KONTREI Redakteur Siska Martin 051 404 7686/0800 002 902 Noord-Kaapse kantoor 053 831 2331 E-pos [email protected]Advertensies Bloemfontein 051 404 7600 Kimberley 053 831 2331 Upington 054 331 3482 WOENSDAG 11 JULIE 2012 Die Fauresmith-perde-uithourit is verlede week die 39ste keer gehou. Ruiters en perde van oor die land heen het aan dié uitmergelende 203 km-rit oor drie dae deelgeneem. Madeleine Raubenheimer (38) van Randburg in Gauteng en haar perd, Davey Jones (HD), was die algehele wenner. Mariëtte Visser (35) van Warrenton in die Noord-Kaap en haar perd, Amarula, het die standaardgewig-afdeling gewen. Ander wenners was Johan Nieuwoudt (65), ’n mielieboer van Schweizer-Reneke in Noordwes, wat in die swaargewig-afdeling en Jan-Louis Be- zuidenhout (19) van Gauteng wat in die junior afdeling met die louere weggedraf het. Foto: CONRAD BORNMAN Uithou tot die einde
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Die Fauresmithperdeuithourit is verlede week die 39ste keer gehou. Ruiters en perde van oor die land heen het aan dié uitmergelende 203 kmrit oor drie dae deelgeneem. MadeleineRaubenheimer (38) van Randburg in Gauteng en haar perd, Davey Jones (HD), was die algehele wenner. Mariëtte Visser (35) van Warrenton in die NoordKaap en haar perd, Amarula,het die standaardgewigafdeling gewen. Ander wenners was Johan Nieuwoudt (65), ’n mielieboer van SchweizerReneke in Noordwes, wat in die swaargewigafdeling en JanLouis Bezuidenhout (19) van Gauteng wat in die junior afdeling met die louere weggedraf het. Foto: CONRAD BORNMAN
Uithou tot die einde
2 nuus KONTREI Woensdag 11 Julie 2012
Watgebeurwanneer?
Wanneer gebeur wat?Stuur inligting van geleenthede (dorp en
kontakbesonderhede) aan vir publikasiein Kontrei. Geen gebeure in Bloemfontein,Welkom of Kimberley word geplaas nie.Stuur e-pos aan [email protected] ’n faks aan 051-430-6949 (vir aandag: S.Martin).
S 10 tot 14 JulieClarens: Kwiltfees. Bel Alaë Gräbe by 082-577-2232 of stuur ’n e-pos aan [email protected] 25 JulieKroonstad: Sop-en-sjerrie-aand met LaraBadenhorst. Bel Hentie/Marina by 056-215-1920.S 27 JuliePrieska: Kuiermark. Bel Rina Coetzee by082-948-2354 vir meer besonderhede oor diemark.S 28 JuliePrieska: Sonskynkafee met Mariëtte Craf-ford. Bel Rina Coetzee by 082-948-2354.S 9 AugustusDewetsdorp: Gholfdag ten bate van Presi-dent Kruger-kinderhuis op Reddersburg.Bel Izak Fourie by 051-553-0083/086.S 10 tot 12 AugustusPrieska: Vrouefees. Bel Rina Coetzee by082-948-2354.
Rouxville: Groot reünie. Bel Rita Jor-daan 071-565-3763.S 24 AugustusExcelsior: Manne-aand van CVO-skoolmet Dozi en Pieter Moller. Bel Bertus Wes-sels by 083-274-8057 of Gerrie van Heerdenby 082-3780-764.S 24 tot 25 AugustusBoshof: Skou/Rooivleis-ekspo. Bel Tol duToit by 082-494-2691.S 25 AugustusDouglas: Wintermark. Bel Mandy by 082-821-6604 of Iryna by 083-681-6628.S 30 Aug. tot 2 Sept.Bultfontein: Boertjie-kontreifees. Bel Lin-da du Plessis by 082-338-1954.S 1 tot 2 SeptemberKoppies: Skoolreünie Hoërskool Sarel Cil-liers. Bel Johanna Gutter by 083-5644-530.S 21 tot 23 SeptemberHofmeyr: Skoolreünie. Bel Regi by 048-885-0366 of 082-393-3870.S 22 SeptemberBethulie: Deurnagvisvang. Bel Petro by051-763-0177.S 22 tot 24 SeptemberUpington: Kalahari-kuierfees. Skakel 054-332-1100.S 29 SeptemberBethulie: Huis Uitkoms-basaar. Bel Petroby 051-763-0177.
Marlene Jordaan
PARYS. – As Hennie Meintjes(73) sy sin kry, gaan ’n antiekefamiliebybel, wat van die 1800’sdateer, binnekort in die Oor-logsmuseum in Bloemfonteinpryk.
Hy haal versigtig die Bybeluit die hoekkas wat spesiaaldaarvoor gemaak is.
Dit is dik, die binnebladwaarop die inskripsie van syoupagrootjie se naam geskryfis, is los.
“Dit is al so lank in ons fami-lie, en almal het dit nie altyd sogoed opgepas nie,” sê Meintjes.
Hy sit dit versigtig op die ta-fel neer.
Op die binneblad staan: “GertJohannes Meintjes gebore indie jaar 1875. Die 30ste Januarie1891, ’n persent van mijn vaderA.S. Meintjes.”
Meintjes (73) sê volgens fami-
lie-oorleweringe was sy oupa-grootjie ’n filosoof en ’n redelikbekende digter in sy tyd.
“Ongelukkig kry ek nie veeloor hom opgespoor nie.”
Meintjes se huis sal menigeoudhede-entoesias se mond laatwater.
Hy wys ’n kissie met fyn in-legwerk.
“ ’n Mens kry dit nie meernie, kyk die fyn werk.”
Hy wys ook trots na drie wild-tuin-skilderye wat lank gelededeur ’n kunstenaar in opdragvan ’n familielid geskilder is.
In die kamer pryk ’n antiekerystoel, in die eetkamer ’n stoelmet fyn kerfwerk.
“Ek het ’n groot muntversa-meling, Delft, antieke gereed-skap en nog baie goed wat somet die jare saam met my ge-kom het. Nie baie mense deelmeer die entoesiasme oor dieou goed nie. Dis jammer,” sê hy.
Familiebybel se pad lankHennie wil dit graag in museum sien pryk
Hennie Meintjes met die Bybel uit die 1800’s, wat aan sy oupagrootjie behoort het, wat hy aan die Oorlogsmuseum in Bloemfontein wil skenk. Foto: MARLENE JORDAAN
Vir die plasingvan skole en
klubsportnuusop Kontrei se
sportblaaie, belGerdie Karstensby 0538312331
of stuur ’nepos met volledige inligting enhoëresolusiefo
BETHULIE. – Volksblad het inJunie berig oor De Wet Swane-poel (36) wat van die Jesusbergin die Longtompas tussen Sabieen Lydenburg af op sy pelgrims-tog vertrek het.
De Wet dra onder meer diekruis omdat hy daarmee ’n her-lewingsboodskap uitdra. Hyvertel van die indruk wat dit ophom gemaak het toe hy as skool-seun – en lank voor sy bekering– ’n man langs die pad met ’nkruis gesien stap het en dat hyal 14 jaar geweet het dat hy ditook sou moes doen. Toe hy aandie einde van verlede jaar oor-tuigwasdat dieHere sêdit is dieregte tyd vir sy staptog met diekruis, het hy vier verskillendefabriekewathoutkruisevirker-ke maak, genader om vir hom ’nkruis te maak, maar almal waste besig.
Dit het hom laat dink dat hydie Here dalk verkeerd ver-staan het dat hy aan die beginvan 2012 moes begin stap. DeWet het Hom gevra om vir hom’n kruis te voorsien as hy ditdan moes doen.
Op ’n wonderbaarlike wysehet hy sy kruis gekry. Toe hy bysy suster op Richardsbaai gaankuier en daar vir vriende van syplanne en van sy uitdaging om
’n kruis te kry vertel, het hullebegin lag. Hulle was by ’n Pas-siespele betrokke en het virhom ’n kruis wat reeds 14 jaargelede gemaak is, gegee omdathulle nie met die projek voort-gaan nie.
Toe hy Bethulie op 1 Julie be-reik het, het hy reeds 1 700 km
voltooi sedert hy op 6 Januarievanjaar met sy staptog beginhet.
De Wet vertel dat hy nog nieeen aand honger gaan slaap hetnie. Al dra hy ’n tent en slaap-sak saam, het dit ook nog nooitgebeur dat hy nie in ’n bed ge-slaap het nie. Dit raak mense se
harte wanneer hulle hom metdie kruis sien stap.
Hy het die N1 vermy en ver-kies stiller paaie. Die gevolg isdat mense dikwels langs die padby hom gestop het om met homte praat.
Sarel van der Walt jr. het DeWet van sy tuisdorp, Springfon-tein, af tot by Bethulie vergeselen ook ’n bietjie gevoel hoe ditvoel om die kruis te dra. De Wethet reeds een paar Cats-stap-skoene vodde geloop en dra nousy tweede paar. Aan sy kruis seonderpunt sit ’n opblaaswiele-tjie. By Edenburg was die ouwieletjie sat. De Wet vertel met’nvonkel in syooghoedieEden-burgers hom toe gehelp het om’n beter wieletjie te kry.
Op Bethulie wou hy graag dieheuwel buite die dorp uit totwaar die woorde “Bethulie – Je-sus is Koning” met witgekalkteklippe teen die koppie geskryfstaan.
Johanice Mason van Be-thu-lie het saam met hom tot daargeklim en sê dit was vir haar ’nwonderlike ervaring. De Wethet die geleentheid gekry om opBethulie te bedien voordat hyna Venterstad gestap het. Syplan is om na Port Elizabeth envan daar na Kaapstad te stap.Hy het geen vaste skedule nie –Jesus is sy kompas en dagboek.
De Wet op koers ná 1 700 km met kruis
Sarel van der Walt jr. (links) het De Wet Swanepoel van sy tuisdorp, Springfontein, af tot by Bethulie vergesel. Foto: CORELI ROOS
nuus 3Woensdag 11 Julie 2012 KONTREI
WIE sou nou glo dat in die hartjievan Nederland ’n beeld ter nage-dagtenis aan Christiaan Rudolf deWet pryk?
David Niven, wat op Marquardwoon, vertel van ’n onlangse erva-ring op die Kroeller-Muller-land-goed buite Otterloo in Nederland.Die Kroeller-Muller-familie het ’nlandgoed van 5 000 ha aan die mu-seum geskenk waar tradisioneleen kontemporêre kuns binne vandie geboue uitgestal word, asook’n groot versameling standbeeldeen ander standhoudende uitstal-lings op die landgoed.
David vertel besoekers kan kiesom met hul motors op die land-goed rond te ry, met fietse te ry ofna die besienswaardighede op dieterrein te stap.
Hy en sy dogter, Monique, watin Utrecht woon, het met fietsevan die hek na die museum geryen van daar te voet na die beeldenaby die gebou gery. Daarna hethulle weer met die fietse verby dieJachthuis gery na die Steynbankwaar die De Wet-beeld staan. DeWet, destydse president van dieRepubliek van die Oranje-Vry-staat, was vriende van die Kroel-ler-Muller-familie. David verteldat hy op pad na die standbeeld ’nbesliste gevoel van déjà vu gehadhet en hom al verbeel het dat hyenige oomblik kameelperde, wil-debeeste of sebras sou sien. Hyvertel dat sy gewaarwording nieuniek was nie, en dat De Wet metsy besoek aan die Kroeller-Mul-lers glo gesê het dat die Hooge Ve-luwe-sandveldt en bosse hom aandie Hoëveld herinner.
Ter nagedagtenis aan hom hetdie Kroeller-Muller-familie be-sluit om ’n standbeeld van De Wetin die sanderige, bosserige leeg-heid hier op te rig. Die standbeeldstaan alleen in ’n groot veld metgeen verkeer, treine en geraas engeen ander standbeeld of kuns-werk vir 1 km rondom die beeldnie. David sê dit is nogal indruk-wekkend, al is dit ’n bietjie for-meel.
Net om verder te bewys dat
Suid-Afrika se geskiedenis regtignoue bande met Nederland het,vertel David dat Monique inUtrecht in Krugerstraat bly. “Indieselfde woonbuurt is daar ook ’nSteynstraat en ’n De Wetstraat.
Net om die Transvalers gelukkigte hou, is daar sowaar ook ’n De laReystraat.
En dan is daar ’n kinder-dag-sorgsentrum genaamd Kruger-park.”
So by my kool, disdan genl. De Wet!Beeld in hartjie van Nederland
Genl. Christiaan Rudolf de Wet se standbeeld op die KroellerMullerlandgoed naby Otterloo in Nederland. Foto: DAVID NIVEN
Leerlinge van die Laerskool Hartswater het onlangs komberse, klere, sop en ander kruideniersware ingesamel wat nou aan liefdadigheidsprojekte geskenk gaan word. Die twee projekte wat uitdie kinders se insameling voordeel gaan trek, is Kindersorg Pampierstad en GenadeinAksie in Bloemfontein. Foto: VERSKAF
Vyf leerlinge van die Hoërskool Hennenman het op die Goudveldkunstefees gepresteer. Van links is DT Ferreira, Simoné Leibbrandt, TarienJacobs, Zoey Piechaczek en JulieAnn Linn. DT was die kategoriewennerin kitaar met ’n A++. Simoné was die kategoriewenner in onderskeidelikmonoloog, poësie en prosa (elk met ’n A++) en het ook in samespraak’n A++ behaal. Sy behaal ook vir sang twee A’s, ’n A+ en twee A++. Tarien en JulieAnn het elk ’n A+ in hul klaviersolo’s behaal. Zoey Piechaczek was die kategoriewenner in prosa met ’n A++ en sy het ook ’n A++in poësie en ’n A+ in samespraak behaal. Foto’s: BRENDA HOFFMAN
Tarien Jacobs, ’n gr. 9leerling aandie Hoërskool Hennenman, hetdeurgedring tot die Vrystaatsehalfeindronde van die ATKVredenaarskompetisie.
Leerlingepresteer inkultuur
4 nuus KONTREI Woensdag 11 Julie 2012
Lientjie Mentz
DIT het ses jaar gelede begin met’n toer saam met Ace Magashule,nou die Vrystaatse premier, deurdie provinsie. Magashule woutelkens by hom weet waar elkedorp se naam vandaan kom.
Dr. Jan van der Merwe, ’n an-tropoloog van Bloemfontein, hetbesef dat hier ’n wonderlike ge-leentheid is om die geskiedenisvan die ontstaan van Vrystaatsedorpe in een byderwetse boeksaam te voeg.
Hy het navorsing begin doenoor al 89 dorpe in die provinsie –aanvanklik net feitelike inligtingoor die ontstaan en naam van diedorp. Mettertyd het daar egter al-lerlei interessante stories byge-kom oor die mense van die pro-vinsie.
Oor vier maande van Desem-ber verlede jaar tot begin Aprilhet Van der Merwe en prof. Phi-lippe Burger, hoof van die depar-tement ekonomie aan die Univer-siteit van die Vrystaat (UV), deurdie provinsie gereis en meer as20 000 foto’s geneem waaruit diebestes in die boek Vrystaatse Dor-pe ingesluit is.
Van der Merwe vertel dat hier-die reis deur die Vrystaat virhom ’n baie positiewe ervaringwas.
Hy vertel van al die interessan-te mense wat hulle raakgeloophet en al die mooi dinge wat hullegesien het.
Van die townships wat die afge-lope 18 jaar ontwikkel het en dietalle geplaveide paaie en dat daarnou elektrisiteit in die townshipsis.
Wat hom betref, is daar veraldrie dinge wat kommerwekkendis oor die dorpe: die uiters swaktoestand van die paaie, buitelan-ders wat toenemend na platte-landse dorpe migreer en die ver-
valle toestand van talle van diepragtige ou geboue op die dorpe.
In Vrystaatse Dorpe gee hy ’neerlike blik op die Vrystaatseplatteland – die goed en die sleg.
Hy vertel dat die navorsing oordie name van die dorpe regtigbaie interessant was en veral datdie name van die swart town-ships baie beskrywend is.
Uit die 89 dorpe het 75 ontstaanmet die stigting van ’n kerk. Uit-sonderings is dorpe soos Tromps-burg wat ontstaan het rondom ’ntreinstasie genaamd Hamilton-stasie en Sasolburg wat ontstaanhet en na die maatskappy ge-
noem is.Van der Merwe sê die boek be-
hoort begin Oktober op die rak tewees.) Intussen kan Vryfeesgangers
hulle vandeesweek verlustig in52 van die beste foto’s uit die boekwat in die foyer van die Sake-skool op die Kovsiekampus uitge-stal gaan word.
) Van der Merwe en prof. Burgergesels ook Saterdag 14 Julie om11:00 in Lokaal 2 van die Sake-skool op die UV-kampus oor dieboek.
Boek oor VS se dorpe amper hierVryfeesgangers kan voorsmaak van foto’s kry
Die NG kerk in Afrika in PodingTseRolo, die swart woonbuurt van Philippolis. PodingTseRolo beteken die plek waar jy bruin bokke kry.Foto’s: JAN VAN DER MERWE EN PHILIPPE BURGER
’n Winkeleienaar op Bultfontein.
Die drie Greilingkinders van Allanridge.
VRYSTAATSE DORPE is on-derverdeel in die onderskeiedistriksmunisipaliteite met aldie dorpe en townships watdaaronder val.
Die boek van byna 800 bladsyeis saamgestel deur dr. Jan vander Merwe en hy het saam metprof. Philippe Burger die foto’sgeneem.
In die boek is daar verhalesoos dié van die onbekendeDuitser van Verkeerdevlei, dieBittereinder van Bethulie, dievrome mev. Van Wyk van Ven-tersburg en die ryk slaaf vanOppermansgronde.
Boek propvol kennis oor dorpe
Dr. Jan van der Merwe Prof. Philippe Burger
VOLGENS dr. Jan van der Merwekan die anatomie van ’n dorp soosvolg opgesom word:
“Hoe weet jy wanneer ’n Vry-staatse dorp kwyn? Wanneer ’nbegrafnisondernemer en geld-skieter in die hoofstraat is.
“Hoe weet jy wanneer so ’n dorpverby die punt van herstel is?Wanneer die geboue waarin diebegrafisondernemer en geldskie-ters was, leeg en vervalle staan.
“Hoe weet ’n mens ’n Vrystaat-se dorp is nog gesond en aan die
gang? As daar ten minste twee ofdrie restaurante op die dorp is.
“En wanneer daar in een vandie restaurante Italiaanse kos be-dien word, dan kan jy seker weesdaardie dorp gaan vooruit engroei steeds.”
Op ’n ligter trant . . .
Die pragtige ou sandsteenkerk op Steynsrus. Dr. Janvan der Merwe sê dit is merkbaar hoe goed die NG kerke op plattelandse dorpe in stand gehou word. Waarskynlik omdat dit nog die enigste bakermat van dieAfrikanergemeenskap op talle dorpe is.’n Straattoneel op Warden.
nuus 5Woensdag 11 Julie 2012 KONTREI
Vir die plasingvan nuus inKontrei, bel
Siska Martinby 051404
7686 of stuur’n epos met
volledige inligting en hoëre
solusiefoto’saan kon
trei@volksblad.com.
Voorkeur salgegee word
aan nuuswaardige berigte ofartikels en foto’s van goeiegehalte. Slegsnuus van die
platteland salgeplaas word.
DEAAR. – Bydieplaaslikedepar-tement van korrektiewe dienste enonder leiding van Leona Hattingh(maatskaplike werker) is ’n naald-werk- en handwerkprojek begin.
Die projek leer vroue handvaar-dighede. Skenkings van materiaal,wol en handwerkgoedere soos kra-
le word uit die gemeenskap ont-vang.
Hester Taljaard en Liana vanZyl van die plaaslike polisiekan-toor, asook lede van die Vroue-Landbou-vereniging (VLV), is vandie vroue van die gemeenskap watmet die opleiding help.
Die groepie vroue het op 29 Ju-nie 12 handgebreide musse aanGerhard Engelbrecht, presidentvan die Rotary-klub van De Aar,oorhandig.
Die Rotariërs beoog om die 54kleuters van die Little Angels-kleuterskool op Mandeladag te be-derf en aan elkeen ’n warm mus teskenk.
Die klub het op sy beurt weerwol vir die projek aan Hattingh ge-skenk.
Rotary ontvang musseWil dit nou aan kleuters skenk
LINKS: Met die oorhandiging is van links Gerhard Engelbrecht, Nicci Williams (korrektiewe beampte), Leona Hattingh (maatskaplike werker) enNonkosi Natala (korrektiewe beampte) saam met die groepie vroue wathandvaardighede leer. Foto: VERSKAF
Dié foto is verlede week van die BethulieVenterstadpad geneem. Dit was ’n lekker koue namiddag en alles hetvaal gelyk – behalwe die kleurryke wasgoed op die draad by dié werkershuisies. Foto: CORELI ROOS
Kleur in die winterwêreld
6 nuus KONTREI Woensdag 11 Julie 2012
DIE drie groot gebeurtenisse in1933: Die vertaling van die Bybelin Afrikaans, die groot droogte enwêreldwye depressie en die uwese geboorte. Hiervan het ek net ge-hoor, my onthou begin so in 1938.
Toe die simboliese ossewatrekuit Kaapstad vertrek het, het Har-ry Berman ’n Zenith-radio mettwee karbatterye van ses volt elken ’n windlaaier op die buiteka-mer se dak aangebring. ’n Hoëpaal is geplant vir die lugdraad.Waar die draad die huis binne ge-gaan het, was twee punte waar-tussen vonkies gespring het metonweer. Dan moes jy die skake-laar na onder skakel sodat die sta-tiese elektrisiteit na die grond ge-lei word, maar dan kon jy nikshoor nie.
So is die trek aand ná aand ge-volg. Op 3 November 1938 kom diewa Andries Pretorius op Koppiesaan. My pa, oom Frikkie Baden-horst en ek het die naderkoms sobekyk. Voor het ’n paar kinders ’nreplika van die wa getrek en dandie span osse met die wa. Van diekinders leef nog net Louis Potgie-ter. Voor op die wa het ’n ou oommet ’n wit baard gesit. Ek sê toe ekwens ek kon met die volgendetrek voor op die wa ry. Oom Frik-kie lag so lekker dat hy my ’n tie-kie gee waarmee ek ’n sjokoladegekoop het.
Ek het dikwels gebid dat ek niedie oom sal wees nie. Volgens diegedenkboek oor die trek was daar’n taamlike onaangenaamheid.Ook nie vreemd nie, die rebelliehet op Koppies uitgebreek enwoed glo nog daar, maar in noodstaan die gemeenskap saam soosnêrens elders nie.
Generaal de Wet se huis staannog naby die Weltevrededam. Dieeerste samesprekinge het in dieNG kerkpastorie begin, waarnahulle na Oubaas (Marthinus)Steyn se plaas, Middellyn, is.
In 1939 moes ek skool toe. Boon-op breek die oorlog uit en saansluister ons na Holm se uitsen-dings oor Radio Zeesen.
Hoe die dierbare juffrou Bos-hoff iets in die droogtekinders sekoppe gekry het, is tot vandag ’nduistere geheim.
Ons het met ’n lei (regte leiklip)en ’n griffel begin skryf – wit let-ters op ’n donkergrys agtergrond.Foute is met ’n nat lappie uitge-vee. In st. 1 het ons met potlood ge-skryf en in st. 3 met die skrikwek-kende pen en ink begin skryf.
Op elke bank was ’n gaatjie met’n botteltjie ink waarin die skerppenpunt gedoop is voordat jy be-gin skryf. Steek die punt in die pa-pier vas, blerts al die ink oor diepapier.
Ewe vrolik vorder ons tot by ouKanon (my oom John). Hy het die“s” soos in he, she, or it kicks so in-geboender dat ons dit met erge ge-volge in die verlede tyd ook ge-bruik het. Godsdiens en die sinvir die morele en etiese het hynooit agtergelaat nie. So het hy el-ke jaar sy klas op eie koste na Jo-
hannesburg geneem na besiens-waardighede en dit afgesluit met’n vyfgangete in ’n hotel. Hy hetgesê dat dit dalk die eerste en laas-te so ’n ete vir baie was.
In st. 7 het ou Suzy (wiskunde)ons geleer dat daar net twee vakkebestaan. Die een is wiskunde, jywis dit of jy wis dit nie, en die an-der wat jy uit jou kop soos ’n bob-bejaan kan leer, kan jy die mooi-ste name soos geologie, biologie ofteologie gee, maar dit bly allesbobbejanelogie.
In 1927 het Koppies krag gekrywat deur ’n groot Blackstone-ma-sjien opgewek is. Ná baie jare segespook deur die munisipaliteithet die dorp krag van Eskom ge-kry.
Met die inwyding het ’n werker’n moersleutel tussen twee puntevergeet. Die burgemeester begindeur te sê: “Ladies and gentlemen,it took us 14 years to do this.” Hydruk die skakelaar af en dwa! ont-plof die sekerheidstoerusting. Dieingenieur in beheer draai na dieburgemeester en hy sê: “And ittook you one second to bugger itup.”
Daar was ’n serwituut op diedorp wat ’n drankwinkel verbiedhet. Vir ’n vinnige kappie springjy op die trein se dining saloon ter-wyl water in die lokomotief getapword. Daar was twee sulke treineop die regte tyd die four up en dieleven down.
Of jy bestel van Tubak opKroonstad en dit word per treingestuur en afgelewer. So gebeurdit dat mnr. Church (bankbe-stuurder) se bestelling by die pas-torie afgelewer word – groot kon-sternasie!
Een van die jaarlikse hoogte-punte was die koms van die nuweonderwyseresse aan die beginvan elke jaar. Ek het my weder-helfte ook 55 jaar gelede op dié ma-nier gekry.
Van griffelstot nuwejuffroueOom Johan dink terug
Marius Willemse is die huidigeskoolhoof van die Hoërskool SarelCilliers. Foto’s: VERSKAF
Die oues dink met weemoed terug aan die pragtige sandsteenklaskamers wat daar nie meer is nie.
Op 18 Junie 1964 was Koppies oortrek met ’n sneeukleed. Die destydseskoolhoof, mnr. H. la G. Odendaal, staan voor die skool.
Oom John Delport in sy jong dae.Foto: VERSKAF
Die Gekombineerde Skool Sarel Cilliers op Koppiesvier in September sy eeufees. Oom John Delport vanPetrusburg het in 1950 aan dié skool gematrikuleer.Hy skryf hier oor sy herinneringe aan die skool endorp.
KOPPIES. – Die Gekombi-neerde Skool Sarel Cilliersop die dorp vier op 1 en 2 Sep-tember sy eeufees met ’nheerlike feesnaweek.
Die organiseerders is nogop soek na verskeie oudleer-linge en oudleerkragte.) Oudleerkragte en -leerlin-ge voor Matriek 1970, kontakJohanna (Lombard) Gutterby 056-777-2216, 083-564-4530of [email protected].) Oudleerkragte en -leerlin-ge ná Matriek 1970, kontak Il-ze (Oosthuizen) van Zyl by076-350-4871 of [email protected].
Bespreek betyds plek virdie os- en skaapbraai die Sa-terdagaand.Kontak IdaBritsby die skool by 056-777-1869 ofstuur e-pos aan [email protected].
Besoek ook Sarel CilliersGekombineerde Skool opwww.facebook.com vir ver-dere inligting.
Eeufeesgevier
REEDS in 1909 het Emily Hobhou-se met die hulp van JohannaRood, later mev. Osborne, ’n kant-skooltjie in ’n ou soldatebarak opKoppies gestig. Johanna, wat in ’ndeel van die barak gewoon het,het kantmakery in Europa bestu-deer. Ongeag werk van hoë gehal-te moes die skool in 1939 sluit om-dat dit nie winsgewend was nie.Koppies se skool is in ’n baiemoeilike tyd van die Vrystaatsevolksgeskiedenis en landomstan-dighede gestig.V 22 Februarie 1912: Die vierver-trekskool op Koppies (net oorkantdie kantskool) is geopen met dieeerste skoolhoof, mnr. O.D.J. vanSchalkwyk, met 37 leerlinge.V Maart 1915: Leerlingtal 165, mej.Bell-Robinson word as vyfde as-sistent aangestel.V Julie 1915: Mnr. E.G. Malherbeword skoolhoof.V 1921: 17 personeellede.V 1922: Leerlingtal 421.
Die skool het steeds opwaartsontwikkel totdat die HoërskoolKoppies in later jare tydens dr.Du Toit se tyd as skoolhoof (1927-1948) bekend gestaan het as een
van die beste in die Vrystaat.V 1928: Die leuse My werk my eer,asook skoolkleure, word inge-voer.V 1930: Leerlinge word aangerymet busse van die plaasskole nadorpskool.V 1938: Met die Ossewagedenkfeesis die skool herdoop na die Hoër-skool Sarel Cilliers.V 1956: Status verhoog na ’nGr. I-hoërskool.V 1964: 520 leerlinge (primêr 330,middelbaar 162, spesiale klas 17,personeel 28).V 1968: Nuwe hoofgeboublok wordoorhandig, sandsteengeboue af-gebreek en aangebou sodat dieskool lyk soos dit vandag lyk. Neteen deel van die oorspronklikesandsteengebou van die skool isnog oor.V 1979: Mnr. P.A. Erasmus wordskoolhoof. Hy en sy vrou, Antjie,het sedertdien hier afgetree en isnog geliefde lede van die gemeen-skap.V Die skool se naam is nou die Ge-kombinbeerde Skool Sarel Cil-liers en Marius Willemse is sedert2009 hier skoolhoof.
Só het die skoolontstaan en gegroei
nuus 7Woensdag 11 Julie 2012 KONTREI
In die SandkuilJoe Venter
DIE afgelope naweek het die gholf-klubtoernooie in ons streek om-trent almal doodgereën of vasge-vries, maar daar was darem tydvir ’n paar uitsonderlike verto-nings.
Die beste prestasie in ons streekis op Schoemanpark se agtste put-jie gesien. Tommy Blair het by diekort putjie ’n volmaakte geluk-skoot behaal. Die putjie, met wa-ter voor die setperk en langs diespruit af, is 128 meter lank en kannogal bedrieglik wees. Menige balhet al daar in die water beland. Ditwas Tommy se eerste kolhou.
Bultfontein hou op 4 Augustusweer ’n wildtoernooi. Tienie Ju-nius sê dit is ’n kleintjie, maarsoos onshomken, sal daar ’n grootklomp pryse wees wat gewen kanword. Die gebruiklike etes wordby die inskryfgeld van R150 inge-sluit.
Bel hom by 083-406-0715 om af-slaantye te bespreek.
Edenburg hou Saterdag sy kan-kertoernooi. Spelers wat nog niegekwalifiseer het vir die eindron-des nie, kan gerus gaan probeerom die grote te haal.
Volgende week begin die ope opRoyal Lytham en St. Annje sebaan naby Blackpool. Dit was op
dié baan waar Gary Player eenvan sy beste vertonings nóg gele-wer het en die toernooi met vierhoue gewen het. Die vierde rondeis gespeel op dieselfde dag as watWillie-John McBride se Britserugbyspan die Springbokke inPort Elizabeth verneder het en diereeks beklink het.
Die wind het daardie dag daarnaby die see in Engeland erg ge-waai, maar dit het Player nie soerg gepla soos die ander spelersnie.
Hy het op elk van die laaste tweeputjies ’n hou aan syfer afgestaan,maar sy telling van 281 houe – 3 be-ter as die baansyfer – was 4 beteras wat Peter Oosterhuis, die naas-wenner, op sy telkaart kon invul.
Suid-Afrika se beste speler nóghet daardie dag getoon hy het se-nuwees van staal. By die laasteputjie het hy sy bofhou links vandie skoonveld gespeel en sy nader-hou het oor die setperk geskiet enin ’n blomtuin langs die klubhuisse muur gaan lê. Die bestuur hetbesluit hy kon nie die bal uitgooinie en hy moes dit met ’n sewe-ys-ter linksom uitkap. Die blommehet gewaai, maar hy het die set-perk gehaal en ná twee sette dieClaret Jug omhoog gehou.
Terloops, Player het in die vol-gende week met die Springbokkegaan gesels en hulle so bemoedigdat hulle in die vierde toets teenMcBride se Britse Leeus op Ellis-park gelykop (13 – 13) gespeel het.
Die ope hetryk storiesBegin môre
DIE plaaslike uitslae wat ons ontvang het,is:ALIWAL-NOORD (IS): C. Watkins 38, P. Nel37, J. Jordaan 35.BLOEMFONTEIN (Slagspel): A-afd.: J. vander Wath 73, P. McLaren 74, A. van Niekerk76; B-afd.: A. Soden 74, M. Cawood 74, L.Sackstein 75; C-afd.: H. Hough 73, H. Otto77, A. Appelgryn 78.BBS: H. du Toit en M. Mathews 47, PJ de Vil-liers en N. Pretorius 47, K. Verwey en N. Ver-wey 44, C. McCrae en J. Plaatjies 44.BOTHAVILLE (IS): M. Moller 37, R. Avenant36, C. von Abo 35.DEWETSDORP (IS nege putjies): C. Liversa-ge 22, E. Theron 22, S. van Schalkwyk 22.FICKSBURG (Slagspel): D. Roytor 70, G. Pre-torius 72, C. Bishop 72.HARRISMITH (Slagspel): K. Bester 70, H.
Beukes 71, T. Els 71, A. Lombard 71.REITZ (IS): LR Klynsmith 42, B. Becker 39,T. Wales 39.SCHOEMANPARK (IS): MW de Wet 40, Na-lisha Niemann 40, H. Niemann 40, D. Jor-daan 39, J. Schwartz 39.Slagspel: Beste bruto: M. Mazibuko 74.A-afd.: MW de Wet 74, S. Reinders 74, T.Blair 75; B-afd. (IS): E. Visser 42, M.McDonald 39, H. Spangenberg 36; C-afd.: W.Fleming 34, W. Wessels 27, G. Nordier 26.Vroue: Lizel Potgieter 35.TEMPE (Slagspel): Erica Botha 68, P. Kolver69, W. van der Walt 70, K. Flanagan 71, M.Visser 72, E. Matli 72.WESSELSBRON (Slagspel): M. Coetzee 71,W. Baumgarten 71, J. Heymans 72.ZASTRON (IS ses putjies): L. Shaer 12, B.Shaer 12, G. Landman 10, C. Brown 10.
Uitslae
Wally Cloete
PHILIPPA VAN DER MERWE,uitblinker-atleet van Postmas-burg, is deel van die Suid-Afri-kaanse junior atletiekspan watvandeesweek aan die wêreldkam-pioenskapsbyeenkoms in Barce-
lona, Spanje, deelneem.Sy gaan aan die 100 m en die
4 x 100 m-aflos deelneem ná haargoeie prestasie op die suidelikestreek- junior kampioenskappewat in Windhoek gehou is. Hierhet sy ’n bronsmedalje in die100 m, ’n silwermedalje in die
200 m en goud in die 4 x 100m-af-los behaal.
Toe sy op die Suid-Afrikaanseskolekampioenskappe ’n tyd van11,67 sekondes in die 100 m-uit-dunrondes opgestel het, het sy virdie span wat na Barcelona gaan,gekwalifiseer.
Van Postmasburg na SpanjeDie SuidAfrikaanse junior aflosspan (4 x 100 m) is van links Nabeela Parker, Philippa van der Merwe, Chantevan Tonder en Zandri van der Merwe. Foto: VERSKAF
Twee van die Hoërskool Voortrekker op Bethlehem se netbalspelers is ingesluit in dieVrystaatse o.18netbalspan watonlangs aan die SuidAfrikaanse toernooi by EG Jansen deelgeneem het. Hulle is BrendaNaudé (links) en Amorine Ferreira. Foto: VERSKAF
Ingesluitin span
Drie leerlinge van die Hoërskool Hennenman is ingesluit in die onderskeie Lejweleputswahokkiespanne. Vanlinks is Shandré Grobbelaar (o.14), Nicolé Pretorius (o.14) en Danellé du Preez (o.16). Foto: VERSKAF
KONTREI
SPORTSPORTNUUSGerdie Karstens
0538312331
Joe Venter
KONTREI gesels met Stephanie,nou mevrou Van Wyk, sakevrouvan Bethlehem, in haar huis oorhaar kort, maar opwindende, ver-bintenis met atletiek in die Vry-staat.
Ons gesels oor die skraal meisievan Ladybrand wat een van dieheel beste middelafstand-atletewas wat nog spykerskoene aange-trek het.
Sy is op 26 Februarie 1966 op La-dybrand gebore. Die eerste keerdat sy aan atletiek deelgeneemhet, was as naelloper. “Ek kan niemeer onthou of ek na aan rekordsgekom het nie. Jy neem mos netdeel omdat jou skoolmaats ditdoen en omdat die onderwysersverwag jy moet hardloop.”
Dit was haar siening in haarkleintyddae. Vandag glo sy jyneem deel om te wen. Dit is al wattel. Ook in die gewone lewe.
Stephanie was in st. 2 (gr. 4) toesy Bloemfontein toe gekom het endit was by die Laerskool Universi-tas (Tjokkies) dat sy die eerstekeer werklik begin hardloop het.
Sy is daarna na die HoërskoolJim Fouché en daar het sy ’n baiebelangrike besluit in haar atle-tieklewe geneem. Dit was om haarby Leon Botha se oefengroep aante sluit.
Leon, wat nou te siek is om nogafrigting te gee, het ’n deel van die
woonbuurt Brandwag as sy oefen-baan gebruik. Die atlete – diemeeste was langasems en baievan hulle het nasionale titels ge-wen en Suid-Afrikaanse rekordsopgestel – het deur die woonbuurten Tempe gehardloop.
Daar was ook uitblinkers in an-der sportsoorte soos Hansie Cron-jé, kaptein van die Suid-Afrikaan-se krieketspan, en Pietie Coetzee,een van ons heel beste hokkie-speelsters, wat ook daar geoefenhet. “Wyle Jaco Reinach, uitblin-ker in die 400 meter en ’n Spring-bok-vleuel, het ook saam met onsgesweet. Ek het baie by bekendeatletiekkampioene soos FrancoisAnnandale en Rufus Botha (Leonse seun) geleer,” vertel Stephanie.
Sy was in gr. 8 toe sy haar eerstegroot kans gekry het. Sy is gekiesom as junior aan die Suid-Afri-kaanse landloopkampioenskap tegaan deelneem. “Die vooruitsigom in George te gaan hardloop hetdit nog wonderliker gemaak.”
Vir die Vrystaat was dit ’n be-sondere byeenkoms, want Stepha-nie het die nasionale junior titelgewen; John Annandale die o. 15-titel en Sarina Mostert die seniortitel. Danie Cronjé, wat later metSarina getroud is, het ook goed ge-hardloop, onthou Stephanie.
Sy en Zola (Budd) Pieterse hetaltyd die Vrystaatse vlag hoog ge-hou wanneer hulle aan groot by-eenkomste deelgeneem het. Sy
wys vir ons ’n paar foto’s waar syen Zola saam op die podium staanom hul medaljes te ontvang – Ste-phanie staan op een op die hoog-ste trappie en Zola in die tweedeplek.
Atletiek in die jare tagtig vandie vorige eeu was baie lekker, sêsy. Dit was in die dae van die een-uur-byeenkomste. Die aandby-eenkomste, wat Bill Troskie in dieVrystaat-stadion gereël het, wasveral besonder gewild. Atlete vanoor die land heen het kom deel-neem.
Die nuwe baan word nou gebou
en Stephanie hoop dit kan ookweer die bestes na Bloemfonteintrek.
Haar enigste proesel interna-sionale deelname was in 1981 toesy die 1 500m-nommer op die Suid-Afrikaanse junior kampioenskap-pe gewen het en gekies is vir dieSuid-Afrikaanse skolespan watSam Pellissier, befaamde atletiek-man van Sasolburg, na Taiwangeneem het. Pellissier woon dees-dae op Kenton-on-Sea.
Daar was ’n paar atlete in daar-die span wat later groot hoogtesbereik het. Charmaine Gale en
Francois Fouché was van dieuitblinkers.
Hoogtepunte was daar baie inStephanie se loopbaan. Die bestewat sy sal uitsonder, is die Suid-Afrikaanse rekord van 9:28,4wat sy in 1981 in Durban in die3 000 meter opgestel het. ’n Weeklater het sy die rekord na 9:23,35laat krimp.
Sy en Zola Budd het mekaar indaardie jare verwoed gejaag. Zo-la het byvoorbeeld op Volksbladse byeenkoms in Bloemfonteindie Suid-Afrikaanse rekord virdie 1 500m geklop en ’n week la-ter het Stephanie dit op Stelle-bosch tot 4:18,8 verbeter.
Maar die groot vraag bly nogwaarom Stephanie so vroeg uit-
getree het. Sy was in gr. 11 en ’nskitterende loopbaan het voorhaar gelê.
“Ek het begin besef dat die lewenie net om atletiek draai nie. Ekhet in ander dinge begin belangstel en het tennis gespeel en issaam met Minette Neuhoff, dogtervan Neels, ’n gewese burgemees-ter van Bloemfontein, tot juniorstadsraadslid verkies.”
Stephanie het in haar matriek-jaar Jim Fouché se eerste tennis-span gehaal. Haar suster, Lené,was ’n baie goeie tennisspeelster.Sy was goed bevriend met diebroers Rudman, George en Cyrilwat vir die destydse Transvaal indie provinsiale toernooie en inter-nasionaal gespeel het.
Stephanie was getroud metFrik van Wyk, ’n apteker, wat in’n motorongeluk dood is. Frik wasgoeie vriende met Johan vanHeerden, Vrystaatse krieketbaas,en sy broers wat aptekers op Vir-ginia is.
Stephanie het twee kinders, Ste-phan (17) en Suzanne (13), wat al-bei ook in sport uitblink. Suzannespeel vir Oos-Vrystaat se laersko-lespan tennis en Stephan,’n knaphoogspringer, speel gholf vir Oos-Vrystaat se juniors.
Stephanie se ouers, Fanie enSusan, was ook albei sport-uit-blinkers. Fanie het tennis en gholfgespeel en Susan was ’n naello-per.
Stephanie het te vroeg gegroetSy’t in Bokspan gehoort
Zola Budd (links) en Stephanie Gerber wat die medalje vir ’n eersteplek ontvang op ’n atletiekbyeenkoms.
Stephanie van Wyk (regs) by haar twee kinders, Suzanne en Stephan.Foto’s: VERSKAF
Stephanie Gerber moes vir SuidAfrika deelgeneemhet. Dat sy nooit vir ’n Springbokspan gekies is nie,was een van daardie dinge wat ’n mens nooit konverstaan nie. Dit was poësie in beweging wanneer sygehardloop het. Sy was die mooiste en die beste atleet wat ek nog afgerig het. Só sê Leon Botha, gewese atletiekafrigter, kommentator en sportskrywer, oor die jong atleet wat gans te vroeg besluithet om atletiek vaarwel toe te roep.