2 NOVEMBER 2012 PRINT RUN: 8 000 GRATIS/FREE Die waarheid sonder voorbehoud / The truth without prejudice LEPHALALE, BALTIMORE, MAASSTROOM, MARKEN, MARAPONG, MARNITZ, SELEKA, STEENBOKPAN, SWARTWATER, TOLWE, TOM BURKE, VAALWATER Onverwacht Sakesentrum, Onverwacht, Lephalale 0557 Tel: 087 150 5306 Fax: 086 614 6209 E-mail: adverts@ Bulletin Bosveld/Bushveld NUUS NEWS ORDELIKE ORDELIKE R R THERN THERN O O NUUS NEWS N N We bring you the news! Ons bring die nuus na jou toe! 148 Thabo Mbeki, Mokopane, 0600 Onverwacht Sakesentrum, Lephalale, 0557 Tel: 014 763 5132 (Lephalale) / 015 491 3082 (Mokopane) Fax: 086 614 6209 Email: [email protected]KILL-A-BUG PEST CONTROL WERNER: 083 446 5342 www.killabug.co.za Fumigations, weed control and lawn treatments, pre- and post-construction treatments. Getting rid of all the pests in your garden, home and business... Reg. No. PestControl Operator: P 19702 CLEANCHEM Suppliers of all cleaning equipment and chemicals at the best quality and prices! Call: 083 446 5342 [email protected]Tel: 014 763 4040 Faks: 014 763 3319 www.agamefarms.co.za Melanie 083 307 4476 Braam 073 578 6435 Jolene 082 909 1270 Chris 076 432 8445 Marna 082 856 1765 Elane 073 242 1177 Anita 082 330 2097 Kantoor 014 763 4040 House for sale Family house with 4 Bed, 2 bath, single garage with outside quarters, swimming pool and lapa. CONTACT: CHRIS 076 432 8445 R1 484 000.00 M E A T C I T Y Tel: (015) 491 8142 / (015) 491 8492 / Ruiterweg 40 - Mokopane - Waltie, Billie, Awie - Epos: [email protected]Bulk Maalvleis R32-95p/kg Pork Loin Chops R46-95p/kg Kameeldoring Boerewors 42-95p/kg 2.5KG Chips R33 p/pak Chicken Flatties R22-95p/kg Bulk Lam Pakke R69-95p.kg Russian Kaaswors R44-95p/kg SOUTH AFRICAN SOCIETY FOR LABOUR LAW Disciplinary Enquiries UNFAIR DISMISSALS Grievances Company downsizing/ Restructuring Employment Equity DISCRIMINATION?! Retrenchments BREACH OF CONTRACT AFFIRMATIVE ACTION UNIONS BARGAINING CCMA Representation Labour Court and Labour Appeal Court Head Ofce PO Box 18056 Pretoria North 0116 Tel: (012) 546 4506 National: 0861 099 449 Fax: (012) 546 9006 Email: [email protected]Personal fax: 086 648 4942 Website: www.nape.co.za SOLD PROPERTIES We are serious about selling www.atsold.co.za 014 763 1088 We will make your dreams come true !! Arona Rossouw (Principal) 082 898 8433 [email protected]Francois Campher (CEA) 082 325 3304 [email protected]MOKOPANE - ‘n Poging om vier donkies wat na bewering erg mishandel is van hul eienaars te red, het Sondagmiddag byna in bloed geëindig toe lede van die plaaslike DBV, ‘n plaaslike sekuriteitsmaatskappy en die donkies se eienaars slaags geraak het. Johan Joubert van die DBV het glo Sondag in JG Strydomstraat gesien hoe die drywer van ‘n donkiekar sy vier donkies, wat reeds erge sere en stukkende plekke aan hul velle het, glo aanhoudend met ‘n sweep slaan. Toe hy hulle daaroor konfronteer en meedeel dat hy die donkies na die skut gaan neem vir behandeling het die twee mans op die donkiekar glo gedreig om hom te lyf te gaan. Marcelle Maritz, DA-raadslid en voorsier van die plaaslike DBV sê dít is toe Joubert haar bel vir bystand. “Ek het dadelik vir Suricat geskakel en vir hulle gevra om die polisie te kontak vir bystand,” sê sy en verduidelik dat sy al geleer het dat die sekuriteitsmaatskappye vinniger met die plaaslike polisiestasie in verbinding kan tree as wat lede van die publiek kan. Rassie Erasmus van Suricat het hom by Maritz aangesluit en gehelp soek na die omstrede donkiekar wat toe reeds op pad na die HOP-uitbreidings was. Hulle het die donkiekar en sy eienaars Vonke spat oor nerf-af donkies in die veld naby uitbreiding 14 gekry. “Ons het vir hulle gesê die manier waarop hulle, hul donkies hanteer is dieremishandeling en dat dit teen die wet is en dat ons die donkies na die DBV gaan neem. In reaksie daarop het hulle gedreig om vir Erasmus met grawe wat hulle op die donkiekar gehad het te takel,” vertel Maritz. Erasmus het dit glo duidelik gemaak dat hy sal optree as hulle hom aanval. Terwyl hulle toe vir Joubert en die polisie gewag het, het die eienaars van die donkies glo hul diere uitgespan en die veld ingejaag. Toe ons hulle vertel dat hulle dit nie mag doen nie en dat ons nou hul donkiekar gaan konfiskeer het die twee mans die donkiekar gegryp en in die rigng van die naaste huise gehardloop. “Ons het hulle agterna gesit terwyl Erasmus met die bakkie gery het om die donkiekar en sy eienaars af te keer,” vertel Maritz. “Ons [Maritz en Joubert] het aan hulle verduidelik dat ons die karretjie gaan vat en dat hulle dit Maandag kan terugkry as hulle die donkies na die DBV bring vir behandeling.”Dit is toe dat die vonke glo spat en die twee mans na bewering met grawe omhoog in Maritz en Joubert se rigng storm." Klein Hanno van Rensburg ry elke oggend saam met pa Hanno (snr) op die plaas Cosmopolite op Baltimore om nuwe bokkies te tel. Ma Bardina vertel dat die kleinman elke oggend met die lammertjies speel. “Hy gaan sommer lê tussen hulle en probeer hulle elkeen optel en druk,” vertel sy. “Dis kostelik en laat mens dink aan Jesus wat geê het ons moet soos kindertjies word!” Bokkie ek wil jou hê! ... volg bl. 6
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
2 NOVEMBER 2012 PRINT RUN: 8 000 GRATIS/FREEDie waarheid sonder voorbehoud / The truth without prejudiceLEPHALALE, BALTIMORE, MAASSTROOM, MARKEN, MARAPONG, MARNITZ, SELEKA, STEENBOKPAN, SWARTWATER, TOLWE, TOM BURKE, VAALWATER
Fumigations, weed control and lawn treatments, pre- and post-construction treatments. Getting rid of all the pests in your garden, home and business...
Reg. No. PestControl Operator: P 19702
CLEANCHEMSuppliers of all cleaning
equipment and chemicals at the best quality and prices!
MOKOPANE - ‘n Poging om vier donkies wat na bewering erg mishandel is van hul eienaars te red, het Sondagmiddag byna in bloed geëindig toe lede van die plaaslike DBV, ‘n plaaslike sekuriteitsmaatskappy en die donkies se eienaars slaags geraak het.
Johan Joubert van die DBV het glo Sondag in JG Strydomstraat gesien hoe die drywer van ‘n donkiekar sy vier donkies, wat reeds erge sere en stukkende plekke aan hul velle het, glo aanhoudend met ‘n sweep slaan. Toe hy hulle daaroor konfronteer en meedeel dat hy die donkies na die skut gaan neem vir behandeling het die twee mans op die donkiekar glo gedreig om hom te lyf te gaan.
Marcelle Maritz, DA-raadslid en voorsitter van die plaaslike DBV sê dít is toe Joubert haar bel vir bystand. “Ek het dadelik vir Suricat geskakel en vir hulle gevra om die polisie te kontak vir bystand,” sê sy en verduidelik dat sy al geleer het dat die sekuriteitsmaatskappye vinniger met die plaaslike polisiestasie in verbinding kan tree as wat lede van die publiek kan.
Rassie Erasmus van Suricat het hom by Maritz aangesluit en gehelp soek na die omstrede donkiekar wat toe reeds op pad na die HOP-uitbreidings was.
Hulle het die donkiekar en sy eienaars
Vonke spat oor nerf-af donkies
in die veld naby uitbreiding 14 gekry. “Ons het vir hulle gesê die manier waarop hulle, hul donkies hanteer is dieremishandeling en dat dit teen die wet is en dat ons die donkies na die DBV gaan neem. In reaksie daarop het hulle gedreig om vir Erasmus met grawe wat hulle op die donkiekar gehad het te takel,” vertel Maritz. Erasmus het dit glo duidelik gemaak dat hy sal optree as hulle hom aanval.
Terwyl hulle toe vir Joubert en die polisie gewag het, het die eienaars van die donkies glo hul diere uitgespan en die veld ingejaag. Toe ons hulle vertel dat hulle dit nie mag doen nie en dat ons nou hul donkiekar gaan konfiskeer het die twee mans die donkiekar gegryp en in die rigting van die naaste huise gehardloop.
“Ons het hulle agterna gesit terwyl Erasmus met die bakkie gery het om die donkiekar en sy eienaars af te keer,” vertel Maritz. “Ons [Maritz en Joubert] het aan hulle verduidelik dat ons die karretjie gaan vat en dat hulle dit Maandag kan terugkry as hulle die donkies na die DBV bring vir behandeling.”Dit is toe dat die vonke glo spat en die twee mans na bewering met grawe omhoog in Maritz en Joubert se rigting storm."
Klein Hanno van Rensburg ry elke oggend saam met pa Hanno (snr) op die plaas Cosmopolite op Baltimore om nuwe bokkies te tel. Ma Bardina vertel dat die kleinman elke oggend met die lammertjies speel. “Hy gaan sommer lê tussen hulle en probeer hulle elkeen optel en druk,” vertel sy. “Dis kostelik en laat mens dink aan Jesus wat geê het ons moet soos kindertjies word!”
Vyf gewapende mans het Saterdagmid-dag teen sluitingstyd een vir een die Foshini-winkel in Lephalale binnegestap, die deure gesluit en werknemers by die winkel aangehou.
Werknemers is van hulle selfone en juwele beroof, met ‘cable ties’ vasgemaak en in ‘n pakkamer toegesluit.
Volgens die CCTV beeldmateriaal het die verdagtes kartondose met selfone in drie winkeltrollies gelaai en doodluiters daarmee uit die winkel gestap. Geen voertuie is opgemerk nie.
Drie beseer op MarkenpadDrie mense is Vrydagoggend net na 07:00 erg beseer in ‘n ongeluk op die pad na Marken net buite Lephalale.
Volgens polisielede op die toneel was daar vier voertuie in die ongeluk betrokke.
‘n Ooggetuie het aan Noordelike Nuus gesê dat een van die voertuie teen ‘n hoë snelheid ‘n ander probeer verby steek het, maar dat die bestuurder nie betyds uit die pad van ‘n aankomende voertuig kon beweeg nie.
‘n Vrou wat opgelei is in noodbehandeling wou by die toneel stop om te help, maar is deur omstanders verhoed en sy is beveel om verder te ry.
Sy vertel dat sy in daardie stadium twee mense gesien het wat in die motors vasgekeer was.
“Die een vrou het kritiek gelyk, maar my hande was afgekap en ek het dorp toe gery en langs die pad hulp probeer ontbied. Ek het baie gesukkel om iemand in die hande te kry en het uiteindelik by Europe Assist uitgekom wat vir my Molalatau Sekuriteit se noodnommer gegee het.”
Verskeie ambulanse en ook die polsie was gou op die toneel om beseerdes te vervoer.
Noordelike Nuus herinner graag inwoners aan die Lephalale Nooddiensbeheerkamer se telefoonnommer: 086 010 2859.
Working on Fire (WOF) is besig om groot voetspore in die Waterberge te trap. Volgens WOF area bestuurder, Willem Crause is daar reeds ses spanne met 25 lede elk wat tans in die Waterberg gestasioneer is.
Beide Lephalale en Mokopane het elk so ‘n span wat deur BBV (Brandbeskermings vereniging) lede gratis aangewend kan word om veldbrande te voorkom of te bestry.
Die enigste vereiste is dat ‘n grondeienaar self die span na sy plaas of kleinhoewe vervoer. Indien die span na 16:00 moet werk word daar vereis
Man stabbed
A resident from Shongoane was stabbed with a beer bottle last Friday in the early hours of the morning.
The incident happened next to Kosland in Jan Lee Street. The victim who was in a stable condition at the time had to be transported to Ellisras hospital by the Lephalale police as no ambulances were available. According to Andries Bester from Molalatau Security emergency services experienced challenges regarding the availability of ambulances at the time of the incident as they were already attending to two other medical emergencies. No arrests have been made.
Foshini personeel beroof en aangehouEen van die werknemers het
ongesiens ‘n selfoon in haar klere versteek en kon deur die ‘cable ties’ byt om haar pa te bel. Hy het die polisie ontbied wat saam met sekuriteitspersoneel die winkel omsingel het. Dit was in daardie stadium nog nie duidelik of die verdagtes uit die winkel beweeg het nie. Die winkel is deursoek en pepersproei is in die dak gespuit om seker te maak dat niemand daar wegkruip nie, maar die verdagtes het hul reeds uit die voete gemaak het.
Waterbergarea is gereed vir enige brandgevaar
dat kospakkies teen R50 per pak vir elke spanlid aangekoop word. Boere wat nie lede van die BBV is nie kan steeds van die span gebruik maak, maar sal dan die volle koste vir die span moet dek. Kwotasies kan ook aangevra word vir die gebruik van twee WOF voertuie wat tans in Thabazimbi en Mookgophong gestasioneer is.
Indien ‘n blokbrand gedoen moet word, moet daar volgens BBV regulasies ‘n projekbestuurder teenwoordig wees, die persoon se koste moet ook deur die grondeienaar, lid of nie, betaal word.
Crause raai boere aan om aan te sluit by die BBV omdat die wet dit sedert 1998
vereis. “Boere wat as lid wil aansluit moet aan die BBV regulasies voldoen. Hierdie regulasies bepaal o.a. dat brandpaaie in plek is. Grondeienaars kan ‘n vorm by die Munisipaliteit se brandvoorkomings departement verkry. Sy betrokke landelike veiligheids wykvoorsitter moet dan die vorm teken om te verklaar dat alles in plek is.”
WOF word deur die regering befonds as deel van hulle werkskeppings program. Vuurvegters word vanuit die plaaslike gemeenskap geidentifiseer en opgelei. Vir meer inligting skakel gerus vir Alwyn by 076 069 3812.
105 Nelson Mandela Drive - Rennie van Rensburg - 083 822 9879
(015) 409 1101
Toyota Fortuner3.0 D4D
4x4
Toyota Fortuner3.0 D4D
4x4 Terms & Conditions Apply
Price:
R 305 500.00Price:
R 305 500.00
Chicken Murray van Steenbokpan wat vroëer vanjaar skielik oorlede is, se weduwee Olga en sy kinders het hierdie week saam met die Limpopo Noodfonds hul dank betuig vir almal wat hul finansiëel en emosioneel bygestaan het. Die Noodfonds sê verdere bydrae waardeer sal word. Die fonds se bankbesonderhede is as volg: Limpopo Noodfonds, Ned-bank Lopende rekening; Rek nr: 1032310987; Takkode: 14454700. Indien daar enige iemand is wat skenings wil maak (bv. kos ens.) kan hulle die volgende persone kontak: Carlize Moller (Postnet): 082 236 2370; Ds. Nel: 014 763 1371; of Anita Erasmus by Laerskool Ellisras.
MOKOPANE - As deel van die Demokratiese Alliansie se Blow the Whistle Against Crime-veldtog het Raadslid Korny Dekker Saterdag nog fluitjies aan die inwoners van Florapark in Mokopane oorhandig. Inwoners word aangeraai om die fluitjies om hul nekke te dra en dan daarop te blaas indien hulle deur misdadigers lastig geval word en hulp nodig het. So kan die gemeen-skap saamwerk om misdaad te bekamp.
“Die lyn is getrek,” so het Kaptein Johan Grundlingh lede van die landelike veiligheidsvergadering wat verlede Donderdag in Lephalale vergader het verseker.
Grundlingh is aan die begin van Oktober aangestel as sigbaarheids polisiëringsbevelvoerder in Lephalale. Hy sê dat hy die stasie wil omdraai deur dit so moeilik as moontlik vir misdadigers in die dorp te maak. Daar is by Donderdag se vergadering bevestig dat Lephalale se misdaadsyfers van die hoogste in Limpopo is.
Grundlingh skryf dit toe aan ‘n groot tekort aan mannekrag. “Vier jaar gelede was daar tussen 15 en 20 000 mense in Lephalale, vandag is daar meer as 150 000 mense wat hier woon en ons moet met minder personeel klaarkom as toe.
Grundlingh is ook bekommerd oor die gemeenskap se onbetrokkenheid. “Baie van die huisinbrake gebeur helder oordag.
Chicken se kinders sê dankie
Polisie kry vars bene!Mense kyk nie meer na mekaar se goed nie, hulle kyk eerder weg.”
Die Kaptein is ook baie gesteld op dissipline in die polisiemag en daar is volgens Andries Bester van Molalatau Sekuriteit reeds ‘n merkbare verskil by die stasie te bespeur.
Volgens Grundlingh is die grootste uitdagings in Lephalale dronkbestuur, huisbraak, diefstal uit motorvoertuie en diefstal van veral motorfietse.
Hy meen ook dat daar selfs nog nouer saam met sekuriteitsmaatskappye in die dorp gewerk moet word. “Hierdie
maatskappye is baie belangrik as dit by misdaadvoorkoming kom.”
Grundlingh het in Lephalale grootgeword en was 16 jaar gelede nog ‘n lid van Lephalale se polisiemag, daarna is hy aangestel as stasiebevelvoerder by Rankinpas. “Ek het huis toe gekom en wil graag hier ‘n verskil maak.”
PG Glass LephalaleJan Lee Str, Winkel nr 3Tel: 014 763 3953Epos: [email protected]
LEPHALALE - Die tekort aan private ambulansdienste in Lephalale is al op verskeie nooddienstevergaderings bespreek. By verlede Donderdag se landelike veiligheidsvergadering is die saak weer aangeraak en die dringendheid om ‘n oplossing hiervoor te vind is weereens gekommunikeer.
Volgens Andries Bester van Molalatau Sekuriteit is daar tans vier staatsambulanse in die dorp, maar net twee word gebruik weens ‘n tekort aan personeel wat die voertuie kan beman. Hy meen ook dat die voertuie grootendeels gebruik word om pasiënte na staatshospitale in Polokwane te vervoer.
‘n Voorstel is deur die LVF gemaak om ‘n ambulansdiensskema te stig waarvan inwoners lede kan word deur ‘n onbepaalde bedrag (R40 per maand is as voorbeeld genoem) te betaal. So ‘n lid sal dan ten tye van nood verniet tot by ‘n plaaslike hospitaal vervoer word. Daar is voorgestel dat Tromar, ‘n privaat ambulansdiens wat voorheen
Build-It Lephalale celebrated its sixth birthday on Saturday with a fun day for its clients. Staff prepared boerewors rolls for all who attended the celebrations and prizes were handed out on the day. Phinah Modimola was the lucky winner of a cell phone and handing the prize over to her is co-owner, Braam Crots. Build-It would like to thank God for His blessing and its clients for their support the past six years. “We look forward to re-main part of this wonderful community in Lephalale,” says Crots.
LEPHALALE - The fact that he was born blind has never stopped Moses Sekhobane from achieving his dreams. After completing his Grade 12 at a school for the blind in Polokwane, Moses enrolled at the University of Venda and completed his BA degree in media studies.
Today Moses, who grew up in Mokurwanyane Village and whose family still lives in Lephalale, is the municipality’s assistant communication officer.
He was appointed in August and has since proven that he is more than able to fill the position. Moses uses the JAWS computer programme which allows him to type documents, while a computer generated voice tells him which keys were pressed. Moses says he is very excited about this opportunity to work for the Lephalale Municipality.
A dream come true for Moses
Ambulansdiens vir Lephalalein die dorp gevestig was, maar wat weens ‘n tekort aan bekostigbare behuising ontrek het, as diensverskaffer gebruik word. Verteenwoordigers van Tromar het Donderdag se vergadering bygewoon en is te vinde vir die voorstel.
Die vraag is egter gevra waarom iemand vir so ‘n diens sal betaal as hulle klaar aan ‘n mediese fonds behoort. Die antwoord daarop is dat sommige mediesefondse daarop aandring dat ‘n spesifike diensteverskafffer gebruik word om pasiënte te vervoer. Hierdie diensverskaffers is egter 3 tot 4 ure se ry weg van Lephalale af.
Die forum het onderneem om ‘n brief aan mediese fondse te skryf om die saak onder hulle aandag te bring.
Die landelike veiligheidsforum in samewerking met Tromar wil ‘n opname doen om te bepaal of inwoners in so ‘n skema sou belangstel.
Vir meer inligting en om belangstelling aan te dui sakel Tromar se beheerkamer by 014 763 2831.
Ellisras (Lephalale) Walter Sisulu Rylaan, 014 763 2174/6Lucille Pretorius
082 092 3343Mogol Nissan
SHIFT expectations
Monique Davies084 998 2675
F&W
U
VALID VALUEGUARANTEED USED CARS
2010 Nissan Tiida1.6 Visia +
R119 900R99 000
2010 Chev Spark 1.0 Hatch
2010 Diahutsu Sirion 1.5 Sport
R105 000
2010 Nissan Hardbody 2.4 D/C
R175 100
2012 Nissan Hardbody 2.4 D/C
R299 800
2008 Opel Corsa 1.4 Essentia
R84 000
R189 900
2010 Nissan Hardbody 2.5 D S/C
2010 Mazda 5 2.0
R195 000
2005 Alfa Romeo 147 1.9 JTD Progression
2012 Nissan X-Trail 2.0
R85 000
2011 Nissan Micra 1.2 R104 900
SPECIAL
R269 900
Demo
on
on
SPECIALDemo
only!
2009 Suzuki Grand Vitara 3.2 V6 A/T
R277 700Speci
al
with R50 000
cash back
with R50 000
cash back
2012 Nissan Juke 1.6 Tekna
R255 000Speci
alDemo
Special
LEPHALALE - The recommendation to appoint Lawrence Tlhako as the manager for infrastructure services at the Lephalale Municipality has several councillors up in arms. The recommendation was made at a council meeting held on Tuesday at the Lephalale Municipality.
Tlhako was the technical manager at the Municipality up until August 2007 when he was dismissed and a case of mismanagement of funds was apparently opened against him by the previous council. Tlhako contested his dismissal and the Municipality, under new leadership decided to settle the matter out of court.
LEPHALALE - “Play the ball and not the man,” was Lephalale Mayor Jack Maeko’s advice to the DA at a council meeting held on Tuesday. His comment was made in response to the DA’s questions concerning a payment order of R35 000 to Sheppard Security to protect Maeko.
The order was approved on 14 September by the municipal manager when Maeko was said to have received anonymous threats. Northern News also reported previously that Maeko was booked into the Palm Park Hotel on 28 September 2011 for security reasons.
At the council meeting on Tuesday, the DA’s Stephen Manamela asked the municipal manager, Bob Naidoo, if correct protocol was followed in appointing Sheppard Security to protect
R35 000 per month for mayor’s guards
DA cries foul over new appointmentTlhako was paid R750 000 to settle the matter. Municipal manager, Bob Naidoo told Northern News in May this year that the matter was settled in this way to avoid hefty legal costs.
The DA believes that irreparable damage was done in the Municipality’s relationship with Tlhako, and that he should not be appointed as manager. Tlhako was chosen from a list of four candidates after interviews were held on 19 September. The panel recommended to council on Tuesday that Tlhako be appointed as he was the best candidate during the interview process.
Northern News also reported in May
that the previous Mayor, Johanna Mojela, accused the Municipality of misconduct and was especially concerned about the R1, 5 million paid to Tlhako and Shirley Tloane. Mojela who remained as ANC councillor after her dismissal as Mayor was in the meeting on Tuesday and objected strongly to Tlhako’s appointment. Clr R. K Motsholakgetse who is also opposed to the appointment was not allowed to speak as he was not part of the ANC caucus when the matter was discussed.
Northern News contacted municipal manager, Bob Naidoo for comment, but he was not available at the time of going to print.
the Mayor. According to legislation a risk analysis needs to be done by the police to determine if a public servant’s life is in danger. Naidoo did not respond to this question and only said that he would investigate to determine if the Mayor is still in need of protection. Naidoo could not be reached for comment at the time of going to print.
In trying to establish if a risk analysis was done at any stage, Northern News
learnt that Maeko contacted the Lephalale police on Wednesday morning, a day after the council meeting with a complaint that his life is being threatened. He met with police officials at his office that same day.
Other concerns raised by the DA were the extra expenditure related to the Mayor’s inauguration. The event was postponed at a late stage resulting in wasted spending. The DA also said that bad planning forced the municipal manager to approve expenditure without the required three quotes from service providers.
The DA assured the Mayor that they were not “playing the man”, but were rather focusing on issues which could prevent the Lephalale Municipality form achieving a clean audit in 2014.
Word deel van Tafelronde feesMOKOPANE - Die 92ste Tafelronde Klub wat in 1962 in Mokopane – toe Potgietersrus – gestig is, Kameeldoring 92, herdenk hierdie jaar sy 50ste bestaansjaar en beplan om dit op 17 November met ‘n dinee te vier.
Die klub het eers bekend gestaan as Potgietersrus 92. Die eerste voorsitter was Gawie Schoeman. Met verandering van die dorp se naam het die klub besluit dat hulle voortaan as Kameeldoring 92 bekend sou staan. In die geskiedenis het die klub verskeie projekte aangepak soos om te help met die grou van die fondasie en bou aan die ouetehuis, fondsinsamelingsprojekte vir die omskakeling van gestermde persone se voertuie. Die klub het met die hulp van plaaslike dokters gereël dat ‘n kind ‘n hartoorplanting in Kaapstad kry en sy ouers se reis en verblyf kostes betaal vir die tyd wat hulle in die Kaap was, hulle het ook help betaal aan twee nieroorplantings vir kinders van Potgietersrus en hulle het verskeie gesinne van kos voorsien. Daar is talle voorbeelde van soortgelyke projekte wat die klub onderneem het.
Aangesien die klub meestal funksies aan bied om geld vir liefdadigheid in te samel, het die bestuur borgskappe nodig om die feesviering moontlik te maak. Plaaslike besighede word gevra om bydraes tot die een van die volgende geprojekteerde uitgawes te maak: orkes R15 000, spysenie-ring R12 500, saal R2 500, versiering R3 500.
Kaartjies vir die dinee beloop R250pp vir ‘n drie-gang maal. Die aand se vermaak sal ‘n optrede deur die Dixie Hillbillies behels. Die funksie beloof om uniek te wees en teen R2 500 per tafel gaan dit uitstekende waarde bied. Fondse wat die aand ingesamel word sal gaan ten bate van die bou van ‘n klubhuis. Vir besonderhede of om ‘n bydrae te maak, kontak Philip Bower by 082 870 1930 of e-pos [email protected].
Pragtige Woonstel Te HuurEnkellopend man of paartjie.
GEEN honde & katte sal toegelaat word nie. Tenvolle gemeubileerd,
grasdak. Veilige en rustige omgewing.Elektriese omheining, Onder dak
parkering, Sekuriteitsligte.Sekuriteitsmaatsakppy tot u diens in noodgevalle. DSTV & Swembad vir u gerief en ontspanning. Braai vasiliteit beskikbaar. Huurder kry afsonderlike afstandbeheer vir die hek om toegang
tot die perseel ten ale tye te verkry.4km op Percy Five pad, Uitloop 34,
Mokopane. Huur per maand = R3000 vooruitbetaalbaar.
Sleutel deposito = R3000 vooraf betaalbaar, kan reel om af te betaal.
Kontak:
083 269 7444 / 083 399 2101
om die woonstel te besigtig.
Slegs op afspraak asseblief
Vonke spat oor nerf-af donkies
Lees: Romeine 5:6-11
Hoe weet jy dat jy hemel toe gaan? Een van die maniere waarop die Here gelowiges van hulle
redding oortuig, is deur die kennis van Sy liefde vir hulle.
Nêrens word hierdie liefde duideliker gemaak as deur Jesus Christus se kruisdood nie. Dit is ’n liefde wat sterker is as die hoogste vorm van menslike liefde.
Die mens, sê Paulus, lê nie sy lewe vir iemand anders af nie. Miskien sal die mens dit nog doen vir ’n goeie mens.
’n Ouer sal dalk nog vir sy kind sy lewe gee, maar selfs dit is ’n uitsondering. Ons kan sê dat die hoogtepunt van menslike liefde daardie liefde is waar een mens vir iemand na aan hom miskien sal sterf.
God se liefde is anders. Jesus het gesterf vir mense wat beskryf word met woorde soos magteloos, goddeloos, sondaars en vyand. Vir sulke mense het Jesus sy lewe kom gee.
Ons kan sê dat die hoogtepunt van God se liefde daardie liefde is waar God vir mense sterf wat ver van Hom af is. Ons sien hierdie liefde aan die kruis waar
...van bl. 1
Die sekerheid van ons verlossingJesus gesterf het vir sondaars.
Wie mooi hieroor nadink, behoort tot die gevolgtrekking te kom dat, as God vir hom gesterf het toe hy nog ’n sondaar was, hoeveel te meer sal Hy hom nie op die oordeelsdag vryspreek noudat hy gered is nie?
Hierdie is die logiese afleiding wat die Bybel self trek uit die liefde van God. Geen kind van God hoef met ander woorde ooit te twyfel of hy eendag in die hemel sal wees nie.
Wanneer twyfel oor jou saligheid jou beetpak, kyk na die kruis van Christus en vind daar jou sekerheid.
Dink na oor God se liefde, ’n liefde wat onvergelykbaar groter en suiwerder is as die beste vorm van menslike liefde.
Gebed: Hemelse Vader, dankie vir u liefde. Help my om
in tye van twyfel na die gekruisigde Here te kyk, met die wete dat ek deur Hom aan U behoort. Laat my glo dat niks dit kan verander nie. Amen.
- Dr. Hennie Hoepfner – NG Kerk Albertyn
Nico Oosthuizen en Estelle Erasmus, beide van Lephalale, is op 13 Oktober deur Ds. Hamman van die NG Kerk Ellisras Wes in die huwelik bevestig. Foto:Flash Digital
Huweliksklokkies
“Hy was reg om daai graaf soos ‘n byl op my nek af te swaai toe die skoot klap,” sê Maritz.
Erasmus het toe ‘n waarskuwingskoot in die grond afgevuur.
“Ons het almal besef die situasie het te ver gegaan en dat ons sonder die polisie se bystand nêrens gaan kom nie,” het Maritz Maandag vertel en bygevoeg dat daar toe reeds twee ure verloop het vandat die eerste oproep na die polisie gemaak is. “Eers nadat ek die waarnemende distriksbevelvoerder, Kol. Lucas Mogwaneng gebel het, het ons reaksie gekry,” sê sy.
Twee polisiemanne het opgedaag en die donkiekar eienaars na die polisiestasie geneem.
Daar aangekom wou Maritz hê die polisie moet die twee mans vir dwelms en alkohol in hul bloed toets want sy meen hulle was uitermatig aggresief.
Maar die waarnemende stasiebevelvoerder, Lt-Kol. Isaac Mantjane wou nie bes gee nie. Hy het Maritz glo daarvan beskuldig dat sy inmeng met polisiewerk en dat sy, Joubert en Erasmus reg in eie hande geneem het. “Ons het vir hom probeer vertel dat ons die polisie eerste gebel het, maar hy wou niks hoor nie,” sê Maritz.
Volgens haar wou hy ook niks weet van ‘n aanrandingsklag teen die twee mans wat haar, Joubert en Erasmus na bewering wou aanval nie. Uiteindelik het hy glo vir niemand spesifiek nie, maar in die aanklagkantoor vir die ander polisielede daar gesê: “Help them open a case!”
“Almal het verdwaas vir ons gestaan en staar. Niemand wou na vore kom om ons te help nie,” vertel Maritz.
Mantjane het toe die twee mans vrygelaat en Erasmus se vuurwapen gekonfiskeer en hom meegedeel dat hy gearresteer word op aanklag van poging tot moord.
Noordelike Nuus het verneem dat die beheeraanklaer by die Mokopane landdroshof Maandagoggend geweier het om hierdie saak op die rol te plaas. Dit ten spyt was Erasmus se vuurwapen teen Woensdag nog nie aan hom terugbesorg nie.
Lt.Kol. Mantjane wou nie hierop kommentaar lewer nie en het gesê die saak is nog hangende. Hy het bewerings oor die dreigemente om Maritz en Joubert met grawe aan te val as blatante leuens afgemaak en gesê hulle moet na die polsiestasie toe kom as hulle enige klagtes het.
Oor die polisie se beweerde onwilligheid om klagte van aanranding teen die twee donkie-eienaars deur Maritz, Joubert en Erasmus te aanvaar, sê Mantjane niemand is aangerand nie. “Ons as polisie het ons werk gedoen. Ons het die DBV bygestaan in die toepassing van die dierebeskermingswet. Ons kan nie mense van aanranding aankla as niemand aangerand is nie,” het hy gesê.
Maar Oosie Oosthuysen, ‘n prokureur van Polokwane wat intussen by die saak betrokke geraak het, verduidelik dat daar in terme van die strafproseswet nie noodwendig ‘n fisiese aanranding moet plaasvind voor so ‘n saak geopen word nie. Hy verduidelik die blote feit dat mense se veiligheid daadwerklik bedreig is, is genoeg gronde vir so ‘n saak.
Hoewel Mantjane Woensdag aan Noordelike Nuus die versekering gegee het dat daar ‘n klag van dieremishandeling teen die twee donkie-eienaars gelê is, het die DBV teen druktyd nog geen bevestiging of saaknommer in hierdie verband ontvang nie.
Dit is hierdie week deur die Onafhankilie Eksamenraad (IEB) bekend gemaak dat Carina Stander se debuut roman, Wildvreemd as voorgeskrewe boek in IEB skole landwyd in 2014 en 2015 gelees sal word. Carina het met hierdie nuus aan Noordelike Nuus gesê sy is baie opgewonde dat Afrikaanse leerders regoor die land haar boek gaan lees. “So bereik ek hopelik ‘n gedeelte van die samelewing wat lief is vir lees, en lief is vir Afrikaans.”
Stander het in Lephalale grootgeword en hier gematrikuleer, sy het al verskeie digbundels vrygestel en Wildvreemd het resensente gaande. Die boek is ook onlangs in Nederlands vertaal.
Noordelike Nuus lesers kan Stander se digbundel Woud van Nege en Negentig Vlerke en Wildvreemd direk van haar bestel. “Ek sal dit met ‘n persoonlike boodskappie voorin vir julle pos,” belowe sy. Skakel gerus vir Carina by sel: 073 145 8981.
LephalaleKAMMA-LAND OPVOEDKUNDIGE ONDERRIG SENTRUMSaterdag 3 November 2012 is dit Kamma-Land se Boere-sport dag. ‘n Dag waar ons ouers en kinders die geleentheid kry om van alles wat druk op hulle plaas, te vergeet en die dag te geniet. Alle oud-Kammies en hul ouers is welkom om die dag saam te kom geniet. Tyd: 08:00 Saterdag oggend, plek: Laerskool Bosveld sokkerveld. toegang: R10 volwassene, R5 per kind. Eetgoed te koop.
CHURCH REUNIONThe New Apostolic Church in Lephalale is celebrating its 30th Anniversary in December this year. They are a planning a week-end of festivities on the 1st and 2nd December 2012. Anyone wishing to attend can contact Rassie and Annatjie Erasmus at 071 264 1695 or 079 376 6665.
MokopanePADKAFEE VANAAND - WANNEER LAAS HET U WILDSPASTEI GEËET? NG Moedergemeente Mokopane hou vanaand vanaf 16h00 sy kwartaallikse padkafee. Benewens die alombekende reuse hamburgers waarvoor die padkafee bekend geword het, gaan daar ook pannekoek, worsbroodjies, kerrie en rys, vleis en dan natuurlik wildspastei op die spyskaart wees. Kom eet daar en bring ‘n drinkdingetjie saam, of neem saam huistoe en bederf u gesin so op betaaldag. Maak sommer nou reeds ‘n knoop in u oor vir Vrydag, 30 November om 19:00. Dan tree Du Preez Stolz by die kerk op as deel van die gemeente se jaarlikse Liggiefees aktiwiteite. Toegang gratis.
BRILLE & PILLE WIELE FEESDie 7de Brille & Pille Wiele Fees vind plaas op Saterdag 3 November 2012 op die terrein van die Piet Potgieter Monument Tehuis in Mokopane. Die dag skop af met ‘n Pretdraf/stap, waarna sowat 300 bikers sal arriveer met ‘n optrede deur Sorina (Flooze) om hulle tuis te laat voel. Om 11:00 vertrek die motorfietsryers op ‘n massa-rit deur die dorp en dan sluit die bejaardes in rolstoele op die roete by hulle aan. Daarna
Dinge om te doen/Things to do
word bejaardes op pretritte geneem deur die dorp, terwyl die wat agterbly deur ‘n waaghals op ‘n motorfiets vermaak word. Die prysuitdeling vind om 13:00 plaas. Die dag sluit ook in heerlike kosstalletjies, gebak en naaldwerk, teetuin en taverne – meestal deur senior burgers self beman. Ontbytkaartjies is beskikbaar by die tehuis in Hoogestraat 60 teen R50 per persoon. Vir enige navrae skakel Mariana van Tonder of die kantoor by 015 491 6314 of vir Bennie Venter by 084 657 1112.
ROLBAL BESIGHEIDSKAMER LIGALede van die Mokopane Besigheidskamer en besighede in die dorp word genooi om Woensdag 7 November te kom rolbal speel by die Potgietersrus Rolbalklub. Inskrywingskoste beloop R80 per span van vier lede. Deelnemers word gevra om platsoolskoene sonder hakke te dra. Die verrigtinge begin om 18:00 en daar sal kos te koop asook ‘n kontantkroeg wees. Kontak Ina by 015 491-3215 voor of op 6 November om in te skryf.
BOEREMUSIEK DANSDie Boeremusiek Gilde Potties-Tak bied op 10 November ‘n dans by Hoërskool Piet Potgieter se Pierneefsaal aan. Orkeste, plaaslike kunstenaars en musiek beloof om feesgangers vanaf 17:00 tot 23:00 te vermaak. ‘n Heerlike kerrie en rys gaan te koop wees teen slegs R25.00 per bord wat ‘n slaai insluit. Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Feesgangers word versoek om eie drinkgoed saam te bring. Plaaslike musikante wat ook belangstel om tydens die musiekfees te speel, is welkom. Alle musikante moet hulle eie instrumente saambring, klank en ruimte sal beskikbaar wees. Belangstellendes kan vir Kobus by 082 564 4668 skakel vir meer besonderhede.
POLIO AWARENESS BREAKFASTMOKOPANE - Businesses and individuals are invited to join the Potgietersrus Rotary Club on 10 November for the annual Long Table Breakfast in support of the eradication of Polio worldwide. Tickets can be purchased at Bosman Jewelers or from any of your friendly Rotarians at R750 per person. For more info contact Aubrey on 084 500 8016 or Blondie on 082 448 9105.
Die Potgietersrus CVO skool het Saterdag sy jaarlikse kaskarwedren aangebied en soos in die verlede was die dag weereens ‘n reuse sukses. Die Graad 11’s het die hinderniswedren gewen met die Graad dries in die tweede plek en die Graad sewes derde terwyl die Graad sesse (onder) met die louere weggestap het in die kaskat tydren. Hier was die Graad 2's, tweede en die Graad 4's in die derde plek.Die Graad 3's het die toekenning gekry vir die beste vlot, die Graad 11’s het die mooiste kaskar gehad en die Graad 8's (spanfoto verregs) die beste gees. Mally Genis het die meisies fietswedren vir laerskool leerlinge gewen en Marchel Pretorius die seuns-wedren. Onder die hoërskool leerlinge was die beste fietsryer JW Jansen.
Krugies maak skoonskip in die swembadSwemmers van Laerskool Krugerpark het verlede Donderdag in ‘n vriendskaplike gala kragte gemeet teen leerlinge van Laerskole Pietersburg Oos, Pietersburg Suid, Bosveld Primary en Tzaneen. Die Krugies het die kragmeting gemaklik gewen. Die skool bedank PTK Masterclass vir hul borgskap asook Awie Hattingh vir sy harde werk en moeite met die skool se swem.
8
Suitable Qualified and experienced persons are invited to apply for a position at Platreef Resources:
Tel: 087 550 0486 / Fax: 014 763 6525 Drift Street (next to Beam Electrical) / Onverwacht
Verskeidenheid toeknyproosters, braaitange, Casserole bakke en nog vele meer om van te kies!
Laerskool Krugerpark het Dinsdag ‘n massa sportdag aangebied waar elke leerder in elke klas die geleen-theid gekry het om the hardloop, ver te spring, hoog te spring gewig te stoot of te wys hoe ver hulle ‘n boontjiesakkie kan gooi.
Hoofslaapkamer en suite met inloopkas. Lee-farea, eetkamer, oopplan kombuis met graniet blaaie met eiland, aparte opwas.Stoep met ingeboude braai, dubbel motorhuis.Afwerking: Semi-siersteen, teëldak, plaveisel en omhein, met skuifhek.
Erwe groottes: 770 vkm en 730 vkm.Prys: R 1,6 miljoen.Kontak Kobus: 082 777 2538
THE LAUNCH OF THE FIRST TRANSPARENT, EMPOWERING HOLDING COMPANY WILL
TAKE PLACE ON:
DATE: 8 NOVEMBER 2012TIME: 18H00 FOR 18H30VENUE: MOGOL FUNCTION HALLCELL: 084 585 5759
A NEW ERAFOR BUSINESS
IN LEPHALALE IS HERE
Ellisras Kumon held its annual ASR- and certificate award ceremony last Friday after-noon at their learning centre in Lephalale. ASR is the acronym for Above Student Roll which include students who does work above their grade level. Learners who received Gold at the event was Zandile Sithole Grade 2 who is ranked 30th in SA out of 2037 students. André Steyn who is in Grade 7 is cur-rently ranked 3rd in South Africa out of 1318 students.
The Jamaika Motswiring Football Club is an avid soccer team catering to young soccer play-ers under the age of 25. They practice in Masodi, Mawhelereng, every week to ensure that they stay at the top of their game. Team manager Johannes Mkhari is appealing to businesses in the area to get involved in build-ing this team and plac-ing Mawhelereng on the soccer map. Any business interested in sponsoring gear can contact him on 072 654 8113.
• CAR OF THE YEAR 2012 • 6 SPEED MANUAL (6 SPEED AUTO AVAILABLE IN THE 1.8 RANGE)• 5 YEAR / 90 000KM SERVICE PLAN• STEERING WHEEL CONTROLS• 5 YEAR / 150 000 KM WARRANTY / ROAD SIDE ASSISTANCE• CRUISE CONTROL• ABS WITH EBD• AIR BRAKES
2.6 DIESEL EURO II• 1.3 LOAD CAPASITY
• 5 SPEED MANUAL• FLAT LOAD BED
• 5 YEAR / 150 000 KM WARRANTY / ROADSIDE ASSISTANCE
• 3 YEAR / 60 000 KM SERVICE PLAN• POWER STEERING.
R419 9002012 TOYOTA FJ CRUISER 4.0 V6,26000 km, ROOF RACK,BLACK LEATHER
Lizè van Staden en Christie Thomas, albei veteraan* bergfiets ryers afkomstig van Tolwe, gaan in die snikhete somer hitte van Desember die Sabie Solo Xperience bergfiets wedren aanpak.
Die Sabie Solo Xperience is ‘n 4-dag ‘multi-stage race’, oftewel veeldag bergfiets wedren, waar die deelnemers ‘n totale roete van 196km gaan ry en ongeveer 4620m oor die berge moet klim.
Die roete is saamgestel uit ‘n kombinasie van bosbou paaie, steil 2-spoor ‘Jeep’ paadjies, en kwaai tegniese enkelspoor paadjies. Elke dag het ‘n bepaalde afsnytyd en indien die deelnemer nie díe dag se roete binne daardie tyd kan klaarmaak nie mag die person nie deurdring tot die volgende dag nie. Die wedren toets nie net ‘n deelnemer se tegniese fietsry vaardighede en fisiese stamina nie, maar ook die vermoë om in uiterste en ekstreme toestande positief te bly en klaar te maak– VASBYT vir fietsryers.
Tolwe ‘girls’ pak die Sabie Xperience aan
Met ‘n strawwe oefenprogram ter voorbereiding vir die wedren, is Lizè en Christie vasberade om nie net die vier dae in goeie tyd klaar te maak nie, maar ook om ons Bosveld streek goed te verteenwoordig. Die twee oefen maats oefen ongeveer 12 uur op hulle fietse elke week.
Torga Optical, Mokopane, het alreeds hulle ondersteuning en vertroue in die spannetjie bewys deur hulle inskrywingsfooie en fietsry brille te borg.
Die voorbereiding vir die wedren is duur, en daar is nog heelwat toerusting wat aangeskaf moet word (spaar kettings, brieke, wiele, valhelms, klere, rugsakke, ens.), plus brandstof en verblyfs onkostes.
‘n Beroep word gedoen vir addisionele ‘span maats’ om aan te sluit as borge, korporatief of privaat. Help ons asseblief om ons doelwit te bereik.
Kontak Christie Thomas per epos by [email protected] of skakel sel: 083 383 9055.