Annexure B Wiskundige Geletterdheid (notas) Graad 10 7 September 2015 Begin met voorbeelde Leeruitkomstes vir die les: a) Definieer die konsep Volume b) Definieer die konsep driedemensioneel c) Bereken die volume van ‘n reghoekige voorwerp d) Bereken die volume van ‘n silinder e) Gee die korrekte formule vir elke vorm f) Differensieer tussen lengte, breedte en hoogte Toets vorige kennis: In die vorige les het ons die Area/Opp bereken van ‘n reghoek, sirkel en driehoek. Definisie van AREA: Area is ‘n twee-dimensionele konsep. Die area van ‘n vorm is die hoeveelheid ruimte wat die vorm beslaan/opneem. Byvoorbeel: Die area wat ‘n stuk hout op die vloer opneem is die grootte van die vloer spasie wat dit oopneem. Ons werk met twee-dimensies wanneer on area bereken – lengte en breedte. Area word altyd gemeet in eenhede² - byvoorbeeld mm², cm², m² . FORMULES VIR DIE BEREKENING VAN OPPERVLAKTE/AREA:
8
Embed
mathlit2015.weebly.commathlit2015.weebly.com/uploads/4/8/6/4/48647203/anne… · Web viewArea word altyd gemeet in eenhede² - byvoorbeeld mm², cm², m² . FORMULES VIR . DIE.
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Annexure B
Wiskundige Geletterdheid (notas)
Graad 10
7 September 2015
Begin met voorbeelde
Leeruitkomstes vir die les:
a) Definieer die konsep Volume
b) Definieer die konsep driedemensioneel
c) Bereken die volume van ‘n reghoekige voorwerp
d) Bereken die volume van ‘n silinder
e) Gee die korrekte formule vir elke vorm
f) Differensieer tussen lengte, breedte en hoogte
Toets vorige kennis:
In die vorige les het ons die Area/Opp bereken van ‘n reghoek, sirkel en driehoek.
Definisie van AREA:
Area is ‘n twee-dimensionele konsep. Die area van ‘n vorm is die hoeveelheid ruimte
wat die vorm beslaan/opneem.
Byvoorbeel: Die area wat ‘n stuk hout op die vloer opneem is die grootte van die vloer
spasie wat dit oopneem.
Ons werk met twee-dimensies wanneer on area bereken – lengte en breedte.
Area word altyd gemeet in eenhede² - byvoorbeeld mm², cm², m² .
FORMULES VIR DIE BEREKENING VAN OPPERVLAKTE/AREA:
Area van ‘n reghoek = lengte x breedte
Area van ‘n sirkel = π × r²
Area van ‘n driehoek = ½ × basis × hoogte van driehoekh
b
b
lr
Annexure C:
Nuwe Konsepte Definisies:
Volume
Volume is ‘n driedimensionele kosep. Die volume van ‘n voorwerp is die grootte van die
driedimensionele spasie wat ‘n voorwerp opneem of kan behou.
Solide voorwerp?
Die hoeveelheid 3D ruimte wat ‘n voorwerp opneem/beslaan.
Baksteen
Hol voorwerp?
Die kapasiteit (inhoudsmaat) wat die voorverp kan behou.
Glas met water
Wanneer met volume werk, werk mens met 3 dimensies – lengte, breedte en hoogte.
Volume word altyd gemeet in eenhedeᵌ - bv. mmᵌ, cmᵌ, mᵌ.
1) Die volume van ‘n reghoekige voorwerp = (area van reghoek) × hoogte
= (lengte × breedte) × hoogte
= l × b × h
2) Die volume van ‘n silinder = (area van sirkel) × hoogte
= (π × r²) × hoogte
= πr² × h
Annexure D
Verdeel in 4 groepe. Elke groep kry 2 reghoekige voorwerpe en 2 silinders. Ons sal dan
die volume bereken van elke voorwerp. Neem mates van gegewe voorwerpe.
Die volume van ‘n reghoekige voorwerp = lengte × breedte × hoogte