Top Banner
Mei 2013 `n handelsmerk van SAB Maltings wys 2012 se top garsprodusente aan Graanmark vertoon volatiel, maar oorwegend rigtingloos Ontleders staan bont oor Amerikaanse mielievoorraad
68

Kommuniek Mei 2013

Mar 22, 2016

Download

Documents

Carien Grobler

Corporate magazine
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Kommuniek Mei 2013

Mei 2013

`n handelsmerk van

SAB Maltings wys 2012 se top garsprodusente aan

Graanmark vertoon volatiel, maar oorwegend rigtingloos

Ontleders staan bont oor Amerikaanse mielievoorraad

Page 2: Kommuniek Mei 2013
Page 3: Kommuniek Mei 2013

Inhoud

16 Graanmark is volatiel.

54 Wenkiekie

60 Trek die skoen aan . . .

10 Top garsprodusente.

2RedaksioneelDie eerste blare val so stilweg in die rookvaal bos en laan . . .

3Geestelike akker Lewende water van genade.

4Agrikalender

5Damme en reënval

6Landbouwenke

8GWK: Direksie en Bestuur

10LANDBOUSAKEAktueelSAB Maltings wys 2012 se top garsprodusen- te aan.

“Landbou is my passie,” sê top garsprodusent. 14 Wat aandeelhouers moet weetDís nuus in die GWK-groep.

16 GraanGraanmark vertoon volatiel, maar oorwegend rigtingloos.

20GraanOntleders staan bont oor Amerikaanse mielie-voorraad.

22 PresisieboerderyWatergehalte is deurslaggewend.

26Saad Internasionale grondboontelers besoek GWK oor proefprogram. 28 SpesialisprodukteChina se vraag na neute kan grondboonpryseopwaarts druk.

32Lewendehawe Kalahari Nguni Klub bied insiggewende in-ligtingsdag aan.

38Op die veeplaas Koste van grond `n faktor in volhoubare veeboerdery.

42Lewendehawe Veediefstal: Produsente kan hulself met kennis bemagtig.

46 GWK NUUS- GWK-span neem deel aan Rhino Classic. - GWK by sake-ontbyt in Bloemfontein. - Eks-Direkteure kom op Modderrivier byeen. - Douglas-fietsryklub neem aan Argus deel.

50ONS MENSEGWK aan die werk.

54KOMMUNIEK KIEKIES Herfs.

56 RUGBYPRAATJIESGriekwas gesels “Ek sal Griekwas tot die dood ondersteun,” sê oom Bushy.

57 DIE SKOPSKOEN Staan agter ons manne!

58Vir die jongspanPret op die plaas.

60VROUELeefstylTrek die skoen aan . . . en voel waar hy druk.

62GesondheidGoud uit die grond . . . sit dit in jou mond

63ResepAsemrowende aartappelsop met rokerige roomkaas. 64Agterblad Jou marbles moet gepolish wees as jy dié spel wil wen.

Page 4: Kommuniek Mei 2013

2

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)

Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 082 802 3628

Advertensies Tania Fourie 053 298 8200 / [email protected]

Die eerste blare val so stilweg in die rookvaal bos en laan . . .

Carien GroblerRedakteur Redaksioneel

Hoofkantoor GWK Bpk. De VilliersstraatPosbus 47Douglas8730

Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630

Webwerfwww.gwk.co.za

VOORBLADFOTO`n Ngunikoei en -kalf naby Prieska. Foto: Bertie Theron

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, [email protected] Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

Carien

depo

sitp

hoto

s

D ie jaar word ryp in goue akkerblare, in wingerd wat verbruin, en witter lug wat

daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word; elke blom word vrug, tot selfs die traagstes; en die eerste blare val so stilweg in die rook- vaal bos en laan, dat die takke van die lang populiere al teen elke ligte môre witter staan (N.P. van Wyk Louw). Terwyl die seisoen draai, is ons pro-dusente druk besig om die koringoes in die grond te kry. Mag hierdie nuwe groei vir elkeen tot seën wees terwyl die natuur sy rustyd ingaan. In hierdie uitgawe lees ons oor SAB Maltings se toekennings vir die gars-

produsent van die jaar en kuier dan by mnr. Attie Scholtz, wat die toeken-ning vir die beste garsprodusent in die GWK-gebied ontvang het, op die plaas. Ons kyk na die graanmark wat op die oomblik baie volatiel vertoon, asook die ongeloof waarmee die uitreiking van die Amerikaanse mie- lievoorraad begroet is. Dan kom die gehalte van besproei-ingswater onder die loep, waarna ons die grondboontelers saam met wie GWK op die oomblik kultivartoetsing doen, van nader leer ken. Ons kyk na die Chinese se vraag na neute wat grondboonpryse opwaarts kan druk en doen aan by die inlig-tingsdag wat die Kalahari Nguni Klub

onlangs naby Niekerkshoop aange-bied het. In ons nuwe rubriek, Op die vee-plaas, gee die bekende boerderykon-sultant mnr. Peter Milton belangrike inligting oor veeboerdery aan ons produsente deur. En dan kom die vroue aan die beurt, met `n asemrowende aartappelsop wat heelwat meer gesond is as wat jy mag dink! Oudergewoonte sluit Piet die uit-gawe af . . . en hierdie maand sal hy sy marbles moet polish! Tot volgende keer!

Page 5: Kommuniek Mei 2013

3

Hy het op sy knieë neergesak en hard uitgeroep: “Here, moenie hierdie sonde teen hulle hou nie!” Handelinge 7:60a Het jy al gevoel asof iemand die wind uit jou seile neem? Jy het nog ewe rustig op die see van die lewe gevaar, toe jy uit die bloute deur `n rukwind van aanvalle onkant gevang word en jy heeltemal van koers af gedwing word. Dis dan wanneer jy sprakeloos wonder hoe dit moontlik is dat mense mekaar so verkeerd kan hanteer. Meer as dit maak sulke ongevraagde optredes nogal vrek seer. Dis asof dit sommer sulke repe uit jou hart skeur.

Soms is die wind uit jou seile! Die vraag is dan: Wat nou? Kap jy terug, val jy aan, retireer jy of hanteer jy dit in stilswye. `n Klinklare antwoord is daar nie, want elke situasie en mens is immers uniek. Wat wél belangrik is om die Gees te vra om onmiddellik goddelike beheer oor die situasie te neem. Bid dat Hy aan jou die selfbeheersing sal gee om vir `n oomblik terug te staan, werklik te luister en te probéér verstaan. Vra dat Hy jou sal help om as’t ware in daardie mens se skoene te klim en met begrip na sy/haar situasie te kyk. Bid dan veral dat jy die wysheid sal hê om te weet hoe jy moet reageer. Dis nooit maklik om moeilike mense en situasies te hanteer nie. Deur die

Gees is dit egter wel moontlik om ook dán die liefde te laat seëvier.

Bly vandag in beheer van my emosies sodat ek sal wéét wat om te doen, Vader.

Uit: Laat Sy liefde jou lei deur Milanie Vosloo. Uitgegee deur CUM.

Milanie Vosloo Geestelike akker

Page 6: Kommuniek Mei 2013

4

Veilingskalender en Veilingspryse

Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Hertzogville-veiling

Veilingspryse vir lewendehawe - April 201302/04 - 05/04

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R9.00

R9.00

R7.00

R16.00

R15.00

R14.00

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R17.50

R17.00

R17.00

R10.00

R8.00

R13.00

R13.00

R12.00

08/04 - 12/04

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R10.50

R10.20

R9.80

R15.90

R15.40

R14.80

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R19.00

R18.00

R17.00

R11.00

R9.00

R21.00

R20.00

R14.00

15/04 - 19/04

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R11.00

R11.00

R9.50

R15.80

R15.40

R15.00

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R19.80

R19.00

R18.00

R12.00

R11.00

R21.00

R20.00

R15.00

22/03 - 26/03

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R11.00

R11.00

R9.80

R15.80

R15.50

R15.00

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R19.40

R19.00

R18.00

R11.80

R11.00

R19.00

R19.00

R15.00

21 Mei23 Mei28 Mei

Groot- en kleinveeveiling, KimberleyGriekwastad-veilingGroot- en kleinveeveiling, Kimberley

7 Mei14 Mei16 Mei

Berti

e Th

eron

Page 7: Kommuniek Mei 2013

5

Oranjerivier Vaalrivier

Hartsrivier

Rietrivier

Modderrivier

Welbedachtdam GariepdamVanderkloofdam VaaldamAllemanskraaldamErfenisdam Spitskopdam

Kalkfonteindam

KrugersdriftdamBloemhofdam

91 92 99

80 32 37

66

52

55 39

Riviersisteem Dam % Vol

Huidige stand van damme Werklike vs. langtermyn reënval

0

20

40

60

80

100

120

Doug

las

Prie

ska

Hope

tow

n

Bark

ly-W

es

Riet

rivie

r

Vaal

harts

Reënval 25 Maart - 24 April 2013

Werklik Langtermyn

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur

Inligting verkry van GFCSA

Damme en reënval

010203040

Douglas Skaal

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Maart - 24 April 2013

010203040

Douglas Lunenburg

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Maart - 24 April 2013

0

10

20

30

40

Prieska Green Valley Nuts

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Maart - 24 April 2013

010203040

Barkly-Wes Ulco

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Maart - 24 April 2013

01020304050

Hopetown Lilydale

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Maart - 24 April 2013

020406080

100120140

Maandelikse voorspelling: Mei 2013 Maandelikse voorspelling: Mei 2013

25 Maart - 24 April 2013

25 Maart - 24 April 2013

25 Maart - 24 April 2013

25 Maart - 24 April 2013

25 Maart - 24 April 2013

Page 8: Kommuniek Mei 2013

6

� Lusernaanplantings kan nog tot einde Mei gedoen word.

� Maak seker die saadbed is fyn en ferm vir goeie saad-grondkontak.

� Plantdiepte: `n Maksimum van 10mm.

� Dien ligte besproeiings gereeld toe om `n goeie stand te verseker

Lusern en weidingtotdat die plante goed opgekom het.

� Die ideale stand van nuut geves-tigde lusern is ±215 plante/m².

� Weidings soos stoelrog, voerhawer en meerjarige swenkgrasmengsels kan nog tot begin Junie geplant word.

Uie en saaduie � Ui-aanplantings is in die ontkieming- tot jong saailingstadium. Gee gereelde ligte besproeiings totdat die plantjies goed gevestig is.

� Wees versigtig om onkruiddoders te vroeg ná opkoms te spuit. Erge brandskade kan voorkom of plante kan afsterf. Wag totdat die plante minstens in sterk twee tot drie wareblaar-stadium is.

� Vermy groot hoeveelhede stikstof

(veral op saaduie) in `n vroeë stadium. Uie groei stadig die eerste 90 dae en het nie groot hoeveelhede stikstof nodig nie.

� Kaliumtoedienings kan twee tot drie keer deur die loop van die seisoen gedoen word, afhan- gend van die grondontledings.

� Bolle van saaduie behoort nou al redelike hergroei te toon. Inspekteer gereeld vir blaaspootjies en spuit wanneer insekdruk hoog raak.

� Grondvoorbereiding kan nou begin. In geval van minimum bewerking bestaan die gevaar van `n stikstof-negatiewe periode vanweë groot hoeveelhede strooi op die oppervlakte. Hoër toedienings mag nodig wees om te verseker dat die jong plantjies nie aan `n stikstofgebrek lei nie.

� Verbeterde bandplasing en verdeling van stikstof kan die effektiwiteit daarvan verhoog.

� Saailingkragtigheid kan onder minimum bewerking afneem weens laer temperature met die deklaag

Koring/Garswat kieming terughou. `n Effense hoër plantdigtheid kan hiervoor kompenseer.

� Plant lande met die beste potensiaal om maksimum opbrengste te behaal.

� Gebiede met kouer mikro-klimate moet verkieslik later geplant word om moontlike koueskade tydens blomtyd te vermy.

� Met minimum bewerking moet verseker word dat daar nie te veel reste bo die grond is nie, aangesien dit die voorkoms van Fusarium bevorder.

Landbouwenke

Page 9: Kommuniek Mei 2013

7

Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

� Die oesproses is byna verby en plante kan drie tot vier dae in windrye lê, afhangend van weersomstandighede.

� Maak seker plukkers is reg ingestel om pitverliese te beperk.

� Indien plante te droog gepluk word, is peulverliese groot.

� Pluk grondbone eerder soggens vroeg en laatmiddag tot aand wanneer vogtoestande hoër is.

� Besproeiing kan drasties verminder word, maar moenie heeltemal uitdroog nie.

� Begin om die boordvloer skoon te maak van onkruid en blare om die oesproses te vergemaklik.

� Neem vroegtydig grondmonsters waar

nuwe aanplantings beplan word.

� Bestel vroegtydig nuwe bome om seker te wees bome van goeie gehalte word bekom.

� Koop bome verkieslik by geregistreerde kwekerye en/of welbekende kwe-kers om seker te wees van die gehalte.

Pekanneute

Mielies

Grondbone

� Strooptyd is in volle gang. Maak seker op-brengsmonitors is korrek, veral wanneer opbreng-skaarte gebruik word in hoëtegnologie boerdery- pakette.

� Maak ook seker stropers is skoon wanneer Simba- en Waxymielies gestroop word.

� Simbamielies word teen `n maksimum van 14,5% vog ontvang.

Page 10: Kommuniek Mei 2013

8

Voorsitter Frank LawrenceOndervoorsitter Frans Lubbe

Uitvoerende bestuurspan

Bemarkingskantoor: Oos-VrystaatHennie van der Walt079 511 4547

Direkte InsetteRocky le Roux082 317 7656 Veilings en GWK PropertiesWillie Meyer071 680 4103

Finansies en StelselsAndri Bezuidenhout071 686 8844

Bemarkingskantoor: Oos-KaapWikkie Burger079 519 1630

Meganisasie en IngenieurswerkeJohan Kruger082 809 4778

Versekering en FloTankBrits van den Berg082 803 5190

GraanprodukteElmarie Jacobs082 906 2383 Bemarkingskantoor: KwaZulu-NatalTerence van Dyk082 885 4163

Sidi ParaniCas Prinsloo 079 510 2710

Menslike HulpbronneChopper Theart082 806 9995

DirekteureHennie CoetzeeWynand Human Johan Jacobs Tertius MaraisMattheus Maree

Willem MülkeEric RamongaloPiet RouxRonnie StadhouerKoos van der RystFrans Wiid

HoofbestuurBesturende DirekteurJohan van DykFinansiële Direkteur Johann KlopperHoofbestuurder: Handel Mark du Plessis

Hoofbestuurder: SpesialisprodukteLlewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre ProduksiePieter Bekker

Hoofbestuurder: GraanprodukteTom MeintjesHoofbestuurder: Veilings, Vleis en SupermarkteWim van Rooyen

Direksie en Bestuur

WestraEddie Ueckerman082 804 7545

Oliesade en PekanneuteAndreas Snyman082 801 1849

VleisbedryweAlex Cilliers082 808 3063

Korporatiewe BemarkingNeil de Klerk 082 881 7531

GraanfasiliteiteCarl du Toit 082 906 2121

Sekretariaat, Regsdienste en RisikobestuurFreek Meyer083 644 0022

Finansiering en Finansiële Landbou-adviesKobie Greyvensteyn082 808 4178

Presisieboerdery en Produksie- navorsingDup Haarhoff083 646 1111

Saad, Gewasproduksie en Opkomende BoereJozua Haarhoff082 808 8579

Direksie

Page 11: Kommuniek Mei 2013

Missie en Visie

Bestaansrede Om as agri-besigheid vol-houbare welvaart binne die voedselvoorsieningsketting te skep vir deelnemende be- langhebbendes.

MissieOns genereer markgerigte besigheidsoplossings in agri- en voedselvoorsiening op `n entrepreneuriese wyse, ge- kenmerk deur:� innovasie;� dinamiese leierskap;� energieke uitvoering en� eienaarskapgerugsteun deur gevestigde en nuwe handelsmerke.

Waardesisteem Ons optrede word gerig deur:� spanwerk;� integriteit;� menswaardigheid;� deursigtigheid;� toegewydheid;� verantwoordbaarheid;� aanpasbaarheid en� kliëntegerigtheid.

VisieOm die agri-leier in die voedselwaardeketting te wees.

Page 12: Kommuniek Mei 2013

10

SAB Maltings wys 2012 se top garsprodusente aan

Me. Elmarie Jacobs (Uitvoerende Bestuurder: Graan van GWK), wens mnr. Attie Scholtz (links) en Schalk Human (regs) geluk met hul prestasies tydens SAB Maltings se Garsprodusent van die jaar-toekennings.

S AB Maltings se toekennings vir die garsprodusent van die jaar is onlangs tydens

`n glansgeleentheid in Kimberley oorhandig. Mnre. Attie Scholtz en Schalk Human, GWK-aandeelhouers van Douglas, is onderskeidelik as die wenners vir medium en groot kontrakte in die GWK-gebied aangewys. Scholtz is ook as die algehele wenner in die GWK-

gebied aangewys. Volgens mnr. Gawie Kotze, Landboukundige Diensbestuurder van SAB Maltings, was die kriteria waarvolgens die beoordeling gedoen is, vanjaar as volg: 60% vir die gehalte van die gars, 20% vir die produsent se opbrengs en 20% vir die Better Barley, Better Beer-inisiatief. Hierdie inisiatief deur SAB het ten doel om die volhoubaarheid van garsverbouing te verhoog deur `n

raamwerk vir garsprodusente wat kyk na elke aspek van die boerdery, van die minimalisering van die impak op die omgewing en die gebruik van skaars hulpbronne soos water tot die bestuur van finansies en arbeid. “Ons produsente is die sout van die aarde,” het mnr. Andrew Wolff van SAB se direksie tydens die geleentheid gesê. Ons wil graag naby aan hulle beweeg en `n goeie verhouding met elkeen vestig.”

Carien Grobler Aktueel

Page 13: Kommuniek Mei 2013
Page 14: Kommuniek Mei 2013

12

Scholtz op die plaas saam met sy vrou, Cecile, en hul drie dogters Annelike (1), Dané (5) en Celine (6).

S choltz, `n boorling van Doug-las, het ná skool `n B.Com.-graad aan die Universiteit van

die Vrystaat behaal, waarna hy sy Honneurs in Ondernemingsbestuur en Bemarking voltooi het. Hierna het hy `n paar jaar by `n vervoeronderneming gewerk en ook `n paar jaar oorsee. In 2004 het hy

teruggekeer plaas toe om sy pa met die boerdery te help en twee jaar la-ter is sy pa aan kanker oorlede. Dit is toe dat hy `n gedeelte van die plaas oorgeneem het. Hierdie besluit was maklik, want boerdery is mos maar in `n ou se bloed, sê hy. Scholtz vertel dat hy sy sukses in die landbou toeskryf aan die feit dat hy alles passievol aanpak en tot die

‘Landbou is my passie,’ sê top garsprodusentMnr. Attie Scholtz is as SAB Maltings se garspro-dusent van die jaar in die GWK-gebied aangewys. Kommuniek het by hom en sy vrou, Cecile, op die plaas gaan kuier om oor sy boerdery te gesels.

Tania FourieAktueel

Page 15: Kommuniek Mei 2013

13

Scholtz met sy toekennings as SAB Maltings se garsprodusent van die jaar in die GWK-gebied vir medium kontrakte, asook die toekenning as algehele wenner in die GWK-gebied.

beste van sy vermoë doen. “Ek sê altyd, as ek my bes gee en iets werk nie, kan ek altyd ná die tyd terugdink en weet ek het minstens my alles gegee. Die res is alles genade van Bo.” Hy vertel dat sy gesin ook `n belang- rike skakel in sy sukses is. “Dit is waarvoor ek leef. Ons is almal inter-afhanklik van mekaar. My vrou maak my hande los. Sy doen al my admi- nistrasie sodat ek kan boer en nie heeldag in die kantoor hoef te sit nie. Nóg `n belangrike aspek in enige boerdery se sukses is die gehalte van die mense wat vir jou werk.” Scholtz het `n positiewe benadering tot die landbou as geheel. “Landbou is die besigheid om in te wees. Mense sal altyd kos nodig hê. Die grond word nie meer nie, maar die mense wel. `n Mens moet positief na die situasie kyk.” Wat sy boerdery betref, glo hy `n produsent wat nie vandag al die teg-nologie tot sy beskikking gebruik nie, sal nie in die toekoms `n bestaan kan maak nie. “Ek lees nie in boeke wat ek met my boerdery moet doen nie. Dit is my ervaring wat my help. Ek kyk na my grond en hoe ek dit kan verbeter. Ons gebruik organiese bemesting en hoendermis, doen grondkartering en met die regte bemestingsprogram kry ek goeie resultate. “`n Mens kan op jou plante gooi wat jy wil, maar jou grond moet reg wees. Ek beskou grond as `n lewende organisme, `n mens moet dit voed. Hoe beter ek na my grond kyk, hoe beter is my oeste. `n Mens moet `n fyn balans handhaaf tussen orga-niese en chemiese bemesting. Albei is nodig. “Ek het nie landbou gestudeer nie, daarom kry ek landboukundiges in om my hiermee te help.”Hy gebruik die GWK Kostegids as riglyn en maak ook van GWK Pre-sisieboerdery gebruik. “Dit speel beslis `n rol in my suk-ses, omdat ek só belangrike inligting bekom soos waar die probleme in my

grond lê en hoe ek dit kan regstel. Wat die bemarking van sy graan betref, meen Scholtz dat `n mens moet weet wat die potensiaal van jou grond is. “Insetkoste is `n gegewe en `n mens weet min of meer watter prys jy moet kry om jou verpligtinge na te kom. Ek werk my bemarkingstrategie daarvol-gens uit.“Dit is ook belangrik om geleenthede

te benut en by GWK se aankopers en ekonome aan te klop om te weet wanneer `n goeie tyd is om te prys. Ek luister na hul opinies, maar maak gebruik van verskeie mense wat die mark volg. “Dit is ook belangrik om die inligting tot jou beskikking te gebruik en jou eie mening te volg. Dit sou dwaas wees om nie al die inligting tot `n mens se beskikking te gebruik nie.”

Page 16: Kommuniek Mei 2013

14

Dís nuus in die GWK-groep

Mnr. Johan van Dyk

Wat aandeelhouers moet weet

Ons Besigheid

W elkom by hierdie maand se aflewering van ons rubriek waarin

ons die jongste nuus aan ons aandeelhouers deurgee. In die Maart-uitgawe het ek die strategiese rigting van GWK in breë trekke bespreek. Verskeie navrae is hieroor ontvang, veral wat betref uitbreidings in die voedselwaarde- ketting. Hiermee `n bietjie meer inligting oor GWK se strategiese werkswyse: » GWK sal elke produk en diens

in die besigheid op meriete beoordeel en bepaal waar ons hierdie produk die suksesvolste kan neersit binne die voedsel-voorsieningsketting om optimale margevoordeel te kry.

» Die besigheid sal steeds vanuit sy domein funksioneer.

» Horisontale uitbreiding sal dan direk ter ondersteuning van hier-die produk / diensstrategie wees en kan in enige nasionale of

internasionale gebied plaasvind waar ons die produkstrategie die beste kan ondersteun.

» Hierdie horisontale uitbreiding sal op die mees sinvolle wyse gestruktureer word, hetsy amal-gamasie, die ontsluiting van sinergieë, kontraktering, ens.

» Die GWK-produkte en dienste sal baie nader aan die verbrui- ker wees en nuwe handelsmerke sal aktief gevestig word.

Ander nuus� GWK is in proses met die vesti-

ging van `n handelsmerk, Fresh by Nature. Die langtermyn doelwit is om verskeie GWK-pro-dukte onder hierdie, en moont-like ander handelsmerke, te bemark.

� GWK het `n kleinhandel vleis- winkel, by name van Meat World, in Oos-Londen bekom. Hierdie transaksie is in lyn met GWK se strategie om meer in die waardeketting betrokke te raak en sodoende meer waarde vir ons produsente te ontsluit.

� FloTank, die logistieke been in die GWK-groep, het `n nuwe stelsel ontwikkel en geïmple-menteer wat die effektiwiteit in die beplanning, skedulering en monitering van vragte sal ver-hoog en sodoende ook die diens aan ons kliënte sal verbeter.

GWK-groete,Johan van Dyk

Page 17: Kommuniek Mei 2013

15

Koringmeule Pasta-fabriek

GWK-Groep

Graan

Graanbemarking Oliesade Kleinhandel Kunsmis (Sidi Parani)

Veilings

GWK Properties

Vleis

Meat-to-Market

Voedsel-konsessiewinkels

Finansies en Stelsels

Korporatiewe Bemarking

Finansiering

Finansiële Landbou Advies

Risikobestuur

Sekretariaaten Regsdienste

Menslike Hulpbronne

Direkte Insette

Chemikalië

Gewasproduksie

Saadproduksie, Verwerking en

Bemarking

FloTank

Versekering

Presisieboerdery

Produksienavorsing

Opkomende boer Ontwikkeling

KwaZulu-Natal Bemarkings-

kantoor

Meganisasie en Ingenieurswerke Pekanneute

GWK Verspreiders

Wyn

Noord-Kaap Lab.

Aartappels

Koring

Mielies

Sojabone en Sonneblom

Simba-mielies

Durum

Gars

Waxy-mielies

Graanfasiliteite

Cape MaltingHouse

Oos-Vrystaat Bemarking

Oos-Kaap Bemarking

Westra

Handel Spesialis- produkte

Primêre Produksie

Veilings, Vleis en Supermarkte

Korporatiewe Dienste

Wes-Kaap Bemarking

Bullhill

SAFP

Lusern en Veevoere

Katoen

Olie

Kontrakteurs

Beskuitjie-fabriek

GWK-Groep Bestuurstruktuur 2013

Kontakbesonderhede vir Uitvoerende Bestuur

op bl. 8.

Page 18: Kommuniek Mei 2013

16

depositphotos

Page 19: Kommuniek Mei 2013

17

Graanmark vertoon volatiel, maar oorwegend rigtingloos

Herman GroblerBestuurder: Graanaankope van GWK

Graan

Grafiek 2.

Grafiek 3.

Grafiek 1.

S edert die artikel in die April- uitgawe van Kommuniek het die graanmark baie volatiel,

maar oorwegend rigtingloos ver-toon. Terselfdertyd het pryse margi- naal afwaarts geneig. Onsekerheid oor die grootte van die plaaslike mielieoes, `n steeds verswakkende geldeenheid en weersomstandighede, asook aan-plantingsaanduidings in Amerika, was vandeesmaand die drywers in die mark. Met die skryf van hierdie artikel op 22 April 2013 was die stand van sake as volg: Grafiek 1 dui die prysvasstellings- vordering van die onderskeie ge-wasse wat GWK-produsente aan-plant. Vorige seisoen mielies, koring en durum se prysvasstellings is so te sê afgehandel. Die nuwe seisoen mielies, wat eers-daags gestroop word, is ongeveer 5% meer as verlede maand geprys en van die koring wat in November/Desember 2013 gestroop word, het produsente ongeveer 1,6% van die produksie die afgelope maand ge-prys. Grafiek 2 toon dat GWK-produsen- te ongeveer R61/t swakker geprys het as die R3 426 wat dieselfde Sa-fex-kontrak gemiddeld behaal het. Dit was egter R15/t beter as die GWK-bemarkingsplan, maar neem in ag dat die bemarkingsplan reeds einde November gesluit het en daar ook prysings op die Maart 2013- en Mei 2013-Safex-kontrakte plaas-gevind het wat aansienlik hoër

98.8% 99.9% 99.9% 98.6% 99.7% 99.6%

85.8%

94.3% 100.0%

54.8%

73.4% 78.3%

3.8% 4.4% 6.0%

0.00%

10.00%

20.00%

30.00%

40.00%

50.00%

60.00%

70.00%

80.00%

90.00%

100.00%

Februarie 2013 Maart 2013 April 2013

Persentasie geprys per produk per maand

Mielies 2012 Koring 2012 Durum 2012 Alle soorte mielies 2013 Durum/Koring/Gars 2013

R 3,436 R 3,427 R 3,426

R 3,368 R 3,365 R 3,365

R 3,350 R 3,350 R 3,350

R 3,300

R 3,320

R 3,340

R 3,360

R 3,380

R 3,400

R 3,420

R 3,440

R 3,460

Februarie 2013 Maart 2013 April 2013

Broodkoring gemiddelde pryse

Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld Bemarkingsplan gemiddeld

R 3,436 R 3,427 R 3,426

R 3,059 R 3,067 R 3,068

R 2,800

R 2,900

R 3,000

R 3,100

R 3,200

R 3,300

R 3,400

R 3,500

Februarie 2013 Maart 2013 April 2013

Durum gemiddelde pryse

Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld

Page 20: Kommuniek Mei 2013

18

verhandel het as die 2012 Desem-ber-koringkontrak, voor November 2012. Die totale 2012-durumoes is van- deesmaand klaar geprys. Weinig verandering kan tussen April en Maart waargeneem word. Hoewel die gemiddelde produsen-teprys aansienlik laer is as die oor- eenstemmende Safex gemiddelde prys, moet in ag geneem word dat die durum-prysvasstellings reeds vroeg in die bemarkingseisoen plaasgevind het toe pryse relatief laag was. Grafiek 4 toon duidelik hoe produ- sente, in vergelyking met die Maart Geelmielie Safex-kontrak, hoër prys-vlakke op Maart 2013-geelmielies kon benut toe Safex-pryse vroeg in die seisoen baie hoog verhandel het. Soos prysvasstellings egter ge-finaliseer is, het die twee gemiddel-de prysvlakke nader aan mekaar ge-trek. Die Mei 2013-geelmielies se ge- middelde Safex-prysvlak staan steeds net effens bo die gemiddelde prys wat produsente op dieselfde kontrak kon realiseer (sien Grafiek 5). Grafiek 6 toon dat GWK-produ-sente se gemiddelde prysvasstel- lings van die 2013 Julie geelmielie kontrak steeds effe beter vaar as die gemiddelde prys van dieselfde Safex verhandelde kontrak. Produsente kon vandeesmaand hul wintergewasse se gemiddelde Safex-prysvasstellingsvlak bestuur om op 22 April 2013 met R16/t hoër te eindig as die gemiddelde Safex-vlak waarteen die Desember 2013-koringkontrak verhandel (sien Grafiek 7). GWK Graan vertrou dat u hierdie maandelikse artikel insiggewend en van waarde vind. Ons verwelkom enige terugvoer wat u mag hê. Kon-tak ons gerus op 053 298 8491.

R 2,436

R 2,381 R 2,381

R 2,610

R 2,408 R 2,392

R 2,250

R 2,300

R 2,350

R 2,400

R 2,450

R 2,500

R 2,550

R 2,600

R 2,650

Februarie 2013 Maart 2013 April 2013

Maart mielies 2013 gemiddelde pryse

Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld

R 2,192 R 2,202 R 2,195 R 2,180 R 2,194 R 2,196

R - R - R - R -

R 500

R 1,000

R 1,500

R 2,000

R 2,500

Februarie 2013 Maart 2013 April 2013

Mei mielies 2013 gemiddelde pryse

Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld Bemarkingsplan (beskikbaar 30/4)

R 2,185 R 2,186 R 2,179 R 2,200 R 2,200 R 2,193

R - R - R - R -

R 500

R 1,000

R 1,500

R 2,000

R 2,500

Februarie 2013 Maart 2013 April 2013

Julie mielies 2013 gemiddelde pryse

Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld Bemarkingsplan (beskikbaar 31/6)

R 3,511 R 3,432 R 3,414 R 3,491 R 3,458 R 3,430

R - R - R - R -

R 500

R 1,000

R 1,500

R 2,000

R 2,500

R 3,000

R 3,500

R 4,000

Feb. '13 Mrt. '13 Apr'13

Durum / gars / koring 2013 gemiddelde pryse

Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld Bemarkingsplan (beskikbaar 25/11)

Grafiek 4.

Grafiek 7.

Grafiek 5.

Grafiek 6.

Page 21: Kommuniek Mei 2013
Page 22: Kommuniek Mei 2013

20

Ontleders staan bont oor Amerikaanse mielievoorraad

Handré van HeerdenGWK Graanverhandelaar

Graan

G raanontleders het behoorlik bontgestaan nadat die hui- dige Amerikaanse mielie-

voorraad op 28 Maart 2013 bekend- gemaak is. Die direkte impak op Safex-pryse is met ongeloof begroet. Weens onverwagse hoër Amerikaanse voorrade het hul pryse getuimel. Twyfel oor hul oesskatting het dadelik ontstaan en lesse uit hul ervaring is op ons situasie van toepassing. Hierdie artikel het ten doel om die im-pak van skommelinge in internasionale pryse op Safex-pryse uit te lig. Moontlike diskrepansies, gebrek aan sinergisme tussen oesskattingsorganisasies en die kompleksiteit en uitdagings verbonde aan oesskattings, word bespreek. Die storm breek los Maandelikse graanverslae word deur die Amerikaanse departement van land-

bou (USDA) uitgereik. Dit dui hoofsaak-lik op voorraadvlakke en verbruik. `n Divisie van hierdie Departement, die Wêreld Landbou Vooruitsigte Afdeling (WAOB) reik kwartaalliks die WASDE-verslag uit. Hierdie verslag benut kwartaallikse voorraadvlakke as vertrekpunt om die daaropvolgende maandeinde-voorrade te bepaal (be-kend as die USDA-verslag). `n Verdere divisie van die Departe- ment van Landbou, die Nasionale Landbou Statistiese Afdeling (NASS), bepaal die kwartaallikse voorraadvlakke waarop die WASDE-verslag gebaseer word. Die probleem is die vertroue wat die WAOB stel in die kwartaallikse data wat deur die NASS uitgereik word. Ontleders was juis hieroor in die war en voor die 28 Maart 2013-verslag het markdeelnemers se skattings die groot-ste variasie ooit getoon. Van die hoogste tot die laagste skatting

was die verskil 8,16 miljoen metrieke ton (mmt). Gepraat van onsekerheid. Gekoppel aan hierdie organisasies is `n legio an- der gesaghebbende skattings wat be-leggingsfondse, produsente, uitvoerders en kopers verteenwoordig. Die kwartaallikse voorraadvlakke is die syfers onder verdenking. Ethanol-ver-bruik, uitvoere, veevoerverbruik en eie verbruik benut bykans die hele oes. Die uitdaging is dat veevoer- en eie ver-bruiksbepaling meer as `n kuns as `n wetenskap beskou word. Data met betrekking tot ethanol- verbruik en uitvoere word weekliks uitgereik. Die probleem lê dus nie daar nie. Veevoerverbruik word slegs kwartaalliks vrygestel. Hier moet ontleders dus kuddegroottes, historiese voedingsneigings en alterna- tiewe graan wat as plaasvervangers vir mielies dien, gebruik.

Page 23: Kommuniek Mei 2013

21

In aanloop tot die USDA-verslag (maandelikse verslag) is Amerikaanse eindvoorrade op 22,086mmt geraam. Dit verteenwoordig `n 17 jaar-laa-gtepunt. Toe die WASDE uitgereik word, was voorrade 4,8mmt hoër as in die vorige verslag. Vandaar die prysskok. In daardie stadium was Chicago netto lank op mielies met 170 000 kontrakte. Met hierdie nuus het almal hul posisies begin likwideer en het dit `n reuse verkoopstormloop ingelui. Markdeelne-mers het hulself tot in netto kort posisies verkoop. Ontleders het dus die verslag met die grootste foutvariasie in 30 jaar gemis. `n Verdere onrusbarende neiging sedert Maart 2010 het 11 van die laaste 13 NASS kwartaallikse syfers wesenlik met die van private ontleders verskil. Die ef-fek hiervan was reuse prysskommelinge in Chicago. Hierdie laaste verslag het mielies op dieselfde dag met 40c per skepel laat daal en sedertdien met meer as `n Dollar. Een Dollar omgewerk na ons mielieprys verteenwoordig R354/mt (wisselkoers-afhanklik). Die onlangse geskiedenis van die NASS is dat hul graan in een kwartaal-likse verslag “verloor”, net om dit met die volgende verslag weer te “vind”. Hul volgende verslag verskyn op 28 Junie 2013 en dit behoort interressante leesstof te wees. Die NASS het `n verklaring uitgereik waar hulle by hul syfers staan. Hul verweer was `n opname op 83 000 plase en 8 800 stoorfasiliteite wat nie op plase is nie. Ontleders wat sin uit die skok probeer maak het, bied twee verduidelikings aan. Eerstens het veevoerverbruik afge-neem en die 2012-oes word noemens- waardig groter geskat. Die USDA wat voorrade van die 2012-mielieoes verreken, word as deel van die probleem geïdentifiseer. Die USDA se amptenare sal by hul syfers bly om geloofwaardigheid te behou.

Impak op Safex Die impak op Safex was direk. Weens hierdie prysskok het pariteite en uit die

aard van die saak ons pryse gedaal. Ons droogte en uitvoermarkte na Suid-Korea, Japan en Meksiko was in daardie stadium ons bulfaktore. Die dag ná die Amerikaanse verslag daal ons pryse op Julie 2013-geel- mielies van R2 355/mt na R2 275/mt. Drie dae later is die prys op R2 085. `n Daling van R270/mt terwyl ons fun-damentele situasie weinig verander het. Die voor- en nadele van die direkte blootstelling van Safex op internasio- nale pryse word hierdeur geïllustreer. Dieselfde omstandighede en dinamika het veroorsaak dat mielies reg binne ons oestyd, naamlik op 23 Julie 2012, op Safex R2 815/mt was. Uit simpatie met die Amerikaanse oesskattingsliggame moet dit gesê word dat dit geensins `n maklike taak kan wees nie. In Suid-Afrikaanse terme kan ek myself indink hoe kompleks dit is om `n oes te bepaal. Ek is geen kenner op die gebied nie, maar van die uitdagings kan wees om die impak van droogtes te bepaal, die effek van verbeterde kultivars te voorsien, asook moontlike produsente- en kopersweerstand en uitdagings rakende metodologie om aan `n paar te dink. `n Sprekende voorbeeld van hierdie uitdagings is die 2012 Suid-Afrikaan- se mielieoes wat van September 2012 met 2,92% of 335 350t meer aangepas is na November 2012. Ons Oesskattingskomitee het die volgende verklarings vir die afwykings aangebied. Onder meer is die impak van die droë Februarie en Maart 2012 oorskat. Verdroogte mielies het nie goed op die lande gelyk nie, maar beter as verwagte opbrengste gelewer. Altesaam 53 000ha meer mielies is onder besproeiing geplant en opbreng-ste onder besproeiing was 20-25% hoër as die vorige seisoen. Ons 2013-mielieseisoen gaan onder dieselfde onsekerheid gebuk oor die impak van die huidige droogte. Die eerste oesskatting het rondom 12,3mmt uitgekom, die een daarna op 11,7mmt.

Die derde produksieskatting kom op 25 April 2013 uit en die mark verwag dat die oes na minstens 11mmt aange-pas moet word. Ons Oesskattingskomitee stel dit duidelik dat wetenskaplike metodes van opbrengsbepaling `n belangriker rol moet speel. Die impak van droogtes en verbeterde kultivars moet deur `n “wetenskaplik gebaseerde metodologie” uitgevoer word.

Slotgedagte As die Amerikaners as rigtingewen- de graanprys-bepaler met oesskattings stoei, kan ek net dink dat dit elders ver-seker ook nie `n maklike proses kan wees nie. As jy jou egter uitgee om oesgrootes te bepaal, kan daardie aanspreeklikheid en gepaardgaande invloed op pryse en winsgewendheid nie gedelegeer en geminag word nie. Talle onbekende en bekende faktore bepaal oesskattings. Hierdie onseker- heid sal altyd met ons wees. Hoe bepaal `n mens byvoorbeeld die hoeveelheid graan in transito op die Mississippi? Altesaam 60% van die Amerikaanse mielieoes word op dié rivier vervoer. Nuus is dikwels ou nuus en tegniese ontledings, die weer, vloei van fondse, sentiment, internasionale ekonomiese faktore, vrees en gulsigheid het alles `n impak op pryse. Met die skryf van hierdie artikel het die Rand in drie dae met 30c verswak en die goudprys in `n dag met meer as $100 geval. Ek weet nie wie dit kan raaksien nie, maar vanuit `n stroper of op `n trekker is dit vir die produsent en koper net so moeilik. My beste raad is om sover moontlik ingelig te wees, te verkoop in `n op-gaande mark en `n ingeligte winsbe- sluit te neem. Alle voorspoed vir die huidige oestyd.

Skakel GWK se graanverhan-delings afdeling om u met

prysingsbesluite by te staan.

Foto

lia

Page 24: Kommuniek Mei 2013

22

Dirk LaubscherGWK Landboukundige

Presisieboerdery

Watergehalte is deurslaggewend

B esproeiing speel `n belangrike rol in die stabilisering van land-bouproduksie in `n land soos

Suid-Afrika met `n oorwegend droë klimaat. Slegs `n fraksie meer as 1% van die land se grond word besproei, terwyl so-wat 25-30% van ons landbouproduksie besproeiingsverwant is. Vir die ekonomie binne die GWK-be- dieningsgebied is gewasverbouing onder besproeiing uiters belangrik. Die afgelope drie maande het onder- gemiddelde reënval in `n groot deel van die binneland voorgekom. In die lig van die bogenoemde het GWK Presisie-boerdery opnuut die stand van damme

ondersoek (Grafiek 1). Volgens Grafiek 1 is die stand van damme, sowel as riviervlakke op die oomblik onder druk. Hierdie omstan-dighede kan egter vinnig verander. Ons moet onsself afvra hoe omstan-dighede soos hierdie die gehalte van ons besproeiingswater beïnvloed, aan-gesien hierdie water `n invloed op die grond mag hê wat op sy beurt optimale produksie beïnvloed. Met verloop van tyd sal die samestel- ling van die water `n invloed hê op die chemie en fisika van die grond. As die watergehalte nie geskik is vir die gewas, klimaat of grondsoort nie, kan dit onekonomies word om sekere gewasse te verbou.

Die gehalte van besproeiingswater kan deur verskeie faktore, soos besoedeling en reënvalpatrone in die opvanggebie- de geraak word. Die doel van hierdie artikel is om pro-dusente se aandag opnuut te vestig op die gehalte van besproeiingswater en die voortdurende evaluasie daarvan. Die evaluering van besproeiingswater se gehalte berus in hoofsaak op die meting van die totale oplosbare soute (elektriese geleidingsvermoë) en die natrium-adsorpsievermoë (NAV). Ander chemiese parameters wat ook gebruik word is as volg: Kalsium(Ca), Magnesium(Mg), Kalium(K) en Na-tium(Na) inhoude, residuele natrium-karbonaat (RNK), potensiële toksiese

Page 25: Kommuniek Mei 2013

23

ione en spoorelemente.

Soutgevaar Die elektriese geleidingsvermoë of EG (mS/m by 25°C gemeet) is goed gekor-releer met die opgeloste soutinhoud van water. Met voortdurende opname van water deur plante bly die soute in die grond agter. Mettertyd veroorsaak dit `n ver-hoging in die soutinhoud van diegrond en grondwater. Die oorskreiding van drempelwaardes kan opbrengste nadelig beinvloed. Be-sproeiingswater kan volgens die soutin-houd in vier klasse opgedeel word:C1 – Lae soutinhoud (<25 mS/m): Hierdie water bevat min soute en kan vir alle gewasse op enige grond

gebruik word.C2 – Medium soutinhoud (25-75mS/m): Voorsiening moet vir `n redelike mate van soutloging gemaak word en brak-gevoelige gewasse moet vermy word.C3 – Hoë soutinhoud (75-225mS/m): Kan slegs op goed gedreineerde grond gebruik word, loging is periodiek nodig en soutbestande gewasse moet verbou word.C4 – Nie geskik vir gebruik as besproei- ingswater onder normale toestande nie. Kan slegs as `n noodmaatreël onder uiterse toestande op sandgronde ge-bruik word. Die volgende formule kan ook gebruik word (Benaderde totale soute):EG × 6,4 = mg totale oplosbare soute (TOS)/ liter oplossing.

Natriumgevaar Die natriumgevaar van besproeiings- water word deur die natrium-adsorp-sievermoë (NAV) uitgedruk. Besproeiing met water wat hoog in natrium is, sal die gevaar van natrium-brak in die grond verhoog. Natriumbrak kan die infiltrasievermoë van gronde benadeel. Die infiltrasievermoë van die grond kan ook deur die soutinhoud beïnvloed word. Die gebruik van besproeiingswater met `n te hoë natriuminhoud (> 12 mg/l) hou ook `n gevaar vir die plant in. Plante kan die natrium direk deur die blare opneem en sodoende beskadig word. Die Natriumadsorpsie-verhouding van die water word uitgedruk as die weder- sydse verhoudings van Kalsium(Ca), Magnesium(Mg) en Natrium(Na) tot mekaar. Die NAV kan op `n ekwiva-lente basis bereken word.NAV = Na ÷ √[(Ca+Mg) ÷ 2] Volgens die NAV-waardes word be-sproeiingswater in vier klasse verdeel: S1 – Lae natriuminhoud (< 10 mg/l). Hierdie water is geskik vir besproeiing van alle gewasse op enige grond.S2 – Medium natriuminhoud (10 – 18 mg/l). Die water is hoofsaaklik geskik vir be-sproeiing op sanderige gronde met `n goeie dreineringsvermoë. Op kleigrond kan probleme met waterindringing verwag word en met die verloop van tyd sal verbrakking voorkom.

Berti

e Th

eron

Gewas mS m-1 Gewas mS m-1

Koring 600 Katoen 770

Suikerbeet 700 Mielies 170

Bone 100 Grondbone 320

Sojabone 500 Lemoen 170

Druiwe 150 Beet 400

Aartappels 170 Kopkool 180

Patats 150 Suikermielies 170

Wortels 100 Uie 120

Lusern 200

Tabel 1. Maksimum toelaatbare elektriese geleidingsvermoë (mS/m) van be-sproeiingswater, sonder verlies aan opbrengs, vir verskillende gewasse.

0

20

40

60

80

100

120

Gariepdam Vanderkloofdam Vaaldam Bloemhofdam Spitskopdam Kalkfonteindam Krugersdriftdam

Dam

stan

d %

Maart 2012 tot Maart 2013

Damstand

Grafiek 1. Die stand van damme in die GWK-bedieningsgebied.

Page 26: Kommuniek Mei 2013

24

S3 – Hoë natriuminhoud (18-26 mg/l). Besproeiingswater met sodanige ont- leding kan slegs op goed gedreineerde gronde met spesiale bestuur gebruik word. Dit is ongeskik vir gronde (klei-grond) met beperkte dreinering.S4 – Baie hoë natriuminhoud (> 26 mg/l). Die water is nie geskik vir besproeiing met konvensionele stelsels nie. Indien die soutinhoud egter laag is, kan die water met spesiale bestuur gebruik word.

Die gipstoets vir natriumgevaar Die gipstoets is `n maklike manier om die omvang van `n natriumgevaar in die grond te bepaal. Dit kan as volg op die plaas gedoen word:� Neem `n grondmonster en verdeel

in twee gelyke monsters van on-geveer 250ml of `n koppie-grootte. Indien korsvorming voorkom of vermoed word, monster net die boonste 10mm.

� Plaas elke porsie in `n tuisgemaak- te tregter (2l-koeldrank-bottel se boonste gedeelte). Verhinder dat die grond uitloop deur watte in die onderpunt van die tregter te plaas.

� Verdeel ook `n monster van be-sproeiingswater in twee gelyke dele van 500ml en gooi een hand vol gips by die een deel en roer totdat die gips nie verder oplos.

� Gooi die gipswater oor die een tregter se grond en die onbehan-delde besproeiingswater oor die ander tregter se grondmonster.

� Vergelyk die infiltrasietempo en die helderheid van die water wat onder uitloop, van die twee monsters met mekaar.

Indien die gipsbehandelde water vin- niger deur die grond beweeg en die filtraat meer helder is as die onbehan-delde monster, het dié grond `n gipsbe-handeling nodig. Herhaal die toets na byvoorbeeld `n jaar om die verbrakking te monitor. Soos in Figuur 1 aangedui, bepaal die NAV sowel as die EG van die besproei-

Figuur 1. Verbrakkingsgevaar van besproeiingswater gebaseer op NAV en EG.

36

34

32

30 C1-S4

28 C2-S4

26

24 C3-S4

22 C4-S4

20

18 C1-S3

16 C2-S3

14

12 C3-S3

10 C4-S3

8

6

4

2

010 25 75 225

1 2 3 4

Laag Medium Hoog Baie hoog

- Laag - Medium - Hoog

Nat

rium

geva

ar

Nat

rium

adso

rpsie

-ver

houd

ing

41

23

Baie

hoo

gH

oog

Med

ium

Laag

Soutgevaar

Geleiding mS m -1 @ 25°C

C4-S2C1-S1

C2-S1

C3-S1

C4-S1

C3-S2

C2-S2

C1-S2

ingswater wat die verbrakkingsgevaar daarvan op die grond en gewasse is. Kalium, Kalsium, Magnesium en Natrium Kalsium (Ca), Magnesium (Mg) en Natrium (Na) is die dominante katione in besproeiingswater. Kalium (K) kom gewoonlik in baie klein, onbenullige hoeveelhede voor. Die ideale K-inhoud van grond is 5-8%. Kalsium word as die goeie katioon in die water en grond bestempel. Met

genoegsame Ca in die grond (60-70%), word gewoonlik minder proble-me met waterinfiltrasie en korsvorming ondervind. Hoë konsentrasies kalsium, tesame met `n hoë pH van die water, kan veroor-saak dat kalsiumkarbonaat (CaCO3) op die blare of verkalking in die besproei-ingstelsel voorkom. Sodanige neerslag van Ca veroorsaak dat die konsentrasie van kalsium in die water afneem en die relatiewe konsen-trasie van Na:Ca verhoog. Sodoende

Page 27: Kommuniek Mei 2013

25

kan die natriumgevaar toeneem. Magnesium is ook `n goeie katioon (20-30% Mg is ideale grondinhoud) tot op `n punt waar dit die opname van K en ander elemente kan benadeel. Magnesium in die besproeiingswater en grond kan saam met natrium die korsvorming van die grond bevorder en gevolglik waterinfiltrasie benadeel. Die berekening van die Na+Mg-ad-sorpsieverhouding saam met die NAV, kan van groot nut wees in die evalue- ring van besproeiingswater. Magnesium kan soos Ca ook onder hoë pH-toe-stande neerslaan. Residuele natriumkarbonaat (RNK) Die bikarbonaat inhoud (HCO3

_) van

besproeiingswater is belangrik, want dit beskryf die toestand in water nadat al die karbonate as kalsiumkarbonate neergeslaan het. `n Oormaat HCO3

_

in die water reageer met die Ca in die grondoplossing wat as kalsiumkarbo-naat neerslaan. Die RNK van die water kan as volg bereken word: [Karbonate(CO3²

_) +

Bikarbonate(HCO3_)] – [Ca²+ + Mg²+]

me/l. Waardes kan met die volgende norme evalueer word:RNK KLASSIFIKASIE < 1.25 Geskik vir besproeiing1.26 – 2.50 Twyfelagtig> 2.50 Ongeskik vir besproeiing Ander toksiese stowwe Boor (B) is `n essensiële mikro-element vir plante, maar die teenwoordigheid van te hoë B-konsentrasies in besproei-ingswater is toksies vir sommige gewas-se. Tabel 2 toon die boortoleransie van verskillende gewasse. Boorgatwater bevat gewoonlik boor en addisionele toediening van boorbemes-ting mag onnodig wees. `n Ander anioon wat toksies kan wees is chloor (Cl

_). Die sensitiwiteit van tabak

vir chloor is algemeen bekend. Chloor kan `n groter negatiewe invloed as natrium op plantprestasie hê. Dit dra in `n groter mate by tot die voorkoms van die sogenaamde fisio-

logies droogte wat plante onder verbrakkingstoestande toon. Verskeie gewasse se sensiwiteit ten opsigte van blaarskade weens die toediening van chloried word in Tabel 3 aangedui. Swaar metale Die voorkoms van sommige mikro-ele-mente soos arseen, kadmium, koper en lood in besproeiingswater kan ook die geskiktheid daarvan benadeel. Dit kan in die plant opgeneem word en swak groei veroorsaak. Hoë vlakke van dié elemente kan die voedsel onbruikbaar maak vir mens en dier. Hoë vlakke van yster (Fe) en/of man-gaan (Mn) kan verstopping by drupbe-sproeiingstelsels veroorsaak.

Ander probleme Die pH van die water is belangrik. In die geval van onbesoedelde besproei-ingswater is `n lae pH `n goeie aan-duiding dat die totale oplosbare soute (TOS) laag is. Sulke water kan meer aggresief wees t.o.v. korrosie op die besproeiingstelsel.

In onbesoedelde water met `n hoë pH is die TOS hoog en gevolglik ook die bufferkapasiteit, wat beteken meer chemikalië moet bygevoeg word om die pH van dié water te verander. Die teenoorgestelde geld by water met `n lae pH. Water met `n lae pH en `n hoë elektriese geleiding (EG) dui op besoedelde water. Indien die pH van die water >8,5 is die kanse vir besoedeling van hidroksiede goed. Neem kennis dat nitraatstikstof in be- sproeiingswater kan voorkom wat `n effek (positief of negatief) op gewasse kan hê. Gesuspendeerde slik- en klei-deeltjies kan in water ontleed word en mag slytasie op spuite verhoog, in pype sedimenteer en drupstelsels verstop. Opsommend, is dit dus duidelik dat nie net die grondsoort nie maar ook die chemiese samestelling van die besproei- ingswater belangrik is wanneer besluit word op besproeiingstegnieke, asook die gewas wat verbou word. Die risiko van besoedeling in besproei- ingswater in die GWK-gebied is hoog en dit is dus belangrik om die gehalte voordurend te monitor.

Baie sensitief ˂ 0,5

Sensitief

Matig sensitief

Matig tolerant

Tolerant

Baie tolerant

0,5 – 1,0 1,0 – 2,0 2,0 – 4,0 4,0 – 6,0 6,0 – 15,0

Suurlemoen Druiwe Aartappel Blomkool Beet Katoen

Grondbone Ertjies Kool Lusern Sorghum

Koring Slaai Mielies Tamaties Lemoen Wortel Hawer Patats

Pekanneute

Sonneblom

Uie

Sensitief

Matig sensitief

Matig tolerant

Tolerant

˂ 175 175 - 350 350 - 700 ˃ 700

Appelkoos Rissie Gars Blomkool

Sitrus Aartappel Mielies Katoen

Pruim Tamatie Lusern Suikerbeet

Sorghum Sonneblom

Tabel 2. Boortoleransie van verskillende gewasse.

Links: Tabel 3. Sensitiwiteit van gewasse ten op-sigte van blaar-skade weens die toediening van chloried (mg/l) deur blaarad-sorpsie.

Page 28: Kommuniek Mei 2013

26

P eanut butter and jelly is `n groot gunsteling op die Amerikaners se toebroodjies, maar dis nie

net vir grondboontjiebotter wat CGAR Peanuts en Canon Garth bekend is nie. Hierdie twee maatskappye is wêreld-wyd bekend vir die teling en versprei- ding van topgehalte grondbone. GWK is reeds die afgelope jaar in `n samewerkingsooreenkoms met hierdie maatskappye besig om nuwe kultivars in die GWK bedieningsgebied te toets. Mnr. Tom Snoek en dr. Kim Moore, die onderskeie eienaars van Canon Garth en CGAR Peanuts en van hul personeel het GWK onlangs besoek om samesprekings te voer oor die grondboon-proefprogram en na die proefaanplantings te kom kyk.

Wie is Canon Garth en CGAR Peanuts? Canon Garth beywer hom vir die le- wering van `n reeks dienste aan kwe-kers van grondbone en eetbare sade, prosseseerders en die eindverbruiker. Die maatskappy vorm deel van `n groter groep genaamd CTCS wat `n multi-disiplinêre diensverskaffer in die koffiebedryf is. Die hoofkantoor is in London, met takke in Nicaragua, Brasilië, Argen-tinië, Amerika, China en Suid-Afrika. Die maatskappy is ook betrokke in Spanje, Mosambiek en is op die oomblik besig met nuwe projekte in Zambië. Hul fokus is op bemarking en ver-kope, tegniese ondersteuning, logistiek en finansiering.

CGAR Peanuts is die wêreld se eerste grondboon-kultivarontwikkelaar wat hoëoleïen-kultivars geteel het. Hulle het die unieke vermoë om te fokus op die vraag van die verbruiker, asook die kweker. CGAR teel nie alleenlik vir verhoogde opbrengste en siekteweerstand nie, maar die verwagtinge van vervaardi-gers word oortref met betrekking tot gehalte, pitgrootte verspreiding en verbeterde prossesering. In `n neutedop: CGAR Peanuts ont- wikkel nuwe kultivars wat deur Canon Garth bemark en verkoop word.

Wat beteken dit vir GWK en sy produsente? Aangesien daar verskillende markte

met uiteenlopende behoeftes is, is dit nie moontlik om een kultivar aan almal te voorsien nie. Die Spaanse soort grondbone wat in Suid-Afrika geproduseer word, is hoog in aanvraag in veral Japan vanweë die mooi ronde vorm en pitgrootte. Van die Amerikaanse kultivars se pit-groottes en vorm is nie so geskik vir ons mark nie, maar daar word gese-lekteer en geteel om aan spesifieke behoeftes te voldoen en terselfdertyd beter opbrengste en siekteweerstand te verkry, wat die produsent sal bevoor-deel. Tydens die besoek is sommige kulti-vars reeds geïdentifiseer wat moontlik sukses in ons omstandighede kan behaal.

Leon BantingBedryfshoof: Saadproduksie en Verwerking

Saad

Internasionale grondboontelers besoek GWK oor proefprogram

Mnr. Tom Snoek, Kim Moore, Nicholas Snoek en Maximo Doukkali luister aandagtig na mnr. Hein Mülke in sy grondboonland.

Page 29: Kommuniek Mei 2013

Snoek en Moore is baie tevrede met die proefaan-plantings en die vordering wat gemaak word. Die ooreenkoms is om tien ton saad van drie kulti- vars eerskomende seisoen in te voer om groter aanplantings te doen. Geredelike vordering word dus gemaak om in `n betreklike kort tyd met kom-mersiële produksie te begin. Die proewe is geoes en word nou verwerk, waarna die data na Moore gestuur sal word. Die fokus sal aanvanklik op saadvermeerdering van die kultivars val, maar `n gedeelte van die oes sal ook as kom-mersiële produk aan Simba verkoop word. `n Gesamentlike maatskappy is tussen GWK en CGAR Peanuts gestig wat in die winste sal deel wanneer die program in volle produksie is en `n wins begin toon. Hierdie projek word gedeeltelik gefinansier uit `n navorsingsheffing van R50/t wat van elke produ- sent se lewerings verhaal sal word. Die heffing is deur die Grondboon-advieskomitee voorgestel en goedgekeur. Hierdie fonds is in GWK-aandeelhouers se belang en sal daartoe bydra om beter kultivars vir die be-dryf te vestig wat opbrengste kan verhoog en ons markaandeel kan verhoog. Internasionaal lyk die prentjie goed vir grondbo- ne. China se verbruik styg konstant met gemid-deld 5% per jaar. Dit is goeie nuus vir produsente wêreldwyd, wat beteken dat die vraag na grond-bone, asook die pryse, waarskynlik nie baie wissel-vallig sal wees nie.

Dr. Kim Moore en sy seun Matt, grondboontelers van CGAR Peanuts in Georgia in Amerika.

Page 30: Kommuniek Mei 2013

28

Cloete NortjeBestuurder: Grondbonebemarking

Spesialisprodukte

China se vraag na neute kan grondboonpryse opwaarts druk

M et die groot ekonomiese groei in China word `n toename in die verbruik

van neute, veral grondbone, waarge-neem. Met `n totale jaarlikse pro-duksie van meer as 15 miljoen ton in China, wat steeds te min is om aan die land se behoefte te voorsien, staan die verbruik op sowat 16 mil-joen ton. Dit het meegebring dat China van-jaar meer as 1 miljoen ton se grond-bone van Amerika af ingevoer het. Hierdie groot invoere vanaf Amerika was baie behulpsaam met die surplus verwydering van verlede jaar se oor-produksie van ongeveer drie miljoen

ton in Amerika. Amerika se eie ver-bruik van twee miljoen ton per jaar, sowel as die uitvoere van een miljoen ton na China, veroorsaak dat al die Amerikaners se surplusse opgeneem is. Dit is voordelig vir internasionale grondboonpryse wat gevolglik gesta-biliseer het. Die probleem wat egter nou in Amerika ontstaan het, is dat die bestaande fabrieke nie die kapasiteit het om al hierdie uitvoere betyds te verwerk voordat die nuwe seisoen begin nie. Hierdie hoër verbruik in China sal veroorsaak dat tekorte werêldwyd ontstaan wat grondboonpryse in die toekoms hoër kan druk.

Sien Tabel 1 en 2 vir die onderskeie werêldproduksie-gebiede en lande se produksie en verbruik, asook China se groei vanaf 2007 en die verwagte groei oor die volgende twee jaar. Indien die projeksie vir China korrek is, neem hul verbruik met ongeveer 900 000t per jaar toe. Plaaslik lyk die besproeiingsgrond-bone baie mooi vanweë goeie hitte- eenhede in die groeiseisoen en ons verwag `n bogemiddelde oes by GWK se aanleg op Douglas. Wat die westelike droëland-produk- siegebiede betref, is dit baie droog en die verwagting is dat `n kleiner oes as normaalweg uit daardie gebiede sal kom.

Page 31: Kommuniek Mei 2013

29

Shut

ters

tock

Wêreld grondboonproduksie teenoor wêreldgebruik Land / Streek Produksie (‘ 000

metrieke ton) 2012 Skatting

Gebruik (‘ 000 metrieke ton) 2012 Skatting

Surplus / tekort (‘ 000 metrieke ton) 2012 Skatting

Asië 23,741.00 24,892.00 1,151.00 China 15,440.00 16,221.00 -781.00 Indië 5,000.00 4,675.00 325.00 Indonesië 1,145.00 1,447.00 -302.00 Burma 1,300.00 1,295.00 5.00 Viëtnam 550 554 -4.00 Thailand 115 179 -64.00 Japan 19 142 -123.00 Pakistan 95 101 -6.00 Maleisië 2 64 -62.00 Korea 12 52 -40.00 Filippyne 30 107 -77.00 Ander Asiese lande 33 55 -22.00 Amerikaanse State 4,649.00 2,785.00 1,864.00 Amerika 2,934.00 1,930.00 1,004.00 Argentinië 1,250.00 265.00 958.00 Brasilië 260 194 66.00 Nicaragua 120 24 96.00 Meksiko 85 240 -155.00 Kanada 0 132 -132.00 Afrika 7,788.00 7,735.00 53.00 Ander streke 90.00 939.00 -849.00 Europa 90 794 -704.00 Russiese Federasie 0 145 -145.00

China: Grondbone-gebruik 2007-2014

Geskatte Geprojekteerde Geprojekteerde

2007 12,328 (1000 MT) 2.67% 2008 13,600 (1000 MT) 10.32% 2009 14,101 (1000 MT) 3.68% 2010 15,112 (1000 MT) 7.17% 2011 15,422 (1000 MT) 2.05% 2012 16,221 (1000 MT) 5.18% 2012 17,061 (1000 MT) 5.18%

2014 17,945 (1000 MT) 5.18%

Gemiddelde groei 2007 – 2011 5.18%

Tabel 1 (bo) en 2 (onder).

Page 32: Kommuniek Mei 2013
Page 33: Kommuniek Mei 2013
Page 34: Kommuniek Mei 2013

32

Lewendehawe

Kalahari Nguni Klub bied insiggewende inligtingsdag aan

D ie aantal produsente wat met Nguni-beeste boer, veral kommersiële produ-

sente in die Noord-Kaap, neem voortdurend toe. In die lig hiervan het die Kalahari Nguni Klub, wat onder meer die Noord-Kaap bedien, `n inligtings-dag op mnr. Charl Coetzee se plaas Namigab naby Niekerkshoop gehou. Die opkoms en belangstelling van

bestaande Nguni-produsente sowel as voornemende Nguni-produsente was baie positief. Dit was duidelik dat `n groot vraag na inligting oor Nguniboerdery bestaan. Mnr. Michiel van Niekerk jnr. (M.Sc. Diereteling) het die dag af-geskop met `n lesing oor die redes waarom produsente Nguni’s moet kies en daarna oor hoe om die meer winsgewende Nguni’s (gene-ties) te selekteer. Daarna het mnr. Philip Coetzee

(B.Sc. Veekunde) `n lesing gegee oor kruisteling met Nguni-beeste. Hierna het Coetzee `n praktiese lesing oor die visuele eienskappe van Nguni’s gegee. Waarom Nguni’s? Na aanleiding van sy lesing op die inligtingsdag, het Van Niekerk dit in artikel-formaat aan Kommuniek beskikbaar gemaak. Data van twee onafhanklike stu-dies is gebruik om die voordele van

Page 35: Kommuniek Mei 2013

33

Mnr. Michiel van Niekerk tydens sy aanbieding oor Nguni-beeste.

Die produsente en ander gaste luister aandagtig na Van Niekerk se aanbieding.

Nguni-boerdery uit te wys. Die eerste studie is gedoen by die Mara-navorsingstasie in Suid-Afrika en die ander by die Omatjenne-na-vorsingstasie in Nambië. In die Mara- en Omatjenne-stu-dies is die prestasie van die Nguni (kleinraam koeie) vergelyk met Bonsmara en Bonsmara-tipe beeste (mediumraam koeie), asook Sim-mentaler en Simmentalertipe beeste

(grootraam koeie). Al die koeie in die studie het pre-sies dieselfde behandeling ontvang en is in dieselfde omgewing gepro-duseer. Die resultate van albei studies wys dat meer Nguni-koeie aangehou kan word as die ander twee tipe koeigroepe sodat die somtotaal van die biomassa op die veld van die drie koeigroepe dieselfde is. In die agt en nege jaar waartydens die twee studies onderskeidelik ge-doen is, was die Nguni-koeie se kalf- en speenpersentasies die hoogste van al die koeigroepe (Tabel 1). Die speengewigte van die Nguni-koeigroepe was die laagste (Tabel 1). Wanneer die kalf-, speenpersenta-sies en speengewigte saamgevoeg word om die aantal kilogram ge-produseer per 100kg koeigewig gepaar te bereken, was die Nguni- koeigroepe se produktiwiteit die hoogste (Tabel 1). Hierdie resultate wys dat om net

speengewig in ag te neem om die produktiwiteit van `n koeigroep te bepaal, onakkuraat en kortsigtig is. Die rede vir die produkdiwiteit in die Nguni’s kan aan die volgende toegeskryf word:� Respiratoriese bouvorm. Lang

ledemate met `n plat liggaam en groot uitstralingsoppervlak per eenheid gewig. Dit help om die liggaamstemperatuur konstant te hou deur maklik in warm omgewings van oortollige hitte ontslae te raak.

Die vel van `n bees is die belangrikste orgaan om hitte te absorbeer en om van oor-tollige hitte ontslae te raak. Sanga-beeste, waarvan die Nguni deel is, het tot 59% meer sweetkliere as uitheemse beeste. Die sweetkliere is ook twee keer groter, nader aan die veloppervlak en beter ontwikkel as by uitheemse beeste. Kliere wat sebum afskei, is ook beter ontwikkel en inheemse beeste Fo

to’s

: Ber

tie T

hero

n

Page 36: Kommuniek Mei 2013

34

Mnr. Charl Coetzee lewer `n praktiewe demonstrasie.

Gaste by die inligtingsdag kuier gesellig saam.

se velle is ook meer vaskulêr. Dit alles help om makliker in warm omgewings van oortollige hitte ontslae te raak.

� Die haarkleed is glad en blink en absorbeer sonstrale beter. Die hare is ook kort en vang nie warm lug vas nie. Hierdie eienskappe help om min hitte in warm omgewings te absorbeer.

� Meer energie en proteïen is beskikbaar vir reproduksie en produksie vanweë die Nguni se kleiner raamtipe en minder onderhoudsbehoefte.

� Nguni-beeste het hoër bloed- ureum-stikstofvlakke. Navor- sing wys hierdie vlakke van die Nguni-beeste is 30% hoër as by die Bonsmara-beeste en 55% hoër as by die Hereford-beeste. `n Studie het getoon die am-moniakvlakke in die die rumen van die Nguni-beeste is 46% hoër as by die Bonsmara-beeste en 67% hoër as by die Here-ford-beeste. Dit verklaar waar-om Nguni-beeste minder tot geen proteïenlek in die winter nodig het, afhangende van die

omgewing en weiding.� Tydens `n onlangse navorsing-

studie was daar `n 4,4kg verlies toe een groep Nguni-kalwers gedip is teenoor `n ander groep wat nie gedip is nie. By die Bonsmara-kalwers was die verlies in gewig tussen die dieselfde groepe 17,6kg en by die Hereford-kalwers 29,5kg. Bosluise het dus `n baie klei-ner effek op die produksie van

Nguni-kalwers teenoor ander rasse.

� Die aantal bosluise op Nguni-, Bonsmara- en Hereford-beeste wat onder dieselfde toestande gehou is, is in `n studie getel. Weerstandsvlakke teen boslui-se is as volg geklassifiseer: Meer as 47 bosluise dui op `n lae weerstandsvlak, 15 tot 47 bosluise op `n medium weerstandsvlak en minder as

Page 37: Kommuniek Mei 2013

35

Tabel 1.

Studie Omatjenne Mara Gemiddelde koeigewigte van groepe

- Simmentaler - Bonsmara - Nguni

515 468 357

486 455 337

Aantal koeie in koeigroepe - Simmentaler - Bonsmara - Nguni

31 36 45

30 32 38

Gemiddelde kalfpersentasies - Simmentaler - Bonsmara - Nguni

85 89 93

69 72 85

Gemiddelde speenpersentasies - Simmentaler - Bonsmara - Nguni

79 85 91

75 85 90

Gemiddelde speengewigte - Simmentaler - Bonsmara - Nguni

244 232 177

241 213 162

Kg geproduseer / 100 kg gepaar - Simmentaler - Bonsmara - Nguni

33,6 34,3 38,8

27,6 31,0 37,6

15 bosluise op `n hoë weer- standsvlak. By die Hereford- beeste het 100% van die groep in die lae weerstandsvlak geval. By die Bonsmara beeste het 45% in die lae weerstands- vlak geval, 22% in die medium weerstandsvlak en slegs 33% in die hoë weerstandsvlak. By die Nguni-beeste het geen beeste in die lae weerstands- vlak geval nie, 22% persent was in die medium weerstandsvlak en 78% in die hoë weerstands- vlak. Minder duur middels hoef dus by Nguni-beeste gebruik te word.

Seleksie vir winsgewendheid by Nguni-beeste Soos by alle beesrasse is daar ge-netiese variasie in produktiwiteit.

Hierdie verskil in die genetiese meriete van elke dier veroorsaak dat sommige beeste meer wins-gewend is en ander minder wins-gewend. Met hedendaagse tegnologie is dit moontlik om die beeste wat gene-ties meer winsgewend is, te identi-fiseer. Dit sal vir enige beesprodusent geweldig voordelig wees om hierdie diere deel van hul kuddes te maak, te vermeerder en die minder wins-gewende koeie te vervang. `n Simulasiemodel is gebruik om data van `n kudde by Boshoff te analiseer om vas te stel hoe die genetiese profiele van die meer winsgewende koeie lyk. Koeie is in 24 groepe ingedeel volgens hul teelwaardes, koeidoel-treffendheidsindekse en koeigewig

by speen. `n Omset is dus bereken vir elk van die 24 groepe op `n plaas van 4 400ha met `n drakrag van 20 ha/GVE (grootvee-eenheid). Onder meer is `n konstante speenkalfprys en C-graad-prys ge-bruik. Die drie mees winsgewende groepe, asook die drie mins wins-gewende groepe se gemiddelde waardes word in Tabel 2 (bl. 36) aangetoon. Die laagste en hoogste waarde (variasie) word in hakies aange-toon. In die algemeen was daar meer variasie ten opsigte van die verskil-lende eienskappe by die mins wins-gewende groep. In hierdie kudde en binne sy omgewing blyk dit dat die ideale koei 377kg tot 410kg weeg by speen.

Page 38: Kommuniek Mei 2013

36

Tabel 2.

`n Koei uit die meer winsgewende koeie-groep.

`n Koei uit die meer winsgewende koeie-groep.

Groep Koeigewig (kg)

Kalfgewig (kg)

Speen % Koei / kalf %

Inkomste (R)

Aantal koeie

Speengewig teelwaarde

Melk teelwaarde

Volwasse Gewig teelwaarde

Meer wins 389 (377 tot 410)

186 (182 tot 192)

96 (96 tot 96)

48 (47 tot 48.3)

441,020, (433,184 tot 450,991)

177 (174 tot 179)

4.3 (2 tot 6.4)

4.7 (2.5 tot 8.4)

5 (-2 tot 13.3)

Minder wins

396 (345 tot 472)

169 (163 tot 181)

93 (89 tot 98)

43 (38.4 tot 47.3)

392,662 (374,244 tot 403,337)

173 (161 tot 180)

3.3 (-2.2 tot 7.5)

0.2 (-5.5 tot 2.4)

0.8 (-20.8 tot 18.5)

Ras- gemiddeld

0.2 0.5 0

Hierdie koeie speen swaar kal-wers ten opsigte van hul eie gewig (koei/ kalf %), grootliks vanweë die feit dat hulle geneties bo die ras-gemiddeld is vir moedereienskappe (melkgehalte en -kwantiteit), soos gesien kan word aan die melkteel-waardes. Hiermee saam het hulle ook gene-ties genoeg groei tot by speen soos aangedui deur die speengewig-teel-waardes. Die minder winsgewende groep koeie het baie gevarieër van gemiddeld 345kg-koeie met ge-neties ondergemiddelde groei en melk-eienskappe wat gevolglik ligte kalwers gespeen het, 372kg-koeie met geneties bo-gemiddelde groei maar aansienlik onder die rasgem-iddeld vir melk-eienskappe wat gevolglik ook ligte kalwers gespeen het, tot 472kg-koeie met geneties bo-gemiddelde groei en melk-eien-skappe, maar wat net te groot is om doeltreffend te wees (koei/kalf % = 38,4 kg). In kort wys die analise duidelik waarom `n sekere groep koeie minder winsgewend is terwyl re-des hiervoor kan wissel van swak melkproduksie en -eienskappe, koeie met `n te hoë volwasse gewig wat ondoeltreffend raak en in `n mindere mate koeie wat geneties nie genoeg groei het nie. Kruisteling met die Nguni Kruisteling kan groot probleme

vir produsente veroorsaak as dit nie reg bestuur word nie. `n Baie eenvoudige metode bestaan egter om op die regte manier met Nguni-beeste kruisteling te doen. Die Omatjenne-studie (bl. 33) het gewys dat dit die mees wins-gewende en doeltreffende manier is om die meeste vleis per hektaar of per 100 kg gepaar te produseer. In so `n stelsel word grootraam-bulle (bv. Charolais en Simmentaler) op suiwer Nguni- koeie gebruik wat `n baie hoë koei/ kalf verhouding by

speen tot gevolg het. Twee faktore is hier van uiterste belang. Eerstens is dit kardinaal dat die koeikudde absoluut suiwer Nguni-beeste moet bly. Tweedens moet die produsent besluit of hy suiwer Nguni-vervan-gingsverse gaan inkoop om dit reg te kry en of hy `n gedeelte van sy koeie apart met Nguni-bulle gaan paar om self vervangingsverse te teel. Die eenvoudigste alternatief uit `n bestuursoogpunt is om die eerste helfte van die dekseisoen Nguni- bulle by die Nguni-koeie te sit en dan die bulle uit te haal en die tweede helfde van die dekseisoen Charalois- of Simmentaler-bulle by te sit. Sodoende word vervang-ingsverse gehou wat gebore word uit die vrugbaarste Nguni koeie wat eerste bul gevat het (eerste helfde van die seisoen). In bogenoemde stelsel is die fa-briek (suiwer Nguni-koeie) baie vrugbaar, aangepas en gehard, bestand teen bosluise en het mind-er duur lek nodig, terwyl uitsette maksimaal is vanweë die swaar kalf vanaf die grootraam vaar. Studies het ook gewys dat Nguni- koeie sonder enige probleme van grootraam-bulle kan kalf. Die rede hiervoor is dat Nguni- koeie die groei van die fetus in die baarmoeder beperk, asook die feit dat hulle hangkruise het wat kalwing vergemaklik.

Page 39: Kommuniek Mei 2013
Page 40: Kommuniek Mei 2013

38

Page 41: Kommuniek Mei 2013

39

Op die veeplaas

Koste van grond `n faktor in volhoubare veeboerdery

O m volhoubaar te boer, moet `n produsent die hoeveelheid weiding

bereken wat `n grootvee-eenheid (GVE 450kg) in `n jaar sal inneem. Hieruit kan die area bereken word wat die koei nodig het om te pro-duseer en voort te plant. Hierdie

area is in die meeste gebiede van die reënval afhanklik. Diagram 1 toon dat in `n gebied waar 200mm reënval per jaar aangeteken word, 20ha nodig is. Dit volg `n patroon tot by 1000mm per jaar waar slegs 2ha nodig sal wees. Wanneer die area 10ha oor-skry, sal diere neig om `n kleiner liggaamsgewig te hê weens die afstand wat hulle moet aflê om hul daaglikse weiding te bekom. Wanneer die area kleiner as 10ha is, is die reënval gewoonlik hoër wat weer die grond uitloog. Die koste van `n koei beraam teen R10 000 (insluitend die bulfaktor van R30 000) plus die grond (R40 000 soos gesien in Figuur 1)

gee `n waarde van R50 000. Dit is dus duidelik dat die dier 20% van die koste opmaak en die grond 80%. Met Google earth is dit vandag maklik om die aantal kampe op die plaas te tel. Ek stel voor dat pro-dusente hul kampe nommer en die gewig van die kudde bepaal. Die datum waarop die hek oop-maak sal die begindatum wees en die dag wanneer die diere uitge-

Mnr. Peter Milton, boerdery- konsultant en lewendhawe- kenner, sal voortaan die Op die veeplaas-rubriek hanteer. Hiermee gee Kommuniek graag inligting oor veeboerdery aan ons produsente deur. In hierdie aflewering word die grondprys bespreek.

Reën mm Prys/ha Koste per GVE

200 20.0 2,000R = 40,000R

400 10.0 4,000R = 40,000R

600 5.0 8,000R = 40,000R

800 2.5 16,000R = 40,000R

Grond 40,000R 80%Koei 10,000R 20%

Eenheid 50,000R 100%

Beste groei

*GVE = Grootvee-eenheid

4/25/2013 1

Figuur 1.

Peter Milton

Page 42: Kommuniek Mei 2013

40

haal word, is die einddatum. Hieruit kan `n mens die aantal GVE bepaal wat vir daardie peri-ode gedra is. My raad aan produsente is om `n eenvoudige Exel-sprei-vel te maak wat die tyd gebruik en tyd gerus, sowel as die GVE wat vir daardie periode gedra is, in diagramvorm toon. Dit sal wys wees om hierdie sprei-vel na `n weidingskonsultant te neem om die soort weidingsisteem te evalueer. Dit is ook nodig om die waarde van `n vierdraad heining per kilo-meter te bepaal. Kom ons sê die waarde is R30 000. Ons kan nou die koste bepaal om `n kamp te halveer of nog kampe op te rig. Wees versigtig om hierdie uitgawe aan te gaan tensy jy `n weidingsisteem volg en geadviseer is om dit te doen. Om omtrek te verduidelik, gebruik ek twee sokkervelde as verwysings- punt – 100m x 100m + 1000m2 of een hektaar (sien Tabel 1). Die volgende faktor is die koste om die omtrek van `n GVE te omhein. Met twee sokkervelde sal die koste R1 200 wees. Hoewel die koste per GVE dieselfde is, kos die omheining 2,8 keer meer in droë dele (sien Tabel 2).

2 x lengte 2 x breedte3.00R

Lengte Breedte Km KM Vierkante meter Ha Omtrek Koste/omtrek

100 100 0.10 0.10 10,000 1.0 400 1,200R 200 200 1,000 1,000 1.00 1.00 1,000,000 100.0 4,000 12,000R 2,000 2,000

10,000 10,000 10.00 10.00 100,000,000 10,000.0 40,000 120,000R 20,000 20,000 20,000 20,000 20.00 20.00 400,000,000 40,000.0 80,000 240,000R 40,000 40,000

100,000 100,000 100.00 100.00 10,000,000,000 1,000,000.0 400,000 1,200,000R 200,000 200,000

3.00R Lengte Breedte Km KM Vierkante meter Ha/LHE Omtrek Koste/LHE 2 x lengte 2 x breedte

160 156 0.160 0.156 25,000 2.5 633 1,898R 320 313 224 223 0.224 0.223 49,952 5.0 894 2,682R 448 446 320 313 0.320 0.313 100,032 10.0 1,265 3,796R 640 625 450 444 0.450 0.444 200,003 20.0 1,789 5,367R 900 889

Tabel 1.

Tabel 2.

In gebiede waar wildboerdery ge-wild is, kan die grondprys R60 000-R70 000 per GVE behaal. Dit sal beteken dat `n nuwe produ- sent met `n 1,5 keer groter plaas kan begin in die regte gebied. In die Oos-Kaap is grondpryse byvoorbeeld heelwat laer en kan

plase teen R25 000/GVE gekoop word. In die volgende rubriek sal ons kyk na die invloed wat die koste van aanvullings op veeboerdery het. Veeplaas-groetePeter Milton

depo

sitp

hoto

s

Page 43: Kommuniek Mei 2013
Page 44: Kommuniek Mei 2013

42

Lewendehawe

Veediefstal: Produsente kan hulself met kennis bemagtig

1. WET OP VEEDIEFSTAL, 1959(WET NO. 57 VAN 1959) ARTIKEL 6Identifikasiedokument moet voorsien word deur die persoon wat van die vee ontslae raak: � Artikel 6(1): Enige persoon (inslui-tend enige afslaer, agent of mark) wat enige vee verkoop, ruil, weggee ofop enige ander manier van vee ont-slae raak aan enige ander persoon,sal, teen die tyd wat hy of sy die vee aflewer aan die persoon aan wiedie vee verkoop, geruil, weggegee of verwyder is, `n dokument bekendas `n identifikasiedokument aan so`n persoon voorsien. � Artikel 6(3): Enige persoon aan wie `n identifikasiedokument voorsien word kragtens sub-artikel (1), sal dit in sy/haar besit hou vir `n periodevan ten minste een jaar. ARTIKEL 8Vee of opbrengs wat op openbare paaie aangejaag, aangery of vervoer word:� Artikel 8(1) bepaal dat geen per- soon enige vee of opbrengs mag aanjaag, aanry of vervoer wat nie aan hom of haar behoort op of langs enige openbare pad nie tensy hy of sy

`n sertifikaat (verwyderingsertifikaat) in sy of haar besit het wat aan hom of haar uitgereik is deur die eienaar van die vee of oes of die behoorlik gemagtigde agent van die eienaar. 2. WET OP DIE IDENTIFIKASIE VAN DIERE, 2002 (WET NO. 6 VAN 2002) ARTIKEL 7Pligte van eienaars:� Alle eienaars van beeste, skape, bokke en varke moet `n identifikasie-merk registreer by die Registrateur van Diereidentifikasie.� Elke eienaar moet sy/haar diere op die voorgeskrewe metode merk.� Alle beeste, skape, bokke en varke waarvan die identifikasiemerk on-duidelik of onsigbaar geword het,moet ooreenkomstig wetlike voor-skrifte geheridentifiseer word.� Enige eienaar van `n dier met `n identifikasiemerk wat die dier binne 14 dae nadat hy of sy die eienaar

geword het, wil verkoop, ruil of weg-gee, moet die nuwe eienaar van `nidentifikasiedokument voorsien. Dit beteken dat daar binne 14 dae vandie dier ontslae geraak kan word sonder dat dit met die nuwe eienaar se merk gemerk is, omdat dit reeds die vorige eienaar se merk op het en `n identifikasiedokument uitgereik is.� ` n Eienaar wat `n dier ná 14 dae nadat hy of sy die eienaar van so `n dier geword het, wil verkoop, ruil of weggee, moet sy of haar eie merk op die dier aanbring voordat hy daarvan ontslae raak. Die eienaar moet ookdie nuwe eienaar van `n identifikasie-dokument voorsien. Die nuwe eienaar moet die identifkasiedokument vir `nperiode van een jaar hou. Dit bete-ken dat daar nie ná 14 dae van die dier ontslae geraak kan word sonderdat die nuwe eienaar se identifikasie-merk op die dier aangebring is en `nidentifikasiedokument uitgereik is nie.

Foto

’s: d

epos

itpho

tos

Die Suid-Afrikaanse Polisie- diens het die volgende in-ligting beskikbaar gemaak om produsente te help om hulself teen veediefstal te bemagtig.

Page 45: Kommuniek Mei 2013

43

3. OUDERDOM WAAROP DIERE GEMERK WORD (REG. 11)Beeste� Kan op die ouderdom van een maand getatoeëer word.� Moet teen die ouderdom van ses maande gemerk wees.� Kan op die ouderdom van ses maande gebrandmerk word.� Moet teen die ouderdom wat die eerste paar permanente snytande verskyn, gebrandmerk wees (tweetand stadium).Kleinvee� Moet op die ouderdom van een maand getatoeëer word.Varke� Moet op die ouderdom van een maand getatoeëer word.Volstruise� Kan op die ouderdom van een maand getatoeëer word.� Kan op die ouderdom van ses maande gebrandmerk word.Perde� Kan op die ouderdom van ses maande getatoeëer word.� Kan op die ouderdom van twaalf maande gebrandmerk word.

4. WET OP DIE VEILIGHEID VAN VLEIS, 2000 (WET NO. 40 VAN 2000) ARTIKEL 7Verbod op die slag van diere by plek-ke anders as abattoirs, en vrystellings:� Artikel 7(1) bepaal dat geenpersoona) enige dier mag slag by enige plek anders as `n abattoir nie;b) mag toelaat dat enige dier geslag mag word by enige plek onder syof haar beheer nie, tensy die plek `n abattoir is;c) vleis vir gebruik deur mense of diere mag verkoop of voorsien tensydit by `n abattoir geslag word nie.� Sub-artikel (1) is nie van toepas- sing op slag vir eie gebruik of vir kul-turele of godsdienstige doeleindesnie.� Artikel 7(2) bepaal dat geen vleis of produk wat verkry is van `n dier, wat geslag word soos aangedui in bogenoemde paragraaf(a) aan enige persoon verkoop mag word nie.

5. WENKE� Vee-eienaars behoort alle heinings

en hekke in goeie, werkende toe-stand te hou om hul vee te beskerm. Oorweeg dit om `n werknemer wat spesiaal opgelei is aan te stel om daagliks die heining te patrolleer. Hy/sy kan verseker dat gate in en onder die heinings onmiddelik herstelword. Inspekteer self die herstelwerk.� Laaibrûe in veekampe of op plase weg van direkte toesighouding be-hoort ten alle tye gesluit of versper teword.� As `n vee-eienaar dit oorweeg om `n bykomende plaas te koop, onthou dat afwesige eienaars nie `n oes in-samel nie. Probeer om eerder grond nader aan die tuisplaas te koop.� Verhinder dat gesteelde diere op jou perseel weggesteek word. Vee-poste dien as ideale oornag-stilhou-plekke om gesteelde vee weg testeek. Onbekende vee wat by hierdie poste gevind word, moet onmiddelikaan die SAPD gerapporteer word.� Vee-eienaars behoort self minstens een keer per week vee by veeposte te tel.� As werknemers verdink word dat hulle by veediefstal betrokke was, laat

Page 46: Kommuniek Mei 2013

44

werknemers by veeposte toe om hulle eie diere te hê, aangesien dit `n goeie voorkomingsmaatreël is. Laat die die-re toe om te meng en saam te wei.� Talle hofsake word verloor weens dispute oor die behoorlike identi-fikasie van diere. As `n dier gemerk is met `n geregistreerde brand- of tatoeëermerk, sal dispute vermy word. Werknemers behoort hul vee behoor- lik te merk kragtens die Wet op die Identifikasie van Diere, 2002 (Wet No. 6 van 2002), verkieslik deur hulle te brandmerk.� Wees veral waaksaam wanneer daar `n volmaan is, oor naweke, aan die einde of die begin van `n maand en op tye wat jy uit ondervinding weet wanneer veediefstal plaasvind (slagvir die pot).� Rapporteer onmiddelik onbekende diere tussen jou diere aan die SAPD en jou bure.� Vee-eienaars behoort onmiddelik veediefstal op hul persele te rappor-teer. Hoe langer `n mens dit uitstel, hoe kleiner is die kans om sukses te behaal.� Om gereeld diere saam te jaag en te tel, is belangrik. Gaan ook werkne-mers se vee na.Indien dit nie moontlik is om vee elke dag te tel nie, probeer om diere minstens twee keer per week op ongereelde dae te tel. Vermy enige roetines, veral by veeposte, omdatwerknemers dalk informante vir vee-diewe kan wees. Tekorte en tekens wat moontlike dief-stal aandui, moet onmiddelik gerap-porteer word. Vee-eienaars moet die diere self tel en kan dit nie vir sy/haar werknemers laat om te tel nie of om enige klagte in te dien nie.� Wanneer aansoekers vir werk oor-weeg word, doen navrae by vorige werkgewers oor die werklike rede te vind waarom `n werknemer sy/ haar vorige werk verlaat het. Navrae moet ook by die SAPD gedoen word omvas te stel of die persoon `n kriminele rekord het en indien wel, watter soort kriminele rekord dit is. � Werknemers behoort opgelei te

word om aandag te skenk aan on-reëlmatighede. Vra werknemers om versigtig te wees oor wat hulle sê oor aktiwiteite op die plaas in vreemdelinge se teenwoor-digheid. Onverskillige praatjies kan tot veeverlies lei.� Rapporteer onmiddellik aan die Veediefstaleenheid wanneer diere- spekulante, vel- en beenkopers of veehandelaars van buurlande aktief raak in `n spesifieke gebied. Hou be-hoorlik rekord van alle voornemende veekopers sodra onderhandelings begin.� Die noodsaaklikheid van `n deeglike veeregister kan nie oor-beklemtoon word nie. Teken soveel besonderhede as moontlik aan en hou die register self op datum.� Moenie `n leeglêery op die plaas toelaat of dat enige ledige of werk-lose mense hulle op die perseel vestignie. Vreemdelinge wat die plaas be-tree of werknemers besoek, moet eers toestemming kry. Stel `n beheerstelsel vir besoekers in waar al die plaas se besoekers se besonderhede neerge-skryf word, asook wie hulle besoek en wanneer hulle die perseel gaan verlaat.

� Dit gebeur dikwels dat vee-eie-naars wat naby grense bly, op die een of ander manier betrokke raak by onwettige handel met burgers vanbuurlande, soos om weiveld te huur of verhuur. Regstappe moet in hierdieverband geneem word. As dit nie geneem word nie, kan sulke gedrag die ideale klimaat vir andermisdade en diefstal skep.� Dit gebeur dikwels dat diefstalsake herroep moet word weens `n gebrek aan belangstelling of onwilligheid van klaers om hofverrigtinge by te woon. Toon belangstelling om sake op te los en woon alle hofsake by.� Werk saam met die plaaslike SAPD en Veediefstaleenheid, moenie teen hulle werk nie. Ondersteun hulle in hul pogings om jou te help.

BAIE BELANGRIK� Tel jou vee GEREELD.� Rapporteer ALLE veediefstalsakeONMIDDELLIK.� Hou `n gekontroleerde VEERE- GISTER.� MERK jou vee ooreenkomstig. Inligting verskaf deur die Suid-Afri-kaanse Polisiediens (SAPD).

Page 47: Kommuniek Mei 2013
Page 48: Kommuniek Mei 2013

46

GWK Nuus

SANParks se Ereveldwagters het on-langs die Mokala Rhino Classic in

samewerking met Mokala Nasionale Park aangebied. GWK was as borg by hierdie geleentheid betrokke. “Ons was baie trots op die waterpunt wat die Saterdag en Sondag deur GWK beman is,” sê mnr. Dudley van Rensburg (Voorsitter: SanParks Ere- veldwagters in die Diamantveld-streek). Moeë fietsryers het hierdie punt as uitstekend en `n baie wel-kome lafenis beskryf. Ons het ook groot waardering vir die span wat GWK vir die 40km-wedren ingeskryf het.” Volgens Van Rensburg is aanvanklik beoog om 100 fietsryers in die Moka-la Nasionale Park te akkommodeer. “Ons moes op 130 inskrywings die hekke sluit. Fietsryers het hul families saamgebring om die natuurskoon in die park te geniet en terselfdertyd kennis geneem van GWK se betrok- kenheid by die bewaring van ons na- tuurerfenis.

GWK-SPAN NEEM DEEL AAN RHINO CLASSIC

Mnr. Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering en FloTank) doen by die waterpunt aan vir iets te drinke. Foto’s Lévonne Kotze.

Mnr. Rocky le Roux (Uitvoerende Bestuurder: Direkte Insette) tydens die wedren.

Page 49: Kommuniek Mei 2013

PO BOX 1761, KIMBERLEY, 83004 HENDRIK VAN DER BIJL STREET, KIMDUSTRIA, 8301TEL: (053) 841 0339 FAX: 053 841 0492CALL CENTRE: 0861-STUTTAFORD

E-MAIL: [email protected]: http://www.stuttafordvanlines.com

EST.1857

THE SAFEST MOVE YOU CAN MAKE

CHANDRE SPANGENBERGADMIN & MARKETING ASSISTANTCELL: 083 630 3386

Mev. Colleen en mnr. Johan Jacobs van Douglas ge-niet die natuurskoon in die park tydens die wedren.

Mnre. Johan Steyn (links, Senior Teg-nikus: Kommunikasietegnologie) en Johan Basson (inlas, Tegnikus: Kom-munikasietegnologie) hou GWK se naam hoog.

Page 50: Kommuniek Mei 2013

48

GWK BY SAKE-ONTBYT IN BLOEMFONTEIN

EKS-DIREKTEURE KOM OP MODDERRIVIER BYEEN

Mnr. Brand Pretorius (links), `n ikoon in die sakewêreld, het sakelui in Bloemfontein geïnspireer met `n vertelling oor die pad wat hy moes stap om te kom waar hy vandag is. Hy het die sowat 350 gaste by die geleentheid gemotiveer om eerlike besighede op te bou en op etiese standaarde te fokus. Mnr. Johan van Dyk (regs), Besturende Direkteur van GWK, het ook tydens die geleentheid die gaste toegespreek. Middel: Mnr. Kgalaletso Thoaele, Absa hoof van verkope en diens in die sentrale streek.

GWK se Eks-Direkteureklub het onlangs op Modderrivier saamgekom waar hulle GWK se fasiliteite besoek en aktue-le kwessies oor die besigheid bespreek het. Hou die Junie-uitgawe dop vir meer hieroor.

Page 51: Kommuniek Mei 2013

DOUGLAS FIETSRYKLUB NEEM AAN ARGUS DEEL

San

lam

CI1

00

2RS

03

83

BP

A

www.sanlam.co.zaGELISENSIEERDE VERSKAFFER VANFINANSIËLE DIENSTE

Om seker te maak dat jy oor die weg kom, al word jy beseer en kan nie werk nie, is makliker as wat jy dink.

Met ’n Persoonlike Dekkingspolis van Sanlam kan jy seker maak dat jy al die geldelike ondersteuning het wat jy nodig het as jy nie

meer kan werk as gevolg van siekte of besering nie. Neem die eerste stap na ’n sekere toekoms – maak nie saak wat gebeur nie.

As ’n ervare finansiële adviseur kan ek jou help om gemoedsrus te kry.

Begin deur ons te skakel.

Maryke van NiekerkFinansiële Adviseur

053 830 1306079 529 5658

[email protected]

Frans FoucheFinansiële Adviseur

053 861 1053082 456 0472

[email protected]

Brigitte LombardFinansiële Adviseur

053 353 1166082 818 5798

[email protected]

Anelle BesterFinansiële Adviseur

053 573 0011072 551 7196

[email protected]

Hennie FaberFinansiële Adviseur

053 298 2017082 922 6676

[email protected]

GWK Meganisasie het die Douglas Fietsryklub met fietsryhemde vir die Argus-fietswedren geborg. Hier is die klublede wat aan die Argus deelgeneem het saam met mnr. Rudi Kemp (middel, Bedryfshoof: Sentrale Bedinging Meganisasie). Foto: Tania Fourie

Page 52: Kommuniek Mei 2013

50

Ons Mense

Mnr. Charles Donald (Produkte Depotbestuurder) van GWK op Modderrivier in die gradeerkamer.

Mnr. Johan Esterhuizen (Bedryfshoof: Handelswinkel en Vulstasie) en mes. Jacky Etzebeth (Bedryfshoof: Kleinhandel Administrasie) en Felicity Vorster (Bedryfshoof: Direkte Insette) van GWK op Modderrivier sit koppe bymekaar.

Hierdie maand gooi Kommuniek `n ogie waar GWK se werknemers met hul dagtake besig is.

Mnre. John Kirsten en Carlo du Toit van GWK Megani- sasie op Modderrivier help `n klant, mnr. Johny Cloete.

Page 53: Kommuniek Mei 2013

51

Me. Natasha Roets en Freddie Young van GWK Properties hard aan die werk.

Me. Marika Steenkamp (Bedryfshoof: Handelstore) van GWK op Kimberley.

Mnr. Bushy Oliver van GWK LandMark op Kimberley verseker dat elke klant welkom voel by die winkel.

By GWK se fasiliteite op Modderrivier word die toonbank behoorlik skoongemaak. Dankie Maria!

Mnr. Jan Booysen (Klerk: Algemeen) van GWK op Mod- derrivier wat reeds die afgelope 15 jaar by vloeibare skedulering, die op- en aflaai van kunsmis, die reël van vragte en die bestelling van die depotvoorraad betrokke is.

Page 54: Kommuniek Mei 2013

52

Mnr. Anton Visagie (Bedryfshoof: Handelswinkel en Be-sproeiing) van GWK op Hopetown, lees `n SMS wat `n klant aan hom gestuur het.

Me. Mandi Sprout, die vriendelike telefoonoperateur by GWK op Hopetown.

Mnr. Klaas van Rooyen (links) bedien mnr. Frans Wiid (mid-del) en sy plaasbestuurder. “Klaas is tops,” sê me. Louisa Thomas, Bemarkingsbestuurder van GWK op Hopetown.

Mev. Liana Hauptfleisch (Skeduleerder: FloTank), skedu- leer vragte tydens FloTank se jaarafsluiting op Doug-las verlede jaar. “Met sulke mense kan ek `n lang pad stap,” sê mnr. Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: FloTank en Versekering).

Mes. Lientjie Faber (Bedryfshoof: Kleinhandel Administrasie) en Chriselda Liebenberg (Klerk: Handel) van GWK opKimberley.

Page 55: Kommuniek Mei 2013
Page 56: Kommuniek Mei 2013

54

Ons mense

Kiekies

Tema vir Mei

Tema vir Julie

Tema vir Junie

Maandelikse pryse1ste R500 kontant2de R300 kontant3de R200 kontant

Stuur foto’s [email protected]

Herfs Ná `n ongenaakbare warm somer in die Noord-Kaap wag `n koue winter weer op ons. Intussen vermaak die natuur ons met die pragtige herfs-tonele wat hom oral afspeel.

Vriendskap In die winterkoue het ons `n warm hand van vriendskap nodig. Dit mag `n vriendskap met `n mens wees, maar die mens se beste vriend het soms vier voete!

Winter In die koue speel die mooiste gesigte hom soms af. Terwyl ons bibber van die koue, is dit tyd om te soek na tonele en gebeurtenisse wat aan hierdie seisoen sy bekoring gee.

Wenner Willie Meyer van Bloemfontein

Page 57: Kommuniek Mei 2013

55

Tweede Ilse Walters van Randburg

Derde Chris Piek van Douglas

Page 58: Kommuniek Mei 2013

56

Tania FourieGriekwas gesels

GWK is die hoofborg van die GWK Griekwas

‘Ek sal Griekwas tot die dood ondersteun’ sê oom Bushy

Oom Bushy, Griekwas se bekendste ondersteuner. Foto: Emile Hendricks, Volksblad.

O om Bushy is al 63 jaar lank `n Griekwa-ondersteuner en volgens hom het hy

nog nooit sy stem of sy passie daarvoor verloor nie. “Ek is lief vir rugby en sport. Dit hou my jonk. Daar is niks so lekker

soos om op die veld rond te draf en my span aan te moedig nie. Dit is vir my `n groot eer.” Hy meen Griekwas kan baie beter vaar as op die oomblik, maar verdedig sy span met die verduideliking dat nege spelers Griekwas vir die Cheetahs ver-laat het weens baie beserings aan die katte se kant. Nietemin bly oom Bushy Griekwas se grootste ondersteuner. Oom Bushy sê daar is veral een oom-blik as Griekwa-ondersteuner wat hy nooit sal vergeet nie. “Dit was in 1970 toe Griekwas die Curriebeker gewen het. Ek was `n ball boy in daardie

wedstryd en ek was maar net 17 jaar oud. Dit was `n ervaring wat ek baie na aan my hart dra.” As hy enigiets aan ander Griekwa- ondersteuners kon sê, sou dit wees om hulle aan te moedig om hul span met passie te ondersteun. “Kyk soos by Nu-weland, daardie Stormers-ondersteu- ners dra hul span deur. Ek sal graag dieselfde vir Griekwas wil hê. Help my om hulle deur te dra en tot die oorwin-ning te ondersteun. “Ek is al 80 jaar oud en ek sal Grie-kwas tot die dood ondersteun . . . en dit is nog baie ver!”

Oom Bushy Oliver van Kimber-ley is alombekend vir die passie waarmee hy Griekwas onder- steun. Kommuniek het met hom oor sy kosbaarste Griekwa- oomblikke gesels.

Page 59: Kommuniek Mei 2013

57

Die SkopskoenOom Gemsbok

Staan agter ons manne!

D agsê vrinne.As ons rugbyliefhebbers al ooit na `n oopdeur-Super 15

verlang het, dan is dit hierdie jaar die geval. Geen span in die Kompetisie hardloop weg op die punteleer nie en geen span is verseker van `n wen nie. Die spanne loop kop aan kop en is dit nie lekker nie. Tot die Crusaders val gereeld vas wat Oom Gemsbok nogal waardeer. Dit maak die S15 soveel lekkerder. Dis nie goed vir ons bloed-druk nie, maar tog meer regverdig. Op Suid-Afrikaanse bodem is dit op die oomblik die Bulls wat ná `n swakkerige toer hulself mooi regruk en eers die Cheetha’s klop en daarna die Kings die pak van hul lewe gee om bo-aan die punteleer te lê. Ewe skielik spog die Bulls met `n agterlyn wat die wêreld aan die brand speel. Deels oor Vermaak op nommer nege wat die balle baie vinnig skoonmaak en dan `n senterpaar wat in een van die grootste nog mag ontwikkel. In Serfontein en Engelbrecht sit die

Bulle nou met manne wat die spasie uitstekend aanval en gapings slaan waar lanklaas gapings was. Met baie beseerde spelers wat eersdaags terug-keer en heelwat wedstryde op Loftus, kan die Bul-span hul stem dalk net nog dikker maak. Die ander span wat die volkie aan die praat het, is die Cheetahs. Ná `n hoogs suksesvolle toer sit die Wit tornado sy segetog voort. Hulle pak staan sy man, hul voorry maak amok teen enige teenstander wat hulle durf aanvat en hul agterlyn slaan baie hard, veral uit gebroke spel waar hulle naweek vir naweek die wedstryde swaai en gewen kry. Met die volgende drie wedstryde in Bloemfontein kan die Cheetah-span mooi opskuif op die punteleer. Spelers soos Sarel en Eber-son steek hul hande hoog op hierdie jaar. In die Haaitenk gaan dit nie goed nie. Die manne in swart vat lelik houe en van die veld af gaan dinge ook maar broekskeur. Wat Oom Gemsbok die meeste bekommer, is hul senior Bokke

wat heeltemal uit die bus val en glad nie op vorm is nie. Dalk rugbyvoos? Manne soos Jannie, Beast en Steyn maak geen impak meer nie. Ná nog `n drag slae is hulle nou op toer en hier gaan dit nie veel makliker raak nie. Sterkte aan die Sharks! By die Stormers gaan dinge nie veel beter nie. Die beserings eis sy tol by die Kapenaars en met Habana en Etzebeth wat terugkom, hoop ons die manne kan die boot terugdraai vorentoe. Die Kings het so seergekry teen die Bulls dat hulle nou kapteinloos is en Oom Gemsbok wonder of hulle gou ten volle hiervan gaan herstel. Aan die Vodacom-kant beleef Grie-kwas `n opdraande stryd om seker te maak hulle haal die halfeind, maar al-les is nie verlore nie. Ná hul skitterende wen oor die Luiperds lyk dinge beter, so laat ons agter ons manne staan!

Geniet die rugby!

GroetnisOom Gemsbok

Page 60: Kommuniek Mei 2013

58

Pret op die plaasVir die jongspan

Een, twee, drie, blok jou!Woordelyshondhoenderhaanperdvarkeendskaap

1

1

2

2

3

3

4

4

5

5

6

6

Page 61: Kommuniek Mei 2013
Page 62: Kommuniek Mei 2013

60

Trek die skoen aan . . . en voel waar hy druk

Carien GroblerLeefstyl

S legs die persoon wat dit aan het, weet presies waar sy skoene druk. Op dieselfde

manier is dit soms moeilik om te

Navorsing het bewys dat mense wat die vermoë aangeleer het om empatie met ander mense te hê, meer selfvertroue het, meer sensitief is en ook hulself makliker laat geld.

bepaal hoe `n probleem iemand anders raak. Daarom lui die spreekwoord dat `n mens jouself in iemand anders se skoene moet plaas om hom beter te verstaan. Hoewel dit soms moeilik is om jouself in iemand anders se situasie in te dink as jy dit nog nooit self ervaar het nie, het die mens die vermoë om op `n emosionele vlak iemand anders se skoene aan te trek en `n entjie daarmee te gaan stap.

Sielkundiges noem dit empatie – die vermoë om met iemand anders se gevoelens of geestestoestand te identifiseer en dit te verstaan. Navorsing het bewys dat mense wat die vermoë aangeleer het om em-patie met ander mense te hê, meer selfvertroue het, meer sensitief is en ook hulself makliker laat geld. Hulle geniet ook beter fisieke en geestelike gesondheid. Mense ad-mireer ook sulke mense vir hul ver-moë om hul situasies te verstaan.

Page 63: Kommuniek Mei 2013

61

depo

sitp

hoto

s

verstaan, wat sterker verhoudings tot gevolg sal hê. Hier is `n paar dinge wat jy kan doen om meer empatie met ander mense te hê:

Ondersoek jou eie ingesteldheidIs dit vir jou baie belangrik dat dinge op jou manier gedoen moet word, of is dit eerder belangrik om dit op die mees effektiewe manier te doen? Onthou dat jou manier van doen nie noodwendig die beste manier is nie en dat iemand an-ders moontlik `n meer effektiewe

oplossing vir `n probleem kan hê.

Dink twee keer oor wat ander

mense vir jou sêProbeer agter-kom waarom mense `n sekere

siening oor iets het en tree met respek

daarvoor op. Jy sal dikwels vind dat ander mense se opinies van

joune verskil, maar ook dat hulle in die meeste gevalle `n

goeie rede vir hul menings het.

Wanneer die rede vir jou onbenullig

lyk, is dit juis die tyd wat jy `n entjie in iemand

anders se skoene moet gaan stap. Om jouself in iemand anders se skoene te plaas, vereis dat jy dinge uit sy oogpunt sal sien. Hou dus in gedagte hoe al die betrokkenes deur `n probleem geraak word voordat jy `n oplossing daarvoor soek.

Oordeel ander se sienings regverdigSit `n slag jou eie siening opsy en probeer om deur ie-mand anders se oë na `n situasie te kyk. Deur dit te doen, sal jy besef dat ander mense waarskynlik nie

opsetlik onredelik of hardkoppig is nie, maar slegs die situasie probeer hanteer met die vaardighede wat tot hulle beskikking is. Voeg eerder jou vaardighede daarby en hanteer die situasie op `n manier wat vir almal tot voordeel is, as om teen ander se sienings te skop.

Luister aandagtigLuister altyd na die hele boodskap wat iemand aan jou probeer oor-dra. Luister na die woorde en let op na sy stemtoon en lyftaal. Iemand wat senuweeagtig is, sal byvoor-beeld in `n hoër stemtoon praat. Luister ook met jou hart – is daar `n onderliggende boodskap en hoe voel die betrokke persoon oor wat hy aan jou oordra?

Vra hoe iemand anders `n situasie sal hanteer As `n spesifieke situasie iemand anders raak, vra hom hoe hy ver-kies om dit te hanteer. Dit is `n baie eenvoudige en di-rekte manier om die ander persoon beter te verstaan en jou empatie uit te druk. Dit sal aan hom of haar kommuni-keer dat jy toeganklik en bedag- saam is omdat jy belangstel in wat hy of sy dink, ervaar en voel. Só sal die ander persoon ook meer geneig wees om inskik-lik teenoor jou op te tree en `n wen-wen-situasie te skep.

“Om empatie met iemand te hê is om te verstaan hoe hy voel, maar na regte ook

om te weet hoe jy sou voel as jy in dieselfde

situasie was,” sê dr. Lawrence Kutner, kliniese sielkundige aan die Harvard Medical School en skrywer van verskeie boeke. “Dit is `n verlengstuk van die begrip wat ons vir onsself het, maar is heelwat meer kompleks. Dit sluit ook `n bewustheid in van wat an-der dink en die emosies wat hulle ervaar.” Volgens Kutner is empatie, an-ders as intelligensie en fisieke aantreklikheid, `n vaar-digheid wat talle mense reeds as kind aanleer. “Dit is `n vaardig-heid met veelvoudige waarde. “Kinders wat meer em-patie teenoor ander be-toon, is geneig om beter te vaar op skool, in sosiale situasies en ook hul loopbane as volwas-senes. Hulle word ook deur hul portuurgroepe as leiers beskou.”

Leer dit aan Elke mens het in `n sekere mate empatie met ander mense, hoewel sommige slegs empatie het met die mense naaste aan hulle. Sommige mense het egter die vaardigheid bemeester om met ander mense se omstandighede te assosieer en wend dit ook tot hul eie voordeel aan. Kenners meen dat empatie een van die belangrikste toevoegings is wat `n mens tot jou sosiale vaardighede kan maak en dat dit jou verhouding met jou maat, jou kinders, jou familie, maar ook jou kollegas drasties kan verbeter. Wanneer jy moeite doen om ander mense te verstaan, sal hulle waar-skynlik ook moeite doen om jou te

Page 64: Kommuniek Mei 2013

62

Carien GroblerGesondheid

Goud uit die grond . . . sit dit in jou mond!Luidens `n onlangse studie wat in die British Journal of Nutrition gepubliseer is, word aartappels verkeerdelik as `n voedselsoort met `n hoë Glukemiese Indeks (GI) geklassifiseer. Hiervolgens word `n telling van een tot 100 aan koolhidrate toegeken afhangend van hoe dit tydens die verteringsproses tot basiese glukose afgebreek word. Suiwer glukose het `n telling van 100. Hoe laer die telling, hoe langer neem dit vir die voedsel om ge-absorbeer te word, wat beteken dat `n mens langer vol bly. Om hierdie rede word lae GI-diëte aanbeveel vir mense wat gewig wil verloor. Volgens die navorsers kan die voorbereiding van `n aartappel `n wesenlike verskil aan die GI-syfer maak. Aartappels se GI is medium tot laag wanneer dit koud eerder as warm geëet word en wanneer dit heel, eer-der as fyngemaak geëet word.

Propvol vitamieneAartappels groei ondergronds, wat beteken dat al die vitamiene en minerale wat nodig is vir nuwe aar-tappelplantjies, in die knolle geberg word. In die 19de eeu het seevaarders aartappels op lang seereise geëet om skeurbuik te voorkom. Hierdie knol-groente is propvol vitamien C - `n mediumgrootte aartappel in die skil bevat sowat 27mg, amper die helfte van die voorgeskrewe daaglikse inname. Aartappels is ook ryk aan vitamien B en minerale soos kalium, magnesium en yster.

HartsiektesDie Agriculture Research Service in Navarre, Amerika, het 60 verskillen-de fitochemikalieë in aartappelskille geïdentifiseer. `n Groot gedeelte hiervan is flavonoïede, wat help om die liggaam teen hartsiektes te be-skerm deur die LDL-cholesterolvlakke te verlaag en die are vetvry te hou. Die B-vitamiene in aartappels help ook om die are te beskerm. Vitamien B6 verlaag die vlakke van `n mole-kuul genaamd homosisteïen, wat met inflammasie in die are verbind word. Hoë vlakke van hierdie molekuul kan die risiko van hartaanvalle en beroer- tes drasties verhoog.

Gesonde spysverteringEen gebakte aartappel verskaf nage-noeg 12% van die voorgeskrewe daaglikse inname vir vesel, wat ver- gelyk kan word met volgraanbrood, pasta en ontbytgraan. Hoë vlakke van vesel ondersteun `n gesonde spysverteringstelsel en kan die liggaam teen kolonkanker be-skerm. Die meeste van die vesel in aartap-pels kom in die skil voor, so dink twee keer voordat jy weer `n aartappel skil!

StresAartappels is ryk aan vitamien B6, wat nodig is vir selvernuwing, `n gesonde senuweestelsel en `n gebalanseerde gemoed. Jy hoef slegs 100g aartappel te eet om aan 20% van jou liggaam se daaglikse behoefte aan hierdie vitamien te voorsien. Vitamien B6 word gebruik om neurotransmitters te maak, wat boodskappe tussen selle oordra. Serotonien en dopamien is sulke neurotransmitters, wat nodig is om `n mens se gemoed te reguleer.

Page 65: Kommuniek Mei 2013

63

Resep

Asemrowende aartappelsop met rokerige roomkaas

Resep

Metode

4 koppies hoenderaftreksel4 koppies geskilde aartappels in blokkies gesny¼ fyngesnyde ui½ teelepel sout¼ teelepel fyn witpeper¼ teelepel fyn swartpeper1 houertjie roomkaas (gerookte ham geur)

� Meng die aftreksel, aartappels, ui en speserye.

� Kook oor medium hitte totdat aartappels sag is.

� Maak `n paar van die aartappels fyn om die stysel as verdikker te gebruik.

� Verlaag hitte. � Voeg roomkaas by. � Roer aanhoudend totdat kaas

smelt en bedien met rooipeper, pietersielie of gebraaide spek-stukkies vir garnering.

Page 66: Kommuniek Mei 2013

64

Jou marbles moet gepolish wees as jy dié spel wil wen

Uit Piet se pen . . . Agterblad GWK Graanfasiliteite . . . innoverende berging

innoveer landbou

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas,

8730 Tel: 053 298 8200

Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ̀ n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ̀ n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou- waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

GWK Graanfasiliteite is `n markleier in die grootmaat gradering, hantering en berging van verskillende graanproduk-te by moderne fasiliteite in die hele GWK-bedieningsgebied. Die besigheid het graandepots op Douglas, Prieska, Hopetown, Barkly-Wes, Jan Kempdorp, Luckhoff, Marydale, Modderrivier en Rietrivier en is gerat vir die hantering en berging van honderdduisende ton graan elke seisoen.

D ie spel dateer uit die 13 de eeu. Darem nie meer die mense nie. Glo eers

met klippe gespeel. Seker darem min of meer rond. Die spel is nie vir lighartiges nie. In wit draf jy op, finish en klaar. Wees baie versigtig dat jou skoene nie `n spoor op die baan laat nie. Ons dorp hou jaarliks `n kompetisie waartydens besighede spanne kan inskryf. Dis hier waar ek die eerste keer met rolbal kennis gemaak het. `n Maand lank word daar ernstig gespeel. Hoewel die baanetiket effens verslap, bly die gedagte aan `n oorwinning voorop. Elke span kies `n unieke naam en met name soos Pofadder en Platsambok kan jy maar weet . . . enigiets met `n sambok beteken mos iemand kan seerkry. Die kompetisie skop vanaand af. Niemand begin voordat die man in beheer gepraat het nie. Nie sommer `n gewone man nie, slegs die hoogste gesag word hier geag. In die verte sien ons die president, Louis van Wyk, nader skuifel. Met sy blou verstelbare kierie druk hy net so elke nou en dan op die grond. Daar trek so `n ligte stofwolkie agter hom. Die reëls word uitgespel en Kobus, ons plaaslike meubelman, word as lewenslange borg bedank en ingesweer. Hy staan eenkant en vryf behaaglik oor sy pensie. Die spreiligte weerkaats sy kop. Kaalgeskeer sodat sy valhelm lekker kan pas, want motorfietse is sy passie. Alexis, sy vroutjie, trippel in die agtergrond rond. Sy is so

pas terug van `n boot camp op die skool se rugbyveld. Ons harte klop warm wanneer ons terugdink aan verlede jaar. Sowaar `n prys gewen. Die borg het spesiaal met sy motorfiets van die huis gekom om die pryse te oorhandig. Om `n prys hier te kry, is vergelykbaar met `n medalje by die Olimpiese Spele. My oë is nou nog seer van die kameraligte. Vanaand is `n perd van ander kleur. Nuwe kompetisie met nuwe deelnemers. Ons draf teen Tina se span op. Sy is die plaaslike balju en intimideer ons uit die staanspoor. Niemand wil hul meubels nou al opgeskryf hê nie. Ek en Hilda gooi eerste. Sy laat my mooi verstaan, sy is hier vir besigheid. Vanaand gaan beslis nie `n walk in the park wees nie. Hulle is gereelde spelers. Die regte rolballers gebruik groot woorde soos gras vat, agterballe, in die sloot en op die kat. Wanneer hul plasing swak is, hoor ek doodloopstraat. Doodsakker klink dalk beter. Wanneer die balle sleg lê, moet die ou wat laaste gooi uithaal en wys. Ons span se konsentrasie is nie na wense nie en arme Wynand, Platsambok se kaptein, moet alles regmaak. Sunette, sy vrou, sê die rolbal laat hom baie rook. Ek wonder hoekom? Ek sit op die wal en hou die mense dop. (Eintlik mag ek nie.) Die ou spelers staan uit. Oral word balle blink gevryf en taktiek bespreek. Handdoekies wapper aan die polse. (Klaarblyklik nie om sweet af

te vee nie.) Nee, hier bly die balle die belangrikste. Jou marbles moet gepolish bly. Dan word daar afgesak en die bal met `n presiese houding afgestuur. Nou word hy stip gevolg. Die ou manne lê skuins agter die balle aan. Lyk kompleet of die een been korter is as die ander. Hy word bestuur van agter totdat die bal sy lê kry. Wanneer almal klaar gegooi is, word daar teruggestaan en die balle bekyk. Arms gevou word die speelveld ontleed. Tot die kleur van die bal het glo `n invloed op jou skatting. Nee, daar word nie sommer punte afgestaan nie. `n Kort gesprek word gevoer oor moontlike wenballe. Net wanneer jy dink jou span het hom, kom die meetinstrumente te voorskyn. `n Arsenaal in verskillende vorms. Die jongste persoon word gevra om te meet. Nogal `n goeie idee. Die ouer garde is geneig om die balle uit posisie te bewe. Die meter moet sterk staan. Die teenstanders hou hom stip dop en enige tekens van onsportiewe gedrag word luidkeels aangekondig. Soos die spanne klaarmaak, word geesdriftig na die uitslag verneem. Wenners sien jy op `n afstand. Verloorders sit skaam hul kaartjies terug. Gewoonlik draai `n paar nuuskieriges by die kaartjie rak rond om te kyk of iemand nie verneuk het nie. Vanaand was nie ons aand nie. Platsambok het slae gekry. Ons foto sal nie vanjaar in die koerant verskyn nie.

Page 67: Kommuniek Mei 2013

GWK Graanfasiliteite . . . innoverende berging

innoveer landbou

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas,

8730 Tel: 053 298 8200

Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ̀ n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ̀ n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou- waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

GWK Graanfasiliteite is `n markleier in die grootmaat gradering, hantering en berging van verskillende graanproduk-te by moderne fasiliteite in die hele GWK-bedieningsgebied. Die besigheid het graandepots op Douglas, Prieska, Hopetown, Barkly-Wes, Jan Kempdorp, Luckhoff, Marydale, Modderrivier en Rietrivier en is gerat vir die hantering en berging van honderdduisende ton graan elke seisoen.

Page 68: Kommuniek Mei 2013

GWK Versekering . . . gewaarborgde gemoedsrus

GWK Versekering bied ge-moedsrus aan vennote met omvattende risikobestuur op-lossings. Ons fokus op lewens-dekking, korttermyn verseker-ing, oesversekering én wild- en kudde-versekering. Kontak ons gerus vir meer inligting oor bekostigbare oplossings teen jou wild- en kudde-risiko, wat insluit vangs-, transito,- veld-, boma-, kwarantyn-, trofeedek-king-, groenjag-, saad-, em-brio- en veilingspakkete.

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou- waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én be-kende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas,

8730 Tel: 053 298 8200

Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

DouglasBrits van den BergBestuurder: VersekeringKredietlewensversekering082 803 5190

PrieskaKannetjies KotzeKorttermyn- enOesversekering082 809 4773

HopetownJanitha von MolendorffKorttermyn- enOesversekering082 889 4602

DouglasWillem KrugerKrediet- enLewensversekering082 490 9680

DouglasMarietjie VermeulenKorttermyn- enOesversekering082 809 4775

DouglasWilmarie v/d SchyffKorttermyn kommersieël082 382 8123

Barkly-WesRené v/d WesthuizenKorttermyn- enOesversekering082 907 8548

ModderrivierRiana ShergoldKorttermyn- enOesversekering082 808 2911

GWK is ’n Gemagtigde Finan-siële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming.FSB Lisensienommer 1185