Top Banner
VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DR CLIFFORD HEYS ... maar God ’ ‘Maar ek’: Ons ken die woorde “... maar ek ” alte goed. God roep Abram om die vader van die nasies te wees, maar hy antwoord “... maar ek is te oud”. Moses? “... maar ek hakkel”. Ragab? “... maar ek is ‘n prostituut”. Rut? “... maar ek is ‘n heiden”. Petrus? “... maar ek is dan net ’n visserman”. Noem hulle op. En ons is nie veel anders nie. Ons sê baie gou “... maar ek ”. ‘Maar God’: Die woorde “... maar God” som die Bybel op! Dié twee woorde ... maar God– kom nie minder as 45 maal in die Bybel voor nie! God het aan die begin ‘n hemel op aarde geskep. Die hemel het ongelukkig leeg geloop (Gen 3), ... maar Godherskep en gee ons ‘n nuwe hemel en aarde (Opb 21&22). Jesus kom om te red, maar hy sterf tragies aan die kruis, “... maar God wek Hom op uit die dood en Hy leef én Hy red! (Hand.2v24) Ons was eens verlore en dood as gevolg van die sonde (Efes 2v1), “... maar God” het ons genadiglik gered Efes 2v4-5) Die droogte breek die land en moraal, “...maar God” laat dit trane van dank reën. Ons kyk met nuwe oë na mekaar en ons draai skoendose toe in koerantpapiere. Hermanus se mense brand bande, “ ...maar God” inspireer ons kerke en lidmate en ons het vandag o.a. Die Sparklekids, die nuwe Hermanus Varsity, Hermanus Siyakha se mentors, Learn to Earn, SHINE, die geslaagde Wiskunde programme, ens. “Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen…!” (Gen.50v20) GEEN AANDDIENS VANAAND DEURKOLLEKTE VANOGGEND Spesiale Kollekte vir die Bybelgenootskap 10 November 2019 HARTLIK WELKOM! Wees eerlik, ons het tog soms probleme met God en die skynbaar onwyse wyse waarop Hy ons lotsbeskikking bepaal. Ons sou die wêreld en veral Suid-Afrika, só anders wou bestuur het ...? Dink nou aan ’n briljante jong teoloog met die naam van Dietrich Bonhoeffer. Hy het in opstand gekom teen die sinneloosheid en wreedhede van die 2de Wêreldoorlog. As gevolg van sy protes is hy die 9de April 1945 in Glossenburg tereggestel. Hoekom? In die gevangenis skryf hy briewe wat tans versamel is in ‘n klassieke boek “Letters & Papers from Prison”. Vandag nog praat Bonhoeffer met ons oor die gebrokenheid in die wêreld en ons lyding. Dan seën hy ons: ‘Mag God—in Sy goedheid — ons lei deur hierdie moeilike tye ... maar veral tot Hom.” Dink aan die geseënde Paulus. Hy is gereeld in die gevangenis—twee jaar in Sesarea en twee jaar in Rome. Waarom? Want dit is in die gevangenis waar hy 13 van die NT se 27 Boeke geskryf het, o.a. Die Romeine Brief en 1 Korintiërs 13 (oor die liefde) en 15 (oor die opstanding). Ons boodskap vanoggend gaan oor die waaroms en dan die maar Godrefrein. Kyk nuut na jou eie omstandighede en onthou daar is ook in jou lewe ’n ...maar God” ! SOLI DEO GLORIA maar God ... Wees LIG! HARTLIK WELKOM NUWE INTREKKERS Die Gasvryheidspan ontmoet u graag by die nag- maalstafel direk na die erediens. U is so welkom! Ds. Anton Duvenhage bring die boodskap volgende Sondag. Ter voorbereiding: Lees Handelinge 27 en probeer agter die kap van die byl kom waarom Paulus besig was om te vlug? Hoekom wou hy so dringend Israel verlaat? In watse moeilike situasie het dit hom laat beland? Wat was sy troos in hierdie uiters moeilike situasie?
4

WAT GEBEUR HIERDIE WEEK BY DIE KERK?hartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 10 Nov 2019.pdf · panne en enige bakke), Kinderspeelgoed, Sporttoerusting, Tuingereedskap, enige groot

Nov 02, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: WAT GEBEUR HIERDIE WEEK BY DIE KERK?hartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 10 Nov 2019.pdf · panne en enige bakke), Kinderspeelgoed, Sporttoerusting, Tuingereedskap, enige groot

VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DR CLIFFORD HEYS

‘... maar God ’

‘Maar ek’: Ons ken die woorde “... maar ek ” alte goed. God roep Abram

om die vader van die nasies te wees, maar hy antwoord “...

maar ek is te oud”. Moses? “... maar ek hakkel”. Ragab? “...

maar ek is ‘n prostituut”. Rut? “... maar ek is ‘n heiden”. Petrus?

“... maar ek is dan net ’n visserman”. Noem hulle op. En ons is

nie veel anders nie. Ons sê baie gou “... maar ek ”.

‘Maar God’: Die woorde “... maar God” som die Bybel op! Dié twee woorde

“... maar God” – kom nie minder as 45 maal in die Bybel voor

nie!

• God het aan die begin ‘n hemel op aarde geskep.

Die hemel het ongelukkig leeg geloop (Gen 3), “... maar God” herskep en gee ons ‘n nuwe hemel en aarde

(Opb 21&22).

• Jesus kom om te red, maar hy sterf tragies aan die

kruis, “... maar God ” wek Hom op uit die dood en Hy

leef én Hy red! (Hand.2v24)

• Ons was eens verlore en dood as gevolg van die sonde

(Efes 2v1), “... maar God” het ons genadiglik gered

Efes 2v4-5)

• Die droogte breek die land en moraal, “...maar God”

laat dit trane van dank reën. Ons kyk met nuwe oë na

mekaar en ons draai skoendose toe in koerantpapiere.

• Hermanus se mense brand bande, “ ...maar God” inspireer ons kerke en lidmate en ons het vandag o.a. Die

Sparklekids, die nuwe Hermanus Varsity, Hermanus

Siyakha se mentors, Learn to Earn, SHINE, die

geslaagde Wiskunde programme, ens.

“Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed

doen…!” (Gen.50v20)

GEEN AANDDIENS VANAAND

DEURKOLLEKTE VANOGGEND

Spesiale Kollekte vir die Bybelgenootskap

10 November 2019

HARTLIK WELKOM!

Wees eerlik, ons het tog soms probleme met God en die

skynbaar onwyse wyse waarop Hy ons lotsbeskikking

bepaal. Ons sou die wêreld en veral Suid-Afrika, só

anders wou bestuur het ...?

Dink nou aan ’n briljante jong teoloog met die naam van

Dietrich Bonhoeffer. Hy het in opstand gekom teen die

sinneloosheid en wreedhede van die 2de Wêreldoorlog.

As gevolg van sy protes is hy die 9de April 1945 in

Glossenburg tereggestel. Hoekom?

In die gevangenis skryf hy briewe wat tans versamel is in

‘n klassieke boek “Letters & Papers from Prison”. Vandag

nog praat Bonhoeffer met ons oor die gebrokenheid in

die wêreld en ons lyding. Dan seën hy ons: ‘Mag God—in Sy goedheid — ons lei deur hierdie moeilike tye ... maar veral tot Hom.”

Dink aan die geseënde Paulus. Hy is gereeld in die

gevangenis—twee jaar in Sesarea en twee jaar in Rome.

Waarom? Want dit is in die gevangenis waar hy 13 van

die NT se 27 Boeke geskryf het, o.a. Die Romeine Brief

en 1 Korintiërs 13 (oor die liefde) en 15 (oor die

opstanding).

Ons boodskap vanoggend gaan oor die waaroms en dan die

“maar God” refrein. Kyk nuut na jou eie omstandighede

en onthou daar is ook in jou lewe ’n ...maar God” !

SOLI DEO GLORIA

maar God ...

Wees LIG!

HARTLIK WELKOM NUWE INTREKKERS

Die Gasvryheidspan ontmoet u graag by die nag-

maalstafel direk na die erediens. U is so welkom!

Ds. Anton Duvenhage bring die boodskap volgende Sondag.

Ter voorbereiding: Lees Handelinge 27 en probeer agter die

kap van die byl kom waarom Paulus besig was om te vlug?

• Hoekom wou hy so dringend Israel verlaat?

• In watse moeilike situasie het dit hom laat beland?

• Wat was sy troos in hierdie uiters moeilike situasie?

Page 2: WAT GEBEUR HIERDIE WEEK BY DIE KERK?hartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 10 Nov 2019.pdf · panne en enige bakke), Kinderspeelgoed, Sporttoerusting, Tuingereedskap, enige groot

WAT GEBEUR HIERDIE WEEK BY DIE KERK?

DINSDAG 12 NOVEMBER SOPKOMBUIS

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

10:00 Ondersteuningsgroep vir mense met Spierdistrofie, Parkinsons, MNS, Alzheimer, Demensie en hulle familie. (Navrae: Erika Oosthuysen)

10:00 Speleltjies. Kom sit agteroor, kom ontspan en kom speel saam Rummikub en ander speletjies.

WOENSDAG 13 NOVEMBER 11:00 - 13:00 KLEREKAS DIENSSENTRUM WEGNEEMETES beskikbaar vanaf 10h30 by die Dienssentrum.

DONDERDAG 14 NOVEMBER

Dienssentrum 09h30—10h00: Marlene Burger is nie beskikbaar hierdie week nie. 10h00—Sitkamer: Die Boekklub. Kom luister na boekvoor-lesings/bespreking. Kom bied aan om ‘n nuwe boek wat u gelees het te kom bespreek of kom sit net agteroor en ontspan.

VRYDAG 15 NOVEMBER

09:30 - 11:30 DIE KOLWYNTJIE TEETUIN IS OOP

SONDAG 17 NOVEMBER GEBED VOOR DIE DIENS: Kom bid asb saam (Gebedskamer) WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 4)

09:00 EREDIENS

18:00 GEEN AANDDIENS

WAARNA KAN ONS UITSIEN?

ENGELTJIEPROJEK-BYEENKOMS

DINSDAG 12 NOVMEBER @ 10:00 (ONS TEATER)

Ons herinner u net aan DINSDAG SE SAAMKUIER:

Twee susters wat in Amsterdam gaan tulpe kyk het, gaan vir ons foto’s op die skerm wys en praat oor hulle reis daar.

Kom geniet die mooi saam met ons.

Daarna drink ons lekker saam tee in die Dienssentrum.

Vir enige navrae kontak Brenda Strauss (083 390 0838)

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

LAASTE WEGNEEM-ETES WO 13 NOVEMBER

BESTEL TEEN VRYDAG 8 NOVEMBER Ons probeer fondse insamel by die Dienssentrum om ons

uitgawes te probeer dek. Daarom verkoop ons maandeliks wegneemetes. Bestel asseblief voor Vrydag, 8 November, by

Joan/Hannie (028 316 1745). Baie dankie vir u ondersteuning. Hoender Lasagne: R65 vir nie-lede

(R55 lede van die Dienssentrum) Maalvleis Bobotie: R70 vir nie-lede

(R60 vir lede van die Dienssentrum)

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

JAARVERGADERING 26 NOV @ 10:00 Almal is welkom – nie net die lede nie.

BYBELSKOOL: Die Bybelskool het vir die jaar gesluit. Ons heropen DV Februarie 2020. Versoek: U insette, wenke en aanbevelings sal waardeer word. Byvoorbeeld:

Is ons nie te swaar teologies nie ...? Té veel wêreldpolitiek ....? Wat van ’n nuwe reeks? Ander aanbieders? Pas die plek en tye (Hermanus Woensdagaande en Onrus Donderdagoggende)?

DANKIE: “As u woorde oopgaan, gee dit lig.” (Ps. 119v130). Ek hoop én glo die Woord het lig gebring. Wenke en navrae aan Clifford by: [email protected]

Ondersteuningsgroep vir die ouers van kinders met Kanker en/of Chroniese siektes.

Ons volgende byeenkoms vind op 21 November 2019 om 09h00 tot 10h00 in die “ou” Moederskamer—langs Erika se kantoor. Op die oom-blik is dar al hoe meer van ons volwasse kinders wat kanker kry en ook aan chroniese siekte ly. Die ouers (ouma en ou-pas) kry emosioneel swaar om dit te hanteer en wil graag ander ouers ontmoet wat in dieselfde situasie is. Dit is ‘n moeilike pad. Kom sluit gerus aan—mans en vrouens is welkom.

Simboliek en Blomme

Ons nooi u uit om by hierdie wonderlike kreatiewe bediening aan te sluit.

Kontak asb. vir Mattie Swart 0765225669 of Louena 0845131015

Bokse vir ‘n Boervrou

Magda Marais (Voorsitster van die VLV)

sê baie dankie vir elke boksie wat met groot

sorg verpak en toegedraai is. Dit word baie

waardeer.

Page 3: WAT GEBEUR HIERDIE WEEK BY DIE KERK?hartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 10 Nov 2019.pdf · panne en enige bakke), Kinderspeelgoed, Sporttoerusting, Tuingereedskap, enige groot

Baie dankie vir hierdie maand se Hartklopborg, wat die druk van die Hartklop moontlik maak. Ons bid die Here se oorvloed van

seëninge op u besigheid, familie en gesin.

KOM NEEM DEEL EN SKAKEL IN WIT OLIFANT TAFEL

VIR BASAAR 2020

Liewe vriende, ons is seker dat u sal saamstem dat tyd vlieg!! Daarom nooi ons u graag nou reeds om deur die kaste en die motorhuis te begin loer vir enige items wat u moontlik kan skenk vir die basaar. Gezina begin nou reeds woeker daarmee, dit merk, uitsorteer en regpak. Daar is dus beslis nie ‘n “te vroeg” vir haar nie.

Watter items is veral nodig en baie welkom? Kombuisware (koppies, borde, messe/vurke, glase, potte/panne en enige bakke), Kinderspeelgoed, Sporttoerusting, Tuingereedskap, enige groot items.

U kan ook gerus nou

reeds begin loer deur die

boekrak vir: Boeke, CD’s

en DVD’s is baie welkom!

Vir navrae, kontak gerus vir Gezina op Whatsapp 081 043 4423.

DIE KLEREKAS

BENODIG DRINGEND

KINDERKLERE

Enige skenkings van

kinderklere baie welkom

asb. U kan dit bring na

die kerkkantoor. Baie

dankie!!

POTJIEKOS-

KOMPETISIE

SAT 14 DES 2019

@ 17:00

Kom geniet ‘n heerlike saamkuier, en

lekker eet, met ‘n groot verskeidenheid van die heerlikste potjiekos. Bring u hele familie, vriende en bure saam vir ‘n groot fees!!

TYD: Die potte gaan vanaf 17:00 af reg wees. U is welkom om vroeër te kom indien u die maak-aksie wil sien. (Die besluit dat daar nie ander kosstalletjies

gaan wees nie – net ons twee groot gemeentepotte wat gaan dien as ‘’ankerpotte’’ om seker te maak almal kry kos,

en natuurlik ‘n boepensbroodjie of twee, iets soets en iets lekker koels om te drink)

PRYS VIR DIE POTJIEKOS: R80.00 per porsie (daar kan vooraf kaartjies gekoop word).

VERMAAK: Daar is groot vermaak vir veral kinders en Servaas Verster gaan ook heerlik musiek maak.

INSKRYWINGS VIR DIE KOMPETISIE: Almal is welkom om `n pot in te skryf

(Kontak asb vir Anton Duvenhage direk op 072 477 3185 om

`n plek/pot te reserveer). Inskrywings is gratis – bestanddele van pot word net self deur die maker/span geborg.

Enige potgrootte is welkom (3, 6 of 8) – hoe groter, hoe beter die kans om te wen!

Maatskappye wat graag `n pot wil inskryf mag ook hulle maatskappy se gazebo bring en baniere as advertering.

AEROBICS OOR KULTUURGRENSE Verlede week het ’n groep dames van ons gemeente wat weekliks aerobicsklas het, saam met Mount Pleasant se groep gaan oefen. Watter groot pret!! MK (die afrigter) se boodskap aan die dames: “Last session was on fire, well-done ladies, you were outstanding!” Vir navrae oor hierdie prettige en fikse groep, kontak Dalene op 083 298 6145.

Onrus * Vermont * Sandbaai * Hemel-en Aarde * Negester

Aurelia & Deon Esterhuyse

13 Van Blommensteinstraat, Onrusrivier, 7201

028 316 3393

083 284 0027

KOSPAKKIES Baie dankie vir julle getroue bydraes. Die ontvangers van die kospakkies waardeer elke maand se bydraes opreg. Vir die Desember maand kospakkies wil ons graag vir elke gesin (8) ‘n addisionele pakkie gee met lekkernye. Hierdie gesinne het nie die luukse om koekies, lekkers, sappies, ens. te koop, maar sal tog oor die feesseisoen ook vir hul familie iets wil voorsit. Ek neem dus die vrymoedigheid om u te vra vir ‘n ekstra lekkerny

vir die Desember kospakkies. Die datum wat ons die kospak-kies in Desember pak en uitdeel is 10 Desember 2019. Teen daardie tyd wil ons graag alle “ekstras” ontvang het, sodat ons nie van die afleweraars verwag om weer ‘n keer in Desember ‘n pak-kie hoef af te laai nie. Ek vertrou dat u hierdie versoek gunstig sal oorweeg. Kom ons deel ons voorregte met ander.

Groete, Ronelle van Zyl (072 288 1439)

Page 4: WAT GEBEUR HIERDIE WEEK BY DIE KERK?hartklop.ngkonrusrivier.co.za/pdf/Hartklop 10 Nov 2019.pdf · panne en enige bakke), Kinderspeelgoed, Sporttoerusting, Tuingereedskap, enige groot

DS MICHIEL DE KOCK

028 316 4174 (K)

083 468 8194

[email protected]

DR WILHELM BURGER

028 316 2110 (K)

083 448 1651

[email protected]

DS ANTON DUVENHAGE

072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS

028 316 4895

082 37 55 410

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Piet Vorster

081 399 0557

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER

Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K)

079 322 0998

[email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe

084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Hanna de Jager

082 441 9759 [email protected]

ADMIN BEAMPTE

Martie Verster

084 510 4618 [email protected]

KOSTER

Deon van der Kooi

072 273 1494

KERKKANTOOR

Maandae - Vrydae

08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116

SENDING (GBO) Geloofbelofteoffer

Bank: ABSA Rek. 916 9799 886

ngkonrusrivier.co.za

Gaan “like” ons gerus

NG Onrusrivier

Posbus 25 Onrusrivier 7201

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA rek. 406 215 2718

KOM ONS BID SAAM

MAANDAG 11 NOVEMBER As ek stil word om by U te wees, bedaar my hart se donker vrees.

DINSDAG 12 NOVEMBER As ek U hartklop teen my wang kan voel , verstaan ek wat u woord bedoel.

WOENSDAG 13 NOVEMBER

U is Wonderbare Raadsman

DONDERDAG 14 NOVEMBER U is magtige God

VRYDAG 15 NOVEMBER U is ewige Vader

SATERDAG 16 NOVEMBER U is Vredevors

SONDAG 17 NOVEMBER Vanoggend bid ons almal saam: As ek stil word, om by U te wees, bedaar my hart se donker vrees. As ek u hartklop teen my wang kan voel, verstaan ek wat U woord bedoel.

GEBEDE: SIEKTE &

TROOS

CHEMO / BESTRALING /

BEHANDELING:

Piet Marais, Zanmari Nel, Bennie Kotze, Amelia, ds Johan Wepener

HOSPITAAL EN AANSTERK TUIS:

Wicus Leeuwner, Albert Keulder, Hybré Lombard, Marlene Claassen, Aubrey Bronkhorst, Adi Malherbe,

Anita Sutherland, Greg Hasenkamp, Ds. Michiel de Kock

SIEKTE / SORGEENHEID / BEMOEDIG: Peet Geyser, Stuart McFarlane,

Bessie Coetzee, Koba Diederiks, Suzette Rust

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

WEEKPROGRAM (028 316 1745) MAANDAE

Dienssentrum gesluit.

DINSDAE Haarkapper: Mariaan Visser (082 877 8546) Kliniek oop 10h00 - 12h00. sr. Ronel Calitz by 073 152 5623 (kontak haar vir versorgers) Versorgers: Indien u ‘n versorger benodig, kontak vir sr. Ronel Calitz (073 152 5623). Maandae tot Vrydae van 08h00 – 13h00. Dinsdag @ 10:00 is daar verskillende gebeure, kyk by gemeente weekprogram.

WOENSDAE Voete- en handeversorging (Mans & Vroue): Marilyn Prinsloo by 082 532 6931. Trimgim @ 15:00 (OnsTeater): Mathilda Roos by 082 339 1085.

DONDERDAE Naaldwerk om 09h30 - 10h00: Marlene Burger vir klereverstellings of herstel 028 316 3363 of 072 140 5807. Sitkamer @ 10h00: Die Boekklub.

VRYDAE

Kolwyntjie Teetuin is oop 09:30 - 11:30 Groepe: Kontak Siska op 082 762 2732

MEEGEVOEL:

Met Charlotte Setzkorn en dogters na die heengaan van Werner.