Top Banner
TEL: 058 - 303 5407 WEDNESDAY 27 MARCH 2013 FREE Koerant met hart The paper with heart I Reitz-wildsfees kóók Lynda Greyling YSTERVARK, krokodil, babersosaties, pof- adders, blouwildebees-schnitzel, bosvark en vlakvark was van die 18 wildsgeregte waaraan feesgangers op Reitz se vierde wildsfees kon weglê. Bobaaskokke wat al voorheen hul slag agter die kospotte gewys het, het ’n kans gekry om vanjaar weer feesgangers met hul kookvernuf te beïndruk. Een van die gunsteling-geregte en ook die fees se troefkaart was drie krokodille van Nylstroom wat oor die kole gebraai is. ’n Vreemde verskynsel vir onkundige vleis-eters was ’n bordjie wat “pofadders” gelees het. “Dit is nie regte slange nie,” het Pieter Peacock, ’n beroepsjagter en een van die organiseerders, vinnig verduidelik. Dit is die niertjies en lewer van skape en beeste, het hy vertel. Saam met die pofad- ders is die bekende skilpadjies, oftewel le- wer in netvet, gebraai. Vanjaar het die babersosaties groot aftrek gekry. Miskien was dit omdat die “nuwe” do- minee, ds. Hannes du Plessis, gaan babers uittrek het en die sosaties gemaak het, maar dit was duidelik dat feesgangers heerlik daaraan gesmul het. Nog ’n hoogtepunt was die groot verskei- denheid jag- en wildspakkette wat opgeveil is. Peacock het gesê kopers van so ver soos Pretoria het die fees bygewoon in die hoop om die hoogste bod te maak. Hulle kon ’n spog-jagmes koop of een van die aanloklike jagpakkette aanskaf. Vanjaar is heelwat jagpakkette saamge- stel – vir van Lephalale tot in Musina se mo- panie-wêreld en die Laeveld op pad na die Kruger- Nasionale Park. Daar was pakkette om van te kies en keur, het Peacock vertel. Saterdag is ook ’n avontuurwedren op die plaas Platkopje en aangrensende plase aangebied waar viertrekvoertuie, motorfiet- se en kwad-ryers ’n tegniese of avontuur- roete kon aanpak. Deelnemers moes hul veldkennis inspan en merkers dophou vir leidrade om ná die wedren ’n vraelys te voltooi. Hier is nie na tyd gekyk nie, maar eerder na wie die taak die beste kon vermag. Lees nou plaaslike nuus ook op koerant se webtuiste NOG so in sy mondigwordingsjaar is Maluti trots om eindelik sy eie webtuiste te begin. Die koerant sal van vandag af nie meer nét in die winkel te kry wees nie, maar sal nou ook elektronies op sy splinternuwe web- tuiste, www.malutinews.co.za, beskikbaar wees. Bethlehemiete en Oos-Vrystaters kan nou hul gunsteling- plaaslike koerant vinnig en maklik op die interaktiewe webtuiste lees. Die koerant sal elke Woensdagoggend op die webtuiste geplaas word met ’n groot ver- skeidenheid nuus en foto’s wat jou op die hoogte van nuus van jou omgewing sal hou. Die webtuiste is propvol mensestories oor inwoners in die gemeenskap. Lesers sal nou ook hul mening oor onder- skeie stories kan lug. Maluti sal ook videogrepe en fotogalerye op die blad hê. Verder kan enige groep, hetsy dit sport-, kultuur- of welsynsorganisasies is, self hul inligting by www.malutinews.co.za oplaai om sodoende hul teikengehore vinniger te bereik. Gaan besoek gerus die webtuiste vir hier- die en heelwat meer te kry by www.maluti- news.co.za. JAN HUMAN het vir Reitz se jaarlikse wildsfees ’n vlakvark op die spit gebraai. DS. HANNES DU PLESSIS is nou sowat ’n jaar op Reitz en vanjaar het hy vooraf babers in ’n plaasdam in die distrik gaan vang en baberso- saties vir die jaarlikse wildsfees gemaak. Foto’s: Lynda Greyling
12

Maluti 27-03-2013.pdf

Mar 12, 2016

Download

Documents

Maluti News

Maluti 27-03-2013.pdf
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Maluti 27-03-2013.pdf

TEL: 058 ­ 303 5407 WEDNESDAY 27 MARCH 2013 FREE

Koerant met hart The paper with heartI

Reitz-wildsfees kóókLynda Greyling

YSTERVARK, krokodil, babersosaties, pof-adders, blouwildebees-schnitzel, bosvarken vlakvark was van die 18 wildsgeregtewaaraan feesgangers op Reitz se vierdewildsfees kon weglê.Bobaaskokke wat al voorheen hul slag

agter die kospotte gewys het, het ’n kansgekry om vanjaar weer feesgangers met hulkookvernuf te beïndruk.Een van die gunsteling-geregte en ook

die fees se troefkaart was drie krokodillevan Nylstroom wat oor die kole gebraai is.’n Vreemde verskynsel vir onkundige

vleis-eters was ’n bordjie wat “pofadders”gelees het.“Dit is nie regte slange nie,” het Pieter

Peacock, ’n beroepsjagter en een van dieorganiseerders, vinnig verduidelik.Dit is die niertjies en lewer van skape en

beeste, het hy vertel. Saam met die pofad-ders is die bekende skilpadjies, oftewel le-wer in netvet, gebraai.Vanjaar het die babersosaties groot aftrek

gekry. Miskien was dit omdat die “nuwe” do-minee, ds. Hannes du Plessis, gaan babersuittrek het en die sosaties gemaak het, maardit was duidelik dat feesgangers heerlikdaaraan gesmul het.Nog ’n hoogtepunt was die groot verskei-

denheid jag- en wildspakkette wat opgeveilis.Peacock het gesê kopers van so ver soos

Pretoria het die fees bygewoon in die hoopom die hoogste bod te maak.Hulle kon ’n spog-jagmes koop of een van

die aanloklike jagpakkette aanskaf.Vanjaar is heelwat jagpakkette saamge-

stel – vir van Lephalale tot in Musina se mo-panie-wêreld en die Laeveld op pad na dieKruger- Nasionale Park.Daar was pakkette om van te kies en keur,

het Peacock vertel.

Saterdag is ook ’n avontuurwedren op dieplaas Platkopje en aangrensende plaseaangebied waar viertrekvoertuie, motorfiet-se en kwad-ryers ’n tegniese of avontuur-roete kon aanpak.

Deelnemers moes hul veldkennis inspanen merkers dophou vir leidrade om ná diewedren ’n vraelys te voltooi.Hier is nie na tyd gekyk nie, maar eerder

na wie die taak die beste kon vermag.

Lees nou plaaslike nuus ook op koerant se webtuisteNOG so in sy mondigwordingsjaar is Malutitrots om eindelik sy eie webtuiste te begin.Die koerant sal van vandag af nie meer

nét in die winkel te kry wees nie, maar salnou ook elektronies op sy splinternuweweb-tuiste, www.malutinews.co.za, beskikbaarwees.

Bethlehemiete enOos-Vrystaters kan nouhul gunsteling- plaaslike koerant vinnig enmaklik op die interaktiewe webtuiste lees.Die koerant sal elkeWoensdagoggend op

die webtuiste geplaas word met ’n groot ver-skeidenheid nuus en foto’s wat jou op diehoogte van nuus van jou omgewing sal hou.

Die webtuiste is propvol mensestories oorinwoners in die gemeenskap.Lesers sal nou ook hul mening oor onder-

skeie stories kan lug.Maluti sal ook videogrepe en fotogalerye

op die blad hê.Verder kan enige groep, hetsy dit sport-,

kultuur- of welsynsorganisasies is, self hulinligting by www.malutinews.co.za oplaaiom sodoende hul teikengehore vinniger tebereik.Gaan besoek gerus die webtuiste vir hier-

die en heelwat meer te kry by www.maluti-news.co.za.

JAN HUMAN het vir Reitz se jaarlikse wildsfees ’n vlakvark op die spit gebraai.

DS.HANNESDUPLESSIS is nou sowat ’n jaarop Reitz en vanjaar het hy vooraf babers in ’nplaasdam in die distrik gaan vang en baberso­saties vir die jaarlikse wildsfees gemaak.

Foto’s: Lynda Greyling

Page 2: Maluti 27-03-2013.pdf

2 MALUTI, WEDNESDAY 27 MARCH 2013

Koerant met hart The paper with heartI

Gedruk deur Paarl Coldset

Tel: 051 430 1050

Nelson Mandelarylaan 79

Bloemfontein

Verkoopsbestuurder:Coleen Cilliers

Sel: 083 411 1064

[email protected]

Redakteur: Lynda Greyling

Sel: 082 484 2080

Tel: 058 303 5411

[email protected]

Kerkgebou 85 j. oudDie NG kerk op Kestellherdenk vanjaar op 31Maart die inwyding vandie kerkgebou 85 jaargelede.

Môre word ’n Pasga-etein Bybelse drag gehou.

Vrydag om 08:00 wordNagmaal in die kerkbedien, waarna besoekersna ’n geskiedkundige plaasin die distrik vertrek.

Die Saterdag kanbesoekers ’n feesuitstallingin die Retief-boekwinkel opdie dorp besigtig, asook diekerkmuseum besoek.

Sondag om 06:00 trekalmal op die koppie by diedorp saam om Jesus seopstanding te herdenk.

Om 09:30 word dieinwyding in die kerkgedenk.

Bloed dringend benodigDIE Paasvakansie word gekenmerk deur ’ntoename in padongelukke wat bydra tot diedaaglikse behoefte aan bloed. Gedurendehierdie tydperk is bloedinsamelings reedsmoeilik met skole, tersiêre instellings en be-sighede wat nie kan help om ’n volhoubarebloedvoorraad te handhaaf nie.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens(SANBD) doen daarom ’n beroep op sken-kers om na hul naaste bloedskenkkliniek ofbloedskenksentrum te gaan. Die aanvraag isnie minder in vakansietye nie, en ongeveer3 000 eenhede bloed word steeds daagliksdeur pasiënte benodig. Elke dag wat hierdiedoelwit nie behaal word nie, word die bloed-voorraad uitgeput.

“Ons verstaan dat mense besig is of metvakansie gaan oor hierdie tydperk, maar ditneem net ongeveer 30 minute van jou tyd om’n reuse-verskil te maak aan dié wat bloed be-

nodig.“Paastyd is dikwels familietyd en deur

bloed te skenk kan jy moontlik aan iemandanders meer tyd saam met hul familie gee.Die tema van ons Paastyd-veldtog is daaromMoenie dat die lewe in die pad van LEWEstaan nie,” sê Vanessa Raju, nasionale kom-munikasiebestuurder, SANBD.

As jy gesond is, tussen die ouderdom van16 en 65, meer as 50 kg weeg, en ’n veiligeseksuele leefstyl lei, skenk bloed.

“Om uit te vind waar jou naaste bloed-skenksentrum is, besoek www.sanbs.org.za,skakel tolvry 080-011-9031 of SMS jou naamen poskode van die gebied waar jy bly na31454 en ons sal vir jou die besonderhedevan jou naaste bloedskenksentrum stuur.”

Vir verdere inligting in die Oos-Vrystaat,kontak gerus Rochelle van der Merwe by 058-303-5560.

KONING LETSIE III van Lesotho het saam met sy jare lange vriend Liakat Anwary en sakelui van Bethlehem ontbytin Al Fresco genuttig. Van links is Madelein Blignaut, koning Letsie III, Wynand Malan en Liakat Anwary.

Page 3: Maluti 27-03-2013.pdf

MALUTI, WEDNESDAY 27 MARCH 2013 3

SIEKTE, virusse, bakterieë en selfs kanker-selle groei en vermeerder in ’n suur bloedom-

gewing.Só het Madeleine Helm van Gauteng gesê

op die persteepot-teeparty wat deur dieGolden Gateway-hospice in die Laer-skool Jordania sesaal aangebied is.Helm het gesê vir

’n gesonde liggaambenodig ’n mens ge-sonde selle en ge-sonde bloed.Bloed vervoer

voedingstowwe nadie mense se selleom energie vir ver-nuwing te voorsienen ook vir die uitskei-ding van afvalstow-we.Die pHvanbloedis alkalies en ’n75%-alkalievormen-de dieet sal tot betergesondheid lei. Dusmoet ’n mens sedaaglikse voedselin-name nie meer as25%-suurvormenden nie minder as75%-alkalievor-mend wees nie.Helm beveel rou

voedsel soos rouvrugte, spruite,amandels, aartap-pels en Quinoa,asook gedroogdevrugte (swaelvry) envars, versaptegroente- en vrugte-sappe aan, aange-sien dit alkalievor-mende kossoorte is.

Vroue leer meer oorbalans in die liggaam

DIE Golden Gateway­hospice het ’n teeparty, die persteepot­party, in die Laerskool Jordaniase saal aangebied. Benewens ’n praatjie oor vrouegesondheid met suur en alkalieë in dieliggaamwas ook ’n modeskou aangebied. Van links is Jolindi Fourie, aanbieder van die mode­skou, Madelein Helm, spreker van Gauteng, Elana Best van die Golden Gateway­hospicewat die dag gereël het en Elize Willis, bestuurder van doe Golden Gateway­hospice.

’n KOEK in die vorm van ’n pers teepot was deel van die Corona­Sub­akute Hospitaal se eetgoed op die Golden Gateway­hospice sepersteepot­teeparty wat in die Laerskool Jordania se saal aangebiedis. Hier is Verna Wessels (links) en Janetta Crafford.

Page 4: Maluti 27-03-2013.pdf

4 MALUTI, WEDNESDAY 27 MARCH 2013

Lynda Greyling

DIT is Saterdag-aand. ’n Jongmeisie kom byongevalle aan. Syis aangerand en verkrag. Die polisie se hulpword ingeroep, ’n klag word ingedien. Uitwen-dig kan die meisie herstel, maar dikwels is dieinnerlike letsels iets wat nie sommer gesondword nie. Die gevalle kom gereeld voor. Diemeeste van die tyd is die vermeende aanvallerof aanvallers onder die invloed van drank.

Dit is egter nie elkeen wat ’n drankie drinkwat onverantwoordelik optree nie.Oor die jareheen het die Drankwet verskeie kere verander.Die regering wil nou weer die wet verander omdit vir Jan Publiek moeiliker te maak om oor ’nnaweek drank te bekom. Maar gaan dit werklikdie probleem oplos?

Ek glo nie, want iemand wat drank wil hê,sal dit kry – op ’n wettige of onwettige manier.

Die regering wil ook toesien dat alle Suid-Afrikaners minder sout gebruik, aangesien ditongesond is. Om ’n wet daar te stel om elkeense sout-inname te reguleer is verregaande. Ditword aanbeveel dat ’n mens nie meer as 5 mlsout per dag inneem nie. Ek sien al hoe ek ’nburger en skyfies gaan koop en nie weet hoe-veel sout is gebruik om die frikkadel te maakwat op die burger is nie, ook nie hoeveel soutoor die tamatie of oor die skyfies gegooi is nie.Dan loer ’n “polisieman” oor my skouer en sêek mag dit nie koop nie, want dit bevat te veelsout en dit is teen die wet. Ek sou eerder woutoesien dat mense beter oor die gebruik vansout opgevoed moet word. Daar is verskeiemaniere om mense oor drankgebruik en diegebruik van sout op te voed. Dalk moet van dieander maatskaplike probleme aangepak word,dan is dit nie nodig om sulke nuwe wetgewingin te stel nie.

Neem wet met’n knippie sout

deur

Lynda Greyling

FUNWITHWUN:The 17th annu-al Easter Clarens Dinosaur FunWun will take place on Saturday,30 March.

Entries open at 07:00 at Cla-rens Square and it will start at07:30. Phone Sue or David Groe-newald on 083-469-4703.

Page 5: Maluti 27-03-2013.pdf

MALUTI, WEDNESDAY 27 MARCH 2013 5

PLUSEARNPOINTS

PLUSEARNPOINTS

Always there foryou

1177642_39x8

PRICES VALID 28 MARCH - 7 APRIL 2013AT PICK NPAYDIHLABENGMALLONLY

4699Nescafé ClassicDawn 200g

2679SunfoilSunflower Oil2 Litre

1779PnPWhite Sugar2.5kg

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Somestoresmaynot stock someof theseproducts. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not beliable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

2799PnP no name™Frozen ChickenBraaipak 2kg

Garnish and decor not included

Bulk Pork PackConsists of:Roast, Chops,Rashers andStew Cuts

2999Per kg

SHOP NO 3, DIHLABENG MALL CENTRE, PREEKSTOEL STREET, DIHLABENG (BETHLEHEM)

DihlabengMall (Bethlehem)OPENS28MARCH@8am

1299PnP Full Creamor Low Fat FreshMilk 2 Litre

Each

PleaseRecyclewww.picknpay.co.za

TOLL FREE: 08001122 88(LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

CUSTOMERCARE

TRADINGHOURSMONDAY - FRIDAY 08H00 - 20H00

SATURDAY 08H00 - 17HOOSUNDAY 09H00 - 17HOO

PUBLIC HOLIDAYS 09H00 - 16HOO

1479SpekkoParboiled Rice2kg

Coca-ColaRegular 2 Litre

1079Each

OPENONGOODFRIDAY:8H00-17H00

Page 6: Maluti 27-03-2013.pdf

6 MALUTI, WEDNESDAY 27 MARCH 2013

Page 7: Maluti 27-03-2013.pdf

MALUTI, WEDNESDAY 27 MARCH 2013 7

Page 8: Maluti 27-03-2013.pdf

8 MALUTI, WEDNESDAY 27 MARCH 2013

Bea(d)utifulPUT a few beads in these elderlywomen’s hands and they can dothe most beautiful work with it –each piece an artwork in itself.

Ever wondered what to buy aguest or someone visiting fromabroad? Don’t think further, be-cause the Ratanang Creations isbeautifully unique Sotho hand-made work.

According to Violet Nhlapo, oneof the members of the MatsoaraThebe Senior Citizens Co-opera-tive that makes the RatanangCreations, they started a few ye-ars ago to keep themselves busyand to earn some money.

They get together on Monday,Wednesday and Thursday mor-nings from 09:00 until 15:00.

While chatting they createnecklaces, rings, make tradisio-nal Sotho hats, decorate shoesand make ties for men to wear.Wooden knobkieries and spearsare alo decorated with beautifulpatterns.

Their work is exhibited at theirworkplace at the town hall in Beth-lehem. It is situated on the cornerof Roux and Pres. Boshoffstreet,next to the speaker’s office.

For information phone CeciliaMoloi at 072-727-5229.

Plaas het spogtuinRIA EN DAAN SLABBERT vandie plaas Excelsior naby Bethle-hem spog met ’n pragtige tuin watal verskeie tuinkompetisies ge-wen het.

Een van haar voorwaardesvoordat sy en Daan 53 jaar gele-de getroud is, is dat sy kan tuin-maak en dat een van die plaas-werkers gereeld vir haar in dietuin kan help.

Die tuin het met tyd ontwikkel.Daar is verskeie bome, van ’n

wilg tot ’n reuse-geelhoutboomvan bykans 40 jaar. Oral is kleuri-ge hoekies. Om optimale kleur teverkry is plante in potte geplanten oral in die tuin geplaas. Daaris ook verskeie plekke onder bo-me waar ’n mens rustig kan sit omjou in die tuin te verlustig. Baievan die sitplekke is van sand-steen gemaak.

Sandsteen is deurentyd her-haal met fonteine in dammetjies.

Dit is eintlik die varkore wat be-

sonders is. Daar is verskillendesoorte, maar die blare en blommeis besonder groot. Bloemiste krygereeld by haar varkore om in hulruikers te gebruik.

Volgens Ria het die sneeu eenjaar ’n hele klomp bome beska-dig. Toe Daan ’n paar dae wegge-gaan het, het sy die kans gebruiken al die bome laat afsaag en dietuin verder uitgebrei tot waar diebome was.

Met sy terugkeer het Daan virhaar gesê die tuin is nou groot ge-noeg – want dit is soos ’n park.

Vir haar lowergroen grasperkgebruik die Slabberts al die jarenet 3:2:1. Al die bome se blareword op ’n hoop gegooi en kom-pos gemaak. Ria glo nie daaraanom mis daarby te sit nie, aange-sien dit baie onkruid bevat.

Oral in die tuin is spatsels kleur,baie fokuspunte van sandsteenen oral onder bome sitplekkewaar heerlik gekuier word.

MEMBERS of the Matsoara Thebe Senior Citizens Co­operative are, front: Violet Nlhapo; from the left, back: MariaMokoena, Belina Phuti, Anna Nqubuka and Cecilia Moloi. Absent: Beauty Makutiane and Maria Mosia.

DIE lede van die Bethlehem­tuinbouklub het hul maandelikse verga­dering by Ria Slabbert op die plaas Excelsior gehou. Van die ledewat die vergadering bygewoon het, is van links Ans Pohl, Ria Slabbert,Joekie Meyer en Magda de Kleck.

LEDE van die Golden Gate­kwiltgilde het Nasionale Kwiltdagin die BHM Cinema se restaurant gevier. Van vroeg af is naald­werkmasjiene uitgehaal en plekmatjies gemaak en gestryk. Dieplekmatjies is spesiaal vir Salileni gemaak. Van links is, voor:Mariette van der Merwe en Engela Roets; agter: Alae Grabe,Mariaan Slaghuis en Liezel van Aswegen. Foto: Lynda Greyling

Page 9: Maluti 27-03-2013.pdf

MALUTI, WEDNESDAY 27 MARCH 2013 9

1176547B_E

WEEKLYWINNERS

PLUSEARNPOINTS

PEP

Alwaysthereforyou

2099EnterpriseBack Bacon 250g

Each

1579SnowflakeCake Wheat Flour2.5kg

2149DairyBelle ChoiceButter Salted 500g

Each

BUYANY2FOR

2400Fanta, Sprite orStoney Assorted2 litre

BUY 2FOR

4000Nescafé ClassicFlexi Bag 150g

PnP 1 Ply WhiteToilet Tissue 9s

2899SAVE6.00N

OW

ONLY

WhileStocksLast

Equal to2667

per 200g

4499Bulk StewingBeef (Bone in)per kg

2999PnP no nameTM

Frozen ChickenBraaipak 2kg

Product has been styledfor photography

PleaseRecyclewww.picknpay.co.za

TOLL FREE: 08001122 88(LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

CUSTOMERCARE

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Somestoresmaynotstocksomeoftheseproducts. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any printerrors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smartshoppertermsandconditionsapply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

PRICESVALID26 MARCH-1APRIL2013ATALLPICKNPAYSUPERMARKETS, FAMILYSTORES,MINIMARKETSANDHYPERSIN GAUTENG, FREE STATE, NORTHWEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG.EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES.smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.Alcohol Not for

7499Bols Brandy750ml

CASE PRICE

Carling Black LabelNon-returnable Bottles24 x 340ml or Cans 24 x 330ml

13699

Page 10: Maluti 27-03-2013.pdf

10 MALUTI, WEDNESDAY 27 MARCH 2013

Page 11: Maluti 27-03-2013.pdf

MALUTI, WEDNESDAY 27 MARCH 2013 11

Swemmers blink nasionaal uit

ANDRAS FINDT­ONDER­DELE het sy Stihl­somer­promosie, wat van Oktober2012 tot Januarie 2013 ge­hou is, se gelukstrekkinggedoen. ’n Tweede wennerwas ook een van AndrasFindt se klante wat ’nRE108­hoëdruk­skoonma­ker ter waarde vanR2 971,05 gewen het. Vanlinks is David Mampane (ju­nior onderdelebestuurder),Andries Mofokeng (wenner)en Angie Findt, mede­eie­naar van Andras Findt­on­derdele.

DIE Frontier Inn Dihlabeng Community Trust het verf en bybehore aan die Laerskool Bohlo­kong geskenk. Nataniël Mokhaneli, die skoolhoof, sê ouers en personeellede sal die vakansiedie buitekant van die skool verf. Hulle wil graag die werk klaar hê wanneer die skool ná diePaasvakansie heropen. Van links is AnthonyOliver (bestuurder, Frontier Inn), RaymondMahla­ba (Frontier Inn), Chris Karsten (Frontier Inn) en Mokhaneli.

LEDE van die Bethseals­klub het aan die ultra­driekampkampioenskappe by die Midmardamdeelgeneem. Hulle moes 1,9 km swem, 90 km fietsry en 21 km draf. Hulle is van links HenriWeideman, Jacques en Tina Nel, Johan Grobbelaar, FJ Badenhorst en Riaan van Zyl.

ERIC LE ROUX en Heinz Mittemaaier vandie Bethseals-swemklub het puik gepres-teer op nasionale kampioenskappe watonlangs gehou is.

Eric het aan die opewaterswem opGrabouw deelgeneem.

Hy het met ’n baie goeie tyd van 44:23in die 3 km-swem gespog.

Hy was ook eerste in sy ouderdoms-groep in die Sterkfontein-opewater-swem.

Heinz het aan die nasionale driekamp-kampioenskappe in Oos-Londen deelge-neem en met ’n tyd van 38:20 op ’n400 m-swem-, 10 km-fietsry- en 2,5 km-draf-afstand gespog.

HEINZ MITTEMAAIER en Eric le Roux vandie Bethseals­swemklub het nasionaal ge­presteer.

Wen 2degroot prys

Cold BustersCold BustersCold Busters

Rouxstraat 11ABethlehem

058 303 9159(Mr Door & Gate)

Bethlehem se eiebraai- en kaggelfabriek

Bethlehem se eiebraai- en kaggelfabriek

GRANITE & MARBLE:Kitchen tops, vanities, barcounters, etc. Tel.058 303 4840/082 807 7456.

Was vansitkamerstelle,

volvloermatte enmotorsitplekke.

Uitsuig van water.Gratis kwotasies.

Skakel

Ronel 082 788 1483

Ontvangs-/kantoordame-pos. Tweetalig (Afr/Eng).

Rekenaarvaardig.Moet onder druk kan werk.Sluitingsdatum :15 April

2013. Stuur verkorte CV na086 645 2452.

SOEK, KOOP, VERKOOP

G

E

K

L

A

S

S

I

F

I

S

E

E

R

D

G

E

K

L

A

S

S

I

F

I

S

E

E

R

D

Page 12: Maluti 27-03-2013.pdf

12 MALUTI, WEDNESDAY 27 MARCH 2013

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

THE top South African golf amateur LouisTaylor erased the disappointment of havinga brilliant run at the Sanlam South AfricanAmateur cut short with his first podium finishat the Northern Amateur Match Play on Fri-day.Taylor, who defeated fellowSpringbok Ter-

tius van den Berg 2-1 in the 36-hole final atthe Randpark Golf Club was thrilled to layhis hands on his first piece of silverware.“This really makes up for the disappoint-

ment of the Sanlam SA Amateur,” the Harris-mith golfer gushed.“It felt good to win, and to do it here in my

home union made it extra special.“I’ve worked really hard onmy consistency

over the last 12 months. It’s great to see itfinally pay off.”The country’s number four has been in

threatening form this season and the break-through victory has certainly been on thecards since his stellar performance for SouthAfrica during the inaugural Ten Nations Cupat Kingswood early in February.A fortnight ago, Taylor reached the semi-fi-

nals of the prestigious Sanlam SA Amateurat Country Club Johannesburg, but his cam-paign to win at his home course was derailedwhen he was knocked out in the semi-finalsby the 16-year-old Mpumalanga teenagerThriston Lawrence, the eventual winner ofthe prestigious title.

A week later, the 23-year-old was back intop form and made a huge contribution in thevictorious South African side that claimedthird victory against a Scottish Golf UnionMen’s National Squad side at LeopardCreek.Taylor said that after a mediocre perfor-

mance in the stroke play, it was touch andgo before he made the top-32 field for theNorthern Amateur Match Play.“I had a long wait to see if I would make

the top-32, because I shot five over par inthe 36-hole qualifier and tied for 31st, but Ijust managed to squeeze in,” Taylor explai-ned. “I forgot about it straightaway. From thatpoint on it was just amatter of getting througheach match.”On his way to the final, Taylor defeated

Scotland’s Jamie Savage 6-5, Centurion’sAubrey Barnard 4-3 andWerner van NiekerkfromWingate andGlendower’s JacoMouton4-3 in the semi-final.Taylor said his goal this season has been

to achieve greater consistency, but with hisfirst win under the belt, he is now hunting anational open title.“I’m happy with the results I’m producing

and really relieved to get the monkey off myback. I still want to work on my consistency,but one of my big goals going forward willbe to break through on national level thisseason.”

Taylor gets out of therough with podium finish

SEDERT die Bethlehem-vrouekrieketklub inFebruarie 2013 gestig is, is die span onoor-wonne.Hy neem in die Vrystaat-liga deel. Tot dus-

ver het die span vier wedstryde gespeel enhy is eerste in die liga. Hy dring nou na diehalfeindronde deur. Die span waarteen dieklub sal speel en die datum waarop is nognie gefinaliseer nie.Die wedstryde wat reeds gespeel en ge-

wen is, was teen Bloemfontein Technikon,Kroonstad, Welkom en Botshabelo.Belangstellende meisies en vroue kan

Kierie van Zyl by 078-120-7677 of LeanaWessels by 082-702-1770 bel.

Vroue knap met kolfDIE Bethlehem­vrouekrieketspelers is van links, voor: Leana Wessels en Elana Uys; agter:Lauren Havenga, Nadine Staats, Sharon Hodgeson, Jomari Jonker, Kierie van Zyl, Mandievan Wyk en Maryna Lombard.

ANNELIE MIENIE van die Bethlehem­vroue­krieketspan verlede week Sondag op diespan se wedstryd teen Botshabello. Die wed­stryd is op Bethlehembeslis. Foto:LyndaGreyling