Eldo-Info Nuusbrief – 22 Mei 2020 www.hseldo.co.za • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK HEMELVAART Ons wens is dat elke gesin ‘n geseënde Hemelvaart beleef het op Donderdag, 21 Mei 2020. Mag die Vader se genade en vrede oor julle rus in hierdie onseker tye en mag jul daagliks Sy volmaakte liefde ervaar. Gaan kyk gerus na die Hemelvaart boodskap wat Christo Viljoen aan die Eldoraigne gemeenskap gebring het by: https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/242598627005851/
10
Embed
Eldo-Info Nuusbrief 22 Mei 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 22 Mei 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK HEMELVAART Ons wens
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Ons as graad 8-groep wil vir u as ouergemeenskap baie dankie sê vir die wyse waarop u gereageer het op die uitdagings
ten opsigte van elektroniese toerusting, data en skedules vir klastye. Elke huishouding het sy eie behoeftes en
uitdagings. Ons wil u verseker dat besluite rakende hierdie proses nie ligtelik opgeneem word nie en dat die skool,
tesame met die verskillende rolspelers, hard daaraan werk dat ons leerders se beste belange voorkeur geniet. Ons
vriendelike versoek aan u is om u kind te ondersteun en te motiveer in hierdie tyd.
Ons graad 8’s het in hierdie verband ‘n verpligting om ons akademiese werk so getrou en volledig moontlik te voltooi,
om sodoende die akademiese jaar suksesvol te kan afsluit. Ons graad 8’s is gelukkig in dié opsig dat ons die graadkamp,
die EVP-program, die Groentjiekonsert en die formele inhuldiging as ware Eldo’s, reeds kon afhandel. Hoe bevoorreg is
ons nie dat almal deel hieraan kon hê nie!
Vakveranderings vir die graad 8-leerders word slegs toegelaat aan die einde van hierdie jaar met die oog op 2021. U kan
u Graadhoofde kontak in verband hiermee, in kwartaal 3. Verdere inligting rakende vakveranderings sal aan u
gekommunikeer word.
Ons vertrou dat ons u spoedig weer by die skool sal sien.
GRAAD 9
Beste graad 9-Eldo
Daar is baie sosiale aktiwiteite, sport- en kultuurgeleenthede wat nie hierdie jaar gaan kan plaasvind nie, as gevolg van
die COVID 19-pandemie. Ons besef dat julle teleurgesteld is oor die geleenthede waaraan julle nie gaan kan deelneem
nie, maar julle veiligheid is egter vir ons die eerste prioriteit.
Baie dankie dat julle ingeskakel het by die aanlyn Teams-lesse, sodat ons hoofprioriteit wat akademie is, kan voortgaan.
Die leerlingaktiwiteit wat ons graad raak, is die graad 9-vakkeuse aand. Ons kan op hierdie stadium die volgende aan
julle kommunikeer, terwyl ons wag vir die Departement van Basiese Onderwys se aangepaste skoolkalender wat in die
Gazette geplaas moet word:
Graad 9 Vakkeuses vir 2021: Toetsing deur ons
eie sielkundiges
Begin van Kwartaal 3
Vakkeuse aand – moontlik virtueel aanbied Twee weke na toetsing
Vakkeuses finaliseer Einde van Kwartaal 3
GRAAD 10
Beste graad 10-Eldo
Covid 19: ‘n virus wat ons alledaagse lewe en gemeenskap swaar ontwrig. Die trauma wat daarmee gepaard gaan,
ontwrig ons op verskillende vlakke: geestelik, emosioneel, ekonomies, liggaamlik en ekologies. Dit skep partykeer
geweldige hoë vlakke van angs en paniek. Jy as graad 10-leerder wou so graag deelneem aan die FNB Classic Clash. Jy
wou so graag by ander aktiwiteite betrokke wees, jy wil so graag met jou maats sosialiseer.
3
Hierdie dinge is nou eers vir ‘n tydperk van jou ontneem en sal weer in die toekoms vir jou beskore wees, maar nou
moet ons eers berus en glo dat alles weer na normaal sal terugkeer, want dit sal!
Vandag wil ek vir jul dankie sê. Dankie dat jul so mooi ingeval het by die aanlyn-onderwys, dankie dat jy elke dag in al jou
“klasse” is en saam met die onderwysers werk. Dankie dat jy jou huiswerk so mooi doen. Dankie dat jy jou vriende
motiveer en positief hou. Elkeen van jul is regtig spesiaal. Hierdie tydperk is ook kosbare gesinstyd - daarom moet jy
dankie sê vir jou ouers se liefde, dat hul so baie vir jou omgee, dat hul sorg dat jy data het, dat hul sorg dat jy in jou
“klasse” is en dat hul daar is vir jou in hierdie ‘vreemde” tyd.
Jul graad 10-leerders is ‘n besonderse groepie en daarom weet ons jul gaan sterker hier uitkom en alles baie meer
waardeer! As gelowige word ons gedra deur die liefde, nie deur vrees of paniek nie. Deur ons hande en voete is ons die
draers van Goeie Nuus – die hoop wat God hierdie wêreld bied.
GRAAD 11
Beste graad 11-leerders en ouers
In hierdie onsekere tye, sal ons doelwit altyd wees om julle met inligting te bemagtig, wat moontlike vrae kan
beantwoord en vrese kan stil. Ons wil jul gerusstel oor die beplanning rondom aksies wat op die oorspronklike graad
11-kalender was:
Die LR verkiesing sal definitief hierdie jaar plaasvind. Die moontlike tydgleuf waarna gekyk word, is aan die
einde van Kwartaal 3. Meer inligting sal volg sodra die beplanning en kalender amptelik aangepas is.
Die Modeparade word jaarliks deur die graad 11’s gereël, maar dié aksie is onderhewig aan ‘n besluit oor die
Matriekafskeid. Ons staan gereed om op enige datum of situasie te reageer.
Die Sun City daguitstappie vir die jaar is vir nou afgestel, omdat ons die veiligheid en gesondheid van ons
leerders as prioriteit ag. Reëlings oor ander opsies sal volg namate die regulasies vir sosiale skoolaksies deur die
owerhede aangepas word.
Ons sal nuwe inligting met julle deel soos dit bekend gemaak word. Dankie vir elkeen se volgehoue ondersteuning in
hierdie tyd.
Opregte Eldo-groete
AKADEMIE
BELANGRIKE INLIGTING TYDENS GRENDELTYD
Ons hoop dat u en u gesin in hierdie tyd veilig is en met ‘n positiewe ingesteldheid die nuwe uitdagings wat aan ons
almal gebied word, die hoof bied.
Ons beleef die nuwe denke ten opsigte van onderwys as uitdagend, dog baie opwindend. Die uitdagings wat aan ons as
onderwyspersoneel gebied word, het veroorsaak dat ons kreatief en innoverend moes begin dink oor kommunikasie en
onderrigmetodes. U is reeds welbekend met die konsep van selfgerigte leer en dat die fokus nie meer primêr op
onderwyser gesentreerde leer kan wees nie.
Die terugkeerplan vir die skool sal in fases aan u gekommunikeer word, soos die grade in fases moet terugkeer skool
toe.
Die graad 12- leerders keer 1 Junie terug, waarna die ander grade in fases infaseer sal word.
U kind se onderrig sal steeds aanlyn plaasvind, selfs wanneer hul fase van terugkeer aanbreek. U sal vooraf ‘n volledige
dokument ontvang met riglyne ten opsigte van die vereistes vir die terugkeer van u kind.
4
SPORT
SAGTEBAL
Ons hoop julle het die woordsoek in die vorige uitgawe geniet en dat julle daardie spesiale woord ook kon vind.
Hiermee die anwtoorde van die woordsoek:
S A F E B F G V B M E
A T S T A G M I T H L
G Y O F T B A T J O D
A A E L T P C W S M O
E L S Y E I H E J E S
B P T S R N S E L P A
G E R C S A B R W L G
L C I O B T R A I A T
H R K R O C L G S T E
I O E E X K L V E E B
T F Q H O M E R U N A
R J W C H A T B A L L
Hou die Eldo-Info dop vir alle Sagtebal inligting en verrassings wat nog gaan volg!
Sagtebal-groete
Juffrou Zanne-Marié Pienaar
TENNIS
Ons hoop almal is nog fiks en gesond gedurende die tydperk! Daar is natuurlik baie onsekerheid van wanneer ons weer
op die baan kan wees. Tennis SA is verseker ons dat dit so vroeg as moontlik sal wees.
Die Internasionale Tennis Vereniging (ITF) het ook hierdie voorgestelde reëls aangebring vir wanneer ons weer mag
speel:
Examples of some of the suggested measures include:
Players remain at least 2m from one another and have no physical contact (such as a post-match handshake) Players go around opposite sides of the net at changeovers Players use separate sets of balls (and mark them clearly prior to play) Players should not share equipment (rackets, towels, water bottles, etc.) Only singles matches should be played
5
Ek is seker julle het al die verskillende volley challenges gesien op sosiale media wat die rondte doen . Ek daag julle almal uit om te kyk hoeveel vlughoue jy kan doen in 1 minuut en dit dan te deel op ons tennisgroepe. Daar sal van volgende week af oefeninge en video’s rondom taktiek en meer gedeel word op hierdie groepe.
Tennis-groete
Coach Fanie Janse van Rensburg
KRIEKET
Gaan kyk gerus na ons krieket-akademie, Cricket 101, se video’s vir week 3 op ons webblad. Maak seker jou vaardighede
bly opgeskerp tydens die inperking by:
https://www.hseldo.co.za/cricket101
Krieket-groete
Meneer Abré Vollgraaff
HOKKIE
Dit is weer Maandag tyd vir ons Zoom-kuier. Ian Hartley, ‘n sportsielkundige en
spesialis kom met ons gesels. Hy gaan tema’s soos kultuur in sport en kognitiewe
optrede aanraak. Die Zoom-link sal aan alle hokkiespelers gestuur word.
Daar gaan binnekort ‘n spesiale verrassing vir alle graad 7-hokkiespelers
aangekondig word. Hou ons sosiale media en Toekomstige Eldo’s
(@toekomstige_eldos) Instagram bladsy dop vir hierdie opwindende aksie!