MODULE 2 ALLE RISIKO’S Toepaslike Eenheidstandaarde 120011 Apply knowledge of personal all risk insurance 120118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 120121 Apply technical knowledge and understanding of the cover provided under a Short Term Multi-Peril Insurance policy Werksopdrag.indd 32 01/03/2013 09:53:59 AM
9
Embed
MODULE 2 - Santam · Bestudeer die volgende foto’s van mnr. X se sporttoerusting en beantwoord die vrae waar van toepassing dienooreenkomstig. Die foto’s is ook op die kompakskyf
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
MODU
LE 2
ALLE RISIKO’SToepaslike Eenheidstandaarde
120011 Apply knowledge of personal all risk insurance120118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance120121 Apply technical knowledge and understanding of the cover provided under a Short Term Multi-Peril
MODULE INLEIDINGMnr. X is hoogs tevrede met die onderskrywing ten opsigte van die versekering van sy huisinhoud. Hy is ook daarvan bewus dat hy nie in alle omstandighede dekking ingevolge Afdeling Huisinhoud geniet nie. Aangesien hy ’n kranige sportman is verneem hy graag hoe hy sy sporttoerusting en ander besittings moet verseker.
Daar gaan dus van jou verwag word om eerstens al die vrae wat hy gaan vra oor dekking van toerusting, ensovoorts te beantwoord en dan die aansoekvorm dienooreenkomstig in te vul.
MODULE DOELWITDie doel van hierdie module is om jou kennis oor die volgende aspekte ten opsigte van allerisiko’s versekering te evalueer:
• Die beantwoording van algemene vrae oor polisdekking en onderskrywing van Afdeling Alle Risiko’s; en
• Die voltooiing van die aansoekvorm ingevolge Afdeling Alle Risiko’s.
OPDRAG 1Bestudeer die volgende foto’s van mnr. X se sporttoerusting en beantwoord die vrae waar van toepassing dienooreenkomstig. Die foto’s is ook op die kompakskyf (foto’s 73, 74, 76, 77 en 78).
Motiveer jou antwoorde deurgaans met tersaaklike feite om ten einde te kan kwalifiseer vir maksimum toekenning van punte soos aangetoon per vraag.
Vraag 1Mnr. X sê die waarde van sy resiesfiets is sowat R30 000. Hy wil graag weet of hy hierdie fiets ingevolge die Santam se persoonlike polis kan verseker.
1
Vraag 2Verwys na Vraag 1. Indien die fiets wel ingevolge die Santam se persoonlike polis verseker kan word, hoe moet hy te werk gaan om dit dan te verseker? (Watter voorstelle sal jy maak om te verseker dat hierdie fiets behoorlik onderskryf word?)
3
Vraag 3Mnr. X het finansiering vir die aankoop van die fiets gereël en wil weet of ons die finansieringsinstansie se belange op die polis sal aanteken.
Vraag 4Mnr. X sê hy neem deur die loop van die jaar aan verskeie wedrenne deel, waarvan sommige selfs buite die grense van Suid-Afrika is, byvoorbeeld in die buurlande. Sal hy ook in daardie lande dekking ingevolge sy allerisiko-polis geniet?
2
Vraag 5Indien mnr. X se fiets op die polis gespesifiseer is, sal daar ook dekking wees vir die toebehore soos die pomp, waterbottel en fietsrekenaar, of is die dekking slegs op die fiets van toepassing? Met ander woorde, moet die bogenoemde toerusting afsonderlik gespesifiseer word?
2
Vraag 6Beskryf hoe jy te werk sal gaan om vas te stel of Mnr. X al voorheen enige eise ingedien het vir hierdie fiets wat so ’n hoë waarde het.
1
Vraag 7Veronderstel hy het gedurende ’n periode van twee jaar verskeie eise ingedien vir ongelukke met sy vorige fiets (die fiets se waarde was R40 000), watter onderskrywingsmaatreëls sal jy van toepassing maak op hierdie fiets?
Vraag 8Mnr. X het ook ’n Raleigh-bergfiets waarmee hy soms by sy vakansiehuis in die veld vir ontspanning rondry. Die waarde van hierdie fiets is R875. Is dit nodig dat mnr. X hierdie fiets op die polis spesifiseer?
2
Vraag 9Benodig ons steeds ’n volledige beskrywing van die fiets al as dit slegs R875 werd?
Vraag 10Indien mnr. X sy gholfstel verseker, word slegs die sak en stokke gedek, of sal die ander toebehore soos die sandsak, balle, merkers, pennetjies en handskoen wat hy gebruik ook gedek wees? Met ander woorde, moet laasgenoemde items afsonderlik gespesifiseer word?
2
Vraag 11Mnr. X wil graag weet of hy die polis moet uitbrei om voorsiening te maak vir die vervangingswaarde?
OPDRAG 2Mnr. X wil nou na aanleiding van die bogenoemde vrae die volgende items ingevolge Afdeling Alle Risiko’s verseker. Onderskrywing moet deurgaans toegepas word.
Onthou ook om enige vereistes wat jy mag versoek na aanleiding van die inspeksie wat jy gedoen het, duidelik op die aansoekvorm aan te dui.
Klerasie en persoonlike besittingsOngespesifiseerde items: R 5 000
JuwelierswareMichel Herbalin-dameshorlosie R 8 000 (vervangingswaarde)