Top Banner
Dagstap – Shelter Rock 7 April 2018 Tussen 7:30 en 8:00 vergader ou-klublede asook nuwe vriende voordat ons wegspring berg-op. Die son begin sommer vroegoggend al warm bak. Ons staan gereed om die roete van 8 km aan te pak. Die eerste gedeelte van die roete stap ons lekker in die koelte voordat ons berg-op gaan. Hier vertel Marné ons dat ons nie bang hoef te wees vir jakkalse en slange nie want God sal ons beskerm (Marné is Elna se broerskind). Die roete op is nie te steil nie maar soos gewoonlik het ons ook ons rus ingekry. Ons is oor drie plaas-heinings en party het sommer deur die draad geklim. Op die kruin word ons gegroet met die skoonheid van die omgewing van die Magaliesberge. Vir elkeen is daar sy/haar eie skooheid en almal neem fotos en bespreek watter dorp lê waar. Ons is verstom oor hoe ver mens kan sien van daarbo en hoe God alles geskep het volgens Sy plan vir ons om te geniet. Ons sien vele meerkat-rotse (groot klippe met kleiner
3

Pretoria-Oos Voetslaan Klub  · Web viewOp die kruin word ons gegroet met die skoonheid van die omgewing van die Magaliesberge. Vir elkeen is daar sy/haar eie skooheid en almal neem

Jun 28, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Pretoria-Oos Voetslaan Klub  · Web viewOp die kruin word ons gegroet met die skoonheid van die omgewing van die Magaliesberge. Vir elkeen is daar sy/haar eie skooheid en almal neem

Dagstap – Shelter Rock

7 April 2018Tussen 7:30 en 8:00 vergader ou-klublede asook nuwe vriende voordat ons wegspring berg-op. Die son begin sommer vroegoggend al warm bak. Ons staan gereed om die roete van 8 km aan te pak.

Die eerste gedeelte van die roete stap ons lekker in die koelte voordat ons berg-op gaan. Hier vertel Marné ons dat ons nie bang hoef te wees vir jakkalse en slange nie want God sal ons beskerm (Marné is Elna se broerskind). Die roete op is nie te steil nie maar soos gewoonlik het ons ook ons rus ingekry. Ons is oor drie plaas-heinings en party het sommer deur die draad geklim.

Op die kruin word ons gegroet met die skoonheid van die omgewing van die Magaliesberge. Vir elkeen is daar sy/haar eie skooheid en almal neem fotos en bespreek watter dorp lê waar. Ons is verstom oor hoe ver mens kan sien van daarbo en hoe God alles geskep het volgens Sy plan vir ons om te geniet. Ons sien vele meerkat-rotse (groot klippe met kleiner klippies bo-op gepak – lyk nogal soos meerkatte wat uit hul gate loer of selfs dassies!!).

Page 2: Pretoria-Oos Voetslaan Klub  · Web viewOp die kruin word ons gegroet met die skoonheid van die omgewing van die Magaliesberge. Vir elkeen is daar sy/haar eie skooheid en almal neem

`n Stukkie geskiedenis agter die Shelter Rock: Die naam is gegee aan die massiewe rots wat versteur is op die Magaliesberg krans gesig en kan kilometers ver gesien word. Plaaslike mense het skuiling gesoek van die vyande gedurende die Groot Oorlog van 1898-1903 en gedurende Mozilikazi, van die Zoeloe’s, waartydens hulle die gebied oorgeneem het in 1820.

Die roete is deur almal voltooi teen 12:00 waarna ons heerlik onder die bome gesit en piekniek hou het. Die stap is deur elkeen terdeë geniet en ons wil graag baie dankie sê aan elkeen wat betrokke was by die reëlings al was hulle nie daar nie.

Leyda