1 Oos-Kaap GAMTOOS AJV 5—7 Augustus 2016 Oom Dave & Tannie Koekie Griesel was die eerste kampeerders en het alreeds van Maandag, 1 Augustus, gekamp. Hulle is van die streek Suidwes-Kaap en oom Dave was een van die stigterslede van streek Oos-Kaap. Van die ander lede het Donderdag uitgekom. Oom Wouter Steenkamp het Donderdagaand boekevat gedoen. Daar is lekker gebraai in die bittere koue. Vrydagoggend was dit spierwit geryp en toe die van ons wat werk net voor sewe ry, was dit 1 grade. Die res van die lede het deur die dag uitgekom. Ons gaste van hoofkantoor het ook deur die dag gekom en die groot tent is opgeslaan. Baie dankie aan almal wat gehelp opslaan het. Dankie ook aan Richard wat die waentjie Gamtoos toe gesleep het. Jak- kie Barnardo het Vrydagaand boekevat behartig. Na boekevat is daar sop en broodjies bedien. Dit was heerlik. Baie dankie aan almal wat sop gemaak het en ook aan Jakkie wat die broodjies vir ons opgetel en deurgebring het. Die dames sal hul resepte moet aanstuur (veral Koekie se broccoli sop). Die vure het hoog gebrand en daar is heerlik gekuier. Saterdagoggend was die vergadering om tien uur in die tent. Sommige lede is verskoon weens die groot rugby wedstryd tussen die Lions en die Hurricanes. Hul ondersteuning het nie gehelp nie en die Lions het die wedstryd verloor. Die vergadering het baie goed afgeloop. Sommige van die toekennings is uitgedeel. Die vergadering is verdaag en daar was baie tyd om die middag lekker te ontspan voor die aandfunksie.
7
Embed
Oos-Kaap - SA Woonwa-Assosiasie (SAWA) / SA …€¦ · Victor —25 Algemene kampe ... Sandra Fourie. Afwesig: Redakteur—Elzaan le Roux . 7 Oos-Kaap GAMTOOS AJV 5—7 Augustus
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
1
Oos-Kaap GAMTOOS AJV
5—7 Augustus 2016
Oom Dave & Tannie Koekie Griesel was die eerste kampeerders en het alreeds van Maandag, 1 Augustus, gekamp. Hulle is van die streek Suidwes-Kaap en oom Dave was een van die
stigterslede van streek Oos-Kaap. Van die ander lede het Donderdag uitgekom. Oom Wouter Steenkamp het Donderdagaand boekevat gedoen. Daar is lekker gebraai in die bittere koue.
Vrydagoggend was dit spierwit geryp en toe die van ons wat werk net voor sewe ry, was dit 1 grade. Die res van die lede het deur
die dag uitgekom. Ons gaste van hoofkantoor het ook deur die dag gekom en die groot tent is opgeslaan. Baie dankie aan almal wat gehelp opslaan het. Dankie ook aan Richard wat die waentjie Gamtoos toe gesleep het. Jak-
kie Barnardo het Vrydagaand boekevat behartig. Na boekevat is daar sop en broodjies bedien. Dit was heerlik.
Baie dankie aan almal wat sop gemaak het en ook aan Jakkie wat die broodjies vir ons opgetel en deurgebring het. Die dames sal hul resepte
moet aanstuur (veral Koekie se broccoli sop). Die vure het hoog gebrand en daar is heerlik gekuier.
Saterdagoggend was die vergadering om tien uur in die tent. Sommige lede is verskoon weens die
groot rugby wedstryd tussen die Lions en die Hurricanes. Hul ondersteuning het nie gehelp nie en die Lions het die wedstryd verloor. Die vergadering het baie goed afgeloop. Sommige van die toekennings is uitgedeel. Die
vergadering is verdaag en daar was baie tyd om die middag lekker te ontspan voor die aandfunksie.
Die aandfunksie het om 17h30 begin. Die saal het pragtig gelyk en die kos was heerlik. Daar is
toesprake gemaak, toekennings is uitgedeel op streeks- & gebiedsvlak en die nuwe bestuur is bekend gestel. Baie geluk aan die nuwe bestuur en ook aan almal wat toekennings gekry het. Elke gesin het ‘n bottel wyn in ‘n kissie wat as ‘n bedieningsbord gebruik kan word gekry. Daar is ook pragtige karavaan
sleutelhouers uitgedeel. Baie dankie aan almal wat ‘n aandeel in die reëlings gehad het, iets geskenk het of enige ander taak verrig het om van die aand ‘n sukses te maak. Baie dankie ook aan die eienaar en personeel van die Gamtoos Ferry hotel vir julle puik diens. Ons sal definitief weer op julle knoppie
Sondagoggend het Ds Ben Fourie van bybelverspreiding die kerkdiens gelei. Ons kollekte sal
in die toekoms nogsteeds vir bybelverspreiding gaan. Daar is ook pillehouertjies uitgedeel wat ons moet volmaak en terugbring. Die kleintjie vat R2 muntstukke en as hy vol is, is dit genoeg vir een bybel en die groter een van R5 muntstukke en as hy vol is, is dit genoeg vir twee bybels. Daar is plaatjies uitgedeel.
Na kerk is daar koffie gedrink en cupcakes geëet. Baie dankie aan oom Tjaart wat die cupcakes gereël
en gaan haal het. Dit was heerlik. Baie dankie aan almal wat gehelp het om die tent weer af te slaan en aan Zeldri Strydom wat die waentjie terug huis toe sleep. Sommige lede moes oppak en die terugtog aanpak. Die res van ons het nog gebraai en gekuier en natuurlik ‘n middagslapie gevang. Sondagaand
het die poorte behoorlik oopgemaak en dit het lekker gereën.
Maandag was weereens ‘n heerlike sonnige dag. Sommiges het lekker op Jeffreys gaan ontbyt eet terwyl sommiges
nog ‘n visvangsessie moes inwerk. Nog lede het opgepak en huiswaars gekeer. Ons
gaste van hoofkantoor is ook terug huis toe. Liana het Maandagaand vir ons boekevat gedoen.
Dinsdagoggend het Richard boekevat gedoen en almal het opgepak en huis toe gegaan. Baie dankie aan al die lede vir ‘n heerlike AJV en kamp. Alles was puik en ons maak definitief volgende jaar weer so.
Baie sterkte aan die nuwe bestuur vir die jaar wat voorlê. Ek glo ons gaan lekker as ‘n span saamwerk om dinge vir ons lede lekker te maak. Soos Jurie gesê het sonder ons lede is daar nie ‘n SAWA nie.
Veilig sleep tot volgende keer
Groete, Ischke Lambrechts
SENIOR BURGERS Hierdie was dan ook ‘n Senior Burger saamtrek.
Donderdag was ons maar min lede. Dave & Koekie Griesel; van streek Suidwes-Kaap en ook een van die stigterslede van streek Oos-Kaap; Wouter & Alna Steenkamp, Barend & Lenie Swanepoel met hul agterkleindogter, Liana & Frans Labuschagne, Deon
& Tersia le Roux en dan ek & Johan het die middag saam lekker koek en tee geniet. Wouter Steenkamp het boekevat vir ons gedoen. Die aand het Ischké & Steve Lambrechts en Andre & Sammy Ankiewitz by ons aangesluit en ons het lekker gebraai.
Die res van die naweek het maar soos vir die res van die kampeerders verloop. Almal het die AJV en 40 jarige vieringe vreeslik geniet. Tannie Cecile Meyer is dan ook aangewys as die Senior Burger van die jaar. Baie
geluk aan haar. Dit sit nie in almal se broek om op 82 jarige ouderdom jou eie karavaan te sleep en dan nog boonop 100% bywoning te kry nie. Welgedaan! Baie Dankie aan almal vir ‘n heerlike kamp. Veilig sleep tot