra: ‘n Voltydse pos in die gasvryheidsbedryf - as bestuurder of chef. Skakel asseblief 021 026 14236.
Kleinadvertensies (Besigheid)
Terug na bo...
Klik op die besigheidstipe van jou keuse:
Algemeen Eiendomme te huur of te koop Professionele dienste Versekering
1. In BROWNS BAY - Maandelikse byeenkoms vir immigrante (1/5/10)~2 [1bet] Maandelikse byeenkoms vir nuwe immigrante. Kom geniet ‘n drankie, ontmoet ander mense en bou jou netwerk.
Hierdie is ons 5de suksesvolle jaar om mense te help. Besoek ons webtuiste www.networkfinancialservices.co.nz vir
besonderhede oor maandelikse pryse, jaarlikse oorsese prys asook ons maandelikse spreker.
Datum & Tyd: 29 Maart 2016– 6nm Adres: Inverness Room, Browns Bay Community Centre, 2 Glen Road, Browns Bay, Auckland.
Drankies en verversings sal bedien word. Kontak Eugene 022 276 0082 of [email protected]
2. KykNet bring lekker Afrikaanse TV-programme binne jou bereik! (2/12/15) Jy kan nou elke dag al die lekkerste Afrikaanse programme kyk al woon jy nie meer in SA nie. Teken in op
kykNET Internasionaal op ShowMax teen net US$8.99 pm. Gaan na ShowMax.com vir ’n 7-dae gratis proeflopie.
3. Mango Travel – Vir al jou reisbenodigdhede – Tolvry: 0800 62 64 64 (3/5/10)~1 Vlugte van AKL –JNB RETOER! Alle belastings en heffings ingesluit van slegs $1995 per persoon! Geldig vir vertrek tot 29 Nov 2016. Moet nie die geleentheid misloop nie! Skakel Mango NOU op 0800 MANGO4U (626464) Onthou, ons aanvaar alle kredietkaarte asook Q Card – 1 jaar rentevry Besoek: www.mangotravel.co.nz asook Facebook – epos: [email protected]
4. Vraghouer (‘container’) spasie weer beskikbaar vanaf Suid-Afrika (3/5/10)~1 Goeie nuus vir Brokkies-lesers, en as gevolg van versoeke wat nooit opgehou het nie…Ons gaan binnekort weer
gereeld spasie in ons vraghouer van Suid-Afrika af hê om persoonlike of besigheidsgoedere na Nieu-Seeland te bring.
Vir meer besonderhede kontak Jaco Bosman +64 21 187 3045 of +64 9 476 7056 of [email protected]
Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 7 Maart 2016
5. Afrikaanse CD’s en DVD’s te koop – hier in Nieu-Seeland! (5/5/10)~3 Vir inligting oor ‘n groot verskeidenheid Afrikaanse CD’s en DVD’s wat teen billike pryse te koop is, skakel met Leon by
[email protected] Vind hom op Trademe deur vir die woord ‘Afrikaans’ te soek.
6. Suid-Afrikaanse braairestaurant in Auckland – Het nou beroemde souse! (4/5/10) Bushman's Grill Steakhouse bottel nou hul heerlike peri-peri en suurlemoen, en kruiesouse en –marinades! Eg
Zimbabwiese resepte. Bekostigbare steaks, spare-ribs, uieringe, calamari, prawns en meer. Ook knoffelslakke, Dom
Pedros en Springbokkies. Gereelde spesiale aanbiedings soos 300g ‘rump’ vir net $22 of 600g vir $32 op Woensdae.
Skakel ons vir ons ‘specials’ op Dinsdae! Gesinsvriendelik met ‘n speelkamer vir kinders.
Adres: 31 Northcote Rd, Hillcrest (vanaf noordelike snelweg, neem Northcote-afrit). Parkering voor Poenamo Hotel
oorkant netbalbane. Kyk ons spesiale aanbiedinge: www.bushmansgrill.co.nz. Bespreek by 09 418 0056 / 021 055 3835.
7. ONStv bring die beste Afrikaanse flieks na teaters in NZ en jou woonkamer (6/10/10) Besoek www.onstv.net en sien waar die fliek gaan wys asook die ander tuisvermaak wat NOU beskikbaar is om te
huur/te koop. 'LIKE' ons Facebookblad www.facebook.com/ONStv en bly op die hoogte van die nuutste verwikkelinge.
Akkommodasie / Tydelike verblyf
Terug na besigheidstipes...
- Advertensieruimte beskikbaar -
Ambagsmense / Kontrakteurs
Terug na besigheidstipes...
- Advertensieruimte beskikbaar -
Eiendomme te huur of te koop
Terug na besigheidstipes...
- Advertensieruimte beskikbaar -
Finansiële dienste
Terug na besigheidstipes...
1. Hoe bring ek my SA Rand na Nieu-Seeland? (2/10/10) P Het jy iewers geld op belegging? Onseker oor hoe om dit oor te plaas? Mutual Financial Services in assosiasie met
Rand ReUnite spesialiseer in geblokkeerde fondse soos uittree-annuïteite, pensioenfondse, aandele en erfgelde. Ook
kontantoorplasings vanuit enige SA-handelsbank. Die SA Reserwebank staan dispensasie toe aan SA-residente en
burgers om jaarlikse toelae te gebruik om rande oor te plaas. Registreer by http://www.randreunite.com/registration.php .
Kontak Herman Roodt by 09 473 0880 (w), 021 736 030 of e-pos [email protected] of besoek www.mfs.net.nz
2. Suid-Afrika – nader aan Nieu-Seeland as wat jy gedink het! (2/5/10~4) 11 500 km mag dalk ver klink, maar nie as dit by jou Suid-Afrikaanse uittree-annuïteite kom nie. cashkows.com plaas
jou Rande vinnig en maklik na Nieu-Seeland oor sodat jy die Kiwi-lewe ten volle kan geniet. Ons kontak jou om die
Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 7 Maart 2016
3. Glenfield Tax Accountants – Small business experts (3/5/10) P Glenfield Tax Accountants ~ Small Business Experts with a Different Approach. GST & Income Tax Returns for
Companies, Sole Traders, Trusts, Partnerships & Rental Properties. We expand your awareness of how business
WORKS ~ of how businesses GROW ~ and how to ENJOY your business. First Visit FREE! Contact Mariska Malan on
4. Is jy bekommerd oor jou geld wat nog in SA is? (5/5/10)~4 P Rand Reunite is ‘n plaaslike maatskappy wat Saners voorsien van praktiese en koste-effektiewe maniere om hulle te
“reunite” met hul Rande! Ons spesialiseer in geblokkeerde fondse soos uittree-annuïteite, pensioenfondse, aandele en
erfgeld. Ons doen ook kontantoorplasings vanuit enige SA-handelsbank. Kontak Rudi: 09 972 0857 / 021 222 7897 /
www.randreunite.com of besoek ons by: 2nd floor, Professional Centre, 39 Anzac, Rd, (Auckland se North Shore)
5. Huiskoop is jou grootste finansiële besluit! (7/10/10) P Benodig jy ‘n huislening teen die beste rentekoers? Ons huisfinansieringspesialiste kan help met die volgende vrae:
Vir hoe groot lening kwalifiseer ek teen ‘n mededingende rentekoers?
Kan ek my eiendom se waarde gebruik vir ‘n deposito op ‘n nuwe eiendom? (Groot belastingvoordeel)
Watter versekering het ek nodig?
Vir gratis advies skakel Richard en sy span by 09 479 8449 / 0800 112 300 of e-pos [email protected] vir ‘n
afspraak... jou tyd... jou plek, of kom drink ‘n cappuccino by ons kantoor te 753 Beach Rd, Browns Bay.
Motors
Terug na besigheidstipes...
1. Motorherstelwerk-bestemming op die Shore (4/5/10) P Pit Stop Browns Bay is in Suid-Afrikaanse besit. Uitlaatstelsels, remme, suspensiewerk, skokbrekers, dienste, “cambelts”;
koppellaars; “CV joints” en WOF-herstelwerk. Vir ‘n professionele, hartlike, waarde-vir-geld dienservaring sonder gelyke,
in beide Afrikaans of Engels, kontak Duncan by 479 5311 / 479 5314 òf loer in te Beach Road 749, Browns Bay
Professionele dienste
Terug na besigheidstipes...
1. SILVER FERN IMMIGRATION SERVICES – Committed to your success (1/5/10) P Drie gelisensieerde adviseurs om jou te help met enige immigrasiewerk. Ons help graag met;
• SMC (Skilled Migrant Category) – E-pos jou CV na ons vir ‘n gratis evaluasie
• Werksvisas – Het jy ‘n werksaanbod? Ons kan help om jou werksvisa in die kortste moontlike tyd deur te kry
• Besigheids- en Entrepeneursvisas – Ons kan help om jou besigheidsidee te laat gebeur
• Beleggers – Het jy geweet dis ‘n kortpad na permanente verblyfreg?
• Ouers van ‘permanente residents’ – Ons bied ‘n spesiale prys aan ouers
Besoek www.silverfernimmigration.co.nz of kontak ons op 09 533 6134, of Skype op Silverfernimmigration1
2. Regsadvies – Downie Stewart Lawyers (1/25/10) Op soek na ‘n prokureur wat jou verstaan? Eerste telefoon-konsultasie gratis vir Brokkieslesers. Kontak Pieter Brits by
021 990 711 of [email protected] of besoek ons webblad www.downiestewart.co.nz vir meer inligting.
3. Dental Practice on the North Shore (2/5/10) P Sunset Dental Care, Unit 9 North Shore Medical Centre, 326 Sunset Road, Mairangi Bay. Dr Jonathan Franks BDS
(Rand), ex-South African run & owned. New patients welcome. Special: Free examination for new patients Call 478 2112
4. Leiding met Loopbaan-, Studie- en Vakkeuses (3/5/10)~2 Potential Profiling help jou kind ‘n loopbaan kies wat sy/haar brein se natuurlike denkvoorkeure pas. Verhoed
teleurstelling, frustrasie, tydmors, demotivering, konflik, onderprestasie en studieskuld-las eie aan verkeerde
beroepskeuses. Vir ‘n unieke loopbaanleidings-diens, skryf vir Martin Hefer by [email protected]
Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 7 Maart 2016
5. Baker Law – Prokureurs North Shore en Howick (5/5/10) P Ons is die grootste Afrikaanse prokureursfirma in die land en help graag met ‘n wye verskeidenheid van sake. Ons het
spesialiste in eiendommme, trusts en testament, litigasie, besigheidsreg en arbeidsreg. Ons kantore is in Beach Rd,
Mairangi Bay (ingang uit Hastings Rd, langs United Video), en in 1/212 Burswood Drive, Botany.
Tel : 09 476 8000 of faks: 09 479 6889, of skakel ons by 09 476 8000 of e-pos na [email protected]
6. North Shore Immigration (Established 1993) (5/5/10) P We have 3 licensed advisers and 3 support staff operating in Albany, North Shore, Auckland. Professional immigration
advice. If you are a tradesman we can assist with finding jobs. We can help with Work Visas, Residency, Student
visas and the investment category. Renewal of passports, free advice and free assessments. Contact Peter
Visit www.nsis.co.nz or www.sagoingtonz.co.nz for lots of information regarding immigration to NZ
Rekenaardienste
Terug na besigheidstipes...
1. PC Fixit Rekenaardienste (1/5/10) P Ons bou rekenaars volgens u vereistes, installeer netwerke, doen opgraderings en herstelwerk by u huis of kantoor regoor Auckland. Skakel Juanita of Philip Coetzee by 09 271 2441 of 0800PCFixit. E-pos: [email protected]
Skoonheid & Gesondheid
Terug na besigheidstipes...
1. KAPITI COAST – ‘House of Hair Salon’ bied professionele, bekostigbare diens (3/5/15) Hier’s ‘n Suid-Afrikaanse haarkapster wat jou behoeftes verstaan! Ek ken die nuwe haarstyle, kleure en haarprodukte.
Ek’s gekwalifiseer en geniet dit om met mense te werk. Skakel my, Mariaan van Niekerk, vir ‘n geselsie of ‘n afspraak:
Tel. 04-904 0878 / sel. 021-059 8078 / e-pos [email protected] My nuwe adres is 8 Grange Park, Raumati South.
Ek is ook ‘n konsultant vir Annique rooibos skoonheidsprodukte in die Kapiti Coast-gebied.
2. SOLAL* nou in Nieu-Seeland beskikbaar! (4/5/10)~4 Kry jou SOLAL FeelFull Oil* met Pinno-Thin & MCT teen slegs $42.95! FeelFull Oil is ‘n doeltreffende hongerdemper
maar help ook die liggaam om vet te verbrand.
Skakel Lezanne by 021 026 14233 of koop aanlyn www.theskinworx.com
Gratis aflewering wanneer jy $65 of meer spandeer gedurende Desember!
Versekering
Terug na besigheidstipes...
1. Sakpas versekeringsopsies wat jou familie se toekoms beskerm (8/25/10)-P Fincare is ’n toonaangewende versekeringsmakelary met meer as 50 jaar ondervinding. Ons bied 'n reeks omvattende
versekeringsprodukte, wat lewensversekering, inkomstebeskermer, trauma, aflegging, medies en
korttermynversekering insluit. Fincare bied ook professionele hulp met huisverbandaansoeke met so min as 10%
deposito, asook gratis testamente vir ons kliënte. Kontak ons vir ’n gratis konsultasie: 09 963 6291 • 021 472 444 •
2. “Baie belangrike finansiële inligting!” ??? (8/25/10)-P Het jy geweet dat DiscoveryLife 'n 1-stop finansiële diens verskaf; van huisverbande tot versekering. Gesels met
ons kundige adviseurs om jou finansiële sekuriteit te help verseker. (Klik op "DiscoveryLife" om meer uit te vind.)
Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 7 Maart 2016
3. Is jy moeg vir verskeringspremies wat elke jaar opgaan? (4/5/10)~3 Bespaar op versekeringspremies en behou sodoende jou versekering wat jou en jou gesin se belange beskerm. Ek kan
jou op die lang duur baie geld bespaar.
Kontak Willem by 021 029 45110 of 04 905 3782 of e-pos [email protected] . Ek is landwyd in NZ beskikbaar!
4. Het jy jou versekering deur ‘n bank bekom? (10/10/10) DRINGEND! Almal wie se versekering by ‘n bank is moet asb dringend dat ‘n regte makelaar daarna kyk. Versekering
wat deur banke en direkte versekeringsmaatskappye soos MAS, Cigna en Pinacle verkoop word, is baie duurder en dek
baie minder toestande as regte versekering. Praat asseblief met my of jou eie makelaar om julle hiermee te help. Skakel
Herman Roodt van Mutual Financial Services by 09 473 0880 (w), 021 736 030 (s) of e-pos [email protected]
5. HAMILTON & NASIONAAL - Betroubare Versekering (1/5/10)~2 My naam is Klippies (Martin) Kritzinger en ek het 30 jaar se finansiële en sake-ondervinding. Ek gee advies oor sake
soos lewens-, trauma-, mediese-, inkomste-, huisverbandbeskerming en besigheidsdekking. Ek help ook met die
opstel van testamente en trusts, die verkryging van huislenings, en inhouds- en voertuigversekering. My dienste
sluit ook in raad oor Immigrasiesake, Suid-Afrkaanse versekering en beleggings.Skakel my vir betroubare raad.
Klippies Kritzinger by e-pos [email protected] of tel nr 07-834 4332 of selnr 022 161 9125
Besoek ook www.millenium.co.nz
6. Uitree-annuïteite in SA mag nou voorwaardelik afgekoop word (1/5/10) Indien u oor Permanente Verblyfreg of Nieu-Seelandse burgerskap beskik, mag u moontlik u uitree-annuïteite in SA
afkoop, selfs al is u jonger as 55 jaar. Vir verdere inligting, stuur asb ‘n e-pos aan Fritz Swart: [email protected]
7. Puik diens en nasorg gewaarborg (1/5/10) P Benut my ondervinding in die Versekeringswese van meer as 30 jaar. Lewensversekering en verwante voordele,
gesondheidsorg, KiwiSaver en motor-, huis- en inhoudsversekering; ook vir besighede. Huislenings - ons kontrakteer met
groot finansiële instellings. Ons vind oplossings vir jou unieke omstandighede. Hierdie diens word gratis gelewer.
Skakel Neels Vorster by AI Financial Services Ltd, Beach Road 753, Browns Bay, Auckland.
8. Fritz Swart vir al jou versekeringsbehoeftes en meer (1/5/10) P Fritz Swart het meer as 25 jaar ervaring in die versekeringswese. Nuwe NZ lewens-, mediese, kar- en
huisversekering teen lae premies. Advies en inligting oor jou SA-polisse. Ook huisverbande en gratis NZ
testamente vir kliënte. Skakel 09 473 5210 of 021 183 8936 alle ure. E-pos: [email protected] en webblad
SA-produkte
Terug na besigheidstipes...
1. Suid Afrikaanse Winkels in Rosedale Road en Stanmore Bay (7/10/10)-P Die SA-winkels in Rosedale Rd en Stanmore Bay hou baie SA produkte aan soos biltong, boerewors, koeksisters,
melktert en kruideniersware. ‘South African Kiwi’-gholfhemde nou beskikbaar. Groot verskeidenheid SA-CD’s, SA-wyne,
SA-biere en ander drank!
Besoek ons by 6c Rosedale Rd (net af van East Coast Rd) – tel 09 478 8016, of by 2B Arklow Lane, Stanmore Bay
(draai regs op die bult na PlaceMakers op pad na die Pacific Plaza) tel 09 428 0850.
2. HAMILTON: Elite Meats Butchery vir kwaliteit en puik pryse (2/25/10) Heerlike Biltong, Droë Wors, Cabanossie en Biltong Chips. Verskeie SA Produkte. Bestel aanlyn of per e-pos.
Besoek nou Elite Meats Butchery by 97 Fifth Avenue, Enderley, Hamilton.
Tel 078557800 / E-pos: [email protected] / Web: www.elitemeats.co.nz
Volg ons op FACEBOOK en bly op die hoogte van elke maand se spesiale aanbiedings.
3. ‘The Original SA Shop’ in Browns Bay het van alles en nogwat (2/5/10) P Kom besoek ons by The Original SA Shop 12 – 18 Inverness Road, Browns Bay – Op die hoek van Glen Road en
Inverness Road. Ons hou ‘n groot voorraad Suid-Afrikaanse produkte aan soos Biltong, Boerewors en Melktert,
Koeksisters en Fudge asook ‘n groot verskeidenheid kruideniersware, lekkers en chips.
Probeer ons tuisgebak: Koeksisters ($7.90), Melktert ($11.50), Peppermint Crisp-tert ($16.90)
Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 7 Maart 2016
4. SA Shop Howick – sedert 2001 ONS HET NOU 'N WEBWERF! (2/5/10)~0 Callie en Kim le Roux bied die gewone SA produkte, asook vars boerewors, hamburger-patties, chilli-bites, biltongblare
en tuisgemaakte terte en beskuit – ook smullekker gemarineerde Spur-tipe ribbetjies! Ons het ook SA-wyn, bier en
hardehout. Ons lewer landwyd af. Kom kuier by Wellington Street 170, Howick of tel 533 7085. Baie dankie aan
bestaande kliënte en baie welkom aan nuwe mense vanuit SA!
Ons webwerf: www.southafricanshop.net.nz Ons e-posadres: [email protected]
5. WELLSFORD - 'BILTONG PLUS': Nuwe SA winkel in Wellsford! (9/10/10) Jaaaa! Wellsford spog ook nou met ‘n SA winkel, genaamd Biltong Plus. Al die tradisionele SA-lekkernye en nog
vele meer is nou beskikbaar vir almal in of naby Wellsford, of vir mense wat op pad is noorde toe.
Ons is sommer daar in die hoofstraat tussen die twee 4 Square-winkels. Baie parkering agter die winkel.
6. Safari Biltong winkels (5/5/10) P Northshore: 83 Apollo Drive
Hamilton: 96A Fith Ave Tel nr 07 852 5251
Aan-lyn bestellings: www.safaribiltong.co.nz OF Skakel tolvry 0800 Biltong
Landswye aflewering – sien kostes op ons webwerf.
Safari Biltong spesialiseer in biltong, droëwors, cabanossi, ‘biltong sticks’, ‘chilli sticks’ en ‘biltong chips’ (gewoon & chilli)
7. Fred’s Fine Foods in Silverdale – Landswyd bekend vir puik produkte! (1/5/10)~3 P (1bet) Ons nuwe winkel in Silverdale se adres is Shop 4, 23-25 Wainui Road. Ons verkoop alles wat tans in Albany en Highland
park te kope is. Ons het nou 'n tolvrye nommer: 0508 4 FREDS (373 37)
Ons maak biltong, droëwors, boerewors, russians, viennas, melktert, beskuit en koeksisters en het ‘n groot klomp SA
produkte. Kontak vir Aletta, Alida of Danie! Ons koerier produkte landwyd. Besoek ons te Unit H, 52 Oteha Valley Rd,
Albany op die North Shore. Ook by die Highlands Park winkelsentrum, 505 Pakuranga Rd. Boereworsrolstalletjie op
Saterdae (as die weer dit toelaat). Besoek www.fredsfinefoods.co.nz of e-pos [email protected]
Werksgeleenthede
Terug na bo...
1. Assistant-rekenmeester vir konstruksie-besigheid ‘n Groeiende besigheid in East Tamaki, Auckland is op soek na ‘n assistant-rekenmeester met ‘n graad in rekeningkunde.
Ook goeie ondervinding in alle fasette van besigheids-rekeningkunde insluitende interne beheer, koste/wins ontledings en
grootboek-rekonsiliasies. Die suksesvolle kandidaat moet ook goeie vaardighede in die gebruik van Engels en ‘n telefoon
hê. Verder word gevorderde Excel-vaardighede vereis en moet die persoon kan multi-taak.
Aansoekers moet asseblief hul aansoek/CV (ook navrae) per e-pos stuur aan [email protected]
2. Deeltydse persoon gesoek Ek is op soek na 'n entoesiastiese deeltydse persoon om te help met skoonmaak van huise op die North Shore van
Auckland. Die posisie is 2 dae per week met die moontlikheid om na 25-30 ure per week te verander. Volle opleiding sal
voorsien word. Kontak Barbara asseblief op 022 079 5728.
3. Het jy goeie selfvertroue en oorredingsvermoë? Is jy charismaties met goeie oorredingsvermoë? Het jy genoeg sjarme en selfvertroue om ‘n saak goed en oortuigend oor
te dra? As jy oor hierdie talente beskik en jy kan ys aan eskimo’s verkoop, het ons die regte pos vir jou! Bel Michelle NOU
by 09 9636291 of 021 472 444.
4. Begin jou eie besigheid en word jou eie baas! Wou jy al ooit vir jouself gewerk het maar het nog nooit die geleentheid gehad nie? Hier is jou kans. Ons help jou om ‘n
versekeringsmakelaar te word en jou eie versekeringsmakelary op die been te kry met opleiding, mentorskap,
ondersteuning ens. Verdien bogemiddelde inkomste terwyl jy jou eie lewensstyl dikteer. Kontak ons gerus om te hoor