Kiwi-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 6 Junie2016 Kortpad na advertensies Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik) Kleinadvertensies (Besigheid) Geestelike Pitkos Werksgeleenthede Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders Kanselleer intekening / Unsubscribe 6 Junie 2016 3/4 3/4 Redakteursbrief Ons Suid-Afrikaanse immigrantegemeenskap word oor die algemeen as baie positiewe inskakelaars by en deelnemers aan die Kiwi-kultuur gesien. Ja, daar is dikwels ‘n bietjie agterdog oor ons wanneer ons aanland, veral in ‘n plek waar die plaaslike mense nie so gewoond is om ons te hê nie. Is ons die verskriklike mense wat hulle gehoor het ons is? Is ons soos die persepsie dit wil hê? Dit neem gewoonlik nie lank vir mense om te sien dat ons maar net ‘mens’ is en dat ons ook maar net probeer om op so ‘n positiewe wyse as moontlik vir ons ‘n plekkie in die nuwe land oop te werk. So is daar baie van ons wat op verskeie maniere ons kant bring, en talle rol die moue op en maak ‘n positiewe verskil aan ander mense se lot. Ons hoof artikel handel oor ‘n jong vrou wat haar gemeenskap op ‘n interessante manier dien. Stuur asseblief nog sulke stories of storiewenke aan. Ek kan net oor mense skryf as julle my daarvan inlig. Onthou ook, as jy ‘n besigheid besit, kan jy in hierdie blad adverteer. Kyk by www.brokkies.net/adverteer hoe. Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my by brokkies.net/kontak.) ________________________________________________________________________________ Ysbreker: Die diep gat Twee ouens loop deur die woud en kom op ‘n groot, diep gat af. Hulle besluit om ‘n paar klippies in te gooi en te probeer vasstel hoe diep dit is, maar hoor niks. Hulle gooi ‘n reuse-rots in maar hoor steeds niks. Toe besluit hulle om ‘n stuk spoorstaaf wat daar naby lê, nader te sleep en in te gooi, want dit is mos groot en swaar en behoort ‘n geraas te maak as dit die bodem tref. Steeds nie ‘n geluid nie... Skielik kom ‘n boerbok asof van nêrens af verby hulle gestorm terwyl hy so vinnig hardloop as wat sy bene hom kan dra, en hy verdwyn die gat in. Hulle is verbaas. Toe kom ‘n boer uit die bos tevoorskyn en hy vra of hulle sy bok gesien het, waarop hule natuurlik bevestigend antwoord en vertel hoe ‘n bok daar ingespring het. Die man sê: “Onmoontlik! My bok was aan ‘n spoorstaaf vasgemaak!”
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
“Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig” (2 Kor 4:18) As ek sou vra: Waarop is jou oog gerig? … kan dit jou nogal laat kopkrap. Die vraag beteken natuurlik: Waarvoor mik jy? Wat/wie beïnvloed jou besluite wat jy nog gaan neem? Wat dryf jou? Watter riglyne gebruik jy as jy jou pad deur die loop van die lewe beplan? Die vraag is maklik, die antwoord nie! Christene sou dalk maklik wou sê dat Christus hulle dryfveer is, en ja, so hoort dit. Maar is dit werklik die geval by almal? Vir die Christene in Efese moes Paulus skryf dat hulle nie langer soos heidene moes leef nie. Hulle moes ophou steel, kwaadpraat van ander, vuil taal gebruik, verbitterd wees, en nog baie ander dinge (Efes 4:25-5:5) ‘n Mens voel om te vra: Regtig? Het hulle dit nog gedoen? Dit lyk so as mens die gedeelte lees. Voor ons egter te gou veroordelend raak, sal ons ook eers ons eie dryfvere moet ondersoek. Paulus help die gelowiges in Korinte in die verband met die volgende raad: Hou in gedagte dat hierdie lewe nie die enigste lewe is wat ons gaan leef nie. Daar is hierdie tydelike lewe, en dan is daar die ewige lewe. Hierdie lewe is soos ‘n tent wat maklik kan wegwaai en skeur as die weer onstuimig raak. Maar die lewe hierna by God is soos ‘n gebou van steen…en dit is ewig! (Drie maal dui hy op die ewigheid daarvan) Moet dus nie te veel energie in die tydelike dinge insit nie, die goed waar die mot en die roes kan verniel …en o ja, die diewe kan steel nie”… hoe goed ken ons dit nie.(Matt 6:20) Besef eerder dat hierdie lewe net die “dress rehearsal” van die eintlike lewe is. Dit sal jou help om jou oog reg te hou, sê Paulus! Miskien voel jy op die oomblik dat jy nie veel dryf het nie… Jou jaar het sleg begin en soos dinge vorder, lyk dit nie juis beter nie. Die dokter se uitslag was toe positief! Die droogte knel! Ons word vervolg vir ons geloof..of wat ookal. Vir jou wil dieselfde teks ook nog sê: Moenie moed verloor nie! (Dit staan ook drie maal daar) Daar is iets veel heerlikers wat op ons wag! Ja, hierdie lewe kan soms sleg wees. Die winde kan inderdaad teen die tent ruk en pluk, maar onthou: Dis tydelik. My gebed is dat die Here ons elke dag sal herinner aan Jesus Christus wat vir ons die weg na ‘n ewige lewe by die Vader oopgesluit het!
Ds Gawie Cloete (Oud-leraar van die vroeë ACK in Nieu-Seeland) Huidig by die Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australie – Bunbury Gemeente
(Soos in sy ‘Gedagte’ uitgegee en goedgunstiglik tot Brokkies se beskikking gestel.)
Vertel ons van mense se prestasies of belangstellings
Ken jy ‘n mede-immigrant vanuit SA of Namibië wat ‘n prestasie behaal het of ‘n interessante
werk, belangstelling of stokperdjie het? Of dalk het hulle iets baie interessant beleef. Onthou,
Brokkies soek altyd sulke stories om gereeld sy Afrikaanse lekker met almal te deel.
Jy kan help deur stories self te skryf; ek sal dit redigeer indien nodig. Of, jy kan net die
agtergrond deurgee met die persoon se kontakinligting sodat ek dit met hulle kan opneem. Kyk
by www.brokkies.net hoe dit werk by 'Bydraes'.
Gee jy jou Brokkies aan vir iemand?
Hier’s ‘n spesiale versoek aan alle intekenaars...
Talle lesers stuur hul kopie van die e-pos wat Brokkies se jongste uitgawe bekend stel, aan familie en vriende elders.
Dankie dat julle hierdie proesel Kiwi-Afrikaans so versprei. Help my egter om ‘n beter gevoel te kry vir die werklike aantal
lesers wat Brokkies het.
Daar is derduisende gesinne ingeteken. Daar is egter talle ander, selfs buite Nieu-Seeland, wat dit onregstreeks ontvang.
Hiermee ‘n versoek dat jy liewer hierdie skakel aan hulle stuur sodat hulle self kan inskryf.
Kom gesels saam op Facebook in Afrikaans
Het jy al op Facebook die groep ‘Afrikaans in Nieu-Seeland/New Zealand’ raakgeloop? Indien nie, maak gerus daar ‘n
draai en gesels lekker met ander lede. Vertel jou Aussie-vriende ook van die ‘Afrikaans in Australië’-groep.
Besoek ‘Afrikaans in Nieu-Seeland’ op Facebook
Die Brokkies-webwerf bied alles wat jy nodig het
Of jy wil inteken op Kiwi-Brokkies of op Aus-Brokkies, vir die redakteur wil skryf, stories wil aanbied,‘n advertensie wil
bestel of hernu, of jou adres wil verander - alles word nou deur die Brokkies-webwerf gedoen. Alle uitgawes van
Brokkies word op die webwerf gehuisves vir mense wat iets soek wat in ‘n vorige uitgawe verskyn het.
Besoek Brokkies se Facebook-bladsy Brokkies het nou sy eie Facebook-bladsy. Die adres is https://www.facebook.com/Brokkies.Net Help ons asseblief deur die nuwe webwerf se skakel (brokkies.net) aan vriende en familie te stuur. Onthou om te ‘like’ as jy ‘like’!
Kommunikeer so met Kiwi-Brokkies Vir Advertensie-riglyne, om 'n brief of ander bydrae in te stuur, om iemand in te teken of jou adres te verander, besoek brokkies.net. Die webwerf bevat skakels waardeur al bogenoemde funksies verrig kan word. Om op te hou om Kiwi-Brokkies te ontvang, besoek http://brokkies.net/skryf-in en versoek dat jou e-posadres verwyder word.
Aanspreeklikheid en Regte (Lees volledige Gebruiksvoorwaardes en Privaatheidsbeleid by brokkies.net - heel onder aan tuisblad) Die redakteur van Brokkies aanvaar nie aanspreeklikheid vir die korrektheid, wettigheid of algemeen aanvaarbaarheid van enige nuus-of
algemene item nie. Dieselfde geld ook vir enige geplaasde advertensie of advertensie-artikel se inhoud of die belofte van ‘n produk of diens se gehalte wat in advertensies vermeld word. Enige probleme met advertensies se inhoud, dienslewering of produkgehalte moet regstreeks met die adverteerder opgeneem word, en die redakteur raak nie by daardie proses betrokke nie.
Die redakteur behou die reg voor om enige voorgelegde bydrae (nuus of advertensie) van die hand te wys en nie te publiseer nie, sonder verstrekking van redes. Dit sluit in die reg om te enige tyd korrespondensie oor diesulke situasies eensydig te beeïndig.
Die Afrikaanse Boekklub in Auckland kom maandeliks bymekaar om die lekkerte te vier van
Afrikaans praat en lees. Mense kan ‘n boek bespreek wat hulle pas gelees het, of hulle kan
hul gunsteling Afrikaanse boek saambring en daaruit voorlees. Ons kom in die winter by lede
se huis bymekaar.
Datum: Elke 2de Saterdag van die maand
Tyd: 4nm tot 5nm
Plek: Bel vir Magda om uit te vind waar die volgende een in Auckland gehou word.
Navrae: Magda van Rooyen tel (09) 2745228 of e-pos [email protected]
2. ‘Lekker Luister’ - Afrikaanse Radio in die Waikato Lekker Luister saai elke Woensdag 6nm uit op die Waikato se 89.0 Free FM. Dit kan reg oor die wêreld geluister word
op www.freefm.org.nz . Kuier saam met Karisma vir lekker geselse, Afrikaanse musiek, ligte humor, so nou en dan 'n
resep, en onderhoude met kunstenaars wat in Nieu-Seeland optree. As jy dalk ‘n program misgeloop het, kan jy na die podcast luister op die Lekker Luister Facebook blad. Vir meer inligting e-pos Karisma: [email protected]
3. Kiwi-skool bied aanlyn klasse in basiese Afrikaans vir kinders in Nieu-Seeland Die VLN Primary School bied Afrikaanse internetklasse vir kinders aan. Klasse behels 15 weeklikse sessies, waartydens leerlinge en
onderwysers mekaar in ‘n internet-konferensiekamer ontmoet. Leerlinge ontvang dan ‘n les wat 30 minute duur, en hulle oefen deur die
week aan tuiswerk. Die klas word hanteer deur mevrou Annatjie Fourie, die skoolhoof van Ohura Valley Primary School.
Om jou belangstelling te registreer, skryf asseblief in Engels aan Ginette Van Praag by [email protected]
Vir meer inligting, skryf gerus ook aan Rachel Roberts by [email protected]. Besoek ook die skool se webwerf.
4. Radio Dukes – Radioklanke wat die Klopsekultuur in Kiwiland uitbou Radio Dukes saai elke Saterdagaand om 9:40nm vanuit Auckland uit in Afrikaans en Engels op PlanetFM 104.6. Mense van regoor
die wêreld kan inskakel. Hierdie Klopse-program met ‘n groot hart vir Afrikaans word lewendig aangebied. Hulle bespreek nuus vanuit
die Klopse-gemeenskap in Auckland en die Kaap, Klopse en Afrikaanse musiek, taal, kultuur en ‘huis en haard’, oor kos, soms oor die
geskiedenis en van alles en nog wat hier in Nieu-Seeland. Riedewaan Waggie is die produksieman en omroeper, Marlene Smith is
mede-omroeper en Willem Tait (ou-d-SAUK/Radio Oranje) is klankingenieur. Die week se program is altyd beskikbaar vir die wat die
lewendige uitsending op ‘n Saterdagaand misgeloop het, by http://www.planetaudio.org.nz/radiodukes. Bekyk ook hul Facebookbladsy.
5. Ondersteun Afrikaanse radio buite Nieu-Seeland: ‘Afrikaans Sonder Grense’ uit Australië Afrikaans Sonder Grense (ASG) is 'n 2 uur lange Afrikaanse musiek radioprogram wat weekliks lewendig uitgesaai word uit
Bundaberg, Queensland in Australie. Wanneer : Elke Donderdag 6-8 nm (Queensland-tyd) Waar: Via Internet by
www.coralcoastradio.net.au en op radio in en om Bundaberg op 94.7 Fm. Facebook by Afrikaans Sonder Grense met Skryf vir
6. Govt.nz webwerf vir al jou inligtingsbehoeftes Die Nieu-Seelandse regering het onlangs 'n nuwe inligtingswebwerf genaamd Govt.nz gekend gestel. Dit vat verskeie
staatsdepartemente se inligting vir die publiek saam in een webwerf, en vervang die ou newzealand.govt.nz. Hoewel jy 'n soektog
deur die soekfunksie kan doen, word die volgende temas aangebied waaronder 'n mens na inligting kan soek:
1. Inligting vir voornemende Immigrante na NS (3/5/10)~P Besoek www.fritzswart.co.nz en kliek op die skakel “Tips on Moving to NZ” vir waardevolle inligting en advies oor
verhuising na Nieu-Seeland. Vir meer navrae gebruik die “enquiry”-skakel of e-pos Fritz Swart: [email protected]
2. Werkgeleentheid vir elektrisiën gesoek Weet iemand dalk van ‘n werkgeleentheid vir ‘n elektrisiën van Suid-Afrika met 22 jaar ondervinding? Hy benodig ‘n "job
offer". Ons het reeds sy aansoek ingedien by die EWRB en behoort die uitslag middel Junie 2016 te kry. Skryf asseblief
3. Wil iemand ‘n vraghouer vanuit SA (Kaapstad) na NZ met hierdie mense deel? Ek (Elizna Smith) en my man het so 2 maande terug na Nieu-Seeland gëimmigreer. Ons het 'n "shared container" van
Pickfords wat in Kaapstad wag om volgemaak te word voor dit Christchurch toe gestuur word. Indien enige iemand
belangstel om van die ruimte daarin gebruik te maak, kontak ons asb per epos: [email protected]
4. Kan jy dalk hierdie dienslewerende Afrikaanse nooi ondersteun? Wiane Bruwer beplan om in Mosambiek ‘n verskil aan mense se lewens te gaan probeer maak. Sy is ‘n 23-jarige
Aucklander en beplan om in Mosambiek die IRIS Ministry kursus te gaan bywoon en deel te vorm van 'n uitreikgroep
daar. Sy voel deur die Here geroep om daar Sy werk te doen en vertrou op HOM vir genoeg fondse om te gaan maar ook
om daar te te oorleef. Haar Givealittle bladsy vir meer inligting en bydraes: https://givealittle.co.nz/cause/wianebruwer
Dit sal baie help as mense hierdie skakel aan ander stuur, of per e-pos of via hul Facebook-bladsye.
5. Oud-Porties word gesoek vir 50 jaar reünie Port Natal Skool in Durban word 75 jaar oud en as deel daarvan wil die 1967 matriekklas hul 50 jaar reünie in 2017 hou.
Klasmaats moet asseblief op Facebook by die 1967 Portie Matrieks aansluit. Willem Engelbrecht (hoofseun) doen graag
die versamelwerk van almal se kontakbesonderhede. Alle oud-Porties moet asseblief hul besonderhede stuur aan
1. Houtskool (charcoal) vanuit Namibië vir Nieu-Seeland beskikbaar (1/5/15) Houtskool beskikbaar in vraghouer-hoeveelhede vir iemand wat dit in Nieu-Seeland wil verkoop.(12m ‘high cube
container’) Beskikbaar in 5kg-sakkies. Gemiddeld 40mm stukke. Ongeveer 4,200 sakkies per vraghouer = 21 ton.
Verskeping ex Walvisbaai na hawe van keuse. Prys en betalingvereistes per ooreenkoms.
Slegs indringerbos word gebruik = Acacia Mellifera en Acacia Hebeclada. Plaaslik bekend as Haak-en-steek bos en
2. KykNet bring lekker Afrikaanse TV-programme binne jou bereik! (2/25/10) Jy kan nou elke dag al die lekkerste Afrikaanse programme kyk al woon jy nie meer in SA nie. Teken in op
kykNET Internasionaal op ShowMax teen net US$8.99 pm. Gaan na ShowMax.com vir ’n 7-dae gratis proeflopie.
3. Mango Travel – Vir al jou reisbenodigdhede – Tolvry: 0800 62 64 64 (3/5/10)~0 Het jy vrae oor moontlike vlugte wat jy wil onderneem? Wil jy ‘n spesifieke bespreking maak?
Of wil jy bloot algemene advies oor lugreis inwin? Ons gesels graag met jou.
Onthou, ons aanvaar alle kredietkaarte asook Q Card – 1 jaar rentevry.
Besoek: www.mangotravel.co.nz asook Facebook – epos: [email protected]
4. Vraghouer (‘container’) spasie weer beskikbaar vanaf Suid-Afrika (5/5/10)~4 Goeie nuus vir Brokkies-lesers, en as gevolg van versoeke wat nooit opgehou het nie…Ons gaan binnekort weer
gereeld spasie in ons vraghouer van Suid-Afrika af hê om persoonlike of besigheidsgoedere na Nieu-Seeland te bring.
Vir meer besonderhede kontak Coert Bosman+64 21 557 392 of [email protected]
5. In BROWNS BAY - Maandelikse byeenkoms vir immigrante (3/5/10)~0 [1bet] Maandelikse byeenkoms vir nuwe immigrante. Kom geniet ‘n drankie, ontmoet ander mense en bou jou netwerk.
Hierdie is ons 5de suksesvolle jaar om mense te help. Besoek ons webtuiste www.networkfinancialservices.co.nz vir
besonderhede oor maandelikse pryse, jaarlikse oorsese prys asook ons maandelikse spreker.
Datum & Tyd: 28 Junie 2016– 6nm Adres: Inverness Room, Browns Bay Community Centre, 2 Glen Road, Browns Bay, Auckland.
Drankies en verversings sal bedien word. Kontak Eugene 022 276 0082 of [email protected]
6. ONStv bring die beste Afrikaanse flieks na teaters in NZ en jou woonkamer (8/10/10) Besoek www.onstv.net en sien waar die fliek gaan wys asook die ander tuisvermaak wat NOU beskikbaar is om te
huur/te koop. 'LIKE' ons Facebookblad www.facebook.com/ONStv en bly op die hoogte van die nuutste verwikkelinge.
Akkommodasie / Tydelike verblyf
Terug na besigheidstipes...
- Advertensieruimte beskikbaar -
Ambagsmense / Kontrakteurs
Terug na besigheidstipes...
1. FOX PLUMBING - Geregistreerde loodgieter (1/5/10)~3 Is jy op soek is na ‘n professionele loodgieter? Kontak dan vir Ben de Wet van Fox Plumbing. Ons is bekend vir
vinnige, betroubare en kwaliteit werkmanskap. Lae koste vir die herstel van ‘n geblokte riool, gebarste pype, nuwe
installasies en herstelwerk aan gebarste warmwatersilinders. Dan doen ons ook basiese onderhoudswerk.
Kontak vir Ben by 021 511 403 | 09 948 1008 | E-pos [email protected] | Web: https://www.foxplumbing.co.nz
2. Badkamer en kombuis OPKNAPPING of HERSTELWERK (4/10/10)~2 Het jou KOMBUIS of BADKAMER herstelwerk of opknapping nodig? Complete Bathroom NZ se dienste sluit in:
• Teëlwerk
• Waterdigting
• Loodgieterdienste
• Eenvoudige bouwerk
• Elektrisiese dienste
• Verfwerk
• Installasie van baddens, wasbakke,stortdeure,
kaste, spieëls, toilette, handdoekrelings, ens
Ons waarborg kwaliteit werk. Skakel ons gerus vir ‘n gratis kwotasie.
1. Verkoop of Koop? Roep vir Nikki Duke in vir koninklike behandeling! (2/25/10) Looking for a trustworthy, hard working professional with their finger on the housing maret pulse? Look no further. As an
experienced Harcourts agent I can assist you with all real estate matters. Mention this ad in Brokkies and receive a
special discount for you on both my commission and marketing costs. You can't go wrong!
Nikki Duke | Tel 09 486 9251 | Mob 027 433 7302 | Email: [email protected] | www.therealestateduke.co.nz
1. Huiskoop is jou grootste finansiële besluit! (9/10/10) P Benodig jy ‘n huislening teen die beste rentekoers? Ons huisfinansieringspesialiste kan help met die volgende vrae:
Vir hoe groot lening kwalifiseer ek teen ‘n mededingende rentekoers?
Kan ek my eiendom se waarde gebruik vir ‘n deposito op ‘n nuwe eiendom? (Groot belastingvoordeel)
Watter versekering het ek nodig?
Vir gratis advies skakel Richard en sy span by 09 479 8449 / 0800 112 300 of e-pos [email protected] vir ‘n
afspraak... jou tyd... jou plek, of kom drink ‘n cappuccino by ons kantoor te 753 Beach Rd, Browns Bay.
2. Is jy bekommerd oor jou geld wat nog in SA is? (2/5/10)~1 P Rand Reunite is ‘n plaaslike maatskappy wat Saners voorsien van praktiese en koste-effektiewe maniere om hulle te
“reunite” met hul Rande! Ons spesialiseer in geblokkeerde fondse soos uittree-annuïteite, pensioenfondse, aandele en
erfgeld. Ons doen ook kontantoorplasings vanuit enige SA-handelsbank. Kontak Rudi: 09 972 0857 / 021 222 7897 /
www.randreunite.com of besoek ons by: Silverdale Shopping Centre, Management Offices, 61 Silverdale Street,
Silverdale (Auckland se North Shore)
3. Hoe bring ek my SA Rand na Nieu-Seeland? (4/10/10) P Het jy iewers geld op belegging? Onseker oor hoe om dit oor te plaas? Mutual Financial Services in assosiasie met
Rand ReUnite spesialiseer in geblokkeerde fondse soos uittree-annuïteite, pensioenfondse, aandele en erfgelde. Ook
kontantoorplasings vanuit enige SA-handelsbank. Die SA Reserwebank staan dispensasie toe aan SA-residente en
burgers om jaarlikse toelae te gebruik om rande oor te plaas. Registreer by http://www.randreunite.com/registration.php .
Kontak Herman Roodt by 09 473 0880 (w), 021 736 030 of e-pos [email protected] of besoek www.mfs.net.nz
4. cashkows.com – Ons vir jóú Suid-Afrika (4/5/10~2) Nes die Engelse gesegde, ‘I’ve got your back’, so help cashkows.com duisende Suid-Afrikaners om toegang te kry tot hul
fondse wat nog in ‘n Suid-Afrikaanse polis of aftree-annuïteit lê. Klik hier vir professionele advies - ons maak die proses
maklik en pynloos. ‘n Diens deur Suid-Afrikaners aan Suid-Afrikaners.
5. Glenfield Tax Accountants – Small business experts (5/5/10) P Glenfield Tax Accountants ~ Small Business Experts with a Different Approach. GST & Income Tax Returns for
Companies, Sole Traders, Trusts, Partnerships & Rental Properties. We expand your awareness of how business
WORKS ~ of how businesses GROW ~ and how to ENJOY your business. First Visit FREE! Contact Mariska Malan on
1. Motorherstelwerk-bestemming op die Shore (1/5/10) P Pit Stop Browns Bay is in Suid-Afrikaanse besit. Uitlaatstelsels, remme, suspensiewerk, skokbrekers, dienste, “cambelts”;
koppellaars; “CV joints” en WOF-herstelwerk. Vir ‘n professionele, hartlike, waarde-vir-geld dienservaring sonder gelyke,
in beide Afrikaans of Engels, kontak Duncan by 479 5311 / 479 5314 òf loer in te Beach Road 749, Browns Bay
Professionele dienste
Terug na besigheidstipes...
1. Bouverslae – BUILD BIZ LTD (2/5/10)~2 HUIS KOOP! Die bank sal waarskynlik vra dat jy n ‘Property Inspection Report’ indien. Build Biz Ltd lewer so ‘n diens.
Ons verslae is maklik om te verstaan met foto’s en beskrywings. Die doel van die inspeksie is om die algemene toestand
van die eindom te bepaal asook enige probleme.
Gesels met Johan Massyn by 021 809 904, of e-pos my by [email protected] Webwerf: www.buildbiz.biz
2. SILVER FERN IMMIGRATION SERVICES – Committed to your success (3/5/10) P Drie gelisensieerde adviseurs om jou te help met enige immigrasiewerk. Ons help graag met;
• SMC (Skilled Migrant Category) – E-pos jou CV na ons vir ‘n gratis evaluasie
• Werksvisas – Het jy ‘n werksaanbod? Ons kan help om jou werksvisa in die kortste moontlike tyd deur te kry
• Besigheids- en Entrepeneursvisas – Ons kan help om jou besigheidsidee te laat gebeur
• Beleggers – Het jy geweet dis ‘n kortpad na permanente verblyfreg?
• Ouers van ‘permanente residents’ – Ons bied ‘n spesiale prys aan ouers
Besoek www.silverfernimmigration.co.nz of kontak ons op 09 533 6134, of Skype op Silverfernimmigration1
3. North Shore Immigration (Established 1993) (2/5/10) P We have 3 licensed advisers and 3 support staff operating in Albany, North Shore, Auckland. Professional immigration
advice. If you are a tradesman we can assist with finding jobs. We can help with Work Visas, Residency, Student
visas and the investment category. Renewal of passports, free advice and free assessments. Contact Peter
Visit www.nsis.co.nz or www.sagoingtonz.co.nz for lots of information regarding immigration to NZ
4. Dental Practice on the North Shore (4/5/10) P Sunset Dental Care, Unit 9 North Shore Medical Centre, 326 Sunset Road, Mairangi Bay. Dr Jonathan Franks BDS
(Rand), ex-South African run & owned. New patients welcome. Special: Free examination for new patients Call 478 2112
5. Leiding met Loopbaan-, Studie- en Vakkeuses (5/5/10)~0 Potential Profiling help jou kind ‘n loopbaan kies wat sy/haar brein se natuurlike denkvoorkeure pas. Verhoed
teleurstelling, frustrasie, tydmors, demotivering, konflik, onderprestasie en studieskuld-las eie aan verkeerde
beroepskeuses. Vir ‘n unieke loopbaanleidings-diens, skryf vir Martin Hefer by [email protected]
6. Regsadvies – Downie Stewart Lawyers (13/25/10) Op soek na ‘n prokureur wat jou verstaan? Eerste telefoon-konsultasie gratis vir Brokkieslesers. Kontak Pieter Brits by
021 990 711 of [email protected] of besoek ons webblad www.downiestewart.co.nz vir meer inligting.
7. Baker Law – Prokureurs North Shore en Howick (3/5/10) P Ons is die grootste Afrikaanse prokureursfirma in die land en help graag met ‘n wye verskeidenheid van sake. Ons het
spesialiste in eiendommme, trusts en testament, litigasie, besigheidsreg en arbeidsreg. Ons kantore is in Beach Rd,
Mairangi Bay (ingang uit Hastings Rd, langs United Video), en in 1/212 Burswood Drive, Botany.
Tel : 09 476 8000 of faks: 09 479 6889, of skakel ons by 09 476 8000 of e-pos na [email protected]
Rekenaardienste
Terug na besigheidstipes...
1. PC Fixit Rekenaardienste (3/5/10) P Ons bou rekenaars volgens u vereistes, installeer netwerke, doen opgraderings en herstelwerk by u huis of kantoor regoor Auckland. Skakel Juanita of Philip Coetzee by 09 271 2441 of 0800PCFixit. E-pos: [email protected]
2. 10% discount on domain hosting (2/2/15) We are NZ based/operated, specializing in domain hosting & domain name registration. We are offering 10%
discount on domain name registration until June, that's just $25.20 to register your domain name for one year. We
have launched a new product 'websitebuilder pro' where you can build your own website free.
Visit www.domainhosting.co.nz or contact us on 0800701602. Ad placed by Talita Calitz.
1. KAPITI COAST – ‘House of Hair Salon’ bied professionele, bekostigbare diens (5/5/15) Hier’s ‘n Suid-Afrikaanse haarkapster wat jou behoeftes verstaan! Ek ken die nuwe haarstyle, kleure en haarprodukte.
Ek’s gekwalifiseer en geniet dit om met mense te werk. Skakel my, Mariaan van Niekerk, vir ‘n geselsie of ‘n afspraak:
Tel. 04-904 0878 / sel. 021-059 8078 / e-pos [email protected] My nuwe adres is 8 Grange Park, Raumati South.
Ek is ook ‘n konsultant vir Annique rooibos skoonheidsprodukte in die Kapiti Coast-gebied.
Versekering
Terug na besigheidstipes...
1. Is jy moeg vir verskeringspremies wat elke jaar opgaan? (1/5/10)~0 Bespaar op versekeringspremies en behou sodoende jou versekering wat jou en jou gesin se belange beskerm. Ek kan
jou op die lang duur baie geld bespaar.
Kontak Willem by 021 029 45110 of 04 905 3782 of e-pos [email protected] . Ek is landwyd in NZ beskikbaar!
2. Het jy jou versekering deur ‘n bank bekom? (2/10/10) DRINGEND! Almal wie se versekering by ‘n bank is moet asb dringend dat ‘n regte makelaar daarna kyk. Versekering
wat deur banke en direkte versekeringsmaatskappye soos MAS, Cigna en Pinacle verkoop word, is baie duurder en dek
baie minder toestande as regte versekering. Praat asseblief met my of jou eie makelaar om julle hiermee te help. Skakel
Herman Roodt van Mutual Financial Services by 09 473 0880 (w), 021 736 030 (s) of e-pos [email protected]
3. “Baie belangrike finansiële inligting!” ??? (20/25/10)-P Het jy geweet dat DiscoveryLife 'n 1-stop finansiële diens verskaf; van huisverbande tot versekering. Gesels met
ons kundige adviseurs om jou finansiële sekuriteit te help verseker. Besoek DiscoveryLife om meer uit te vind.
4. HAMILTON & NASIONAAL - Betroubare Versekering (3/5/10)~0 My naam is Klippies (Martin) Kritzinger en ek het 30 jaar se finansiële en sake-ondervinding. Ek gee advies oor sake
soos lewens-, trauma-, mediese-, inkomste-, huisverbandbeskerming en besigheidsdekking. Ek help ook met die
opstel van testamente en trusts, die verkryging van huislenings, en inhouds- en voertuigversekering. My dienste
sluit ook in raad oor Immigrasiesake, Suid-Afrkaanse versekering en beleggings.Skakel my vir betroubare raad.
Klippies Kritzinger by e-pos [email protected] of tel nr 07-834 4332 of selnr 022 161 9125
Besoek ook www.millenium.co.nz
5. Puik diens en nasorg gewaarborg (3/5/10) P Benut my ondervinding in die Versekeringswese van meer as 30 jaar. Lewensversekering en verwante voordele,
gesondheidsorg, KiwiSaver en motor-, huis- en inhoudsversekering; ook vir besighede. Huislenings - ons kontrakteer met
groot finansiële instellings. Ons vind oplossings vir jou unieke omstandighede. Hierdie diens word gratis gelewer.
Skakel Neels Vorster by AI Financial Services Ltd, Beach Road 753, Browns Bay, Auckland.
6. Fritz Swart vir al jou versekeringsbehoeftes en meer (3/5/10) P Fritz Swart het meer as 25 jaar ervaring in die versekeringswese. Nuwe NZ lewens-, mediese, kar- en
huisversekering teen lae premies. Advies en inligting oor jou SA-polisse. Ook huisverbande en gratis NZ
testamente vir kliënte. Skakel 09 473 5210 of 021 183 8936 alle ure. E-pos: [email protected] en webblad
7. Sakpas versekeringsopsies wat jou familie se toekoms beskerm (20/25/10)-P Fincare is ’n toonaangewende versekeringsmakelary met meer as 50 jaar ondervinding. Ons bied 'n reeks omvattende
versekeringsprodukte, wat lewensversekering, inkomstebeskermer, trauma, aflegging, medies en
korttermynversekering insluit. Fincare bied ook professionele hulp met huisverbandaansoeke met so min as 10%
deposito. Kontak ons vir ’n gratis konsultasie: 09 963 6291 • 021 472 444 • [email protected] •
1. WELLSFORD - 'BILTONG PLUS': Nuwe SA winkel in Wellsford! (1/10/10) Wellsford spog ook nou met ‘n SA winkel, genaamd Biltong Plus. Al die tradisionele SA-lekkernye en nog vele meer
is nou beskikbaar vir almal in of naby Wellsford, of vir mense wat op pad is noorde toe.
Ons is sommer daar in die hoofstraat tussen die twee 4 Square-winkels. Baie parkering agter die winkel.
2. Fred’s Fine Foods – Ons Silverdalewinkel skuif na ons Silverdalefabriek! (3/5/10)~1 P (1bet) Ons skuif ons Silverdale-winkel na ons Silverdale-fabriek. Nuwe adres: 152 Foundry road, Silverdale Park Silverdale.
Tel 09 426 8157 (die stem op die bandopname laat jou kies waarheen jy deurgesit wil word)
Landswyd bekend vir puik produkte! Ons verkoop alles wat in Albany en Highland park te kope is.
Ons maak biltong, droëwors, boerewors, russians, viennas, melktert, beskuit en koeksisters en het ‘n klomp SA produkte.
Kontak vir Aletta, Alida of Danie. Ons koerier produkte landwyd. Besoek ons te Unit H, 52 Oteha Valley Rd, Albany op
die North Shore. . Boereworsrolstalletjie op Saterdae (as die weer dit toelaat, alleenlik by Albany Tak)
www.fredsfinefoods.co.nz | e-pos: [email protected] | Ook by Highlands Park winkelsentrum
3. Safari Biltong winkels (2/5/10) P Northshore: 83 Apollo Drive
Hamilton: 96A Fith Ave Tel nr 07 852 5251
Aan-lyn bestellings: www.safaribiltong.co.nz OF Skakel tolvry 0800 Biltong
Landswye aflewering – sien kostes op ons webwerf.
Safari Biltong spesialiseer in biltong, droëwors, cabanossi, ‘biltong sticks’, ‘chilli sticks’ en ‘biltong chips’ (gewoon & chilli)
4. ‘The Original SA Shop’ in Browns Bay het van alles en nogwat (4/5/10) P Kom besoek ons by The Original SA Shop 12 – 18 Inverness Road, Browns Bay – Op die hoek van Glen Road en
Inverness Road. Ons hou ‘n groot voorraad Suid-Afrikaanse produkte aan soos Biltong, Boerewors en Melktert,
Koeksisters en Fudge asook ‘n groot verskeidenheid kruideniersware, lekkers en chips.
Probeer ons tuisgebak: Koeksisters ($7.90), Melktert ($11.50), Peppermint Crisp-tert ($16.90)
5. SA Shop Howick – sedert 2001 ONS HET NOU 'N WEBWERF! (4/5/10)~3 Callie en Kim le Roux bied die gewone SA produkte, asook vars boerewors, hamburger-patties, chilli-bites, biltongblare
en tuisgemaakte terte en beskuit – ook smullekker gemarineerde Spur-tipe ribbetjies! Ons het ook SA-wyn, bier en
hardehout. Ons lewer landwyd af. Kom kuier by Wellington Street 170, Howick of tel 533 7085. Baie dankie aan
bestaande kliënte en baie welkom aan nuwe mense vanuit SA!
Ons webwerf: www.southafricanshop.net.nz Ons e-posadres: [email protected]
6. HAMILTON: Elite Meats Butchery vir kwaliteit en puik pryse (14/25/10) Heerlike Biltong, Droë Wors, Cabanossie en Biltong Chips. Verskeie SA Produkte. Bestel aanlyn of per e-pos.
Besoek nou Elite Meats Butchery by 97 Fifth Avenue, Enderley, Hamilton.
Tel 078557800 / E-pos: [email protected] / Web: www.elitemeats.co.nz
Volg ons op FACEBOOK en bly op die hoogte van elke maand se spesiale aanbiedings.
7. Suid Afrikaanse Winkels in Rosedale Road en Stanmore Bay (9/10/10)-P Die SA-winkels in Rosedale Rd en Stanmore Bay hou baie SA produkte aan soos biltong, boerewors, koeksisters,
melktert en kruideniersware. ‘South African Kiwi’-gholfhemde nou beskikbaar. Groot verskeidenheid SA-CD’s, SA-wyne,
SA-biere en ander drank!
Besoek ons by 6c Rosedale Rd (net af van East Coast Rd) – tel 09 478 8016, of by 2B Arklow Lane, Stanmore Bay
(draai regs op die bult na PlaceMakers op pad na die Pacific Plaza) tel 09 428 0850.
1. Werk by Suid-Afrikaner se besigheid in Pukekohe beskikbaar Franklin Outdoor Living spesialiseer in ‘decking’, heinings en tuinkundige dienste. Hulle het ‘n posisie vir ‘n fikse, ywerige
man. Die suksesvolle kandidaat moet verkieslik in die Franklin-gebied woon.
Versoek meer inligting by Danie Westraadt, by e-posadres [email protected]
2. Opsoek na arbeiders wat op ‘n daaglikse basis op konstruksieterreine werk ~ As jy fiks en sterk is sal die werk ideaal vir jou wees! Dit is ook ideaal vir mense wat net in Nieu-Seeland aangekom het
met ‘n oop werkspermit. Ons kan jou tydelike werk gee tot jy jou voltydse werk gekry het.
As jy belang stel en jy het alreeds n werkspermit, stuur jou CV na [email protected]
3. Het jy goeie selfvertroue en oorredingsvermoë? Is jy charismaties met goeie oorredingsvermoë? Het jy genoeg sjarme en selfvertroue om ‘n saak goed en oortuigend oor
te dra? As jy oor hierdie talente beskik en jy kan ys aan eskimo’s verkoop, het ons die regte pos vir jou! Bel Michelle NOU
by 09 9636291 of 021 472 444.
4. Begin jou eie besigheid en word jou eie baas! Wou jy al ooit vir jouself gewerk het maar het nog nooit die geleentheid gehad nie? Hier is jou kans. Ons help jou om ‘n
versekeringsmakelaar te word en jou eie versekeringsmakelary op die been te kry met opleiding, mentorskap,
ondersteuning ens. Verdien bogemiddelde inkomste terwyl jy jou eie lewensstyl dikteer. Kontak ons gerus om te hoor