Top Banner
My prentjie is weg 1 Uit die stukkende, skynbaar nikswerd prentjie van my lewe kan God vir my ’n nuwe toekoms skep.
37

1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

Dec 24, 2019

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

Myprentjieis weg

1

Uit die stukkende, skynbaar nikswerd prentjie van my lewe kan God vir my ’n nuwe toekoms skep.

978-1-4316-0331-2.indd 11 2012/09/04 4:07 PM

Page 2: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

978-1-4316-0331-2.indd 12 2012/09/04 4:07 PM

Page 3: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

13 ’n Handvol hoop

Ek wou net ’n goeie ma wees.

Ek wou net Koninkrykskinders grootmaak.

Toe sterf my seun.

Dit het vir my gevoel God het my prentjie weggevat ...

Nóú weet ek Hy het my prentjie voller ingekleur én

ander prentjies bygesit. Hy leer my elke dag nog iets

van die huisgesin van God. Sy gesin is veel groter as my

klein kringetjie geliefdes ... Daar is jongmense. Vriende.

Treurendes. Swaarkrymense. Troosters ...

Ek kan nou my arms groter oopmaak en hulle binne-

nooi, sodat hulle – nes my gesin – deel van my hart en

koestering en liefde word.

En ek kan skerfies hoop begin aangee ...

978-1-4316-0331-2.indd 13 2012/09/04 4:07 PM

Page 4: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

14

Skerfies hoop

O ns sit in die wintersonnetjie rondom die tafel – die fyn pienk blommetjies-koppies en bordjies troosgoed tussen ons. Ons

skink tee en gesels. Ons lag. En ons huil. Ons skuil by mekaar. En ons kry weer die moed om uit die sagte kring van beskutting te tree en ons gesigte na die son te lig. En na die skemerte – én na die donkerte daarbuite.

Ons is vriendinne. Maar bowenal is ons afvlerk-ma’s wat almal die swaar pad van verlies stap. Elkeen van ons leef saam met die woorde wat ons lewens onherroeplik verander het: “Jou kind is dood.”

Nie een van ons vergeet ooit die oomblik toe ons lewe – soos ons dit geken het – in duisend fyn skerfies uitmekaargespat het nie. Terwyl ons besig is om moeisaam die stukkies bymekaar te vee, word die besef ’n al hoe groter realiteit: Níks gaan ooit weer dieselfde wees nie. Dit help nie om dit wat nie meer daar is, te probeer terugkry nie ... Dis weg. En dit wat stukkend is, gaan nooit weer glad en blink en naatloos heel kan wees soos vroeër nie.

Dit verg baie moed om af te buk en die splinters weer aan mekaar te probeer las. Om uit die pyn en verwoesting iets nuuts te probeer skep, is een van die dapperste dinge wat ’n treurende kan probeer doen. Sonder God ’n feitlik onbegonne taak.

Toe ’n Polokwane-ma se lieflingseun twee weke voor sy een-en-twintigste verjaarsdag sy eie lewe neem, het sy in haar

978-1-4316-0331-2.indd 14 2012/09/04 4:07 PM

Page 5: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

15 ’n Handvol hoop

verslaenheid en verbystering en absolute verpletterdheid met haar lewe se hopie skerwe by God gaan sit. Sy het ervaar hoe Hy haar begin troos en met teerheid versorg. Deur elke bitter dag en nag. Met eindelose geduld – totdat die seer mettertyd sagter skakerings begin kry het ...

Op ’n dag kon sy haar skouers agtertoe trek en opkyk ...

Sy het ’n hopie klein mosaïekteëltjies voor haar op die tafel uitgepak ... En begin werk. Uit die skerfies het ’n groen boom gegroei – teëltjie vir teëltjie.

Sy vertel: “Dit was die eerste mosaïekstuk wat ek alleen aan-gepak het. Vir my was die skep daarvan ’n wonderlike reis. Ek het iets heeltemal anders beplan. My hande het my egter gelei om hierdie boom van Nuwe Lewe te maak … Maar ek weet nie of dit mý hande was nie.”

Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies liefdevol opgetel en gepoets en in verrassende nuwe patrone by mekaar gevoeg word.

Onder sy kunstige Hande groei daar in ons elkeen se lewe ’n mosaïekboom … elke gebreekte teëltjie deel van die groen belofte van nuwe lewe. Klein blink skerfies hoop vir ons wat treur.

978-1-4316-0331-2.indd 15 2012/09/04 4:07 PM

Page 6: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

16

Verlate

I n ’n mens se oomblikke van absolute smart het jy ’n groter behoefte aan aanraking en menslike warmte. Jy reik intuïtief

meer uit en kyk met oë vol erbarming na die mense rondom jou wat ook broos, stom en onhandig in die aangesig van die dood voor jou staan. Jy hunker na mense se sagtheid, goedheid en omgee, want daar hang ’n verlatenheid oor jou wat tot in jou diepste, binneste vesels intrek.

In sy boek A Grief Sanctified sê J.I. Packer: “Grief is the inward desolation that follows the losing of someone we loved. We lavish care and affection on those whom we love. And when we lose the beloved, the shock, the hurt, the sense of being hollowed out and crushed, the haunting, taunting memory of better days, the feeling of unreality and hopelessness, and the lack of power to think and plan for the new situation can be devastating.”

Iemand wat rou, is uiters sensitief. Alles aan so ’n persoon is opgeskerp. Mense moet sag aan jou raak. Harde geluide laat jou binnetoe krink. Jou oë is gevoelig vir lig. Jy deins terug vir besige winkelsentrums met skerp ligte. Jy kan nie warm word nie. Die koue begin binne-in jou.

Jou emosies is ragfyn spindraadjies wat bewe as ’n asem liggies daaroor blaas. Elke nuanse in ’n ander se stemtoon, of iemand se houding, of selfs die afwesigheid van mense wat jy bitter nodig het, laat die brose web roer. ’n Mens is sensitief om nie ’n las vir ander te wees nie, want jy besef maar alte goed dat hulle lewens moet aangaan. Daarom trek jy terug.

978-1-4316-0331-2.indd 16 2012/09/04 4:07 PM

Page 7: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

17 ’n Handvol hoop

Om in ’n geselskap ’n sinvolle gesprek te kan voer, of vir meer as ’n paar minute te konsentreer, suig al jou geestesenergie uit. Dikwels is jou kop doodeenvoudig dolleeg en kan jy aan niks dink om te sê nie. Jy mag dalk vir ander ontoeganklik voorkom. Eintlik is jy net bitterlik alleen. Afgeslote in jou verlatenheid.

C.S. Lewis verwoord dit só in A Grief Observed: “There is a sort of invisible blanket between the world and me. I find it hard to take in what anyone says ... As I struggle with the ache of the loss, the grip of the grief imposes a kind of relational paralysis ... So I grieve alone, and the agony is unbelievable.”

Wanneer iemand die verlatenheid in ’n persoon wat treur, raaksien en doelbewus uitreik na die een wat homself afkamp, breek so ’n persoon deur ’n skans en kan werklik vir die treurende iets beteken. Maar om dit te kan doen, moet jy van geykte trooswoorde of raad gestroop wees.

978-1-4316-0331-2.indd 17 2012/09/04 4:07 PM

Page 8: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

18

Om werklik saam met iemand die pad van rou te kan stap, is tyd nodig.

Jy moet keer op keer die persoon in die oë kyk met die onuitgesproke gerusstelling:

“Ek is hier vir jou. Ek weet niks. Vertel my. Ek het tyd.”

Wanneer mense geïrriteerd en haastig in jou teenwoordigheid is, sê hulle hele houding: “Ek is nou moeg dat jy treur. Ek wil aangaan met my lewe.” In sekere sin is dit erger as jou eie, vertroude hartseer. Dis immers jou daaglikse metgesel en jy leer sy ritme en diepte ken.

In Nicole Krauss se roman The History of Love beskryf ’n vyftienjarige dogter haar ma wat oor haar pa treur só: “None of us would ever be able to win over the memories she had of Dad, memories that soothed her even while they made her sad, because she’d built a world out of them she knew how to survive in, even if no one else could.”

Vir iemand wat deur ’n diep persoonlike krisis gaan, gaan die tyd stilstaan. Die wêreld ook. ’n Mens se lewe word gestroop tot die absolute essensie. Dit is soos om dwarsdeur die koue, nat winter jou plakkershut te probeer droog hou. Jy kan aan niks anders dink nie. Elke dag probeer jy die gate toestop; môre lek die dak op ’n ander plek. As die flou sonnetjie ’n kort rukkie skyn, hang jy alles buite om warmte en lig op te vang – tot die koue weer in jou huis binnesluip en die reën by nuwe lekplekke instroom.

978-1-4316-0331-2.indd 18 2012/09/04 4:07 PM

Page 9: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

19 ’n Handvol hoop

Jy is vasgevang in die kilte van jou plakkersbestaan en die verlatenheid

van verlies wat in jou huis intrek. Dis ’n stryd om oorlewing.

Jy skiet elke dag jou skotteltjie reënwater by die voordeur uit en trek saans die geskifte

gordyntjies voor jou dowwe ruite ...

978-1-4316-0331-2.indd 19 2012/09/04 4:07 PM

Page 10: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

20

Waar was U?

“ W aar was U toe my geliefde gesterf het?”“Hoekom moet ek nog tot U bid as U in elk geval alles

vooraf bepaal ... ?”

In Anne Michaels se boek Fugitive Pieces skryf sy: “Questions without answers must be asked very slowly.”

Moeilike vrae het nie maklike antwoorde nie ... En soms het moeilike vrae glád nie antwoorde nie.

Dikwels voel Christene dat God hulle in hul diepste oomblikke van nood alleen gelaat het. Hulle stort hul jammerklagte voor Hom uit, maar ervaar dat Hy swyg. Hulle is in ’n geestelike woestyn. Sonder kos. Sonder water. Sonder God ... So voel dit.

En dan vra hul hulself af:“Waar is U, o God?”

“Hoekom moet ek bid as U tog reeds besluit het wat volgende gaan gebeur?

Of as U tog reeds weet wat ek wil sê?”

978-1-4316-0331-2.indd 20 2012/09/04 4:07 PM

Page 11: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

21 ’n Handvol hoop

Ek bid ... omdat alles deur gebed in plek val.

Ek bid om ’n glimp van myself en die wêreld deur die oë van God te kry. Ek kyk af na die stippeltjie wat ek is. Dan kyk ek op na die onmeetlike heelal en besef my onbeduidendheid.

In daardie oomblikke van opkyk na Hom, terwyl Hy na my afkyk, weet ek:

God is hier ... By my! Hy gee om.

Hy wil met my praat.

En dan moet ek in stilte luister en toelaat dat sy seën soos syferwater saggies tot diep in elke vesel van my siel en gees insak – totdat ek deurdrenk is van Hom.

Maar God wil ook hê dat ek met Hom praat. Hy wil hoor wat ék dink. Ek kan maar net by Hom gaan sit en alles aan Hom vertel. Hy wil vir my ’n Vader wees. Hy wil hê dat ek sal erken dat ek Hom nodig het. Al weet Hy reeds.

Ek moet toelaat dat God my afsonder. En ek moet nie opstaan uit daardie afsondering voordat ek sy stem duidelik raakgehoor het nie.

Sy diepste begeerte is dat ek by Hom tot ruste sal kom: “Wees stil en weet dat Ek God is,” vermaan Hy telkens.

978-1-4316-0331-2.indd 21 2012/09/04 4:07 PM

Page 12: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

22

Henri Nouwen, bekende skrywer, vertel dat hy, ten spyte van sy eie innerlike vrese en onsekerhede, hardnekkig bly glo dat God – onveranderlik en getrou – hom nie in die steek sal laat nie.

“Ek het geleer om nie weg te hardloop nie, maar om dwarsdeur my vrees te bid –

al weet ek nie hóé nie.”

Die fotograaf wat foto’s vir ’n boek oor moeder Teresa se lewe en werk geneem het, vertel dat hy haar eenmaal moes fotografeer waar sy sterwendes in ’n vuil, donker kelder bemoedig en probeer om hulle laaste dae en ure vir hulle menswaardig te maak. Hy het uit ondervinding geweet dat die lig te swak was vir goeie foto’s, maar het nogtans voortgegaan met die fotosessie. Toe hy die foto’s ontwikkel, was elke bondeltjie mens by wie moeder Teresa buk, verlig met ’n sagte troostende gloed.

Vir die fotograaf niks anders as die Lig van die Here se Heilige Teenwoordigheid nie ...

978-1-4316-0331-2.indd 22 2012/09/04 4:07 PM

Page 13: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

23 ’n Handvol hoop

God was daar ... Op ’n besoek aan die Drie Rondawels in die wondermooie

Graskop-omgewing, staan ek een oggend en kyk hoe die vroegoggendmis stadig opstyg uit die plantasies daar ver onder. In die stilte word ek bewus van God. Dis of sy heiligheid die klowe vul tot waar ek staan en afkyk. Hy is in die fyn vlagies sproeireën. In die ligte bries deur die kiepersolblare. In die geur van veld en grond en lug. Ongemerk skuif iemand langs my in. ’n Jong man groet met ’n blink glimlag, terwyl hy sê: “Hierdie is God se plek.”

Ek knik.

God is ook hier ... Tuis lees ek Jesaja 6:1 en 2:

In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op ’n baie hoë troon gesit,

en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. By Hom was daar serafs om Hom te dien ...

Ek het doodstil bly sit, bewus van God se heilige teenwoordig-heid en almag en verhewenheid. Ek is maar net ’n klein, broos mensekind. Maar ek mag aan sy kleed raak en sy liefde en omgee en krag vir myself toe-eien. Hy sien my raak.

God is oral ...

Altyd.

978-1-4316-0331-2.indd 23 2012/09/04 4:07 PM

Page 14: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

24

Jaag hom aan, Ouma

“J aag hom aan, Ouma,” sê my tweejarige kleinkind wanneer ’n DVD-storie of liedjie hartseer klink. Dan voorwaarts ek die

knoppie tot by ’n vrolike lag- of gesels- of sing-snit. En ons kyk verder.

Ongelukkig kan ons nie ons pyn en hartseer aanjaag nie. Dit moet sy koers loop – deur diep dale en donkertes op pad na hoop se uiteindelike strepie lig.

Pyn is ’n proses. Deur dit voortydig te probeer wegdink en gemaak-vrolik bo-oor te trippel, vertraag jy jou gesondword-proses. Dis nodig om deur die swaarkry te werk. Dit bring groei. En verdieping en insig. Nie net vir jouself nie, maar ook vir ander. Maar dan moet hulle bereid wees om hierdie pad saam met jou te stap.

Ek kry ’n e-pos vol pyn:

Vandag het ’n goeie vriendin uit die bloute vir my gesê dat ek moet ophou om vir haar te vertel hoe sleg dit met my gaan. Sy is moeg

daarvoor om skuldig te voel dat die lewe goed is vir haar.

Ek treur oor my kind – maar skielik het mense nie meer genade vir my nie. Dit voel of ek in die beskuldigdebank staan. Ek moet al my krag

bymekaarskraap om nét elke dag te kan oorleef, en nou moet ek nog fyntrap met hoe ander oor my voel!

Aan die een kant is ek kwaad, en aan die ander kant voel ek diep hartseer oor nog ’n verlies.

Wat doen ’n mens met die seer van die verlies van ’n vriendskap?

978-1-4316-0331-2.indd 24 2012/09/04 4:07 PM

Page 15: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

25 ’n Handvol hoop

Om – te midde van ’n ingrypende verlies in jou lewe –

boonop ’n vriend te verloor, kan jou sielsalleen en absoluut verstote laat voel.

Ons is op verskillende plekke op ons roete deur die lewe. Om mekaar se pyn volledig te kan begryp, is feitlik onmoontlik. Wat ons wel móét probeer doen, is om met erbarming na ’n persoon wat swaarkry, te kyk. Ons moet besef dat daardie persoon deur haar verlies nou “iemand anders” geword het. Daar het dinge in haar hart en siel en gees gebeur wat verhoed dat sy ooit weer dieselfde persoon kan wees as wat jy voorheen geken het. Sy kyk nou met ander oë na die lewe om haar.

Wanneer ’n persoon tyd gegun word om te rou en deur die intens-persoonlike pyn te werk, kom daar dikwels iemand met wysheid en sagtheid en groot empatie aan die ander kant uit. Daarom moet ons wat nie begryp nie, voor die persoon kan staan – met liefde en aanvaarding en groot geduld.

Laat haar toe om te treur. Wees daar vir haar – sonder om voor te skryf hoe óf waar óf hoe lank sy moet treur. Sonder om te sê: “Jaag hom aan, Ouma” ... Wel wetende: Die treurproses laat hom nie voorwaarts nie.

978-1-4316-0331-2.indd 25 2012/09/04 4:07 PM

Page 16: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

26

Die lang pad

D aar is geen ontsnaproete of kortpaaie as jy treur nie. Dis die pad wat jy moet stap. Enduit. As jy êrens probeer kortpad

vat, gaan jy maar net met ’n ompad terugkom op die treurpad. Daar is geen roetekaart vir treur nie, want treur strek nie van punt A na punt B en dan het jy gearriveer nie. Om dus te sê daar is bepaalde fases van rou voor genesing, is ’n vereenvoudiging. Rou is nie stappe wat jy moet deurwerk en dan is dit afgehandel nie.

Rou is eerder ’n proses wat soos die branders van die see aanhou uitspoel en weer terugtrek. Partykeer dink jy dat jy nou ’n bepaalde herinnering verwerk het, net om weer deur dieselfde brander omgeklits te word.

Sommige mense troos jou deur te sê dat tyd alle wonde heel, maar soms is dit na ’n jaar of twee erger, omdat tyd juis verbygaan en die verlange al hoe groter raak. Dit is beslis nie tyd wat dinge beter maak nie, eerder die mate waarin jy jouself toelaat om gesond en eerlik te rou.

As jy nie jou intense routyd gebruik om tot nuwe insig en verdieping te kom nie, sleep jy jouself maar net uitsigloos voort en hoop dit sal eendag beter gaan. Routyd en die stilte en nadink wat daarmee saamloop, is noodsaaklik, sodat jy weer regop kan staan op jou klein kolletjie aarde.

Wanneer jy jou dae vol maak met baie dinge omdat jy eintlik die konfrontasie met jouself en jou eie pyn wil vermy, verpas jy die voorreg om deur die Heilige Gees self getroos te word. ’n Eerlike

978-1-4316-0331-2.indd 26 2012/09/04 4:07 PM

Page 17: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

27 ’n Handvol hoop

rouproses is aktief. Dit betrek jou gees en verstand en liggaam deurlopend, al lyk dit vir ander mense dalk of ’n mens dae lank passief sit en niks doen nie.

Om gesond te rou, vereis dat jy ook objektief na jouself moet kan kyk. Jy moet nie selfgesentreerd en selfbejammerend word nie. Natuurlik is die versoeking daar om by ’n simpatieke persoon net oor jou eie swaarkry te praat. Dit kan die persoon later laat terugdeins as jy aankom.

Daar is dinge waardeur ’n mens móét werk en dinge wat ’n mens liefs moet laat. As ek wonder of ek nie besig is met ontkenning as ek weier om aan sekere dinge te dink nie, vra ek myself af:

Gaan dit bydra tot my heling, of dien dit geen doel nie?

Soms is dit nodig om vir jouself te sê: Hou op tob oor dinge waarop jy tog nooit antwoorde sal kry nie.

Ander noodsaaklike dinge móét egter in die oë gekyk word, al voel dit aanvanklik net té rou en té pynlik en heeltemal on-moontlik. Wag gerus. Daar sal wel ’n dag kom dat jy weet: Nou is ek reg hiervoor.

’n Vriendin het die laai met haar ma se juwele ná haar dood net so in ’n roomysbak leeggemaak. Na ses jaar kan sy haarself nog nie sover kry om die bak oop te maak nie. Sy sal nog. Eendag.

Mettertyd kry die pyn ’n ander loop. Eers oorspoel dit elke

978-1-4316-0331-2.indd 27 2012/09/04 4:07 PM

Page 18: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

28

sekonde van jou dag. Dis dáár in elke dink en doen. Selfs deur die nag. Of jy slaap of wakker lê. Alles is deurtrek met verlies. Soos die tyd aanstap, kronkel die verlange soos ’n breë pad dwarsdeur elke dag. Al die ander paaie sluit by hierdie pad aan.

Gelukkig het elkeen van hierdie paadjies uitspanplekke waarby ons kan stilstaan op ons groot sirkelpad deur die lewe.

“Hoe kom jy deur ’n dag?” vra iemand.“Ek sit my linkervoet uit die bed.”

Ek doen een klein dingetjie op ’n slag. Ek beplan nie lank vooruit nie. Ek gebruik my energie bietjies-bietjies.

Ek leer om van klein genades te leef.

’n Duifie wat in die nag begin sing. ’n Melktert van my buurvrou op ’n grou oggend. Vrolike SMS-boodskappe van my kinders. My man wat soggens vir my tee in die bed bring.

Dit help om iets te skep en vir jouself te kan sê:

“Hier waar niks was nie, staan nou iets.”

Ek het kappertjiesaad geoes en in ’n kleipot geplant. Toe die eerste kappertjie vanself sy roesrooi blare oopvou, was dit vir my ’n bevestiging van God se goedheid en sorg.

Op die pad van treur is ’n klein kappertjie soms ’n hele blomtuin.

978-1-4316-0331-2.indd 28 2012/09/04 4:07 PM

Page 19: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

29 ’n Handvol hoop

As die bome nie meer groen is nie ...

“E k het God so nodig. Maar ek weet nie hoe om Hom in hierdie tyd raak te sien nie. Dit voel of Hy net nêrens is nie. Of Hy

van my vergeet het ... Wat moet ek doen?”

Dis die noodroep van ’n jong vrou wie se enigste kindjie kort tevore oorlede is.

“Ek verdwaal op die voetpad van elke dag. Alles lyk anders as tevore. Selfs die bome se groen is nie meer groen nie. Ek ken myself nie meer nie en weet nie hoe ek die volgende paar uur sal optree nie.

“Ek is skielik van my bekende, vertroude koers afgegooi. Ek het noord gestap – met die son op my gesig. Nou strompel ek suid – op ’n onbekende pad wat ’n skaduwee oor my hele lewe gooi. In die donkerte soek ek na my vertroude, vaste bakens. Ek tas rond na ’n plekkie waar daar ’n bietjie son is.

“Niks is meer wáár dit was of sóós dit was nie. Ek moet alles in my lewe van voor af leer ken. Myself, my man, my familie, my vriende. Almal is nou vreemdelinge vir my – en ek vir hulle. Van buite af lyk ek dieselfde, maar binne is dit stukkend en deurmekaar.

“Ek moet ook die God wat ek so liefhet, opnuut leer ken, want skielik verstaan ek Hom nie. Hoe kon Hy dit toelaat? Hoe vertrou ek Hom weer?

978-1-4316-0331-2.indd 29 2012/09/04 4:07 PM

Page 20: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

Ek smag na Hom terwyl ek met

Hom baklei ...

“Tog voel ek diep in my ’n genade wat ek nie kan sien nie. Genade sonder woorde. En ek weet: God is by my ... Een vir een tel ek die stukke van my gebreekte hart op en loop agter Hom aan.

“Stadigaan – soos die tyd verloop – begin ek die bekende geloofsbakens al duideliker in die donkerte onderskei. Ek begin die diepte van Christus se kruisdood beter verstaan. Hy het gesterf sodat ek vir ewig kan lewe. Die vaste geloof dat Hy die dood oorwin het, gee my die diep, rustige sekerheid: Ek sál my dogtertjie weer eendag sien.”

Met daardie wete kan

hierdie jong vrou aanstap.

En opkyk.

En sien dat die bome

rondom haar

weer groen begin raak.

978-1-4316-0331-2.indd 30 2012/09/04 4:08 PM

Page 21: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

31 ’n Handvol hoop

Mank

W anneer ’n gesinslid sterf, verloor die liggaam ’n ledemaat. ’n Arm. ’n Been.

Saam met soveel treurendes weet ek: Ons sal altyd mank wees, al leer ons weer loop. Ons sal meer op mekaar ingestem wees en van die geliefde se funksies oorneem, nes ’n liggaam aanpas by ’n been wat geamputeer is. Ons sal egter nooit weer heel wees nie. Niemand kan ooit daardie persoon wees of sy plek inneem nie. Ons moet net sag met mekaar wees en van voor af sonder hom leer loop.

Soos Aäron en Hur Moses se hande in die lug moes hou terwyl die Israeliete teen die Amalekiete geveg het, só moet ’n gesin bereid wees om mekaar se hande in die lug te hou as dit nodig is. Soms is dit die een, dan weer die ander. Ons moet daar wees vir mekaar.

Jy moet oefen om met jou huismense oor jou pyn te praat. Reg van die begin af. ’n Mens ontdek nuwe dieptes in mekaar en verhoudings verinnig as jy so sonder skanse teenoor mekaar staan.

Nogtans moet ’n ouer baie versigtig wees dat die kind wat dood is nie die sentrum van jou ganse bestaan word en jy jou ander kinders se hartseer en behoeftes miskyk nie. ’n Mens kan so in die verlede leef en deur jou eie pyn vasgevang word, dat klein vreugdes of selfs groot gebeurtenisse in jou gesinslede se lewens by jou verbygaan. Hoe moeilik dit ook al is, jy moet vir

978-1-4316-0331-2.indd 31 2012/09/04 4:08 PM

Page 22: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

32

jouself sê: Hierdie kind van my is dood. Ek kan nooit weer iets vir hom doen nie. My ander kinders léwe en ek moet daar wees vir hulle. Hulle onbevange jonkwees is vir altyd met verlies gekleur. Vorentoe gaan hulle anders na die lewe kyk. Die kosbaarheid en kortstondigheid daarvan is nou vir hulle ’n realiteit.

’n Kind mag nooit voel dat hy éérs moet sterf voordat sy ouers hom werklik sal waardeer en liefhet nie. Kinders, op hulle beurt, moet probeer begrip hê vir ’n ouer se unieke rouproses, want saam met ’n kind sterf ook die drome wat ’n ouer vir die kind gehad het.

Daarom moet gesinslede mekaar oppas. Leer mekaar se broos plekke ken. Leer mekaar se treurpatrone ken. Wees goed vir mekaar. Soek mekaar op. Skuil by mekaar. Laat toe dat julle liefde ’n warm beskutting teen die verlatenheid van verlies word.

Groei na mekaar toe. Raak aan mekaar. Hoor wat is weggesteek agter kwaai

woorde of dooie stiltes. Moenie verby mekaar loop met dieselfde pyn nie.

As ’n mens jou huisgenote by jou hartseer betrek, vind jy dat hulle maar alte verlig is om ook hul hartseer te kan erken. Onmag om jou diepste verdriet te verwoord, veroorsaak dat jy bloot gemeenplasies deel in plaas van dít waaroor jy die graagste wil praat, maar terselfdertyd nie die moed het om hardop vir iemand te sê nie.

978-1-4316-0331-2.indd 32 2012/09/04 4:08 PM

Page 23: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

33 ’n Handvol hoop

Saam-saam moet ’n gesin ’n nuwe lewe met nuwe herinneringe begin bou. Dis ’n pynlike proses wat begin by die erkenning dat elkeen die ander nodig het.

’n Gesin leer om te lag tussen die hartseer van onthou deur, al staan die geliefde se

afwesigheid helderder in elke vrolike saamwees uit. Hulle aanvaar dat pyn deel van elke viering is

en kelk hul hande sag rondom elke vreugde-oomblik, want hulle weet hoe porseleinfyn dit is.

Om sáám ’n mens se verdriet en magteloosheid voor God te kan erken, is soos om die wonde skoon te maak en nuwe verbande op te sit waar ’n gesin se been afgeskeur is. Hierdie deel in mekaar se diepste verwondheid trek ’n gesin nog nader aan mekaar. Dit vul jou met groot liefde en deernis vir jou gesin wat probeer aanstap.

Mank-mank, maar dapper.

978-1-4316-0331-2.indd 33 2012/09/04 4:08 PM

Page 24: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

34

Om uit te reik

I n die grys, triestige dae wanneer verlange soos winterreën oor ’n mens neersif en die weemoed alles deurweek, is dit

helend om uit te reik na ander, al het jy dikwels geen energie daarvoor nie. In jou eie, reënnat verlatenheid moet jy jou hand uitsteek na die koue in jou gesinslede en ander mense wat naby aan jou geliefde was.

Wanneer ’n jongmens sterf, is dit goed om uit te reik na ander jongmense.

Hulle wil graag die gerusstelling kry: Ons mag maar treur. Terselfdertyd mag ons ook aangaan met ons lewens. Ons hoef nie skuldig te voel dat ons nog hier is nie.

In die Westerse samelewing is ons nie toegerus om enige iets te hanteer wat ons spoed breek in die resies om beter, vinniger en hoër as ander te wees nie. Dood is die top-spoedbreker, veral as dit ’n kind is wat die lewe entoesiasties tegemoetgestorm het.

Jongmense probeer woorde en sin soek uit dít wat hulle liewer sou wou ignoreer. Die lewe in al sy vrolike volheid behoort immers aan die jeug. Die dood pas nie. Dit dwing hulle om oor hul eie lewe na te dink en om stil te staan en bestek op te neem. En dit mors kosbare lééftyd ...

Tydens ’n gedenkdiens ná die dood van ’n student lees een van

978-1-4316-0331-2.indd 34 2012/09/04 4:08 PM

Page 25: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

35 ’n Handvol hoop

sy broers die Bybelgedeelte van die wonderlike visvangs vir sy studentemaats.

Toe sê hy: “Die opgestane Jesus het sy dissipels – wat die hele nag niks gevang het nie – beveel om hulle nette aan die ander kant van die boot uit te gooi. Hulle het Hom nie herken nie, maar tog gehoorsaam. Die dissipels kon Jesus se opdrag geïgnoreer het. Hulle kon aan hul pyn oor hul Meester wat dood is, bly dink het. Hulle kon gesê het: Ons gaan huis toe. Wat weet die Man tog? Maar hulle het geluister – en ’n wonderwerk beleef.

“Moenie julle vriend se dood dóódleef en maak asof dit nie gebeur het nie. Moenie die gedagte daaraan doelbewus onderdruk en vir jouself sê: ‘Ek karring maar net op my ou trant aan tot ek beter voel en my vriend se dood vervaag het’ nie. Lúister wat God vir jou hierdeur wil sê. Gebruik die pyn en wat jy daaruit geleer het en gaan die lewe in. Beteken iets vir mense. Verwag wonderwerke.”

Die dood van ’n vriend kan ’n nuwe lewensvuur in ’n jong hart aansteek om die lewe voluit te lééf en die ewigheid blinkoog aan te gryp.

En soos die tyd verbygaan, vind jy as ouer van die kind wat gesterf het op ’n goeie dag dat die pyn jou hart ook verruim het. Jy kan weer die jongklomp hul drome en vreugdes gun én saam met hulle entoesiasties raak oor hulle toekoms – al is jou kind nie meer deel daarvan nie.

978-1-4316-0331-2.indd 35 2012/09/04 4:08 PM

Page 26: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

36

Onbeholpe

W anneer ’n mens sonder ophou treur en ure in die Here se teenwoordigheid deurbring, bedek Hy jou met sy vrede

en mededoë. Met sy erbarming. Jy kyk met nuwe, sagter oë na ander – sonder voorbehoud – want jy sien elkeen se eie broosheid en soms onbeholpe pogings om te probeer troos, raak.

Dit verg baie moed om die onbekende wêreld van ’n persoon wat deur ’n krisis gaan, binne te stap. Daar is nie ’n resep of tienpuntplan vir troos of raadgee nie. Daar is nie ’n reg of verkeerd nie. Dis wel nodig dat jy jou eie gevoelens en ervarings opsy skuif en nét luister, sonder om te vertel van ander wat swaarder gekry het en desnieteenstaande “sterk” gebly het; of om uit jou eie ervaring raad te wil gee; of om vir die persoon oorkant jou te besluit hoe hy of sy voel; wat vir hom of haar goed sal wees; of hoe hulle hul trauma moet verwerk. Die persoon wil dit nie hoor nie.

Al wat hy of sy wil ervaar, is dat iemand opreg oorbuig en ’n klein stukkie pad wil saamloop.

Daar is soveel omstandighede, verhoudings en emosionele wisselstrome wat inspeel op elkeen wat verlies ervaar, dat jy nie standaardreaksies van die persoon kan verwag nie. Mense sien dieselfde dinge, hoor dieselfde klanke, deel ervarings – maar tog sien en hoor en beleef elkeen iets anders.

978-1-4316-0331-2.indd 36 2012/09/04 4:08 PM

Page 27: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

37 ’n Handvol hoop

Wanneer ek die een is wat deur die lewenskrisis gaan, moet ek op my beurt aanvaar dat mense werklik nie weet hoe om op te tree nie en dan juis “die verkeerde goed” sê of doen.

Ek mag hulle nie kwalik neem nie. Ek moet myself eerder voortdurend afvra wat ék sou gedoen het as ek iemand moes bystaan. Ek kan nie verwag dat ek skielik die middelpunt van ander se lewens moet word nie. Dis nog steeds my persoonlike verlies. Ek moet leer om daarmee saam te leef. Watter verlies dit ook al is.

Dis uiters moeilik om te erken dat my swaarkry te veel is om te dra, want dit is so intens persoonlik. Maar ek moet dapper genoeg wees om dit wel te doen. Dan maak ek dit vir ander makliker om spontaan na my te kan uitreik.

Of ons nou treur of troos, ons mag onsself nie onttrek nie. Daarmee verpas ons die geleentheid om verryk te word. Ons is immers hier op aarde om te groei na God toe. En ons moet hande vat op daardie pad.

God gebruik stukkende mense om mekaar te help heelmaak. Vir elkeen het Hy ’n netjiese vel bo-oor al die flenters getrek sodat ons mekaar kan bedien sonder om uitmekaar te val. Hy het vir ons oë gegee sodat ons met sagmoedigheid na mekaar kan kyk – en ore, sodat ons sonder kritiek na ander se verskuilde nood kan luister.

Of ons aan die ontvangkant of uitdeelkant van troos is, ons moet mekaar met erbarming koester.

978-1-4316-0331-2.indd 37 2012/09/04 4:08 PM

Page 28: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

38

God sien my raak

E k maak groot stiltes om my bymekaar. Soggens as die huis rustig word, trek ek my terug. In ons slaapkamer gooi die

winterson ’n warm, geel kol op die mat. Ek sien myself voor die Here – ’n klein hopie potskerwe – in die kol sagte son.

Ek het niks om vir Hom te gee nie. Niks om vir Hom te sê nie. Ek sit net in stilte by Hom. Hy vul my stiltes met sy genade. Hy gee nie antwoorde nie. Hy sit my nie op ’n kitskursus in treur nie. Ek ervaar dat dit goed is om net so te sit.

Stadig maar seker begin ek iets verstaan van die woorde uit die bergrede: Geseënd is hulle wat treur, want hulle sal vertroos word.

Terwyl ek so by die Here se voete sit en treur, vul Hy my met sy onuitspreeklike liefde en goedheid. En Hy troos my. Soos niemand anders kan troos nie. Dit is nodig om stil te word. Gestroop van die wêreld wat voortspoed en toet en blaas en baklei en geld maak.

Ek sit in die geel stilte op my mat en voel die Here se sagte vrede deur my spoel. Ek leer dat ek my hart moet oopmaak vir my

pyn, want dit bring geestelike seën.

978-1-4316-0331-2.indd 38 2012/09/04 4:08 PM

Page 29: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

39 ’n Handvol hoop

Terwyl die Heilige Gees my troos, leer Hy my ook. Ek ervaar hoe dinge in plek val. Ek kry insigte waarna ek nie gesoek het nie. Een na die ander antwoord Hy my vrae, wat ek diep weggebêre het en nie wou formuleer nie. Hy wys my baie sagkens op waarhede uit die Woord wat ek nie wou deurdink nie. Hy antwoord ook my onuitgesproke vrae. Ek leer dat sy beskerming verder as die tydelike strek. Hy beskut my ook teen die bose en die ewige dood. Ek hoef nie te worstel met as my kind tog net ... of hoekom ... ? nie.

Die dood dwing ’n mens tot stilstand. Om jou terug te trek en by die Here te leer, beteken egter nie selfbejammering of ongesonde tob oor dinge waaraan jy niks kan verander nie. Jy moet doelgerig deur jou smart werk. Tree vir tree.

Daar is ’n tyd vir alles, sê die Prediker. Ook vir afsondering en rou. As daardie tyd verby is en jy het nie deur alles gekou nie, sleep jy ’n baie swaar las met jou saam. Die pyn gaan nie weg as jy dit ignoreer of jou dae met ander dinge vol maak nie. Dit gaan lê net al hoe dieper en swaarder in jou wese.

978-1-4316-0331-2.indd 39 2012/09/04 4:08 PM

Page 30: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

40

In sekere sin is dit ’n voor eg om tot stilstand ger k te word

en jouself in die bolangse gejaagdheid af te vra: Is ek op koers? Wat maak ék nog hier?

Gee ek aandag aan dít wat die toets van die t d deurstaan?

Toe my kinders kleuters was, was ek baie doenig in ons gemeente. Ek het dikwels deur ’n dag gewoertswarts met te min hande en te veel dinge om te doen. Dan het my tweejaar-oud, sommer in die middel van die dag, ons klein sitkamertafeltjie omgekeer en my geroep. “Hierdie is my boot. Mamma moet by my inklim. As Ma uitklim, eet die krokodille Ma op.”

Terwyl ons twee dan so styf teenoor mekaar in die “boot” sit en ek in die oë van my klein seuntjie kyk, vertel hy my alles wat op sy tweejaaroud-hart is. Aanmekaar. Sonder ruspouses. Op ’n punt kondig hy pront aan: “Al die krokodille is nou weg. Mamma kan maar uitklim.”

Ek het dikwels ná my seun se dood

so in my “boot” gaan sit

978-1-4316-0331-2.indd 40978-1-4316-0331-2.indd 40 2012/11/30 8:42 AM2012/11/30 8:42 AM

Page 31: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

41 ’n Handvol hoop

en die Here geroep om by my te kom sit, sodat ek al my stories

vir Hom kon vertel en sy nabyheid en liefde kon ervaar. Ek wou oor en oor die versekering hê

dat Hy my nie vergeet het nie.

Hierdie ure se innige saamsittye wanneer ek magteloos-alleen en hartseer voel, het my die vrymoedigheid gegee om weer my voet uit die boot te sit en sonder twyfel te weet:

God sien my raak. Ek word liefgehê. God sorg vir my.

978-1-4316-0331-2.indd 41 2012/09/04 4:08 PM

Page 32: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

42

Wag op die Here“Ek wag op die Here,

meer as wat die wagte op die môre wag ... ”

I n hierdie woorde uit Psalm 130 weerklink die hoopvolle afwagting van iemand wat uitsien na die warmte en lig en

genade van ’n nuwe dag.

Om op God te wag, is om met ’n kinderlike opgetoënheid te leef. Dit is ’n aktiewe proses – die stilwees en wag net so dinamies as die vorentoe gaan.

God wil ons leer om nie soseer op die uitkoms te wag nie, maar vir dit wat in ons gebeur terwyl ons wag.

“Om geduldig te wag, is waardevol, omdat die Here ons dan kan onderrig. Terwyl ons wag, het Hy ons aandag. Ons is oop vir teregwysing, berisping, ’n koersaanpassing … lesse in gehoorsaamheid,” sê Dick Mills, skrywer en geestelike.

Ons leef dikwels sonder die verwagting dat God die dood-gewone buitengewoon wil maak. Ons moet God toelaat om God te wees. Hy wil deel wees van ons elkedagse bestaan. Van ons voorspoed én teenspoed.

Hy wil ons seën. Ons moet geduldig op Hom wag.

978-1-4316-0331-2.indd 42 2012/09/04 4:08 PM

Page 33: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

43 ’n Handvol hoop

Dit beteken nie dat ek maar met ’n voetslepende gelatenheid oor die lewe se verloop my skouers optrek en sug: “Aag, wat help dit tog? God sal in elk geval doen wat Hy wil!” nie.

God laat soms krisisse in die lewens van sy kinders toe. Dit skep vir Hom ’n geleentheid om ons weer in lyn met sy plan vir ons lewens te kry.

Terwyl ’n ma langs haar kind se bed in die hoësorg-eenheid sit, is daar baie tyd om stil te word en haar gedagtes te laat gaan. Sy vra haarself: Watter dinge in die lewe is regtig belangrik? Wat begeer ek vir my kind? Vir myself?

Sy praat met God en worstel met Hom. En weet op die ou end dat Hy alleen oorbly as al die ander sekerhede wegval.

Wanneer jy as ’n kind van God soms verslae en stom voor Hom sit, is dit goed om te weet dat daar ander is wat intree vir jou. Dikwels is mede-Christene in tye van nood vir die een wat swaarkry die wagters op die mure.

Wanneer iemand jou gerusstel met die woorde: “Sit jy maar. Ek sal vir jou bid,” gee dit jou die rustigheid om sonder woorde in God se teenwoordigheid te vertoef en in Hom te rus. Hier, in die skuilplek van sy liefde, kan jy met oop palms voor Hom sit om die seën uit sy hand te ontvang. Deur te wag word jy met die goeie versadig. En met God self.

Uiteindelik leef elke kind van God in die groot verwagting op Christus se Wederkoms. Ons wag op die Môrester. Op die Bruidegom. Ons lampe brandend dwarsdeur die nag – terwyl ons harte vol vreugde sing:

978-1-4316-0331-2.indd 43 2012/09/04 4:08 PM

Page 34: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

44

“Ek wag op die Here, meer as wat die wagters

op die môre wag.”

978-1-4316-0331-2.indd 44 2012/09/04 4:08 PM

Page 35: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

45 ’n Handvol hoop

My prentjie van God?

O ns prentjie van God bepaal hoe ons die wêreld om ons sien. Ook hoe ons onsself en ander mense sien. Hoe ons lag. Hoe

ons treur. Hoe ons elke dag leef. En hoe ons aanbid.

Sien ek God as ’n onverbiddelike Vader wie se genade ek moet verdien? Probeer ek Hom behaag uit vrees dat Hy sy seën van my gaan weerhou? Is God vir my ’n passiewe toeskouer wat slegs applous gee as ek ’n goeie vertoning lewer?

Is Hy Iemand wat sy gesig van my af wegdraai as ek Hom die nodigste het? ’n God op ’n afstand? ’n God so heilig en verhewe dat my klein aardse bestaan vir Hom niksseggend-onbelangrik is? ’n God wat Hom nie bemoei met ’n sondaar soos ek nie? Sien ek Hom bloot as iemand wat voortdurend my behoeftes en wense moet vervul – en verder wil ek my eie lewe leef soos ek goeddink?

Die bekende teoloog en denker C.S. Lewis vra in sy boek The Problem of Pain of die wêreld regtig op soek is na ’n Vader in die hemel.

Volgens hom sien baie mense God eerder as ’n hemelse oupa, ’n vergeetagtige figuur wat net wil hê dat almal op die ou end ’n goeie tydjie op aarde geniet. Vir die res moet Hy liefs uit die mensdom se pad staan.

Wanneer ’n lewenskrisis ons van koers pluk, wonder selfs ons, God se kinders, soms uit pure magteloosheid waar Hy dan was en

978-1-4316-0331-2.indd 45 2012/09/04 4:08 PM

Page 36: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

46

hoekom Hy nie ingegryp het nie. Hoekom het Hy bloot toegekyk? Of erger nog, weggekyk?

God is nie die Een wat moet sorg dat die lewe vir ons seepglad en voorspoedig moet verloop nie. Soms is pyn en lyding juis die Here se megafoon vir ’n stokdoof wêreld, sê C.S. Lewis. God se aanwesigheid is nié gelyk aan die afwesigheid van seer en swaar nie. God is dáár – in voorspoed en teenspoed.

Wanneer ’n persoon gekonfronteer word met pyn en lyding en verlies, groei daar uit hierdie worsteling met God meermale ’n nuwe begrip van sy grootheid en almag en majesteit.

Volgens Philip Yancey, bekende skrywer, het baie Christene ’n probleem om God as liefdevolle Vader te sien: “Miskien is dit die moeilikste waarheid om te begryp: Die almagtige God het my lief – asof ek sy enigste is!”

Deur Jesus se kruisdood begin ek egter iets van God se liefde vir my verstaan. Hy het my só lief dat Hy nie gehuiwer het om sy Seun aan die kruis te laat sterf nie. Vir my, ’n armsalige sondaar!

Ek behoort elke oggend met verwondering wakker te word, wetend dat ek God se beminde is. Ek moet toelaat dat my dag deur hierdie bewustheid gevorm word. En ek moet

myself deur die loop van die dag daaraan herinner: God het my lief. Ek is sy beminde.

Dís die prentjie wat ek van God moet hê. 978-1-4316-0331-2.indd 46 2012/09/04 4:08 PM

Page 37: 1 My prentjie - CUM Uitgewers · Uit die skerwe van ’n lewe kan God iets nuuts en moois skep. En die skoonheid daarvan lê juis daarin dat stukkende, skynbaar nikswerd-stukkies

47 ’n Handvol hoop

U bemindeLiewe Vader,

help my om getrou op U te bly wag – dwarsdeur tye van voorspoed en teenspoed. Wanneer die kers van hoop laag brand in my lewe. Wanneer ek U nie kan hoor of sien nie en dit vir my voel asof ek tevergeefs na U roep. Wanneer my prentjie van U weg is ... Help my om selfs dán in stilte op U te bly wag.

U is God en nie ’n mens nie. U is die Skepper van die heelal en ek is net ’n klein spikkeltjie. Hoe kan ek U dan wil verklaar? Hoe durf ek U voorsê? Hoe durf ek ooit dink ek weet beter?

Ek is soos die vrou wat maar net die soom van u kleed wil aanraak sodat U kan weet van my pyn. En sodat U my kan verseker dat ek u beminde is.

Help my om elke dag met dié vaste wete in my hart te leef.

Amen

978-1-4316-0331-2.indd 47 2012/09/04 4:08 PM