PSG WOODHILL JUNIE/JUNE 2014 Affiliates of the PSG Konsult Group are authorised financial services providers 2014 – DIE JAAR SOVER In ons Desember/Januarie uitgawe van ons nuusbrief het ons die 2013 jaar wat was en sommige van die faktore wat die ekonomie en beurs geraak het, bespreek. Dit is nou ses maande later en ons wil graag kyk wat die afgelope halfjaar gebeur het, asook wat gebeur het met sekere aandeelkeuses wat ons gemaak het. Januarie Ons het die nuwe jaar met bietjie onsekerheid ingegaan nadat die Johannesburg Effektebeurs ‘n aggressiewe lopie van 2 270 punte gehad het in Desember. Die beurs open in Januarie op 46 590 met skeptiese vooruitsigte vir die jaar wat voorlê. Die beurs het teruggetrek in hierdie maand soos ons verwag het en sluit af op 45 132 punte. Ons aandeelkeuse vir die maand was Sasol wat ons rondom R 520 per aandeel ingekoop het. Teen einde Mei se pryse staan dit op R 596 per aandeel wat ons los met ‘n 14.62% groei tot dusver. Februarie Die maand van rooi rose en sjokolades was omtrent spesiaal vir die beleggers wat in die begin van Februarie hul kapitaal belê het in die Top40 aandele. Die Top40-indeks het van 40 432 punte versterk na 42 772 punte. Ons aandeelkeuse vir die maand was Woolworths, wat ons aangekoop het rondom die R 60 vlak. As ons dit vergelyk die huidige pryse, wys dit groei van meer as 25% vir die tydperk. Aan die einde van Februarie sluit die JEB op 47 329. Maart Pinnacle Holdings – Ek glo nie ek hoef meer as dit te sê om ‘n koue rilling langs enige van hul aandeelhouers se rugstring af te jaag nie. Op 25 Maart kondig Pinnacle aan dat een van hul direkteure, Mnr Tshivase, gearresteer is oor hy, volgens aantuigings probeer het om ‘n lid van die Suid-Afrikaanse polisiediens om te koop met die doel om ‘n staatskontrak te wen vir die maatskappy. Na die aankondiging van die insident, het Pinnacle se aandeelprys van R 20.06 geval na R 11.45 in slegs twee dae; sedertdien is dit nog altyd onder druk. Ons aandeelkeuse vir die maand was Standard Bank – ons het die aandeel gekoop INHOUD 1. 2014 – Die jaar sover 2. How familiarity breeds comfort 3. PSG Wealth Solutions Funds – an overview (part 1)
6
Embed
PSG WOODHILL JUNIE/JUNE 2014€¦ · JUNIE/JUNE 2014 Affiliates of the PSG Konsult Group are authorised financial services providers 2014 – DIE JAAR ... Mei Na die verkiesing en
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
PSG WOODHILL JUNIE/JUNE 2014
Affiliates of the PSG Konsult Group are authorised financial services providers
2014 – DIE JAAR SOVER
In ons Desember/Januarie uitgawe van ons nuusbrief het ons die 2013 jaar wat
was en sommige van die faktore wat die ekonomie en beurs geraak het,
bespreek. Dit is nou ses maande later en ons wil graag kyk wat die afgelope
halfjaar gebeur het, asook wat gebeur het met sekere aandeelkeuses wat ons
gemaak het.
Januarie
Ons het die nuwe jaar met bietjie onsekerheid ingegaan nadat die
Johannesburg Effektebeurs ‘n aggressiewe lopie van 2 270 punte gehad het in
Desember. Die beurs open in Januarie op 46 590 met skeptiese vooruitsigte vir
die jaar wat voorlê. Die beurs het teruggetrek in hierdie maand soos ons
verwag het en sluit af op 45 132 punte. Ons aandeelkeuse vir die maand was
Sasol wat ons rondom R 520 per aandeel ingekoop het. Teen einde Mei se
pryse staan dit op R 596 per aandeel wat ons los met ‘n 14.62% groei tot
dusver.
Februarie
Die maand van rooi rose en sjokolades was omtrent spesiaal vir die beleggers
wat in die begin van Februarie hul kapitaal belê het in die Top40 aandele. Die
Top40-indeks het van 40 432 punte versterk na 42 772 punte. Ons
aandeelkeuse vir die maand was Woolworths, wat ons aangekoop het rondom
die R 60 vlak. As ons dit vergelyk die huidige pryse, wys dit groei van meer as
25% vir die tydperk. Aan die einde van Februarie sluit die JEB op 47 329.
Maart
Pinnacle Holdings – Ek glo nie ek hoef meer as dit te sê om ‘n koue rilling langs
enige van hul aandeelhouers se rugstring af te jaag nie. Op 25 Maart kondig
Pinnacle aan dat een van hul direkteure, Mnr Tshivase, gearresteer is oor hy,
volgens aantuigings probeer het om ‘n lid van die Suid-Afrikaanse polisiediens
om te koop met die doel om ‘n staatskontrak te wen vir die maatskappy. Na
die aankondiging van die insident, het Pinnacle se aandeelprys van R 20.06
geval na R 11.45 in slegs twee dae; sedertdien is dit nog altyd onder druk. Ons
aandeelkeuse vir die maand was Standard Bank – ons het die aandeel gekoop
rondom R 122 per aandeel. Die huidige pryse draai rondom R 144 per aandeel,
wat groei van 15.6% in slegs drie maande beteken. Die JEB sluit Maart af op
47 771 punte.
INHOUD
1. 2014 – Die jaar sover 2. How familiarity breeds comfort 3. PSG Wealth Solutions Funds – an overview (part 1)
Delete text and place photo here.
Affiliates of the PSG Konsult Group are authorised financial services providers
PSG WOODHILL JUNIE/JUNE 2014
rondom R 122 per aandeel. Die huidige pryse draai rondom R 144 per aandeel, wat groei van
15.6% in slegs drie maande beteken. Die JEB sluit Maart af op 47 771 punte.
April
In April was almal se aandag meer gevestig op die plakkate teen die lamppale as op die mark.
Dit was ‘n relatiewe stil maand weens die groot hoeveelheid onsekerheid rondom die politiese
welstand in Suid-Afrika en slegs twee weke om besigheid te doen as gevolg van al die
vakansiedae. Sonder enige groot verwagtinge het die beurs steeds 765 punte gedurende die
maand verstewig tot 48 870 punte.
Mei
Na die verkiesing en al die vakansie dae wat in Mei afgehandel was, kon mens uiteindelik weer
konsentreer op dit wat geld maak en nie geld kos nie. Ons aandeelkeuses vir die maand was
DBXUS en Coronation Fund Managers wat ons rondom R 18.58 en R 93.50 onderskeidelik
gekoop het. Huidiglik verhandel hierdie aandele teen ‘n winspersentasie van 4.8% en 4.5% vir
minder as ‘n maand. Verder was dit ‘n opwindende maand waar die JEB vir die eerste keer bo
50 000 punte gesluit het. Met die JEB wat so hoog is, maak dit dinge regtig moeilik vir nuwe
beleggers en laat dit mens regtig wonder of die stelling ‘sell in May and go away’ hierdie jaar van
toepassing gaan wees…
Junie en vooruitsigte
Daar is baie gemengde gevoelens as dit kom by die vooruitsigte vir die ses maande wat kom. Ons
kristalbal is buite werking maar is vas oortuig dat dit baie uitdagend gaan wees. Vrae kom na
vore soos hoe lank ons ekonomie nog plaaslike stakings kan dra; hoeveel keer kan Gill Marcus en
haar span die rentekoerse dieselfde hou? Al wat ons kan doen is om elke dag te vat soos dit
kom, goeie aandeelkeuses maak soos die afgelope ses maande en voort te bou op wat ons nou
het.
Dit is ook belangrik om te onthou dat as ons terugkyk na die laaste drie jaar, die mark werklik
eers begin presteer het in die laaste gedeelte van die jaar.
- One of the funny things about the stock market is that every time one
person buys, another sells, and both think they are astute - William Feather