Top Banner
Desember 2012 `n handelsmerk van GWK wys Direksie vir nuwe termyn aan GWK se prestasie bevoordeel produsente Só lyk raamwerk vir vloedhulp
64

Kommuniek Desember 2012

Mar 18, 2016

Download

Documents

Carien Grobler

Corporate agricultural magazine
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Kommuniek Desember 2012

Desember 2012

`n handelsmerk van

GWK wys Direksie vir nuwe termyn aan

GWK se prestasie bevoordeel produsente

Só lyk raamwerk vir vloedhulp

Page 2: Kommuniek Desember 2012

GWK Graan . . .innoverende bemarking

GWK Graan vestig gerusstelling en vertroue by ons produsente deur die gehalte graanbemark-ing en graanhanteringsdienste wat ons lewer. GWK se graanhanteringsfasiliteite is toonaan- gewend m.b.t. kwaliteit van infrastruktuur, asookdie diens wat gelewer word. By GWK Graan is dit die produsent wat saakmaak!

i nnoveer landbou

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas,

8730 Tel: 053 298 8200

Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledigereeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede watfokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

Kontak die graan-

verkryger in u gebied om u met bemarkingsopsies by te staan.

BARKLY-WES Kobus Beetge 082 805 0885

DOUGLAS Hendrikus Keulder 082 888 6295

Ig Pretorius 082 906 1672

HOPETOWN Steven Storey 082 906 1676

LUCKHOFF Willie Pretorius 082 881 1120

MODDERRIVIER Dewald Burger 082 900 8736

PRIESKA Wimpie Grobler 082 882 2609 OOS-VRYSTAAT Ficksburg Esperansza van der Walt 082 805 9911

Page 3: Kommuniek Desember 2012

Inhoud

18 Raamwerk vir vloedhulp

48 Wenkiekie

56 Woorde soos reën . . .

10 Direksie vir nuwe termyn

2RedaksioneelHier in die Noord-Kaap gee mense nog om vir mekaar . . .

3Geestelike akker Christus – Die vredemaker

4Agrikalender

5Damme en reënval

6Landbouwenke

8GWK: Direksie en Bestuur

10LANDBOUSAKEAktueelGWK wys Direksie vir nuwe termyn aan.

16 Ons besigheidGWK se prestasie strek tot aandeelhouers se voordeel. 18 AktueelSó lyk vloedhulp-raamwerk van nasionale ministerie.

20 AktueelGWK reik helpende hand uit.

22GraanProdusente benut die sterk graanprysvlakke.

26 PresisieboerderyGoeie bestuur noodsaaklik vir optimale produksie.

28Presisieboerdery Noordelike Mielieblaarskroei onder besproeiing. 32 SaadGWK Saad besoek Spaanse Grondboon- aanplantings.

34Versekering So werk Sasria-dekking.

36Meganisasie en Ingenierswerke GWK Meganisasie beklink buitengewone transaksie. 38Ekpo’sGWK bied bewerkingsdag tydens landbou- ekspo aan.

40Ekspo’sGWK in die Oos-Vrystaat. 42 GWK NUUS 44ONS MENSEGWK se “Mo Bro’s” bring hul kant.

46KolligBedryfshoof wil sterk band van vertroue bou. 48KOMMUNIEK KIEKIES Kersfees!

52 DIE SKOPSKOEN Die jaar lê op sy rug . . .

54Vir die jongspanPret op die plaas.

56VROUELeefstylLaat jou woorde soos reën oor ander mense val.

58Gesondheid`n Handvol bont bessies vir blakende gesondheid.

59ResepKoekstruif vir die Kerstyd. 60Agterblad Die bul word gaan haal . . .

Page 4: Kommuniek Desember 2012

2

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)

Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 072 215 1029

Advertensies Miranda van der Walt 083 709 0688

Hier in die Noord-Kaap gee mense nog om vir mekaar . . .

Carien

Carien GroblerRedakteur Redaksioneel

Hoofkantoor GWK Bpk. De VilliersstraatPosbus 47Douglas8730

Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630

Webwerfwww.gwk.co.za

VOORBLADFOTO`n Goeie koringoes vir Kersfees. Foto: Dissie Kruger

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, [email protected] Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

D it voel soos gister wat ek my eerste Kommuniek uitgegee het. Die reuk en gevoel van

die tydskrif vars van die drukpers af, sal my vir ewig bybly. Wat `n voorreg om nou reeds so `n rapsie meer as `n jaar `n tydskrif vir hierdie dinamiese maatskappy uit te gee. Ek is trots om deel te wees van `n span wat elke dag hul passie uitleef. Ek was selfs meer trots toe ek on-langs gesien het hoe ons mense hier in die Noord-Kaap nog vir mekaar omgee. Terwyl talle produsente op die Ghaapse Plato in nood verkeer het nadat verwoestende brande dae lank op hul plase gewoed het, het GWK, ons aandeelhouers, verskaffers en per-soneel hul hande en harte wyd oopge-

maak om hierdie produsente van voer vir hul diere te voorsien. Hierdie maand doen ons aan by GWK se jaarvergadering wat onlangs in Kimberley gehou is en ontmoet mnr. Mattheus Maree van Marydale wat op hierdie vergadering as lid van GWK se Direksie verkies is. Dan gesels ons met die provinsiale departement van landbou, grond-hervorming en landelike ontwikkeling oor die raamwerk waarvolgens die vloedhulp wat deur die nasionale mi- nisterie toegeken is, bestuur word. Ons kyk na graanpryse en hoe ons produsente die huidige sterk vlakke tot hul voordeel gebruik en besoek Spanje saam met GWK Saad. Ons kuier ook saam by die Agri- Oranje Karoo Landbou Ekspo op

Hopetown en die Kersiefees op Ficks-burg waar GWK bedrywig was. Ons ontmoet vir me. Karlien van Zyl, `n plaasmeisie van Bloemhof met `n kop vir syfers wat haar onlangs by GWK se besigheid vir Finansiële Land-bou Adviesdienste aangesluit het. En dan kan die dames naderskuif vir `n afdeling propvol lekkerte en bederf vir die Feestyd. Ons sluit die jaar oudergewoonte saam met Piet af, wat uiteindelik sy bul gaan haal het . . . Ek wens elkeen van ons aandeel-houers `n Geseënde Christusfees saam met u geliefdes toe! Tot volgende jaar!

Page 5: Kommuniek Desember 2012

3

Milanie Vosloo Geestelike akker

As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, is daar nou vrede tussen God en ons op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het. (Romeine 5:1)

Broers en susters kan góéd baklei! Vele pa’s of ma’s moes al as vrede-makers tussen beide tree wanneer die hare tussen die twee partye begin waai. Met ons Jesus-broer is dit so anders. Hy is die Een wat in sy hele wese vre-de ís en daarom alles doen om ons in daardie vrede te laat deel. Wanneer ons Vader alle rede het om vir ons woedend te wees, tree Hy na vore en pleit dan namens ons vir vergifnis. Wanneer ons van Hom af wegloop,

Christus – Die vredemakergaan soek Hy ons totdat Hy ons kry en weer huis toe kan bring. In hart-seertye sit Hy sy Ouboet-arm met groot teerheid om ons skouers en wanneer ons raad nodig het, staan Hy in sy wysheid gereed om dit uit te deel. Hierdie vredemakersrol voer Jesus daagliks uit sonder dat ons dit enigsins verdien. Soos Paulus in sy brief aan die Romeinse Christene skryf: “Deur Jesus Christus het ons op grond van die geloof toegang ver-kry tot hierdie heerlike posisie van genade waarin ons ons nou bevind, en ons jubel vol verwagting oor die heerlikheid wat God aan ons gaan gee.” (Romeine 5:1-2) Hoe groot is ons Here! Hoe groot en

omvattend is sy liefde en hoe omvang- ryk sy genade-goedheid.

Dankie Jesus, dat U die groot Vrede-maker van hierdie wêreld is. Dankie dat U mý Vredesbroer is.

Uit: Laat Sy liefde jou lei deur Milanie Vosloo. Uitgegee deur CUM.

Page 6: Kommuniek Desember 2012

4

Veilingskalender en Veilingspryse

Kimberley kleinveeveilingHertzogville KersfeesveilingKimberley grootveeveiling

Veilingspryse vir lewendehawe - Nov. tot Des. 201229/10 - 02/11

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R13.50

R13.00

R11.00

R17.50

R17.00

R16.80

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R20.00

R19.00

R19.00

R14.00

R14.00

R23.00

R23.00

R20.00

04/11 - 09/11

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R13.50

R13.50

R11.50

R18.20

R17.20

R16.80

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R19.80

R20.00

R19.50

R14.80

R14.00

R23.00

R23.00

R20.00

12/11 - 16/11

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R13.80

R13.80

R11.00

R18.20

R17.00

R17.00

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R20.00

R20.50

R19.00

R14.20

R14.00

R25.00

R25.00

R19.00

19/11 - 23/11

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R14.00

R14.00

R11.50

R18.00

R17.60

R17.00

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R19.00

R19.00

R18.50

R14.00

R14.00

R22.00

R22.00

R18.00

12 Desember14 Desember14 Desember

Kimberley kleinveeveilingBoshof Kersfeesveiling Griekwastad Kersfeesveiling

5 Desember6 Desember11 Desember

Page 7: Kommuniek Desember 2012

5

Oranjerivier Vaalrivier

Hartsrivier Rietrivier

Modderrivier

Welbedachtdam GariepdamVanderkloofdamBoegoebergdam VaaldamAllemanskraaldamErfenisdam Spitskopdam Kalkfonteindam

Krugersdriftdam

86 94 93 106

67 41 42

75

68

40

Riviersisteem Dam % Vol

Huidige stand van damme Werklike vs. langtermyn reënval

0

10

20

30

40

50

60

Dou

glas

Prie

ska

Hop

etow

n

Bark

ly-W

es

Riet

rivie

r

Vaal

harts

Reënval 25 Oktober - 23 November 2012

Werklik Langtermyn

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur

Inligting verkry van GFCSA

Damme en reënval

05

1015202530354045

Douglas Skaal 25 Oktober - 23 November 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

0

10

20

30

40

50

Douglas Lunenburg 25 Oktober - 23 November 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

0

10

20

30

40

50

Prieska Green Valley Nuts 25 Oktober - 23 November 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

0

10

20

30

40

50

Barkley-Wes Ulco 25 Oktober - 23 November 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

05

10152025303540

Rietrivier 25 Oktober - 23 November 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

05

10152025303540

Hopetown Lilydale 25 Oktober - 23 November 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

0

10

20

30

40

50

Vaalharts Jan Kempdorp 25 Oktober - 23 November 2012

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

Page 8: Kommuniek Desember 2012

6

� Doen onkruidbeheer op rankgewasse aangesien groot opbrengsverliese kan voorkom indien onkruiddruk te hoog is.

Groente en rankgewasse

Landbouwenke

� Sit byekorwe neer om bestuiwing te verbeter.

� Laat aanplantings wat begin rank, kan nou stikstof-topbemesting

� Plante se wortelstelsel is diep gevestig en waterverbruik neem drasties toe. Verseker dat die grondprofiel vol is teen die begin van die blomstadium – dit behoort teen einde Desember te wees.

� `n Eerste groeireguleerder-bespuiting met Pix kan teen `n

� Wingerd is tans in vrugset. Kyk uit vir meeldou en donsige skimmel, veral in koeler, bewolkte weer. Dit is beter om voorkomend te spuit. Stuifswael is effektief as voorkomende behandeling.

� Doen vroegtydig grondontledings vir aanplantings wat in die herfs gedoen gaan word.

� Indien die pH laer as is 6.5, moet bekalking gedoen word. Die hoeveelheid en soort kalk word

Katoen

Wingerd

Lusern

ligte dosis gedoen word. Dit sal die plante effens terugsit en internodes verkort sodat dit nie vegetatief te veel groei nie. Dit is belangrik dat bolset so naby as moontlik aan die hoofstam is.

� Gaan lande gereeld deur en inspekteer vir insekte soos blaaspootjie en wurms.

� Vroeë tekens van meeldou kan op rose in die omgewing gesien word voordat die wingerd simptome wys.

� Dit is belangrik dat wingerd nie waterstres voor die finale rypwording ervaar nie.

� Neem grondmonsters en doen grondvoorbereiding vir plant van droëbone.

� Tradisioneel word droëbone vroeg Januarie geplant, maar aanplantings kan vanaf 20

Droëbone

ontvang. � Mikro-elemente kan toegedien word om bestuiwing en vrugkwaliteit te verbeter.

Desember gedoen word om vroeë rypskade vry te spring.

� Droëbone is baie sensitief vir aalwurm. Pas beheer toe deur met Temik te plant. Sistemiese bespuitings kan later plaasvind.

� Saadbed moet fyn en ferm wees. � Droëbone is sensitief vir Atrasien. Maak seker van die afbreekperiode in die grond indien dit die vorige seisoen toegedien is.

deur die pH en die magnesium- en kalsiuminhoud van die grond bepaal.

� Indien kaliumtekorte voorkom, kan KCl @ 200kg/ha in die midsomer toegedien word.

Page 9: Kommuniek Desember 2012

Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

� Aanplantings ná koring kom tans op en is in die jong saailingstadium Lande kan met `n roleg (duisendpoot) bewerk word indien waaiprobleme voorkom. Doen die bewerking slegs wanneer die plante `n paar blare het en goed geanker is, anders sal te veel skade aangerig word.

� Maak die oppervlakte grof en water kan `n ruk lank weggehou word om die plante kans te gee om te herstel.

� Wanneer die grond begin kraak met opkoms, kan `n ligte, vinnige besproeiing gedoen word.

� Vermy aanhoudende besproeiing, dit strem wortelontwikkeling.

� Vroeë aanplantings wat begin blom, kan met gips gestrooi word indien dit nie voor plant toegedien is nie.

� Reël vir die neem van blaarmonsters om die voedingstatus van veral vroeë aanplantings vas te stel.

Grondbone

� Sinkbespuitings kan nog tot in Januarie gedoen word. `n Maksimum van vyf bespuitings behoort voldoende te wees deur die seisoen.

� Onkruidbeheer en besproeiing moet deurgaans voortgaan. Waterbehoeftes verhoog heelwat; bome moet nie aan droogtestres

blootgestel word tydens vrugontwikkeling nie.

� Die laaste somersnoei kan nog in Desember gedoen word.

� Begin uitkyk vir geelpekanplantluis en doen bespuitings vir skurfsiekte indien nodig.

� Saailinge word vanaf November tot Februarie geokuleer.

Pekanneute

� Doen “wetrip” vroegtydig om wortelskade tot die minimum te beperk, waterinfiltrasie en

wortelontwikkeling sal verbeter.

� Kyk uit vir stamruspes en beheer vroegtydig.

Mielies

Page 10: Kommuniek Desember 2012

8

Voorsitter Frank LawrenceOndervoorsitter Frans Lubbe

Uitvoerende bestuurspan

Bemarkingskantoor: Oos-VrystaatHennie van der Walt079 511 4547

Direkte InsetteRocky le Roux082 317 7656 Veilings en GWK PropertiesWillie Meyer071 680 4103

Finansies en StelselsAndri Bezuidenhout071 686 8844

Bemarkingskantoor: Oos-KaapWikkie Burger079 519 1630

Meganisasie en IngenieurswerkeJohan Kruger082 809 4778

Versekering en FloTankBrits van den Berg082 803 5190

WestraKenne Louw082 804 7545 Bemarkingskantoor: KwaZulu-NatalTerence van Dyk082 885 4163

Sidi ParaniChris Piek083 629 8569

Menslike HulpbronneChopper Theart082 806 9995

DirekteureHennie CoetzeeWynand Human Johan Jacobs Tertius MaraisMattheus Maree

Willem MülkeEric RamongaloPiet RouxRonnie StadhouerKoos van der RystFrans Wiid

HoofbestuurBesturende DirekteurJohan van DykFinansiële Direkteur Johan KlopperHoofbestuurder: Handel Mark du Plessis

Hoofbestuurder: SpesialisprodukteLlewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre ProduksiePieter Bekker

Hoofbestuurder: GraanprodukteTom MeintjesHoofbestuurder: Veilings, Vleis en SupermarkteWim van Rooyen

Direksie en Bestuur

Oliesade en PekanneuteAndreas Snyman082 801 1849

Veevoere en Aanverwante ProdukteChristo Beukman082 906 2382

VleisbedryweAlex Cilliers082 808 3063

Korporatiewe BemarkingNeil de Klerk 082 881 7531

GraanfasiliteiteCarl du Toit 082 906 2121

Saadproduksie, Chemikalieë en GewasproduksieCas Prinsloo 079 510 2710

Sekretariaat en RisikobestuurFreek Meyer083 644 0022

Finansiering en Finansiële Landbou-adviesKobie Greyvensteyn082 808 4178

Presisieboerdery, Produksienavorsing en Opkomende Boer OntwikkelingDup Haarhoff083 646 1111

Direksie

Page 11: Kommuniek Desember 2012

Missie en Visie

Bestaansrede:As besigheid in produsente-besit, tree GWK as verleng-stuk van ons produsente se besighede op om volhoubare welvaart te skep vir deelne-mende aandeelhouers en belanghebbendes.

GWK beywer hom om ge- nerasies van suksesvolle produsente deel van land- bou te hou.

Visie:Om`n volhoubare agri-be-sigheid van uitnemendheid te wees.

Missie:Ons ontsluit potensiaal, skep welvaart en voeg waarde toe vir ons vennote-in-missie op `n entrepreneuriese wyse, ge- kenmerk deur:

� innoverende denke, � kreatiewe oplossings, � voortreflike besluitneming,

energieke uitvoering, en� gerugsteun deur eienaar-

skap en spesialisasie.

Waardesisteem:� Met eerlikheid, integriteit en deursigtigheid,� sosiaal verantwoordbaar teenoor ons gemeen- skappe,� in vennootskap met ons personeel, en� met holistiese volhoubaar- heid as oogmerk.

Page 12: Kommuniek Desember 2012

10

Mnre. Johan van Dyk (Besturende Direkteur van GWK), Frans Lubbe (Onder-Voorsitter van GWK se Direksie), Frank Lawrence (Voorsitter van GWK se Direksie) en Mattheus Maree (nuutverkose Direkteur). Foto’s: Tania Fourie

Mnre. Johan Klopper (Finansiële Direkteur), Piet Roux en Hennie Coetzee van Prieska en Tertius Marais van De Aar.

Page 13: Kommuniek Desember 2012

11

GWK wys Direksie vir nuwe termyn aan

Carien Grobler Aktueel

G WK se Direksie, Hoof-bestuur, aandeelhouers en personeel het onlangs

by die Horseshoe Motel in Kimberley byeengekom om die finansiële jaar in oënskou te neem. Die maatskappy se Direksie vir die nuwe termyn is ook tydens dié ge-leentheid aangewys. Mnr. Frank Lawrence van Kimberley is tot Voorsitter van die Direksie her-kies en mnr. Frans Lubbe van Douglas tot Ondervoorsitter. Mnre. Piet Roux en Hennie Coetzee van Prieska en mnr. Tertius Marais van De Aar is tot die Direksie herkies. Mnr. Mattheus Maree van Marydale is as nuwe lid tot die Direksie verkies. Maree het sy liturgiese kwalifikasie (Lth.) in 1983 aan die Berea Teolo-giese Kollege behaal waarna hy en sy broer `n gemengde boerdery in die Marydale-omgewing begin het. Die boerdery bestaan hoofsaaklik uit katoen wat onder besproeiing geplant word. Maree bedryf ook seder 2002 `n pluismeule suksesvol. Hy dien in die Grondbone, sowel as Katoen Advieskomitee en is lid van die Suid-Afrikaanse Katoenpro-dusente Organisasie en die Katoen Pluismeulenaarsvereniging. “My strewe is om `n positiewe verskil in ander mense se lewens te maak deur alles wat ek doen,” sê Maree. “Daarom is ek aktief betrokke in my onmiddellike, sowel as die groter gemeenskap.”

Verslag van die Voorsitter van die Direksie“GWK gaan voort om in terme van sy finansiële en ander prestasies aan die verwagting te voldoen. Die maatskappy is ook reg geposisioneer om in die toekoms voort te gaan om aandeelhouer-produsente en ander belanghebbendes deur sy werksaam-hede te bevoordeel,” Só het mnr. Frank Lawrence, Voor-sitter van GWK se Direksie, in die jaarverslag gesê. Volgens Lawrence word die landbou toenemend gekenmerk deur onse- kerheid, volatiliteit en `n sake-omge-wing wat daagliks verander. Hy meen dat die uitdaging vir landboubesighede daarin lê om in hierdie omgewing innoverende besigheidsoplossings te bewerkstellig deur effektiewe waardeketting- meganismes op elke vlak te skep. “`n Ketting is net so sterk soos sy swakste skakel. Daarom moet alle belanghebbendes in die ketting be-trokke wees en daardeur bevoordeel word. Dít is wat GWK doen.” Lawrence het gesê GWK het in die jaar in oorsig weer daarin geslaag om homself effektief in die land-bou-waardeketting te posisioneer. “Die kompetisie in die mark is nie net tussen produkte en maatskappye nie, maar eerder tussen waardekettings. Landbouers moet verseker dat ons deel is van die mees mededingende waardeketting. Dit is wat landboube-sighede in die toekoms van mekaar

gaan onderskei.” “GWK tree as verlengstuk van pro-dusente se besighede op. Ons is as maatskappy in produsente se besit, uniek vanweë die samewerking en samehorigheid wat tussen die maat-skappy en produsente bestaan. Dít is die siel van ons besigheid.”

Verslag van die Besturende Direkteur Mnr. Johan van Dyk (Besturende Direkteur), het in sy verslag gesê `n kerngesonde debiteureboek plaas GWK in `n posisie om voort te gaan om produsente in hul bedrywighede by te staan, terwyl die diversiteit van die GWK-groep se besighede die platform vir volhoubare groei en ontwikkeling is. “Die belyning van hierdie diverse besigheidstrukture om in pas te bly met verandering, het daarom reeds in die jaar in oorsig weer aandag geniet. Dit sal GWK se posisie in die volgende periode verder ver-sterk deur betrokkenheid in `n al hoe groter deel van die hele land-bou-waardeketting.” Van Dyk het beklemtoon dat GWK as maatskappy in landbou-pro-dusente se besit as verlengstuk van hierdie produsente se besighede optree. Dít, sowel as die diversiteit van GWK se verskeie besighede, maak die maatskappy uniek én verseker dat die maatskappy reg geposisioneer is vir die toekoms.

Page 14: Kommuniek Desember 2012

12

Mnre. Wim van Rooyen (Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte), Mark du Plessis (Hoofbestuurder: Handel), Tom Meintjes (Hoofbestuurder: Graanprodukte), Orffer Müller (Eks-Direkteur) en Koos van der Ryst (Direkteur).

Mnr. Hennie van der Walt (Uitvoeren-de Bestuurder: Oos-Vrystaat Bemark-ingskantoor).

Mnre. Danas Lubbe (produsent van Prieska), Wahl Jacobs (Eks-Direkteur) en Charl de Villiers (Eks-Direkteur).

Mnre. Japie Roux (produsent van Prieska), Piet Roux (Direkteur) en Connie Coetzee (Produsent van Prieska).

Mes. Karlien van Zyl (Bedryfshoof: Finansiële Landbou Adviesdienste) en Andri Bezuidenhout (Uitvoerende Bestuurder: Finansies en Stelsels).

Page 15: Kommuniek Desember 2012
Page 16: Kommuniek Desember 2012

14

Chocolates en cocktails saam met GWK en Volksblad

G WK het vanjaar in same- werking met Volksblad `n propvol damespro-

gram tydens die jaarvergadering aangebied. Aandeelhouers se gades is by die Horseshoe Motel aan die hand van die tema “Cho- colates en cocktails” vermaak. Die bekende akteur Paul du Toit, wat die rol van Malan in Binne-landers vertolk, sal het saam met die dames gekuier terwyl klein Lara Badenhorst, oftewel “die Engel” gaste met haar sang vermaak het. Mev. Annalize Doubell, assistent- redakteur van Volksblad, het die dames geïnspireer met haar praat-jie oor die tema “Vrou met me-ning”. Tussendeur het die dames geleer

Mevv. Frena Müller, Rose-Marie Van Vuuren, Annetjie de Villiers, Trisa Joubert en Elize van Rooyen klink `n glasie saam met Paul du Toit wat die rol van Malan in die TV-reeks Binnelanders vertolk. Foto: Emile Hendricks, Volksblad

hoe om mengeldrankies voor te berei en hul lippe afgelek tydens `n sjokoladedemonstrasie waarna `n

voorkomskonsultant die dames op hoogte gebring het van die jongste mooimaak-wenke.

Page 17: Kommuniek Desember 2012

15

Mev. Nadia Jooste (Klerk: Administrasie) en klein Lara Badenhorst neem aan die sjokoladedemonstrasie deel.

Mes. Susan Drinkrow (Senior Adminklerk: Oliesade), Nadia Jooste (Klerk: Administrasie en Leigh Taylor (Persoonlike Assistent) saam met Paul du Toit.

Mev. Annalize Doubell (Assistent- redakteur van Volksblad).

Page 18: Kommuniek Desember 2012

16

Carien GroblerOns Besigheid

GWK se prestasie strek tot aandeelhouers se voordeeel

O ndanks uitdagende landbou-toestande was die finansiële jaar

geëindig 31 Mei 2012 vir GWK en sy aandeelhouers weereens in alle opsigte `n rekordjaar. Dit kan duide-lik gesien word in die opsomming van die GWK-groep se prestasie in Tabel 1. Volgens mnr. Johann Klopper (Finansiële Direkteur) is produsente weer soos in die verlede vergoed vir die besigheid wat hulle met GWK gedoen het. “Kortings is verklaar op grond van die besigheid wat produsente met GWK gedoen het. Dieselfde beginsel sal weer geld vir die huidige finan-siële jaar (31 Mei 2013).” “Die kontantgedeelte wat uitbetaal is, beloop 10% en verteenwoordig rente op aandeelhouerslenings, asook korting betaal,” verduidelik Klopper. Die kortings van R76,4 miljoen is verdeel per GWK-besigheid volgens die besigheid wat produsente met daardie besigheid gedoen het.” Verdere goeie nuus is dat daar reeds in September vanjaar R 11,9 miljoen uitbetaal is aan kwalifiseren- de aandeelhouers ten opsigte van die eerste rotasie van voorkeuraan-dele en aandeelhouerslenings wat gegenereer is in 1998. “GWK bedank graag al ons klante/aandeelhouers wat die afgelope finansiële jaar tot die maatskappy se uitstekende prestasie bygedra het. Ons wens u `n Geseënde Kersfees en `n voorspoedige 2013 toe.”

Omset R 4 897 miljoen

Wins voor toevallings aan aandeelhouers R 105,5 miljoen

Toevallings aan aandeelhouers R 100,3 miljoen

Aandeelhouersfondse R 601,5 miljoen

Totale bates R 2 195 miljoen

Opbrengs op aandeelhouersfondse 20,6%

Rente betaal op aandeelhouerslenings R 24,0 miljoen

Korting betaal aan aandeelhouers R 76,4 miljoen

Totale toevallings R 100,3 miljoen

Kontantgedeelte uitbetaal van toevallings aan aandeelhouers

R 10,0 miljoen

GWK-besigheid Korting 2011/2012 Korting vir elke R 1,000 se besigheid gedoen

Aartappels R 2,7 miljoen R 30,41 Durum R 1,1 miljoen R 27,45 Gars R 1,4 miljoen R 28,33 Katoen R 0,9 miljoen R 10,54 Kleinhandel R 24,2 miljoen R 26,69 Koring R 9,9 miljoen R 19,24 Lusern en Veevoere R 1.7 miljoen R 27,28 Meganisasie en Ingenieurswerke

R 4,3 miljoen R 36,47

Mielies R 12,8 miljoen R 32,18 Oliesade R 4,1 miljoen R 93,22 Saadproduksies R 6,0 miljoen R 59,93 Simba-mielies R 2,3 miljoen R 159,38 Versekering R 4,7 miljoen R 61,80 Waxy-mielies R 0,3 miljoen R 17,08 Totale korting R 76,4 miljoen

Tabel 1.

Tabel 2.

Tabel 3.

Page 19: Kommuniek Desember 2012
Page 20: Kommuniek Desember 2012

18

Belt Ad -A4 AFR\p.indd 1 2012/07/30 9:33 AM

Carien GroblerAktueel

Só lyk vloedhulp-raamwerk van nasionale ministerie

D ie nasionale tesourie het R1 miljard bewillig om vir infrastruktuur en grond-

bewaring in die vloedgeteisterde gebiede aan te wend. Produsente in GWK se primêre bedieningsgebied is volgens die Noord-Kaapse provinsiale regering nie uitgesluit by die implementering van vloedhulp wat deur die nasion-ale tesourie bewillig is nie.`n Woordvoerder van die provin-siale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling sê dat `n kostebep-aling vir beskermingsinfrastruktuur (noodwalle) op die oomblik ge- doen word.

Fondse is egter reeds beskikbaar gemaak om dringende skade aan beskermingsinfrastruktuur (nood-walle) in die Benede-Oranjerivier- gebied te herstel om verdere vloed-skade te verhinder. Vloedsimulasies en ander bepalings word in die hele vloedgeteister-de gebied gedoen om te bepaal waar beskermingsinfrastruktuur (noodwalle) vervang moet word en waar alternatiewe infrastruktuur moontlike vloedskade in die toe-koms kan verhinder. `n Kostebepaling hiervoor sal bep-aal watter gedeelte van die fondse vir grondsbewaringswerke beskik-baar sal word.Kommersiële produsente sal in aan-

merking kom vir 50% van onkoste wat hulle vir grondbewaringswerke aangegaan het indien bewyse hier- voor getoon kan word. Geen fondse sal egter vir produk-sie- of enige ander versekerde skade beskikbaar gemaak word nie. Om vir hierdie subsidie in aanmer- king te kom, moet produsente daar-voor registreer. Die aanvangs van registrasie sal deur die media en georganiseerde landbou aan produsente gekommu-nikeer word. `n Afskrif van `n produsent se titel- akte word benodig om te registreer en produsente sal ook bewyse van hul uitgawes vir grondbewaring moet indien.

Page 21: Kommuniek Desember 2012

Belt Ad -A4 AFR\p.indd 1 2012/07/30 9:33 AM

Page 22: Kommuniek Desember 2012

20

Carien GroblerAktueel

GWK help brandgeteisterde produsente met veevoer

`n Vaal maanlandskap is al wat oor is nadat verwoestende brande dae lank op die Ghaapse Plato gewoed het. GWK het `n dringende aksie begin om veevoer onder aandeelhouers en verskaffers in te samel en te koördineer. Foto: Burger Langenhoven

G WK het `n helpende hand na die brandge- teisterde produsente op

die Ghaapse Plato uitgesteek toe 34t lusern feitlik onmiddellik beskik-baar gemaak is. Produsente in dié omgewing het erge skade gely nadat veldbrande dae lank hier gewoed het en na raming sowat 200 000ha afge-brand het. “Ons kan nie toekyk hoe hierdie

produsente in nood verkeer en nie help nie,” sê mnr. Neil de Klerk, Uit-voerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking van GWK. “Daarom het GWK `n dringende aksie begin om veevoer onder ons aandeelhouers en verskaffers in te samel en te koördineer.” Volgens de Klerk het GWK, sy aandeelhouers, verskaffers en personeel met die ter perse gaan van Kommuniek reeds `n totaal van 300t voer geskenk. Dít sluit mielies,

ruvoer, asook voerkorrels in.Santam, `n versekeraar waarmee GWK Versekering sake doen, het R10 000 geskenk. Hiermee sal 116 sakke molasse-meel van 40kg elk aangekoop word. Alle skenkings word in hierdie sta- dium deur GWK na die verspreid-ingspunt op Barkly-Wes vervoer van-waar dit deur die plaaslike strukture van georganiseerde landbou aan die produsente versprei word.

Page 23: Kommuniek Desember 2012

21

Page 24: Kommuniek Desember 2012

22

Produsente benut die sterk graanprysvlakke

Herman GroblerBestuurder: Graanaankope van GWK

Graan

G raanpryse vertoon steeds sterk en produsente benut hierdie vlakke terwyl die

oes van koring, Durum en gars vol-stoom aan die gang is. Met die skryf van hierdie artikel op 23 November 2012 was die stand van sake as volg:

Geelmielies ‘12/’13-seisoenTydens die periode 22 Oktober tot en met 23 November het weinig prysings plaasgevind m.b.t. die 2012/2013-mielieoes, d.w.s. graan

wat vanaf Maart 2012 geoes is. Gevolglik verminder die ongeprysde syfer minimaal van 3,96% in Oktober tot 3,09% in November 2012. Dit verteenwoordig slegs `n veran-dering van 0,87% en sal dus min invloed op die gerealiseerde gemid-delde prys meebring soos in Tabel 1 aandui. Tabel 1 toon ook die gemiddelde prysvlakke waarna ons vir die be-trokke seisoen moet oplet. Maart en Mei 2012 toon geen verandering van verlede maand se artikel nie, omdat daardie kontrakte reeds afgehandel

is. Die Juliemaand Safex gemiddel-de prys, waarvan die September-maand-prys vanaf 1 Julie gebruik word en die Desembermaand-prys vanaf 1 September, het tot dusver `n gemiddeld van R 2 234/t. GWK se Bemarkingsplan kon daarin slaag om R 1 970/ton te realiseer en tot op hede kon produsente `n prys van R 2 110/t behaal. (Neem in ag dat die Julie GWK BPK* slegs op die Julie-kontrak verhandel het en dat daar `n na-seisoen plan is wat ten doel het om die Julie BPK* aan te vul.)

Page 25: Kommuniek Desember 2012

23

% van verwagte

oes geprys *

Safexgemiddelde

prys

GWKbemarkingsplan

prys

Produsentegemiddelde

prys **GEELMIELIES 2012/2013Maart 2012 100% R 2,350 n.v.t 2325Mei 2012 100% R 2,090 R 2,185 2098Julie - Desember 2012 96,91% R 2,234 R 1,970 2110

Tabel 1.

% van verwagte

oes geprys *

Safexgemiddelde

prys

GWKbemarkingsplan

prys

Produsentegemiddelde

prys **WINTERGEWASSE 2012/2013Broodkoring 87,50% R 3,359 R 3,350 R 3,254Durum 73,41% R 3,359 R 3,350 R 3,031

Tabel 2.

Tabel 3.

% van verwagte

oes geprys *

Safexgemiddelde

prys

GWKbemarkingsplan

prys

Produsentegemiddelde

prys **GEELMIELIES 2013/2014Maart 2013 9,73% R 2,483 n.v.t. R 2,676Mei 2013 20,13% R 2,297 realiseer einde April '13 R 2,286Julie 2013 19,00% R 2,276 realiseer einde Junie '13 R 2,298

* Verwagte oes bestaande uit alle verwagte graan aan GWK verkoop. Sluit buiteverkope uit.** Uitsluitlik produsenteprysings. Bemarkingsplan tonne uitgesluit.

Wintergewasse ‘12/’13- seisoen Tabel 2 toon die gemiddelde prys-vlakke waarna ons vir die huidige koringseisoen moet oplet. Prysings op broodkoring staan op die oomblik op sowat 87,50% van die verwagte oes. Dit het met ongeveer 2,15% vanaf verlede maand se 85,35% gestyg. Prysvlakke handhaaf steeds gunstige vlakke en moedig sodoende prysings aan. Tabel 2 toon aan dat die produsente, uitgesluit die GWK BPK*, se gemid-delde prys tans op R 3 254/t staan in vergelyking met `n gemiddelde Safex-prys van R 3 359/t op die Desem-ber-kontrak. Durum-prysings staan op die oom-blik op 73,41% met `n gemiddelde Safex-prys van R 3 031/t. Die GWK BPK* het `n finale prys van R 3 350/t gerealiseer, soos aangedui.

Geelmielies ‘13/’14-seisoen Tabel 3 toon die gemiddelde prys-vlakke waarna ons vir die 2013 geelmielie-seisoen moet oplet. Die 2013 geelmielieoes is tot dusver op 16,6% geprys, wat `n styging van 7,71% vanaf die vorige maand se 8,89% verteenwoordig. Tabel 3 toon dat 9,73% van die ver-wagte Maart 2013-geelmielies teen R 2 676/t geprys is wat aansienlikhoër is as die huidige Maart 2012 Safex-gemiddeld van R 2 483/t, waarskynlik omdat die meerderheid van die tonne geprys is toe Safex teen hoër vlakke verhandel het. Produsente kon Mei 2013-mielies teen `n gemiddeld van R 2 286/t prys terwyl die Mei 2013 Safex-gemiddeldtans op R 2 297/t staan. Dit verteen-woordig 20,13% van die verwagte Mei 2013-oes wat tot nou toe geprys is, teenoor die byna 10,19% van verlede maand. Produsente kon tot dusver die Julie

2013 Safex-gemiddeld van R 2 276/t klop deur `n gemiddelde prys van R 2 298/t te behaal. Altesaam 19% van die Julie 2013 geelmielies is reeds geprys teenoor 7,27% wat verlede maand gerapporteer is. Dit is belangrik om in ag te neem dat voorverledemaand se Julie 2013-ver-skansings uit 62% opsiestrategie verskansings en 38% prysverskansings bestaan het. Verlede maand het die verhouding verander na 51% opsie- strategieë en 49% prysverskansings. Die verhouding staan op die oomblik op 25% opsiestrategie-verskansings teenoor 75% direkte prysings. Weer eens word die minimum ge- waarborgde vlakke van die opsiestra- tegieë gebruik in die bepaling van die gemiddelde Julie 2013 produsente behaalde Safex-prys van R 2 298/t. Die produsente gemiddelde prys het die afgelope maand met R3/t gestyg vanaf die R2 295/t wat verlede maand gerapporteer is.

Page 26: Kommuniek Desember 2012

24

Grafiek 1 vertoon hoe die verwagte 2013/2014 mielie oes tans geprys is, dit sluit slegs BT en GMO-vry geelmielies in:

15.20%

1.06%

2.73%

81.00%

Ontleding van Julie 2013-mielies

Gewone SAFEX-prysings Minimum waarborg-prysings Putt spread-prysings Ongeprys

Grafiek 2 toon prysingsvordering, gemeet in persentasie van elke gewas wat geprys is oor die afgelope vier maande:

0%

10%

20%

30%

40%

50%

60%

70%

80%

90%

100%

Aug '12 Sep'12 Okt'12 Nov'12

Persentasie geprys per gewas per maand

Mielies 2012

Koring 2012

Mielies 2013

Page 27: Kommuniek Desember 2012

Grafiek 3 toon die afgelope vier maande se gemiddelde broodkoring pryse wat onderskeidelik behaal is, GWK se bemarkingsplan het in November afgesluit teen R3 350/ton:

2950

3000

3050

3100

3150

3200

3250

3300

3350

3400

Aug. '12 Sept. '12 Okt. '12 Nov. '12

Maandelikse broodkoring gemiddelde pryse

Safex-gemiddeld

Produsente gemiddeld

Bemarkingsplan gemiddeld

GWK Graan verwelkom enige insette oor hierdie maandelikse oorsig. Kontak ons gerus by 053 298 8444.

Ons wens u graag `n Geseënde Feestyd toe en sien uit daarna om die nuwe jaar met rekord-pryse in te

gaan. *(BPK: Bemarkingsplankontrak en nie beperk nie)

Page 28: Kommuniek Desember 2012

26

Goeie bestuur noodsaaklik vir optimale produksie

Armand van Eck Bedryfshoof: Presisieboerdery

Presisieboerdery

M ielies word in die Noord-Kaap met groot sukses onder besproeiing verbou.

Die warm, droë klimaat met relatief min siektes is grootliks hiervoor te danke. Die warm temperature bring warm grond temperature mee wat tot opti-male planttoestande lei. Nietemin bly goeie bestuur noodsaaklik vir opti-male produksie.

Grondtemperature Mieliepitte sal nie by grondtemper-ature onder 10˚C ontkiem nie. Die optimale temperatuur vir die ontkie- ming van mieliepitte is 18˚C. Warm grondtemperature is nood- saaklik vir die optimale opname van voedingstowwe. Die toeganklikheid van fosfate daal byvoorbeeld met 70% as die grondtemperatuur van 21˚C na 13˚C daal.

Kultivar GWK se landboukundiges staan produsente by met die keuse van kultivars wat goed in hul onmiddel- like omgewing presteer. Plant altyd meer as een kultivar sodat `n bepaling gemaak kan word van watter kultivar op die spesifieke

plaas presteer. Só kan `n mens altyd terugval op n kultivar indien jy saad benodig.

Plantfisiologie Dit is belangrik om te weet wanneer `n mielie kritiese groeistadiums bereik sodat boerderypraktyke daar rondom beplan kan word om sodoende die plant aan so min as moontlike stres-toestande bloot te stel. Hier volg die groeistadiums wat in ag geneem moet word:

Ontkieming. Koue, nat toestande sal groei en voedingsopname vertraag (Zn- en P- tekorte mag veral voorkom).V3-5 (12 dae). Groeipunt nog onder die grond. Mikro-elemente moet vasgelê word.V6-9 (21-33 dae). Groeipunt/pluim is bo die grond.V12 (34-41dae). Aantal pitte en kop-grootte word bepaal. Tydens hierdie groeistadiums vind praktyke plaas soos giftoediening, `wet-rip’ en skoffelaksies waartydens vogstremming mag plaasvind. Hier moet vog-, asook voedings-tremming so ver as moontlik beperk word. V15 (40-48 dae). Pitbepaling. Net

voor pluim. Profiele moet nou vol water wees. Pluim. Voeding van die plant bereik hier `n piek met N, P en K. Bewerking As rygewas vereis mielies `n effek- tiewe gronddiepte. Mielies beno-dig `n sone 50cm+ vir effektiewe wortelontwikkeling van . Grondverdigting beperk die ef-fektiewe diepte van grond en die wortels het `n beperkte reservoir om water, asook voedingstowwe, op te neem. Mielies is ook baie gevoelig vir ver-digting. In die onderstaande tabel kan gesien word wat die effek van te min suurstof in die grond is op die opname van P en K. Dit is direk aan bewerking gekoppel. Primêre bewerking ten doel om maksimale wortelontwikkeling te bewerkstellig, die loging van onno-dige soute te verseker, suurstof in die grond te plaas en `n optimale voedingsomgewing te skep.Saadbedvoorbereiding moet `n effektiewe plantproses verseker met egalige diepte en ideale inter-ry-spasiëring.

% Suurstof % Fosfaat % Kalium 20 100 100 5 56 75 0.5 30 37 Tabel 1. Die effek van te min suurstof in die grond op die opname van P en K.

Page 29: Kommuniek Desember 2012

27

Plantproses`n Konstante planterspoed moet gehandhaaf word sodat goeie stand verseker word. Teen `n stand van 80 000 met `n spoed tussen 5 en 11km/uur word saad teen 9 tot 19 sade per sekonde in die grond geplaas. Dus moet `n planter presies ges-tel wees sodat interplant-spasiëring korrek is. Grondvog moet optimaal wees sodat die diepte konstant kan bly.

Bemesting Die algemene praktyk is om met `n mengesel te bandplaas. Die voed-ingstatus van die grond speel hier `n rol as daar op `n spesifieke mengsel besluit word. Deur die grond chemies te karteer, sal bemesting meer effektief aange-pas kan word. Fosfate, asook kaliums, word onder-skeidelik 91% en 78% deur diffusie opgeneem. Diffusie funksioneer by hoër konsen-trasies en voedingstowwe moet naby die wortels wees. Dit maak bandplaas die effektiefste vir hierdie twee voe- dingselemente. Stikstof word 98% deur massavloei opgeneem. Dus kan stikstof baie doeltreffend deur die seisoen aan die plant verskaf word. Veldwaterkapasiteit van die grond

moet dus goed bestuur word om sodoende die hoë oplosbaasbaar-heid van N te bestuur en loging te verminder. Blaarvoedings is `n goeie manier om probleme in die grond te oorkom, maar mikro-organismes in die grond benodig ook mikro-elemente vir opti-male produksie. Monitor voeding deur die seisoen deur van blaarmonsters gebruik te maak. Met die neem van blaarmon-sters wys ondervinding dat seisoene t.o.v voeding onttrekkingmag verskil. Effektiewe bestuurders is altyd gerat om besluite binne `n seisoen te neem. Fyner bestuurspraktykte soos “pre-plant” van kunsmis en saadbehande-lings tydens plant kan opbrengsver-hogings meebring.

Waterbehoefte Mielies is `n C4-plant, wat beteken dat dit water baie goed benut. Begin altyd met `n vol profiel om oorbesproeiing aan die begin te voorkom. Dit voorkom ook dat daar tydens die blomperiode, waartydens die water- verbruik `n piek bereik, `n water-tekort ontstaan. Die effektiewe skedulering van water sal voorkom dat versuiptoestande voorkom. Versuiptoestande bring koue grond-

Grondtemperatuur Omskakeling 5°C > 6 weke 10°C 2 weke 20°C 1 week

Ammonium (NH4+) na nitrate

(NO3-) via grondbakterieë

Tabel 2.

temperature mee wat die effektiewe opname/omskakeling van voeding- stowwe belemmer (Sien Tabel 2). Sien ook Grafiek 1 vir die weeklikse benaderde wateraanvullings vir mie-lies (ultra-kort groeiers) in die GWK- gebied). Onkruidbeheer Die eerste ses weke ná plant is krities t.o.v onkruidbeheer. Kompetisie vir voedingstowwe is dan straf. Let op na die nawerking van som-mige onkruiddoders, veral in `n wisselboustelsel waar peulgewasse en wintergewasse daaropvolgend gebruik word. Tydens koue toestande kan mielies ook onkruiddoder-skade opdoen. Die aantal pitte en kopgrootte word meestal bepaal in die stadium wan-neer onkruiddoders toegedien word. Let op dat strestoestande nie geskep word deur watertekorte te veroorsaak tydens die uitdroging van die land vir bespuitings nie.

01020304050607080

Wat

eraa

nbev

elin

g

Datum ná plant

Weeklikse benaderde wateraanbevelings vir mielies in die GWK-gebied

Grafiek 1. Weeklikse benaderde wateraanvullings vir mielies (ultra-kort groeiers) in die GWK-gebied).

Page 30: Kommuniek Desember 2012

28

Noordelike mielieblaaskroei kom onder besproeiing voor

Maryke Craven LNR-Instituut vir Graangewasse

Presisieboerdery

N oordelike mielieblaarskroei (NMBS, veroorsaak deur die organisme Exserohilum

turcicum) is tans een van die alge-meenste en wydverspreide mielieb-laarsiektes in Suid-Afrika. Plaaslik is die siekte meer algemeen in die KwaZulu-Natal middellande waar die omgewingstoestande baie gunstig is vir die ontwikkeling en verspreiding van die siekte. Aanplantings onder besproeiingsis-teme is egter ook onderhewig aan

die NMBS-epidemies weens die warm vogtige toestande wat geskep word binne sulke sisteme. Opbrengsver-liese weens NMBS is gevolglik jaarliks `n probleem onder besproeiingsis-teme langs die Vaal-, Modder- en Oranjerivier. Internasionale literatuur dui op verwagte oesverliese van tot 50%, terwyl verdere literatuur verwys na `n verwagte 2-8% oesverlies vir elke 10% toename in siektegraad. Vir `n produsent in Noordwes wat geelmie- lies onder besproeiing verbou, bete-

ken dit `n verlies van tussen R462 en R1,848 ha-1 vir elke 10% siek-tetoename (gemiddelde opbrengs onder besproeiing in Noordwes = 9.80 t ha-1, 2011/12-seisoen, Safex = R2, 3580 ton-1 soos op 16 Julie 2012). Onder droëlandtoestande is die siekte gewoonlik net `n probleem wanneer weerstoestande baie gunstig is vir siekte-ontwikkeling. Die koste verbonde aan `n voor-komende spuitprogram wissel tus-sen R790 en R890 ha-1 en behels `n gemiddeld van twee bespuitings

Page 31: Kommuniek Desember 2012

29

per seisoen. Tydsberekening van die toedienings is egter krities aangesien NMBS baie moeilik onder beheer gebring kan word as dit eers in `n aanplanting posvat. Dit is dus `n baie gevaarlike aan-name om te maak dat chemiese beheer die oplossing is vir alle siekte-verwante probleme. `n Geïntegreerde benadering geba-seer op die insluiting van weerstand-biedende basters in `n aanplanting tesame met spuitprogramme, sal uiteindelik daartoe bydra dat groter suksesse behaal word i.t.v. die opti-male opbrengs wat verkry kan word. SimptomeNMBS kan onderskei word van die ander blaarsiektes deur sy lang ovaalvormige grys-groen letsels wat later verbruin (Figuur 1). Die letsels kan tussen 2,5cm en 15cm in lengte wees en vorm gewoonlik eerste op die onderste

blare, vanwaar dit teen die plant opbeweeg (Figuur 2). Die patogeen floreer by tempera-ture wat wissel tussen 17-28°C met matige tot hoë humiditeit. Die swam oorleef hoofsaaklik op plantreste gedurende die winter. Ontkiemende spore van E. turcicum het die vermoë om die opperhuid (die laag vetterige materiaal wat aan die buitekant van die epidermis voorkom) en epidermis (laag selle aan die buitekant van bv. blare) van die plant te penetreer en infekteer selde deur die huidmondjies. Weerstand en NMBS-rasse Die inkorporering van weerstands-gene in mieliebasters word beskou as die effektiefste wyse van siektebeheer. Hoofweerstandsgene (Ht1, Ht2, Ht3 en HtN) word tans in teelprogramme gebruik om weerstand teen E. turci-cum in basters te vestig. Basters met een of meer van die Ht1-, Ht2- of

Figuur 1. Noordelike mielieblaar-skroei letsel.

Figuur 2. Noordelike mielieblaarskroei op `n vatbare baster.

Ht3-gene se letsels wat gevorm word, toon vergeling (chlorose, Figuur 3) en beperkte sporulasie kom op sulke letsels voor. Soms gebeur dit dat `n spesifieke baster wat een of meer van die hoof- weerstandsgene bevat, na `n paar jaar nie meer effektiewe weerstand teen `n siekte bied nie. Hierdie afbraak van weerstand is dan in alle waarskynlikheid die gevolg van die voorkoms van `n nuwe ras van die siekte-organisme. Die term “ras” verwys na `n spesi-fieke groep swamme binne `n pato-geniese spesie waarvan die gasheer-reeks beperk is tot sekere variëteite. Die rasse van E. turcicum word ver- noem na die NMBS-weerstandsgeen waarteenoor dit virulent is (d.i. die gene wat nie meer effektief is nie). Ras 0 is, byvoorbeeld, avirulent vir al die Ht-weerstandsgene. Sou die dominante ras wat in die Bethlehem-area voorkom `n Ras 0

Page 32: Kommuniek Desember 2012

30

wees, beteken dit dat mieliebasters met enige van die NMBS-weerstands-gene effektief die siekte sal stuit. Ras 13N dui weer daarop dat hierdie spesifieke “vorm” van NMBS in staat sal wees om die weerstand wat die Ht1-, Ht3-, asook HtN-gene bied, te oorkom en die plant te infekteer. Sou die dominante NMBS-ras in bv. die Winterton-area tot die Ras 23-groep behoort, beteken dit dat die mieliebasters wat Ht2 en/of Ht3 as weerstandsgene bevat, nie effektiewe weerstand teen die siekte sal kan bied in hierdie omgewing nie. Die plant sal dus weerloos teen die siekte wees, ten spyte van die weer-standsgene wat dit bevat. Figuur 4 is `n voorbeeld van wat kan gebeur indien `n nuwe ras in `n gebied inkom.Die E. turcicum-rasse wat wêreldwyd bekend is, sluit in Ras 0, 1, 23, 1N, 2N, 23N en 123N. In die soeke na volhoubare weer-stand teen NMBS, is dit noodsaaklik dat die beskikbare weerstand ge-toets moet word teen alle bestaande patotipes van die siekte. Deur voort-durend verskillende isolate (NMBS afkomstig vanuit verskillende gebiede) te evalueer vir hul ras, kan die rasse in verskillende gebiede bepaal word en kan die voorkoms van `n nuwe ras betyds bevestig word voordat dit tot erge oesverliese lei. Personeel van GWK het die afgelope twee jaar bygedra tot navorsing wat tans by die LNR-Instituut vir Graangewasse (LNR-IGG, Potchefstroom) in hier-die verband gedoen word. Volgens voorlopige bevindings lyk dit tog of van die rasse wat in die GWK-omge-wing voorkom, uniek is tot die area. Verdere navorsing oor hierdie rasse is egter nodig voordat daar meer oor die saak uitgelaat kan word.Die eerste stap in die beheer van enige siekte, is om die siekte korrek te identifiseer of te laat identifiseer. Met die korrekte identifiksie van die probleempatogeen, kan die pro-dusent nou verskeie opsies oorweeg vir die bestuur van die siekte. Weer-

Figuur 4. Mielieblaar met beide weer-stand- en vatbareletsels.

Figuur 3. Chlorotiese weerstands- letsel.

standbiedende variëteite vir NMBS is beskikbaar en word beskou as die eerste stap vir `n geïntegreerde bestuurspraktyk. Addisionele praktyke soos die ver-wydering van gewasresidue asook gewasrotasie kan die primêre inoku-lumvlakke verlaag, maar spore wat vanaf naburige plase inwaai, kan egter steeds infeksie tot gevolg hê. Verskeie swamdoders is beskikbaar vir die beheer van NMBS. In hoë siektepotensiaalgebiede soos dié wat gewoonlik geassosieer word met KwaZulu-Natal of onder besproeiingsisteme is, word beheer d.m.v. swamdoders as voorkomings- maatreël standaard toegepas. Verskeie produsente is egter huiwerig om te spuit vanweë die koste daaraan verbonde of vanweë die wisselvallige voorkoms van blaarsiektes. In sulke gevalle is die monitering van produksies van kardinale belang. Aangesien die meeste blaarsiektes hoofsaaklik vanaf baardverskyning voorkom, is weeklikse monitering gedurende die vegetatiewe stadium van die plant noodsaaklik. So sal die produsent vroegtydig

bewus word van potensiële probleme wat kan onstaan. Daar sal ook meer duidelikheid wees rakende die spoed waarteen die siekte in `n gegewe land ontwikkel, wat weer sal bepaal hoe dringend gespuit moet word.Voor daar egter gespuit word, is daar `n paar oorwegings wat in gedagte gehou moet word. In die geval van NMBS-beheer onder droëlandtoestande, word dit gewoonlik as onekonomies beskou om swamdoderbeheer toe te pas en word die praktyk gewoonlik beperk tot saadaanplantings. Wanneer swamdoders wel oorweeg word weens gunstige weerstoestande en hoë infeksiedruk, moet dit op die korrekte tyd toegedien word om kos- te-effektiewe beskerming te verseker. Onder besproeiingsisteme word aanbeveel dat aanplantings gespuit moet word wanneer daar `n gemid-deld van een NMBS-letsel per plant sigbaar is. Produsente is welkom om die LNR-IGG te kontak by 018 299 6100 vir enige hulp rakende die identifikasie van plantsiektes.

Page 33: Kommuniek Desember 2012
Page 34: Kommuniek Desember 2012

32

GWK Saad besoek Spaanse grondboon-aanplantings

SaadLeon BantingBedryfshoof: Saadproduksie en Verwerking

W anneer `n mens aan Spanje dink, kom kleur-volle stuurvegters en

woedende bulle wat die strate agter vlugtende voetgangers invaar, on- willekeurig by `n mens op. In skrille kontras hiermee is die duisende hektare olyfplantasies wat golwend oor die Spaanse platteland strek. Spanje is vanweë sy klimaat en grondsoort een van die wêreld se grootste olyfproduserende gebiede. GWK Saad het egter na hierdie Europese land gereis om grond-

boon-saadaanplantings te besoek. Canon Garth, `n internasionale maatskappy met sy hoofkantoor in Londen, het GWK genader om sy kliënt in Spanje se grondboon- saadaanplantings te inspekteer vir die doel van saadvermeerderings. In reaksie hierop het mnre. Leon Banting en Pierre Ferreira die plat-teland naby Seville in die suid-ooste van Spanje onlangs besoek. Wat grondboon-produksie betref, staan Spanje nog in sy kinder-skoene. Dit is slegs die tweede seisoen dat grondbone op kom-

mersiële vlak in Spanje aangeplant word. Aanplantings word gedoen vir Pep-sico Europe waarvan Simba in Suid- Afrika `n filiaal is. GWK doen al `n geruime tyd sake met Simba wat grondbone betref. GWK en Canon Garth het on-langs `n ooreenkoms gesluit om `n grondboon-proefprogram op die been te bring waar Amerikaanse kultivars in Suid-Afrika getoets gaan word. Twee aanplantings met 12 kultivars is in Douglas- en Orania-omgewing

Page 35: Kommuniek Desember 2012

33

gedoen. Wat die besoek aan Spanje betref is 15 produsente se aanplantings op sowat 420 hektaar geïnspekteer. Die totale aangeplante oppervlak beloop sowat 1 500ha, ongeveer dieselfde as GWK se produksie onder besproeiing. Aanplantings is alles onder be-sproeiing en vloedbesproeiing, driplyne en permanente, oorhoofse sprinkelspuite word hoofsaaklik aangewend. Spilpunte is baie skaars en is weinig opgemerk. `n Gewasrotasiesisteem word gevolg met mielies, rys en groen-tegewasse soos tamaties en kool. Dit kan egter meer probleme met rooi spinmyt veroorsaak, veral waar tamaties geplant word. Slegs rank-kultivars word aange-plant en daar is ook begin met proewe om groeilengtes van die ver-skillende kultivars, asook potensiële opbrengste te bepaal.

Die grondbone is afkomstig van `n Amerikaanse teelprogram in Geor-gia in Amerika. Die hoof grondboneteler, dr. Kim Moore, het spesifieke kultivars vir Suid-Afrika uitgesoek wat meer `n “Spaanse soort” pitvorm het om ons huidige mark te akkomodeer. Dit is meer ronder pitte in teenstel-ling met die groter, ovaalvormige pitte van `n tipiese ranker. Daar is ook tydens die besoek met Moore geskakel en `n verslag is aan hom gestuur vir finale goedkeuring voordat die oesproses kon begin. Die besoek was suksesvol en alle partye was baie tevrede. Persoonlike terugvoer en dank is van mnr. Tom Snoek (Hoofbestuurder van Canon Garth) en Moore ontvang. Die proefprogram by GWK is `n langtermyn-projek en het ten doel om die ideale grondboon-kultivars vir ons toestande en markaanvraag te vind.

Op die oomblik vaar die kultivars baie goed en opbrengste van meer as 5t pitte/ha is in Spanje behaal. Alle kultivars is hoë oleïn, wat bete-ken dat die grondbone gesonder is en oor `n langer raklewe beskik as ons huidige kultivars. Canon Garth het pas ook sowat 18t grondbonesaad van GWK aangekoop wat na Mosambiek uit-gevoer is vir kommersiële produksie. In die lig van `n stagnerende grondboonbedryf die afgelope paar jaar, is daar wel lig in die tonnel en daar word met groot verwagtinge en opgewondenheid gekyk na die ontwikkeling en uitbreiding wat in hierdie bedryf aan die gang is. GWK het `n gesonde verhouding met sy vennote in hierdie bedryf en streef voortdurend daarna om die beste kultivars aan sy produsente te verskaf en die ware potensiaal te ontsluit om sodoende ons aandeel-houers te bevoordeel.

Mnre. Pierre Ferreira en Leon Banting van GWK Saad inspekteer `n grondboonaanplanting in Spanje. Inlas: Mnr. Maximo Doukkali van Canon Garth met `n plant uit die proewe.

Page 36: Kommuniek Desember 2012

34

Versekering

Só werk SASRIA-dekking

S asria dien as `n aanvullende versekering tot bestaande polisse wat die versekerde

dek teen buitengewone voorvalle van saakbeskadiging wat uitgesluit word van die standaard polis. Dit sluit in onluste, openbare onrus en stakings. Sasria het ontstaan weens die studente-onluste in Soweto geduren-de Junie 1976. Die studente was gekant teen die gebruik van Afri-kaans as `n medium van onderwys vir sekere vakke in die skole. Dit was een van die oorsake van die uitbraak van oproer en burger-like wanorde.

Die oproermakers was ook gekant teen die besluitnemers in die tyd (Departement van Onderwys).

In daardie stadium was versekering teen oproer, staking en kwaadwillige beskadiging slegs beskikbaar as `n standaard uitbreiding op verseke- ringspolisse soos brand, geboue, omvattend en motor. Die regering het egter met `n probleem gesit omdat korttermyn-polisse oorlog heeltemal uitsluit (dit is vandag nog so). Die feit dat mense in opstand kom het dus die hele situasie verander en die versekeraar het nie meer kans gesien om hierdie dekking onder standaard polisse aan te bied nie. Die versekeraars was gemaklik om die fundamentele risiko’s te vat, maar dat die regering daarvoor sou

Wilmarie van der Schyff

Wilmarie van der SchyffVersekering: Douglas

Page 37: Kommuniek Desember 2012

35

instaan.Sasria is amptelik op 1 April 1979 begin. Dit is `n regeringsgekontro- leerde fonds wat geregistreerde versekeraars se kantore en admini- strasie-sisteme gebruik om die transaksies te behartig. Die versekeraar is die taak opgelê om die polisse, genaamd Sasria, namens die regering uit te reik. Die versekeraar verhaal die premies en betaal dit oor aan die Sasria- fonds.

Wat word nog gedek?Sasria bied die volgende vyf ver-skillende dekkings ten opsigte van onluste en stakings:

� Materiële skade: vaste bates, geboue, masjienerie, meubels.

� Kontrak- en konstruksiewerk: vaste bates onder konstruksie, gereedskap en toerusting wat vir kontrak- en konstruksiewerk gebruik word.

� Gevolglike verlies: vaste uit-gawes wat steeds voortgaan nadat materiële verlies gelei is, dit sluit aan by sake-onderbre-king, bv. salarisse.

� Motordekking: verlies of skade aan alle voertuie.

� Persoonlike polisse: verlies of skade aan enige items onder `n persoonlike polis soos bv. huis- eienaar, huisbewoner, alle risiko, ens.

GebiedsbeperkingsSasria is die akroniem vir South African Special Risk Insurance Asso-ciation. Sasria dek uitsluitlik skade wat binne die grense van Suid-Afrika aangerig is. Namibië het ook so `n produk genaamd Nasria. Sasria en Nasria het `n ooreenkoms dat indien daar

`n voorval binne hierdie twee lande is, dit onder die betrokke land se dekking sal geskied. (`n Soort kruis-dekking.)Indien `n versekerde dus na enige ander land reis, moet opsionele dekking uitgeneem word onder oproer en staking onder die spesi-fieke uitbreiding van die risiko.

Materiële skade risiko’s gekoppel aan oesverseke- ringspolisseSasria-dekking is nou ook op oeste beskikbaar. Dit is byvoorbeeld waar `n produsent se lande aan die brand gesteek word weens oproer en stakings, soos die geval die af-gelope tyd op plase by De Doorns. Hierdie soort risiko word nie onder `n standaard brandpolis gedek nie.� Sasria-dekking kan slegs uit-

gereik word indien daar ook `n oesversekeringspolis (bestaande of nuut) in plek is waarop brand `n versekerde gevaar is. Sasria-dekking is dus beskikbaar op enige landbougewas waar-op dekking teen brand gebied word.

� Die Sasria-dekking kan uitgereik word al het daar reeds politieke onrus uitgebreek. Sasria dek egter nie skade wat aangerig is voordat die Sasria-dekking uitgeneem is nie.

� Die wagperiode wat van toe-passing is voordat die Sasria- dekking in werking tree, is die- selfde as op die onderliggende polis. As Sasria-dekking agterna uitgereik word op `n onder-liggende polis waarvan die branddekking reeds in aan-vang geneem is, sal daar geen wagperiode wees voordat die Sasria-dekking in werking tree nie.

� Daar is geen bybetaling op die Sasria-eise van toepassing nie. Die polis van die versekeraar se

bybetaling bly egter van krag indien dit nie `n Sasria-eis is nie, maar `n gewone eis onder die polis.

� Die Sasria-dekking volg die branddekking soos gebied op die onderliggende polis. Dus, as die onderliggende polis slegs dekking bied op die oes, sal die Sasria-dekking ook slegs dekking op die oes bied. As die onderliggende polis dekking bied teen brand op die bome/plante en opleidingsmateriaal, sal die Sasria-polis dit volg.

� Die Sasria materiëleskade dekking sluit nie toekomstige verlies van inkomste in nie. Indien die kliënt dus op sy polis die “Verlies aan inkomste”-opsie gekies het, sal die Sasria-polis dit nie volg nie, en die Sasria- premie sal ook nie bereken word op die addisionele versekerde waarde vir verlies aan inkomste nie.

� Sasria bied nie dekking teen gevolglike skade en/of indirekte verliese gely weens enige Sasria- versekerde gevare nie

� Sasria-eise sal betaal word op die versekerde waardes soos gespesifiseer op die onderlig-gende polis.

� Die Sasria-dekking staak saam met die staking van dekking t.o.v. die brandgevaar op die onderliggende polis.

� Die Sasria-tarief vir brand kommersieel is 0.0144% met `n minimum premie van R50.00 per polis.

Die 4de Desember is amptelik deur die regering as `n stakingsdag verk-laar en daarom moet elkeen toesien dat hy die nodige maatreëls tref, indien probleme sou opduik.

Kontak gerus u versekeringsad-viseur vir enige verdere inligting rakende Sasria-dekking op oeste.

Page 38: Kommuniek Desember 2012

36

MeganisasieJohan Kruger

Mnre. Gert Joubert (Eienaar van Joubert en Verster Agri) en Johan Kruger (Uitvoerende Bestuurder: Megani- sasie en Ingenieurswerke) by een van die twee S670 John Deere-stropers wat Joubert en Verster Agri by GWK aangekoop het. Foto’s: Karen van Zyl

Page 39: Kommuniek Desember 2012

37

Meganisasie en Ingenieursweke

GWK Meganisasie beklink buitengewone transaksie

Carien Grobler

G WK Meganisasie en Inge-nieurswerke het onlangs `n buitengewoon groot

transaksie met mnre. Gert Joubert en Sweis Verster van Joubert en Verster Agri beklink. Die transaksie, wat twee 8335R John

Deere-trekkers (248kW), twee S670 John Deere-stropers en `n 4630 John Deere selfaangedrewe spuit insluit, het R10,436,294.00 beloop. Joubert en Verster Agri is in die Luck-hoff-omgewing gesetel en die boer- dery fokus op die aanplanting van mielies, koring en wisselbou-aan-

plantings van sojabone. “GWK spreek graag ons dank teen- oor Joubert en Verster Agri uit vir hul onbaatsugtige en deurlopende ondersteuning,” sê mnr. Johan Kruger (Uitvoerende Bestuurder: Meganisasie en Ingenieurswerke van GWK).

Die twee 8335R John Deere-trekkers (248kW), twee S670 John Deere-stropers en 4630 John Deere selfaangedrewe spuit wat Joubert en Verster Agri van Luckhoff by GWK aangekoop het.

Mnre. Gawie Jonker (Bedryfshoof: Onderdele), Pierre Ludwick (Bedryfshoof: Werskwinkel), Mark du Plessis (Hoof-bestuurder: Handel), Tinus Oosthuizen (Bedryfshoof: Heelgoedere), Gert Joubert (Eienaar van Joubert en Verster Agri) en Johan Kruger (Uitvoerende Bestuurder: Meganisasie en Ingenieurswerke) by die oorhandiging.

Page 40: Kommuniek Desember 2012

38

Ekspo’s

GWK bied bewerkingsdag tydens landbou-ekspo aan

Carien Grobler

G WK het ten tyde van die Agri-Oranje Karoo Landbou Ekspo op Hope-

town `n suksesvolle bewerkingsdag aangebied. Produsente sowel as leerlinge van die Hoërskool Landboudal op Jacobsdal het die dag bygewoon. Die doel van die bewerkingsdag was om die effektiwiteit van verskillende implemente deur waarnemings tydens demonstrasies te toets. Primêre sowel as sekondêre bewer- kings is gedoen en definitiewe ver-skille in die effektiwiteit van die imple-mente is waargeneem.

Produsente luister na `n verduideliking by `n profielgat deur mnr. Bertus Jacobs (Bedryfshoof: Presisieboerdery van GWK op Douglas). Foto’s: Tania Fourie

Produsente sowel as leerlinge van die Hoërskool Landboudal op Jacobsdal het die bewerkingsdag ten tyde van die Agri-Oranje Karoo Landbou Ekspo op Hopetown bygewoon.

Page 41: Kommuniek Desember 2012

39

Die wenspan. Van links is, voor: mev. Madelein Venter (Koördineerder: Spesiale projekte en jeugbylaes van die Volksblad-groep), Andrea Snyman, Anelda Bezuidenhout, Evert Burger en mnr. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking van GWK). Agter: Johan en Adriaan Brits.

Koerantvasvra tydens ekpo kry leerlinge aan die lees

L eerlinge van sewe skole in die Noord-Kaap het onlangs `n week lank die koerant ekstra

noukeurig gelees. Die rede hiervoor was dat hulle by die Agri-Oranje Karoo Landbou Ekspo op Hopetown in `n koerant-vasvra teen mekaar meegeding het. Die Hoërskool Hopetown, Hoërskool Steynville, Hoërskool Prieska, Hoër-skool De Aar, Hoërskool Riverside, Hoërskool Douglas en Hoër Land-bouskool Jacobsdal het elke twee spanne van vyf lede elk ingeskryf om aan die vasvra deel te neem. Die spanne moes tydens die vasvra vrae oor `n week se koerantberigte

uit vyf kategorieë, naamlik algemene nuus, wêreldnuus, Noord-Kaap, sport en landbou beantwoord. Groot pryse was op die spel en die wenspan het `n skootrekenaar en dataprojektor vir hul skool ontvang, asook R1 000 kontant vir elke lid van die span. Ná `n spanningsvolle vasvra waarin die spanne hul staal gewys het, het `n span van die Hoërskool Landbou-dal op Jacobsdal met die louere weggestap. `n Span van die Hoër-skool Riverside op Douglas het die tweede plek behaal. “GWK innoveer landbou deur-lopend. Deel hiervan is geleenthede wat vir landbougemeenskappe

belangrik is. GWK is daarom die Agri-Oranje Karoo Landbou Ekspo se hoofborg,” sê mnr. Neil de Klerk, Uitvoerende Bestuurder: Korpora- tiewe Bemarking van GWK. “Dit is lekker om `n vennoot soos Volksblad te hê wat die aanbieding van die vasvra moontlik maak en daardeur mense na die ekspo lok.” Volgens mnr. Christo van Staden, as-sistent-redakteur van Volksblad, is dit vir die koerant belangrik om lesers vir die toekoms te help kweek. “Hopelik sal dit kinders se belang-stelling in aktuele sake en koerant- lees prikkel – en hopelik sal `n hele klomp van hulle in ywerige koer-antlesers ontwikkel.”

Page 42: Kommuniek Desember 2012

40

Ekspo’s

GWK in die Oos-Vrystaat

Carien Grobler

I n die lig van GWK se onlangse uit-breiding na die Oos-Vrystaat, was GWK ook by die onlangse Kersie-

fees op Ficksburg betrokke. GWK Meganisasie, Graan, Pekan-neute en Landzicht Wyn het `n stal-letjie beman waar die maatskappy se produkte en dienste aan feesgangers bekend gestel is. Die fees is afgesluit met `n VIP-ete vir produsente wat met GWK se bemar- kingskantoor op Ficksburg sake doen.

Mnr. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking), mev. Kobie Greyvensteyn (Uitvoerende Bestuurder: Finansiering), mnr. Jan van Niekerk (produsent van Ficksburg) en mnre. Jacques Pretorius (Bestuurder: Graanverkope), Tom Meintjes (Hoofbestuurder: Graanprodukte) en Schalk van der Merwe (produsent van Ficksburg).

Regs: Mnre. Hennie van der Walt (Uitvoerende Bestuurder (Oos-Vry-staat Bemarkingskantoor), Rudolph en Gerrie Britz (produsente van Ficksburg) en mev. Melanie Britz.

Page 43: Kommuniek Desember 2012

41

Mnr. Pieter en mev. Annami Theron (produsente van Ficksburg), mnr. Deon en mev. Sandra Gibson (produsente van Ficksburg) en mnre. Leon du Preez (produsent van Ficksburg) en mnr. Johan van Dyk (Besturende Direkteur).

Page 44: Kommuniek Desember 2012

42

GWK Nuus

KLANT WEN GASVERWARMER BY GWK OP PRIESKA

KLANT WEN ‘RANGE FINDER’ IN KOMPETISIE

GWK het onlangs `n kompetisie in samewerking met Freddy

Hirsch aangebied waar klante die kans gestaan het om `n “Range Finder” te wen. Om vir die kompetisie in te skryf, moes klante enige Freddy Hirsch-produk aankoop. Die faktuur het as inskrywingsvorm gedien. Een inskrywing is uit elkeen van GWK se handelstakke getrek waar-na dit na Freddy Hirsch gestuur is om `n algehele wenner aan te wys. GWK Prieska se wenner vir die kompetisie was mev. Henvia Beukes. Beukes is ook as die algehele wen-ner van die kompetisie aangewys. Regs: Me. Charlene Nieuwenhui- zen (Handelsklerk: Prieska), mev. Henvia Beukes (algehele wenner) en mnr. Schalk Liebenberg (Handels-bestuurder: Prieska).

GWK het van 1 Julie tot 30 Sep-tember `n kompetisie in same-

werking met NPC Yeast aangebied. Mnr. C.J.G. Combrink is as wenner aangewys en het `n gasverwarmer as prys ontvang. Om in aanmerking te kom vir die prys, moes die klant `n boksie gis aankoop waarna hy of sy ook `n stel penne en vier pakkies gis gratis ontvang het. Klante moes hul fakture in `n houer by die toonbank plaas om vir die kompetisie in te skryf.

Regs: Me. Charlene Nieuwenhuizen (Handelsklerk: Prieska) en mnre. C.J.G. Combrink, wenner van die gasverwarmer en Nielo Germishuy- zen (Bedryfshoof:Prieska Handel).

Page 45: Kommuniek Desember 2012

43

GWK MONITOR MIELIE-STRONKBOORDER MET MOTVALLE

GWK het in November begin om Mielie-stronkboorder (Busseola

fusca) in die GWK-bedieningsgebied te monitor. Sodoende word produsente op hoogte gehou sodat hulle gereed kan wees vir hoë vlakke van stronkboor-der infestasie. Weeklikse metings sal tot in April 2013 gedoen word. Motvlugte sal weeklikse grafies aan produsente deurgegee word. Mielie-stronkboorder is `n inheemse Afrikamot. Die larwe van hierdie mot boor in die stam van die mielieplant. In Suid-Afrika kan die mot groot skade aanrig. Die volwasse mot ontwikkel in die laaste drie maande van die jaar uit die papie, maar hoofsaaklik in November. Die tweede motvlugte word in die eerste kwart van die daaropvolgen-de jaar verwag met die piek rondom Februarie. Slegs sekere individuele motte ontwik-kel tot `n derde generasie. Die eiers van hierdie motte word dan gelê op opslagmielies of mielies wat buite seisoen geplant word of. Die beheer van mielie-stronkboorder berus op `n holistiese benadering.Predatore en parasiete speel `n be- langrike rol in die beheer van die be- volking van mielie-stronkboorder, maar is gewoonlik nie voldoende nie. Die larwe oorwinter in die stoppels van mielies. Indien van die stoppels verwyder word of diep ingeploeg word, sal dit verhinder dat die mot suksesvol uitbroei. Vier tot ses weke nadat die motte verskyn, moet vir larwes opgelet word. Dít is waar die motvalle as hulpmiddel gebruik kan word om die motvlugte te monitor en op die uitkyk te wees vir stronkboorders. Indien meer as vyf wurms per 100 plante waargeneem word, moet be-spuiting oorweeg word.

Bronne � Annecke, D.P. & Moran, V.C. 1982. Insects and mites of cul-tivated plants in South Africa. Butterworths, Durban.

� Chinwada, P. & Overholt, W.A. 2001. Natural enemies of maize stemborers on the highveld of Zimbabwe. African Entomology 9: 67-75.

� Ebenebe, A.A., van den Berg, J. & Van der Linde, T.C. de K. 2000. Seasonal flight activity of the maize stalk borer, Busseola fusca (Fuller) (Lepidoptera: Noctuidae), in Leso-tho. African Entomology 8: 63-68.

� Ebenebe, A.A., van den Berg, J.

& Van der Linde, T.C. 2001. The incidence of Dorylus helvolus (Lin-naeus) (Hymenoptera: Formicidae) and parasitoids (Hymenoptera: Braconidae) as mortality factors of Busseola fusca Fuller (Lepidoptera: Noctuidae) and Chilo partellus (Swinhoe) (Lepidoptera: Crambi-dae) in Lesotho. African Entomolo-gy 9: 77-84.

� Kfir, R. 2000. Seasonal occur-rence, parasitoids and pathogens of the African stem borer, Busseola fusca (Fuller) (Lepidoptera: Noc-tuidae), on cereal crops in South Africa. African Entomology 8: 1-14.

`n Motval waarmee motvlugte gemonitor word.

Pieter FrankenLandboukundige Navorser

Page 46: Kommuniek Desember 2012

44

Ons mense

Stuur foto’s [email protected]

Kommuniek Posbus 47Douglas 8730

Met “Ons mense” wil Kommuniek die passie uitbeeld waarmee die produsente in GWK se bedieningsgebied hul boerdery behartig, maar ook die passie van GWK se per-soneel om landbou te innoveer en puik diens te lewer.

GWK SE ‘MO BRO’S BRING HUL KANT VIR GESONDHEID!

Jaarliks in November is Movember verantwoordelik vir snorre op die

gesigte van mans oor die wêreld heen. Die doel hiervan is om fondse in te samel en bewusmaking te doen

oor manlike gesondheid, spesifiek prostaatkanker en ander kankersoorte wat mans raak. Sedert die 1ste No-vember het verskeie manne by GWK ook hul skoongeskeerde gesigte vir

`n maand lank vir snorre verruil om “Mo Bro’s” te word. Kommuniek het gaan kyk hoe hulle lyk om hulle in die annale vir voortreflike snorkwekery op te teken!

Mnr. Japie Lombard (Administrasie Bestuurder: Direkte Insette).

Voor: Mnre. Mark du Plessis (Hoofbestuurder: Handel), Johan van Dyk (Besturende Direkteur), Pieter Bekker (Hoof-bestuurder: Primêre Produksie) en Tom Meintjes (Hoofbestuurder: Graanprodukte). Agter: Mnr. Johann Klopper (Finansiële Direkteur), Wim van Rooyen (Hoofbestuurder (Veilings, Vleis en Supermarkte en Llewellyn Brooks (Hoof-bestuurder: Spesialisprodukte).

Mnr. Brits van den Berg (Uitvoerende Bestuurder: Versekering en FloTank).

Mnr. Ruben Rens (Bedryfshoof: Aart- appel Produsente-advies).

Page 47: Kommuniek Desember 2012

45

Voor: Mnre. Herman Grobler (Bestuurder: Graanaankope), Ederich Prinsloo (Bestuurder: Graanverhandeling) en Cas Prinsloo (Uitvoerende Bestuurder: Saadproduksie, Chemikalieë en Gewasproduksie). Agter: Mnre. Tom Meintjes (Hoofbestuurder: Graanprodukte), Lucas Holtzhausen (Safex-verhandelaar), Arno Conradie (Bestuursrekenmeester: Graan), Bertus Botes (Safex-verhandelaar) en Handré van Heerden (Safex-verhandelaar).

Mnre. Marnus Janse van Rensburg (Safex-verhandelaar) en Carl du Toit (Uitvoerende Bestuurder: Graanfasiliteite).

Page 48: Kommuniek Desember 2012

46

Kollig

Bedryfshoof wil sterk band van vertroue met kliënte bou

Carien Grobler

GWK het onlangs vir me. Karlien van Zyl as Bedryfshoof: Finansiële Landbou Adviesdienste verwelkom. Sy beoog om dié besigheid as `n onlosmaaklike deel van produsente se finansiële beplanning te vestig.

Me. Karlien van Zyl is onlangs as Bedryfshoof: Finansiële Landbou Adviesdienste by GWK aangestel. Kommuniek het met haar gesels

V an Zyl, `n plaasmeisie van Bloemhof, het Land-bou-ekonomie aan die

Universiteit van Pretoria gestu- deer en deeltyds klasgegee ter-wyl sy haar meestersgraad in

Landbou-ekonomie voltooi het. In 2010 begin sy as landbou- streeksbestuurder by Nedbank op Nelspruit en verskuif in 2011 in dieselfde posisie na Gauteng waarna sy in November vanjaar besluit het om terug te keer na die platteland om haar by GWK aan te sluit. “Die besigheid het geweldig baie potensiaal om waarde vir aandeelhouers sowel as interne waarde vir die maatskappy toe

te voeg,” sê van Zyl. “My fokus is op vernuwing, `n meer kliënt-gefokusde benadering en proak-tiewe optrede. Dit is egter be- langrik om daarop te let dat hoewel ons onder dieselfde divi-sie as GWK Finansiering ressor-teer, GWK Finansiële Landbou Adviesdienste as `n onafhanklike besigheidseenheid funksioneer.” Volgens Van Zyl doen die besig-heid op die oomblik `n behoef- tebepaling by kliënte en word

Page 49: Kommuniek Desember 2012

produkte ontwikkel wat kliënte met hul kontantvloeibeplanning sal help. Van hierdie produkte word reeds met fokuskliënte getoets. Die besigheid se bestaande produkte is ook steeds aan kliënte beskikbaar, maar word ontwikkel om meer verbruikers- vriendelik en prakties bruikbaar te maak. “Ons hooffokus is op ProFar- mer en studiegroepe. ProFarmer is op die oomblik deel van ons behoeftebepaling terwyl ons die studiegroepe graag meer aktief wil maak.” ProFarmer is `n aanlyn diens wat produsente in die posisie plaas

Die besigheid het geweldig

baie potensiaal om waarde vir aandeelhouers

sowel as interne waarde vir die maatskappy toe te voeg

om detail beplanning vir die ver- bouing van verskeie gewasse te doen én op grond van intydse inligting, realistiese vooruitskat-tings van insetkoste en poten-siële finansiële opbrengste te doen. Hierdie beplanning sluit ook `n meganisasiebegroting in.

`n Kostegids is ook onlangs uitgegee wat hierdie inligting in `n gedrukte formaat vervat. “Ons wil die kliënt se regterhand in sy finansiële beplanning wees. Om hierdie rede wil ons ook ons bande met spesialisbesighede binne GWK versterk om ons produkkennis te verbeter en produsente effektief met vooruit-beplanning te kan bystaan.”Sy verduidelik dat die besigheid ook voortaan `n interne diens sal lewer om besighede binne GWK met die opstel van besig-heidsplanne vir projekte te help.“My sterk finansiële agtergrond stel my in staat om waarde tot die besigheid toe te voeg,” sê van Zyl. “My doelwit is om só `n mate van vertroue by ons kliënte te vestig dat ons `n onmisbare deel van elkeen se span sal word.”

Page 50: Kommuniek Desember 2012

48

Ons mense

Kiekies

Tema vir Des

Maandelikse pryse1ste R600 GWK kleinhandel-koopbewys, geborg deur GWK Landmark.2de R300 GWK koopbewys3de R100 GWK koopbewys

Kommuniek wil graag sien hoe ons lesers hulle op die Feestyd voorberei. Enige foto met `n Kerstema kan ingeskryf word.

Wenner Marlize Rabe van Douglas. Odi en Oscar help ook met die voorbereidings vir Kersfees!

Tema vir Jan

Tema vir Feb

Vakansie!Kommuniek deel graag met ons lesers hul vakansie-erva- rings.

Skouer aan die wiel! Ná die vakansie is ons pro-dusente weer werksaam op hul plase. Ons ontvang graag foto’s oor die bedrywighede op die plaas.

Page 51: Kommuniek Desember 2012

49

REËLS Die inskrywing moet die tema van die betrokke maand weerspieël. Deelnemers mag slegs een foto inskryf. Foto’s per e-pos mag nie kleiner as 500 kb wees nie.

U naam en van, adres en kon-taknommer moet die inskrywing vergesel. Die sluitingsdatum is die 20ste van elke maand. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Stuur foto’s na

[email protected]

Kommuniek Posbus 47Douglas 8730

Tweede Annatjie Rautenbach van Sasolburg

Derde Marisca Nel van Douglas

Page 52: Kommuniek Desember 2012

• • • | dis hoe ons is | saamspeel saamlag saamkuier saamsing dis hoe ons is

1962 - 2012

HOËR LANDBOUSKOOL JACOBSDAL

DIE BODEM IS DIE LEWE

50 PRYSUITDELING

LANDBOU-DUXJannie Manser

AKADEMIESE DUX-LEERDERJohannes van Eck

HOOFLEIERS 2012Adriann Britz (onderhoofseun), Danie du Toit ( hoofseun),

Heilha Manser (hoofdogter), Andrea Fourie (onder hoofdogter)

1962 - 2012

HOËR LANDBOUSKOOL JACOBSDAL

DIE BODEM IS DIE LEWE

50

Page 53: Kommuniek Desember 2012

• • • | dis hoe ons is | saamspeel saamlag saamkuier saamsing dis hoe ons is

1962 - 2012

HOËR LANDBOUSKOOL JACOBSDAL

DIE BODEM IS DIE LEWE

50

1962 - 2012

HOËR LANDBOUSKOOL JACOBSDAL

DIE BODEM IS DIE LEWE

50 VRL 2013

VRL 2013Voor: JP Markram, Francois Jacobs, Riané Nype, Anja van der Merwe, Roelof Strauss, Pieter Botha, Alita De Waal, Andrea Fourie,

Mari van Niekerk, Danie du toit, Heila Manser, Benjamin Hendriks, Elandri le Roux, Zak van VuurenAgter: Adriaan Brits, Ferrera Strauss, Anelda Bezuidenhoudt, Teubes Brits

INLAS: Berto Janse van Rensburg, Marli Joubert, Christopher Menezes, Andrea Snyman

Page 54: Kommuniek Desember 2012

• • • | dis hoe ons is | saamspeel saamlag saamkuier saamsing dis hoe ons is

1962 - 2012

HOËR LANDBOUSKOOL JACOBSDAL

DIE BODEM IS DIE LEWE

50

1962 - 2012

HOËR LANDBOUSKOOL JACOBSDAL

DIE BODEM IS DIE LEWE

50PRYSUITDELING

RYGBYSPELER VAN DIE JAARCasey Carstens

NETBALSPELER VAN DIE JAARElsa van Staden

SPORTVROUTania Duvenhage

SPORTMANRossouw Pienaar

VEELSYDIGSTE SPORTMANNico van der Walt

VEELSYDIGSTE SPORTVROUAnelda Bezuidenhout

Page 55: Kommuniek Desember 2012

53

Die SkopskoenOom Gemsbok

Die jaar lê op sy rug . . .

D agsê vrinne.Daar lê nog `n jaar op sy rug met ons rugbyseisoen

wat so te sê op `n einde is. Kyk ons terug oor 2012 se rugby is daar sekerlik maar min om oor staanvure te maak. Al ligpunt in `n bekerlose jaar is die Wipi en sy ondersteuners wat iets het om oor te glimlag. Waardige Curriebeker Kampioene van 2012. Wat die Super 15 en Viernasie-reeks betref, was ons spanne alles behal-we aanspraakmakers op die twee gesogste bekers van die jaar. In-teendeel was ons spanne `n groot teleurstelling in albei reekse. Op die plaaslike front was die uitstem van die Leeus en die instem van die Kings vir 2013 se Super 15-reeks seer sekerlik die grootste opskudding naas die golfoorlog. Ons kry `n nuwe Bokafrigter en ons word effens getroos met die fantas- tiese verowering van die Junior Wêreldbeker deur Dawie Theron se

jong Bokkies. Ons Sewes-Bokke vaar nie juis beter nie terwyl ons vrouespanne ook niks uitrig om oor huis toe te skryf nie. Nieteming, dis water onder deur die brug en in die vlei af. Die vraag is hoeveel het ons spanne en afrigters hieruit geleer om seker te maak ons maak in 2013 nie weer dieselfde foute nie. Wat Heyneke se Bokspan en spelpa-troon betref, is Oom Gemsbok maar taamlik bekommerd. Ek het werklik geloof in Heyneke en het vas geglo dat hy die Bokke na `n baie hoër vlak sal neem. Dalk is ek maar net ongeduldig, maar op die oomblik lyk dit beslis nie of dit gaan gebeur nie. Is die vlak van afrigting dalk te hoog of is ons volkie maar net weer te ongeduldig vir resultate? Die nuwe jaar sal baie van hierdie vrae beant-woord. Ons sit met `n reuse beseringslys en 60% van ons senior bokke lê iewers op `n rusbak met `n besering.

Manne soos Juan Smit, Bismark, Habana, Bekker, Spies, Schalk en Jacques Fourie word geweldig gemis. Hierdie manne sal hopelik in die nuwe jaar almal perdfris wees om die S15 beseringloos en met nuwe krag en honger vir die spel aan te durf. Wat afrigters betref, behoort Plum-tree en Allister weer baie naby aan sukses te draai terwyl die sukkelende streidosse soos Ludeke, Naka en Ackerman maar weer sal moet swoeg om bo uit te kom. Ek sien nou reeds uit na 2013 se rugbyjaar. Lekker rus aan al die spe-lers, afrigters en bestuur. `n Baie Geseënde Kersfees aan elkeen van ons lesers. Mag 2013 vir ons uiters suksesvolle rugby inhou en ons stoutste verwagtinge oortref word.Voorspoed vir die nuwe jaar. Hou lekker vakansie en ry veilig. Ons gesels weer in 2013! GroetnisOom Gemsbok

Page 56: Kommuniek Desember 2012

54

Pret op die plaasVir die jongspan

Help vir Rudolf om by die andertakbokke uit te kom!

Page 57: Kommuniek Desember 2012

Veilings en Lewendehawe Kimberley Tel: 053 832 5227/8

www.gwk.co.za

i nnovee r l andbou

Navrae:

Colleen Jacobs

082 553 1108

Johan Jacobs082 412 3379

[email protected]

Johan & Colleen Jaco

bs

JG 10/159

Baie dankie vir u ondersteuning. Mag u `n Geseënde Kersfees en `n voorspoedige 2013 hê.

Ons 4de produksieveiling vind op 14 November 2013 op ons plaas Lucky Valley te Douglas plaas.

Page 58: Kommuniek Desember 2012

56

Carien GroblerLeefstyl

Laat jou woorde soos reën oor ander mense val . . .`n Mens besef dikwels nie dat die terugvoer waarmee jy be-doel het om iemand te help, presies die teenoorgestelde uitwerking het nie.

T erugvoer, soos reën, moet sag genoeg wees dat dit `n mens kan help groei sonder om die

wortels te vernietig, het die skrywer Frank Clark gesê. Mense in leiersposisies bevind hulle gereeld in situasies waar hulle terug-voer moet gee oor ander se werk of

prestasies. Dit geld ook `n mens se rol as ouer en eggenoot. “Wanneer ons aan iemand moet terugvoer gee, is die meeste mense geneig om dit vanuit `n magsposisie te doen,” sê Judy Wright, lewensafrig- ter en skrywer van die boek Building Self-Confidence with Encouraging Words. “Dit plaas die ander persoon op sy agtervoete en die terugvoer waarmee jy bedoel het om iemand te help, het dan presies die teenoorge- stelde uitwerking.” Judy onderskei tussen kritiek en terugvoer. “Kritiek maak seer, terwyl

terugvoer bedoel is om iemand te help. “`n Mens se bedoeling is dikwels om `n kind of werknemer te motiveer om beter te presteer. In jou gedagtes het jy duidelikheid oor wat jy wil bereik en watter gedrag jy wil verander, maar dit moet só gedoen word dat hulle jou eendag sal bedank dat jy genoeg omgegee het om hul swak punte aan hulle uit te wys. “Om kritiek te lewer of iemand be-spotlik te maak, het nooit `n posi-tiewe uitkoms nie. `n Benadering van respek en positiewe terugvoer is baie

Page 59: Kommuniek Desember 2012

57

meer effektief.” Sy verduidelik dat `n mens iemand bespotlik kan maak deur verbaal kritiek te lewer, byvoorbeeld: “Kry dit asseblief net in jou klapperdop!” of nie-verbaal deur byvoorbeeld jou oë te rol. Om hierdie rede is dit nie net be-langrik om op `n mens se verbale kommunikasie te let nie, maar ook op jou lyftaal. “Mense kyk na jou gesigsuitdruk-kings om te sien hoe jy werklik voel oor wat jy sê, asook hoe jy oor die persoon voel vir wie jy dit sê. Hulle luister ook na jou stemtoon om te bepaal hoe opreg jy is.” Sy stel terugvoer teenoor kritiek. “Terugvoer is bedoel om iemand van die nodige inligting te voorsien sodat hy as mens kan groei. Vra egter eers of iemand jou terugvoer wil hê voordat jy dit aanbied. As dit sonder oordeel of `n aanvallende houding aangebied word, sal die meeste mense dit verwelkom of minstens daarna luister.” Volgens Judy is dit effektief om ver- koopstaal te gebruik wanneer `n mens `n idee aan iemand wil oordra sonder om hom sleg te laat voel. Sy stel die volgende benadering voor: “Ek weet dit was `n moeilike op-drag. Ek het ook al so gevoel wan-neer ek iets vir die eerste keer moes doen. Ek het egter gevind . . . maak die situasie makliker om te hanteer.” Judy meen as `n mens positiewe op-trede van die mense om jou wil sien, jy goeie gedrag moet aanmoedig en die klem verskuif van dit waarmee jy ontevrede voel. “Wanneer `n mens op iets fokus – reg óf verkeerd – sal jy meer daarvan sien.” Laastens meen sy dit is belangrik om ook oor jou eie foute te praat, veral wat jou kinders betref. “Jy mag dalk skaam voel om oor jou eie mislukkings of oordeelsfoute te praat. Probeer iets soos: ‘Ek weet jy voel sleg oor jou punte. Ek het ook al so gevoel as ek hard aan `n pro-jek gewerk het en alles nie uitgewerk het soos ek beplan het nie.’”

Gesels dan oor oplossings wat vir jou gewerk het en dink saam oor `n oplossing wat vir sy situasie sal werk. “Onthou ook dat niemand perfek is nie en as jy slegs met perfeksie tevre-de is, veroorsaak jy dat jou kinders misluk nog voordat hulle probeer het. “`n Mens leer uit jou ervarings wat werk en hoe om oplossings vir pro-bleme te soek. Ons kan foute maak én steeds bevoeg, die moeite werd en intelligent wees.”

om as mens te groei. Moet byvoor-beeld nooit sê: “Jy is so stadig soos `n skilpad nie,” maar eerder “Ons sal aan jou werkspoed moet aandag gee.”

Hou by die punt. Fokus slegs op die spesifieke taak of gedrag waaroor jy terugvoer gee. Moet nooit na die verlede teruggryp nie, tensy dit die tweede of derde keer is dat jy dieselfde kwessie moet aanspreek. Sê dan slegs: “Ons het reeds in die verlede hieroor gesels, maar ek dink dit sal goed wees as ons sekere punte weer aanraak.

Begin by jouself. Vermy dat die ander persoon on-nodig op sy agtervoete spring deur eerder te fokus op hoe iets jou raak. Sê byvoorbeeld: “Ek voel effens ge-frustreerd, want ek moes reeds gister jou verslag ontvang het,” as “Jy maak my mal as jy nie jou verslae betyds stuur nie.”

Behou perspektief. Vermy woorde soos “altyd”, “nooit” en “vir ewig”. Aangesien dit selde waar is, sal die ander persoon jou stelling as kaf afmaak. Sê byvoor-beeld eerder: “Jy ruim selde jou les- senaar op,” as “Jou lessenaar lyk altyd soos `n varkhok.”

Tel jou woorde. `n Mens is geneig om negatiewe aanmerkings te maak wanneer jy kwaad is. Dit plaas egter slegs die ander persoon op die verdediging en ontneem jou terugvoer van eni-ge trefkrag. Pleks van: “Laat staan asseblief jou vieslike gewoonte om voor werk te staan en rook,” probeer: “Kan jy asseblief vroeër inkom sodat jy reeds om 08:00 soggens by jou lessenaar is?”

Kom eers op hoogte. Jy is moontlik nie bewus van iets wat die ander persoon daarvan weerhou om suksesvol te wees nie. Vra hom of haar hieroor uit.

Laat jou reëndruppels sag val Positiewe terugvoer wat op die regte manier aangebied word, kan ander mense help om te groei. Hier is tien dinge om te onthou as jy opbouende terugvoer wil gee:

Moenie uitstel nie. As `n mens wag voordat jy terugvoer gee, is dit trefkrag soveel minder. As jy iets wil sê, doen dit dadelik.

Let op jou gevoelens. As jy kwaad is of iets teen die per-soon het, is jy waarskynlik nie in die beste posisie om terugvoer te gee nie. As dit moontlik is, vra `n ander be- langhebbende om terugvoer te lewer.

Maak die deur toe. As jy terugvoer aan iemand wil gee oor `n taak waaraan hy nog aandag moet gee, hou dit privaat. As jy egter iemand wil prys oor `n taak wat suk- sesvol afgehandel is, doen dit open-lik. Hou nietemin die betrokke per-soon se geaardheid in ag wanneer jy hom prys.

Begin positief. Vind iets positiefs wat jy oor die persoon kan sê – dit sal hom help om jou raad te aanvaar. Jy kan byvoor-beeld sê: “Ek kan sien jy het moeite gedoen met die verslag.”

Fokus op groei. Die doel van terugvoer is nie om iemand persoonlik aan te val of te beledig nie, maar om hom te help

Page 60: Kommuniek Desember 2012

58

Carien GroblerGesondheid

`n Handvol bont bessies vir blakende gesondheid

Bloubessies Navorsing wys dat bloubessies een van die hoogste vlakke van antiok-sidante het wanneer dit met ander vrugte en groente vergelyk word. Onlangse navorsing wys dat bloubessies ook `n mens se geheue kan verbeter. In `n studie onder ouer volwassenes met `n gemiddelde ou- derdom van 76, het bloubessies ná 12 weke `n verbetering in twee kog-nitiewe toetse tot gevolg gehad.

Wanneer `n mens `n meer gesonde lewenstyl wil volg, is die insluiting van bessies in jou dieet `n goeie beginpunt. Vars bessies is propvol voedingstow-we en antioksidante wat belang- rik is vir goeie gesondheid. Antioksidante help die liggaam om selle teen vrye radikale te beskerm, wat vir veroudering en sommige siektes verantwoor-delik is. Wanneer die liggaam suurstof gebruik, word vrye radikale gevorm wat die selle kan beskadig. Die antioksidante in vars bes-sies kan die liggaam help om selle hierteen te beskerm.

Frambose Nuwe navorsing wys dat frambose kan help om oorgewig te bestuur. Hoewel hierdie navorsing nog in sy kinderskoene staan, het weten-skaplikes bevind dat `n mens se metabolisme versnel kan word deur die fitonutriënte in frambose, veral rheosmin, wat ook die framboos-ke-toon genoem word. Deur die verhoging van ensiemakti-witeit, suurstofverbruik en hitte-pro-duksie in sekere vetselle, meen die navorsers dat frambose die risiko van oorgewig, asook die risiko van `n vetterige lewer kan verminder.

Bosbessies Navorsers het lank die vermoe van bosbessies om urienweginfeksies te help voorkom aan die suurinhoud van dié bessies toegeskryf. Onlangse navorsing wys egter dat bosbessies `n bestanddeel bevat wat as `n buffer dien teen bakterieë wat die urienweg mag aantas. Hierdie eienskap is egter beperk tot vroue wat gereeld simptome van urienweginfeksies toon.

Aarbeie Wetenskaplikes het onlangs gevind dat aarbeie `n invloed op `n mens se bloedsuikervlakke kan hê. `n Oormaat suiker kan ongewensde hoë bloedsuikervlakke veroorsaak. Navorsing wys egter dat hierdie effek deur die gelyktydige inname van aar-beie verlaag kan word. Hierdie vruggie het ook anti-inflam-matoriese eienskappe. Studies toon dat mense wat gereeld aarbeie eet, laer vlakke van inflammasie-merkers in hul liggame het. Verskeie merkers in die bloed kan met die gereelde inname verminder word. Hierdie eienskap van dié rooi vrug-gie word egter eers sigbaar wanneer `n mens aarbeie drie tot vier keer per week by jou dieet insluit.

Page 61: Kommuniek Desember 2012

Resep

Resep

Metode

Koekstruif vir die Kerstyd1kg vars aarbeie, opgesny (hou `n paar heel vir garnering)200g bloubessies200g frambose60g strooisuiker1 lemoen, uitgedruk900g laevet Bulgaarse jogurt60g heuningSjerrie na smaak1 rolkoek (uit jou supermark)

� Plaas die bessies in `n mengbak en voeg die suiker en lemoensap by.

� Laat ongeveer `n halfuur lank staan.

� Terwyl bg. staan, gooi die jogurt en heuning in `n mengbak.

� Roer tot die heuning met die jogurt gemeng is.

� Sny die rolkoek in groterige stukke en plaas `n derde van die koek onderin `n glasbak.

� Besprinkel die rolkoek met sjerrie en bedek met `n laag van die stroperige bessies.

� Herhaal totdat die bestanddele op is.

� Garneer die bokant met `n paar lepels vol jogurt, heel aarbeie en bloubessies.

� Bedek met kleefplastiek en laat oornag staan.

Page 62: Kommuniek Desember 2012

60

Die bul word gehaal . . .

Uit Piet se pen . . . Agterblad

H oed vertrek gereeld in Amer-ika se rigting om `n verlore hoed te soek. Het glo jare

terug iewers in Amerika `n baie duur hoed op `n lughawe verget (yes-yes, no-no en I suppose). Hy is terug en ek kan my en vennoot se bulle gaan laai. Op `n Donderdagoggend vroeg vertrek ek in Elvishoop se rigting op `n baie zinkplaat-pad. My vennoot is vuur en vlam en monitor my per selfoon. Hy raai my aan om vinnig te maak voor die prys weer styg. Al stampende beweeg ek in die plaas se rigting. Skugter kruie ek die plaashek met my 1984-model binne. Die baas hang reeds oor die hek. Hy kyk uit oor sy Malbeck-wingerd. Jy kan hom deur `n ring trek. Sy mondering afgerond met `n bekende Jacaru uit Australië op sy kop. `n Pienk beeskierie word dreigend rondgeswaai. (I hear a thunder in the distance.) Ons moet vinnig praat, hy is besig. Vir ons prys is die keuse nie baie groot nie. Hy hou `n klein papier- tjie met geheime besonderhede naby aan sy bors. Ek is te bang om vrae te vra. Tyd is hier `n faktor. Sy volgende afspraak is met Zarhoda van GWK op Douglas. Elfuur is sy hier en dan wil hy nie nog met armgatte sukkel nie. Hoop nie sy kom bul koop nie. As sy nog nie van prof. Bonsma gehoor het nie, sal sy dit vandag hoor. Die bulle loop nog op die lande. “Gee jy om dat ons hulle sommer met die bakkie uitkeer?“ wil Hoed weet. Die bakkie se een voorlig is reeds stukkend. Wonder of dit van bul uitkeer is.

Ek stem tot alles in, solank daar net nie `n prysverhoging is nie. Die Isuzu beweeg soos `n wafferse skaaphond tussen die bulle deur en kort voor lank is al die bulle op die kortlys in die kraal. Willem en Jan, die twee plaasmanne, help in die kraal. Die baas wil nie die geheime op sy nota verklap nie. Hy sê ek moet my bul self kies. Siende geen kenner, wend ek my tot ou Willem die hanteerder. (Pa het altyd gesê as jy twyfel, vra net die plaasman. Hy is gewoonlik baie slimmer as die baas.) Ek vind `n nuwe vennoot in ou Willem en gou word `n keuse gemaak. Ek trek nader sodat ons kan laai. Willem lyk heel in sy skik met ons keuse. Vir `n goeie bul kan `n mens maar betaal, reken hy. Vandag stem ek saam met hom. (Solank Hoed ons net nie hoor nie!) Hoed lyk kalm en ons spreek af om sommer die geld direk in te betaal. (Ons het lank gespaar.) Hy sal met sy sekretaresse reël dat die nodige fakture ons bereik. Op `n vraag of ons darem internet het, kan ek positief antwoord. Hoed kyk die laaste keer op sy horlosie en ek val in die pad. Skaars die hek toegemaak of ou Willem kom in `n stofwolk aangehard-loop. Ek hou stil en die ou briek `n lang wit streep langs my. Aan die skoen se sool herken ek `n Good Year-tyre se loopvlak. Willem is uitasem en al wat ek hoor is: “Die BTW moet nog bykom.” (Nog `n week sonder kos sal seker nie te veel saakmaak nie!) In die spieël sien ek Hoed stelling inneem oor die plaashek in die rigting van sy wingerd. Miskien gaan hy nog

iewers op die plaas sy eie kelder hê? Op pad terug ry ek en Zarhoda bymekaar verby. Hoed wag reeds op haar koms. Vandag moet ek `n wye draai ry om aflewerings te doen. My plaasmense kan nie wag om die veelbesproke bul te sien nie. Ons laai vir BTW versigtig tussen die koeie af. Hy lyk rustig en die plaasmanne is bekommerd dat BTW heeldag hand in die broeksak gaan staan. Vir my is daar nie tyd vir rondstaan nie. Dit is al laat en ek moet nog De Aar toe. Vennoot het intussen al `n paar keer gebel om te hoor waar ek is. Hoekom weet ek nie, maar hy kan nie wag om te betaal nie. Raak net rustig, sê ek. Hoed moet nog die fakture reël. Laatmiddag arriveer ek op Blaauw-krantz. Vennoot en sy boerboel het die werf al snuif getrap in afwagting op BTW se maat. Die hele plaas se bees is bymekaar gemaak om die nuwe kêrel te ver-welkom. `n Kraal vol windhonde wag hom in. Ou bulletjie, hier lê werk, dink ek by myself. Terwyl daar teruggestoot word na die laaibank spring die bul sommer self af. Hy hink en pink in die rigting van sy nuwe vrouens. (Lyk of net sy linkerbeen af is.) Die koeie vlieg stert in die lug weg en hardloop `n stofstreep die veld in. Hopeloos te “handsome” vir hulle, merk Vennoot droog op. Vennoot se werkmense erg bekom-merd dat die koeie nou op pad De Aar toe is.Sononder laai ek my beloofde perd en kies koers in Prieska se rigting . . .

Page 63: Kommuniek Desember 2012
Page 64: Kommuniek Desember 2012