Nuusbrief 34 Vrydag, 16 Oktober 2015 www.wouwtjies.co.za Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 Jy kan ook op ons voorblad adverteer! Kontak: [email protected]LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Nuusbrief 34 Vrydag, 16 Oktober 2015 www.wouwtjies.co.za
Neem asseblief kennis van ʼn algemene oueraand wat gehou sal word op 3 November 2015 om 18:30
Tydens die oueraand sal die begroting vir 2016 aan die ouers voorgehou word vir goedkeuring.
U word hartlik uitgenooi na bogenoemde vergadering.
Die Beheerliggaam verskaf graag aan u die skoolfonds vir 2016 soos goedgekeur tydens ʼn Beheerliggaamvergadering
SKOOLFONDS 2016
Gr. RRR
Skoolfonds vir 2016 beloop R18800 per jaar dit is ʼn verhoging van slegs 6,25%
Ouers wat voor einde Februarie hulle skoolfonds betaal, ontvang ʼn korting van R750
Gr. RR - 7
Die skoolfonds se bedrag word vasgestel op R17 000 per jaar. Dit is ʼn verhoging van slegs 7,25%
Ouers wat voor einde Februarie hulle skoolfonds betaal, ontvang ʼn korting van R750
Naskool - Gr. RRR-7
Die naskoolgeld word verhoog na R9500 per jaar. Dit is ʼn verhoging van slegs 6%
Ouers wat voor Februarie 2016 betaal ontvang ʼn korting van R450
Danksy groeiende getalle en goeie finansiële bestuur is die verhoging uiters redelik en is ons oortuig dat ouers uitstekende waarde vir hulle geld ontvang.
ʼn Uittreksel van die begroting sal beskikbaar wees by ontvangs vanaf 20 Oktober.
3
3
Vakature: Gr RR • ‘n Vakature vir Gr RR-onderwyseres is beskikbaar vanaf 11 Januarie
2016
• Kandidate moet oor ‘n geskikte onderwyskwalifikasie beskik.
• Ervaring van Pre-primêre onderrig sal as aanbeveling dien.
• Sluitingsdatum vir CV’s is Woensdag, 28 Oktober 2015.
Gr. 7Y SURVIVOR SOKKIE
Baie baie dankie aan elke ouer en kind vir julle bydrae,
ondersteuning en hulp
om ons Survivor sokkie onvergeetlik lekker te maak !
4
4
EKSAMEN: NOVEMBER 2015
Die vakafbakening vir Gr. 4 tot 7 volg eersdaags. Maak asb. seker dat u kind vroegtydig begin leer!
Die eksamentye vanaf Donderdag, 13 Nov. tot Dinsdag, 25 Nov. is soos volg: 07:25 - 07:40 Amfi 07:40 - 08:30 Leersessie
08:30 - 08:45 Pouse
08:45 - 11:00 Eksamensessie
11:00 - 11:20 Pouse
11:20 - 12:00 Leersessie
• Vanaf Dinsdag, 1 Desember, sal daar ‘n spesiale rooster gevolg word, waartydens alle vraestelle uitgedeel, behandel en gekontroleer sal word. Dit is baie opvoedkundig om nasorg te doen... en ons finale kontrole dat alle punte reg is. Ons versoek u dus vriendelik, dog dringend, dat u kind wél teenwoordig sal wees.
• Alle vraestelle sal tydens die eksamensessie geskryf word. • Leerders skryf in geallokeerde eksamenlokale - Gr. 4 en 6 en Gr. 5 en 7-
leerders tesame. • Géén storieboeke, rekenaarspeletjies of ipods word toegelaat nie! • Leerders moet konstruktief besig wees met eksamenvoorbereiding. • Sien asseblief toe dat leerders die nodige skoolboeke saambring sodat hulle in
die eerste sessie vir die dag se vraestel kan voorberei. • ‘n Wagklas is vanaf 12:00 tot 13:40 beskikbaar vir leerders wat nié vroeër
afgehaal kan word nie.
DAG DATUM VAK GRAAD
Woensdag 18 Nov. EBW
Donderdag 19 Nov. Tegnologie Gr. 7
Vrydag 20 Nov. Sosiale Wetenskap Gr. 4-7
Maandag 23 Nov. Afrikaans Gr. 4-7
Dinsdag 24 Nov. LV/LO Gr. 4-7
Woensdag 25 Nov. NW & Teg Gr. 4-6
Natuurwetenskap Gr. 7
Donderdag 26 Nov. Kuns & Kultuur Gr. 4-7
Vrydag 27 Nov. Wiskunde Gr. 4-7
Maandag 30 Nov. Engels Gr. 4-7
Gr. 7
5
5
SKOOLTYE:
18 NOVEMBER TOT 9 DESEMBER
• Die skool sal vanaf Woensdag, 18 November tot Dinsdag, 8 Desember om
12:00 vir alle leerders (Gr. 1 tot 7) sluit.
• Die skool sal op Woensdag, 9 Desember om 09:45 vir alle leerders sluit. Die
Naskool sluit op Dinsdag, 8 Desember om 17:30 vir die duur van die
Desembervakansie en heropen weer op Maandag, 11 Januarie 2016 om
07:15.
• Die Naskool is vanaf 18 Nov. tot 9 Des. oop vanaf 12:00 tot 17:30.
• Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die Naskool ontvang met
studie-reëlings tydens die eksamen.
• ‘n Aparte wagklas sal vir alle nie-naskoolleerders in die Grondslag- en
Intersenfase vir die tydperk van 18 November tot 8 Desember vanaf 12:00 tot
13:40 beskikbaar wees. Voltooi asb. onderstaande skeurbriefie in dié verband.
• Maak asseblief seker dat u kind vanaf skoolsluitingstye, tuis onder toesig is.
Wees altyd bly. Bid gedurig. “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” (1 Thes. 5:16-18)
“Rejoice evermore. Pray without ceasing. In every thing give thanks: for this is the will of God in Christ Jesus concerning you.” (1 Tess 5:16-18)
7
7
KULTUURUITSLAE Alle kultuuruitslae MOET op die laatste teen Do. 29 Oktober 2015 by
juf. Marián Bakkes (K. 30) ingehandig wees. Inhandiging is noodsaaklik om in aanmerking vir die Kultuurmeriete-aand op 12
Oktober te kom.
BACK TO BASICS MET PRACMATHS GR 4 EN 5
Graag bedank ons die borg, Audi, wat bogenoemde boeke gratis
geskenk het vir ons Gr. 4-leerders.
Hierdie boeke is ʼn gróót aanwins vir ons leerders!
OUERAAND Graad 4 tot 7 : Woensdag, 21 Oktober 2015
ʼn Oop oueraand sal vanaf 17:30 tot 18:30 op Woensdag, 21 Oktober plaasvind.
ʼn Kort 5 minute afspraak sal per ouer toegestaan word ten einde die vorderingsverslae te bespreek wat die leerders op Vrydag, 16 Oktober in ontvangs sal neem.
Sekere ouers het reeds ʼn formele uitnodiging ontvang om hierdie oueraand by te woon.
U samewerking in dié verband sal opreg waardeer word.
8
8
9
9
FOTODAG: 4 November 2015
Die fotodag vir hierdie kwartaal vind op Woensdag, 4 November 2015 plaas. Die volgende foto’s word geneem. Let asseblief op die korrekte kleredrag wat leerders moet saambring skool toe.
Na afloop van die fotodag sal u geleentheid kry om die foto’s te bestel. Hou asseblief die nuusbrief dop vir meer inligting. Die provinsiale en SA kleure foto’s sal op ‘n ander geleentheid geneem word,
aangesien ons nog wag vir van die uitslae om bekend gemaak te word.
Foto’s Kleredrag
Muurbal: Seuns Muurbaldrag, kouse en tekkies
Muurbal: Dogters Muurbaldrag, kouse en tekkies
Swem: Juniors Netjiese skooldrag (somer)
Swem: Senior A-span Netjiese skooldrag (somer)
Swem: Senior B-span Netjiese skooldrag (somer)
Noord-Gauteng Perdry Netjiese skooldrag (somer)
Gholf: A-span Gholfdrag
Gholf: B-span Gholfdrag
Graad 7-groep Netjiese skooldrag (somer)
Radikale redenaars Netjiese skooldrag (somer)
Leerderraad Netjiese skooldrag (somer)
Musieksentrum Seniors en Juniors Netjiese skooldrag (somer)
Wouwtjie-kunstefees Gala-aand Junior en
Senior
Netjiese skooldrag (somer)
Alle nuwe leerders in die skool of leerders
wat met die vorige individuele fotodag
afwesig was
Netjiese skooldrag (somer)
Provinsiale en SA Kleure Netjiese skooldrag (somer)
10
10
Herwinning
Glasherwinning: Hier is die uitslae vir Augustus se glasherwinning:
Baie geluk Wouwtjies ons was eerste in Gauteng! Kom Wouwtjies hou aan om ons te help om glas te herwin. Ink-kassette herwinning: Baie dankie vir al die Wouwtjies wat so gereeld leë ink-kassette bring. Greenoffice het vir ons ‘n boom geskenk om dankie te sê dat ons so baie herwin. Interessante feite: Plastiek: • Die afgelope 10 jaar het ons meer plastiek vervaardig as die eerste half eeu. • 50% van die plastiek wat ons gebruik, gebruik ons net een keer en gooi dit dan weg.
• Genoeg plastiek word jaarliks weggegooi om die aarde 4 keer te omsirkel. • Slegs 5% van die plastiek wat ons gebruik word herwin. • Die gemiddelde Amerikaner gooi jaarliks 185 pond plastiek weg. • 500 biljoen plastieksakke word wêreldwyd gebruik. • Een miljoene sakke word in ‘n minuut gebruik. • Dit neem 500 tot ‘n duisend jaar vir plastiek om te ontbind. • Een miljoen seevoëls word doodgemaak as gevolg van plastiek in die see. Envirouwgroete
Baie sterkte aan die volgende leerders wat volgende week aan die Muurballiga by Tuks deelneem:
⇒ Ryno de Beer ⇒ Emil Greyling
⇒ Keagan Mcintosh
⇒ Kadie Mcintosh
⇒ Cailin Krige
⇒ Ben-Johan Laubsher ⇒ Damian McDonald
⇒ Udore Barwise
LANDLOOP
Twee Wouwtjies het die afgelope vakansie, op 2 en 3 Oktober 2015 as deel van die Gautengspan in Oos-Londen aan die Suid-Afrikaanse Skole Landloop Kampioenskappe deelgeneem.
Marco Roos was individueel 9de, sy span was 3de in die o.10 seunsafdeling en het ‘n brons span-medalje gekry.
Leshan Curlewis was individueel 4e, haar span het die SA Kampioenskappe in die o.13 dogters-afdeling gewen en ‘n goue span-
medalje gekry.
14
14
15
15
Ultimate upholstery Herstoffering van meubels
Maak van kussings
Ottomans en headboards
‘Pelmits’
Gordyne & Blindings
Binnehuisversiering
Christa : 082 376 7605
Bel ons vir jou Kommersiële &
Industriële Eiendomsbehoeftes!
Areas: Route 21 Corporate Park, Centurion & Louwlardia